Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 471.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
6. Toon AL jou berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Een van die volgende is nie ʼn komponent van die kontantvloeistaat
nie:
A Openingsbalans
B Inkomste
C Kontant items
D ʼn Gedeeltelike begroting (2)
1.1.2 ʼn Afname in produksie met elke volgende generasie wat veroorsaak
word deur die kruising van twee plante of diere wat na-verwant is,
word ... genoem.
A variasie
B inteling depressie
C opgradering
D onvolledige dominansie (2)
1.1.3 Sommige aktiwiteite wat die prosessering van voedselgewasse en
vleis insluit is die volgende:
i fermentering, vermenging, droging
ii droging, stoor, vermenging
iii inlê, vermenging, maal
iv maal, plant, verskeping
A i, iii
B i, ii, en iii
C ii, iv
D i, iii, en iv (2)
1.1.4 Fisiese, chemiese of biologiese agente wat mutasies veroorsaak of
DNS-molekules beskadig word … genoem.
A replikate
B mutante
C mutagene.
D geslagbepalers (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.1.5 … verwys na die effektiewe kombinasie en koördinasie van alle
hulpbronne om ʼn spesifieke doel, gewoonlik om maksimum wins, te
bereik.
A Bestuur
B Voorman
C Belegging
D Rentmeesterskap (2)
1.1.6 Die proses waardeur hulpbronne en bates bymekaargebring word
om gebruik te maak van ʼn geleentheid om ʼn besigheid te begin en
wins te maak:
A Entrepreneur
B Entrepreneurskap
C Plaasbestuurder
D Besigheidsbeplanning (2)
1.1.7 Die diagram hieronder stel … kapitaal voor.
CATTLE FEED = VEEVOER
A vaste
B roerende
C bedryfs-
D onbetaalde (2)
1.1.8 Die ... van ʼn besigheid is die verskil tussen die waarde van die bates
en die waarde van die laste van daardie besigheid.
A veranderlike koste
B inkomste
C netto waarde
D vaste koste (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.1.9 Die mees gepaste genotipe vir blokkie J moet ... wees.
AB Ab aB ab
AB AABB AABb AaBB AaBb
Ab AABb AAbb AaBb Aabb
aB AaBB AaBb aaBB aaBb
ab AaBb Aabb aaBb J
A BbAb
B bbba
C aabb
D AABB (2)
1.1.10 EEN van die volgende is nie ʼn eienskap of kenmerk van ʼn mark nie:
A Fokus op wat die kopers wil hê
B Bestuur is winsgeoriënteerd
C Klem val op die verbruiker se begeertes
D Beplanning is korttermyn, gebaseer op bestaande produkte
en die mark (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.2 Kies die term/frase uit KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die gepaste vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Een verkoper en baie A Waardevermindering
kopers
1.2.2 Die gebruik van statistieke B Erflikheid
vir die analise van
biologiese data
1.2.3 Waarde neem af oor tyd C Wet op Arbeidsverhoudinge,
Wet 66 van 1995
1.2.4 Reguleer werksure, verlof, D Erfdwang
oortyd, ens.
1.2.5 Porsie van waarneembare E Monopsonie
kenmerke tussen individue
as gevolg van gene
F Nageslag
G Monopolie
H Wet op Basiese
Diensvoorwaardes,
Wet 75 van 1997
I Segregasie
J Biometrika
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 ʼn Tradisionele metode van seleksie wat op die kwaliteit van die dier se
voorgeslagte gebaseer word (2)
1.3.2 Landbouwetgewing wat die verkope, uitvoer en invoer van sekere
landbouprodukte beheer, wat verseker dat produkte aan sekere vlakke
van kwaliteit voldoen (2)
1.3.3 ʼn Stuk eiendom, bv. grond, wat deur ʼn boer besit word en wat deur ʼn
bank verkoop kan word indien die boer nie ʼn lening kan terugbetaal nie (2)
1.3.4 ʼn Maatstaf wat effektief gebruik kan word in die identifisering van die
kragte en swakhede van geleenthede en risiko’s in besighede (2)
1.3.5 Die gekombineerde term gebruik om die vier elemente van die
bemarkingstrategie te beskryf (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in die volgende stellings om
hulle WAAR te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Oorerflikheid is die herhaaldelike teel van ʼn volbloed manlike dier met
swakker vroulike diere, generasie na generasie. (1)
1.4.2 Oorkapitalisering is as jy nie genoeg kapitaal belê om optimaal te
produseer nie. (1)
1.4.3 ʼn Skatting van hoeveel beter, of swakker as die gemiddeld, die
nageslag van ʼn individu sal wees vir ʼn sekere eienskap word
biometrika genoem. (1)
1.4.4 ʼn Individu wat goedere en dienste koop en gebruik is ʼn entrepreneur. (1)
1.4.5 Spesiekruising is die teel met verwante diere sodat die nageslag na-
verwant bly aan ʼn spesifieke vooruitstaande voorouer. (1)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die illustrasie hieronder wys die verkope van groente by ʼn bemarkings-
firma. Die bestuurder (verkoper) van die firma wil ontslae raak van al die
groente op die rak sodat hy vars groente kan inkry.
2.1.1 Wys op TWEE implikasies wat die 20% afslagprys op die groente vir
die bestuurder (verkoper) het. (2)
2.1.2 Verduidelik die wet van VRAAG met verwysing na die afslagprys in
VRAAG 2.1. (2)
2.1.3 Lys DRIE faktore wat die AANBOD van die bogenoemde produkte in
die korttermyn kan beïnvloed. (3)
2.2 Baie entrepreneurs benodig fondse om hul besigheide te begin. Hulle moet
dus aan finansiële instansies ʼn verstaanbare plan verskaf met voldoende
inligting rakende die besigheid wat hulle beoog. Die plan bestaan uit
verskeie afdelings en komponente insluitende ʼn finansiële plan. Die
finansiële plan gee inligting oor hoeveel geld benodig word en hoe hierdie
geld bestuur gaan word.
2.2.1 Identifiseer die plan wat in die gevallestudie (2.2) genoem word. (1)
2.2.2 Gee DRIE elemente wat deel van ʼn finansiële plan vorm. (3)
2.2.3 Stel TWEE intensies voor om so ʼn plan, soos in VRAAG 2.2.1
genoem, te hê. (2)
2.2.4 Identifiseer TWEE probleme wat ondervind kan word met die opstel
van so ʼn plan, soos in VRAAG 2.2.1 genoem. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
2.3 Jou skool produseer vars groente gedurende die winterseisoen. Jy moet die
groente vervoer van af die plaas na die verbruikers wat ʼn hele aantal
kilometers weg van die skool af is. Jy moet die verpakking doen en is
verskaf van ʼn aantal kratte, kartonne en grootmaat houers vir die nodige
hantering, vervoer en bemarking van die groente voorsien. Daar word gesê
dat die groente deur die skool verbou goedkoper is en ʼn verandering in prys
affekteer gewoonlik die aanvraag daarna. Enige groente nie verkoop aan
verbruikers moet geprosesseer word.
2.3.1 Noem TWEE belangrike aspekte rakende verpakking vir groente
verbouing. (2)
2.3.2 Verduidelik DRIE voordele van prosessering van groente. (3)
2.3.3 Gee ʼn gepaste ekonomiese term vir die onderstreepte frase in
VRAAG 2.3. (1)
2.3.4 Lys TWEE faktore wat die onderstreepte gedeelte in VRAAG 2.3
affekteer. (2)
2.4 Die data hieronder wys na die vraag en aanbod van mango’s op ʼn plaas.
Gebruik die inligting om die volgende vrae te beantwoord.
Meeste landbouproduseerders is gewoonlik te klein om groot uitdagings
alleen te trotseer. Groot besighede het hul eie bemarkingsafdelings en
finansiële afdelings, en kan kostes sny deur insette op groot maat aan te
koop en grootvolume-afslag te kry. Om dieselfde voordele as groot
besighede te kan geniet kan landbouproduseerders koöperasies stig. Een
voordeel van so ʼn koöperatiewe organisasie is dat hul ʼn groter
mededingingsmag op die mark het.
2.4.1 Gee EEN manier waarop groot besighede koste kan bespaar vanuit
die scenario in VRAAG 2.4. (1)
2.4.2 Regverdig die onderstreepte stelling uit die scenario in VRAAG 2.4. (2)
2.4.3 Differensieer tussen beheerde bemarking en koöperatiewe
bemarking. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
A B C D
2.5 Identifiseer ʼn Beplan Mobiliseer die Vestig die
besigheidsgeleentheid en die nodige besigheid
genereer besigheidsidees besigheid hulpbronne
Pas die stellings in VRAE 2.5.1; 2.5.2; 2.5.3 en 2.5.4 by die mees gepaste
blokkies gemerk A, B, C en D. Skryf slegs die korrekte blokkie, bv.
2.5.5 E.
2.5.1 Registreer ʼn wetlike entiteit soos byvoorbeeld ʼn koöperasie, stel
personeel aan, fokus op produksie en genereer ʼn inkomste (1)
2.5.2 Ondersoek die mark, kyk na die beskikbaarheid van vaardighede en
hulpbronne en besluit of die besigheid lewensvatbaar is (1)
2.5.3 Soek fondse, koop die nodige materiaal vir produksie (1)
2.5.4 Berei die dokumente voor wat sal toon watter materiaal en
toerusting benodig sal word (1)
2.6 Gee EEN eienskap van ʼn besigheid wat dit minder kompeterend sal maak. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Arbeid is die kombinasie van menslike energie en verstandelike vaardighede;
dit is die vermoë om werk te verrig. Arbeiders word gewoonlik ʼn loon of
salaris gebaseer op die huidige skale soos voorgestel deur wetgewing betaal.
Arbeid het ʼn groot impak op die sukses van ʼn boerderyonderneming en is een
van die grootste uitgawes in die landbousektor. Indiensopleiding van
arbeiders, sowel as kort kursusse, is noodsaaklik om werkers op hoogte te
hou van die veranderende behoeftes van moderne boerdery.
3.1.1 Identifiseer TWEE stukke arbeidswetgewing waarna daar in die
scenario hierbo verwys word. (2)
3.1.2 Regverdig jou keuse deur ondersteunende stellings uit die scenario
te gee. (2)
3.1.3 Gee TWEE maniere hoe om arbeidskoste te verlaag. (2)
3.1.4 Stel EEN rede voor om die nodigheid van arbeidswetgewing in ʼn
werkplek te regverdig. (1)
3.1.5 Gee TWEE oorsake van arbeidstekorte op kommersiële plase. (2)
3.2 Verskillende vorme van kapitaalgebruik op plase word in die illustrasie
hieronder gewys. Beantwoord die vrae gebaseer op die illustrasie.
3.2.1 Noem die voorbeelde van die tipes kapitaal in die illustrasie wat …
(a) langtermynkrediet vereis om te bekom.
(b) mediumtermynkrediet benodig om te bekom. (2)
3.2.2 Lys TWEE probleme wat met die tipes kapitaal genoem in VRAAG
3.2.1 geassosieer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
3.3 ʼn Opkomende boer het die volgende geskatte inkomste- en uitgaweplan vir ʼn
onderneming opgetrek. Die tabel hieronder wys die plan vir die boerdery
onderneming.
INKOMSTE UITGAWE
DATUM ITEM PRYS (R) DATUM ITEM KOSPRYS
VERKOOP GEKOOP (R)
01/02 1 500 Tamatie
koolkoppe 8 500,00 04/02 saailinge 1 200,00
07/02 55 bokse 5 800,00 6/3 Herstelkoste
wortels van plaas- 000,00
implemente
07/02 280 blomkool 4 250,00 7/3 Ploegkoste 3 500,00
-koppe
08/02 11/3 N.P.K.
180 bondels 900,00 kunsmis 2 300,00
spinasie
3.3.1 Uit die data gegee in VRAAG 3.3, gee TWEE items wat die boer die
meeste inkomste gelewer het. (2)
3.3.2 Bereken die boer in VRAAG 3.3 se verwagte wins of verlies. (4)
3.3.3 Motiveer, met TWEE redes, hoekom die boer ʼn kommersiële boer
is/kan wees. (2)
3.3.4 Onderskei tussen ʼn ondernemingsbegroting en ʼn geheelplaas-
begroting. (4)
3.4 Faktore of kragte wat ʼn boerdery-besigheid beïnvloed stel die boere in staat
om daarvolgens te beplan, veral wat risiko’s betref. Eksterne faktore is
daardie dinge waaroor die boer min of geen beheer het nie. Hulle is wel krities
tot die sukses van die boerderybesigheid. Interne faktore kan die besigheid of
versterk of belemmer. Dit verg ʼn effektiewe bestuurder om te verseker dat al
die fases van produksie suksesvol uitgevoer word.
3.4.1 Lys TWEE effekte van interne faktore op die besigheid uit die
scenario. (2)
3.4.2 Stel DRIE interne faktore voor wat ʼn boerdery-onderneming
suksesvol kan maak. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
3.5 Grond is ʼn faktor wat vir produksie benodig word.
3.5.1 Stel TWEE wetenskaplike metodes voor om die produktiwiteit van
grond te verhoog. (2)
3.5.2 Gee die ekonomiese eienskappe wat deur die volgende stellings
aangespreek word:
(a) Opbrengste verhoog nie proporsioneel met die hoeveelheid
kunsmis wat bygevoeg word nie.
(b) Goeie, vrugbare grond benodig vir die groei van spesifieke
gewasse is ver van die markte af.
(c) Voormalige landbougrond word nou as nedersettings gebruik. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 4: GENETIKA
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die prentjies hieronder wys na twee groepe diere. Prentjie A wys TWEE
verskillende beesrasse. Prentjie B wys ʼn perd en ʼn donkie. Beantwoord
VRAAG 4.1.1 tot 4.1.4 gebaseer op die inligting in die prentjies A en B.
A B
PRENTJIE A PRENTJIE B
4.1.1 Identifiseer die tipe teling gewys in prentjie B. (1)
4.1.2 Identifiseer TWEE nadele van die tipe teling in prentjie B. (2)
4.1.3 Noem die tipe teling wat moontlik in prentjie A gebeur. (1)
4.1.4 Gee EEN term vir die verbetering in eienskappe wat kan ontstaan uit
die tipe teling in VRAAG 4.1.3. (1)
4.2 ʼn Graad 12-leerder het in ʼn laboratorium selle van ʼn ontvangerplant in ʼn
oplossing met verlangde gene geplaas. Die leerder het toe kortliks ʼn
elektriese stroom deur die oplossing gestuur sodat die porieë sal oopgaan en
toelaat dat die verlangde gene die selle sal binnedring en so deel van die
plant se DNS/DNA kan word.
4.2.1 Lei af, uit die beskrywing in VRAAG 4.2 hierbo, die proses
gedemonstreer deur die leerder. (1)
4.2.2 Gee die tegniek in VRAAG 4.2 gebruik. (1)
4.2.3 Gee DRIE doelwitte van die proses voorgestel in VRAAG 4.2 vir
plantteling. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 15
4.3 ʼn Kommersiële boer het sewe verskillende skaaprasse op vier verskillende
eksperimentele plase. Daar is ʼn groot variasie in die gewigte van die skape
op die verskillende plase. Die rekord van lammers gekies uit die verskillende
plase is as volg:
Kilogram Getal lammers
20–29 2
30–39 5
40–49 8
50–59 10
60–69 6
70–75 3
76–80 2
4.3.1 Omskep die inligting van die tabel in ʼn lyngrafiek. (5)
4.3.2 Gee TWEE omgewingsfaktore wat tot die variasie in gewig van die
lammers kan lei. (2)
4.3.3 Wys of die eienskap wat die tipe variasie in die tabel in VRAAG 4.3
veroorsaak het kwalitatief of kwantitatief is. (1)
4.3.4 Regverdig jou antwoord in VRAAG 4.3.3. (2)
4.4 ʼn Wildteler het ʼn suiwerras renoster met kort, swart hare gekruis met ʼn ander
suiwerras renoster met lang, wit hare.
Sleutel B = swart L= kort
b = wit l= lank
4.4.1 Teken ʼn Punnetvierkant om die resultate van die F1-kruis te toon
deur die sleutel in VRAAG 4.4 te gebruik. (4)
4.4.2 Gee die fenotipes van die nageslag in die F1-generasie met die
gamete bbll en BBLL. (2)
4.4.3 Gee die fenotipiese verhouding van die F1-generasie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
4.5 Verskillende patrone van oorerwing lei tot verskillende fenotipes soos in die
tabel hieronder gewys. Pas die patroon van oorerwing by die VRAE 4.5.1
en 4.5.2.
Epistase
Onvolledige dominansie
Veelvuldige allele
Atavisme
4.5.1 Die uitdrukking van een geen word deur ʼn ander geen beheer. (1)
4.5.2 ʼn Tipe oorerwing wat ʼn heterosigoot produseer met ʼn fenotipe wat
tussen die fenotipes van die ouers is. (1)
4.6 Gee TWEE voordele van kloning. (2)
4.7 Onderskei tussen terugkruising en uitkruising. (4)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum