Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Agricultural SciencesGrade 12202217 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN LANDBOUWETENSKAPPE V1 2022 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/2022 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/2022 SS/NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B. 1.1.1 … is die beweging van voedsel vanaf die bloed tot in die weefsel. A Absorpsie B Vertering C Assimilasie D Ingestie 1.1.2 'n Voorbeeld van wateroplosbare vitamiene: A Vitamien A B Vitamien E C Vitamien K D Vitamien B1 1.1.3 Die eindprodukte van sellulose-vertering in die rumen: A Bottersuur en aminosuur B Vlugtige vetsure en gliserol C Asynsuur en propionsuur D Propionsuur en glukose 1.1.4 Die inname van voer in herkouer-plaasdiere behels die volgende: (i) Diere gebruik hul snoete om voer te versamel. (ii) Voer word gedeeltelik gekou en met speeksel gemeng om 'n bolus te vorm. (iii) Die tong druk die bolus afwaarts deur die slukderm tot in die rumen. (iv) Voer word later teruggebring vir herkou. Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iv) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iii) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.5 Nou stalletjies wat by intensiewe boerdery gebruik word om dragtige sôe vir die volle periode van 16 weke aan te hou: A Varkhok B Sogkratte C Kraamhokke D Diepskrop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/2022 SS/NSS 1.1.6 Toerusting wat gebruik word om 'n groot herkouer in bedwang te hou sodat medikasie toegedien kan word: A Drukgang B Kraal C Vangkrale D Weikamp 1.1.7 EEN van die volgende is NIE 'n teken van swak gesondheid by plaasdiere NIE: A Diere is wakker en lewendig B Die haarkleed van diere is dof en grof C Die membrane van die oë is bleek en dof D Moeilike asemhaling en hoes 1.1.8 Die volgende beskrywings verwys na uitwendige parasiete: (i) Lewe op die vel van die gasheer (ii) Kan na mense oorgedra word deur die inname van besmette vleis (iii) Kan toksiene afskei (iv) Kan die vel van plaasdiere beskadig Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iv) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iii) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.9 Watter EEN van die prente hieronder stel die normale posisie van 'n fetus voor? PRENT A PRENT B PRENT C PRENT D A Prent A B Prent B C Prent C D Prent D Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/2022 SS/NSS 1.1.10 Watter EEN is die KORREKTE volgorde van die reproduktiewe stadia? A Bevrugting, dragtigheid, geboorte en laktasie B Geboorte, bevrugting, dragtigheid en laktasie C Laktasie, bevrugting, dragtigheid en geboorte D Dragtigheid, laktasie, bevrugting en geboorte (10 x 2) (20) 1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Slegs B. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 A: Osmose Passiewe absorpsie van vlugtige vetsure B: Diffusie deur die rumenwand 1.2.2 A: Tiroïedreguleerders Chemiese bestanddele wat by die voer B: Kalmeermiddels van plaasdiere gevoeg word sodat hulle kalmeer en meer eet 1.2.3 A: Bondel Die neiging by skape om tydens warm B: Kap met pote toestande nader aan mekaar te staan 1.2.4 A: Salf Chemikalieë wat gebruik word om B: Wurmmiddel bosluise en myte dood te maak 1.2.5 A: Hermafrodiete Diere wat oor beide manlike en vroulike B: Trassie geslagsorgane beskik ('Freemartins') (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die persentasie voer wat nie deur die dier uitgeskei is nie 1.3.2 'n Benadering wat die voordele van moderne, tradisionele en komplementêre behandelings kombineer om goeie gesondheidsorg vir plaasdiere te voorsien 1.3.3 Die onvermoë van 'n koei om die plasenta binne 12 tot 24 uur na geboorte uit te skei 1.3.4 Die proses om bevrugte eierselle uit 'n meerderwaardige skenkerkoei te verwyder 1.3.5 Die organel in die middelstuk van 'n spermsel wat energie vir beweging verskaf (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/2022 SS/NSS 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Stikstofvrye ekstrak is 'n maatstaf van die kwaliteit van proteïen in 'n voer. 1.4.2 'n Boluspistool is 'n toestel wat gebruik word om vloeibare medikasie aan plaasdiere toe te dien vir die behandeling van inwendige parasiete. 1.4.3 Kunsmatige inseminasie vind plaas wanneer die bul toegelaat word om met 'n koei te paar en haar te dek. 1.4.4 Die mesoderm is die buitenste kiemlaag waaruit vel, hoewe en hare ontwikkel. 1.4.5 Die stadium van kalwing/geboorte waartydens die kalf uitgedruk word, staan as voorbereiding bekend. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/2022 SS/NSS AFDELING B VRAAG 2: DIEREVOEDING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Die diagramme hieronder toon die maagkompartemente van twee herkouer- plaasdiere. DIAGRAM A DIAGRAM B A B C D F E 2.1.1 Dui die stadium van ontwikkeling van die herkouerplaasdier aan wat deur DIAGRAM A voorgestel word. (1) 2.1.2 Gee TWEE redes, wat in die diagram hierbo sigbaar is, om die antwoord op VRAAG 2.1.1 te ondersteun. (2) 2.1.3 Identifiseer, in die diagramme hierbo, die deel waar ELK van die volgende plaasvind (skryf slegs die letter): (a) Voer word gefermenteer (1) (b) Kanaliseer die melk na die abomasum (1) 2.1.4 Dui EEN aanpassingskenmerk van deel E aan wat dit in staat stel om water uit voer te absorbeer. (1) 2.1.5 Noem die deel in die spysverteringskanaal van hoenders wat ooreenstem met deel F hierbo ten opsigte van funksionering. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/2022 SS/NSS 2.2 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die energievloei van voer. Bruto energie Verteerbare A B 850 joule energie Energieverlies Energieverlies deur mis deur urine en C 255 joule gasse 35,5 joule 2.2.1 Identifiseer die energie wat deur A voorgestel word. (1) 2.2.2 Bereken die verteerbare energie van hierdie voer. Sluit die formule in. (3) 2.2.3 Dui die belangrikheid van die energie, voorgestel deur B, in diereproduksie aan. (1) 2.2.4 Noem TWEE doeleindes van die berekening van die energiewaarde van die voer. (2) 2.3 Die tabel hieronder toon die voedingsamestelling van twee voere. SAMESTELLING VOER A VOER B Verteerbare koolhidrate 38% 26% Verteerbare proteïen (VP) 8% 39% Verteerbare vet 32% 24% Voedingsverhouding (VV) 1:7 1:4 2.3.1 Dui die doel aan waarvoor VOER B gebruik kan word, gebaseer op die voedingsverhouding daarvan. (1) 2.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.3.1. (1) 2.3.3 Gebruik die Pearson-vierkantmetode om die verhouding te bereken waarvolgens VOER A en VOER B gemeng moet word om 'n voer van 16% VP te verkry. (4) 2.4 Voltooi die tabel hieronder deur die minerale, vitamiene en gebreksimptome te noem. Skryf slegs (a) tot (e) en die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK. MINERALE EN VITAMIENE GEBREKSIMPTOME (a) Parakeratose Vitamien A (b) Kobalt (c) (d) Swak bloedstolling (e) Bloedarmoede (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/2022 SS/NSS 2.5 Noem die voerkomponente wat die geskikste vir ELK van die volgende is: 2.5.1 Dien as 'n oplosmiddel (1) 2.5.2 Vetmesting van plaasdiere vir slag (1) 2.5.3 Maklike absorpsie van vetoplosbare vitamiene en kalsium (1) 2.6 Die skematiese voorstelling hieronder toon tipes voere. Tipes voer A B C Proteïenryk Droog D (bv. vismeel) 2.6.1 Klassifiseer die tipes voer deur A en B voorgestel. (2) 2.6.2 Identifiseer C hierbo. (1) 2.6.3 Noem TWEE funksies van B by plaasdiere. (2) 2.6.4 Gee TWEE voervoorbeelde van D. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Die inligting hieronder sluit twee diereproduksiestelsels in, soos op PLAAS A en PLAAS B toegepas word. ITEM PLAAS A PLAAS B Area (Ha) 320 850 Werkers 30 8 Masjinerie 3 x groot trekkers 1 x klein trekker 1 x donkiekar Toerusting Slagpale met toerusting Kraal Diere 1 200 103 3.1.1 Identifiseer die diereproduksiestelsels deur PLAAS A en PLAAS B hierbo voorgestel. (2) 3.1.2 Gee 'n rede vir die produksiestelsel wat by PLAAS B hierbo geïdentifiseer is ten opsigte van ruimte en die aantal plaasdiere. (2) 3.1.3 Verwys na die tabel hierbo om die hoë insette vir PLAAS A te toon. (1) 3.1.4 Noem TWEE maniere waarop die boer die produktiwiteit van diere op PLAAS B kan verbeter. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/2022 SS/NSS 3.2 Die prente hieronder toon verskillende voorbeelde van intensiewe produksiestelsels. PRENT A PRENT B PRENT C 3.2.1 Pas die prente (A–C) hierbo by die intensiewe produksiestelsels ((a)–(c)), bv. (a) D: (a) Diepskropstelsel (1) (b) Vrylopende stelsel/Skropstelsel (1) (c) Batterystelsel (1) 3.2.2 Gee TWEE belangrike redes vir skuilings vir plaasdiere. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/2022 SS/NSS 3.3 Die prent hieronder toon 'n fasiliteit vir 'n braaikuikenproduksie-eenheid. A 3.3.1 Noem die doel van die toerusting in die fasiliteit hierbo wat deur A voorgestel word. (1) 3.3.2 Noem TWEE ander tipes toerusting wat gebruik kan word om die temperatuur vir kuikens te beheer. (2) 3.3.3 Noem TWEE faktore wat in ag geneem moet word by die bou van 'n fasiliteit soos die een hierbo. (2) 3.4 Die tabel hieronder verskaf inligting oor siektes by plaasdiere. SIEKTE PATOGENIESE SLEUTELSIMPTOME TIPE DIER AGENTE/VEKTOR GEAFFEKTEER/ GEÏNFEKTEER Bek-en- Blasies op die pote, tong, Beeste klouseer A lippe en mond Tuberkulose Bakterieë B Plaasdiere Rooiwater C Urine is rooi, donker tot Plaasdiere bruin en geelsug kom voor D Fungus Rooi, dik, skubagtige, Beeste, skape, varke jeukerige, ringvormige letsels Hartwater Uitwendige parasiet Senuweeagtige knip van Beeste oë, hoë koors en dood E 3.4.1 Gebruik die inligting in die tabel hierbo om A, B, C en D te identifiseer. (4) 3.4.2 Identifiseer die vektor wat deur E voorgestel word. (1) 3.4.3 Noem TWEE finansiële gevolge van dieresiektes. (2) 3.4.4 Identifiseer, in die tabel hierbo, die siekte wat van diere na mense oorgedra kan word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/2022 SS/NSS 3.5 Die verpakkingsbladjie hieronder toon inligting oor plaasdiermedikasie. SLEGS VIR DIEREGEBRUIK CINMYCORMION Gebruik vir bakteriese infeksies. Toediening en dosis: Intramuskulêre inspuiting 2 ml/10 kg lewende liggaamsmassa Effek van oordosering: Diarree en blindheid Periode wat middel in die liggaam bly: 4 weke Bergingsinstruksies: Stoor in 'n koel plek maar moenie vries nie. (Laer as 20 °C) Reg. No. F 2144, (WET 36/1947) Aktiewe bestanddeel: Tetrasiklien 3.5.1 Identifiseer die metode waarvolgens die medikasie hierbo toegedien word. (1) 3.5.2 Identifiseer, in die verpakkingsbladjie hierbo, die rol van die staat in die vervaardiging van medikasie. (1) 3.5.3 Die produkte van diere wat met die medikasie hierbo behandel is, kan vir twee weke na behandeling nie gebruik word nie. Regverdig hierdie stelling. (1) 3.5.4 Noem TWEE ander metodes wat gebruik kan word om medikasie met 'n inspuiting toe te dien. (2) 3.6 Die prente hieronder toon 'n giftige plant en die sade daarvan. 3.6.1 Identifiseer die giftige plant in die prente hierbo getoon. (1) 3.6.2 Dui TWEE maatreëls aan wat 'n boer kan tref om plantvergiftiging te voorkom. (2) 3.6.3 Noem TWEE maniere waarop boere plaasdiere kan behandel wat die giftige plant, in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer, ingeneem het. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Die diagram hieronder illustreer dele van die reproduksiestelsel van 'n manlike plaasdier. A B C 4.1.1 Identifiseer B en C. (2) 4.1.2 Dui die hormoon aan wat deur deel A afgeskei word. (1) 4.1.3 Noem die toestand wat voorkom indien A in die liggaamsholtes agterbly. (1) 4.1.4 Verduidelik die rol van B in die regulering van die temperatuur van A by manlike plaasdiere. (2) 4.2 By lewendehaweproduksie word die semen van meerderwaardige diere versamel, verdun en vir toekomstige gebruik gepreserveer. 4.2.1 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om semen te versamel. (2) 4.2.2 Gee TWEE vereistes vir die versameling van semen. (2) 4.2.3 Noem TWEE funksies van semenverdunners. (2) 4.2.4 Noem die temperatuur wat benodig word om semen vir langer periodes in vloeibare stikstof te stoor. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/2022 SS/NSS 4.3 Die diagram hieronder toon 'n proses wat tydens die reproduksiesiklus van 'n koei plaasvind. Oögonium A B Ovum Bipolêre selle 4.3.1 Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo geïllustreer word. (1) 4.3.2 Noem die tipe selverdeling wat vir die vorming van die volgende verantwoordelik is: (a) Selle met byskrif B (1) (b) Selle met byskrif A (1) 4.3.3 Noem die doel van die selverdeling in VRAAG 4.3.2(a). (1) 4.3.4 Noem die orgaan waar ELK van die volgende selle aangetref word: (a) Spermatogonium (1) (b) Oögonium (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/2022 SS/NSS 4.4 Die tabel hieronder toon die persentasie (%) bottervet en ruvesel in die melk van melkkoeie tydens week 545 van laktasie. TYD (WEKE) BOTTERVET (%) RUVESEL (%) 5 4,3 4,1 10 4,4 4,2 15 4,4 4,3 20 4,5 4,4 25 4,5 4,6 30 4,6 4,8 35 4,6 4,8 40 4,6 4,9 45 4,7 5,0 4.4.1 Teken 'n gekombineerde staafgrafiek wat die bottervet- en ruvesel- persentasies vir week 5–25 van laktasie voorstel. (6) 4.4.2 Lei uit die tabel hierbo die tendens van ruvesel vanaf week 25 tot 45 af. (1) 4.5 Die illustrasie hieronder toon die ontwikkeling van die embrio in die baarmoeder van 'n koei. 4.5.1 Skryf slegs die letter (A tot F) van die deel in die prent hierbo neer wat by elk van die volgende beskrywings pas: (a) Die deel wat die bloed van die koei en die fetus in noue kontak met mekaar plaas sonder om dit te meng (1) (b) Die membraan wat die urine van die fetus versamel (1) (c) Die membraan wat die fetus naaste aan die baarmoeder van die koei omring (1) 4.5.2 Noem TWEE funksies van deel D. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 17 DBE/2022 SS/NSS 4.6 Die melk wat 'n koei tydens die eerste drie dae na kalwing produseer, verskil van die normale melk. 4.6.1 Noem die melk wat in die eerste drie dae na kalwing geproduseer word. (1) 4.6.2 Gee TWEE redes waarom dit belangrik is dat 'n pasgebore kalf die melk wat in VRAAG 4.6.1 genoem is, ontvang. (2) 4.6.3 Gee die term wat verwys na die periode wanneer melkproduksie op die hoogste punt is. (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper | Hlayiso