Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 512.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
3. Lees AL die vrae noukeurig en beantwoord slegs dit wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
5. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
6. Toon AL jou berekeninge, insluitende eenhede en formules, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Die tipe proteïen met die hoogste biologiese waarde is ...
A visproteïen.
B eierproteïen.
C melkproteïen.
D sojaboonproteïen.
1.1.2 In ʼn voerkraal het ʼn dier 5,2 kg voer ingeneem en 1,6 kg massa
opgetel. Die voeromsetverhouding van die dier is ...
A 2,72.
B 3,48.
C 3,25.
D 1,85.
1.1.3 In ʼn voervloeiprogram sal die voerbehoeftes van die dier die
hoeveelheid en samestelling van die rantsoen bepaal. Die
voerbehoeftes van diere hang af van die volgende:
(i) Die produksie-status van die dier
(ii) Die grootte van die dier
(iii) Die waarde van die produk wat geproduseer word
(iv) Die seisoen van die jaar
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii), en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.1.4 Omgewingstemperatuur speel ʼn belangrike rol in diereproduksie.
Wanneer dit koud is gebeur die volgende:
(i) Voer word effektief verbruik.
(ii) Diere eet baie meer voer om liggaamstemperatuur te
onderhou.
(iii) Skuiling word benodig om onnodige hitteverlies te vermy.
(iv) Metabolisme en hitte-produksie vermeerder.
Kies die korrekte kombinasie
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.5 Ureumvergiftiging word veroorsaak deur te veel ... in die bloed.
A natrium
B kalium
C magnesium
D ammoniak
1.1.6 Toerusting wat gebruik word om vloeibare medisyne aan diere toe te
dien:
A Pilgeweer
B Doseerspuit
C Kannulageweer
D Rektalegeweer
1.1.7 Die volgende stelling is NIE waar oor melkproduksie NIE.
A Hoë ru-vesel inhoud produseer melk met ʼn hoër
bottervetpersentasie.
B Wanneer meer asynsuur geabsorbeer word, word meer
bottervet in melk geproduseer.
C Lae ru-vesel inhoud lei tot hoër bottervetinhoud in die melk.
D Wanneer melkproduksie op sy hoogste is, is bottervetinhoud
op sy laagste.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.8 Die grafiek hieronder verteenwoordig die vlakke van hormone in
verskillende stadiums in die estrussiklus van ʼn koei.
Wanneer die hormoon gemerk B tydens dag 12 van die siklus op sy
hoogste vlak is, gebeur die volgende:
A Uterus melk word afgeskei om die embrio te voed.
B FSH word deur die hipofise afgeskei.
C Die Graafse follikel ontwikkel en groei groter.
D Die wand van die uterus dun uit.
1.1.9 Die membrane wat die embrio omring van binne na buite is ...
A chorion, allantoïs, amnion.
B chorion, amnion, allantoïs.
C amnion, allantoïs, chorion.
D amnion, chorion, allantoïs.
1.1.10 Die temperatuur van die testis word deur die ... gereguleer.
A skrotum
B epidedums
C testis
D vas deferens (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
KOLOM A is. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs
die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.2.6 SLEGS A.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A Aktiewe absorpsie Beweging van molekules teen die
B Passiewe absorpsie konsentrasie-gradiënt
1.2.2 A Teringsiekte Tekort sindroom veroorsaak deur die
B Goiter tekort aan yster in die liggaam
1.2.3 A Harnas
B Saamgeperste Tegniek om varke te hanteer
houtbord
1.2.4 A Bruin oorbosluis Voorbeeld(e) van ʼn driegasheer
B Bontbosluis bosluis(e) waar elke stadium in ʼn ander
dier plaasvind.
1.2.5 A Leydigselle Produseer die seminale vloeistof vir die
B Seminifreusebuise smeer van die uretra
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 Die aminosure wat die biologiese waarde van ʼn proteïen bepaal
1.3.2 Die energie wat vrygestel word as hitte wanneer ʼn voer totaal tot
koolstofdioksied, water en gasse geoksideer word
1.3.3 Die toediening van ʼn entstof in die dier se liggaam met ʼn inspuiting
1.3.4 Die intensiewe boerdery-aktiwiteit waar beeste in ʼn klein area
aangehou word en vir optimale produksie-uitsette gevoer word
1.3.5 Die hoofrede vir die gebruik van ʼn gekleurde merkers in ʼn
melkkoeikudde
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5 ) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Fermentering van afvalprodukte van ʼn koei gebeur in die abomasum.
