Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)
Grade 11 Accounting question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 962.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES verpligte vrae.
2. Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.
3. Waar van toepassing, moet bewerkings getoon word om deelpunte te verdien.
4. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
5. Jy mag ’n donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. ʼn Uiteensetting van die vrae word hieronder voorsien. Probeer om by die
voorgestelde tyd vir elke vraag te hou en om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP INHOUD PUNTE TYD
(minute)
Bestuursrekeningkunde
Geprojekteerde inkomstestaat en Kontantbegroting
1 Begroting
Bestuur van hulpbronne 55 33
Interne kontrole oor begroting
Finansiële Rekeningkunde
Rekonsiliasie en Debiteure en Bankrekonsiliasie
2 interne kontrole Bestuur van hulpbronne 45 27
Interne kontrole
Finansiële Rekeningkunde
Vennootskappe – Vennootskappe – finansiële state
3 Finansiële state Bestuur van hulpbronne 75 45
Vaste bates
Vennootskappe – Finansiële Rekeningkunde
4 Interpretasie Ontleding en interpretasie van finansiële state. 35 21
Kosteberekeninge Bestuursrekeningkunde
5 – Vervaardiging Kosteberekeninge en gelykbreek-ontleding 50 30
Finansiële Rekeningkunde
Klubs en Ledegeld en Verversings
6 Voorraadstelsels Bestuur van hulpbronne. 40 24
Voorraadhoudingstelsels
300 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENINGKUNDE 3
VRAAG 1: BEGROTING (55 punte; 33 minute)
1.1 KONTANTBEGROTING EN GEPROJEKTEERDE INKOMSTESTAAT
Die volgende transaksies is geneem uit die boeke van AV Winkels vir die
tydperk wat eindig op 30 Junie 2015.
Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK deur die bedrae in slegs die
relevante kolom(me) in te vul. (10)
Voorbeeld: Die telefoonrekening vir Junie 2015, R2 130 word per tjek betaal.
Bedrag in die kontantbegroting Bedrag in die geprojekteerde
No. vir Junie 2015 inkomstestaat vir Junie 2015
ONTVANGSTE BETALING INKOMSTE UITGAWE
Voorbeeld R2 130 R2 130
Transaksies:
1.1.1 Die verwagte kontantverkope vir Junie 2015 word bereken as R35 200.
Die winsopslag is 60% op kosprys.
1.1.2 Die totale waardevermindering op vaste bates vir die finansiële jaar
geëindig 30 June 2015, beloop R17 040.
1.1.3 Verwagte kontant ontvangstes van debiteure vir Junie 2015 is R62 200.
Kortings van R2 150 sal toegestaan word vir vroeë betalings ontvang.
1.1.4 ’n Paaiement van R8 460 op die lening moet op 25 Junie 2015 betaal
word. R460 van hierdie bedrag is die rente op die lening.
1.2 KONTANTBEGROTING
Sonny Mkize is die eienaar van RCN Vervoer, ’n klein onderneming wat
afleweringsdienste lewer. Hul finansiële jaar eindig elke jaar op 30 September.
OPDRAG
1.2.1 Voltooi die debiteure-invorderingskedule vir Oktober 2015 en
November 2015. (10)
1.2.2 Op 31 Oktober 2015 is die volgende inligting verkry uit die rekords van
die besigheid. Verduidelik wat jy aan Sonny sal noem in verband met
elk van die gelyste items. Gee EEN punt van advies vir elke geval.. (6)
OKTOBER 2015
BEGROOT WERKLIK
(R) (R)
Onderhoud van voertuie 24 500 21 380
Invorderings vanaf debiteure 147 171 115 620
Telefoon 2 300 4 860
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2015)
1.2.3 Voltooi die kontantbegroting vir Oktober en November 2015. (29)
INLIGTING:
A. Gedeeltelik voltooide kontantbegroting vir Oktober en November
2015.
Oktober 2015 November 2015
KONTANTONTVANGSTES
Invorderings vanaf debiteure
Fooi-inkomste vir dienste gelewer 62 000
Huurinkomste 8 200
Kommissie-inkomste 4 650
Vaste deposito 10 000
Rente op vaste deposito 375
TOTALE ONTVANGSTES
KONTANTBETALINGS
Brandstof en olie 32 600
Onderhoud van voertuie 24 500
Salarisse
Onttrekkings
Telefoon 2 300
Diverse uitgawes 3 120
Rente op lening
Aankoop van addisionele voertuig -
TOTALE BETALINGS
SUPLUS/TEKORT 131 126
Openingsaldo 22 104
Saldo aan die einde van die maand
B. Dienste gelewer aan kliënte, op krediet is as volg:
September 2015 142 500
Oktober 2015 176 400
November 2015 174 800
C. Debiteure betaal gewoonlik volgens die volgende patroon:
40% betaal hul rekening gedurende die maand van die transaksie om
gebruik te maak van die 2,5% korting.
55% betaal in die maand wat volg op die transaksie.
Die saldo word gewoonlik afgeskryf as oninbaar na die tweede
maand.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENINGKUNDE 5
D. Die huurinkomste sal met 9% verhoog, en brandstof en olie sal na
verwagting styg met 15 sent in die Rand, vanaf 1 November 2015.
E. ’n Vaste deposito verval op 1 November 2015. Rente op belegging word
verdien teen 9% p.a.
F. Rente op die lening teen 11% p.a. is maandeliks betaalbaar. Op
1 Oktober 2015 was die saldo op die lening R300 000.
G. Salarisse word betaal aan die vyf drywers in diens van die onderneming.
Al die drywers moet ’n 6% verhoging gedurende November 2015 ontvang.
H. Die besigheid beplan om ’n addisionele voertuig gedurende November
2015 aan te koop. Die totale koste van die voertuig is R256 000,
finansieringskoste ingesluit. ’n Deposito van 10% is betaalbaar. Die
balans sal oor 60 maande betaal word. Die deposito en die eerste
maandelikse paaiement sal gedurende November 2015 betaal word.
I. Kommissie-inkomste is ’n vaste persentasie van die kontantfooi-inkomste
vir dienste gelewer.
J. Die eienaar onttrek R500 kontant en neem verbruiksgoedere ter waarde
van R150 vir sy persoonlike gebruik elke maand.
K. Diverse uitgawes sal na verwagting elke maand met 2,5% styg.
L. Alle ander items in die begroting sal na verwagting dieselfde vir die
begrotingstydperk bly.
55
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 2: REKONSILIASIE EN INTERNE KONTROLE (45 punte; 27 minute)
2.1 DEBITEURE
Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Mafusa Handelaars.
OPDRAG:
2.1.1 Voorsien die ontbrekende inligting wat aangedui word deur (a) tot (d)
in die Debiteurekontrole rekening hieronder. (4)
2.1.2 Noem die brondokumente wat as bewys dien vir die inskrywings van
R32 000 en R15 000 aan die kredietkant van die Debiteurekontrole
rekening. (2)
2.1.3 Gee EEN rede (voorbeeld) vir die volgende transaksies: (Moenie
dieselfde rede vir albei transaksies gee nie.)
Die inskrywing vir R12 500 aan die kredietkant van die kontrole
rekening. (2)
Die inskrywing vir R4 760 aan die debietkant van die kontrole
rekening. (2)
2.1.4 Verduidelik waarom die saldo van die Debiteurekontrole rekening in
die Algemene grootboek dieselfde behoort te wees as die totaal van
die Debiteurelys. (2)
2.1.5 Verwys na Inligting B.
Toon aan watter effek elke inskrywing op die Debiteurekontrole
rekening en/of die Debiteurelys sal hê. Dui die verandering aan met ’n
vermeerdering (+) of vermindering (-) en die bedrae in die kolom
voorsien. (8)
INLIGTING:
A. ALGEMENE GROOTBOEK VAN MAFUSA HANDELAARS
DEBITEUREKONTROLE
2014 2014
Mei
1 Saldo a/b 35 000 Mei
31 (c) DAJ 32 000
31 Verkope (b) 80 000 Bank (d) 15 000
(a) KBJ 8 000 Korting Toegestaan KOJ 280
Diverse debiete AJ 4 760 Diverse krediete AJ 12 500
Saldo o/b ?
Junie 1 Saldo a/b ?
B i Die totaal van kredietverkope was met R2 400 te min opgetel.
ii ’n Kontantkorting van R410 toegestaan aan B. Gumede (’n debiteur), is
nie in die betrokke joernaal ingeskryf nie.
iii Goedere ter waarde van R670 teruggestuur deur B. Gumede, is ver-
keerdelik na die debiteure grootboekrekening van L. Ngema oorgeboek.
iv Goedere verkoop aan L. Ngema vir R3 210 is aangeteken as R2 310 in
die korrekte joernaal en so na die grootboekrekeninge oorgeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENINGKUNDE 7
2.2 BANKREKONSILIASIE
Die inligting hieronder, is geneem uit die rekords van Freedom Skryfbehoeftes
vir Augustus 2015.
OPDRAG:
2.2.1 Toon aan watter inskrywings in die kontantjoernale gedoen moet
word deur die tabel in die ANTWOORDEBOEK te voltooi. (13)
2.2.2 Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Augustus 2015. (8)
2.2.3 Alle kontanttransaksies word hanteer deur Innocent Johnson. Sy is al
vir die afgelope vyf jaar vir hierdie werk verantwoordelik.
Dit is duidelik dat die besigheid nie sy kontant effektief beheer nie.
Verduidelik EEN probleem wat jy kon identifiseer. Voorsien relevante
syfers om jou antwoord te ondersteun en gee ook ’n oplossing vir
hierdie probleem. (4)
INLIGTING:
A. Items uit die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2015.
Batige saldo op die Bankstaat 6 800
Uitstaande deposito’s Gedateer 12 Julie 2015 22 000
Gedateer 28 Julie 2015 27 500
Uitstaande tjeks Nr. 987 (gedateer 10 Januarie 2014) 1 200
Nr. 1239 (gedateer 28 Julie 2015) 5 400
Nr. 1465 (gedateer 18 Augustus
13 800
2015)
Batige saldo volgens die Bankrekening 35 900
B. ’n Vergelyking van die bankstaat ontvang op 28 Augustus 2015 met die
rekords van die besigheid toon die volgende:
Bankkoste van R715 verskyn op die bankstaat maar nie in die
betrokke joernaal nie.
’n Geweierde tjek vir R 7 600 verskyn op die bankstaat. Hierdie tjek
is oorspronklik ontvang van ’n debiteur, N. Lately, as vereffening van
haar rekening van R7 750.
Rente van R320 is op die bankstaat gekrediteer. Dit is nie in die
relevante joernaal aangeteken nie.
Tjek nr. 1654 uitgereik aan Beebro Handelaars, ’n krediteur, verskyn
korrek in die bankstaat as R5 780. Dit is verkeerdelik in die joernaal
as R8 750 aangeteken.
’n Debietorder van R345 vir die maandelikse versekering verskyn
twee keer in die bankstaat. Freedom Skryfbehoeftes is deur die bank
ingelig dat hierdie fout in die volgende bankstaat teruggeskryf sal
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2015)
Van die uitstaande tjeks in die bankrekonsiliasie staat vir Julie 2015,
verskyn slegs tjek nr. 1239 in die bankstaat vir Augustus 2015.
Tjeknr. 987 was deur die eienaar as ledegeld vir sy tennisklub
gebruik. Die klub bestaan nie meer nie.
Die uitstaande deposito van R27 500 verskyn op die bankstaat.
Die deposito van R22 000 vir kommissie ontvang is steeds
uitstaande. Na die saak ondersoek is, het Innocent gesê sy is op pad
bank toe beroof. Die eienaar het toestemming gegee dat die bedrag
gekanselleer moet word, aangesien dit onwaarskynlik is dat enige
van hierdie geld ooit opgespoor sal word.
Die Augustus KOJ toon ook twee uitstaande deposito’s;
R18 200 op 17 Augustus 2015,
R21 400 op 29 Augustus 2015.
Die volgende tjeks in die Augustus KBJ is steeds uitstaande
Nr. 1960, vir R4 280 (gedateer 27 Augustus 2015),
Nr. 1996, vir R5 730 (gedateer 23 September 2015).
Die bankstaat sluit af met ’n batige saldo van R5 055.
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENINGKUNDE 9
VRAAG 3: VENNOOTSKAPPE – FINANSIЁLE STATE (75 punte; 45 minute)
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Star Handelaars, met vennote
Sanjay en Sam. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2015.
OPDRAG:
3.1 Voltooi die volgende notas tot die Finansiële State:
3.1.1 Vaste bates (Slegs Voertuie en Toerusting). (20)
3.1.2 Privaatrekeninge van vennote. (25)
3.1.3 Handels- en ander bedrae ontvangbaar. (6)
3.1.4 Handels- en ander bedrae betaalbaar. (4)
3.2 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op
28 Februarie 2015. Waar notas nie gevra word nie, moet alle bewerkings
getoon word. (20)
INLIGTING:
A. Lys van saldo’s op 28 Februarie 2015 (onder andere):
Kapitaal: Sanjay 850 000
Kapitaal: Sam 550 000
Privaatrekening: Sanjay (1 Maart 2014) 23 000
Privaatrekening: Sam (1 Maart 2014) 7 500 (Dt)
Onttrekkings: Sanjay 45 250
Onttrekkings: Sam 56 250
Grond en Geboue 1 103 550
Voertuie 700 000
Toerusting 430 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 280 000
(1/3/2014)
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 193 500
(1/3/2014)
Vaste deposito: BASSA Bank (8%p.a) 85 000
Handelsvoorraad 248 910
Debiteurekontrole 127 300
Krediteurekontrole 77 360
Bank (batige saldo) 95 635
Wisselgeld 1 200
Lening: Unity Bank (9,5% p.a.) 320 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2015)
B. Die vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir die volgende:
Beide vennote is geregtig op ’n salaristoelaag. Sam se salaris is R1 000
per maand meer as Sanjay se salaristoelaag. Sanjay se salaristoelaag vir
die finansiële jaar was R118 750.
Beide vennote ontvang rente op hul kapitaal saldo teen 12% p.a. Neem in
ag dat Sanjay sy kapitaal met R50 000 op 1 Desember 2014 verminder het.
Daar is ooreengekom dat Sam ’n prestasiebonus van R15 000 sal ontvang
vir die ekstra ure spandeer om die reklameveldtog te finaliseer.
Oorblywende winste (of verliese) word verdeel in die verhouding 3 : 2
tussen Sanjay en Sam.
C. Die netto wins (nadat al die aansuiwerings in ag geneem is) is R462 000.
D. Die totale primêre verdeling vir die finansiële jaar is R437 000.
E. Die volgende aansuiwerings is in ag geneem in die berekening van die netto
wins van R462 000:
Ongebruikte verbruiksgoedere, R3 290.
Die besigheid maak voorsiening vir oninbare skuld gelyk aan 5% van die
debiteurekontrole rekening.
’n Versekeringspolis vir R4 260 is op 1 Mei 2014 aangegaan. Die jaarlikse
premie is ten volle betaal.
Die telefoonrekening vir Februarie 2015, R1 840 is eers op 5 Maart 2015
betaal.
Die huur vir Maart 2015 is ontvang en gedeponeer. Die huur bedrag van
R69 600 is afgesluit en na die Wins en Verliesrekening oorgedra.
Kommissie-fooie, R3 225 was steeds ontvangbaar op 28 Februarie 2015.
Waardevermindering op voertuie is bereken teen 20% p.a. op dra waarde
en op toerusting teen 15% p.a. op kosprys. ’n Nuwe voertuig, kosprys
R145 000, is op 1 Junie 2014 aangekoop.
Die wins op verkoop van ’n ou lessenaar op 31 Desember 2014, R320. Die
kosprys van die lessenaar was R5 400 en dit is vir R1 750 kontant verkoop.
F. R25 000 van die Vaste Deposito verval op 30 Julie 2016.
G. Rente op lening word gekapitaliseer. ’n Vaste maandelikse paaiement van
R8 600, wat rente insluit, is betaal vanaf die datum wat die lening ontvang is.
Hierdie paaiement sal dieselfde vir die volgende finansiële jaar bly.
75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENINGKUNDE 11
VRAAG 4: VENNOOTSKAPPE – INTERPRETASIE (35 punte; 21 minute)
Golden Handelaars is ’n vennootskap wat besit word deur vennote N. Yong en
G. Sung. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2015.
OPDRAG:
4.1 Bereken die volgende:
4.1.1 Die totale bedryfslaste. (4)
4.1.2 Persentasie opbrengs verdien deur N. Yong. (5)
4.1.3 Skuld/ekwiteitsverhouding. (4)
4.1.4 Vuurproefverhouding (4)
4.2 Lewer kommentaar oor die likiditeit van die besigheid.
Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou antwoord. (6)
4.3 Dink jy N. Yong is tevrede met sy opbrengs op belegging? Verduidelik.
Haal TWEE relevante finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou
antwoord te ondersteun. (6)
4.4 Die vennote wil die bestaande besigheid uitbrei en oorweeg dit om die
lening te verhoog. Watter advies het jy vir hulle? Ondersteun jou antwoord
deur na TWEE finansiële aanwysers (met syfers) te verwys. (6)
INLIGTING:
A. ALGEMENE GROOTBOEK VAN GOLDEN HANDELAARS
VERDELINGSREKENING
2015 2015
Feb
28 Salaris: Yong 150 000 Feb
28 Wins en Verlies 446 400
Salaris: Sung 182 400
Rente op Kapitaal: Yong 42 000
Rente op Kapitaal: Sung 28 000
Bonus: Sung 12 000
Privaatrekening: Yong 19 200
Privaatrekening: Sung 12 800
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2015)
B. Saldo’s en ander inligting: 28 FEBRUARIE 2015 28 FEBRUARIE 2014
Kapitaal: Yong 525 000 400 000
Kapitaal: Sung 350 000 400 000
Privaatrekening: Yong 9 100 (Dt) 15 400
Privaatrekening: Sung 10 600 12 200
Lening: Mia Bank (11% p.a.) 400 000 400 000
Handelsdebiteure 273 200 142 000
Kontant en kontantekwivalente 36 800 36 600
Handelsvoorraad 177 000 50 000
Bedryfslaste ? 127 000
Bedryfsverhouding 2,5 : 1 1,8 : 1
Vuurproefverhouding ? 1,2 : 1
Skuld/ekwiteitsverhouding ? 0,5 : 1
Opbrengs op totale kapitaal aangewend 43% 37%
Opbrengs verdien deur Yong ? 48%
Opbrengs verdien deur Sung 61% 57%
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENINGKUNDE 13
VRAAG 5: KOSTEBEREKENINGE – VERVAARDIGING (50 punte; 30 minute)
5.1 Jy word voorsien van inligting geneem uit die boeke van Fluzzie
Skoonmakers vir die finansiële jaar wat eindig op 28 Februarie 2015. Die
besigheid vervaardig en verkoop slegs een tipe besem.
OPDRAG:
5.1.1 Bereken:
Direkte grondstofkoste (6)
Direkte arbeidskoste (6)
Fabrieksbokoste (15)
5.1.2 Boek oor na die Goedere-in-bewerking-rekening in die Algemene
grootboek.
Toon alle bewerkings in hakies. (10)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s: 28 Februarie 2015 1 Maart 2014
Grondstofvoorraad 33 650 27 500
Goedere-in-bewerkingvoorraad 19 950 17 600
Fabriek indirekte
2 170 3 330
grondstofvoorraad
B. Transaksies vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015:
Grondstowwe aangekoop (kontant en krediet) 826 500
Beskadigde grondstowwe aan verskaffers teruggestuur 5 200
Vraggeld op aankope van grondstowwe 7 840
Salarisse: Fabrieksvoorman 62 500
Kantoorwerkers 32 200
Lone: Produksielone (verwys na inligting C) ?
Kantoorwerkers 7 900
WVF bydraes Fabriekswerkers in produksieproses ?
1% van basiese Fabrieksvoorman 625
salarisse of lone Kantoorwerkers 322
Fabriek indirekte grondstof aangekoop 85 180
Advertensies 7 500
Fabrieksonderhoud 24 285
Huuruitgawe 108 000
Oninbare skuld 9 200
Besems gesteel 3 720
Water en elektrisiteit 67 100
Waardevermindering op fabrieksaanleg 16 660
Diverse uitgawes 45 700
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2015)
C. Fabriekswerkers in die produksieproses:
Aantal werkers in produksie 6 werkers
Gewone ure gewerk deur elk van die 1 680 ure
bogenoemde fabriekswerkers
Oortyd ure gewerk deur elk van die 240 ure
bogenoemde werkers
Tarief vir gewone tyd R75 per uur
Tarief vir oortyd R120 per uur
D. Huur word volgens die ruimte wat elke departement gebruik,
toegedeel. Vloerruimte gebruik deur elke departement:
Fabriek Verkope Kantore
Vierkante meter 2 100 m2 1 100 m2 800 m2
E. Water en Elektrisiteit:
10% van hierdie bedrag word toegedeel aan die kantore en 25% aan die
verkoopsdepartement. Die res word aan die fabriek toegedeel
F. Diverse uitgawes moet tussen die fabriek en die verkoopsdepartement
verdeel word in die verhouding 3 : 1.
5.2 TRENDY VERVAARDIGERS
Trendy Vervaardigers is ’n klein besigheid wat plastiekpette vervaardig wat by
plaaslike krieketwedstryde gebruik word as deel van ’n advertensie veldtog.
OPDRAG:
5.2.1 Gee EEN voorbeeld van ’n vaste koste en EEN voorbeeld van ’n
veranderlike koste. (2)
5.2.2 Bereken die gelykbreekpunt vir Trendy Vervaardigers vir die jaar
geëindig 30 Junie 2015. (6)
5.2.3 Lewer kommentaar op jou berekeninge in VRAAG 5.2.2. Watter
advies het jy vir Trendy Vervaardigers? Haal syfers aan om jou
advies te steun. (5)
INLIGTING:
Inligting vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2015
A. Aantal pette vervaardig en verkoop 23 500 eenhede
Verkope vir die jaar R1 057 500
Totale vaste koste R291 200
Totale veranderlike koste R752 000
B. Die besigheid het nie ’n saldo vir goedere in bewerking wat oorgedra
moet word na die volgende jaar nie.
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENINGKUNDE 15
VRAAG 6: NIE-WINSGEGEWENDE ORGANISASIES EN VOORRAADSTELSELS
(40 punte; 24 minute)
Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Striding atletiekklub.
Die klub sluit elke jaar sy boeke af op 31 Desember.
OPDRAG:
6.1 Stel die LEDEGELD rekening op 31 Desember 2014 op. (21)
6.2 Bereken die wins gemaak uit die verkoop van verversings. Jy mag
grootboek rekeninge opstel om jou berekeninge te toon. (9)
6.3 Die voorsitter is nie tevrede met die gebruik van die periodieke voorraad-
stelsel om beheer uit te oefen oor die voorraad verversings nie, en wil na
die deurlopende voorraadstelsel verander.
Verduidelik die verskil tussen die twee stelsels. (4)
Verduidelik aan die voorsitter waarom jy dink die periodieke stelsel is
geskik vir die klub. (2)
Gee EEN voordeel en EEN nadeel van elkeen van die voorraadstelsels. (4)
INLIGTING:
A. Inligting uit die na-afsluitingsproefbalans op 31 Desember 2013.
Diverse krediteure 21 110
Verversings voorhande 11 420
Vooruitontvange inkomste (ledegeld) 1 080
Opgelope inkomste (ledegeld) 2 700
B. Inligting uit die ontledingskasboek vir die jaar geëindig 31 Desember 2014.
Ledegeld ontvang 28 620
Verversings verkoop 78 360
Verversings aangekoop 45 200
Ledegeld terugbetaal 180
C. Inligting oor lidmaatskap:
Ledegeld is R180 per lid per jaar. Intreegeld is R300.
Die ledegeld van lede wat gedurende die jaar aansluit, word bereken op
’n pro-rata basis (vir die aantal maande wat hulle by die klub lid was).
Nuwe lede moet alle gelde verskuldig, betaal in die jaar wat hulle aansluit.
Op 1 Januarie 2014 het die klub 125 lede gehad.
Gedurende Maart 2014 het 22 nuwe lede en in November 2014 nog 8
nuwe lede aangesluit. Hierdie lede het alle verskuldigde gelde betaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2015)
Ingesluit by die totale bedrag ontvang vir ledegeld, is die intreegeld vir die
8 nuwe lede. Dit moet reggestel word.
Gedurende die jaar is 12 van die lede wie se ledegeld vir 2013
agterstallig was, ontvang. Die komitee het besluit om die lede wat steeds
uitstaande is met 2013 se ledegeld, as oninbaar af te skryf vanaf
1 Januarie 2014.
Een lid wat sy ledegeld vir 2014 betaal het, het na Pretoria in Mei 2014
verhuis. Daar is besluit om sy ledegeld ten volle terug te betaal en hom
van die register te verwyder.
Die sekretaresse het besluit dat deel van haar honorarium van R250 as
haar ledegeld aangewend moet word.
Op 31 Desember 2014 het 8 lede reeds hul ledegeld vir 2015 betaal.
Sommige lede was steeds uitstaande met hul ledegeld vir 2014.
D. Verversings:
Verversings aangekoop op krediet, R17 400.
Verversings met ’n waarde van R2 850 is by ’n atletiekbyeenkoms
gebruik.
’n Lid het R1 500 se verversings aan die klub geskenk.
Verversings voorhande op 31 Desember 2014 was R9 980.
40
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo (Eng)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Eng)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum