Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 16 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 336.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 30 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe
BTW-berekeninge
BTW en Versoening Bankversoening
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Begrippe
Voorraadwaardasie en Voorraadwaardasie
Probleemoplossing Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 3: 75 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Maatskappy Finansiële State Inkomstestaat
en Vertolking Balansstaat en notas
Vertolking van finansiële inligting
VRAAG 4: 70 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe
Kontantvloeistaat en Kontantvloeistaat
Vertolking Vertolking van finansiële inligting
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 5: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat
Vervaardiging Gelykbreek-berekeninge
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Kontantbegroting en berekeninge
Begrotings
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 1: BTW EN VERSOENING (30 punte; 20 minute)
1.1 BEGRIPPE
GEVRA:
Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.4 E.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Skoolgelde A BTW deur die handelaar vir
verkope van handelsware
1.1.2 Uitset-BTW ontvang
1.1.3 BTW-handelaar B 'n voorbeeld van 'n item wat
vrygestel is van BTW
C BTW is by die verkoopprys
ingesluit
D 'n onderneming met 'n jaarlikse
omset van meer as R1 000 000
(3 x 1) (3)
1.2 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
Thanda Handelaars is 'n BTW-geregistreerde onderneming. Alle items is
onderhewig aan BTW teen 14%.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die BTW-bedrag, hetsy ontvangbaar van of betaalbaar
aan die SAID op 31 Julie 2016. Dui aan of hierdie bedrag
ontvangbaar of betaalbaar is. (9)
1.2.2 Die eienaar wil die BTW-bedrag op oninbare skuld van R840 na
R4 200 verander. Gee EEN rede waarom jy nie met hom
saamstem nie. (2)
INLIGTING:
Die volgende transaksies het betrekking op Thanda Handelaars vir die
BTW-tydperk geëindig 31 Julie 2016:
A Saldo deur SAID verskuldig op 1 Julie 2016 R16 800
B Aankope van handelsvoorraad (BTW uitgesluit) R825 000
C Kontant- en kredietverkope (BTW ingesluit) R1 539 000
D BTW op korting ontvang van verskaffers R1 120
E BTW op oninbare skulde afgeskryf R840
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.3 BANKVERSOENING
Die volgende inligting het betrekking op Sizwe Handelaars vir Julie 2016.
GEVRA:
1.3.1 Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening in die Algemene
Grootboek op 31 Julie 2016. Noem of hierdie saldo gunstig of
ongunstig is. (8)
1.3.2 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2016 op. (6)
1.3.3 Verwys na Inligting C.
Verduidelik EEN interne beheermaatreël wat die onderneming
behoort in te stel om te verseker dat dit nie in die toekoms weer
gebeur nie. (2)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2016:
Gunstige saldo volgens Bankstaat R42 555
Uitstaande deposito (gedateer 11 Junie 2016) R37 800
Uitstaande tjeks:
Nr. 186 (gedateer 22 Januarie 2016) R450
Nr. 305 (gedateer 30 Augustus 2016) R8 400
B. Die saldo in die Bankrekening is op 31 Julie 2016 voorlopig as 'n
gunstige saldo van R16 785 bereken voordat die items in die lys
hieronder in berekening gebring is.
C. Tjek nr. 186 verskyn nie op die Bankstaat vir Julie 2016 nie.
D. Die volgende items verskyn slegs op die Bankstaat vir Julie:
• Rente op 'n gunstige banksaldo verdien, R285
• Bankkoste, R950
• Ongeïdentifiseerde debietorder van R1 950. Die bank het
onderneem om die fout op die Bankstaat vir Augustus 2016 reg
te stel.
E. Tjek nr. 374 verskyn korrek op die Bankstaat as R8 450. Die
Kontantjoernaal toon dit as R4 850.
F. Die uitstaande deposito van R37 800 verskyn nie op die Bankstaat
vir Julie 2016 nie. 'n Ondersoek het getoon dat hierdie geld nooit
gedeponeer is nie. Die kassier het verdwyn.
G. Die volgende inskrywings is slegs in die Kontantjoernale vir
Julie 2016:
• 'n Deposito van R27 180 op 31 Julie 2016 gedoen
• Tjek nr. 401 (gedateer 18 Julie 2016), R18 600
H. Die saldo op die Bankstaat op 31 Julie 2016 is die ontbrekende
syfer.
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE EN PROBLEEMOPLOSSING
(40 punte; 25 minute)
2.1 BEGRIPPE
Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs
die woorde langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
2.1.1 Die metode wat vir baie duur, individueel identifiseerbare items
toepaslik is, is die ...-metode. (1)
2.1.2 Die metode wat aanvaar dat die ouer voorraad eerste verkoop
word, is die ...-metode. (1)
2.1.3 Die metode wat die totale koste van goedere wat vir verkope
beskikbaar is, deur die getal eenhede deel, is die ...-metode. (1)
2.2 AB SPORTWINKEL
André Brand is die eienaar van hierdie onderneming. Hierdie onderneming
gebruik die periodieke voorraadstelsel.
2.2.1 Bereken die eenheidsprys van krieketkolwe op 1 Julie 2015. (2)
2.2.2 Bereken die waarde van die voorraad voorhande op 30 Junie 2016
deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik. (10)
2.2.3 Bereken die bruto wins op 30 Junie 2016. (5)
2.2.4 Bereken hoe lank (in dae) dit na verwagting sal neem om die
eindvoorraad van 465 krieketkolwe te verkoop. Gebruik die
eindvoorraad in jou berekening. (4)
2.2.5 André is bekommerd oor die beheer van krieketkolwe.
• Verskaf 'n berekening om sy bekommernis te staaf. (5)
• Hoe kan André hierdie probleem oplos? Verduidelik EEN punt. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INLIGTING:
A. VOORRAAD VAN KRIEKETKOLWE
EENHEIDS-
EENHEDE TOTAAL
PRYS
Aanvangsvoorraad (1 Julie 2015) 350 ? R420 000
Eindvoorraad (30 Junie 2016) 465 ? ?
B. AANKOPE, TERUGSENDINGS EN VRAGGELD
EENHEIDS-
EENHEDE TOTAAL
PRYS
Aankope 3 150 R4 302 500
September 2015 1 100 R1 250 R1 375 000
Januarie 2016 950 R1 350 R1 282 500
Maart 2016 650 R1 475 R958 750
Junie 2016 450 R1 525 R686 250
Terugsendings (van Junie-aankope) 20 ? ?
Vraggeld op aankope:
• Totale vervoerkoste van voorraad gedurende die jaar aangekoop, is
R110 400.
• Geen terugbetaling is vir vraggeld op terugsendings ontvang nie.
C. VERKOPE
Totale verkope van R5 400 000 bestaan uit 3 000 krieketkolwe verkoop teen
R1 800 elk.
2.3 PROBLEEMOPLOSSING
Best Fone verkoop selfone van een handelsmerk. Die eienaar, Bennie Roos, het
drie takke in verskillende winkelsentrums. Die tabel hieronder toon die jaarlikse
syfers van die takke vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2017, soos deur
die boekhouer voorgehou.
GEVRA:
Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke tak. Haal syfers aan om jou
antwoord te staaf. Gee in ELKE geval vir Bennie raad. (9)
INLIGTING VIR 2017 PARYS- PRETORIA- POFADDER-
TAK TAK TAK
Getal selfone beskikbaar vir verkope 440 390 280
Getal bestellings ontvang 110 300 400
Getal selfone verkoop 110 300 280
Eindvoorraad 330 90 0
Verkoopprys per selfoon R7 200 R6 000 R6 400
Winsopslag-persentasie 80% 50% 60%
Bedrag gedurende die jaar gedeponeer R792 000 R1 680 000 R1 792 000
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 3: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE EN VERTOLKING
(75 punte; 45 minute)
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Gandhi Bpk. vir die finansiële jaar
geëindig 28 Februarie 2017.
GEVRA:
3.1 Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op. Let daarop
dat sommige inligting reeds in die ANTWOORDEBOEK ingesluit is. (33)
3.2 Stel die volgende notas tot die Balansstaat op:
3.2.1 Gewone aandelekapitaal (10)
3.2.2 Behoue inkomste (10)
3.3 Voltooi die EKWITEIT EN LASTE-afdeling van die Balansstaat. Toon
bewerkings tussen hakies. (16)
3.4 B Sly ('n aandeelhouer) het 400 000 gewone aandele op 1 Maart 2016 besit.
Sy het 80 000 addisionele aandele op 31 Maart 2016 gekoop.
Sy het die HUB oortuig om 250 000 aandele op 28 Februarie 2017 van ander
aandeelhouers terug te koop.
3.4.1 Bereken B Sly se persentasie aandelebelang in die maatskappy
voor en na die terugkoop van aandele. (4)
3.4.2 Verduidelik waarom die ander aandeelhouers bekommerd sal
wees oor hierdie transaksie. (2)
INLIGTING:
A. Die volgende saldo's/totale, onder andere, het op 28 Februarie 2017 in die
boeke verskyn:
R
Gewone aandelekapitaal ?
Behoue inkomste ?
Lening: Anca Bank 433 500
Handelsvoorraad (voor die jaarlikse voorraadopname) 231 700
Debiteurekontrole 540 000
Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2016) 19 600
Krediteurekontrole 395 200
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings) 360 000
Huurinkomste 61 900
Rente-inkomste ?
Diverse uitgawes ?
Direkteursfooie 605 500
Ouditfooie 29 000
Gewone aandele-dividende (tussentyds) 420 000
B. Die bruto wins vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2017 is op R3 150 000
bereken. 'n Winsopslag van 60% op kosprys is bereik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
C. Die volgende aansuiwerings moet nog in berekening gebring word:
• Die voorraadopname op 28 Februarie 2017 het handelsvoorraad van
R207 500 voorhande getoon.
• Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R21 600 verhoog word.
• Een derde (1/3) van die ouditfooi is nog op 28 Februarie 2017 verskuldig.
• Een van die drie direkteure se fooi vir Februarie 2017 is nog aan hom
verskuldig. Al drie direkteure het dieselfde maandelikse fooi ontvang.
• 'n Onbenutte stoorkamer is vanaf 1 Junie 2016 verhuur. Die huur is op
1 Januarie 2017 met R2 700 per maand verhoog. Die huur vir
Februarie 2017 is nog uitstaande.
• Diverse uitgawes is die balanseersyfer.
D. Lening: Anca Bank
Rente op die lening word gekapitaliseer, maar geen inskrywing is in die boeke
gemaak nie. 'n Maandelikse paaiement van R5 200 (insluitend rente) word
betaal. Dit is in berekening gebring. Die leningstaat toon 'n eindsaldo van
R487 000. Die maatskappy beplan om hulle leningsterugbetalings te verhoog
om 20% van die leningsaldo in die volgende finansiële jaar af te betaal.
E. Bedryfswins op verkope was 14,5%.
F. Inkomstebelasting teen 32% van die netto wins het R396 800 beloop.
G. Aandelekapitaal en dividende:
• Die maatskappy is met 'n gemagtigde aandelekapitaal van 1 200 000
gewone aandele geregistreer.
• 85% van die gemagtigde aandele is reeds op 1 Maart 2016 uitgereik.
• Die direkteure het op 31 Maart 2016 al die onuitgereikte aandele
uitgereik. EFO-betalings ten bedrae van R756 000 is ontvang.
• Die maatskappy het 250 000 aandele teruggekoop op 27 Februarie 2017
teen R4,15 per aandeel.
• 'n Tussentydse dividend is op 6 September 2016 betaal.
• 'n Finale dividend van 25 sent per aandeel is op 28 Februarie 2017
verklaar. Alle aandeelhouers (insluitend die teruggekoopte aandele) was
geregtig op finale dividende. Dit moet nog in berekening gebring word.
75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING (70 punte; 40 minute)
4.1 BEGRIPPE
Kies die korrekte term om elk van die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs
die term langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
bedryfskapitaal; invloei van kontant; rente op lening;
uitvloei van kontant; waardevermindering
4.1.1 'n Toename in handelsvoorraad is 'n aanduiding van 'n … (1)
4.1.2 Daar word na die verskil tussen bedryfsbates en bedryfslaste
verwys as … (1)
4.1.3 … word as 'n niekontant-item beskou. (1)
4.1.4 'n Vermindering in debiteure sal 'n … aandui. (1)
4.2 BRAZILIA BPK.
Die volgende inligting het betrekking op Brazilia Bpk. vir die finansiële jaar
geëindig 31 Oktober 2016.
GEVRA:
4.2.1 Noem EEN doelwit van 'n Kontantvloeistaat. (2)
4.2.2 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 31 Oktober 2016.
Sommige bedrae is reeds vir jou ingevul. (27)
4.2.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar
geëindig 31 Oktober 2016. Rond jou berekening af tot EEN
desimale punt of tot die naaste sent, waar van toepassing.
• Vuurproefverhouding (4)
• % opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB) (4)
• Verdienste per aandeel (VPA) (3)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig
31 Oktober 2016:
Waardevermindering 154 000
Rente op lening 336 000
Netto wins voor belasting 1 938 600
Inkomstebelasting 560 000
Netto wins na belasting 1 378 600
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
B. Syfers uit die Balansstaat op 31 Oktober geïdentifiseer:
Gemiddeld 2016 2015
R R R
Vaste bates teen drawaarde 10 041 000 8 878 000
Vaste deposito: Granite Bank 760 000 1 000 000
Niebedryfslas: Lening van
2 625 000 2 450 000 2 800 000
Metal Bank
Bedryfsbates 1 186 600 1 191 200
Bedryfslaste 1 236 000 1 359 200
Gewone aandeelhouersbelang 7 605 800 8 301 600 6 910 000
Behoue inkomste 1 021 600 960 000
Gewone aandelekapitaal 7 280 000 5 950 000
C. Syfers geneem uit die notas tot die Balansstaat op 31 Oktober:
2016 2015
R R
Aandeelhouers vir dividende 656 000 595 000
SAID (Inkomstebelasting) Debiet 28 500 Krediet 41 750
Debiteurekontrole 527 000 816 200
Krediteurekontrole 580 000 374 000
Bank Debiet 174 500 Krediet 348 450
Kleinkas 5 000 3 000
Handelsvoorraad 451 600 372 000
D. Aandelekapitaal
• Die gemagtigde aandelekapitaal van die maatskappy is
5 000 000 aandele.
• 700 000 aandele is reeds op 31 Oktober 2015, die laaste dag van
die vorige finansiële jaar, uitgereik.
• 120 000 nuwe aandele is op 1 November 2015, die begin van die
huidige finansiële jaar, uitgereik.
• 20 000 aandele is op 31 Oktober 2016 teen R15,50 elk
teruggekoop. Die gemiddelde uitreikprys van die aandele op die
datum van terugkoop was R9,10 per aandeel. Hierdie aandele
kwalifiseer vir finale dividende.
E. Dividende
Die direkteure het 'n tussentydse dividend van R533 000 op
28 Mei 2016 betaal.
F. Vaste bates
• Aanbouings is in die finansiële jaar teen 'n koste van R1 360 000
onderneem. Geen ander vaste bates is aangekoop nie.
• Toerusting is gedurende die finansiële jaar teen drawaarde
verkoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
4.3 GRAYSON BPK. EN JONI BPK.
Die finansiële aanwysers en ander inligting verskaf, verwys na TWEE
verskillende maatskappye, Grayson Bpk. en Joni Bpk. Beide maatskappye is
op die aandelebeurs gelys.
LET WEL: Wanneer jy die vrae hieronder beantwoord, haal die relevante
finansiële aanwysers met werklike syfers (persentasies,
verhoudings en/of bedrae) aan.
GEVRA:
4.3.1 Watter maatskappy hanteer NIE sy bedryfskapitaal effektief NIE?
Verduidelik wat die grootste probleem ten opsigte van hul
bedryfskapitaal is, deur TWEE finansiële aanwysers aan te haal. (7)
4.3.2 Die maatskappye het verskillende besluite oor die gebruik van lenings
geneem. Lewer kommentaar op die risikograad en finansiële
hefboomverhouding. Gee EEN finansiële aanwyser in ELKE geval vir
ELKE maatskappy. (7)
4.3.3 Die dividendbeleid wat elke maatskappy gebruik, is vir die afgelope
vier jaar gehandhaaf. Verduidelik die beleid wat deur ELKE
maatskappy gebruik is. Verskaf syfers om jou verduideliking in ELKE
geval te staaf. (6)
4.3.4 Behoort ELKE maatskappy tevrede te wees met hulle aandeleprys op
die JSE? Verduidelik. Verskaf syfers. (6)
IINLIGTING:
Die volgende finansiële aanwysers/ander inligting is uit die rekords van
Grayson Bpk. en Joni Bpk. op 31 Maart 2016, die finansiële jaareinde:
GRAYSON JONI
BPK. BPK.
Bedryfsverhouding 1,65 : 1 4,40 : 1
Vuurproefverhouding 1,20 : 1 0,85 : 1
Voorraadhoudingstydperk 38 dae 184 dae
Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang
16,1% 8,9%
(OOAB)
Skuld-eienaarsbelangverhouding 0,85 : 1 0,1 : 1
Opbrengs op gemiddelde totale kapitaal
27% 4%
aangewend (OOTKA)
Verdienste per aandeel (VPA) 540 sent 730 sent
Dividende per aandeel (DPA) 528 sent 292 sent
Netto batewaarde per aandeel (NBW) 1 200 sent 425 sent
Markprys per aandeel op die JSE 875 sent 763 sent
Rentekoers op lenings 14% 14%
Rentekoers op vaste deposito's 8% 8%
Persentasie dividenduitbetaling 98% 40%
70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 5: VERVAARDIGING (45 punte; 25 minute)
5.1 MOSES VERVAARDIGERS
Die volgende inligting het betrekking op Moses Vervaardigers, 'n klein
onderneming wat fotorame vervaardig. Die finansiële jaar het op
30 April 2016 geëindig.
GEVRA:
5.1.1 Stel die Produksiekostestaat op vir die jaar geëindig 30 April 2016. (16)
5.1.2 Voltooi die verkorte Inkomstestaat om die netto wins vir die jaar
geëindig 30 April 2016 te bereken. (8)
INLIGTING:
A. Voorraadrekords 30 APRIL 2016 30 APRIL 2015
Grondstofvoorraad R58 560 R37 600
Goedere-in-bewerkingsvoorraad ? R142 000
• Aankope van grondstowwe vir die finansiële jaar beloop R555 000.
• Foutiewe materiaal ter waarde van R21 000 is na die verskaffers
teruggestuur.
B. Die onderneming het 39 000 eenhede teen 'n kosprys van R45 elk
vervaardig.
C. Die volgende inligting is op 30 April 2016 bereken.
R
Direkte materiaalkoste ?
Direkte arbeidskoste 716 960
Fabrieksbokoste (Sien D hieronder.) 468 450
Verkoops- en verspreidingskoste (Sien D hieronder.) 609 850
Administrasiekoste (Sien D hieronder.) 443 950
Koste van produksie van klaarprodukte ?
Bruto wins 1 250 000
D. Die volgende items moet in berekening gebring word:
• Administrasiekoste sluit die jaarlikse versekeringspremie van
R22 750 in, alhoewel 60% aan die fabriek toegeken moet word.
• Fabrieksbokoste sluit die volle bedrag vir huur betaal in, R36 300. Dit
moes egter volgens vloerspasie toegeken word. Die spasies is: fabriek
400 vierkante meter, kantoor 120 vierkante meter, winkel 80 vierkante
meter.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
5.2 EENHEIDSKOSTE EN GELYKBREEK-ONTLEDING
Bill Vervaardigers is 'n besigheid wat potloodsakkies maak. Bill is bekommerd
oor sy produksiekoste.
GEVRA:
5.2.1 Verduidelik die verskil tussen vaste koste en veranderlike koste. (2)
5.2.2 Bereken die gelykbreekpunt vir 2017. (5)
5.2.3 Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en die produksievlak vir
2016 en 2017. Verduidelik waarom die eienaar tevrede moet wees,
of nie. (6)
5.2.4 Identifiseer die veranderlike koste wat die eienaar die meeste
bekommernis behoort te verskaf. Verduidelik en verskaf 'n
berekening om jou antwoord te staaf. (4)
5.2.5 Ten spyte van die feit dat daar 'n afname in die vaste koste per
eenheid was, is die eienaar steeds nie met sy beheer oor die vaste
koste tevrede nie. Verduidelik en verskaf berekening(e) om sy
mening te staaf. (4)
INLIGTING:
POTLOODSAKKIES
EENHEIDSKOSTE
2017 2016
Veranderlike koste R11,60 R11,00
Direkte materiaalkoste 6,03 5,80
Direkte arbeidskoste 4,05 3,50
Verkoops- en verspreidingskoste 1,52 1,70
Vaste koste R5,40 R5,50
Fabrieksbokoste 3,50 3,65
Administrasiekoste 1,90 1,85
Verkoopprys per eenheid R17,80 R16,50
Eenhede Eenhede
Eenhede vervaardig en verkoop 80 000 65 000
Gelykbreekeenhede ? 65 000
LET WEL: Neem die inflasiekoers van 8% in ag.
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 6: BEGROTINGS (40 punte; 25 minute)
Jy word voorsien van die onvolledige Debiteure-invorderingskedule en
Kontantbegroting van Zeppe Bazaar.
GEVRA:
6.1 Bereken die verwagte maandelikse persentasie goedere op krediet verkoop. (4)
6.2 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Maart 2017. (5)
6.3 Die eienaar wil die kontrole oor debiteure verbeter. Kredietperiode is 30 dae.
6.3.1 Verduidelik waarom die eienaar bekommerd is. Gee TWEE redes
met stawende syfers. (4)
6.3.2 Stel EEN oplossing vir die probleem voor. (2)
6.4 Bereken die volgende:
6.4.1 (a) en (b) soos in die begroting getoon. Gebruik begrote syfers in
jou berekeninge. (11)
6.4.2 Die persentasie verhoging in huur op 1 Maart 2017 (4)
6.4.3 Die bedrag rente op die belegging wat na verwagting in Maart 2017
ontvang sal word (4)
6.5 Verwys na Inligting H.
Identifiseer TWEE betalings wat jy meen in Februarie 2017 swak bestuur is.
Gee in ELKE geval 'n voorstel om die interne kontrole van die items
geïdentifiseer, te verbeter. (6)
INLIGTING:
A. Die Debiteure-invorderingskedule vir Februarie en Maart 2017
MAAND KREDIETVERKOP E FEBRUARIE MAART
Desember 2016 74 000 16 280
Januarie 2017 68 000 27 200 ?
Februarie 2017 70 000 24 010 ?
Maart 2017 64 000 ?
Kontant van debiteure 67 490 ?
B. Daar word verwag dat debiteure soos volg sal betaal:
• 35% betaal in die maand van verkope. Hulle ontvang 'n 2%-korting.
• 40% betaal in die maand wat op die maand van verkope volg.
• 22% betaal twee maande na die maand van verkope.
• 3% is oninbare skulde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
C. Alle goedere word teen 'n winsopslag van 25% op kosprys verkoop.
D. Voorraad verkoop word in die maand van verkope vervang ('n voorraadbasis
word gehandhaaf).
E. Alle voorraad word op krediet aangekoop. Krediteure word in die maand wat
op die maand van aankope volg, betaal om 5% korting vir vroeë betaling te
ontvang.
F. Die onderneming het vier verkoopsassistente op dieselfde salarisskaal in
diens. Hulle sal met ingang 1 Maart 2017 'n inflasiegebaseerde verhoging van
7,5% ontvang. 'n Addisionele verkoopsassistent sal op 1 Maart 2017 in diens
geneem word, maar sy sal geen verhoging ontvang nie.
G. 'n Vaste deposito verval op 31 Maart 2017. Dit sal saam met rente teen
8% p.j. vir die laaste kwartaal van die termyn ontvang word.
H. UITTREKSEL UIT BEGROTING VIR FEBRUARIE 2017 EN MAART 2017
FEBRUARIE MAART
BEGROOT WERKLIK BEGROOT
Ontvangste
Kontantverkope 17 500 18 640 16 000
Kontant van debiteure 67 490 43 870 ?
Huurinkomste 11 200 11 200 12 544
Vaste deposito (insluitend rente) - - 16 830
Betalings
Betalings aan krediteure (vir voorraad) 68 000 68 000 (a)
Salarisse: kantoorpersoneel 19 000 19 000 20 900
Salarisse: verkoopsassistente 20 800 20 800 (b)
Munisipale dienste 10 600 10 600 11 000
Onttrekkings 3 000 5 500 3 000
Skryfbehoeftes 1 200 2 600 1 200
Leningspaaiement 5 000 5 000 5 000
Instandhouding van kantoortoerusting 3 800 1 500 3 800
Advertensies 2 400 1 000 2 400
I. DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE OP 28 FEBRUARIE 2017
Totaal 30 dae 60 dae 90 dae 90+ dae
verskuldig
R110 400 R53 000 R32 000 R17 800 R7 600
48% 29% 16% 7%
40
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Addendum
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 Addendum (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Question paper
Accounting Grade 12 EC June 2017 Question Paper (English)

Question paper
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum