Downloaded from hlayiso.com
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2019
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 30
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye wat 2 rubrieke insluit.
You're offline
Skip to contentMemorandum 






View all
AFR FAL V3 GR9 MEMO NOV2019_hlayiso.com_.pdf
Afrikaans Fal · Grade 9 · November EC · 2019. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- November EC
- Pages
- 9
- File size
- 424.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019)
LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED
ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3
1. Maak gebruik van die voorgeskrewe rubrieke (Bylaag A, Bylaag B).
Bestudeer en bespreek hierdie rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
2. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat volgens die rubrieke
baie laag op inhoud aangeslaan.
3. Indien ʼn skryfstuk enigsins uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, sal die skryfstuk nie
logies opeenvolg nie en die kandidaat ontvang dan geen punte nie.
Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie / Saamgeflans.
4. Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk
ter wille van eenvoud en eenvormigheid. Om net strepe te trek, is
ONAANVAARBAAR.
5. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of
meer as die maksimum aantal woorde gebruik nie.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
O Sirkel Punktuasiefout
======== Dubbele strepie onder ʼn woord Spelfout
(.................) Plaas hakies om die woord Woordorde weggelaat
^ Weglaatteken Woorde weggelaat
T Hoofletter T in die kantlyn Tye verwar
hh Dubbele hh Herhaling van gedagtes
Vr Vraestel Dele saamgeflans met woorde
in vraestel gebruik
? Vraagteken Baie verwarrend / sukkel om te
verstaan wat leerder skryf
// Dubbele skuinsstreep Paragraafindeling
× Trek × oor die verkeerde woord Woord uit ander taal gebruik
√ √ Bo die woord Erkenning van taaljuweeltjies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
VRAAG 1
AFDELING A: OPSTELTIPES
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Die soort opstel wat die leerder aanbied, word deur
die onderwerp gelei.
TIPE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; daarom is
die inhoud samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf maar kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
ʼn Treffende inleiding wat die leser boei.
ʼn Verrassende slot.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dus meer as net die
opnoem van waarnemings.)
Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019)
BEREDENERENDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn
spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente vir
en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Dit kan vanuit die leerder se perspektief geskryf word.
Die inleiding moet die leser se aandag vasvang.
Die vertel-/ storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig die leser.
Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word.
Die verhaal word realisties en met entoesiasme geskryf.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, of kan fiktief wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet
VISUELE PRIKKELS
Die onderwerp moet pas by die visuele prikkels. Die nasiener moet onthou dat
alhoewel hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies, die opstel
direk by die kern van elke prent moet aansluit. Die agtergrond kan in ag geneem
word om die kern toe te lig. Die kandidaat se perspektief op die kern van die prent
moet oorweeg word by die assessering.
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
Die vrae is só geformuleer en die prente só gekies dat ’n persoonlike inkleding
van die gekose onderwerp/ kern van die prent van die kandidaat verwag word.
Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
maar nie noodwendig nie. ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in
ag geneem.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
AFDELING B
VRAAG 2: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
Van die kandidaat word verwag om:
EEN vraag te beantwoord.
140 tot 160 woorde oor die onderwerp te skryf.
Die instruksies by die vraag uit te voer.
Die regte formaat te gebruik.
2.1 INFORMELE BRIEF VAN SIMPATIE
FOKUS
Die kandidaat skryf ̓ʼn vriendskaplike brief en maak verskoning dat hy/sy nie
by sy/haar beste maat se partytjie kon wees nie.
KENMERKE
Die brief is vriendskaplik. Die inhoud is vriendelik en persoonlik van aard.
Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
Die kandidaat spreek die maat direk aan.
In die brief moet die kandidaat die maat om verskoning vra waarom sy/hy
nie by die partytjie kon wees nie.
Die toon, styl en keuse moet by die verwantskap tussen die kandidaat en
die maat pas; informeel wees.
Vermy slordige taal, slengwoorde en SMS-taal.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
• Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat
word.
• Die datum word voluit geskryf: 20 Oktober 2018.
• ʼn Reël word tussen die adres van die sender en aanhef oopgelaat.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Verwys na bl. 6.
Die aanhef, afsluiting en slot
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
• Groete/liefdegroete kry ’n punt aan die einde.
• Daar word nie ’n reël tussen Jou maat/vriend(in) en die naam oopgelaat
nie.
• Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend(in) voor die briefskrywer se naam is
opsioneel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019)
Die paragrawe
• ʼn Reël word tussen die paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
die briefskrywer sy maat om verskoning vra.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.
• Die briefskrywer verduidelik waarom hy/sy die maat se partytjie gemis het.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende Laan 10 OF Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ’n samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ’n samestelling tussen ’n eienaam
en ’n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat (AWS, 2009
bl.121).
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie. [10]
2.2 ADVERTENSIE
FOKUS
Die kandidaat ontwerp ʼn advertensie wat mense oortuig om van die kandidaat
se dienste gebruik te maak.
KENMERKE
Die advertensie is ʼn inligtingsblad wat mense moet aanmoedig om van jou
dienste gebruik te maak.
Dit teikengroep is die gemeenskap/mense in jou omgewing.
Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
Die inligting moet logies uiteengesit word.
Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
Die advertensie moet die leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7
Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Visuele aspekte en gevoelstaal is ook hier ter sprake.
Hierdie advertensie moet ’n begeerte by die leser wek om van die
adverteerder se dienste gebruik te maak.
As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan
en gebruik maak van die dienste.
Toon, styl en woordkeuses moet die lesers oorreed.
FORMAAT
Die volgende inligting moet op die advertensie verskyn:
Hoe kan ons baat vind deur van adverteerder se dienste gebruik te maak?
Wanneer vind dit plaas?
Waar vind dit plaas?
Wat is die koste daaraan verbonde?
Kontakbesonderhede vir verdere navrae [10]
Leestekens
2.3 DAGBOEKINSKRYWING
FOKUS
Die kandidaat kan net EEN dagboekinskrywing maak:
ʼn Inskrywing om uiting te gee aan sy/haar gevoelens en gedagtes oor die
aand voor sy/haar Afrikaans eksamen bv, bang, senuweeagtig,
opgewonde of gelukkig.
KENMERKE
Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se
emosies en gedagtes oor die Afrikaans eksamen.
Gevoelens/gedagtes wat beleef word, word beskryf.
Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun, nl. uitspreek van
gevoelens van bekommernis/skok/blydskap, ens.
FORMAAT
Die kandidaat maak ʼn dagboekinskrywing. [10]
Die dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
Die kandidaat hoef nie met ‘Liewe Dagboek’ te begin nie.
Die uiteensetting van inskrywings mag in paragraafvorm wees.
TOTAAL AFDELING B: 10
GROOTTOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
RUBRIEK: BYLAAG A
AFDELING: OPSTEL [20]
Kode 7 Kode 6 Kode 5 Kode 4 Kode 3 Kode 2 Kode 1
20 punte Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80–100% 70–79% 60–69% 50–59% 40–49% 30–39% 0–29
8–10 7–7½ 6–6½ 5–5𝟏⁄𝟐 4–4½ 3–3½ 0–2
Inhoud en Inhoud beïndruk Inhoud toon deeglike Inhoud toon ’n goeie Voldoende Inhoud gewoon met Inhoud dikwels onver- Inhoud nie ter sake
beplanning leser met insig in Interpretasie interpretasie van interpretasie leemtes in staanbaar, gebrek aan nie. Geen samehang
onderwerp. van onderwerp. onderwerp. van onderwerp. samehang. samehang nie.
Idees is volwasse. Idees interessant en Idees interessant en Idees gewoon en Idees meestal Idees min, Idees herhaal.
10 punte
Beplanning lei tot ’n verbeeldingryk. oortuigend. diepte ontbreek. relevant. herhalend. Beplanning Beplanning ontbreek,
feitlike foutlose Beplanning lei tot goed Beplanning lei tot goeie Beplanning is Beplanning lei tot lei dat opstel nie goed swak opstel.
opstel. saamgestelde, gepaste gepaste opstel. bevredigend. redelike aangebied is nie.
onderwerp. verstaanbare
opstel.
4–5 3½ 3 2½ 2 1½ 0–1
Taal, styl en Toon kritiese Toon kritiese Daar is bewyse van ’n Aanduiding van Geen kritiese Geen kritiese Geen kritiese
redigering taalbewustheid. taalbewustheid. kritiese taalbewustheid- krities taalbewust taalbewustheid taalbewustheid taalbewustheid.
Korrekte gebruik van Korrekte gebruik van Taal en punktuasie heid. Taal gewoon en Gebrekkige Ernstige gebrek aan
taal en punktuasie. taal en meestal korrek. Taal baie eenvoudig punktuasie dikwels taal en punktuasie. taal en punktuasie.
5 punte
Kan figuurlike taal in punktuasie. Woordkeuse is gepas vir en punktuasie foutiewelik gebruik. Woordkeuse beperk. Woordkeuse
konteks gebruik. Kan figuurlike opstel. voldoende. Woordkeuse Styl ,toon en register ontoepaslik
’n Variasie in taal in konteks gebruik. Styl, toon en register is Woordkeuse basies. gebrekkig. Styl, toon en register
woordkeuse en word ’n Variasie in meestal toepaslik vir die voldoende. Styl ,toon Opstel is besaai met is baie gebrekkig.
korrek gebruik. woordkeuse onderwerp. Styl, toon en register en register toon foute ten spyte van Opstel is besaai met
Styl, toon, en register en word korrek gebruik. Opstel oor die algemeen oor die algemeen in gebrek aan proeflees en foute en verwar ten
is toepaslik vir die Styl, toon en register is foutloos na proeflees en ooreenstemming met samehang. redigering. spyte van proeflees
onderwerp. Opstel toepaslik vir die redigering. vereistes vir die Opstel het steeds en redigering.
meestal foutloos na onderwerp. onderwerp. Foute na proeflees
proeflees en Opstel meestal foutloos Opstel het steeds foute en redigering.
redigering. na proeflees en na die proeflees en
redigering. redigering.
4–5 3½ 3 2½ 2 1½ 0–1
Struktuur Ontwikkeling van Ontwikkeling van Ontwikkeling van Onderwerp bevat Daar is bewyse van Dwaal soms van die Afgedwaal van die
onderwerp is onderwerp is onderwerp is sommige idees; ontwikkeling onderwerp af. onderwerp.
5 punte samehangend, met samehangend en samehangend met noodsaaklike detail van sommige Algemene Sinskonstruksie en
verbeeldingryke logiese ontwikkeling van verbeelding- egter ingesluit. noodsaaklike idees. gedagtegang moeilik paragrafering:
detail. detail. ryke detail. Sinskonstruksie en Sinskonstruksie en om te volg. deurmekaar en
Sinne en paragrawe Verskillende tipes sinne, Sinne en paragrafering; paragrafering kan paragrafering baie Sinskonstruksie en ondeurdag.
samehangend paragrawe skakel logies. samehangend, goed foute bevat, maar foutief, maar idees paragrafering baie Lengte is heeltemal
saamgestel. Lengte is korrek. gekonstrueer/saamgestel. opstel maak nog sin. is verstaanbaar. elementêr saamgestel. te kort/lank.
Lengte is in Lengte korrek. Lengte is amper Lengte te kort/lank. Lengte is te kort/lank.
ooreenstemming met korrek.
vereistes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9
RUBRIEK: BYLAAG B
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE [10]
Kode 7 Kode 6 Kode 5 Kode 4 Kode 3 Kode 2 Kode 1
10 punte Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80–100% 70–79% 60–69% 50–59% 40–49% 30–39% 0–29
4–5 3½ 3 2½ 2 1½ 0–1
Inhoud Gespesialiseerde Goeie kennis van Redelike kennis van Voldoende kennis ‘n Gemiddelde kennis ’n Elementêre Geen kennis van
beplanning en kennis van vereistes vereistes van teks. vereistes van teks. van vereistes van van vereistes van teks. kennis van vereistes vereistes van teks nie.
formaat van teks. Gedissiplineerde Behou goeie fokus, teks. Respons toon van teks. Respons Inhoud wyk af van
Gedissiplineerde skryfwerk. Behou onbenullige Inhoud wyk af van oppervlakkige fokus. op geskrewe teks onderwerp;
skryfwerk. Behou fokus; byna geen afwykings. onderwerp, maar dit Wyk af van onderwerp; toon ’n beperkte Betekenis is plek-plek
5 punte deurgaans algehele afwykings nie. Inhoud en idees belemmer nie die betekenis is plek-plek fokus. verwarrend.
fokus; geen Inhoud en idees samehangend; oorhoofse betekenis vaag. Inhoud wyk af van Inhoud en idees is nie
afwykings nie. samehangend: alle detail ondersteun nie. Inhoud en idees onderwerp; samehangend nie; te
Teks algeheel detail ondersteun die die onderwerp. Inhoud en idees is gemiddeld en betekenis is plek- min detail ondersteun
samehangend; alle onderwerp. Beplanning lei tot voldoende; samehangend plek verwarrend. die onderwerp.
detail ondersteun Beplanning lei tot ’n goeie gepaste teks. samehangend; basiese detail Inhoud en idees nie Beplanning is
onderwerp. goed saamgestelde, Die meeste van die sommige van die ondersteun samehangend nie; afwesig/nie gedoen
Beplanning lei tot gepaste teks. nodige reëls is detail ondersteun Die onderwerp. min detail wat die nie; swak aanbieding
foutlose en gepaste Al die nodige reëls vir toegepas. die onderwerp. Beplanning lei tot ’n onderwerp van teks.
teks. die formaat is Beplanning lei tot ’n redelike, gemiddelde, ondersteun. Geen kennis van die
Al die nodige reëls toegepas. bevredigende teks. verstaanbare teks. Beplanning is nodige reëls vir die
vir formaat is Kennis van die Kennis van die nodige gebrekkig; teks nie formaat nie.
toegepas. nodige reëls vir die reëls vir die formaat is goed aangebied nie.
formaat is gemiddeld; kritiese Kennis van die
voldoende. nalatige foute is nodige reëls vir die
begaan. formaat is vaag.
4–5 3½ 3 2½ 2 1½ 0–1
Taal, Teks is Teks is grammatikaal Is grammatikaal Teks is voldoende Teks is basies Teks is swak en Teks is swak
styl en redigering grammatikaal akkuraat; sinne goed maklik om te lees; saamgestel ten saamgestel. Verskeie moeilik om te volg. saamgestel en
akkuraat; sinne goed saamgestel. sinne is goed spyte van foute. foute. Woordeskat verwarrend.
saamgestel. Woordeskat is saamgestel. Woordeskat is Woordeskat is beperk benodig Woordeskat benodig
5 punte
Woordeskat is baie meestal toepaslik vir Woordeskat is voldoende vir doel en nie baie gepas vir remediëring ernstige remediëring
toepaslik vir doel die doel van teks, toepaslik vir die doel van teks, gehoor en doel van teks, gehoor en is nie geskik vir en is nie toepaslik vir
van teks, gehoor en gehoor en konteks. van teks, gehoor en konteks. en konteks nie. doel van teks, doel van teks nie.
konteks. Styl, toon en register konteks. Styl, toon en Styl, toon en register gehoor en konteks Styl, toon en register
Styl, toon en register meestal toepaslik. Styl toon en register register voldoende. toon gebreke. nie. pas nie by onderwerp
baie toepaslik. Teks oorweging oor die algemeen Teks het steeds Teks het steeds baie Styl, toon en nie.
Teks feitlik foutloos foutloos na proeflees toepaslik. foute baie foute na foute na proeflees en register nie geskik Opstel is besaai met
na proeflees en en redigering. Lengte Teks meestal proeflees en redigering. vir onderwerp nie. foute en verwarrend
redigering. is in ooreenstemming foutloos na redigering. Lengte te kort/lank. Teks is besaai met ten spyte van
Lengte is in met vereistes. proeflees en Lengte is amper foute t.s.v. proeflees proeflees en
ooreenstemming redigering. korrek. en redigering. redigering.
met vereistes. Lengte is in Lengte is kort/lank. Lengte is heeltemal te
ooreenstemming kort/te lank.
met vereistes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
Afrikaans FAL GEC Marking Guideline_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Grade 9 Afrikaans FAL Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AFRFAL P2 GR9 MEMO NOV2019_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AFR FAL V3 GR9 MEMO NOV2018_Finaal_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AFRFAL P2 GR9 MEMO NOV2018 2018_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AFR FAL V3 GR9 MEMO NOV2017_Finaal_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
AFRFAL P2 GR9 QP NOV2019 D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AFR FAL P3 QP NOV2019 D_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRFAL P2 GR9 MEMO NOV2017_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AFR FAL P2 GR9 NOV2016 MEMO FINAL_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AFRFAL P3 GR9 MEMO NOV 2016_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRFAL P2 GR9 MEMO NOV2014_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 9 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.




