Skip to content

Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paperBusiness StudiesGrade 11202016 pages

Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 BESIGHEIDSTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IBUSTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 35 vrae KEUSE: 3 40 35 Beantwoord enige TWEE. 4 40 35 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 30 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Die besigheid het … beheer oor die mikro-omgewing. A ʼn mate van B volle C geen D minder 1.1.2 Mededingers is een van die komponente van die … omgewing. A mikro- B makro- C mark- D ekonomiese 1.1.3 Die ooreenkoms tussen Fuma Meubels en Cuma Stoele om saam te werk om hulle doelwitte te bereik, staan bekend as … A samesmelting. B oorname. C verkryging. D alliansie. 1.1.4 Soet Tand gebruik … wanneer hulle lekkergoed en beskuitjies saam verpak. A kombinasie-verpakking B spesialiteitsverpakking C verpakking vir dubbele gebruik D unieke verpakking 1.1.5 Die proses waar ʼn nuwe werknemer se vaardighede en vermoëns ooreenstem met die vereistes van 'n pos, staan as ... bekend. A keuring B werwing C plasing D induksie (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2020) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. gehalte; psigografie; promosie; stukwerk; primêre; produksie; sekondêre; penetrasie; tydverwante; demografie 1.2.1 Die … sektor is verantwoordelik vir die verandering van grondstowwe in bruikbare produkte. 1.2.2 Suki Skryfbehoeftes het die houdings en smake van hul teikenmark bestudeer. Dit is ʼn voorbeeld van … 1.2.3 Vinnige Skoene gebruik … prysbepaling wanneer hulle ʼn einde-van- die-reeks uitverkoping het. 1.2.4 Die stel van teikens, meet van werkverrigting en die neem van regstellende maatreëls, staan bekend as …-beheer. 1.2.5 ʼn … salarisbepalingsmetode word gebruik wanneer werkers betaal word volgens die hoeveelheid items vervaardig. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Inflasie A die totale salarisbedrag voor aftrekkings 1.3.2 Sloerstaking B verbruikers koop hierdie goedere nadat tyd en moeite bestee is om soortgelyke goedere met mekaar te vergelyk 1.3.3 Geriefsgoedere C verseker die betrokkenheid en samewerking van die bestuur in die verbetering van die gehalte van produkte 1.3.4 Totale D algemene styging in die pryse van goedere en gehaltebestuur dienste in ʼn land /-beheer 1.3.5 Bruto salaris E tydelike gesamentlike weiering van werknemers om te werk F die totale salarisbedrag na aftrekkings G algemene styging in die populasie van ʼn land H verbruikers koop hierdie goedere gereeld sonder huiwering I werknemers gaan gesamentlik voort met hul pligte teen ʼn stadiger tempo as normaalweg J geïntegreerde stelsel wat verseker dat elke werknemer verantwoordelik is vir gehaltewerk (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die WEL: antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem TWEE soorte invloedwerwing wat besighede kan gebruik om by die uitdagings van die besigheidsomgewing aan te pas. (2) 2.2 Beskryf in breё trekke die funksies van vakbonde. (8) 2.3 Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessies wat deur Wilde Print Tekstiele in ELKE stelling hieronder in die gesig gestaar word: 2.3.1 Sommige werknemers kan nie die patrone of instruksies lees om die klere te maak nie. (2) 2.3.2 Die werknemers oorweeg dit om te weier om te werk, weens ʼn onopgeloste dispuut met die bestuur. (2) 2.3.3 China voer hul klere, wat hulle nie in hul eie land kan verkoop nie, na Suid-Afrika uit teen baie lae pryse. (2) 2.4 Verduidelik die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge. (8) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NOODSAAKLIKE SUPERMARK (NS) Die werknemers van Noodsaaklike Supermark wil nie hul samewerking gee en as ʼn span saamwerk nie. Onlangs kon die bestuur ook nie ʼn gereelde verskaffer van al die produkte wat hulle benodig, vind nie. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5.1 en 2.5.2 wat volg, te beantwoord. UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS (2.5.1) (2.5.2) 1. 2. 2.5.1 Haal TWEE uitdagings uit die scenario hierbo aan wat NS moet hanteer. (2) 2.5.2 Klassifiseer ELKE uitdaging aangehaal in VRAAG 2.5.1 volgens die besigheidsomgewing. (4) 2.5.3 Stel TWEE maniere voor waarop besighede kan aanpas by EEN van die uitdagings wat in VRAAG 2.5.1 aangehaal is. (4) 2.6 Beveel projekte aan wat deur besighede as deel van maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid onderneem kan word. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem VIER werknemervoordele. (4) 3.2 Beskryf in breё trekke DRIE aspekte van die indiensnemingskontrak. (6) 3.3 Bespreek die doel van induksie as ʼn menslikehulpbronne-aktiwiteit. (6) 3.4 Identifiseer die faktore wat deur Kernklere oorweeg word wat hul pryse in ELKE stelling hieronder beïnvloed: 3.4.1 Die aantal verbruikers wat hul klere wil koop (2) 3.4.2 ʼn Toename van 20% in hul arbeids- en vervoerkoste (2) 3.5 Verduidelik die doel van verpakking. (6) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HELDER TEKKIES (HT) Helder Tekkies vervaardig ʼn verskeidenheid helderkleurige tekkies. Steve, die produksiebestuurder, moet die werklike roete opstel wat die materiaal in die fabriek moet volg. Hy moet ook die tyd bereken wat nodig is om elke aktiwiteit in die vervaardigingsproses uit te voer. 3.6.1 Haal uit die scenario TWEE aspekte aan wat tydens produksiebeplanning deur HT oorweeg moet word. (2) 3.6.2 Verduidelik aan die bestuur van HT die voordele van produksiebeplanning. (6) 3.7 Beveel voorkomende maatreëls aan wat besighede behoort te neem wanneer masjinerie gebruik word. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Gee TWEE voorbeelde van kontemporêre wetgewing wat besigheidsbedrywighede kan beïnvloed. (2) 4.2 Brei uit oor die betekenis van netwerkvorming. (4) 4.3 Verduidelik maniere waarop besighede magsverhoudinge kan vorm. (6) 4.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ELITE MUSIEK (EM) Elite Musiek verkoop CD’s en DVD’s in Oos-Londen. Onlangs het hulle ontdek dat al hoe meer mense onwettige kopieë maak van die CD's en DVD's wat hulle verkoop. Dit verklaar daarom die afname in verkope en winste wat hulle ervaar. 4.4.1 Haal die impak van rowery op EM aan vanuit die scenario hierbo. (2) 4.4.2 Stel maniere voor waarop EM rowery kan hanteer. (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Noem TWEE tipes werwing. (2) 4.6 Noem enige TWEE gehaltebeheer-liggame. (2) 4.7 Beskryf die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid. (6) 4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. CUMA ENTERPRISE (CE) Cuma Enterprise is ʼn groot kleinhandelbesigheid wat 'n verskeidenheid van produkte bied. Hulle laat hul werkers toe om aan ʼn vakbond te behoort. Die menslikehulpbronne-afdeling identifiseer gereeld die opleidingsbehoeftes van hul werkers. Identifiseer TWEE wette wat op CE van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.8 te beantwoord. WETTE MOTIVERING 1. 2. (6) 4.9 Beveel maniere aan waarop die menslikehulpbron-funksie aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) kan voldoen, 1997 (Wet 75 van 1997). (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 9 AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. WEL: Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS Die makro-omgewing bestaan uit baie komponente en hou ook baie uitdagings vir besighede in. Besighede moet in die makro-omgewing betrokke wees wat hulle dan kan bevoordeel. Met verwysing na bostaande, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte: x Beskryf in breё trekke VIER komponente van die makro-omgewing. x Verduidelik VYF uitdagings van die makro-omgewing. x Bespreek die voordele van besighede wat betrokke is in die makro- omgewing. x Beveel maniere aan waarop die besigheid in die makro-omgewing betrokke kan wees. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE Super Sakke (SS) is ʼn nuut gevestigde maatskappy wat spesialiseer in die vervaardiging van kwaliteit skoolsakke. SS besef dat die verspreiding van hul produkte en hul bemarkingskommunikasiebeleid hul sukses sal bepaal. Die bestuur ondersoek die gebruik van verskillende tipes tussengangers en oorweeg dit om persoonlike verkope te gebruik om hul produkte te bevorder. As ʼn kundige in verspreiding en kommunikasie, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte: x Beskryf in breё trekke die verskillende tipes tussengangers. x Verduidelik die redes hoekom SS, as ʼn vervaardiger, die gebruik van direkte verspreidingsmetodes sal verkies. x Bespreek die volgende komponente van die bemarkingskommunikasie- beleid: o Advertering o Publisiteit o Persoonlike verkope x Gee SS raad oor die doeltreffendheid van persoonlike verkope om hul produkte te bevorder. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Business Studies

View all