Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n Antwoordblad van 4 bladsye (i–iv).
Maak die Antwoordblad in die middel van die vraestel los en maak seker dat dit
saam met die Antwoordboek ingelewer word. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings – Afdelings A en B.
3. Afdeling A moet op die aangehegte Antwoordblad beantwoord word.
Afdeling B moet in die Antwoordboek beantwoord word, behalwe vir Vraag 5.2.1 en
Vraag 5.3.1 wat op die Antwoordblad beantwoord moet word.
4. Lees die vrae noukeurig deur.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
7. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
8. ALLE berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word, tensy anders
vermeld.
9. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Agri Management Afr hlayiso.com
Agricultural Management Practices · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Management Practices
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Publisher
- IEB
- Pages
- 12
- File size
- 318.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 2 van 12
AFDELING A
Beantwoord hierdie afdeling op die ANTWOORDBLAD.
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien. Kies
die korrekte antwoord en maak 'n kruis (X) in die blok (A–D) langs die
vraagnommer (1.1–1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
1.1 Daar word na 'n arbeider wat aangestel word met die doel om op 'n
bepaalde tyd elke jaar vrugte te pluk verwys as 'n …
A permanente arbeider.
B los arbeider.
C seisoenale arbeider.
D tydelike arbeider.
1.2 Om die likiditeit van 'n plaas te bepaal bereken 'n mens die verskil tussen
die …
A inkomste en uitgawes.
B bates en laste.
C wins en verlies.
D lening en maandelikse betalings.
1.3 Die hoeveelheid vog wat grond na reënval of besproeiing kan behou, is die …
A waterhouvermoë.
B dreinering.
C belugting.
D deurweking.
1.4 Dierekarkasse word om die volgende rede deur 'n gesondheidsinspekteur
ondersoek:
A Om die vetinhoud van die karkas te bepaal.
B Om die graad van die karkas te bepaal.
C Om te bepaal of die karkas vry is van plae en siektes.
D Om die ouderdom van die dier te bepaal.
1.5 'n Fisiese kenmerk van grond wat nie deur grondverbeteringsmaatreëls
verander kan word nie, is …
A gronddreinering.
B grondtekstuur.
C grondvoedingstofinhoud.
D grondstruktuur.
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 3 van 12
1.6 Die boerderystelsel waarin die boer slegs genoeg produkte vir die
huishouding produseer en geen ekstra produkte het om te verkoop nie.
A Kommersiële boerdery
B Kleinskaalse boerdery
C Gespesialiseerde boerdery
D Bestaansboerdery
1.7 Die hooffaktor wat gebruik word om die veldtipe te bepaal is die …
A samestelling van grasspesies.
B jaarlikse reënval.
C digtheid van die gras.
D hoeveelheid bos.
1.8 Een van die volgende rekords is NIE 'n voorbeeld van onverwerkte data vir
'n vleiskudde nie.
A Getal kalwers wat gebore is
B Kalfpersentasie
C Geboortemassa
D Speenmassa
1.9 'n Boerderystelsel wat hoë uitset op 'n klein stukkie grond produseer, word
… genoem.
A presisieboerdery
B kleinskaalse boerdery
C intensiewe boerdery
D ekstensiewe boerdery
1.10 Watter van die volgende faktore word NIE ingesluit in die oeskoste vir 'n
gewas nie?
A Kunsmis wat gedurende groeiseisoen gebruik word
B Brandstof vir snymasjien
C Los arbeid om met die hand te oes
D Vervoer na bergingsilo
[20]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 4 van 12
VRAAG 2
Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–M) langs die vraagnommer (2.1–2.10) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD, byvoorbeeld 2.11 P. Elke beskrywing in KOLOM B mag slegs
EEN KEER gebruik word.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Kontantvloeistaat A Bemarking wat deur 'n agent gedoen word
waar kopers bie en die hoogste bod
2.2 Meganisasie aanvaar word.
2.3 Suurveld B Die vermindering in waarde van 'n trekker
oor 'n tydperk vanweë slytasie.
2.4 Aanbod
C Die verlies van blootgestelde bogrond
2.5 Kalibrasie vanweë swaar reën of wind.
2.6 Roerende kapitaal D Kapitaal wat gebruik word om brandstof vir
die trekker te koop.
2.7 Veiling
E 'n Natuurlike weiveld met hoë voedings-
2.8 Waardevermindering waarde gedurende die somer en lae
voedingswaarde in die winter.
2.9 Verwering
F Die gedeeltelike vervanging van arbeid deur
2.10 Kwitansie kapitaalinvestering.
G Verwys na die bronne, bedrae en datums
van kontantinvloei en -uitvloei gedurende 'n
spesifieke tydperk.
H Die afbreek van rotse om grond te vorm.
I Die hoeveelheid van 'n landbouproduk wat
'n produsent teen 'n spesifieke prys aan die
mark lewer.
J 'n Natuurlike weiveld wat in laereënval-
gebiede aangetref word.
K 'n Brondokument wat uitgereik word om te
erken dat geld deur die onderneming
ontvang is.
L Meting, berekening en instelling van
implemente om stowwe toe te dien wat in
die produksieproses gebruik word.
M Kapitaal wat gebruik word om diere vir 'n
lewendehawe-onderneming te koop.
[20]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 5 van 12
VRAAG 3
Gee die korrekte landbouterm vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (3.1–3.10) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD, byvoorbeeld 3.11 Bemarking.
3.1 Die proses om inligting oor verbruikers se behoeftes en voorkeure in te
samel.
3.2 Die aanwending van 'n natuurlike of chemiese stof op die grond om die
produktiwiteit van die grond te verbeter.
3.3 Die getal diere wat per hektaar gehou kan word sonder om die omgewing te
degradeer.
3.4 'n Benadering tot landbou wat inligtingstegnologie gebruik om te verseker
dat gewasse en grond presies ontvang wat hulle nodig het vir optimale
gesondheid en produktiwiteit.
3.5 'n Landboubedrywigheid wat besoekers na die plaas bring om landbou-
aktiwiteite te geniet of daaraan deel te neem.
3.6 'n Lys van die eindsaldo's van alle grootboekrekeninge van 'n onderneming
wat gewoonlik aan die einde van 'n rekeningkundige tydperk opgestel word.
3.7 Die metode om die grond te beskerm deur dit met dooie plantmateriaal te
bedek.
3.8 Kennis, vaardighede en praktyke wat deur ons voorouers in 'n spesifieke
geografiese gebied versamel is en wat steeds bruikbaar en waardevol is.
3.9 Die klassifikasie van geoeste produkte volgens gehaltekriteria.
3.10 Kontant wat vir klein, onverwagte betalings soos posgeld of die herstel van
'n pap band gebruik word.
[10]
50 punte
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 6 van 12
AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Begin elke vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 4 PLAASBEPLANNING
4.1 Verwys na die tabelle hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.
Tabel 1 gee die hulpbrondata vir Bergvleiplaas en Tabel 2 gee die
groeivereistes vir verskeie landbougewasse.
Tabel 1: Hulpbrondata vir Bergvleiplaas
Plaasgrootte 900 ha
300 ha bewerkbaar; 600 ha niebewerkbaar
Gemiddelde 18–30 °C (somer)
temperature 5–20 °C (winter)
Ryp Ligte tot medium ryp April–Augustus
Jaarlikse reënval 600 mm
Reënvalverspreiding Somerreënval (Oktober–Februarie)
Grondtekstuur 20% klei, meestal goed gedreineer
Grondsuurheid Meestal 5,5–6
Besproeiing Geen – alles droëland-produksie
Tabel 2: Vereistes vir optimale groei van gewasse
Water- Dag-
Ryp- Groeiseisoen
behoeftes temperatuur Grondtipe Grond-pH
bestand – dae
mm °C
Diep
Katoen 700–1 300 20–30 Nee 6,5–8 150–220
Medium–swaar
Diep
Droë bone 300–500 15–20 Nee 5,5–6 90–120
Goed gedreineer
Diep
Mielies 500–900 24–30 Nee 5–7 100–140+
Goed gedreineer
Nie sanderig nie
Sojabone 450–700 20–25 Nee 6–6,5 80–130
Goed gedreineer
Diep
22–30
Suikerriet 1 300–1 600 Nee Lig–swaar 5,5–8 250–540
min 15 °C
Goed gedreineer
15–20
Koring 180–250 Redelik Medium–swaar 6–8 120–210
min 5 °C
[Aangepas en vertaal uit: Department of Water Affairs, 2010]
4.1.1 Het Bergvleiplaas 'n gematigde of 'n tropiese klimaat? Verduidelik
jou antwoord. (2)
4.1.2 Identifiseer TWEE gewasse uit die tabel wat geskik sal wees vir
hierdie produksiegebied en wat in wisselbou geplant kan word. Gee
redes vir jou keuse. (4)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 7 van 12
4.1.3 Stel TWEE lewendehawe-ondernemings voor wat op hierdie plaas
bedryf kan word. Verduidelik jou keuse. (4)
4.1.4 Die boer kan óf handearbeid óf meganisasie gebruik om die
verskillende take wat deur die verbouingsonderneming vereis word,
uit te voer. Vergelyk die gebruik van handearbeid en meganisasie
in terme van die volgende:
(a) Koste
(b) Doeltreffendheid
(c) Produkgehalte
(d) Tyd geneem
(e) Oppervlakte wat voltooi kan word
(f) Geskikste opsie vir hierdie plaas (eie mening) (6)
4.1.5 Gee VIER faktore wat gebruik word om te bepaal of grond
bewerkbaar is. (4)
4.1.6 Gee DRIE maniere waarop 'n boer die dreinering van grond kan
verbeter. Verduidelik jou antwoord. (3)
4.1.7 Verduidelik die effek van grond-pH op gewasproduksie. (2)
4.1.8 Verduidelik hoe 'n boer die pH van grond kan verander en hoe
hierdie proses werk. (3)
4.1.9 Gee VIER voordele van die gebruik van wisselbou in 'n verbouing-
stelsel. (4)
4.1.10 Beskryf VIER faktore wat 'n mens se keuse van gewasse vir 'n
wisselboustelsel sal beïnvloed. (4)
4.2 'n Saaiboer oorweeg die gebruik van presisieboerderytegnieke.
4.2.1 Gee VIER voorbeelde van hoe presisieboerdery in 'n verbouings-
onderneming gebruik kan word. (4)
4.2.2 Gee DRIE voordele van die gebruik van presisieboerderymetodes
in 'n verbouingsonderneming. (3)
4.2.3 Noem DRIE tipes toerusting wat nodig sal wees vir die gebruik van
presisieboerderymetodes. (3)
4.3 'n Plaas het 'n oppervlakte saaigrond met 'n helling van 1:8.
4.3.1 Beskryf die helling van die grond EN verduidelik die bruikbaarheid
daarvan vir gewasproduksie. (2)
4.3.2 Verduidelik wat die boer kan doen om die bruikbaarheid van hierdie
grond vir gewasproduksie te verbeter. (2)
[50]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 8 van 12
VRAAG 5 OES EN BEMARKING
5.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SA eiertekort laat pryse klim
Ray Mahlaka en Aarti Bhana, Moneyweb,
15 Desember 2017
1 SA is midde-in 'n eiertekort en
ontbyt het in die laaste tyd duurder
geword.
[Foto: Matthew Lloyd/Bloomberg]
2 Eierkoste is besig om te styg en toon geen tekens van 'n daling nie,
terwyl SA se boere stry teen 'n uitbreking van voëlgriep wat lei tot die
uitdunning van miljoene lêhenne. Ongeveer 4,7 miljoen lêhenne is
sedert die uitbreking in Junie vanjaar uitgedun, wat 13 eierplase, meestal
in die Wes-Kaap, beïnvloed.
3 Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het die griepuitbreking
tot meer as 1 000 direkte werksverliese gelei en SA se eierproduksie met
3,9 miljoen eiers per dag verminder.
4 Data van Statistiek SA dui aan die gemiddelde prys van 'n rakkie van
18 eiers 16,9% meer in November 2017 kos vergeleke met dieselfde tyd
verlede jaar. In randterme het SA se gemiddelde eierprys (rakkie van
18 eiers) oor dieselfde tydperk van R36,49 tot R42,65 gestyg. Inflasie vir
eiers in Oktober was 4,8% jaar tot jaar.
5 Die Wes-Kaap het na vore getree as die duurste provinsie om eiers te
koop, met die gemiddelde prys vir 'n rakkie van 18 eiers op R46,85.
6 Die Wes-Kaap is die swaarste deur die voëlgriepvirus getref, aangesien
ongeveer drie miljoen lêhenne uitgedun is. Bedryfsramings toon dat die
Wes-Kaap die grootste verspreiding van hoenders en eiers in SA het met
'n geraamde markaandeel van 21,9%.
7 Die voortslepende ernstige droogte in die Wes-Kaap het veroorsaak dat
kleiner eierboere die bedryf oor die laaste twee jaar verlaat, aangesien
hoër voerkoste hul winsgewendheid hard geslaan het.
8 Data van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging toon dat SA se
gemiddelde eierproduksie vir 2017 na verwagting die laagste in vyf jaar
sal wees teen 379 000 kaste per week.
5.1.1 Verduidelik die effek van die voëlgriepuitbrekings op die aanbod
van eiers in Suid-Afrika. (2)
5.1.2 Gebruik 'n vraag-en-aanbod-kromme om jou antwoord te
ondersteun en verduidelik hoe die verlaagde aanbod van eiers die
prys van eiers in Suid-Afrika beïnvloed het. (4)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 9 van 12
5.1.3 Die artikel noem die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging. Gee
DRIE funksies van bedryfsverenigings of -organisasies in die
landboubedryf. (3)
5.1.4 Die artikel noem dat 'n aantal klein produsente toegemaak het as
gevolg van die uitbreking van die siekte.
(a) Gee TWEE redes waarom klein produsente meer kwesbaar is
in hierdie situasie. (2)
(b) Dui aan wat hierdie klein produsente kan doen om hul
ondernemings te beskerm en hulle meer volhoubaar te maak. (3)
5.1.5 Verduidelik as pluimveeboer hoe jy die vyf bestuursrolle (Beheer,
Beplanning, Koördinering, Motivering en Organisasie) sal gebruik
om die voëlgriepsiekte te beheer en te voorkom dat dit jou plaas
beïnvloed. (5)
5.2 Boer Mokoena het 'n plaas waarop hy aartappels produseer. Hy het die
volgende items op die plaas op 28 Februarie 2018:
Plaasgrond R1 200 000
Landbanklening R800 000
Trekker R80 000
Aartappelverpakkingskuur R80 000
Rekening by koöperasie R90 000
Bankoortrekking R40 000
Brandstof voorhande R10 000
Kunsmis voorhande R12 000
Geoeste aartappels R60 000
5.2.1 Stel 'n balansstaat vir hierdie plaas op deur die tabel te gebruik wat
op die ANTWOORDBLAD voorsien word. (12)
5.2.2 Gebruik die balansstaat uit Vraag 5.2.1 en evalueer die likiditeit van
hierdie plaas op hierdie tydstip. Verskaf goeie verduidelikings vir
jou antwoord. (3)
5.2.3 Die tabel hieronder verskaf drie bemarkingskanale wat Boer
Mokoena kan gebruik om sy aartappels te bemark. Kopieer die
tabel in jou Antwoordboek en voltooi dit deur een voordeel en een
nadeel van elke bemarkingskanaal te gee.
Bemarkingskanaal Voordeel Nadeel
Plaashek
Kontrak
Vrye mark (6)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 10 van 12
5.3 Lerato beplan om 'n lot braaikuikens te produseer om by die plaaslike
taxistaanplek te verkoop teen 'n prys van R60 per voël. Die plaaslike
voorligtingsbeampte het haar aangeraai om 'n sterftesyfer van 4%
gedurende die grootmaaktydperk te verwag en het haar die volgende lys
insette gegee:
500 dagoudkuikens teen R6,50 per kuiken
50 sakke voer teen R180 per sak
40 kg gas vir kunsmoeders teen R22 per kg
1 vrag houtskaafsels teen R200 per vrag
100 km vervoer van bemarkbare braaikuikens teen R5 per km
5.3.1 Gebruik die tabel op jou ANTWOORDBLAD en stel 'n gedeeltelike
begroting vir 'n enkele lot braaikuikens op om die bruto marge van
'n enkele lot te bepaal. (8)
5.3.2 Die werklike bruto marge kan verskil van die verwagte syfers wat in
Vraag 5.3.1 bereken is. Gee TWEE redes waarom dit kan gebeur. (2)
[50]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 11 van 12
VRAAG 6 BESIGHEIDSBEPLANNING EN -BESTUUR
6.1 Lees die artikel hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.
Agritoerisme help volstruisplaas om hoog te vlieg
Ongunstige mark- en produksietoestande dwing boere om maniere te soek om
risiko's te diversifiseer en plaaskontantvloei te versterk. Johan Keller, wat op
De Denne buite Oudtshoorn in die Klein-Karoo boer, moes plaasvolhoubaarheid
ernstig herevalueer na die uitbreking van voëlgriep 'n paar jaar gelede. Die
uitbreking het tot 'n verbod op volstruisuitvoere – hul primêre bron van
inkomste op daardie tydstip – gelei, selfs al het hierdie siekte geen voëls in die
streek beïnvloed nie.
In reaksie op die uitbreking het Johan plaasproduksie van volstruise, lusern en
lusernsaad gediversifiseer om melk- en Bonsmara-beeste in te sluit. Twee jaar
gelede het hy verdere waarde tot die onderneming toegevoeg deur die
agritoerismemark dapper te betree.
Stampvol toeristebestemming
Om 'n agritoerisme-onderneming te begin is kapitaalintensief. De Denne het 'n
paar ou geboue van meer as honderd jaar gehad wat opgeknap moes word. Op
die oomblik is vier geboue wat 16 mense huisves op óf 'n bed-en-ontbyt- óf 'n
selfsorgbasis beskikbaar. 'n Kampterrein naby die plaasdam vir toeriste wat in 'n
buitelugervaring belangstel, word ook ontwikkel. Die selfsorgeenhede is met
moderne geriewe toegerus, byvoorbeeld lugversorging, 'n kroegyskas, TV,
haardroër, fasiliteite om tee en koffie te maak, mikrogolfoond en kookplaat.
Elke eenheid het 'n privaat ingang en braaifasiliteit.
De Denne se toeristeaktiwiteite sluit voëlkyk, bergfietsry en skilderagtige
staproetes in. Daaglikse omgewings- en plaastoere om te sien hoe volstruis-
kuikens uitbroei, het ook baie gewild geword. Gaste geniet dit om op 'n
werkende plaas te wees waar hulle sien hoe werkers hul take verrig – koeie
melk, volstruise voer en lusern oes. Nabygeleë attraksies sluit volstruis-
vertoonplase en wynplase, 4×4-roetes, die Kangogrotte, Cango Wildlife Range
en bergfietsry teen die Swartberg in.
New Age-bemarking
As deel van De Denne se bemarkingstrategie het Johan die webwerf
www.dedenne.com laat ontwerp. Hierdie intydse webwerf laat mense toe om
die beskikbaarheid van kamers na te gaan en besprekings op die webwerf of via
e-pos te doen.
Die gastehuis se inkomste is heel betekenisvol vergeleke met dié wat uit primêre
boerdery-aktiwiteite gegenereer word. Johan sê toerisme het kontantvloei
gedurende moeilike maande verhoog en dit het nuwe werk op die plaas geskep.
[Aangepas en vertaal uit: Farmers Weekly, 19 Maart 2007]
6.1.1 Die eienaar van hierdie plaas, Johan Keller, is 'n suksesvolle
entrepreneur. Identifiseer VYF eienskappe van mnr. Keller wat van
hom 'n entrepreneur maak. (5)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 12 van 12
6.1.2 Om vir die agritoerisme-onderneming kapitaal by die bank te verkry
sou mnr. Keller 'n sakeplan moes opstel. Beskryf die VYF hoof-
afdelings van 'n sakeplan EN verduidelik kortliks wat in elke
afdeling ingesluit sal word. (10)
6.1.3 Die artikel noem dat mnr. Keller sy boerderybedrywighede
gediversifiseer het om melkbeeste, vleisbeeste en agritoerisme in
te sluit. Evalueer hierdie besluit in terme van die fisiese en
finansiële versoenbaarheid van hierdie nuwe ondernemings met die
bestaande plaas. (4)
6.1.4 Verduidelik hoe die agritoerisme-onderneming tot die algehele
waarde van die plaas sal bydra. (3)
6.1.5 Kan jy enige negatiewe impak voorsien om groot getalle toeriste te
hê wat die plaas besoek? Stel DRIE moontlike probleme voor. (3)
6.1.6 Hierdie boer gebruik 'n webwerf om die onderneming te bemark.
Evalueer die geskiktheid van hierdie reklamemetode vir hierdie
onderneming. (3)
6.1.7 Stel TWEE ander relevante maniere voor waarop mnr. Keller sy
agritoerisme-onderneming kan bemark. (2)
6.2 Suid-Afrika spoor dodelike Listeria terug na worsievleis, herroep dit
Suid-Afrikaners is aangesê om nie “reg vir eet” verwerkte vleis te verbruik nie
aangesien die regering 'n Listeria-uitbreking wat 180 mense laat sterf het,
verbind het met worsievleis van die land se grootste verbruikersvoedselgroep.
[Aangepas en vertaal uit: Reuters, 4 Maart 2018]
6.2.1 Gee DRIE redes vir die verwerking van vleis in verskeie produkte. (3)
6.2.2 Die Listeria-bakterieë is ingevoer in 'n bymiddel vir verwerkte vleis
van Suid-Amerika af. Bespreek DRIE maniere waarop die
besmetting van vleisprodukte in Suid-Afrika voorkom kon word. (3)
6.2.3 Noem VIER brokkies inligting wat op die etiket van verwerkte
landbouprodukte vertoon moet word. (4)
6.2.4 Ontwerp 'n plakkaat wat in 'n vleisverwerkingsfasiliteit vertoon kan
word wat personeel sal inlig oor voedselveiligheidsprosedures. Sluit
minstens VIER prosedures op jou plakkaat in. Gebruik 'n skoon
bladsy in jou Antwoordboek om jou plakkaat aan te bied. (5)
6.2.5 Die onlangse listeriose-uitbrekings het verbruikersvertroue in
varkprodukte aansienlik verminder.
(a) Watter impak het hierdie uitbreking op Suid-Afrikaanse
varkprodusente gehad? (3)
(b) Stel TWEE maniere voor waarop varkprodusente hul status in
die vleisbedryf kan herwin. (2)
[50]
150 punte
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2018
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2025 Afr

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2025 Eng

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 Afr

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 Eng

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Agri Management Afr memo hlayiso.com

Document
Agricultural Management Practices PAT GR 12 2018 Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Management Practices May June 2024 Afr

Question paper
Agri Management 2019 Afr hlayiso.com

Question paper
Agri Management Afr hlayiso.com

Question paper
Agri Man Prac Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Management Practices
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx

Memorandum