Skip to content
Question paper

Afrikaans FAL Grade 9 P1 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Grade 9 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the November Mock Exam 2026 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: Hlayiso

Subject: Afrikaans FALGrade 9202610 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Proef hlayiso mock exams Oefenreeks: Graad 9 eksamenvoorbereiding WWW.HLAYISO.COM SENIOR FASE EINDEJAARSEKSAMEN GRAAD 9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NOVEMBER 2026 (PROEF) PUNTE: 60 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30) AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (VRAAG 3 en 4) (20) 2. Lees AL die instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. By meerkeusevrae skryf jy slegs die vraagnommer en die letter (A–D) van die korrekte antwoord neer, byvoorbeeld 1.1 E. 7. Laat ’n reël oop ná elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar met blou of swart ink. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die tydskrifartikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL THABANG GEE SKOOLKINDERS WIELE Tiener van Botshabelo maak ou fietse soos nuut 1 Elke oggend om halfses, wanneer dit nog donker is, begin honderde kinders in Botshabelo, naby Bloemfontein, skool toe stap. Party van hulle stap ses kilometer heen en ses kilometer terug. Thabang Molefe (15) was een van hulle. “In die winter was my voete so koud soos ys, en ek het dikwels laat by die skool aangekom,” vertel die graad 9-leerder. 5 2 Vandag stap baie van daardie kinders nie meer nie – hulle ry fiets. En dit is danksy Thabang. 3 Alles het twee jaar gelede begin. Thabang se oom Pule het ’n ou fiets met ’n pap band en ’n gebreekte ketting in sy motorhuis gehad. “Oom Pule het gesê ek kan dit kry as ek dit self regmaak,” lag Thabang. Hy het video’s op die internet 10 gekyk, en ná drie naweke se harde werk het die fiets weer gery. 4 Toe sy maats die blink fiets sien, wou almal een hê. Thabang het ’n plan gemaak. Hy het mense in die buurt gevra om ou fietse wat hulle nie meer gebruik nie, aan hom te skenk. Gou het die fietse in sy ouma se agterplaas opgestapel gelê soos verroeste skelette. 15 5 Ná skool en op Saterdae werk Thabang in die motorhuis, wat hy nou sy “werkswinkel” noem. Hy vervang bande, kettings en remme, en verf die rame in helder kleure. ’n Plaaslike fietswinkel verkoop vir hom onderdele teen ’n lae prys. Kinders betaal R50 vir ’n fiets, maar as ’n gesin nie geld het nie, kry die kind die fiets verniet. “’n Fiets is mos nie ’n luukse nie. Dit is ’n sleutel tot ’n beter 20 toekoms,” sê hy. 6 Tot dusver het Thabang al 48 fietse herstel. Sy skoolhoof, mnr. Daniel Mokoena, sê dat die kinders nou betyds by die skool is. “Laatkommery het met meer as die helfte afgeneem. Die kinders is ook nie meer so moeg in die klas nie.” 7 Die werk is nie altyd maklik nie. Eenkeer het Thabang ’n hele naweek aan ’n 25 fiets gewerk, net om agter te kom dat hy die verkeerde ketting gekoop het. “Ek was moedeloos, maar Ouma het gesê: ‘Moenie die handdoek ingooi nie.’ Toe probeer ek maar weer.” 8 Thabang leer elke nuwe eienaar ook hoe om veilig te ry. Niemand kry ’n fiets sonder ’n helm nie. “Ek wil nie hê iemand moet seerkry nie,” verduidelik hy. 30 9 Eendag wil Thabang ’n meganiese ingenieur word. “Ek droom daarvan om fietse te ontwerp wat kinders in plattelandse gebiede kan help. Maar vir nou is ek net bly as ek ’n kind sien wat met ’n glimlag verbyry.” [Eksaminator se eie teks. Die name in die artikel is fiktief.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 WOORDVERKLARINGS skenk verniet vir iemand gee onderdele dele van ’n masjien of fiets luukse iets duurs wat jy nie regtig nodig het nie moedeloos sonder hoop; jy wil opgee VRAE 1.1 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1) neer. Die opskrif “Thabang gee skoolkinders wiele” beteken dat Thabang … A nuwe motorbande aan skole verkoop. B ou fietse regmaak sodat skoolkinders kan ry. C skoolkinders elke oggend met sy motor skool toe neem. D wiele van fietse by die skool steel. (1) 1.2 Hoe laat begin die kinders in Botshabelo skool toe stap? (1) 1.3 Die kinders wat die verste stap, gaan vyf dae per week skool toe. Hoeveel kilometer stap hulle altesaam in EEN WEEK skool toe en terug huis toe? Verwys na paragraaf 1. (1) 1.4 “In die winter was my voete so koud soos ys …” (Reël 4) Benoem die STYLFIGUUR in hierdie aanhaling. (1) 1.5 Noem TWEE dinge wat met Oom Pule se ou fiets verkeerd was. (2) 1.6 Hoe het Thabang geleer om die fiets reg te maak? (1) 1.7 Haal EEN woord uit paragraaf 4 aan wat wys dat die herstelde fiets weer mooi gelyk het. (1) 1.8 “Gou het die fietse … opgestapel gelê soos verroeste skelette.” (Reëls 14–15) Waarom, dink jy, vergelyk die skrywer die ou fietse met skelette? (1) 1.9 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Haal ’n FRASE uit paragraaf 5 aan om jou antwoord te bewys. Elke kind moet R50 betaal om een van Thabang se fietse te kry. (2) 1.10 “Dit is ’n sleutel tot ’n beter toekoms.” (Reëls 20–21) Verduidelik in jou EIE WOORDE wat Thabang hiermee bedoel. (1) 1.11 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Thabang se fietse is die mooiste fietse in die hele Vrystaat. 1.11.1 Is hierdie stelling ’n FEIT of ’n MENING? (1) 1.11.2 Gee ’n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.11.1. (1) 1.12 Noem TWEE maniere waarop die fietse die kinders se skoolwerk/skoollewe verbeter het. Verwys na paragraaf 6. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 1.13 Kies die KORREKTE ANTWOORD. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer. “Moenie die handdoek ingooi nie.” (Reëls 26–28) Ouma bedoel dat Thabang … A nie die handdoek moet weggooi nie. B nie moet opgee nie. C eers moet gaan bad. D nie kwaad moet word nie. (1) 1.14 Noem EEN karaktereienskap van Thabang wat in paragraaf 7 na vore kom. (1) 1.15 Waarom kry niemand ’n fiets sonder ’n helm nie? (1) 1.16 Watter beroep wil Thabang eendag volg? (1) 1.17 Gee ’n woord uit paragraaf 9 wat die TEENOORGESTELDE betekenis het van stedelike (in die stad). (1) 1.18 Dink jy Thabang is ’n goeie voorbeeld vir ander tieners? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 TEKS B: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 Pa, kyk! Vandag ry ek skool toe in net vyf minute – ’n nuwe rekord! Dra jou helm, Lwazi. En onthou, dis vandag … Ja-ja, Pa! Ek is nie meer ’n baba nie! SKOOL GESLUIT SATERDAG & SONDAG Vier minute! ’n nuwe rekord! … Maar waar is almal? [Eksaminator se eie strokiesprent] Beskrywing van die prente: RAAMPIE 1: Lwazi sit opgewonde op sy fiets voor die huis. Sy pa staan in die deur met ’n koppie koffie en glimlag. RAAMPIE 2: Pa praat met Lwazi. Lwazi frons, draai sy oë en hou sy helm in sy hand. RAAMPIE 3: Lwazi staan met sy fiets voor die toe skoolhek. Hy het sy helm op, sweet drup van sy gesig af en sy mond hang oop. Op die hek is ’n bord: SKOOL GESLUIT – SATERDAG & SONDAG. 1.19 Waar speel RAAMPIE 3 af? (1) 1.20 Wat is die verhouding tussen die twee karakters in RAAMPIE 1 en 2? (1) 1.21 Kyk na RAAMPIE 2. Hoe voel Lwazi oor sy pa se raad? Gee EEN visuele leidraad as bewys vir jou antwoord. (2) 1.22 Verduidelik waarom die situasie in RAAMPIE 3 snaaks is. (2) 1.23 Voltooi die SPREEKWOORD wat by die strokiesprent pas: ’n Haastige hond … (1) 1.24 Watter les kan tieners uit hierdie strokiesprent leer? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Al hoe meer leerders ry met fietse skool toe. Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit. INSTRUKSIES 1. Som SEWE wenke op oor HOE OM VEILIG OP JOU FIETS TE RY. 2. Skryf die wenke in VOLSINNE en in jou EIE WOORDE. 3. Nommer die sinne van 1 tot 7 en skryf net EEN wenk per sin. 4. Jou opsomming moet tussen 50 en 60 woorde lank wees. 5. Dui die getal woorde wat jy gebruik het tussen hakies aan die einde van die opsomming aan. 6. Jy hoef nie ’n titel vir jou opsomming te gee nie. TEKS C RY SLIM, RY VEILIG! Wis jy dat die eerste fietse amper tweehonderd jaar gelede gebou is? Hulle het nie eens pedale gehad nie! Vandag is die fiets een van die gewildste maniere om rond te kom, maar elke jaar word baie fietsryers op ons paaie beseer. Voordat jy enige plek heen ry, moet jy ’n helm opsit wat styf om jou kop pas. ’n Helm kan jou lewe red as jy val. Kyk ook elke keer of jou remme goed werk en of daar genoeg lug in jou bande is. Op die pad moet jy altyd aan die linkerkant ry, in dieselfde rigting as die motors. Bestuurders sien nie altyd fietsryers raak nie. Trek dus helder klere aan, of ’n baadjie wat die lig weerkaats. Saans moet jy ook ligte voor en agter op jou fiets hê. Wys met jou arm wanneer jy links of regs wil draai, sodat ander padgebruikers weet wat jy beplan. My neef sê musiek maak ’n lang rit baie lekkerder. Tog is dit gevaarlik: moenie oorfone dra of jou selfoon gebruik terwyl jy ry nie, want dan hoor jy nie die verkeer nie. Laastens, hou altyd albei hande aan die stuur en moenie ’n maat agterop jou fiets laat ry nie. [Eksaminator se eie teks] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer. • ’n Opsetlike spelfout kom in die advertensie voor. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS D WIELIE-WÊRELD FIETSWINKEL – BOTSHABELO Ry die vakansie in styl! Groot en klein – ons het ’n fiets vir jou! By ons kry jy: • nuwe fietse vir die hele famielie • helms, ligte en slotte • herstelwerk: ons maak jou pap band binne ’n uur reg! Gratis helm met elke fiets vir volwassenes wat jy koop. VAKANSIE-AANBOD: Kinderfietse R1 500 – nou 20% afslag! Geldig van 1 tot 24 Desember 2026, of so lank as wat die voorraad hou. Besoek ons in Hoofweg 12 of skakel 000 000 0000. Ma. tot Sa. 08:00 – 17:00 [Eksaminator se eie teks. Die winkel en kontakbesonderhede is fiktief.] 3.1 Vir wie is hierdie advertensie hoofsaaklik bedoel? Noem die TEIKENMARK. (1) 3.2 Noem EEN manier waarop die adverteerder die naam van die winkel laat uitstaan. (1) 3.3 Verbeter die SPELFOUT in die sin. Ons verkoop nuwe fietse vir die hele famielie. (1) 3.4 Skryf die AFKORTING “Ma.” voluit. (1) 3.5 Hoeveel sal ’n kinderfiets tydens die vakansie-aanbod kos? (1) 3.6 Gee die VERKLEINWOORD van die onderstreepte woord. Ons maak jou pap band binne ’n uur reg. (1) 3.7 Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord. Ons verkoop nuwe fietse. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 3.8 Wat is die funksie van die uitroepteken in die slagspreuk “Ry die vakansie in styl!”? (1) [8] VRAAG 4: KOERANTBERIG Die taalvrae wat volg, is op die koerantberig (TEKS E) hieronder gebaseer. Die nommering in die berig verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet word. Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E: KOERANTBERIG FIETSRYERS TRAP VIR SIEK KINDERS (4.1) Die leerders van Hoërskool Duinevelde reël die pretrit. Meer as 300 fietsryers (4.2) neem Saterdag aan die rit van Kimberley na Barkly-Wes deel. Die roete is (4.3) (kort), maar dit is baie warm en winderig. (4.4) Die rit is altyd maklik. Die organiseerder, Lerato Seleka, sê: (4.5) “Ons wil R20 000 vir die kinderhospitaal insamel.” (4.6) Die ryers moet helms dra. Dit is veiliger. (4.7) Hulle drink baie water. Die rit duur twee (4.8) (uur). Mev. Hester Smit (68) is die (4.9) (oud) ryer. Sy sê sy oefen elke oggend. (4.10) Die rit begin om 07:00 by die stadsaal. [Eksaminator se eie teks. Die name is fiktief.] 4.1 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM. Die leerders van Hoërskool Duinevelde reël die pretrit. (2) 4.2 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD. Meer as 300 fietsryers neem Saterdag aan die rit deel. (1) 4.3 Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van die woord tussen hakies. Die roete is (kort). (1) 4.4 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM. Die rit is altyd maklik. (1) 4.5 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. Lerato sê: “Ons wil R20 000 vir die kinderhospitaal insamel.” Begin só: Lerato sê dat … (2) 4.6 Verbind die TWEE sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Die ryers moet helms dra. Dit is veiliger. (omdat) (1) 4.7 Skryf die sin oor in die INFINITIEF. Hulle drink baie water. Begin só: Hulle behoort … (1) 4.8 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Die rit duur twee (dag). (1) 4.9 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. Mev. Hester Smit is die (oud) ryer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 Senior Fase Proef Hlayiso/Proef 2026 4.10 Verander die STELSIN na ’n VRAAGSIN. Die onderstreepte gedeelte moet die antwoord op jou vraag wees. Die rit begin om 07:00 by die stadsaal. (1) [12] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 60 Kopiereg voorbehou

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Afrikaans FAL

View all