Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2014
10841
FISIESE WETENSKAPPE
EERSTE VRAESTEL
PUNTE: 150 Bladsye 23
TYD: 3 uur
12
b.o.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all





Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2014 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2014 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2014. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 633.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Gauteng Mock Exam 2014
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 2
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWAALF vrae. Beantwoord AL die vrae in
die ANTWOORDBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG
2.1 en VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
10. Rond jou finale numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE
desimale plekke af.
11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1 Die volgende diagram toon ’n renmotor R wat in ’n reguit lyn na regs ry.
oliekol
R P
Die bestuurder van die renmotor trap rem sodra die motor die oliekol by
posisie P bereik.
In watter van die volgende rigtings sal die renmotor R gly?
A B
C D
(2)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 4
1.2 ’n Massa van 1 kg hang aan ’n Newton-trekskaal wat aan die plafon
vasgemaak is, soos in diagram A.
In diagram B word dieselfde 1 kg-massastuk vanaf ’n gewiglose,
wrywinglose katrol gehang deur die tou aan die grond vas te maak.
Indien die lesing op die skaal in diagram A 9,8 N is, wat is die lesing op
die skaal in diagram B?
A 4,9 N
B 9,8 N
C 14,7 N
D 19,6 N (2)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 5
1.3 Die gravitasiekrag tussen twee voorwerpe is F wanneer hulle middelpunte
’n afstand d uitmekaar is. Wat sal die grootte van die krag in terme van F
wees indien die massa van een voorwerp verdubbel en die afstand d
halveer?
A 8F
B F
C F
D F
(2)
1.4 ’n Voorwerp het ’n momentum p vir ’n tydperk van t sekondes. Watter
EEN van die volgende grafieke stel die versnelling-tyd verband vir
hierdie tydinterval korrek voor?
A. B. C. D.
a a a a
o o o o
t t t t
1.5 Watter EEN van die volgende stellings in verband met die
rooiverskuiwing van lig as gevolg van die Doppler-effek is waar?
A Indien ’n bron van blou lig weg van die waarnemer beweeg, sal die
lig violet vertoon
B Indien ’n bron van rooi lig weg van die waarnemer beweeg, sal die
lig blou vertoon
C Indien ’n bron van blou lig weg van die waarnemer beweeg, sal die
lig meer groen vertoon
D Indien ’n bron van rooi lig weg van die waarnemer beweeg, sal die
lig meer oranje vertoon (2)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 6
1.6 Watter EEN van die volgende kombinasies is korrek ten opsigte van
die eienskappe van elektriese veldlyne?
Rigting Sterkte van die veld
A Positief na negatief Sterkste waar die digtheid
van die lyne die digste is
B Negatief na positief Swakste waar die digtheid
van die lyne die minste is
C Noord na suid Sterkste waar die digtheid
van die lyne die digste is
D Noord na suid Swakste waar die digtheid
van die lyne die minste is (2)
1.7 Twee gelaaide sfere, A en B, word op geïsoleerde staanders op ’n
afstand r van mekaar af geplaas, soos hieronder getoon. Die grootte
van die elektrostatiese krag tussen hulle is F.
r
A -4q 2q B
Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak en word weer op hulle
oorspronklike posisies teruggeplaas. Die grootte van die elektrostatiese
krag in terme van F is nou …
A 8F
B F
C F
D F (2)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 7
1.8 Die stroombaan-diagram toon twee gloeilampe met weerstande van
4 Ω en 2 Ω elk in parallel geskakel in die stroombaan. Die twee
resistors met weerstande van 4 Ω en 6 Ω elk is in serie in die
stroombaan geskakel.
Indien die 2 Ω-gloeilamp uitbrand, wat gebeur met die lesing op VP?
A Bly dieselfde
B Neem af
C Neem toe
D Word nul (2)
1.9 Die magneet in die volgende diagram beweeg weg van die solenoïed.
Die geïnduseerde stroom vloei deur die resistor in ’n rigting van ...
ysterstaaf
solenoïed
A Q na R
B R na Q
C Q na R en dan van R na Q
D R na Q en dan van Q na R (2)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 8
1.10 ’n Opgewekte elektron is in energievlak 3. Die maksimum moontlike
emissiespektrum-lyne wat hierdie elektron kan opwek is …
A 1
B 2
C 3
D 4 (2)
[20]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 9
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
’n 8 kg-houtblok is vasgemaak aan ’n 2 kg-houtblok met ’n gewiglose, onelastiese
tou wat oor ’n wrywinglose katrol beweeg. Die blok versnel afwaarts teen ’n rowwe
skuinsvlak met ʼn helling van 20° ten opsigte van die horisontaal soos hieronder
aangetoon.
a
8 kg
2 kg
20°
Die spanning in die tou is 21 N.
2.1 Definieer versnelling. (2)
2.2 Teken ’n benoemde kragtediagram van al die kragte wat op die 8 kg-blok
inwerk. (3)
2.3 Bewys met ’n berekening dat die grootte van die versnelling van die
sisteem 0,7 m⋅s-2 is. (3)
2.4 Bereken die grootte van die wrywingskrag wat die 8 kg-blok ervaar. (4)
[12]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 10
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die posisie-tydgrafiek vir ’n tennisbal wat vertikaal opwaarts vanaf die tweede
vloer van ’n skoolgebou gegooi word, word hieronder getoon.
Ignoreer alle effekte van lugweerstand.
Posisie (m)
6,5
t1 t2 Tyd (s)
Die hoogte van die tweede vloer is 6,5 m. Die bal styg 0,9 m bokant die
beginposisie voordat die bal afwaarts begin val.
3.1 Skryf die grootte en rigting van die versnelling van die bal neer terwyl dit
opwaarts beweeg. (2)
3.2 Bereken die tyd t1 wat dit die bal neem om sy maksimum hoogte te
bereik. (4)
3.3 Bereken die beginsnelheid van die tennisbal die oomblik wat dit losgelaat
word. (4)
3.4 Skets ’n snelheid-tydgrafiek vir die beweging van die bal van die oomblik
dat dit vertikaal opwaarts gegooi word totdat dit die grond bereik. Benoem
die asse en toon al die relevante waardes op die grafiek aan. (4)
[14]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 11
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder toon ’n planeet Z en sy twee mane X en Y wat reghoekig
ten opsigte van mekaar is. Die gemiddelde afstand tussen die middelpunt van die
planeet en maan X is 1 496 km en die gemiddelde afstand tussen die middelpunt
van die planeet en maan Y is ½(1 496) km.
Z 1 496 km
½(1 496) km
MX = 1,99 × 1019 kg
MY = 2(1,99 × 1019) kg
Neem die massa van X as 1,99 × 1019 kg, die massa van die planeet Z as
5,98 × 1024 kg en die massa van Y as twee keer die massa van X.
4.1 Bereken die gravitasiekrag tussen maan X en planeet Z. (4)
4.2 Skryf die grootte van die gravitasiekrag wat maan Y op planeet Z uitoefen
neer. (2)
4.3 Bereken die grootte van die netto gravitasiekrag wat die twee mane op die
planeet uitoefen. (2)
[8]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 12
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Twee identiese voorwerpe P en Q, elk met ’n massa 12 kg, beweeg langs
mekaar teen ’n aanvanklike snelheid van 5,5 m⋅s-1 oos op ’n horisontale
oppervlakte.
Die volgende grafieke toon die netto krag wat deur elke voorwerp onderskeidelik
gedurende dieselfde tydinterval ervaar word.
Voorwerp P Voorwerp Q
15 15
Fnet (N) Fnet (N)
10 10
5 5
0 0
2 4 6 8 10 t (s) 2 4 6 8 10 t (s)
-5 -5
-10 -10
5.1 Bereken die totale impuls wat voorwerp Q ervaar in 10 s. (3)
5.2 Vergelyk sonder enige berekening, die totale impuls van voorwerp P met
dié van voorwerp Q. Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of
DIESELFDE AS neer. (1)
5.3 Bereken die eindsnelheid van voorwerp Q. (4)
[8]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 13
VRAAG 6 (Begin op ‘n nuwe bladsy.)
’n Fietsryer stoot sy fiets met massa 6,1 kg teen ’n bult op met ’n krag van 20 N.
Die fiets word van ’n beginsnelheid van 5 m⋅s-1 van punt A na punt B gestoot. Die
helling van die pad is 10° ten opsigte van die horisontaal en die afstand van A na
B is 32 m soos hieronder voorgestel.
32 m
B
•
20 N
A 10°
•
Die padoppervlakte oefen ’n wrywingskrag van 11 N uit op die bande van die fiets.
6.1 Bereken die arbeid wat die fietsryer op die fiets verrig. (3)
6.2 Gebruik die arbeid-energie stelling en bereken die grootte van die
snelheid van die fiets by 32 m. (5)
6.3 Verduidelik hoekom wrywingskragte as nie-konserwatiewe kragte beskou
word. (2)
[10]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 14
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
7.1 Keenan, wat by die bopunt van die Leunende Toring van Pisa staan, laat
per ongeluk sy selfoon val wanneer dit begin lui teen ’n frekwensie van
497 x 103 Hz. Die hoogte van die toring is 56 m.
7.1.1 Gebruik die wet van behoud van meganiese energie en bereken
die spoed van die selfoon op ’n hoogte van 18 m. (4)
Nerisse staan by die voet van die toring en hoor hoe die selfoon lui terwyl
dit in haar rigting val. Ignoreer die effekte van lugweerstand.
7.1.2 Bereken die frekwensie van die klank wat deur Nerisse
waargeneem word wanneer die selfoon op ’n hoogte van 18 m
bokant die grond is. Neem die spoed van klank in lug as
340 m⋅s-1. (4)
7.1.3 Verduidelik in terme van golflengte en frekwensie van klank,
hoekom sal Keenan, wat bo-op die toring is, ʼn laer frekwensie van
klank waarneem as die waarde wat in VRAAG 7.1.2 bereken is. (2)
7.1.4 Hoe sal die frekwensie van die klank wat Nerisse waarneem
vergelyk op ’n hoogte van 18 m met dié op ’n hoogte van 3 m?
Skryf slegs HOËR, LAER of BLY DIESELFDE neer. (1)
7.2 Spoedkameras bepaal die spoed van ’n motor deurdat dit die sein van ’n
radiogolf wat deur die motor gereflekteer word, meet.
7.2.1 Verduidelik hoekom die spoedkamera nie die spoed van ’n motor
akkuraat kan meet op die oomblik wat die motor verby die kamera
beweeg nie. (2)
7.2.2 Wat is die spoed van die radiogolf in lug? Gee ’n rede vir jou
antwoord. (2)
[15]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 15
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder toon twee sfere, A met ’n lading–4,5 × 10-5 C en B met ’n
lading + 9,5 × 10-5 C op geïnsuleerde staanders. Die afstand tussen die
middelpunte van die twee sfere is 0,35 m.
–4,5 × 10-5 C + 9,5 × 10-5 C
A 0,35 m
B
8.1 Teken die elektriese veldpatroondiagram van die elektriese veld wat
bestaan as gevolg van die twee ladings. (3)
8.2 Bereken die grootte en rigting van die elektrostatiese krag wat deur sfeer
B op sfeer A uitgeoefen word. (4)
8.3 Bereken die elektriese veldsterkte by B as gevolg van lading A. (4)
[11]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 16
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Sandile en Peter het ’n battery vir die wetenskapuitstalling gebou. Hulle het
aartappels gebruik met sink- en koperplate as elektrodes.
Sandile en Peter was nuuskierig om uit te vind hoeveel aartappelselle in serie
geskakel moet word om ’n flitslig-gloeilampie te laat brand.
9.1 Skryf ’n gepaste hipotese vir die ondersoek neer. (2)
9.2 Skryf die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek neer. (1)
belading
http://www.sciencebuddies.org/science-fair-projects/project_ideas/Energy_p010.shtml#procedure
Sandile en Peter het met twee aartappels begin wat in serie geskakel is soos
getoon in die foto hierbo. Hulle gebruik ’n voltmeter wat direk oor die buitenste
elektrodes geskakel is en meet ’n potensiaalverskil van 1,6 V.
Daarna verbind hulle ’n 1,5 V flitslig-gloeilampie tussen die elektrodes. Hulle neem
waar dat die gloeilamp nie brand nie.
Wanneer hulle die potensiaalverskil oor die gloeilampie meet, is dit 0,02 V.
9.3 Wat is die emk van die battery met twee aartappelselle wat in serie
verbind is? (1)
9.4 Gee ’n rede hoekom die potensiaalverskil oor die gloeilamp slegs 0,02 V is. (1)
9.5 Die gloeilamp het ’n weerstand van 2 Ω. Bereken die drywing wat deur
die gloeilamp verkwis word al brand dit nie. (3)
[8]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 17
VRAAG 10 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die stroombaandiagram hieronder toon twee resistors met ʼn weerstand van 4 Ω
en 5 Ω elk in parallel geskakel met resistor R1 met ’n onbekende weerstand. Die
battery het ’n emk van 15 V en ’n onbekende interne weerstand.
12,9 V
V
S
emk = 15 V; r
4Ω 5Ω
R1 A
1,5 A
10.1 Stel Ohm se wet in woorde. (2)
Wanneer skakelaar S gesluit word, het die ammeter ’n lesing van 1,5 A en die
voltmeter het ’n lesing van 12,9 V.
10.2 Bereken die weerstand van resistor R1. (3)
10.3 Bereken die ekwivalente weerstand van die parallelle stroombaan. (3)
10.4 Bereken die interne weerstand van die battery. (4)
[12]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 18
VRAAG 11 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
11.1 Bestudeer die diagram van ’n elektriese motor hieronder. Die spoel roteer
tussen die teenoorgestelde pole X en Y van twee magnete.
rotasie-as
kommutator
koolstofborsels
11.1.1 Is hierdie ’n GS- of ’n WS-motor? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
11.1.2 Noem TWEE veranderings wat aan hierdie motor gemaak kan
word om die tempo van rotasie te laat toeneem. (2)
11.1.3 Wat is die polariteit van die twee magnetiese pole X en Y? (2)
11.2 Generators benodig ’n bron van meganiese energie om die spoel in ’n
magneetveld te draai. Die foto hieronder toon ’n voorbeeld van ’n
windgenerator.
’n Windgenerator het rotorlemme wat 100 m in diameter is. Wanneer die
wind teen maksimum spoed waai, verskaf die generator ’n maksimum
WS-stroom van 80 A in ’n resistor van 510 Ω.
11.2.1 Bereken die wgk-potensiaalverskil oor die resistor. (5)
11.2.2 Bereken die gemiddelde drywing wat deur die generator
gegenereer word. (3)
11.2.3 Teken ’n sketsgrafiek van die verandering in die stroomsterkte wat
deur hierdie WS-generator gegenereer word. Toon TWEE
volledige siklusse vir die verandering in die stroom op die grafiek
aan. Toon die toepaslike waardes van die stroom op die as aan. (4)
[18]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 19
VRAAG 12 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
12.1 Die grafiek hieronder toon die verband tussen die maksimum kinetiese
energie van elektrone wat vrygestel is van die oppervlakte van ’n sekere
metaal wanneer elektromagnetiese straling met verskillende frekwensies
daarop skyn.
12.1.1 Definieer die werksfunksie vir ’n spesifieke metaal. (2)
12.1.2 Gee die grootte van die drumpelfrekwensie van die metaal soos
aangetoon op die grafiek. (1)
12.1.3 Bereken die maksimum snelheid wat ’n vrygestelde elektron het
as elektromagnetiese straling met ’n frekwensie van 100 × 10 -19
Hz op die metaal skyn. (5)
12.1.4 Die grafiek word beskryf as “die bespassende lyn”. Verduidelik
wat dit beteken. (1)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 20
12.2 Die volgende diagram toon die verskillende lyne van die lyn emissie-
spektrum (gekleurde lyne op ’n swart agtergrond) asook die absorpsie-
spektrum (swart lyne op ’n gekleurde agtergrond) van die waterstofatoom
onderskeidelik. Die lyne stem ooreen met die oorgange van elektrone
tussen spesifieke energievlakke.
Waterstof absorpsie spektrum
Waterstof emissie spektrum
400nm 700nm
H Alpha lyn
656nm
Oorgang N=3 na N=2
12.2.1 Verduidelik die verskil tussen ’n emissiespektrum en ’n absorpsie-
spektrum. (2)
12.2.2 Wat is die mees waarskynlike kleur van die H-Alpha lyn? Kies uit
ROOI, GROEN of VIOLET. Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
[14]
TOTAAL: 150
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 21
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of earth
ME 5,98 x 1024 kg
Massa van die aarde
Radius of earth
RE 6,38 x 103 km
Radius van die aarde
b.o
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 22
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f vi a t Δx v i Δt 21 at 2 or/of Δy v i Δt 21 at 2
v vf v vf
v f v i 2ax or/of v f v i 2ay
2 2 2 2
Δx i Δt or/of Δy i Δt
2 2
FORCE/KRAG
p mv
Fnet ma
fk = µkN
fsmax = µsN
Fnet t p
w mg
p mv f mv i
Gm 1m2 M
F g = G d2
d2
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W Fx cos U mgh or/of EP mgh
Wnet K or/of Wnet Ek
1 1
K mv2 or/of Ek mv2
2 2
K K f K i or/of Ek Ekf Eki
W
Wnc K U or/of Wnc Ek Ep P
t
Pave Fv ave
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
vf T
f
v vL v vL c
fL fs / fL fb E hf or/of E h
v vs v vb
E Wo Ek max where/waar
1 1
E hf and/en W0 hf0 and/en Ek max mvmax
2
K max mvmax
2
2 or/ of 2
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
(Eerste Vraestel) 10841/14 23
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ1Q 2 kQ
F E
r2 r2
Q F
n= E
qe q
W
V
q
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
V emf ( ε ) = I(R + r)
R
I emk ( ε ) = I(R + r)
R s R1 R 2 ...
1 1 1 q I t
.. .
R p R1 R 2
W = Vq W
P
Δt
W = VI t
P = VI
W= I2R t
P = I2R
V Δt 2
W= V2
R P
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Paverage Vrms I rms / Pgemiddeld Vwgk I wgk
I max I
I rms / I wgk maks
2 2
Paverage I rms
2
R / Pgemiddeld I 2wgkR
Vmax Vmaks
Vrms / Vwgk 2
Vrms
2
Vwgk
2 2 Paverage / Pgemiddeld
R R
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2014 Memo (Afr)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2014 Memo (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2014 QP (Afr)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2014 Memo (Eng)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2014 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper