You're offline
Skip to content
Question paper

Agricultural Afr hlayiso.com

Subject: Agricultural Management PracticesGrade 12201714 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n Antwoordblad van 4 bladsye (i–iv). Maak die Antwoordblad in die middel van die vraestel los en maak seker dat dit saam met die Antwoordboek ingelewer word. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings – Afdeling A en Afdeling B. 3. Afdeling A moet op die aangehegte Antwoordblad beantwoord word. Afdeling B moet in die Antwoordboek beantwoord word, behalwe vir Vraag 3.3.1 en Vraag 3.4.2 wat op die Antwoordblad beantwoord moet word. 4. Beantwoord AL die vrae. 5. Lees AL die vrae noukeurig deur en maak seker dat jy net beantwoord wat gevra word. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Nommer die antwoorde soos die vrae in die vraestel genommer is. 8. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 9. ALLE berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word, tensy anders vermeld. 10. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 2 van 14 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien. Kies die antwoord en maak 'n kruis (X) in die blok (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. 1.1.1 Een van die volgende is 'n hooffaktor wat gebruik word om die veldtipe te bepaal. A Hoeveelheid gras B Digtheid van die gras C Hoeveelheid Karoobossies D Samestelling van grasspesies 1.1.2 Die term wat gebruik word om die hoeveelheid vog wat grond na reënval of besproeiing kan behou, te beskryf. A Gronddeurlugting B Waterhouvermoë C Grondwater D Gronddreinering 1.1.3 Die volgende praktyk sal die dravermoë van natuurlike weivelde verhoog. A 'n Toename in veebesettingskoers B Rotasiebeweiding C Onbeheerde brand van die veld D 'n Stelsel om die diere in krale te hou 1.1.4 Dit is 'n tipe werker wat opgelei word om gespesialiseerde take vir 'n lang tyd te verrig. A Ongeskoolde werker B Geskoolde werker C Los werker D Tydelike werker 1.1.5 Een van die volgende is 'n voorbeeld van produksiekapitaal of bedryfskapitaal. A Melkmasjiene B Kunsmis C Aanteelkoeie D Skeermasjiene IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 3 van 14 1.1.6 Die term wat gebruik word vir die verhouding tussen wins en verlies van 'n boerderyonderneming. A Bruto wins B Bruto inkomste C Bruto uitgawes D Bruto marge 1.1.7 Die tipe krediet wat normaalweg gebruik word om grond te koop, of vir duur vaste verbeterings soos geboue of boorgate. A Tussenkrediet B Korttermynkrediet C Langtermynkrediet D Mediumtermynkrediet 1.1.8 Een van die volgende is NIE 'n funksie van landboubemarking nie. A Verwerking B Beplanting C Berging D Vervoer 1.1.9 Die bestuursproses wat betrokke is wanneer 'n keuse tussen twee alternatiewe gemaak word. A Besluitneming B Motivering C Beheer D Leierskap 1.1.10 Een van die volgende is NIE 'n rol van 'n landbouprodusente- organisasie nie. A Doen navorsing B Bepaal markpryse C Onderhandel namens die produsente D Verskaf opleiding (20) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 4 van 14 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD, byvoorbeeld 1.2.11 N. Elke beskrywing in KOLOM B mag slegs EEN KEER gebruik word. Kolom A Kolom B 1.2.1 Kalibrasie A Gebruik gevorderde en moderne tegnologie om die produksie-uitset van 1.2.2 Kommersiële die plaas te optimaliseer. boerdery B Die maksimum hoeveelheid water wat 1.2.3 Dravermoë deur die grond behou kan word. 1.2.4 Intensiewe C Boerderyonderneming wat 'n hoë boerdery volume produkte op 'n relatief klein stukkie grond produseer. 1.2.5 Besproeiing- skedulering D Verkoop landbouprodukte op die uitvoermark namens die boer. 1.2.6 Markagent E Die produksie van landbouprodukte om 1.2.7 Organiese inkomste te genereer. boerdery F Die totale getal diere op 'n plaas in 'n 1.2.8 Ewewig jaar. 1.2.9 Gemengde G Die aanwending van water op plante boerdery net wanneer nodig en die gebruik van die korrekte hoeveelheid. 1.2.10 Presisieboerdery H 'n Plaas waarop vleisbeeste en mielies geproduseer word. I Stel van sproeiers om die korrekte hoeveelheid onkruiddoder toe te dien. J Die getal diere wat per hektaar gehou word sonder om die natuurlike weiding te laat agteruitgaan. K Die punt in die mark waar die aanbod van 'n produk dieselfde is as die vraag na die produk. L Boerdery wat kompos en inheemse kennis gebruik om plae te beheer. (20) IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 5 van 14 1.3 Gee die KORREKTE landbouterm vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD, byvoorbeeld 1.3.11 Vervaardiging. 1.3.1 'n Veldtipe wat 'n balans tussen soetveld- en suurveldgras bevat. 1.3.2 'n Boerderymetode waar dieselfde gewas jaar na jaar op dieselfde stuk grond geproduseer word. 1.3.3 'n Boerderystelsel wat klein volumes produkte op grond van 'n beperkte grootte produseer. 1.3.4 Die kweek van gewasse sonder die gebruik van besproeiing. 1.3.5 Die tipe arbeider wat gedurende dieselfde tydperk elke jaar op 'n plaas werk om take te verrig wat jaarliks voorkom. 1.3.6 Die finansiële staat wat die waarskynlike inkomste en uitgawes vir die jaar wat kom, weerspieël. 1.3.7 Die dokument wat uitgereik word as bewys van 'n transaksie tussen 'n verkoper en 'n koper. 1.3.8 Die bemarkingstelsel waarin die regering pryse vasstel en die bemarkingsproses beheer. 1.3.9 Ondersoek van karkasse by 'n abattoir om te verseker dat dit vry is van enige plae of siektes. 1.3.10 Aanwending van baie hoë temperature op landbouprodukte om alle lewende organismes wat bederwing kan veroorsaak heeltemal te vernietig. (10) 50 punte IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 6 van 14 AFDELING B VRAAG 2 PLAASBEPLANNING (FISIES EN FINANSIEEL) 2.1 Lees die artikel hieronder wat geneem is uit 'n Farmer's Weekly-tydskrif (22 November 2016) en beantwoord die vrae wat volg. Investering in boerderytegnologie: Hoeveel is te veel? Gevorderde nuwe boerderytegnologie verander die manier waarop boere voedsel produseer en hul ondernemings bestuur. Maar hoe weet produsente of hulle te veel aan tegnologie bestee en of die nuwe toerusting uiteindelik die beloofde finansiële opbrengs sal oplewer? [Foto: Farmer's Weekly Archive] 2.1.1 Noem TWEE voordele en TWEE nadele van die gebruik van hoë vlakke van tegnologie in vandag se boerderybedrywighede. (4) 2.1.2 Gee VIER faktore wat 'n boer moet oorweeg wanneer daar besluit word op die vlak van en tipe tegnologie wat die beste by 'n bepaalde boerderybedrywigheid sal pas. (4) 2.1.3 Die gebruik van gevorderde boerderytegnologie vra masjinerie- operateurs wat paslik opgelei is. Noem DRIE belangrike aspekte wat in personeelopleiding ingesluit moet word. (3) 2.2 2.2.1 Noem die VIER hooftipes hulpbroninligting wat op 'n plaaskaart ingesluit word. (4) 2.2.2 Noem VIER faktore wat bepaal of 'n stuk grond bewerkbaar is en verduidelik die belangrikheid van elke faktor. (8) IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 7 van 14 2.3 'n Boer met 500 ha suurveldweiding en 100 ha bewerkbare grond op die plaas probeer die geskikste ondernemings vir 'n gemengde boerderystelsel bepaal. 2.3.1 Skets VIER voordele van 'n gemengde boerderystelsel teenoor boerdery met 'n enkele onderneming. (4) 2.3.2 Stel TWEE ondernemings voor wat 'n geskikte kombinasie in 'n gemengde boerderystelsel sal vorm. Ondersteun jou keuses. (4) 2.4 Die grafiek hieronder toon die invloed van temperatuur op gewasgroei. Beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas uit: <www.sciencedirect.com/science/article/pii/s2272094715300116>] 2.4.1 Beskryf in jou eie woorde die verhouding tussen temperatuur en plantegroei. (3) 2.4.2 Verwys na die grafiek om die optimale temperature vir die kweek van broccoli en mielies onderskeidelik te identifiseer. (2) 2.4.3 Dui die tye van die jaar aan wat geskik is om broccoli en mielies onderskeidelik te plant. Verskaf 'n rede vir jou antwoorde. (4) 2.4.4 Dui met 'n verwagte styging in globale temperature in die toekoms die impak aan op die produksie van hierdie twee gewasse. Gee 'n rede vir jou antwoord. (4) 2.5 2.5.1 Onderskei tussen 'n heleplaas-begroting en 'n ondernemings- begroting. (2) 2.5.2 Definieer die konsep "kontantvloeibegroting". (2) 2.5.3 By sekere geleenthede kan 'n boer probleme ten opsigte van swak kontantvloei in 'n boerderyonderneming ondervind. Stel TWEE redes as die oorsaak van hierdie probleem voor. (2) [50] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 8 van 14 VRAAG 3 ENTREPRENEURSKAP, OPTEKENING, BEMARKING, BESIGHEIDSBEPLANNING EN GEORGANISEERDE LANDBOU 3.1 Bestudeer die data vir twee veeboere wat by dieselfde boerderybedryf betrokke is. BOER A Waarde Waarde Inkomste Uitgawes (R) (R) Veeverkope 80 000 Aankoop van ramme 18 000 Wolverkope 35 000 Voer 34 000 Verkoop van kraalmis 9 000 Elektrisiteit, water en lone 12 000 Veeartsenykundige sorg 12 000 Instandhouding 8 000 Totaal Totaal BOER B Waarde Waarde Inkomste Uitgawes (R) (R) Veeverkope 80 000 Aankoop van ramme 18 000 Wolverkope 42 000 Voer 26 000 Verkoop van kraalmis 15 000 Elektrisiteit, water en lone 12 000 Veeartsenykundige sorg 14 000 Instandhouding 11 000 Totaal Totaal 3.1.1 Bereken die netto wins vir BOER A. (3) 3.1.2 Bereken die netto wins vir BOER B. (3) 3.1.3 Identifiseer die suksesvolste boer tussen die twee. Gee DRIE redes vir jou keuse. (4) 3.2 3.2.1 Definieer die term "waardevermindering". (2) 3.2.2 'n Boer koop 'n nuwe trekker vir R800 000. Die boer beraam dat dit vir 10 jaar gebruik sal word en dan vir R80 000 verkoop sal word. Bereken die gemiddelde waardeverminderingswaarde per jaar vir hierdie trekker. (3) IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 9 van 14 3.3 'n Mielieprodusent verskaf die volgende inligting op 12 September 2017: Waarde van plaas wat hy besit R1 300 000 Waarde van plaashuis en skure R870 000 Kontant voorhande R60 000 Voorraad saad R100 000 Uitstaande banklening R450 000 Saad by bure geleen R50 000 Rekening by plaaslike koöperasie R28 000 Saldo in die bank R32 000 3.3.1 Gebruik die templaat wat op die ANTWOORDBLAD voorsien word en stel 'n balansstaat op om die netto waarde te bepaal. (11) 3.3.2 Hierdie boer het dit 'n prioriteit gemaak om alle uitstaande lenings te betaal. Verduidelik die moontlike rede vir hierdie besluit deur die boer. (2) 3.4 Die tabel hieronder verteenwoordig die vraag-en-aanbod-skedule van 'n gewas. Hoeveelheid Hoeveelheid Prys aangebied gevra per Surplus (kg) Tekort (kg) (R/kg) per week week (kg) (kg) 5 800 200 600 10 700 300 400 15 600 400 200 20 500 500 25 400 600 200 3.4.1 Beskryf die verhouding tussen produkprys, produkvraag en produkaanbod deur jou eie woorde te gebruik. (3) 3.4.2 Teken 'n lyngrafiek op die aangehegte ANTWOORDBLAD wat die vraag-en-aanbod-skedule vir die gewas voorstel. (5) 3.4.3 Bepaal die prys van die produk by die punt van markewewig. (1) 3.4.4 Op sekere tye is daar 'n tekort aan die produk. Gee TWEE moontlike redes vir die tekort. (2) 3.4.5 Dui aan of die vraag-en-aanbod-verhouding 'n eienskap van 'n vryemarkstelsel of beheerde bemarkingstelsel is. Verduidelik jou antwoord. (2) 3.5 Om vir 'n lening aansoek te doen sal 'n boer 'n sakeplan moet opstel. 3.5.1 Noem die SES hoofafdelings of -komponente van 'n sakeplan. (6) 3.5.2 Verduidelik die noodsaaklikheid daarvan om 'n sakeplan op te stel wanneer jy om 'n lening aansoek doen. (3) [50] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 10 van 14 VRAAG 4 OES, VERWERKING, BESTUUR EN AGRITOERISME 4.1 Lees die artikel hieronder wat uit Farmer's Weekly (14 Augustus 2015) aangepas is en beantwoord die vrae wat volg. Van straatverkoper tot bekroonde agroverwerkingsboer Deur Luyolo Mkentane Entrepreneur Gugu Mlipha het van 'n straatverkoper in 'n bekroonde agroverwerkingsboer met 'n omset van R2,4 miljoen/jaar verander. Ten spyte van haar sukses bly sy baie betrokke en bestuur selfs haar maatskappy se afleweringsvragmotor. 'n Straatverkoper van beroep. Dit is hoe Gugu Mlipha (38) haarself tong in die Gugu en haar dogter Tikholisile met kies beskryf. Haar "entrepreneurs- party van die produkte wat hulle op passie", soos sy dit beskryf, het op ouderdom 12 begin. "Ek het groente hul plaas van 6 ha in Walkerville verkoop by taxistaanplekke naby produseer. Newcastle in KwaZulu-Natal, waar ek deur my ouma grootgemaak is. Ek het uit die skool gebly net om dit te doen," onthou sy. Vandag bestuur sy die boerdery- en agroverwerkingsonderneming Gugu & Daughters Farming van R2,4 miljoen/ jaar in Walkerville naby Vereeniging. Gugu het in die vroeë 1990's [Foto: Luyolo Mkentane] Johannesburg toe gekom waar sy haar skoolopleiding voltooi en later 'n diploma in bankwese by Damelin behaal het. Haar hart was egter by die kweek en verkoop van vars produkte. In 2002 het Gugu en haar man Naphtali dus besluit om die sprong te waag. Hulle het hul lewenspaargeld gebruik en 'n vervalle plaas van 6 ha in Walkerville vir ongeveer R300 000 gekoop. Dit was 'n waagstuk wat hul lewens vir altyd sou verander. Vrugte en groente Gugu verkry 60% van haar vrugte en groente by medeboere in die Walker Fruit Farms-gebied. Die res kweek sy self. Gewasse sluit jong groenmielies, jong murgpampoentjies, vlapampoentjies, blomkool, spinasie, broccoli en kruie in. Naphtali is verantwoordelik vir die produksiekant van die werksaamheid, terwyl Gugu pakhuisbestuurder is en sorg vir bemarking en verspreiding. Sy is ook die plaas se afleweringsvragmotorbestuurder. Die egpaar het twee dogters wat albei by die onderneming betrokke is. Die plaas verwerk roerbraaigroente, sopmengsels ('n verskeidenheid van wortels, botterskorsies, groenbone, seldery en preie), vrugtemengsels en aartappels. Die rou produkte word voorberei en gesny volgens klante se spesifikasies by die plaas se pakhuis. IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 11 van 14 Marksukses Tevrede klante sluit die Birchwood Hotel & Conference Centre, die Soweto Hotel by Freedom Square en die Maslow Sun International Hotel in. Gugu & Daughters Farming voorsien aan openbare hospitale in die groter Johannesburg-gebied; die Boksburg-tronk; en Pick n Pay-afsetpunte in Heidelberg, Meyerton en Brackenhurst. Op die vraag hoe sy daarin geslaag het om so baie klante te wen, verduidelik Gugu: "Ek het begin deur spinasie en tamaties te kweek en te verkoop, wat 'n treffer was by klante in Meyerton. Maar toe ek broccoli, blomkool en blaarslaai begin produseer, het ek nie 'n mark gehad nie. Ek moes een soek." Gugu het dit gedoen deur bloot deur die Yellow Pages te gaan en al die hotelle te skakel om te hoor of hulle sou belangstel om haar produkte te koop. Die Birchwood Hotel het haar gevra om voorbeelde te bring – en sy het nog nooit teruggekyk nie. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) het Gugu in 2012 raakgesien. "Hulle het my genader om aan 'n paar hospitale te voorsien," onthou sy. "Ek het my tender ingedien en gekwalifiseer. Die SA Agri Academy het my van voedselveiligheid en goeie landboupraktyke geleer. Ons voldoen aan HACCP en word geouditeer in 'n proses waarin die owerhede kontroleer watter chemikalieë ons gebruik om die pakhuis skoon te maak, hoe verpakking gedoen word en hoe ons persoonlike higiëne bestuur. "Ons word elke maand geouditeer of op klante se versoek. Ons stel ook al die voedselveiligheidsrekords op en bewaar dit." Organiese beginsels Die plaas, wat 15 voltydse werknemers het, het 'n koelkamer en verwerkings- toerusting, wat 'n groentesnyer, wenteldroër, aartappelskiller en 'n groentewas- masjien wat deur DAFF geborg word, insluit. "Ons het nie 'n trekker nie. Alles word met die hand gedoen," sê Gugu. "Ons boer volgens organiese beginsels, maar ons is nog nie organies gesertifiseer nie. Die toepassing van organiese beginsels beteken dat ons organiese kunsmis in plaas van chemiese kunsmis gebruik." "Ons etiketteer elke produk vir naspeurbaarheidsdoeleindes," verduidelik sy. "In die onwaarskynlike geval dat iemand byvoorbeeld 'n omgekrapte maag het nadat hy/sy produkte geëet het wat ons verskaf het, is dit maklik om te kontroleer waar die produk vandaan gekom het. Dan kan ons weer kontroleer hoe en wanneer dit geproduseer is, want ons het al die inligting oor die produk byderhand. Die vervaldatum is ook duidelik sigbaar." Die toekoms Haar langtermyndoel is om die pakhuis tot 'n groot verwerkingsaanleg uit te brei en geakkrediteer te wees om aan die lugvaartbedryf te voorsien. "Ek wil my jaarlikse omset in die volgende paar jaar van R2,4 miljoen tot R5 miljoen verhoog," sê sy. Haar advies aan diegene wat 'n loopbaan in boerdery oorweeg, is op die punt af en behels gesonde verstand. "Sorg dat jy 'n duidelike sakeplan het. Voer dit uit. Wees geesdriftig. Moenie boer uit liefde vir geld nie, maar jy moet winsgedrewe wees." [Aangepas uit: Farmer's Weekly, 14 Augustus 2015] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 12 van 14 4.1.1 Gugu Mlipha is 'n voorbeeld van 'n suksesvolle entrepreneur. Identifiseer uit die artikel SES kenmerke van 'n entrepreneur. (6) 4.1.2 Gugu beskryf die manier waarop sy begin het as 'n straatverkoper wat later 'n formele bemarkingskanaal ontwikkel het. Vergelyk hierdie twee bemarkingskanale in terme van die volgende kriteria: (a) Volume van produk wat bemark word (2) (b) Waarde van produk wat bemark word (2) (c) Winsgewendheid (2) 4.1.3 Noem VYF bestuursrolle wat Gugu in haar rol as pakhuisbestuurder sal moet vervul. (5) 4.1.4 Die bedryf van 'n pakhuis vereis 'n verskeidenheid van toerusting en infrastruktuur. Identifiseer VYF stukke toerusting of infrastruktuur in die artikel wat in die agroverwerkingsonderneming gebruik word. (5) 4.1.5 Gugu noem die belangrikheid van produketikettering. (a) Verduidelik waarom dit belangrik is om verwerkte goedere te etiketteer. (2) (b) Noem VIER tipes inligting wat op 'n produketiket ingesluit moet word. (4) 4.1.6 Die artikel noem 'n aantal gehaltebeheermaatreëls wat in die onderneming geïmplementeer word. (a) Gee TWEE belangrike redes vir die handhawing van 'n gehalteversekeringstelsel in hierdie tipe onderneming. (2) (b) Noem VIER tipes gehalteversekeringsmaatreëls wat in die artikel genoem word. (4) 4.1.7 Dui aan of hierdie bepaalde onderneming as 'n AgriBEE- onderneming geklassifiseer kan word. Gebruik inligting uit die artikel om jou antwoord te ondersteun. (2) IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 13 van 14 4.2 Verwys na die twee advertensies vir plaasverkope en beantwoord die vrae wat volg. PLAAS A Verkoopsprys R21 000 000 Ligging Uniondale, Wes-Kaap Plaasgrootte 1 155 ha  Dit sluit 600 ha wildreservaat in wat met 2,4 m hoë geëlektrifiseerde heining omhein is Wild en vee  'n Kudde van 40 siektevrye Kaapse buffels  Ander wild: blesbok, eland, damhert, gemsbok, vaalribbok, rooihartbees, springbok, volstruis, sebra  3 afgerigte perde Fasiliteite  Boma vir die hantering van wild  3-stergastehuis en jaghuis in Kaaps-Hollandse styl  Konferensiefasiliteit vir 70 afgevaardigdes  Ruiterfasiliteite, 4 stalle, pakkamers en tuigkamer Plaas-  Water uit standhoudende fontein in berge ontwikkelings  5 opgaardamme met ± 330 000 kubieke meter kapasiteit  10 ha lusern onder gravitasiebesproeiing uit dam  10 ha besproeibare grond op hooflyn  Bykomende 3 boorgate wat 20 000 liter/uur lewer  ± 110 ha droë grond Voertuie en  Toyota Hilux 4 × 4-wildbesigtigingsvoertuig (2006) implemente  Toyota Hilux 2.5-dubbelkajuit (2006)  FORD 85 DT-trekker (2009)  Husqvarna TLB  Ontbossingstoerusting  Hooimaaktoerusting PLAAS B Verkoopsprys R2 960 000 Ligging Britstown, Noord-Kaap (Sentrale Karoo) Plaasgrootte 1 400 ha gemengde karooveld  Vleitipe veld gemeng met karoobossies. Gras op plekke. Klein gedeelte berg  Dravermoë ± 6 ha per kleinvee-eenheid Plaas-  Verdeel in 6 kampe, almal met watertrôe ontwikkelings  Jakkalsbestande heining aan 2 kante van die plaas, die res is veebestand  Het 'n goeie rotasiebeweidingsplan gebruik  Daar is geen geboue nie, maar het potensiaal vir ontwikkeling Watervoorraad 2 windpompe, 4 boorgate vir potensiële klein besproeiing! Gemiddelde reënval ± 260 mm per jaar Geen elektrisiteit nie Boerdery- Skape, bokke, beeste, volstruise of wild potensiaal IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE Bladsy 14 van 14 4.2.1 Bereken die grondprys (rand per ha) vir PLAAS A en PLAAS B. (4) 4.2.2 Lei uit die inligting wat verskaf is die redes af vir die verskillende grondwaardes van die twee plase. (6) 4.2.3 Identifiseer uit die twee plase die een wat vir agritoerisme ontwikkel is. Verskaf DRIE redes vir jou antwoord. (4) [50] 150 punte Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2017

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

Explore more published documents in this catalogue.

View all