NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 371.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1The Voice of Emerging Artists20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Socio-Political Art28 marks
- Question 4Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF
vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat toegewings gemaak word aan kandidate in baie
gevalle:
• Kandidate moet krediet ontvang vir hul eie menings en idees in hul antwoorde
waar van toepassing. Geen negatiewe nasien nie.
• Die is belangrik dat argumente en stellings beredeneer/gemotiveer/ gestaaf en
gekwalifiseer is deur verysing na bronne/kunswerke.
• Krediet moet aan laterale denke gegee word.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te
struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit
in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is
toelaatbaar.
5. Waar van toepassing, moet kandidate die naam van die kunstenaar en titel van
elke kunswerk voorsien vir elke kunswerk genoem. Slegs EEN punt word vir die
korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. EEN punt moet afgetrek word
as daar geen vergelyking gemaak is nie in 'n vraag wat kandidate versoek om
te vergelyk.
6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle dit
nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese
inligting verwag nie. Kandidate kan uit hul eie ervarings, kulture en
interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag.
Daarom moet kandidate krediet kry vir hulle eie menings en idees waar van
toepassing. Nasieners moet onbevooroordeeld en buigsaam in die
nasienproses wees.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
Hierdie nasienriglyne dien as ʼn riglyn vir nasieners asook ʼn onderrigmiddel. Daarom is die
nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as
onderrigmiddel gebruik kan word.
LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet,
eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
• Alhoewel die inligting vir die vrae in puntvorm gegee word, moet kandidate
opstel/paragraaf formaat gebruik om hulle inligting in ʼn holistiese wyse te bespreek.
• Kandidate moet VOLSINNE gebruik om paragrawe te konstrueer. Antwoorde wat
puntsgewys geskryf is, kan nie volpunte kry nie. Volpunte kan nie toegeken word as
die titel of kunstenaar inkorrek is nie
• Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir 'n
riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2024
NSS
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-
ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES
KODE
7 • Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Uitstekend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
80–100% • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
• Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
6 • Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Verdienstelik sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
70–79% lewer.
• Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon uitstekende insig en begrip.
5 • Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Aansienlik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
60–69% • Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
4 • Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Gemiddeld politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
50–59% • Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
3 • Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Bevredigend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
40–49% • Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
2 • Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Elementêr politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
30–39% • Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
1 • Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Nie behaal nie sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
0–29% lewer.
• Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
• Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2024
NSS
NASIENERS MAG SLEGS DIE EERSTE VYF VRAE NASIEN EN AS 'N KANDIDAAT
MEER AS DIE VEREISTE AANTAL VRAE GEDOEN HET SAL SLEGS DIE EERSTE
VYF GEKREDITEER WORD. KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD
IN ENIGE VOLGORDE.
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van twee.
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies,
moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2024
NSS
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
KUNSWERKE BEELD DIKWELS BELANGRIKE GEBEURE IN KUNSTENAARS SE
LEWENS UIT
Gustave Courbet (FIGUUR 1a), 'n Franse skilder wat die Realisme-beweging gelei het, het
gebeure uit die werklike lewe en eerlike uitbeeldings van die alledaagse lewe in die 19 de eeu
geskilder.
George Pemba (FIGUUR 1b) het die alledaagse lewe van sy gemeenskap in Suid-Afrika
vasgevang en verdien met reg om die 'skilder van die mense' genoem te word.
FIGUUR 1a: Gustave Courbet, A Burial at Ornans ('n Begrafnis by Ornans), olieverf op doek,
1849–1850.
FIGUUR 1b: George Pemba, The Funeral (Die Begrafnis), olie op bord, 1980.
1.1 Courbet en Pemba wys die realiteit van begrafnistonele in hul skilderye.
Kandidate moet bespreek hoe die kunstenaars die emosie van die geleentheid
oorgedra het deur die volgende riglyne te gebruik:
• Uitbeelding van die mense en hulle omgewings
FIGUUR 1a: Die kunstenaar beeld 'n groot groep mense uit wat rondom 'n graf
saamdrom en wat plaasvind in 'n verlate landskap. Die priester is besig om te
preek en hy is omring met altaarseuns en kerk hooggeplaastes. Mans en vroue
wat die begrafnis bywoon is geklee in formele kleredrag om hul respek te
betoon aan die oorledene. Die mense lyk emosieloos en onbetrokke asof hulle
min aandag skenk aan die preek. Ons sien nie enige ooglopende tekens van
emosie in die mense nie. In die voorgrond is daar 'n wit hond en twee mans,
wat minder formeel aangetrek is. 'n Begrafnis vind plaas in 'n veld/landskap.
Daar is gebare wat emosie aandui by die dames wat hul trane afvee. Meer
mense woon die begrafnis van FIGUUR 1a by, wat moontlik dui op die
begrafnis van 'n ryk of gewilde persoon.
FIGUUR 1b: Die kunstenaar beeld 'n klein groep van ses mense uit wat
rondom 'n kis byeenkom. Die priester aan die regterkant is besig om 'n preek te
lewer aan die mense wat lyk asof hulle familielede of nabye gemeenskapslede
is. Pemba vang die emosie van die toneel vas deur die vroue wat lyk asof hulle
mekaar ondersteun in hulle verdriet. Die ouer man staan met sy hande gevou
en vertoon sy emosie in 'n teruggetrokke en gelate manier. Sy skilderye bewys
sy empatie met die lyding van sy onderwerpe terwyl hy ook hulle stille krag en
deursettingsvermoë vertoon. Huise is duidelik sigbaar naby aan die figuur, wat
aandui dat die seremonie binne 'n gemeenskap plaasvind.
• Gebruik van kleur
FIGUUR 1a: Die groot groep mense wat in swart geklee is oorheers die
komposisie, wat klem lê op die getal mense wat hulle rou betoon. Die
omringende landskap en lug is uitgebeeld in 'n dowwe grys, wat tesame met
die versadigde kleur van die figuur bydra tot die somber en depressiewe gevoel
van die geleentheid. Die wit en rooi kleredrag van die figuur aan die linkerkant
en die wit hond aan die regterkant skep kontras met die donkerte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2024
NSS
FIGUUR 1b: Die mense wat die begrafnis bywoon is geklee in tradisionele
swart en wit klere en die priester dra sy tradisionele wit mantel. Die somber
kleure van hulle kleredrag kontrasteer met die warm okergeel van die kis, die
helder groen gras en die blou lug. Daar is gedeeltes met rooipers in die een
vrou se rok asook in die dakke van die veraf huise, wat komplementêr is tot die
okergeel kleure. Die algehele kleurgebruik is skerp en versadig ten spyte van
die gedempte atmosfeer wat uitgebeeld word deur die figuur.
• Wat is die fokuspunt? Gee redes vir jou antwoord.
FIGUUR 1a: Die groep mense drom saam om 'n soliede band van donkerte te
skep, wat verbreek word deur die wit figuur op die linkerkant. Die gat van die
graf is sigbaar in die middel van die voorgrond en lyk dus soos die fokuspunt
omdat die figuur in die voorgrond daarna kyk. [Die fokuspunt kan verskil
volgens die kandidaat se interpretasie indien dit gestaaf word.]
FIGUUR 1b: Pemba wys 'n nabyaansig en intieme blik op die mense wat
rondom die diagonale kis staan, en dit veroorsaak dat die kis fokuspunt van die
komposisie raak. [Die fokuspunt kan verskil volgens die kandidaat se
interpretasie indien dit gestaaf word.]
(8)
1.2 Kandidate moet 'n analise maak van TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat
gebeure van die kunstenaar se daaglikse lewe uitbeeld (EEN kunswerk per
kunstenaar).
Hulle behoort die volgende te gebruik as riglyne vir hulle antwoord.
• Beskrywing van die kunswerke en die gebeurtenisse wat uitgebeeld is
• Kleur
• Fatsoen/vorm
• Ruimte en perspektief (oogpunt)
• Betekenis/boodskap (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2024
NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Die Sapo-masker (FIGUUR 2a) is gebruik om die identiteite van die dansers te vermom
sodat hulle tydens seremoniële rituele met die geestelike/spirituele wêreld kon verbind.
Cyrus Kabiru (FIGUUR 2b) en Romuald Hazoumè (FIGUUR 2c) het kunswerke geskep
wat soos maskers lyk.
FIGUUR 2a: Sapo-kunstenaar, Sapo Mask (Sapo-masker), hout, metaal, kauriskulp,
kaolien, dieretande, bok- en duikerhoring, wildevarkslagtande, plantvesels, tekstiele,
modder, keramiek, c. 20 ste eeu.
FIGUUR 2b: Cyrus Kabiru, Macho Nne 09 (Caribbean Peacock) (Karibiese Pou) ,
pigmentink op HP-premium-satynfotopapier, 2014.
FIGUUR 2c: Romuald Hazoumè, Algoma, plastiek en raffia, petrolkan, 2018.
2.1 Kandidate moet wys hoe tradisionele maskers soos FIGUUR 2a inspirasie
verskaf vir kontemporêre kunswerke soos in FIGUUR 2b en 2c.
Hulle moet die volgende riglyne bespreek:
• Vereenvoudiging en verwringing in FIGUUR 2b en 2c
Die oë van die masker in FIGUUR 2b is vergroot en amandelvormig en dit is
soortgelyk is aan die vereenvoudiging en verwringing in FIGUUR 2a . Die
geronde basis van die kalbasse vorm die masker wat die oë bedek soortgelyk
aan sonbrille. Die stele van die kalbasse kan verband hou met die skerp horings
wat in FIGUUR 2a sigbaar is.
FIGUUR 2c wys 'n masker wat die hele gesig van die persoon wat dit dra sal
versteek soos in FIGUUR 2a . Die algehele vorm van die gesig is reghoekig
omdat dit die vorm van 'n petrolkan is. Die kyker kan die visuele beeld van die
oë en die neus in die petrolkan interpreteer alhoewel dit die oorspronklike vorm
van die kan is. Die handvatsel van die petrolkan skep die vorm van 'n lang neus
wat soortgelyk is aan die uitstaande neus in FIGUUR 2a. Die opening van die
oordrewe vorm van die mond in FIGUUR 2a is soortgelyk aan die
vereenvoudigde oop mond in FIGUUR 2b.
• Tekstuur en herhaling in FIGUUR 2b en 2c
FIGUUR 2b lyk asof die masker twee kalbasse is wat gekombineer is met
herhalende uitsteeksels wat aan die basis van die kalbasse voorkom. Die
speldvorms wat uitsteek rondom die basis van die kalbasse skep tekstuur en
ritme. Daar is 'n herhalende patroon wat geskep word met die wit kolletjies wat
die vorm van die oog beklemtoon. Die herhaling wat gesien word in FIGUUR 2b
is verwant aan die herhalende patroon wat gesien word in die kauriskulpe in die
hooftooisel en die vingeragtige vorms wat rondom die masker is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2024
NSS
In FIGUUR 2c is die gelaatstrekke van die masker glad as gevolg van die
plastiektekstuur van die petrolkan. Die verweerde tekstuur van die petrolkan in
FIGUUR 2c is soortgelyk aan die hout masker in FIGUUR 2a . Die raffia hare
kontrasteer met die gladheid van die gesig. Die hare kom voor asof dit naby aan
die haarlyn is en skep 'n herhalende patroon. Die stringe raffia skep 'n
herhalende patroon.
• Balans in FIGUUR 2b en 2c
FIGUUR 2b: Die vorms van die kalbasse pas bymekaar soos 'n Jin Jang-
simbool. Dit skep balans in die masker. Daar is simmetrie in die herhaling van
die twee oë en die uitsteeksels.
FIGUUR 2c: Die gesig wat soos 'n masker is, is gebalanseerd as gevolg van die
vorm van die petrolkan. Die massa hare aan die een kant van die masker skep
'n ongebalanseerde asimmetriese effek.
Al die maskers het gebalanseerde gelaatstrekke as gevolg van die oë aan
weerskante van die sentrale neus.
• Hoe die materiaal en die funksie van FIGUUR 2b en FIGUUR 2c verskil
van FIGUUR 2a
In FIGUUR 2b word die geronde vorms van die kalbasse tesame met die vorms
van die oë lyk soos die patrone binne pouvere terwyl die uitsteeksels lyk soos
die waaieragtige vere. Die verwysing kan verbind word met die titel van die
kunswerk. Die kalbas verwys na die tradisionele Afrika musiekinstrument en
Kabiru het dit getransformeer tot 'n moderne sonbril wat gedra kan word.
FIGUUR 2c: Hazoumè het 'n petrolkan getransformeer in 'n maskeragtige gesig
in. Hy verander wat ons sien wanneer ons na 'n petrolkan kyk deur dit om te
draai na die sykant en deur hare by te voeg, wat dit soos 'n masker laat lyk. Die
natuurlike raffia vesels is getransformeer na hare toe.
In al drie maskers is gevonde materiaal gebruik wat getransformeer is om
gelaatstrekke te skep.
In FIGUUR 2c: Hulle dien nie net as estetiese/dekoratiewe voorwerpe nie, maar
ook as platforms vir die deel van dieper idees en sosiale kommentaar. Hare kan
'n kroon verteenwoordig wat deur mense van hoër status in hul gemeenskap
gedra word. Kuns ter wille van Kuns kan ook gesien word as ‘n aspek van die
interpretasie van die kunswerk. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2024
NSS
2.2 Suid-Afrikaanse kunstenaars is op verskillende maniere beïnvloed deur
Inheemse Kunsvorms. Kandidate moet TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat
hulle bestudeer het, waarin die invloed van inheemse kunsvorms gedemonstreer
word, analiseer (EEN kunswerk per kunstenaar). Hulle behoort die volgende te
gebruik as riglyne vir hul antwoord:
• Onderwerp
• Invloede van Afrika/inheemse kunsvorms
• Styl en tegniek
• Komposisie (10)
[20]
VRAAG 3: SOSIO-POLITIESE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN DIE
1970's EN 1980's
'My tekeninge en skilderye is as 'n daad van protes gedoen; ek het probeer om die
wêreld te oortuig dat dit lelik en siek is.' – George Grosz
George Grosz was 'n belangrike kunstenaar in Duitsland nadat hulle die Eerste
Wêreldoorlog verloor het.
Daar was baie korrupsie in die regering van daardie tyd.
FIGUUR 3a: George Grosz, Eclipse of the Sun (Sonsverduistering), olieverf op doek,
1926.
Sonsverduistering/Eclipse: 'n Eklips/Verduistering vind plaas wanneer 'n hemelliggaam,
soos die maan of 'n ander planeet, in die skaduwee van 'n ander hemelliggaam
inbeweeg.
3.1 Kandidate moet bespreek hoe Grosz oor die korrupsie van sy tyd nagedink het
in FIGUUR 3a
Kandidate kan na die volgende verwys:
• Hulle interpretasie van die liggaamshoudings, plasing en kleredrag van
die figuur rondom die tafel
Grosz het die vier koplose figure rondom die tafel geplaas. Hulle is geklee in
formele pakke met hul arms geplaas asof hulle passief is, bv. met hande wat
saamgevou is. Hulle verteenwoordig burgerlike besigheidsmanne wie oorheers
word deur die groot figuur geklee in 'n blou militêre uniform wat bo hulle
opdoem. Hy is versier met baie medaljes wat hom as magtig en in beheer laat
voorkom. Nog 'n burgerlike figuur met 'n swart pak en kuil, leun oor die militêre
figuur se skouer en fluister in sy oor. Dit skep die indruk dat hy in beheer is van
dit wat rondom die tafel gebeur en dat hy 'n invloed oor die militêre figuur het.
• Die simboliek van die wapens, die donkie, die koplose figuur en die
geraamte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2024
NSS
Die versameling wapens onder die arm van die figuur op die regterkant stel die
idee van korrupsie of mag en onwettige handel in wapens en mense wat in
geheim voordeel trek uit die oorlog. Die bloederige swaard op die tafel maak 'n
verwysing na geweld. Dit reflekteer die geweld wat deur die onthoofde
besigheidsmans om die tafel ervaar is, alhoewel hulle nie lyk soos slagoffers
van geweld nie. Die verlies van hulle koppe wys eerder dat hulle breinloos is,
dat hulle nie vir hulleself kan dink nie en dat hulle ontmagtig is. Die donkie wat
op die tafel staan, stel die idee van domheid voor omdat dit oogklappe dra wat
dit blind maak tot wat in die wêreld rondom dit gebeur en dit eet al die
gemors/informasie wat aan dit gevoer word. Die donkie het nie hoewe nie en dit
lyk daarom asof dit vassit in die situasie. Die geraamte is 'n algemene
verwysing na mense wat doodgemaak is of stilgemaak is en wat opofferings
gemaak het as gevolg van oorlog. Dit kan ook 'n verwysing wees na die lyding
wat veroorsaak is deur korrupsie. Die koplose mense stel poppe (die regering)
voor wat nie vir hulself kon dink nie, net liggame wat doen wat vir hulle gesê
word. Die bebloede swaard, stel voor rugsteek veroorsaak deur korrupsie. Die
mense in die tronk en geraamte: Slagoffers van korrupsie. Titel: Dinge wat
gebeur in die donker van die verduistering van geld (sien dollarteken in die
maan wat die son verduister). Die figuur wat vir die generaal fluister: Werklike
mense in beheer van die weermag en regering is die geld, in hierdie geval die
ryk wapenvervaardigers - sien die wapens onder sy arm.
● Hoekom Grosz 'n diagonale komposisie gebruik het
Die diagonale lyne skep 'n gevoel van disoriëntasie en destabiliseer enige
gevoel van stabiliteit. Dit simboliseer die onstabiliteit wat veroorsaak word deur
'n korrupte samelewing. Die diagonale lyn skep diepte omdat die tafel wyer is
op die voorgrond en ook voorverkorting toon in die agtergrond. Dit dui ook
daarop dat daar afwaarts gegly word in die ondergrondse tonnels van
korrupsie. Dit lig letterlik die boonste twee figure hoër as die ander wat hul
status en posisie afdwing. Dit trek ook die oog in die komposisie in.
• Styl
Terwyl daar tonale variasie op die figuur uitgebeeld is, kom dit voor as plat en
nie naturalisties nie. Die torso en die elmboë van die figuur is vereenvoudig en
hoekig. Die gesigte van die twee mans lyk oordrewe en soos karikature van
spesifieke mense. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2024
NSS
3.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE
Suid-Afrikaanse kunstenaars analiseer wie hul kuns gebruik het om te
protesteer teen die onregverdighede in die samelewing (EEN werk per
kunstenaar). Hulle kan die volgende gebruik as riglyne vir hul antwoord.
• Die sosiopolitieke kwessies wat aangepak is en hoe die kunstenaars hulle
bekommernisse deur visuele beeldmateriaal oorgedra het.
• Materiale en tegnieke
• Formele kunselemente
• Skaal
(12)
[20]
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK VAN
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Baie jong seuns is veewagters in die landelike areas in Suid-Afrika.
John Muafangejo (FIGUUR 4b) dokumenteer 'n veewagter wat beeste aankeer wat hy in
die landelike omgewing gesien het waar hy vir die meeste van sy lewe gewoon het.
Andile Dyalvane (FIGUUR 4c en FIGUUR 4d) het gesê dat hierdie ervaring as 'n jong
veewagter sy diepe verbintenis met die land en sy kultuur ontwikkel het.
FIGUUR 4a: Jong Kind wat Beeste Oppas , foto, datum onbekend.
FIGUUR 4b: John Muafangejo, Shepherd is Moving the Cattle to a Good Place for
Grassing (Veewagter Verskuif Beeste na Goeie Plek om te Wei) , linosnee-afdruk,
1980.
FIGUUR 4c: Andile Dyalvane, iThongo-reeks (voorouerdroomlandskap), gevuurde
klei, 2021.
FIGUUR 4d: Andile Dyalvane wat op 'n kleistoel van die iThongo-reeks sit, foto, 2021 .
4.1 Kandidate moet bespreek hoe die visuele beelde van beeste verander is in die
kunswerke in FIGUUR 4b en FIGUUR 4c.
Hulle behoort die volgende te gebruik as riglyne vir hul antwoord.
• Vorm/Fatsoen
Die beeste in John Muafangejo se Shepherd is Moving the Cattle to a Good
Place for Grassing is vereenvoudig na basiese vorms. Die boggel skouers van
die beeste is oordrewe en word herhaal in 'n konvensie: al drie beeste op die
voorgrond aan die linkerkant lyk soortgelyk in terme van hulle vorms.
Muafangejo het die gesigte van die beeste na voor gedraai sodat hulle in die
kyker se rigting kyk. Die mees herkenbare aansig (soos in San-rotskuns) van
die vorm van die bees, 'n profiel-syaansig van die liggaam, maar 'n vooraansig
van die gesigte en horings - dit is verwronge.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2024
NSS
In Andile Dyalvane se iThongo reeks vereenvoudig hy die vorm van 'n bul se
liggaam om dit te transformeer na 'n sitplek. Hy behou iets van die gespierde
kwaliteit van die bul se liggaam in die ronde rante van die sitplek. Die vorm van
beeshorings, die mees herkenbare gedeelte van beeste, word as die rugleuning
van hierdie sitplekke gebruik. Die ruglenings van die sitplekke in FIGUUR 4c
verwys direk na die vorms van die bulle se horings terwyl die sitplek se
voorkant verwys na die bulle se skofte.
● Skaal
In Muafangejo se kunswerk is die proporsies nie waargeneem van die werklike
lewe af nie. Die jong skaapwagter aan die regterkant is groter in vergelyking
met die grootte van die vier beeste. Die groot, duidelik sigbare beelde van vier
bulle wat die grootste gedeelte van die prent aan die linkerkant vul, sommige
dui op diepte met gedeeltelike oorvleueling.
Die keramiek sitplekke in FIGUUR 4c is groot genoeg sodat 'n mens daarop
kan sit.
• Kleur en kontras
In Muafangejo se kunswerk is die swart beeste plat met soliede kleur binne die
vorms met wit omlyning aan die buitekant, terwyl daar lyne op die wit beeste is
wat toonwaardes suggereer. Daar is sterk kontras tussen die swart en wit dele
in die kunswerk. Daar is areas wat middeltonale waardes aandui deur
kruisarsering soos gesien word op die grond op die voorgrond wat tekstuur
aandui.
Dyalvane se iThongo reeks is gemaak uit gedempte kleure soos oranje, groen
en turkoois. Alhoewel turkoois nie 'n natuurlike kleur is nie, word daar op hierdie
sitplek aardse toonwaardes geskep wat verweerd en natuurlik voorkom. Die
natuurlike rooibruin kleur van die klei is ook deurgaans sigbaar.
• Die gebruik van verskillende linosneë en kleimediums
Muafangejo gebruik linosnee wat 'n draagbare medium is wanneer 'n lepel
gebruik word vir die drukproses in stede van 'n drukpers. Die linosneëproses lei
tot sy baie vereenvoudigde ontwerpe in sy kunswerke wat pas by sy
vereenvoudigde styl. Die woorde in die linosnee moes agterstevoorom gekerf
word om reg te vertoon wanneer dit gedruk word.
Dyalvane gebruik klei. Dit lyk asof die stoel gebou is deur die
handrolboumetode en daarom sal die hol wees van binne. Hierdie proses is
soortgelyk aan die proses van om potte te bou. Op die oppervlak is daar 'n spel
tussen die effek van areas met rou gevuurde klei, die geglasuurde gedeeltes en
die dele waarop donker oksiede gebruik is. Die oksiede verskaf diepte omdat dit
donker kleure het. Dit het in die gleuwe van die klei ingevloei en vertoon dus as
tekstuur wat doelbewus op die oppervlak geskep is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2024
NSS
• Wat die kunswerke in FIGUUR 4b en FIGUUR 4c ons vertel omtrent die
kunstenaars se interpretasie van die beeste
Muafangejo se kunswerk is narratief/verhalend. Die skaal van die veewagter
wys dat hy in beheer is van die beeste en dat hy fisies sterker as hulle is. Die
weerspieël Muafangejo se idee van die hiërargiese verhouding tussen die mens
en beeste. In kontras daarmee is Dyalvane se werk 'n interpretasie. Die vorms
van die beeste verskaf 'n kragtige en stabiele basis wat aandui dat hy die
beeste simbolies sien as sterk en betroubaar. Terselfdertyd kan die horings die
rugleuning van 'n troonagtige struktuur voorstel. Dit wys moontlik sy eerbetoon
of respek vir die beeste as 'n spirituele gedeelte van sy kultuur. (10)
4.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars of
vlytkunstenaars bespreek wat nadink omtrent hulle landelike agtergrond en/of
spirituele geloofsisteem (EEN kunswerk per kunstenaar wat hulle bestudeer
het).
Hulle behoort die volgende te gebruik as riglyne vir hul antwoord:
• Gebruik van medium
• Fatsoen/Vorm
• Die storie wat die kunswerk vertel omtrent die kunstenaars of
vlytkunstenaars se landelike en/of spirituele ervaring Moontlike
betekenis/doel/funksie (10)
[20]
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Rembrandt het gedurende sy leeftyd 'n reeks selfportrette geskep wat die tekens van
veroudering in sy gesig uitgebeeld het. Hy was sestig toe hy FIGUUR 5a geskilder het.
Marc Quinn (FIGUUR 5b) het Self geskep deur sy eie bloed te gebruik. Sy bloed is in fases
ingesamel soortgelyk aan die proses van bloed skenk. Hy het toe 'n afgietsel van sy kop
gemaak wat met sy bloed gevul is. Die beeldhouwerk is solied gevries en word verkoel gehou.
FIGUUR 5a: Rembrandt van Rijn, Self-portrait with Beret and Turned-up Collar
(Selfportret met Mus en Omslaankraag), olieverf op doek, 1659.
FIGUUR 5b: Marc Quinn, Self, die kunstenaar se bloed, vlekvrye staal, Perspex en
verkoelingstoerusting, 1991.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2024
NSS
5.1 Kandidate moet hul begrip van multimedia/nuwe media in teenstelling die
sogenaamde tradisionele kunsmedia in hierdie TWEE kunswerke bespreek
(FIGUUR 5a en FIGUUR 5b).
Hulle moet verwys na die volgende riglyne:
● Keuse en gebruik van media en tekstuur
Rembrandt van Rijn se FIGUUR 5a Self-Portrait with Beret and Turned-Up
Collar gebruik die tradisionele medium van olieverf. Wanneer jy dit egter van
naby af aanskou is die aanwending van die verf nie tradisioneel nie. Die verf is
dik en die kwasmerke is onvermeng in die vleesgedeeltes sodat hy die
onegaligheid van sy verouderende vel aandui. Sy kwasmerke gaan in
verskillende rigtings en boots die kontoere van sy gesig na, soos op die brug
van sy neus. Wanneer jy die skildery van baie naby beskou begin die vorms om
te fragmenteer in verskillende kwasmerke in, wat ʼn samehangende visuele
beeld van ver af vorm. ’n Kontras van tekstuur word in die gladde gesig en
krullerige hare gesien.
In Marc Quinn se Self (FIGUUR 5b) gebruik hy sy eie bloed eerder as
tradisionele media. Daar is heelwat bloed benodig om die lewensgrootte kop te
vul. Daar is areas waar mens die materiaal waarvan die kop se afgietselvorm
gemaak is, kan sien. Dit lyk asof daar meer tekstuur is en asof sy vel beskadig
en verdor. Die bewys dat die bloed gevries is, kan gesien word in die wit yslaag
op die oppervlak van die vel. Dit is nodig om hierdie kunswerk te preserveer
deur dit gevries te hou. Die bloed trek aandag na Quinn se sterflikheid omdat die
aanskou van bloed mens laat dink aan die broosheid van die lewe. Op hierdie
manier word die onderwerp, medium en betekenis een. Die werk sou nie
dieselfde betekenis gehad het as dit uit verf geskep is nie, omdat dit staatmaak
op ons assosiasies met menslike bloed vir die betekenis van die kunswerk. Die
tekstuur van die vel in Quinn se beeldhouwerk dui daarop dat dit vervel,
verbrand of 'n litteken is. Daar is tekens van veroudering. Die afskilfering en
plooie rondom die oë en die kant van die gesig en ken in FIGUUR 5b dui op
veroudering. Onthoofding kan gesien word met net die uitbeelding van die kop.
Dit dui op die reaksie as vrees vir die dood.
● Kleur
In die skildery het Rembrandt in sommige areas monochromatiese kleure
gebruik, soos gesien word op sy hemp en in dele van die agtergrond van die
skildery. Die donkerte kontrasteer met die ryk kleure wat hy gebruik het om die
vel te skilder, soos die blougroen skadu's, die gebruik van gele in die middel
toonwaardes en die skerp wit ligpunte. Die rooiheid van sy vel word sterk
aangedui, byvoorbeeld op sy neus, om te wys waar sy vel besig is om te
verouder. Quinn werk ook met rooiheid en in hierdie geval die rooiheid van die
bloed wat gestolde en gedroogde bloed voorstel. Die diep donker persblou
skakerings van die bloed wat op die wange, oë, neus en mond sigbaar is, maak
dat daardie gedeeltes gekneus lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2024
NSS
● Tekens van veroudering
Veroudering is sigbaar in Rembrandt se skildery in sy uitbeelding van plooie en
versakte vel. Hy skilder nie net plooie nie maar die verf wys ook fisies die
kenmerke van veroudering in die aangewende tekstuur en kleur. Veroudering is
ook sigbaar in Quinn se kunswerk. Hy lyk nie so oud soos Rembrandt nie, maar
die gebruik van bloed laat ons dink omtrent ons eie sterflikheid op 'n manier wat
soortgelyk is aan mense se ervaring van veroudering. Die kunswerk lyk of dit
gevries is in tyd.
● Die impak van elke kunswerk op die kyker
Dit is ongewoon om ʼn selfportret te sien wat nie vleiend is nie en so lok
Rembrandt se skildery gevoelens van empatie uit. Sy eerlike uitbeelding van
homself raak ʼn uitdrukking van wát dit is om ʼn mens te wees asook om pyn en
die vrees van veroudering te voel. In Quinn se werk is daar die ervaring van
walging en fassinasie. Ons voel siek wanneer ons na bloed kyk, maar tog kan
ons nie wegkyk van die kunswerk wat ʼn morbiede belangstelling uitlok. (10)
5.2 Kandidate moet TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het analiseer (EEN
kunswerk per kunstenaar) om te wys hoe kunstenaars 'n uitdaging gestel het of
wegbeweeg het van tradisionele media. Hulle behoort die volgende te gebruik
as riglyne vir hul antwoord:
• Beskrywing
• Gebruik van materiale en tegnieke
• Hoe die materiale bydra tot die betekenis of boodskap van die kunswerk
• Hoe die kunswerk verskil van 'n tradisionele kunswerk (10)
[20]
VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA
In 'n uitstalling genoem uBuhle boKhokho (Skoonheid van ons Voorouers), het
Zizipho Poswa Afrika-haarstyle met tradisionele houers gemeng om brons- en
keramiekbeeldhouwerke te skep.
FIGUUR 6a en FIGUUR 6b gee 'n uitsig oor die uitstalling. Poswa het grootskaalse
beeldhouwerke saam met twaalf foto's van haarstyle uitgestal. Elke beeldhouwerk het 'n
ander mens voorgestel.
FIGUUR 6a: Zizipho Poswa, uBuhle boKhokho (Skoonheid van Ons Voorouers ) , uitsig oor
uitstalling met die kunstenaar wat voor haar beeldhouwerke poseer, 2022/2023.
FIGUUR 6b: Zizipho Poswa, uBuhle boKhokho (Skoonheid van Ons Voorouers), uitsig oor
uitstalling, 2022/2023.
FIGUUR 6c: Zizipho Poswa, Natalie Leumaleu, geglasuurde erdewerk, brons, 2022.
Glasuur: 'n Keramiekglasuur is 'n laag wat op die kleioppervlak geverf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2024
NSS
6.1 Kandidate moet bespreek hoe Poswa haar Afrika identiteit deur hare vier in
FIGUUR 6a, FIGUUR 6b en FIGUUR 6c.
Hulle moet gebruik maak van die volgende riglyne.
• Beskryf sommige van die haarstyle wat jy in die uitstalling sien
In die groot foto aan die regterkant van FIGUUR 6b en in die beeldhouwerk in
FIGUUR 6c sien ons 'n haarstyl met 'n boogvormige gevlegte haarstuk wat lyk
soos 'n reënboog of 'n hut. Ons sien ook 'n verlengde vlegsel wat regopstaan
soos 'n hoed of 'n kroon bo-op die vrou se kop in die foto op die linkerkant in
FIGUUR 6b. Ons sien ook krulvorme in die foto's en beeldhouwerke. FIGUUR
6b verteenwoordig ouer tradisionele Afrika-haarstyle op 'n moderne manier, bv.
die haarstyl aan die linkerkant het die vorm van 'n Zoeloe-hoed van 'n getroude
vrou (ook gesien op Kongolese, Mangbetu-stam vroue wie se koppe ook
kunsmatig in ‘n langwerpige vorm vervorm word), die middelste foto se vlegsels
is gedraai in keëls tipies van Mende-stam (Sierra Leone) vrouestyl, op
regterkant is ‘n waaieragtige skyf (tipies van historiese Kongo se koninklike
vrouens). Hierdie style het tradisioneel almal verskillende betekenisse, dit kan
sosiaal, geestelik, simbolies of esteties wees.
• Hoe beïnvloed die haarstyle in die foto's die beeldhouwerke
Daar is n direkte verhouding tussen die vorms van die haarstyle in die foto op
die boonste gedeeltes, asook in die herhalende merke wat gemaak is op die
liggame van die beeldhouwerke. Die ikoniese vorms van die hare soos die
boogvorm, is sigbaar in die beeldhouwerk genoem Natalie Leumaleu of die
haarstyle wat gesien word in die foto in die installasie aansig in FIGUUR 6a. Die
tekstuur van die haarvlegsels beïnvloed Poswa se insluiting van liniêre detail bo-
op die beeldhouwerk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2024
NSS
• Beskryf die vereenvoudiging van die vroulike liggaam in die
beeldhouwerk in FIGUUR 6c
Poswa het die beeldhouwerke geskep om die swart vroue figuur uit te beeld. Sy
het die vorm van die menslike liggaam vereenvoudig na 'n geronde ovaal
houeragtige vorm. Die vroulike liggaam word nie geseksualiseer nie maar word
vereenvoudig en vergroot om krag te toon. Die kandidaat kan kruisverwys na
Constantine Brancusi se minimalistiese beeldhouvorme van liggame en figure.
Die abstrahering van die vorm na die essensie van die vroulike vorm gee die
kunswerk 'n universele en tydlose kwaliteit. Die houeragtige vorms
verteenwoordig die vrou se liggaam as 'n houer wat toekomstige geslagte dra en
geboorte gee.
• Beskryf die tekstuur en die glasuur op die beeldhouwerke
'n Huldeblyk aan haar voorouers kom deur die sensitiewe aandag wat gegee
word aan die kleure en materiale van die beeldhouwerk: die gebruik van kleure
wat geassosieer word met edelmetale soos goud en die ryk kwaliteite van die
glasure. Geglasuurde/gladde gedeeltes is gekombineer met areas van rou
pottebakkery om die dialoog tussen tradisionele keramiekgebruike en
kontemporêre keramiek aan te dui. Dit wys op oud en nuut wat bymekaarkom.
Die gebruik van baie verskillende haarstyle en die variasie van vorms in die
beeldhouwerke wys daarop dat Poswa verskillende swart vroue vier. Die hare is
oordrewe in die beeldhouwerke in vergelyking met die vereenvoudiging van die
liggaam. Dit kan simboliseer dat die skoonheid van vroue in hul haarstyle is. In
die beeldhouwerke het die kunstenaar gefokus op die tekstuur van die hare wat
soos 'n goue, lineêre patroon lyk. In sommige gevalle kan die wit voetstuk die
liggaam voorstel, en die beeldhouwerk wys slegs die hare wat soos 'n kroon lyk.
• Hoe vier Poswa kontemporêre swart vroue se identiteit?
Die beeldhouwerke en foto's beeld die krag, mag en skoonheid van swart vroue
uit. Die mag en krag kom uit in die monumentale skaal van die kunswerke terwyl
die skoonheid sigbaar is in Poswa se besluit om hare in die ikoniese eienskappe
van die beeldhouwerke te vorm. (7)
6.2 Kandidate moet bespreek hoe die uitstallingontwerp die kyker se ervaring
verryk. Hulle moet gebruik maak van die volgende riglyne.
• Hoe ruimte gebruik is
Die plasing van beeldhouwerke in die uitstalling sal die manier hoe die kyker
fisies binne die ruimte daarmee omgaan, lei. Die wit ruimte van die galery trek
geen aandag af van die kunswerke nie. Die beeldhouwerke is op staanders wat
ooreenstem met die grootte van die menslike liggaam, maar wat soms groter en
soms kleiner is, soos gesien word in FIGUUR 6a. Op hierdie manier is die skaal,
plasing en vorm van die beeldhouwerke 'n eerbetoon aan die diversiteit en
individualiteit van die mense wat dit voorstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2024
NSS
• Plasing van die kunswerke en die verhoudings tussen die kunswerke
Poswa bring foto's en beeldhouwerke saam in die uitstalruimte. Sonder die foto's
sal die kyker die beeldhouwerke alleenlik sien as abstrakte vorms. Die foto's is
teen die mure geplaas om die konteks aan die beeldhouwerke te gee. Die foto's
dien as 'n verwysingspunt om die verskillende vorms van die haarstyle te wys en
om die kyker se begrip vir die verskillende haarstileringspraktyke te verbreed.
Die uitstalling is samehangend terwyl Poswa ook verskille individualiteit vier deur
verskillende media en vorms te gebruik. (3)
6.3 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hulle
identiteit in die nuwe Suid-Afrika uitbeeld (EEN kunswerk per kunstenaar). (10)
[20]
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Die Amerikaanse akteur en sanger, Billy Porter (FIGUUR 7b), het koppe laat draai toe hy met 'n
rok by die 2021-Oscar-toekenningseremonie aangekom het.
King Henry VIII (Koning Henrik VIII) (FIGUUR 7a), koning van Engeland, is tydens die
Renaissance deur Hans Holbein geskilder. Hy was 'n magtige, opgevoede leier wat
spandabelrig was en daarvoor bekend was dat hy ses vroue gehad het.
Luke Rudman (FIGUUR 7c) is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en 'n omgewingsaktivis wat met
verskillende media werk wat optrede en skilder insluit.
FIGUUR 7a: Hans Holbein die Jonge, King Henry VIII (Koning Hendrik VIII), olieverf op doek, c.
1530.
FIGUUR 7b Foto van Billy Porter by die Oscar-toekenningseremonie, 2021.
FIGUUR 7c: Luke Rudman, Eden and Luke (Eden en Luke), kombinasie van skilder en optrede,
foto, 2022.
7.1 Kandidate moet bespreek hoe verhoudings tussen kleredrag en geslag verander
het deur tyd soos in FIGUUR 7a , FIGUUR 7b en FIGUUR 7c . Hulle behoort te
verwys na die volgende riglyne.
• Die stelling wat die rok, liggaamshouding en die omgewing maak
FIGUUR 7a en 7b vertoon baie selfvertroue.
In FIGUUR 7a laat geld Koning Henry VIII sy mag en dominansie deur sy
liggaamsposisie met sy bene wat uitmekaar staan, sy reguit rug en sy bors wat
vooruit gedruk is. Hy is deftig aangetrek met goue versierings wat sy rykdom
aandui. Dit is herhaal in die luukse omgewing wat gesien word in die duur
patroonversierde mat en muurpapier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2024
NSS
In FIGUUR 7b kan ons sien dat Porter op 'n rooi tapyt is by die ingang van die
Oscar toekenningseremonie. Ons sien die Oscar figuurtjie wat deel vorm van die
detaillering op die muur. Dit is waarskynlik dat 'n fotograaf Porter se aandag
getrek het. Hy het gestop om te poseer op die tapyt. Porter het teruggedraai om
oogkontak te maak met die fotograaf en hy draai sy liggaam om die voorkant van
sy aandpak torso tesame met sy wye romp te vertoon. Porter dra 'n tradisionele
pak saam 'n balrok, wat die vreeslose verkenning tussen tradisioneel manlike en
vroulike identiteite kan simboliseer. Die jukstaplasing beklemtoon die
voortdurende dialoog en eksperimentering rondom geslagsuitdrukking. Billy
Porter gebruik die Oscars se platform om stereotipes uit te daag. Die manier
waarop hy die rok dra, is 'n viering van queer en gender-non-konformiteit. Hy
daag vooropgestelde idees uit oor hoe en wat geslagte moet dra.
In FIGUUR 7c poseer Rudman in 'n tipe kontraposto, met sy linkerbeen gebuig
en sy regterbeen reguit. Hy lig sy arms om aandag te trek na sy dekoratiewe
hooftooisel, maar gee ook die indruk dat hy nie sy romp wil raak met die verf op
sy hande nie. Hy is kaal bolyf met 'n romp aan, wat lyk asof dit van papier maché
gemaak is. Sy romp en sy hooftooisel smelt in met die agtergrond wat bestaan
uit oordadige geverfde blomagtige vorms. Dit is meer staties en hy vertoon nie
dieselfde selfvertroue nie. Die blomme agtergrond van FIGUUR 7c kan 'n
verwysing wees na die feit dat hy 'n omgewingsaktivis is.
• Kleur van die rok
In FIGUUR 7a gebruik die kunstenaar ryk goud, diep rooie en olyfgroene. Die
kleure is koninklik en die gedetailleerde goue versiering op die klere en die
omgewing sinspeel op rykdom.
In FIGUUR 7b isdie balrok 'n herinterpretasie van die 'klein swart rok' wat
gewoonlik 'n maklike rok is om te dra vir verskillende geleenthede. In hierdie
geval word die swart aandpak en wit hemp 'n eienskap van hierdie rok. Die swart
en wit in hierdie uitrusting is in sterk kontras met die wit agtergrond en die rooi
tapyt.
In FIGUUR 7c het die romp pienk en pers met turkoois kleure wat saamsmelt
met die kleure in die agtergrond. Hy het nie gebruikgemaak van die
konvensionele groen en natuurlike kleure van blare nie, maar het eerder kleure
gebruik wat geassosieer word met geslagstereotipes in die vorm van die pienke
en bloue. Die kleurgebruik herinner ook aan dié van die Fauvisme- beweging.
• Die funksie van die kunswerk en die foto's
FIGUUR 7a is geskep as herdenking en viering van die mag van die koning. Die
portret vang sy voorkoms vas en was 'n simbool van sy mag en rykdom. Die foto
in FIGUUR 7b is geneem om die kleredrag en modes wat tydens die
rooitapytgeleentheid gedra is, te vertoon.
In FIGUUR 7c gebruik Rudman sy eie liggaam in die ruimte om te kyk na
kwessies van geslag. In hierdie geval is dit omtrent 'n man wat aangetrek is in 'n
romp, wat ook met die natuur vermeng word. Deur die romp dieselfde te skilder
as die agtergrond begin hy om te integreer met die oordadige paradys agter
hom, wat 'n verwysing is na Eden in die titel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2024
NSS
• Hoe laat die kunswerke/visuele beelde in FIGUUR 7a, FIGUUR 7b en
FIGUUR 7c jou dink omtrent mans in rokke in verskillende tydperke?
Terwyl Koning Henry 'n rok gebruik in FIGUUR 7a wys die visuele uitbeelding
geen stereotipe vroulike kenmerke nie. Die visuele beeld wys eerder die
konvensionele beeld van manlike krag en mag wat in die mode was in daardie
tyd. Die rok in FIGUUR 7b is 'n hibried aangesien dit gedeeltelik manlike mode in
die aandpak torso wys terwyl die romp aan die onderkant oordadig is en
ooreenstem met die lang en wye balrok. Porter het verkies om 'n rok te dra met
geen grimering of pruik nie en daardeur trek hy aandag na sy persoonlike
identiteit. FIGUUR 7c is anders aangesien Rudman 'n oordadige hooftooisel met
duidelik sigbare grimering aan het. Hy is egter kaal bolyf en ontbloot sodoende
sy manlike liggaam. In hierdie kunswerk verskuil of verander hy nie sy
manlikheid nie maar skep eerder 'n binêre ruimte waarin hy die geleentheid het
om sy geslagsidentiteit uit te leef. (10)
7.2 Kandidate moet bespreek hoe kunstenaars idees omtrent geslag aanspreek
deur TWEE spesifieke kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) te analiseer.
Hulle behoort die volgende te gebruik as riglyne vir hul antwoord.
• Geslagskwessies waaraan aandag gegee word
• Formele kunselemente
• Materiale en tegnieke
• Hoe die kunstenaars probeer om die kyker te laat nadink omtrent die
kwessies deur hulle keuse van visuele beelde (10)
[20]
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
'Die huis moet 'n masjien wees om in te leef.' – La Corbusier
Die modernistiese gebou, Villa Savoye (FIGUUR 8a), is as 'n delikate drywende boks beskryf.
Dit is funksioneel as 'n huis, maar dit kan ook as 'n beeldhouwerk waardeer word.
'n Argitektuursfirma (FIGUUR 8b) in Kaapstad het 'n kontemporêre boomhuis geskep vir 'n kliënt
wat 'n wegkruipplek as 'n huis wou hê.
Beide huise verskaf ontsnapping uit die stampvol stad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2024
NSS
FIGUUR 8a: Le Corbusier, Villa Savoye, Frankryk, gewapende beton en glas, 1929.
FIGURE 8b: Malan Vorster Architecture Interior Design, Tree House (Boomhuis),
Kaapstad, staal, hout en glas, 2016.
8.1 Kandidate moet FIGUUR 8a en FIGUUR 8b vergelyk deur die volgende riglyne
te gebruik:
• Fatsoen/Vorm en patroon
In FIGUUR 8a is die gebou vierkantig. Die grondvloermure is verder
teruggebou, onder die eerste verdieping en die huis lyk asof dit 'n drywende
boks bo-op delikate pilotis/pilare/stelte is. Die pilotis is herhalend en vorm 'n
patroon. Die eenvoudige wit buitemuur het stroke van lintvormige vensters en
'n gladde buitekant met geen patroon op die skerp hoekige buitemure nie.
FIGUUR 8a is reghoekig terwyl FIGUUR 8 b sirkelvormig is.
In FIGUUR 8b stem die organiese kajuitagtige struktuur ooreen met 'n
boomhuis. Die vertikale strukture op die buitekant van die fasade van die
gekurfde glasmure skep 'n patroon. Daar is geometriese vorms binne die
kamers soos die vierkante en driehoeke aan die binnekant van die plafon.
FIGUUR 8b het drie silindriese vorms rondom 'n sentrale stamagtige vorm.
● Ligbron(ne)
In FIGUUR 8a word die lig gefiltreer in die vertrekke in deur die lang strook van
lintvormige vensters en openinge in die gebou.
In FIGUUR 8b laat die groot vensters lig in die Boomhuis in. Gedurende die
dag sal die sonlig ingefiltreer word aangesien die mure nie solied is nie maar
uit hortjies bestaan.
• Boumateriale
In FIGUUR 8a is die gebou gemaak uit versterkte beton wat swaar is maar wat
lig voorkom en lyk asof dit dryf as gevolg van die gebruik van die pilotis. Glas 'n
belangrike materiaal wat gebruik is om lig in die gebou in te laat.
In FIGUUR 8b is die gebou gelig van die grond af en staan dit op stelte. Glas is
gebruik vir die vensters. Die pilare, arms en ringe is gemaak van staalplate met
gapings tussenin, wat vir die inwoner toelaat om die omringende landskap van
binne af te sien. Daar is 'n kontras tussen die soliditeit (FIGUUR 8a) met die
gebruik van die stelte wat eweredig gespasieer is om sodoende 'n uitsig te
skep wat die interieur met die buitekant verbind.
● Terrein en omgewing
In FIGUUR 8a is die gebou geplaas op 'n wye oop ruimte met die volle uitsig
van 'n landskap.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 22 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
In FIGUUR 8b is die gebou geplaas op 'n groot onbeperkte terrein wat omring
is met heelwat bome. Die huis met omringende die bome lyk soos 'n nes in die
woud. Die vertikale stutte van die fasade lyk soos 'n herhaling van die vertikale
boomstamme. Die glas vensters weerkaats die lug en maak dat die gebou
minder solied voorkom. Die gedeeltes van die lug en wolke wat weerkaats in
die glas lyk soos die spasies tussen die bome.
8.2 Kandidate moet TWEE Suid-Afrikaanse geboue analiseer waarin innoverend
materiale gebruik is.
Hulle behoort die volgende te gebruik as riglyne vir hul antwoord:
● Gebruik van materiale/tegnieke
● Die ontwerp van die struktuur
● Omgewingsinvloede
● Die verhouding tussen die gebou en die omgewing (10)
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper