Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 829.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
3. Lees AL die vrae noukeurig en beantwoord slegs dit wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Toon AL jou berekeninge, insluitende eenhede en formules, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Die ... van die voël kan vergelyk word met die abomasum van ʼn
herkouer.
A ventrikulus
B klierryke maag
C krop
D klipmaag
1.1.2 Die speekselkliere in die deel genommer C staan as ʼn ... bekend.
A oorspeekselklier
B ondertong
C submandibularies
D amilase
1.1.3 Voer met 64% van die totale niestikstofbevattende stowwe en ʼn
verteerbare proteïen van 8%, het ʼn voedingsverhouding van ...
A 1 : 6.
B 1 : 7.
C 1 : 9.
D 1 : 8.
1.1.4 ʼn Krui met ʼn onaangename reuk en smaak wat algemeen in
sojabone-saad en in sommige graansaadplante gevind word is ʼn ...
A mielieswam.
B Kaap turlip.
C stinkblaar/doringappel/malpitte.
D giftige-tulp.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2014)
1.1.5 Die volgende is ʼn teken van die vee NIE in nood NIE:
A Hoewe stamp
B Briesend/Snork
C Gespitste ore
D Weiding met ander beeste
1.1.6 Die diagram hieronder toon ʼn boerderystelsel wat in landelike
gemeenskappe gebruik word.
(i) Produksie word slegs vir die gesin gebruik
(ii) Klein-skaal boerdery
(iii) Baie min tegnologie word gebruik
(iv) Hoë produksie
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (ii) en (iii)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.7 ʼn Toestand waarin ʼn groot hoeveelheid estrogeen afgeskei word, wat
veroorsaak dat die koei permanent blywend in estrus is:
A Mummifikasie
B Waterhoofdig
C Baarmoederontsteking
D Nymphomania
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.8 Die grafiek hieronder illustreer die melkproduksie, voerinname en
liggaamsmassa van ʼn koei oor ʼn laktasietydperk:
Die volgende is NIE in die grafiek geïllustreer NIE:
A Liggaamsmassa neem af met ʼn toename in voerinname en
melkproduksie.
B Wanneer melkproduksie op sy hoogste is, het voerinname en
liggaamsmassa toegeneem.
C Melkproduksie verhoog met voerinname.
D By 250 dae word voedingstowwe benut om liggaamsmassa te
verhoog.
1.1.9 Die deel van die voortplantingstelsel van ʼn bul wat verantwoordelik is
vir die afskeiding van testosteroon word deur dié letter
verteenwoordig:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2014)
1.1.10 Die verwydering van die bevrugte eiersel uit die baarmoeder van ʼn
geneties beter koei na die baarmoeder van ʼn geneties
minderwaardige koei is ...
A embrio-spoel.
B embrio-oes.
C embrio-oordrag.
D embrio-herstel. (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
KOLOM A is. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN
langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.2.6 SLEGS A.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A Proventrikulus Die deel van die maag waar fisiese
B Ventrikulus vertering plaasvind
1.2.2 A Koolhidrate Stikstofvrye ekstrak
B Lipiede
1.2.3 A Pil-geweer Toestel wat gebruik word om ʼn pil in
B Doseer-geweer diere se kele te sit
1.2.4 A Immuniteit ʼn Dier sal nie die siekte opdoen nie
B Polsslag
1.2.5 A Metritis Die vers ervaar moeilike kalwing
B Aborsie
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 Die voer wat aan lakterende varkkleintjies gegee word wanneer daar
begin word om hulle van melk te speen
1.3.2 Die waarde wat uitdrukking gee aan die hoeveelheid voer verteer
deur ʼn dier om ʼn kilogram liggaamsgewig op te tel of ʼn kilogram
produk te lewer
1.3.3 Die verwydering van die lang wol op die area rondom die stert en
aan die binnekant van die bene om brommeraanvalle te voorkom
1.3.4 ʼn Intensiewe produksiestelsel wat algemeen gebruik word deur
inheemse boere waar ʼn groep hoenders in ʼn huis of skuur gehou
word met plantmateriaal op die vloer, totdat hulle opgehou het eiers
lê
1.3.5 Die tipe kloningsproses waar ʼn orgaan of weefsel vanuit ʼn sel in die
pasiënt gekloon word, en terug aan die pasiënt besorg word nadat dit
gekloon en gegroei is in die laboratorium
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5 ) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 ʼn Voer-eenheid is ʼn strategiese plan vir die vee om te verseker dat
daar voldoende voer is om aan die behoeftes van diere regdeur die
jaar te voldoen.
1.4.2 Die buitenste sirkel om ʼn koei, wat die ruimte waarin die dier veilig
voel voorstel, staan as ʼn bindplek bekend.
1.4.3 Die hormoon prostaglandien daal wanneer die corpus luteum
agteruitgaan.
1.4.4 Vas deferens is ʼn enkele, tweelobbige klier wat rondom die uretra in
ʼn ringvormige vorm is.
1.4.5 Die proses waardeur ʼn eier/eierselle geproduseer word deur die
ovarium is ovulasie. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING B
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: DIEREVOEDING
2.1 Die diagramme hieronder toon die spysverteringskanale van verskillende
diere.
DIER 1 DIER 2
2.1.1 Dui ʼn letter wat die deel waar die volgende plaasvind
verteenwoordig:
(a) Plek waar onbehoorlike gekoude kos na sluk beland in
DIER 1 (1)
(b) Voedsel gestoor word na sluk in DIER 2 (1)
(c) Rennien en pepsien word in beide DIER 1 en 2 afgeskei (2)
2.1.2 Vergelyk die aanpassing van deel B in DIER 1 en deel D in DIER 2
met betrekking tot die vertering van voedsel. (Een aanpassing van
elke deel.) (2)
2.2 Tydens ʼn verteerbaarheidproefneming in ʼn voerkraal, is beeste 240 kg hooi
gevoer en het 14 kg uitgeskei. Die tabel hieronder toon die komponente van
die voer verbruik en uitgeskei.
VOERKOMPONENT VOER VERBRUIK (%) VOER UITGESKEI
Water 10 60
Ru-proteïen 12 8
Eter ekstrak 3 2
Ruvesel 5 7
As 3 1
Stikstofvrye ekstrak 65 15
2.2.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van hierdie hooi. (6)
2.2.2 Bepaal die tydstip waarop hierdie hooi gesny was. (1)
2.2.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.2.2. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.2.4 Dui die voerkomponent van die tabel hierbo, wat die volgende
verteenwoordig:
(a) Minerale (1)
(b) Vet en vet-oplosbare stowwe (1)
(c) Voerkomponent wat afhanklik is van stikstofinhoud (1)
(d) Oplosbare koolhidrate (1)
2.3 ʼn Veeartsenykundige dokter besoek ʼn plaaslike boer wat spesialiseer in die
boer van varke. Die boer hou die varke in ʼn hok met ʼn betonvloer aan. Die
dokter het ʼn paar ondersoek en het ook bloedmonsters van een van die
varksogte geneem. Die resultate dui op die volgende:
A Lae suurstof bloeddrakrag
B Slegte sere op die vel
2.3.1 Identifiseer die mineraaltekort in waarneming A en B. (2)
2.3.2 Noem die metaboliese siekte wat veroorsaak word deur die
mineraaltekort by A en B. (2)
2.3.3 Stel ʼn moontlike oorsaak van die toestand in A. (1)
2.3.4 Dui ʼn inheemse manier om die toestand in A te behandel. (1)
2.4 Noem die metode van mineraalaanvulling geskik in elk van die volgende
situasies:
2.4.1 Diere toegelaat om minerale volgens hul behoefte te eet (1)
2.4.2 Melkkoeie met melkkoors (1)
2.4.3 Minerale word by die kragvoer gevoeg (1)
2.5 ʼn Boer het mielies en rou grondboontjie-oliekoekmeel beskikbaar vir ʼn
gebalanseerde rantsoen vir sy melkkoeie. Hulle benodig 16% proteïen in
hul rantsoen vir melkproduksie. Mielies het ʼn proteïeninhoud van 8% en
grondboontjie-oliekoekmeel het ʼn proteïeninhoud van 36%.
Gebruik 'n Pearson-vierkant om die verhouding mieliemeel tot
grondboontjie-oliekoekmeel te bereken wat in die voermengsel benodig
word. (4)
2.6 Berekening van ʼn Voeromsetverhouding (VOV) help die boer om te weet
hoeveel voer benodig word deur ʼn dier om ʼn kilogram liggaamsgewig op te
tel, of te produseer as ʼn produk.
Bereken die VOV van ʼn dier as dit 4,8 kg voer verbruik en 1,4 kg
liggaamsgewig optel. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2014)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Twee boere spesialiseer in braaikuiken-produksie. Boer A hou sy
braaikuikens in ʼn ou huis wat in ʼn oos-wes rigting gerig is. Die dak en die
mure is goed geïsoleer. Die huis is met mikro-spuiters geïnstalleer. Die
bevolkingsdigtheid van kuikens is 28 kg/m2. Boer B maak gebruik van ʼn
staalhouer wat in ʼn noordelike rigting, met swak ventilasie gerig is. Die
kuikens word teen ʼn digtheid van 48 kg/m2 aangehou.
3.1.1 Identifiseer die boer wat ʼn hoë sterftesyfer van braaikuikens sal hê. (1)
3.1.2 Motiveer jou antwoord met DRIE redes. (3)
3.1.3 Dui die materiaal of uitleg aan wat gebruik word deur boer A om die
volgende omgewingstoestande te beheer:
(a) Vermindering van die son se hittepenetrasie op warm dae en die
vermindering van hitteverlies op kouer dae (1)
(b) Die vermindering van die effek van direkte sonlig op die kant-
mure (1)
3.2 Die prentjies hieronder verteenwoordig die boerderystelsels in verskillende
gemeenskappe in Suid-Afrika.
BOERDERYSTELSEL A
BOERDERYSTELSEL B
3.2.1 Identifiseer die boerderystelsels wat in foto’s A en B geïllustreer word. (2)
3.2.2 Tabuleer DRIE sigbare verskille tussen die boerderystelsels in
VRAAG 3.2.1. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.3 Verskillende tegnieke en gereedskap word gebruik om plaasdiere te hanteer.
Hieronder is ʼn lys van tegnieke gebruik om verskillende diere te hanteer.
Porstokke; bene-bind; oppas; versperring van sig; immobilisering
Pas die bogenoemde tegnieke by elk van die volgende beskrywings:
3.3.1 Om ʼn dier se vermoë om normaal te loop te belemmer (1)
3.3.2 Om diere op ʼn spesifieke punt gefokus te hou (1)
3.3.3 Om ʼn elektriese stroom deur diere se liggame te stuur om beweging
te inhibeer (1)
3.4 Die illustrasies hieronder toon die parasiete wat diere beïnvloed.
A B C
3.4.1 Kategoriseer die parasiete in die illustrasies. (1)
3.4.2 Gee die name van die parasiete wat deur A, B en C voorgestel word. (3)
3.4.3 Dui die parasiet in die illustrasies wat twee gashere benodig om sy
lewenssiklus te voltooi. (1)
3.4.4 Noem die omgewingstoestand wat besmetting van plaasdiere deur
hierdie parasiete beïnvloed. (1)
3.4.5 Dui TWEE biologiese maatreëls aan om hierdie parasiete te beheer. (2)
3.5 Plantgifstowwe veroorsaak ernstige siektes en selfs sterftes in diere. Boere
moet bewus wees van die plante wat giftig vir vee mag wees en die
voorsorgmaatreëls om hulle te voorkom.
3.5.1 Noem TWEE plante wat giftig vir diere kan wees. (2)
3.5.2 Beskryf DRIE simptome van ʼn stinkblaar/doringappel-gif. (3)
3.5.3 Dui die kenmerk van ʼn doringappel aan wat maak dat plantetende
diere dit vermy. (1)
3.6 Noem VIER ekonomiese implikasies van dieresiektes. (4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2014)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 4: DIERE-REPRODUKSIE
4.1 Die diagram hieronder illustreer die voortplantingstelsel van ʼn bul.
Dui die letter en die naam waar elk van die volgende plaasvind:
4.1.1 Produksie van die manlike geslagshormoon (2)
4.1.2 Die konsentrasie van spermatosoa (2)
4.1.3 Speel ʼn rol tydens ejakulasie deur kragtige spiersametrekking (2)
4.2 Die bul kan onvrugbaar of heeltemal steriel wees as gevolg van aangebore
gebreke. Dit beteken dit kan nie ʼn nageslag produseer nie.
4.2.1 Verskaf TWEE aangebore defekte wat in die deel gemerk A in die
diagram hierbo kan voorkom. (2)
4.2.2 Verduidelik hoe elk van die aangebore defekte, genoem in
VRAAG 4.2.1, steriliteit by bulle veroorsaak. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
4.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kloning is die proses van die vervaardiging van soortgelyke bevolkings van
geneties identiese individue wat in die natuur voorkom. In biotegnologie
verwys kloningprosesse na die skep van afskrifte van DNS/DNA-fragmente.
Daar is verskillende tipes kloningprosesse.
4.3.1 Identifiseer die tipe kloningproses hierbo. (1)
4.3.2 Gee ʼn rede vir die verwydering van die kern van die eiersel. (2)
4.3.3 Beskryf die proses wat by punt D plaasvind. (2)
4.3.4 Aan die einde van die proses soos hierbo geïllustreer ontwikkel die
embrio gewoonlik normaal in ʼn lam. Dui die skape tussen A, B en C
aan wat geneties identies aan die gekloonde lam is. (1)
4.3.5 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.4. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2014)
4.4 Die illustrasie hieronder toon die proses betrokke in ʼn melkkoei.
4.4.1 Identifiseer die proses wat hierbo geïllustreer word. (1)
4.4.2 Dui TWEE stimuli wat in die illustrasie sigbaar is, aan. (2)
4.4.3 Noem die hormoon gemerk A. (1)
4.5 Die koei kan ʼn moeilike partirusieproses hê wat onmiddellike ingryping
deur ʼn veearts benodig. Vertraagde ingryping kan lei tot die dood van
beide die koei en die kalf.
4.5.1 Verskaf die term wat gebruik word as verwys word na die situasie
hierbo beskryf. (1)
4.5.2 Stel TWEE faktore voor wat die situasie gestel in VRAAG 4.5.1
veroorsaak. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.6 Die tabel hieronder toon die melkproduksie van koei A en koei B oor ʼn 22
week-tydperk.
WEKE VAN MELKPRODUKSIE MELKPRODUKSIE
MELKPRODUKSIE KOEI A liter/dag KOEI B liter/dag
2 32 29
4 44 40
6 45 42
8 45 44
10 43 41
12 28 40
14 30 39
16 33 38
18 34 37
20 35 36
22 36 35
4.6.1 Teken ʼn lyngrafiek om die melkproduksie van koei A en koei B oor
ʼn 10 week-periode aan te dui. (5)
4.6.2 Identifiseer die koei met mastitis. (1)
4.6.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 4.6.2. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum