Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
VISUELE KUNSTE V1
2018
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 3Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
• Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
• Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
• Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
• Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
• 'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
9. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning.
• 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
• 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
• 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye (opstel)
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/2018
SSE
LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/2018
SSE
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae.
TRAVEL – Edna St Vincent Millay REIS (vertaal uit Engels)
The railroad track is miles away, Die treinspoor is myle weg,
And the day is loud with voices speaking, en die dag is luid met stemme wat praat,
Yet there isn't a train goes by all day Tog gaan daar die hele dag geen trein verby nie
But I hear its whistle shrieking. Of ek hoor sy fluit skree.
All night there isn't a train goes by, Daar gaan die hele nag geen trein verby nie,
Though the night is still for sleep and dreaming, Hoewel die nag vir slaap en droom stil is,
But I see its cinders red on the sky, Maar ek sien sy roet rooi teen die hemel,
And hear its engine steaming. En hoor sy enjin stoom.
My heart is warm with friends I make, My hart is warm van vriende wat ek maak,
And better friends I'll not be knowing; en beter vriende sal ek nie ken nie;
Yet there isn't a train I wouldn't take, Tog is daar nie 'n trein wat ek nie sal neem nie,
No matter where it's going. dit maak nie saak waarheen dit gaan nie.
1.1 Visualiseer die gedig hierbo en kies EEN frase vir ELKE kunswerk
(FIGUUR 1a en FIGUUR 1b). Motiveer jou keuse deur na die beeldgebruik,
stemming en atmosfeer van die kunswerk te verwys. (6)
1.2 Vergelyk die beeldgebruik in ELKE kunswerk deur na die fokuspunt,
komposisie en gebruik van kleur te verwys. (6)
1.3 Interpreteer die werk van EEN kunstenaar wat jy bestudeer het, wat op
sy/haar daaglikse ervarings kommentaar lewer.
Sluit die volgende by jou antwoord in:
• Invloede
• Formele kunselemente
• Media en tegniek
• Styl
• Moontlike boodskappe/betekenisse (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/2018
SSE
FIGUUR 1a: Lionel Davis, Train Ride (Treinrit), linosnee, 2012.
FIGUUR 1b: Ernst Ludwig Kirchner, Königstein Train Station (Königstein-treinstasie),
olie op doek, 1916.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/2018
SSE
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Pablo Picasso se kunswerk Les Demoiselles d'Avignon (FIGUUR 2b) word as een van
die belangrikste kunswerke van die 20ste eeu beskou en is die eerste internasionale
werk wat 'n diepgaande Afrika-invloed toon, terwyl Irma Stern eerstehandse ervaring
van Afrika gehad het weens haar uitgebreide reise in hierdie kontinent.
2.1 Beide kunstenaars het die naakte liggaam gebruik. Hoe verskil die komposisie
en stemming van FIGUUR 2a en FIGUUR 2b? (4)
2.2 Bespreek die styl waarmee, en die wyse waarop, die kunstenaars hulle
onderwerp benader het. (4)
2.3 Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars wie se werk
bewyse van 'n Afrika-/inheemse invloed toon.
Gebruik die volgende riglyne:
• Invloede
• Styl en tegniek
• Afrika-tekens/-simboliek
• Moontlike boodskappe/betekenisse (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/2018
SSE
FIGUUR 2a: Irma Stern, The Hunt (Die Jagtog), olie op doek, 1929.
FIGUUR 2b: Pablo Picasso, Les Demoiselles d'Avignon,
olie op doek, 1907.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/2018
SSE
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Puin (gemors/rommel) en ongewenste objekte word deur beide Penny Siopis en
Fabrice Monteiro gebruik om sterk kommentaar op sosiopolitieke kwessies in hulle
kunswerke te lewer.
3.1 Vergelyk FIGUUR 3a en FIGUUR 3b.
Verwys na die volgende riglyne:
• Die plasing/posisionering en belangrikheid van die figuur in ELKE werk
• Die doel van die drapeersel, of die gebrek daaraan, in FIGUUR 3a en 3b
• Die toepaslikheid van die titels van ELKE kunswerk
• Watter sosiale kwessies het die kunstenaar in FIGUUR 3a en 3b
aangeraak?
• Identifiseer enige objek(te)/voorwerpe wat in FIGUUR 3a weggegooi is
en in FIGUUR 3b herwin is. Motiveer jou keuse. (8)
3.2 Bespreek TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat weerstands-/
sosiopolitieke kwessies weerspieël. (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/2018
SSE
FIGUUR 3a: Penny Siopis, Piling Wreckage upon Wreckage,
(Stapel Wrakstuk op Wrakstuk), olie op doek, 1989.
(Wrakstuk: die oorblyfsels van iets wat erg beskadig is)
FIGUUR 3b: Fabrice Monteiro, The Prophecy Series, 'Untitled'
(Die Profesiereeks, 'Ongetiteld'), foto, 2014.
(Profesie: 'n voorspelling van wat in die toekoms gaan gebeur)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/2018
SSE
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Esther Mahlangu kom uit 'n Ndebele-agtergrond met 'n ryk tradisie van kuns en
kunsvlyt (FIGUUR 4a). Sy het egter ook 'n prysenswaardige visuele kunstenaar
geword wat regoor die wêreld uitstal en haar bekende patrone en ontwerpe op 'n
kontemporêre wyse gebruik.
4.1 Wat sou jy as die eienskappe van Esther Mahlangu se beskou?
Hou die volgende in gedagte:
• Kunselemente
• Materiaal en tegnieke
• Styl en konteks
• Die 'verbinding' tussen die verlede en die hede in haar kunswerke (10)
4.2 Bespreek die werk van TWEE kuns-, kunsvlyt- of geestelike kunstenaars wat
tradisionele metodes gebruik het om hulle kunswerke te skep.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
• Materiaal en tegnieke
• Moontlike invloede
• Temas/onderwerpe
• Moontlike boodskappe/betekenisse
• Hoe hierdie werke deur die kunstenaars se kulture beïnvloed is (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/2018
SSE
FIGUUR 4a: Esther Mahlangu voor haar Ndebele-woonhuis, Mpumalanga, 2007.
FIGUUR 4b: Esther Mahlangu op haar 80ste verjaardag gefotografeer, solo-uitstalling,
Irma Stern-museum in Kaapstad, Suid-Afrika, 2015.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/2018
SSE
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Die erfenis van Surrealisme word steeds deur kontemporêre kunstenaars deur hulle
jukstaposisie/kontras van verskillende materiaal en onverwante visuele beelde gebruik.
5.1 Bespreek die jukstaposisie/kontras in FIGURE 5a tot 5d deur na die volgende
te verwys:
• Simboliek en beeldgebruik
• Materiaal en teksture
• Moontlike betekenis en boodskappe (10)
.
5.2 Interpreteer enige TWEE kunswerke deur verskillende Suid-Afrikaanse
kunstenaars wat alternatiewe/nuwe media gebruik in die soeke na maniere
om kwessies oor te dra. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/2018
SSE
FIGUUR 5a: Max Ernst, FIGUUR 5b: Edward Kienholz, John Doe
Sacred Conversation (Heilige Gesprek), (Onbekende Man), olieverf, metaalverf, hars,
collage-fotomontage, 1921. gips en grafiet op winkelpopdele met hout,
metaal, plastiek, papier, rubber en
stootwaentjie, 1959.
FIGUUR 5c: Patrick Bongoy, Revenants III FIGUUR 5d: Nicholas Hlobo, Ndiyafuna
(Geeste III), gemengde media, (Ek Soek na Iets), veselglas,
herwinde rubber en goiing op rubberbinneband, lint, jeans, tekkies,
'n veselglas-afgietsel, 2017. kant en hout, 2006.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/2018
SSE
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Suid-Afrika se demokrasie is op 'n kompromie tussen diverse politieke groepe en die
aanvaarding van ons verskille gebaseer. – William Gumede
6.1 Bespreek hoe Witbooi in FIGUUR 6a demokrasie in Suid-Afrika beskou deur
na die volgende te verwys:
• Kleur
• Invloede
• Betekenis en simboliek van die:
o Figuur wat geblinddoek is
o Skale
o Gespanne koord
o Beelde op die agtergrond
• Verskillende style in die kunswerk
• Lewer kommentaar op die boodskap wat die kunstenaar wil oordra. (10)
6.2 Analiseer die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wie se
werke kommentaar lewer op die identiteit van Suid-Afrika na 1994.
Jy kan die volgende idees in jou antwoord gebruik:
• Inhoud van kunswerke en beelde
• Medium, styl en tegnieke
• Hoe die kunstenaars hulle eie bevraagtekening van die wêreld en die
ruimtes wat hulle in Suid-Afrika inneem, beide fisies en emosioneel,
weerspieël. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/2018
SSE
FIGUUR 6a: Khaya Witbooi, Below the Law (Onder die Wet), stensil en verf, 2014.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/2018
SSE
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Eerder as om tradisionele geslagsrolle te volg, interpreteer mense dit op 'n persoonlike
wyse. Geslagsrolle en stereotipering is gevolglik besig om te vervaag en dit is besig om
die grense te verskuif van wat dit beteken om vroulik of manlik te wees.
Bespreek die stelling hierbo en skryf 'n opstel waarin jy kommentaar lewer op die wyse
waarop hierdie geslagsgrense bevraagteken/verskuif word.
Verwys na FIGUUR 7a en FIGUUR 7b, asook enige TWEE kunstenaars wat jy
bestudeer het wat op geslag kommentaar lewer, om jou antwoord te staaf.
Jy kan die volgende as 'n riglyn in jou opstel gebruik:
• Belangrikheid van kleur
• Beeldgebruik en die moontlike interpretasies daarvan
• Hoe die kunstenaars die eienskappe van manlikheid en/of vroulikheid uitbeeld:
o Lewer kommentaar op die woordspeling van 'chic(k)' in die titel van
FIGUUR 7a
o Die belangrikheid van die klere
o Die stemming deur gesigsuitdrukkings geskep
• Toepaslikheid van die houding/handgebaar [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/2018
SSE
FIGUUR 7a: Nicholas Allen, L'Hommage à Ingres: African Chic(k):
Ms Tshegofatso Phage Seated (L'Hommage à Ingres: Afrika-chic(k):
Mev. Tshegofatso Phage Sittend), olie op doek, 2013.
FIGUUR 7b: John Kirby, Self-portrait (Selfportret), olie op doek, 1987.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/2018
SSE
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Elke nuwe situasie vereis 'n nuwe argitektuur. – Jean Nouvel
Behuising het die grootste maatskaplike probleem in Suid-Afrika geword, met baie
argitekte wat op die ontwerp van alternatiewe, bekostigbare strukture fokus.
8.1 Verwys na die stelling hierbo en die visuele beelde in FIGUUR 8a en 8b en
skryf 'n kort opstel waarin jy kommentaar lewer op hoe 'nuwe argitektuur' vir
beskutting en akkommodasie in Suid-Afrika gebruik word.
Reageer op die volgende in jou antwoord:
• Die positiewe en negatiewe aspekte van die gebruik van skeepshouers
as die antwoord op Suid-Afrika se behuisingskrisis
• Vergelyk FIGUUR 8a en 8b deur die estetiese aantrekking van albei
geboue, weens hulle modifisering, te bespreek.
• Indien jy die geleentheid sou hê om in 'n skeepshouer te woon, watter
modifikasies sou jy voorstel om jou woning so funksioneel as moontlik te
maak? (8)
8.2 Bespreek die werk van enige argitek wat jy bestudeer het wie se werk 'n
nuwe benadering tot argitektuur weerspieël wat die behoeftes van 'n
groeiende Suid-Afrikaanse samelewing kan bevredig.
Gebruik die volgende riglyne om jou antwoord te ondersteun:
• Terrein en ligging
• Gebruik van boumateriaal
• Ontwerp en funksionaliteit
• Inspirasie en invloede
• Hoe die argitek spesifiek die behoeftes van die Suid-Afrikaanse
gemeenskap oplos/oorweeg
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/2018
SSE
FIGUUR 8a: Citiq Property Services (Edms.) Bpk., Mill Junction, Johannesburg,
Newtown, ou meule en skeepshouers, 2014.
FIGUUR 8b: Espace Mobile het hierdie retro-agtige voorafvervaardigde huis ontwerp. Dit
is op die Oostenrykse platteland geleë, 2007.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum