Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Lees al die vrae noukeurig deur en maak seker dat jy net beantwoord wat gevra
word.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
7. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
8. ALLE berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word, tensy anders
vermeld.
9. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Agri Management Afr hlayiso.com
Agricultural Management Practices · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Management Practices
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Pages
- 14
- File size
- 327.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 2 van 14
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf die vraagnommer en die letter wat met jou
antwoord ooreenstem in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Die bemestingstof wat toegedien moet word om die hoë pH van
grond met 'n oormaat natriumsoute reg te stel, is ...
A kalk.
B ureum.
C gips.
D ammoniumsulfaat.
1.1.2 Die aanwending van kapitaal in 'n onderneming met die verwagting
om 'n wins te maak, word ... genoem.
A wins
B bruto boerderyinkomste
C belegging
D insetterme
1.1.3 Byvoeging van organiese materiaal tot gronde verbeter veral die …
A grondstruktuur.
B grondreaksie.
C gronddiepte.
D grondtekstuur.
1.1.4 'n … word uitgereik om te erken dat geld deur die onderneming
ontvang is.
A Kredietverkoopfaktuur
B Kwitansie
C Tjek
D Debietnota
1.1.5 Die … is waar geld gehou word vir uitgawes soos koffie, koeverte
ens.
A tjek
B kasboek
C dagboek
D kleinkas
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 3 van 14
1.1.6 Die primêre bewerkingsimplement wat gebruik word om grond diep
te bewerk om 'n beperkende laag te breek om waterinfiltrasie en
dreinering te verbeter, is 'n ...
A kapploeg.
B beitelploeg.
C skottelploeg.
D skeurploeg.
1.1.7 Die volgende is NIE 'n tegnologiese hulpmiddel wat in
presisieboerdery gebruik word NIE.
A globale posisioneringstelsel (GPS)
B geografiese inligtingstelsel (GIS)
C opbrengsmonitors
D katioonuitruilkapasiteit (KUK)
1.1.8 Die grondeienskap wat die meeste grondkwaliteite bepaal en
beïnvloed, is ...
A grondstruktuur.
B gronddiepte.
C grondtekstuur.
D grondreaksie.
1.1.9 Die ekonomiesste bron van dierevoeding is …
A natuurlike veld.
B aangeplante weidings.
C graangewasse.
D weiveld onder besproeiing.
1.1.10 Die term … beteken dat geen enkele lewende organisme in 'n
produk teenwoordig is nie.
A gepasteuriseer
B gesteriliseer
C verhit
D gepreserveer (20)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 4 van 14
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die vraagnommer en die letter wat met jou keuse ooreenstem in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld: 1.2.11 A. Elke beskrywing in
KOLOM B mag slegs EEN keer gebruik word.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 produksierisiko A die ekonomiese verskynsel waar
die inkomste uit sekere toerusting
1.2.2 monopolie nie die geldelike koste van daardie
toerusting regverdig nie
1.2.3 globale
posisioneringstelsel B die lewering van dienste aan die
boer
1.2.4 grondwaterkapasiteit
C 'n hulpbron wat gebruik word om al
1.2.5 kontrole/beheer die data en pryse van toerusting te
bekom
1.2.6 inventaris
D help 'n boer om die oppervlakte van
1.2.7 depresiasie 'n landery te bepaal
1.2.8 inligting E 'n beweeglike bate se verlies aan
waarde as gevolg van slytasie
1.2.9 onderkapitalisering (wear and tear)
1.2.10 tersiêre landbou F vermoë van grond om water teen
gravitasie vas te hou
G 'n lys van al die bates op die plaas
H droogte en onvoorsiene weer-
verskynsels in 'n produksieseisoen
I die tipe prysvasstelling by 'n mark
met een verkoper en baie kopers
J die bestuursfunksie wat verseker
dat al die daaglikse werk gedoen
word
K is wanneer te min kapitaal
beskikbaar is om maksimale
produksie te verkry
(20)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 5 van 14
1.3 Gee die korrekte landboukundige term vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte term in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.11 natrium.
1.3.1 Die tipe veld wat in alkaliese grond in 'n laereënvalgebied groei.
1.3.2 Die instel van 'n spuitpomp om teen die korrekte tempo te
funksioneer.
1.3.3 Die presisieboerderytegnologie wat gebruik word om die boer te
help om die hoeveelheid oesinset wat deur 'n gewas in 'n spesifieke
oppervlakte benodig word, tegnologies te beheer.
1.3.4 Die bestuursfunksie wat nodig is voordat enige taak op 'n plaas kan
begin of waarsonder geen aktiwiteit moontlik is nie.
1.3.5 Dit verwys na die partikelgrootte van die gronddeeltjies.
1.3.6 Die proses wat die boer volg om die produk van die plaas tot by die
verbruiker te kry.
1.3.7 Die produksie van verskeie gespesialiseerde produkte van die
basiese produk.
1.3.8 Die tipe plaagbeheerstelsel waar die boer gebruik maak van
biologiese en chemiese beheer asook doeltreffende boerdery-
metodes.
1.3.9 Die opeenvolgende verbouing van verskillende gewasse op
dieselfde stuk grond.
1.3.10 Die mees basiese natuurlike hulpbron in die landboubedryf. (10)
50 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 6 van 14
AFDELING B
VRAAG 2 HULPBRONBENUTTING, GRONDGEBRUIK EN
BOERDERYSTELSELS
2.1 Bestudeer die onderstaande feiteblok en beantwoord die daaropvolgende
vrae:
• Grond kan saam met water met reg beskou word as een van die belangrikste
natuurlike hulpbronne.
• Grondgeskiktheid of die gebruike van grond word bepaal deur grond-
eienskappe wat verband hou met grondkwaliteite.
• Die grondstruktuur beïnvloed die gronddeurlugting.
• Grondtekstuur en gronddiepte bepaal weer die waterhouvermoë van die
grond.
• Die katioonuitruilkapasiteit van grond bepaal weer die grondvrugbaarheid.
• Die grondvrugbaarheid bepaal weer die grondkleur en grondtemperatuur.
• Inligting ('n menslike hulpbron) oor grondeienskappe en grondkwaliteite is
dus onontbeerlik vir die bepaling van die grondgeskiktheid vir besproeiing,
beweiding, bewerkbaarheid, ens.
2.1.1 Verduidelik in elk van die onderstaande gevalle hoe die betrokke
grondeienskappe die genoemde grondkwaliteit daarby sal
beïnvloed.
(a) Die invloed van 'n kleierige grondtekstuur op waterinfiltrasie. (2)
(b) Die invloed van 'n enkelkorrelgrondstruktuur op die
bewerkbaarheid van die grond. (2)
(c) Die invloed van vlak grond op die deurlugting van die grond. (2)
(d) Die invloed van lae grondtemperature op water- en
voedingstofopname deur plante. (2)
2.1.2 Bespreek die …
(a) mineraalinhoud en dreineerbaarheid van grond met 'n rooi
kleur. (2)
(b) groeitempo van plante en die mikrobebevolking van grond
met 'n pH van 4. (2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 7 van 14
2.2 Bestudeer die onderstaande gevallestudie en beantwoord die daarop-
volgende vrae:
'n Boer besit 'n gemengde boerdery. Die plaas beskik oor bewerkbare grond vir
die verbouing van graan, aangeplante meerjarige weiding en vrugteboorde onder
besproeiing. Die saad vir die aanplant van die graan en weiding word aangekoop
van erkende saadprodusente om goeie ontkieming te verseker. Die werk op die
plaas word behartig deur 'n plaasbestuurder met agt arbeiders wat elke maand
hul loon ontvang, op die plaas bly, deel in die winste en 'n 45-uurwerkweek
handhaaf. Die arbeiders ontvang ook gereeld opleiding om hul vaardighede te
ontwikkel.
Die water vir die besproeiing van die vrugte en aangeplante weiding word verkry
vanaf 'n boorgat wat na 'n reservoir gepomp word. Die reservoir is deur 'n ervare
kontrakteur met 'n span arbeiders opgerig. Die water dien ook as drinkwater vir
die intensiewe veeboerdery. Die boer poog om slegs van organiese boerdery-
praktyke gebruik te maak en bemark sy vrugte en vee in die plaaslike winkel-
sentrums as "organies". Die boer maak gebruik van arbeiders uit die plaaslike
gemeenskap asook kontrakwerkers om die vrugte te help oes.
2.2.1 Verskaf TWEE voorbeelde uit die gevallestudie van …
(a) vaste kapitaal. (2)
(b) beweeglike/roerende kapitaal. (2)
(c) bedryfs-/vlottende kapitaal. (2)
2.2.2 Verskaf DRIE probleme met kapitaal as 'n produksiefaktor. (3)
2.2.3 Noem DRIE metodes wat die boer kan gebruik om die produktiwiteit
van sy landbougrond te verbeter. (3)
2.2.4 Verduidelik uit die gevallestudie wat bedoel word met …
(a) gemengde boerdery. (2)
(b) organiese boerdery. (1)
2.2.5 Bespreek intensiewe veeboerdery ten opsigte van …
(a) bevolkingsdigtheid. (2)
(b) dierevoeding. (2)
(c) arbeidskoste. (2)
2.2.6 Verskaf EEN sin uit die gevallestudie wat daarop dui dat die boer 'n
kommersiële boer is. (1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 8 van 14
2.2.7 Noem DRIE voordele van 'n kampstelsel by veeproduksie indien die
boer sou besluit op die verdeling van die weiveld in kampe. (3)
2.2.8 Noem die TWEE tipes tydelike arbeid waarvan die boer gebruik
maak asook 'n voorbeeld van elkeen. (4)
2.2.9 Verskaf TWEE bewyse dat die boer poog om die produktiwiteit van
sy arbeiders te verhoog. (2)
2.2.10 Noem die arbeidswet van toepassing op die "45-uurwerkweek". (1)
2.3 Bestudeer die onderstaande foto en beantwoord die daaropvolgende vrae.
[Foto: Landbouweekblad, 14 April 2017]
2.3.1 Identifiseer die swak boerderytegniek wat aanleiding gegee het tot
die toestand wat heel regs van die heining op die foto hierbo. (1)
2.3.2 Noem TWEE redes waarom weiveld genoeg rustyd moet kry tussen
weiperiodes. (2)
2.3.3 Definieer die term drakrag. (3)
[50]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 9 van 14
VRAAG 3 AGRITOERISME EN BEMARKING
Bestudeer die onderstaande artikel (Landbouweekblad, 3 Februarie 2017)
aandagtig en beantwoord Vrae 3.1, 3.2 en 3.3.
Die plaaslike alpakkabedryf het die afgelope tien jaar gegroei van 'n handjievol telers
met enkele diere tot 'n volwaardige boerderyvertakking bestaande uit sowat 50 telers,
produsente en verwerkers van alpakkaprodukte.
Me. Alison Notley, voorsitter van die alpakkavereniging van SA, sê die meeste
alpakkaboerderye is in die Wes-Kaap, maar daar is ook groot alpakkakuddes in die
Vrystaat, KwaZulu-Natal en Gauteng. Sy sê belangstelling in alpakkas neem al hoe meer
toe met meer telers wat by die vereniging aansluit.
Hoewel die veselverwerkingafdeling van alpakkaproduksie nie in almal se kraal pas nie,
word alpakkas ook aangewend as wagte vir skaapkuddes en as troeteldiere. Daar is selfs
'n boer in Oudshoorn wat hulle gebruik om sy springbokke op te pas.
Notley waarsku egter dat alpakkas 'n nismark (niche) is en dat die aanvanklike insetkoste
van die diere wyd kan verskil. Die prys van die dier gaan grootliks bepaal word deur die
geslag en of 'n vroulike dier dragtig is. 'n Jong dragtige alpakka sal tot R22 000 kos,
terwyl manlike alpakkas sowat R5 500 stuk behaal. 'n Jong alpakkaram wat nog nie as
vrugbaar bewys is nie, kan selfs minder behaal. Die prys van alpakkavesel wissel ook
heelwat, na gelang van die produk wat hulle uit die vesel vervaardig.
Notley meen dat die toekomstige mark vir alpakkas besonder rooskleurig lyk. "'n Aantal
telers het reeds alpakkas na Namibië, Lesotho en nou onlangs na Botswana uitgevoer,"
sê sy.
3.1 3.1.1 Noem DRIE gebruike van alpakkas uit die artikel hierbo. (3)
3.1.2 In die artikel word beweer dat alpakkas 'n nismark is. Verskaf 'n
definisie van 'n nismark deur te verwys na TWEE eienskappe van 'n
nismark. (2)
3.1.3 Verskaf DRIE redes waarom kenners beweer dat nismarkte in die
toekoms meer algemeen sal voorkom in die landboubedryf. (3)
3.1.4 Ontleed en verklaar DRIE moontlike redes vir Me. Notley se
waarskuwing aan boere en voornemende kopers. (3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 10 van 14
3.2 Nadat 'n jong boer die alpakka-artikel gelees het besluit hy om met
alpakkas te begin boer. Die boer besoek verskeie van die alpakkaplase in
die Vrystaat en Wes-Kaap om navorsing te doen en inligting te bekom
aangaande alpakkas. Voordat die boer egter enige diere aankoop, stel hy
eers 'n sakeplan op.
3.2.1 Verskaf VIER redes vir die opstel van 'n sakeplan. (4)
3.2.2 In die opstel van die sakeplan doen hy ook 'n SSGB-ontleding.
Verduidelik wat bedoel word met 'n SSGB-ontleding (SWOT-
ontleding) deur na die komponente daarvan te verwys. (4)
3.2.3 Noem TWEE vereistes of beginsels waaraan die opstel van
produksiedoelwitte van die beplande alpakka-onderneming moet
voldoen. (2)
3.3 Die boer in Vraag 3.2 kan met reg beskou word as 'n agritoeris.
3.3.1 Verduidelik wat bedoel word met die term agritoeris. (3)
3.3.2 Identifiseer die volgende tipes agritoerisme:
(a) Toeriste wat die alpakkaplaas besoek om navorsing te doen
oor alpakkateling. (1)
(b) Toeriste wat die plaas besoek om die roete te volg om te
sien hoe alpakkaprodukte verwerk word. (1)
3.3.3 Noem DRIE maniere waarop agritoerisme tot voordeel kan wees vir
die plaaslike gemeenskap. (3)
3.4 Die tabel hieronder toon die getal sakke aartappels wat per week teen
verskillende pryse by 'n plaaslike mark aangebied en verkoop is. Elke sak
weeg 10 kg. Bestudeer die tabel en beantwoord die daaropvolgende vrae.
PRYS GETAL SAKKE GETAL SAKKE
(R/SAK) AANGEBIED VERKOOP
R60,00 100 5
R45,00 80 25
R40,00 70 30
R35,00 70 45
R30,00 60 50
R25,00 50 50
3.4.1 Teken 'n lyngrafiek om die verwantskap tussen die getal sakke
aartappels wat teen 'n bepaalde prys aangebied en verkoop is, voor
te stel. (6)
3.4.2 Verduidelik hoe die prys van 'n sak aartappels in die tabel hierbo
die vraag en die aanbod daarvan beïnvloed. (3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 11 van 14
3.4.3 Uit die bostaande tabel is dit duidelik dat die prys van aartappels
die vraag daarna beïnvloed. Verskaf DRIE ander faktore wat ook 'n
invloed sal uitoefen op die vraag na aartappels. (3)
3.4.4 Verduidelik wat die begrip markewewig impliseer. (2)
3.4.5 Van watter bemarkingsmetode maak die boere in die voorbeeld
(Vraag 3.4) hierbo gebruik? (1)
3.4.6 Noem DRIE ander bemarkingsmetodes as die metode in
Vraag 3.4.5 waarop boere hul produkte kan bemark. (3)
3.4.7 Noem DRIE bemarkingskostes in die produksie van 'n landbou-
produk. (3)
[50]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 12 van 14
VRAAG 4 BOERDERYBESTUUR, FINANSIËLE BEPLANNING EN
OES-WAARDETOEVOEGING
4.1 Inkomstestate, balansstate en begrotings is uiters belangrike dokumente in
die finansiële bestuur van 'n boerderyonderneming. Die onderstaande
begroting toon die geskatte finansiële aspekte van die skaapproduksie-
onderneming vir die 2018/2019 finansiële boekjaar van 'n wingerd-, koring-
en skaapproduksieonderneming. Bestudeer die onderstaande inligting en
beantwoord die daaropvolgende vrae.
GESKATTE UITGAWES GESKATTE INKOMSTE
ITEM BEDRAG (R) ITEM BEDRAG (R)
Veeartseny/Medisyne 9 300,00 Verkoop van lewende 470 000,00
hawe direk van die plaas
Voer 33 345,00 Misverkope 7 500,00
Voeraanvullings 8 800,00
Arbeid 35 500,00
Elektrisiteit 4 308,00
Voerkraalonderhoud 19 500,00
Chemiese plaagbeheer 8 756,00
Brandstof 3 500,00
Totale koste Totale opbrengste
4.1.1 Bereken die moontlike wins of verlies wat die boer uit die
onderneming kan genereer. Toon al die berekeninge. (4)
4.1.2 Noem TWEE maniere waarop die inkomste verhoog kan word. (2)
4.1.3 Noem TWEE omgewingsvriendelike maatreëls wat hierdie boer kan
instel. (2)
4.1.4 Is die bostaande begroting 'n heelplaas-, bedryfs- of gedeeltelike
begroting? (1)
4.1.5 Verskaf EEN rede vir jou antwoord op Vraag 4.1.4. (1)
4.1.6 Noem die tipe begroting wat gebruik word om twee vertakkings van
boerdery met mekaar te vergelyk. (1)
4.1.7 Definieer die volgende terme:
(a) begroting (3)
(b) inkomstestaat (3)
(c) balansstaat (3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 13 van 14
4.2 In die proses van besluitneming maak 'n entrepreneur gebruik van die
gelykbreekpunt-analise om hom te help om die dinamiese verhouding
tussen koste, volume, inkomste en wins te evalueer. Bestudeer die
volgende scenario en beantwoord die daaropvolgende vrae.
'n Entrepreneur wil graag gebruik maak van presisieboerdery in sy beplande
vleisbeesonderneming, maar wil eers vasstel hoeveel dit gaan kos vir 'n vleisbees
om genoeg massa aan te sit voordat hy 'n wins maak. Die vaste koste beloop
R520,00 per dier. Die veranderlike koste beloop R0,70 per kilogram. Die prys wat
die entrepreneur uitkry is R3,50 per kilogram lewende massa.
4.2.1 Gebruik 'n toepaslike formule en bereken die gelykbreekpunt. Toon
die formule sowel as al die berekeninge. (4)
4.2.2 Noem EEN bestuursvaardigheid uit die bogenoemde scenario
waaroor hierdie entrepreneur moet beskik om moontlik 'n
suksesvolle onderneming te vestig. (1)
4.2.3 Verskaf DRIE maniere waarop hierdie entrepreneur kan gebruik
maak van presisieboerdery in sy vleisbeesonderneming. (3)
4.3 Bestudeer die onderstaande leesstuk en beantwoord die daaropvolgende
vrae:
Die hantering van landbouprodukte is van groot belang om te verseker dat die
verbruiker 'n produk van goeie gehalte kry. Die proses begin al op die plaas deur
korrekte bestuurspraktyke tydens die groeiproses, oes, hantering, stoor en die
verpakking van die produkte toe te pas.
Vrugte vir die varsproduktemark word gewoonlik met die hand, en vir die
prossesseringsmark, hoofsaaklik meganies geoes. Die vervoer van die produk
vanaf die boord na die pakstoor op die plaas moet so vinnig as moontlik geskied.
Die verkoeling van die produk tydens vervoer en in die pakstoor is van kardinale
belang.
Graanprodukte word dikwels in grootmaat gestoor deur maatskappye wat baie
kapitaal belê in die instandhouding en tegnologiese ontwikkeling van sy
hanterings- en opbergingsfasiliteite. Hierdie maatskappye lewer verskeie
belangrike waardetoevoegingsfunksies soos die gradering en sortering van die
produk. Die aanwesigheid van vreemde stowwe, die aanwesigheid van
gebreekte/beskadigde korrels, die teenwoordigheid van siektes/insekte en die
vogtoestand by berging is belangrike faktore wat maatskappye in aanmerking
neem om te verseker dat die verbruiker 'n produk van goeie gehalte kry.
4.3.1 Verskaf TWEE redes en motiveer elkeen van die redes waarom
produkte vir die varsproduktemark eerder met die hand geoes word
en nie meganies nie. (4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 14 van 14
4.3.2 In die leesstuk word verwys na die gradering van graanprodukte.
(a) Definieer die term gradering. (1)
(b) Verskaf DRIE sigbare kriteria uit die leesstuk op die vorige
bladsy vir die gradering van graanprodukte. (3)
4.3.3 Verduidelik watter voordele die verpakking, stoor, gradering en
sortering van produkte as waadetoevoegingsfunksies moontlik vir
die verbruiker kan inhou. (3)
4.3.4 Volgens die leesstuk is die verkoeling van die produkte tydens
vervoer en in die pakstoor van kardinale belang.
(a) Verdedig die bostaande stelling deur te verwys na die
invloed van temperatuur op lewende mikro-organismes en
ensieme wat op produkte teenwoordig is. (2)
(b) Noem DRIE tipes verkoelingsmetodes wat gebruik kan word
om produkte teen bederf te beskerm. (3)
4.3.5 Die stoor van produkte in kleinmaat op die plaas hou verskeie voor-
en nadele in vir die produsent. Verskaf DRIE nadele van die stoor
van produkte in kleinmaat. (3)
4.3.6 Om watter DRIE redes word produkte hoofsaaklik verpak? (3)
[50]
150 punte
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2025 Afr

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2025 Eng

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 Afr

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 Eng

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Agri Management 2019 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Management Practices PAT GR 12 2019 Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Management Practices May June 2024 Afr

Question paper
Agri Management Afr hlayiso.com

Question paper
Agri Man Prac Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Management Practices
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx

Memorandum