Downloaded from hlayiso.com
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING
GRAAD 2
WISKUNDE
STEL 1: 2012 MODELVRAE
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

Afrikaans Grade 2.pdf
Mathematics · Grade 2 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematics
- Grade
- Grade 2
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA Exemplars
- Pages
- 23
- File size
- 191.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 23
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)
1. Algemene oorsig
Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en vaardighede
wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir die skoolgebaseerde
assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om suksesvol deel te neem aan
eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle ontwikkel wat onderwysers
vir Taal- en Wiskunde-onderrig kan gebruik. Die voorbeeldvraestelle is ontwikkel, gebaseer op die kurrikulum wat oor
die eerste drie kwartale van die skooljaar strek. Daar is ook 'n volledige Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets
(ANA) vir elke graad. Die voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is aanvullend tot die skoolgebaseerde
assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie die skoolgebaseerde assessering nie.
2. Die struktuur van die voorbeeldvraestelvrae
Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede en/of
kennis te assesseer. Spesifieke inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer word deur 'n
meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van die
leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om gegewe
woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met tekeninge of
sketse te toon, ens.). Onderwysers en leerders sal dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend
gestruktureer is, maar wat dieselfde spesifieke inhoud en vaardigheid teiken. Blootstelling aan 'n groot
verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om op verskillende toetsitems te
reageer.
3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal
Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind. Die
voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV), graad R tot 12, die
Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die Nasionale
Protokol vir Assessering. Hierdie dokumente, saam met ander dokumente wat deur 'n skool voorsien kan word, sal 'n
ryk bron van bronmateriaal vorm wat onderwysers in staat sal stel om lesse te beplan en om formele assessering uit
te voer.
4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik
Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef die
leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat
deel vorm van die beplande les. Sorgvuldig geselekteerde individuele voorbeeldvrae of 'n hanteerbare groep vrae
kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word:
4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die diagnose
moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om aandag te gee
aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk
gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie.
1
Downloaded from hlayiso.com
4.2 Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en
vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie.
4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders voldoende
begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas. Spoedige terugvoer aan
leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die les(se) is wat weer behandel
moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.
4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe om
meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord.
Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe toets
heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is
belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n volwaardige
toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.
5. Memorandums of nasienriglyne
'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins rigied is nie. Dit
gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede
ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar.
6. Kurrikulumdekking
Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die voorbeeldvraestelle vir
elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis
en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking het. Die tempo waarteen
die werk in sekere skoolkwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).
7. Gevolgtrekking
Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese grondslagvaardighede
van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets is een instrument
wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie verbeter. Daar word van distrikte en skole verwag om
onderwysers te ondersteun en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in
skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse as deel van die onderwyshulpmiddels
gebruik te maak, sal onderwysers leerders help om vertroud te raak met verskillende style en tegnieke van
assessering. Indien die voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis
opdoen en vaardighede ontwikkel om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale
Assesseringstoetse.
2
Downloaded from hlayiso.com
GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE
1. Kyk na die prentjie en beantwoord die volgende vrae.
a. Tel die appels en skryf die regte getalsimbool neer.
________
b. Hoeveel groepe van vyf (5) appels is daar?
___________
c. Hoeveel groepe van tien (10) appels is daar?
____________?
d. Hoeveel groepe van twee (2) appels is daar?
__________
2. Vul die ontbrekende getalle in.
20,_____, 22 _____ , _____,25
3
Downloaded from hlayiso.com
3. Voltooi die volgende getalpatrone
a. _____ ; 16 ; 18 ; ______ ; ______ ; 24.
b. 22 ; _____ ; _____ ; 19 ; _____ ; 17.
4.
Pak die boontjies, soos in die prent hierbo aangetoon, in 4
mandjies sodat daar ewe veel boontjies in elke mandjie is.
Hoeveel boontjies sal jy in elke mandjie pak?
5. Skryf die volgende getal in elke getalry neer.
) (a) a. 5 ; 10 ; 15 ; _____
b. 4 ; 6 ; 8 ; _____
1
6. a. _____ ; 10 ; 11 ; 12
b. _____ ; 20 ; 21 ; 22
c. _____ ; 15 ; 20 ; 25
d. _____ ; 20 ; 22 ; 24
4
Downloaded from hlayiso.com
7. Skryf die getalnaam van elk van die volgende :
a. 13 ____________________________________
b. 20 _____________________________________
c. 23 ______________________________________
8. Trek ‘n pyltjie om die getalsimbool met sy getalnaam te
verbind. Kyk na die voorbeeld in die blokkie.
25 sestien
11 vyf-en-twintig
16 elf
a. 22 agt
b. 18 twaalf
c. 8 twee-en-twintig
d. 12 agtien
5
Downloaded from hlayiso.com
9. Skryf die getalsimbool vir elk van die volgende getalname
a. een-en-twintig _____________________
b. nege _____________________
c. dertien _____________________
d. sewe _____________________
10. Skryf neer die telgetal wat tussen die gegewe getalle kom.
a. 19 21
b. 23 25
11. Skryf die woorde ‘is kleiner as’, ‘is groter as’ of ‘is gelyk aan’
tussen die volgende pare getalle om die stellings waar te maak.
a. 22 ______________________________12
b. 12 ______________________________ 12
c. 11 ______________________________ 21
6
Downloaded from hlayiso.com
12. Skryf die getalle van klein na groot.
a. 9 25 7 6 13
___ ___ ____ ____ ___
b. 6 17 19 8 12
___ ___ ___ ___ ___
c. 22 20 12 18 24
___ ___ ___ ___ _
13. Skryf die getalle van groot na klein.
a. 11 23 18 10 15
___ ___ ____ ____ ___
b. 15 20 5 25 10
___ ___ ___ ___ ___
c. 13 18 15 21 12
___ ___ ___ ___ __
14. Skryf die waarde van die onderstreepte syfer in elke getal
neer
a. 21 _______________
b. 18 _______________
7
Downloaded from hlayiso.com
15. a. Wat verteenwoordig die syfer 2 in die getal 24?
_________
b. Wat verteenwoordig die syfer 4 in die getal 24?
_________
c. 1 tien en 9 ene maak die getal ________
16. Skryf die korrekte antwoord in die blokkie deur die gegewe
getal af te breek of op te bou.
a. 22 = + 2
b. 17 = 10 +
17. Vul die blokkies met tiene en ene, om die som te voltooi.
a. 13 = + +
b. 25 = +
c. 5 = +
8
Downloaded from hlayiso.com
18. Tel die volgende getalle bymekaar:
a. deur vanaf die groter getal aan te tel.
5 + 13 = ______________________
b. deur naby verdubbeling te gebruik.
6+ 5 = ______________________
c. deur ‘n 10 vol te maak.
8 + 7 = ______________________
19. Verdubbel die volgende getalle.
a. 4 ___________ b. 9 ____________ c. 10_______
20. Verdubbel elk van die volgende getalle deur ‘n optel getalsin te
skryf.
a. 6 : + + =
b. 8 : + =
9
Downloaded from hlayiso.com
21. a. Watter getal is 10 meer as 9? ______________.
b. Watter getal is 10 meer as 10? ______________.
c. Watter getal is 10 minder as 17? _____________.
d. Watter getal is 5 minder as 11? ______________.
PROBLEEMOPLOSSING
1. a. Hoeveel meer is 18 as 11? ______________.
b. As jy 7 by ‘n sekere getal tel is die antwoord 14.
Wat is die ander getal? Die ander getal is
______________.
c. Mary het 19 albasters. Sy het 5 minder albasters as
John. Hoeveel albasters het John?
______________
10
Downloaded from hlayiso.com
2. a. Verdeel 12 roomyse gelykop tussen 2 maats.
b. As jy 11 potlode gelykop tussen Mary en Anne deel, sal
Mary ____________ potlode kry en Anne
_____________ potlode en _____________ sal oorbly.
c. Hoeveel bene het 4 perde? _____________________
d. Lisa het 5 perskebome in elk van 4 rye geplant. Hoeveel
perskebome het sy altesaam geplant?
_______________________
11
Downloaded from hlayiso.com
GELDPROBLEME
a. Twee 5c muntstukke het dieselfde waarde as een
1.
___________muntstuk.
b. Twee R10 note het dieselfde waarde as een __________.
noot.
c. Die totaal van 10c + 10c + 10c is _____________.
d. Voltooi: R10 + R5 = _____________.
Voltooi die volgende table:
Prys van artikel Betaal met Kleingeld
40c 50c
35c 40c
R1 R2
2. a. Suzy het 20c. Haar ma gee haar 30c. Hoeveel geld het
Suzy nou? Suzy het ________________ sent.
b. As R1 gelykop tussen 2 dogters gedeel word, kry elke
________.
c. As 40c gelykop tussen 4 dogters gedeel word, kry elke
_______.
d. Die prys van 1 boek is R2. Hoeveel sal 6 van dieselfde boeke
kos?
12
Downloaded from hlayiso.com
PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA
1. a. Teken die volgende vorms in die patroon.
b. Teken die volgende 3 diagramme in die patroon.
_____________
c. Kopieër die volgende patroon.
d. Teken die volgende vorms in die onderstaande ‘groeiende’
patroon..
13
Downloaded from hlayiso.com
2. Voltooi die tabelle.
a.
1 2 3 4 5
*5 5 20
1 2 3 4 5
b.
*2 2 4 8
a.
3. Skryf die volgende 2 getalle in elke getalpatroon.
a. 20 ; 15 ; 10 ; ________ ; ________ .
b. 18 ; 16 ; 14 ; _______ ; _______.
14
Downloaded from hlayiso.com
RUIMTE EN VORM
1. Verbind elke prentjie hieronder met die vorm wat daarby pas,
deur ‘n reguit lyn te trek.
15
Downloaded from hlayiso.com
2. Omkring die voorwerp wat kan gly.
Prent Wiel
Merk die grootste voorwerp in die onderstaande groepe
voorwerpe met ‘n kruisie (x) en die kleinste voorwerp met ‘n
regmerkie ().
a.
b.
c
16
Downloaded from hlayiso.com
4. a. Hoeveel van die 10 voorwerpe in 3a, 3b en 3c het net
plat vlakke? _____________________ .
b. Hoeveel van 10 voorwerpe in 3a ,3b en 3c het net
geboë vlakke _____________________.
c. Kan die voorwerpe in 3c gly of rol?______________.
METING
1. a. Daar is _______ dae in ‘n week.
b. Die dae van die week is Sondag, _________________ ,
__________________ , ___________________,
__________________, __________________, Saterdag.
c. Maandag, ________ , Woensdag ,__________.
d. ________________, Donderdag, __________________,
Saterdag.
2. Hoeveel dae is daar tussen:
a. Maandag en Vrydag? ________
b. Sondag en Donderdag? ________
17
Downloaded from hlayiso.com
3. Skryf die korrekte tyd onder aan elke horlosie
a. __________ b. ____________ c. __________
4. Bongi gaan om 7-uur in die oggend skool toe. Sy kom om
3-uur in die middag by die huis. Vir hoeveel ure was sy weg
van die huis af?
_______________________________________________
18
Downloaded from hlayiso.com
5. Kyk na die lengte van die 4 lyne om te sien hoe lank elkeen is.
Beantwoord dan die vrae wat volg, sonder om die lyne te meet.
Lyn A _____________________________________
Lyn B _________________________________________
Lyn C ________________
Lyn D __________
a. Lyn _________ is die langste.
b. Lyn _________ is die kortste.
c. Lyn C is langer as lyn ___________.
d. Lyn A is korter as lyn _______ maar langer as lyn ______ en
lyn _______ .
_________________________________________________
e. Gebruik die letters wat elke lyn verteenwoordig om hulle van
die langste na die kortste te rangskik.
______________________________________________
f. Gebruik die letters wat elke lyn verteenwoordig om hulle van die
kortste tot die langste te rangskik.
_________________________________________________
19
Downloaded from hlayiso.com
1. DATAHANTERING
Matome vra 18 seuns in sy klas uit oor hul gunsteling
TV program. Hy maak ‘n lys van hul antwoorde deur die
volgende te skryf:
S vir sport, N vir nuus, D vir drama en G vir godsdiens.
S N D D G N G D S
G S N G S S D S G
Hoeveel seuns het die volgende as hul gunsteling TV
program gekies?
a. Sport? ________
b. Drama ________
c. Godsdiens ________
d. Nuus ________
20
Downloaded from hlayiso.com
1. Gebruik die inligting in vraag 1 en teken ‘n piktogram.
Voltooi dan die sinne wat volg.
Sleutel: Gebruik ( ) om 1 seun voor te stel.
GUNSTELING TV-PROGRAM
Aantal seuns
Sport Drama Godsdiens Nuus
TV-PROGRAM
21
Downloaded from hlayiso.com
2. a. Die meeste seuns het ______________________
gekies.
b. Die minste seuns het ___________gekies.
c. Die verskil tussen die aantal seuns wat sport gekies
het en die wat die nuus gekies het, is ______________.
22
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
2014 ANA Grade 2 Afrikaans Mathematics.pdf

Question paper
ANATest+Grade+2+Afrikaans-Mathematics+2013+Test.pdf
Question paper
2013+Grade+2+Afrikaans+Mathematics+Exemplar.pdf
Question paper
Mathematics Grade 2 Afrikaans 2012.pdf
CAPS document
CAPS MATHS AFRIKAANS GR 1-3 FS.pdf

Memorandum
2014 ANA Grade 2 Afrikaans Mathematics memo.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.


