You're offline
Skip to content
Memorandum

AFR FAL V3 GR9 MEMO NOV2017_Finaal_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 920177 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYNE PUNTE: 45 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 7 bladsye wat 2 rubrieke insluit.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017) LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3 1. Maak gebruik van die voorgeskrewe rubrieke (Bylaag A, Bylaag B ). Bestudeer en bespreek hierdie rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 2. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan. 3. Indien ʼn skryfstuk enigsins uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, sal die skryfstuk nie logies opeenvolg nie en die kandidaat ontvang dan geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/ Saamgeflans. 4. Maak gebruik van die volgende simbole/ tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR. SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING O Sirkel Punktuasiefout ======== Dubbele strepie onder ʼn woord Spelfout (.................) Plaas hakies om die woord Woordorde weggelaat ^ Weglaatteken Woorde weggelaat T Hoofletter T in die kantlyn Tye verwar hh Dubbele hh Herhaling van gedagtes Vr Vraestel Dele saamgeflans met woorde in vraestel gebruik ? Vraagteken Baie verwarrend / sukkel om te verstaan wat leerder skryf // Dubbele skuinsstreep Paragraafindeling × Trek × oor die verkeerde woord Woord uit ander taal gebruik √ √ Bo die woord Erkenning van taaljuweeltjies 5. By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ʼn streep deur die res getrek. Dan word die kandidaat nie verder per kategorie by struktuur gepenaliseer nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 LEERUITKOMSTE 3: SKRYF EN AANBIED AFDELING A: OPSTELTIPES Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Die soort opstel wat die leerder aanbied, word deur die onderwerp gelei. TIPE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).  ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  ʼn Treffende inleiding wat die leser boei.  ʼn Verrassende slot.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dus meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017) BEREDENERENDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Hou die volgende in gedagte:  Dit kan vanuit die leerder se perspektief geskryf word.  Die inleiding moet die leser se aandag vasvang.  Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. VISUELE PRIKKELS Die onderwerp moet pas by die visuele prikkels. Die nasiener moet onthou dat alhoewel hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies, die opstel direk by die kern van elke prent moet aansluit. Die agtergrond kan in ag geneem word om die kern toe te lig. Die kandidaat se perspektief op die kern van die prent moet oorweeg word by die assessering. ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG  Die vrae is só geformuleer en die prente só gekies dat ‘n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/ kern van die prent van die kandidaat verwag word.  Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val, maar nie noodwendig nie. ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 AFDELING B VRAAG 2: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE Van die leerling word verwag om ...  EEN vraag te beantwoord.  140 – 160 woorde oor die onderwerp te skryf.  die instruksies by die vraag uit te voer.  die regte formaat te gebruik. 2.1 E-POS Die bespreking is vir die volgende: Skryf ʼn e-pos aan jou maat en sê dat jy jammer is dat jy haar/hom nie ondersteun het toe jou klasmaats haar/hom gespot het oor haar/sy swak toetspunte nie. Die volgende word van die skrywer verwag:  Die manier waarop gekommunikeer word, dra ʼn bepaalde boodskap oor.  Neem styl en register in ag.  E-pos boodskap vereis dat jy aandag gee aan spelling, interpunksie, taalvaardigheid, toon en formaat.  Gebruik paragrawe om hoofgedagtes te skei. Hou paragrawe kort en bondig. Hou sinne kort. Kort sinne help om vinnig deur die boodskap te lees.  Onderwerp en inleidende paragraaf moet leser se aandag trek en behou. [15] 2.2 INSTRUKSIES Die bespreking is vir die volgende: Verduidelik in ongeveer 8 – 10 stappe hoe jy jou gunstelingtoebroodjies vir skool maak. Die volgende word van die skrywer verwag:  Instruksies verduidelik die werking van produk (hoe toebroodjies gemaak word).  Verduidelik stap-vir-stap hoe die toebroodjies gemaak word. [15] 2.3 DIALOOG Dit is ʼn gesprekvoering tussen twee persone oor ( moeder en kind) waarin kind aan die ma sê dat hy/sy ʼn baie suksesvolle Graad 9-jaar gehad het en glo dat hy/sy ʼn baie spesiale geskenk verdien. Die taal en styl moet by die onderwerp pas. Van die skrywer word verwag om die korrekte formaat te gebruik.  Geen aanhalingstekens word gebruik nie.  ʼn Reël word tussen spreukbeurte oopgelaat.  Enige ekstra inligting word in hakies geskryf.  Die inhoud moet in blokvorm wees.  Sprekers mag name hê.  “Ek” is toelaatbaar. [15] TOTAAL AFDELING B: 15 GROOTTOTAAL: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & BEPLANNING 16-18 12 6-10 3-5 0–2 -Respons is uitsonderlik/treffend en bo -Respons baie goed; getuig van -Respons bevredigend -Wisselvallige samehang -Respons heeltemal (Respons en idees) verwagting vaardigheid -Idees redelik samehangend en in respons irrelevant Organisering van idees vir -Idees is intelligent, volwasse en -Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en nie beplanning; stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid -Redelike organisasie en oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie Bewustheid van doel, gehoor -Uitsonderlike organisasie en -Organisasie baie goed en redelik samehangend, -Min bewys van -Vaag en herhalend en konteks samehang, insluitend inleiding, samehangend, insluitend insluitend inleiding, organisasie en samehang -Geen organisasie nie en is Hoë vlak 18 PUNTE liggaam en samevatting/slot inleiding, liggaam en liggaam en onsamehangend samevatting/slot samevatting/slot 13-15 11 -Respons uitmuntend, maar -Respons goed; getuig van vaardigheid uitsonderlik treffende eienskappe van -Idees relevant, interessant ’n opstel ontbreek -Organisasie goed en samehangend, -Idees intelligent en volwasse insluitend inleiding, liggaam en Lae vlak -Knap organisasie en samehang, samevatting/slot insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot TAAL, STYL & 7-8 5-6 3-4 2-3 0–1 REDIGERING Toon, register, styl en -Taalgebruik uitstekend en toon is -Taalgebruik toepaslik en oor die -Voldoende taalgebruik, maar -Taalgebruik onvoldoende -Taal onverstaanbaar woordeskat is geskik vir retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk -Weinig indien enige -Woordeskat so beperk dat doel/effek en konteks; -Grammatika en spelling feitlik foutvry -Toon gepas en effektief -Toon oor die algemeen gepas sinsverskeidenheid dit onmoontlik is om sin te Woordkeuse; -Baie goed tot knap gedaan -Enkele foute in grammatika en en beperkte gebruik van -Woordeskat baie beperk maak Taalgebruik en spelling retoriese middele konvensies, punktuasie, -Goed gedoen grammatika, spelling 8 PUNTE STRUKTUUR 4 3 2 1 0 Kenmerke van teks; -Uitstekende ontwikkeling van -Logiese ontwikkeling van details -Relevante detail ontwikkel -Sommige punte geldig -Noodsaaklike punte Paragraafontwikkeling en onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe goed -Sinne en paragrawe ontbreek sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer foutief -Sinne en paragrawe foutief 4 PUNTE -Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie -Opstel maak nog effens sin -Opstel maak nog sin -Opstel maak nie sin nie gekonstrueer http://www.education.gov.za/Examinations/ (Verwerk en aangepas na Totaal van 30 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANGER EN KORTER TRANSAKSIONELE TEKS [15 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 7-8 5-6 4 2-3 0–1 BEPLANNING & FORMAAT -Respons uitsonderlik, bo -Respons baie goed en -Respons voldoende en toon -Basiese respons toon -Respons toon geen kennis Respons en idees; verwagting demonstreer goeie kennis voldoende kennis van geringe kennis van van kenmerke van die soort Organisering van idees vir -Idees intelligent en volwasse van kenmerke van die soort kenmerke van die soort teks kenmerke van die soort teks nie beplanning; -Grondige kennis van teks -Nie heeltemal gefokus nie – teks -Betekenis onduidelik met Doel, gehoor, kenmerke van die soort teks -Behou fokus – geen enkele afwykings -Aanduiding van fokus, groot afwyking kenmerke/konvensies -Skryfwerk behou fokus afwyking nie -Redelike samehang in maar met afwykings -Geen samehang in idees en konteks -Samehang in inhoud en idees -Samehang in inhoud en inhoud en idees -Inhoud en idees nie altyd en inhoud nie 8 PUNTE -Idees behoorlik uitgebrei met idees; baie goed uitgebrei -Sommige detail ondersteun samehangend nie -Baie min detail ondersteun detail wat die onderwerp met detail wat die onderwerp die onderwerp -Min detail ondersteun die die onderwerp ondersteun ondersteun -Formaat oorwegend gepas, onderwerp -Nodige reëls van formaat -Gepaste en akkurate formaat -Gepaste formaat met maar met enkele foute -Nodige reëls van formaat nie toegepas nie onbeduidende foute vaagweg toegepas -Kritiese foute begaan TAAL, STYL & REDIGERING 6-7 4-5 3 2 0–1 Toon, register, styl, doel/effek, -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en gehoor en konteks; woordeskat hoogs geskik vir woordeskat baie geskik vir woordeskat is geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie Taalgebruik en konvensies; doel, gehoor en konteks doel, gehoor en konteks doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel, gehoor en Woordkeuse; -Grammatika akkuraat en -Grammatika oor die -Enkele grammatikafoute konteks konteks nie Punktuasie en spelling goed gekonstrueer algemeen korrek en -Voldoende woordeskat -Grammatika onakkuraat -Besaai met foute en 7 PUNTE -Feitlik foutloos goed gekonstrueer -Foute belemmer nie met etlike foute verward -Baie goeie woordeskat betekenis nie -Basiese woordeskat -Woordeskat nie geskik vir -Oorwegend foutloos -Betekenis belemmer doel nie -Betekenis ernstig belemmer http://www.education.gov.za/Examinations/ (Verwerk en aangepas na Totaal van 15 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 9 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all