1.4.2 ʼn Elastrator word gebruik om groot bulle te kastreer deur slegs die
seminale koord te knip, sonder om die skrotum te beskadig
1.4.3 Luteotropiese hormoon is die hormoon in melkkoeie wat deur die
struktuur in die ovarium, wat uit die oopgebarste Graafse follikel
ontwikkel, vrygestel word.
1.4.4 Die epididimis is ʼn buis van spierweefsel en is die gedeelde kanaal
vir urien en semen.
1.4.5 Die toestand waar die sagte dele van ʼn fetus verrot en slegs los
bene oorbly, staan as distosie bekend. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: DIEREVOEDING
2.1 DIAGRAM 1 hieronder stel die maagdele van ʼn plaasdier voor en
DIAGRAM 2 verteenwoordig die verteringstelsel van ʼn hoender.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
2.1.1 Identifiseer die tipe plaasdier verteenwoordig deur die maag in
DIAGRAM 1. (1)
2.1.2 Beskryf kortliks die voorkoms en kondisie van voedselpartikels wat
deur die liggings in C en B onderskeidelik beweeg. (2)
2.1.3 Vergelyk die deel gemerk F in DIAGRAM 1 en die deel gemerk O in
DIAGRAM 2 met verwysing na die rol wat hulle in vertering speel. (2)
2.1.4 Gee die letter in DIAGRAM 2 wat die deel/plek aanwys waar
voedsel geabsorbeer word. (1)
2.1.5 Beskryf TWEE aanpassings van die deel genoem in VRAAG 2.1.4
wat die maksimum absorpsie van voedsel verseker. (2)
2.1.6 Verduidelik die verskil tussen die dier in DIAGRAM 1 en 2 ten
opsigte van die sintese van essensiële aminosure. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.2 Die tabel hieronder verteenwoordig die nutriënt-inligting van voere.
Voer Verteerbare Ru-vesel (%) Gemetaboliseerde
proteïen (%) energie (MJ/kg)
Gras weiveld 7,0 36,0 8,0
Lusernhooi 14,1 30,1 7,5
Melkpoeier 32,0 2,4 10,6
Grondboontjiehooi 9,2 25,1 8,7
Mieliemeel 9,0 2,0 12,0
Vismeel 60,9 0,0 11,3
Sorghum 11,0 2,7 12,2
Linsaadoliekoekmeel 34,0 1,0 10,8
2.2.1 Identifiseer TWEE proteïenryke kragvoerbronne vanaf die tabel
hierbo. Gee ʼn rede vir jou antwoord deur na die tabel te verwys. (3)
2.2.2 Kies die voer vanaf die tabel wat die mees geskikste is vir gebruik in
groeiende diere. Regverdig jou keuse. (2)
2.2.3 Veronderstel ʼn boer benodig ʼn gebalanseerde rantsoen met 16%
proteïen vir sy melkkoeie. Die boer het mieliemeel en
linsaadoliekoekmeel beskikbaar. Bepaal die verhouding waarin die
twee voere gemeng kan word om die verlangde proteïenwaarde te
verkry. (4)
2.3 Die verteerbaarheidskoëffisiënt is ʼn persentasiewaarde wat aandui hoeveel
van die voer nie uitgeskei is deur die dier nie, maar wel opgeneem.
Die voginhoud van lusernhooi is 12%.
ʼn Bok neem 15 kg lusernhooi in en skei 6 kg droë mis uit.
Verwys na die inligting hierbo en bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van
die lusernhooi. Wys alle berekeninge. (5)
2.4 Minerale speel ʼn belangrike rol in gesondheid, groei en reproduksie van
plaasdiere en tekorte sal ʼn negatiewe effek op produksie hê.
Gee die mineraaltekort wanneer ʼn dier die volgende simptome toon:
2.4.1 Kou droë bene (1)
2.4.2 Bleek slymvliese (1)
2.4.3 Vergrote tiroïedklier (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
2.5 Die boer kan ʼn voervloeiprogram beplan en opstel vir ʼn groep diere om te
verseker dat daar genoeg voer regdeur die jaar is. Die inligting hieronder is
beskikbaar vir die boer om die voerbehoeftes vir die groep te bereken:
Getal lakterende koeie = 50
Gemiddelde massa = 500 kg
Voerbehoefte vir elke koei = 10 kg DM/dag
Voereenheid (FU) = 225 FU
Bereken die totale DM voerbehoefte per maand en per jaar. Wys alle
berekeninge. (5)
2.6 Noem die metode van mineraalbyvoeding (supplementasie) vir elk van die
volgende.
2.6.1 Diere word toegelaat om minerale te eet volgens hul behoeftes (1)
2.6.2 Supplementasie van kalsium aan melkkoeie met melkkoors (1)
2.6.3 Minerale by kragvoere bygevoeg (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Plaasdier Laagste kritiese Hitte-produksie Spasie
temperatuur (°C) (kJ/uur) benodig (m2)
Melkkoeie 2 2500 5,5
Varkies 27 30 1,9
Kuikens (dag oud) 21 6 0,1
Lê henne 7 40 0,2
3.1.1 Identifiseer die dier wat op ʼn ekstensiewe sisteem gehou kan word,
sonder dat produksie daal. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
3.1.2 Verduidelik hoekom melkkoeie ʼn hoë hitteproduksie het (kJ/uur). (2)
3.1.3 Gee TWEE plaasdiere vanaf die tabel wat meestal intensief
geproduseer word. (2)
3.1.4 Verskaf TWEE redes om jou keuse in VRAAG 3.1.3 te ondersteun. (2)
3.1.5 Gee voorstelle vir die toerusting wat gebruik kan word om te verseker
dat die temperatuur nie onder 21 °C vir dagoue kuikens daal nie. (1)
3.2 Diere verloor liggaamshitte deur verskeie prosesse. Hieronder is ʼn lys van die
prosesse waardeur diere hitte verloor.
Hitte-radiasie; Konduksie; Ekskresie (Uitskeiding); Konveksie
Pas elkeen van die stellings hieronder by ʼn proses hierbo.
3.2.1 Verlies van hitte wanneer ʼn dierliggaam in kontak kom met ʼn koue
oppervlak. (1)
3.2.2 Opwaartse beweging van warm lug en die afwaartse beweging van
koue lug. (1)
3.2.3 Verlies van hitte van ʼn warm liggaam na ʼn kouer omliggende
atmosfeer. (1)
3.2.4 Verlies van liggaamshitte deur urine en feses. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
3.3 Analiseer die verskillende strukture hieronder wat gebruik word vir skuiling vir
plaasdiere en beantwoord die vrae wat volg.
Pas die tegnieke hierbo by elk van die volgende beskrywings:
3.3.1 (a) Agterplaas-sisteem (1)
(b) Vryloopsisteem (1)
(c) Diep rommel huis (‘Deep litter house’) (1)
3.3.2 Gee TWEE letters van strukture wat voorbeelde van intensiewe
produksiesisteme is. (2)
3.4 Die gevallestudie hieronder wys op ʼn parasiet wat plaasdiere affekteer.
Bek-en-klouseer (FMD) is ʼn hoogs aansteeklike siekte wat vinnig versprei. Dit
is ʼn aanmeldbare siekte en enige gevalle en/of vermoede moet dadelik by die
staatsveearts aangemeld word. Volwasse diere herstel gewoonlik maar die
sterftesyfer is hoog in jong diere. FMD is ʼn epidemie in Afrika, veral waar die
siekte-veroorsakende agent voortleef en moeilik uitgeroei word. Die patogeen
wat die siekte veroorsaak kan tot 20 jaar leef.
3.4.1 Gee die patogeen wat die bek-en-klouseer siekte (FMD) veroorsaak. (1)
3.4.2 Hierdie siekte (FMD) kan groot getalle diere affekteer. Ondersteun
die stelling deur na die gevallestudie hierbo te verwys. (1)
3.4.3 Lys DRIE simptome van die siekte hierbo genoem. (3)
3.4.4 Stel TWEE stappe voor wat geneem kan word om te verhoed dat die
siekte versprei word as daar ʼn uitbreek is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.5 Die skematiese voorstelling wys die lewenssiklus van ʼn parasiet.
3.5.1 Identifiseer die eksterne parasiet in die diagram hierbo. (1)
3.5.2 Klassifiseer die parasiet gebaseer op sy lewenssiklus. (1)
3.5.3 Uit die diagram, identifiseer DRIE vorme waarin die parasiet in sy
lewenssiklus voorkom. (3)
3.5.4 Gee TWEE ekonomiese verliese wat deur die parasiet veroorsaak
word. (2)
3.6 Plantvergiftiging is ʼn ernstige probleem wat diere affekteer. Boere moet
bewus wees van die plante wat giftig is vir vee en die nodige stappe neem om
vergiftiging te voorkom.
Verduidelik die rede vir elk van die volgende maatreëls wanneer ʼn dier gif
ingeneem het:
3.6.1 Boere in plattelandse omgewings gee diere sterk tee (1)
3.6.2 Doseer diere met suiker of glukose (1)
3.6.3 Gee groot hoeveelhede purgeermiddels (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 4: DIERE-REPRODUKSIE
4.1 Die diagram hieronder illustreer ʼn bul se voortplantingssisteem.
4.1.1 Identifiseer die reproduserende organe gemerk A, B en D. (3)
4.1.2 Die bul mag steriel wees as gevolg van aangebore defekte van die
deel gemerk D. Gee TWEE van hierdie defekte. (2)
4.1.3 Beskryf kortliks EEN funksie van die hormoon deur deel D afgeskei. (1)
4.2 Diere word vir hul genetiese superioriteit gekloon. Die hoofdoel is ʼn vinnige
toename in die getal diere wat hul gewenste genetiese materiaal oorerf.
4.2.1 Differensieer tussen reproduktiewe en terapeutiese kloning. (2)
4.2.2 Verduidelik TWEE nadele van kloning. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.3 Die posisionering van ʼn fetus tydens partirusie is van groot belang en enige
inkorrekte posisie kan ernstige probleme veroorsaak wat na beserings en
self dood kan lei. Verwys na die illustrasies van verskillende fetale posisies
en beantwoord die vrae hieronder.
4.3.1 Skryf slegs die letter neer wat die volgende voorstel:
(a) Die abnormale fetus-posisie (1)
(b) Die normale fetus-posisie (1)
4.3.2 Beskryf TWEE kondisies wat tot die toestand in illustrasie B kan lei. (2)
4.4 Die tabel hieronder wys die persentasies bottervet, melkproduksie en ru-
vesel inhoud van verskillende melkkoei-rasse.
Rastipe Bottervet (%) Melkproduksie (l) Ru-vesel inhoud
(indekswaarde)
Holstein 3,5 50 4
Ayrshire 3,9 40 6
Bruin Swiss 4,0 30 8
Guernsey 4,6 25 10
Jersey 5,0 20 12
4.4.1 Teken ʼn staafgrafiek om die melkproduksie, bottervet en ru-vesel
inhoud van die verskillende rasse te vergelyk. (6)
4.4.2 Identifiseer die suiwelras vanaf die grafiek wat die hoogste
melkproduksie het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
4.5 Die volgende diagram illustreer die toerusting en tegnieke gebruik in
dierereproduksie.
4.5.1 Noem die instrument in DIAGRAM A. (1)
4.5.2 Identifiseer die tegniek in DIAGRAM B geïllustreer. (1)
4.5.3 Dui die beste tyd om die tegniek genoem in VRAAG 4.5.2 toe te
pas. (1)
4.5.4 Noem die tipe evaluasie in DIAGRAM C voorgestel. (1)
4.5.5 Vir die suksesvolle toepassing van Kunsmatige Inseminasie (KI)
moet die vloeistof waarin die selle sigbaar in DIAGRAM C aan
sekere vereistes voldoen. Regverdig die stelling deur na TWEE
van die vereistes te verwys. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 17
4.6 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer ʼn proses wat in vroulike
diere plaasvind.
4.6.1 Identifiseer die proses hierbo geïllustreer. (1)
4.6.2 Noem die proses gewys by letters A en E. (2)
4.6.3 Die stadiums van ontwikkeling geïllustreer hierbo het haploïede en
diploïede selle. Gee die letter en die naam wat die haploïede
stadium voorstel. (2)
4.7 ʼn Superieure vroulike dier word met hormone behandel sodat sy
superovuleer. Sy word dan bevrug en die embrio’s word verwyder en in
ontvangerkoeie geplaas.
4.7.1 Identifiseer die tegniek hierbo. (1)
4.7.2 Beskryf TWEE voordele van die tegniek genoem in VRAAG 4.7.1
vir boere. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum