Skip to content
Memorandum

Afrikaans FAL Grade 9 Paper 1 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Grade 9 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the November Mock Exam 2026 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: Hlayiso

Subject: Afrikaans FALGrade 920267 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Proef hlayiso mock exams Oefenreeks: Graad 9 eksamenvoorbereiding WWW.HLAYISO.COM SENIOR FASE EINDEJAARSEKSAMEN GRAAD 9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NOVEMBER 2026 (PROEF) NASIENRIGLYNE PUNTE: 60 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 7 bladsye.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 AFDELING A: LEESBEGRIP ASSESSERINGSRIGLYNE • Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie, omdat die fokus op begrip is. • Indien die leerder woorde uit ’n ander taal gebruik, word daardie woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder daardie woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE gepenaliseer NIE. • By oop vrae word geen punt vir JA/NEE alleen toegeken nie. Die rede/motivering verdien die punt. • By WAAR/ONWAAR en FEIT/MENING verdien die korrekte keuse 1 punt en die motivering/aanhaling 1 punt, soos aangedui. • Waar eenwoordantwoorde gevra word en die leerder ’n volsin gee, is dit korrek MITS die korrekte woord onderstreep of uitgelig word. • Wanneer TWEE feite vereis word en ’n reeks gegee word, sien SLEGS die eerste TWEE na. • Waar ’n aanhaling gevra word, word die punt nie toegeken as die leerder dit in eie woorde oorvertel nie. Kleiner spelfoute in die aanhaling word nie gepenaliseer nie. • By meervoudigekeuse-vrae: aanvaar die letter EN/OF die volledige korrekte antwoord. VRAAG 1 TEKS A: “THABANG GEE SKOOLKINDERS WIELE” VRAAG ANTWOORD PUNT 1.1 B/ou fietse regmaak sodat skoolkinders kan ry. ✓ (1) 1.2 Halfses (in die oggend)/05:30. ✓ (Aanvaar “halfses” in enige vorm, bv. voor sesuur wanneer dit nog donker is; NIE net “vroeg” nie.) (1) 1.3 60 km/sestig kilometer ✓ (6 km + 6 km = 12 km per dag; 12 km x 5 dae = 60 km) (1) 1.4 Vergelyking ✓ (1) 1.5 • Dit het ’n pap band gehad. ✓ • Die ketting was gebreek. ✓ (2) 1.6 Hy het video’s op die internet gekyk. ✓ (1) 1.7 blink ✓ (1) 1.8 Die fietse was oud, stukkend en verroes – net die rame (soos geraamtes/bene) het oorgebly; hulle was “dood”/nie meer bruikbaar nie. ✓ (Of soortgelyk aan bogenoemde) (1) 1.9 ONWAAR ✓ “as ’n gesin nie geld het nie, kry die kind die fiets verniet” ✓ (Aanvaar ook net “kry die kind die fiets verniet”. Geen punt vir die motivering as die aanhaling verkeerd is nie.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 1.10 Met ’n fiets kan kinders betyds/maklik by die skool kom en beter leer, sodat hulle later ’n beter lewe kan hê. ✓ (Die antwoord moet die skakel tussen die fiets en skool/die toekoms toon.) (1) 1.11.1 MENING ✓ (1) 1.11.2 Dit is iemand se persoonlike gevoel/smaak./Dit kan nie bewys word nie./Nie almal sal saamstem nie. ✓ (Of soortgelyk aan bogenoemde) (1) 1.12 • Die kinders kom nou betyds by die skool aan./Laatkommery het met meer as die helfte afgeneem. ✓ • Die kinders is nie meer so moeg in die klas nie. ✓ (2) 1.13 B/nie moet opgee nie. ✓ (1) 1.14 Volhardend/deursettend/hardwerkend/hy gee nie maklik op nie (hy het weer probeer ná die fout met die ketting). ✓ (Of soortgelyk aan bogenoemde) (1) 1.15 Thabang wil nie hê iemand moet seerkry nie./Die helm beskerm die ryer (se kop) as hy val. ✓ (Of soortgelyk aan bogenoemde) (1) 1.16 (Meganiese) ingenieur ✓ (1) 1.17 plattelandse ✓ (Aanvaar “platteland”.) (1) 1.18 Ja, hy help ander sonder om aan homself te dink/hy werk hard en gee nie op nie/hy los self ’n probleem in sy gemeenskap op/hy leer ander om veilig te ry. ✓ OF Nee, ander tieners het dalk nie die vaardighede/gereedskap nie, maar kan op ander maniere help. (Enige gemotiveerde antwoord wat by die teks pas. Geen punt vir JA/NEE alleen nie.) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 TEKS B: STROKIESPRENT VRAAG ANTWOORD PUNT 1.19 By die skool(hek). ✓ (1) 1.20 Pa en seun/vader en kind./familie (pa en seun). ✓ (1) 1.21 Geïrriteerd/ongeduldig/vies/kwaad ✓ Visuele leidraad: Hy frons./Hy draai sy oë./Daar is “kwaad” strepies by sy kop. ✓ (Enige EEN gevoel en EEN visuele leidraad.) (2) 1.22 Lwazi het so vinnig moontlik gery om ’n rekord op te stel, maar dit is Saterdag en die skool is gesluit. ✓ Pa wou hom juis sê dat dit naweek is, maar Lwazi wou nie luister nie/het Pa in die rede geval. ✓ (Of soortgelyk aan bogenoemde) (2) 1.23 verbrand sy mond ✓ (1) 1.24 Luister klaar na jou ouers/ander voordat jy iets doen./Moenie oorhaastig wees nie./Dink eers voordat jy doen. ✓ (Of soortgelyk aan bogenoemde) (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 ASSESSERINGSRIGLYNE • Punte word soos volg toegeken: 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit) en 3 punte vir taal. Totaal: 10. • Verspreiding van taalpunte: 1–3 feite korrek: 1 punt; 4–5 feite korrek: 2 punte; 6–7 feite korrek: 3 punte. • Indien die leerder woordeliks aangehaal het: 6–7 aanhalings: geen taalpunte; 4–5 aanhalings: maksimum 1 punt; 2–3 aanhalings: maksimum 2 punte. • Slegs feite wat in VOLSINNE aangebied word, verdien punte (’n volsin bevat ’n werkwoord). Die wenke kan in enige volgorde gegee word. • Indien twee feite in een sin gegee word, word slegs die eerste feit nagesien. • Inligting wat nie ’n veiligheidswenk is nie (bv. die geskiedenis van die eerste fietse, of die neef se mening oor musiek) verdien geen punt nie. • Indien die opsomming langer as 60 woorde is, word daar tot 5 ekstra woorde toegelaat; ignoreer die res van die opsomming. Geen punte word afgetrek indien die opsomming te kort is nie. Kandidate hoef nie ’n titel te gee nie. MOONTLIKE ANTWOORD 1. Dra altyd ’n helm wat styf om jou kop pas. 2. Kontroleer jou remme en bande voordat jy ry. 3. Ry aan die linkerkant van die pad. 4. Dra helder of weerkaatsende klere. 5. Sit saans ligte voor en agter op jou fiets. 6. Gebruik handseine wanneer jy wil draai. 7. Moenie oorfone dra of jou selfoon gebruik terwyl jy ry nie. [Getal woorde: 56] AANVAARBARE FEITE (enige SEWE) • Dra ’n helm (wat styf om jou kop pas). • Kontroleer/Kyk of jou remme werk. en/of Kyk of daar genoeg lug in jou bande is. • Ry aan die linkerkant van die pad (in dieselfde rigting as die verkeer). • Dra helder klere/’n baadjie wat lig weerkaats. • Gebruik saans ligte voor en agter op jou fiets. • Wys met jou arm (gebruik handseine) wanneer jy wil draai. • Moenie oorfone dra of jou selfoon gebruik terwyl jy ry nie. • Hou albei hande aan die stuur. • Moenie ’n maat agterop jou fiets laat ry nie. (Elke feit moet in ’n aparte sin staan; maksimum 7 feitepunte. “Remme” en “bande” mag as twee aparte feite gegee word, maar dan moet elkeen in ’n eie sin staan.) SKRYF DIE PUNTE SOOS VOLG NEER: F = 7 T = 3 Totaal = 10 [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES ASSESSERINGSRIGLYNE • Spelling moet korrek wees om punte te verdien by woordvorming (bv. meervoud, verkleinwoord, trappe van vergelyking). • By sinsbou-vrae moet die HELE sin oorgeskryf word. Die fokus is op die gevraagde struktuur; ander spelfoute word nie gepenaliseer nie. • Aanvaar enige ander korrekte antwoord wat nie in die nasienriglyne voorkom nie. VRAAG 3: ADVERTENSIE VRAAG ANTWOORD PUNT 3.1 Ouers/gesinne/mense wat fietse (vir hul kinders) wil koop./Mense in Botshabelo en omgewing./Kinders wat ’n fiets wil hê. ✓ (1) 3.2 Groot/vetgedrukte letters./Hoofletters./Wit letters op ’n donkerblou agtergrond. ✓ (Enige EEN) (1) 3.3 familie ✓ (1) 3.4 Maandag ✓ (1) 3.5 R1 200 ✓ (20% van R1 500 = R300; R1 500 – R300 = R1 200) (1) 3.6 bandjie ✓ (1) 3.7 splinternuwe/spiksplinternuwe/vonkelnuwe ✓ (Moenie “splinternuut” aanvaar nie – die woord staan attributief.) (1) 3.8 Dit beklemtoon die slagspreuk/wys opgewondenheid/trek die leser se aandag. ✓ (1) [8] VRAAG 4: KOERANTBERIG VRAAG ANTWOORD PUNT 4.1 Die pretrit word ✓deur die leerders van Hoërskool Duinevelde gereël. ✓ (1 punt vir “word … gereël”; 1 punt vir “deur die leerders van Hoërskool Duinevelde”.) (2) 4.2 Meer as 300 fietsryers het Saterdag aan die rit deelgeneem. ✓ (Aanvaar ook die sin met “van Kimberley na Barkly-Wes”.) (1) 4.3 lank ✓ (1) 4.4 Die rit is nooit maklik nie. ✓ (Beide “nooit” en die tweede “nie” moet daar wees. Die ontkenning van “altyd” is “nooit”; “nie altyd … nie” word NIE aanvaar nie.) (1) 4.5 Lerato sê dat hulle ✓R20 000 vir die kinderhospitaal wil insamel. ✓ (1 punt vir “dat hulle”; 1 punt vir die werkwoorde aan die einde: “wil insamel”.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 4.6 Die ryers moet helms dra, omdat dit veiliger is. ✓ (1) 4.7 Hulle behoort baie water te drink. ✓ (1) 4.8 ure ✓ (1) 4.9 oudste ✓ (1) 4.10 Hoe laat begin die rit (by die stadsaal)? ✓ OF Wanneer begin die rit (by die stadsaal)? (Die vraagteken moet daar wees.) (1) [12] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 60 Kopiereg voorbehou

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Afrikaans FAL

View all