Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
BESIGHEIDSTUDIES
2019
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)






%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f1d89609-1512-40e6-af1e-b2ab02f94182/v1-9034535e900160d08e5f/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Business Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper
Grade 12 Business Studies question paper from the NSC June Exam 2019, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 375.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
Let wel dat SLEGS die eerste DRIE vrae in AFDELING B en die eerste TWEE
vrae in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 40 30
B: VYF direkte/indirekte tipe 2 60 30
vrae 3 60 30
KEUSE: 4 60 30
Beantwoord enige DRIE. 5 60 30
6 60 30
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30
KEUSE: 8 40 30
Beantwoord enige TWEE. 9 40 30
10 40 30
TOTAAL 300 180
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Hierdie Wet verseker dat 'n groter groep voorheen benadeelde
mense toegang tot eienaarskap en bestuursposisies in 'n besigheid
sal hê:
A Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van
2008)
B Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB),
2003 (Wet 53 van 2003)
C Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
('COIDA'), 1997 (Wet 61 van 1997)
D Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
1.1.2 Watter EEN van die volgende besighede kan onder die sekondêre
sektor geklassifiseer word?
A Dundee Goudmyn
B Koop en Betaal Supermark
C Villa Prokureurs
D Qubeka Handsakvervaardigers
1.1.3 Die rol van SOOO's ('SETAs'):
A Registreer leerderskapprogramme
B Lei werknemers in die werkplek op
C Verskaf werksgeleenthede
D Bevorder geskoolde werknemers
1.1.4 'n Voorbeeld van langtermynversekering:
A Geld in transito
B Voertuigversekering
C Uitkeerpolis
D Persoonlike aanspreeklikheid
1.1.5 Wanneer 'n multimedia-aanbieding voorberei word, moet 'n
aanbieder ...
A vir die terugvoeringsessie voorberei.
B die hoeveelheid inligting op elke skyfie beperk.
C 'n geskikte vergaderplek voorberei.
D voor iemand oefen om 'n mening te kry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/2019
SS/NSS
1.1.6 Die waarde van Sipho se voorraad is R40 000 en hy het dit vir
R30 000 verseker. Skade van R8 000 is deur 'n brand veroorsaak.
Sipho sal ... as vergoeding ontvang.
A R6 000
B R8 000
C R3 000
D R4 000
1.1.7 Benny bevorder … deur mense van diverse agtergronde in sy
supermark in diens te neem.
A aanspreeklikheid
B diskriminasie
C sosiale regte
D inklusiwiteit
1.1.8 EEN van die stappe wat besighede in ag kan neem wanneer hulle
konflik in die werkplek hanteer:
A Implementeer dissiplinêre prosedures
B Verskaf ontspanningsfasiliteite
C Kies 'n geskikte oplossing
D Verskaf byvoordele
1.1.9 Die menslikehulpbronaktiwiteit wat verseker dat die vaardighede
en bevoegdhede van pas aangestelde werknemers by die
vereistes van die pos pas:
A Keuring
B Plasing
C Werwing
D Opleiding
1.1.10 Sara Ontwerpers gebruik … om moontlike kandidate onder
bestaande werknemers te werf.
A indiensnemingsagentskappe
B opvoedkundige instellings
C kennisgewingborde
D plaaslike koerante (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/2019
SS/NSS
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
by; gehalteprestasie; beskrywing; vaardigheidsontwikkelingsheffing;
grafieke; vaardigheidsontwikkelingstrategie; tabelle; verpligte;
spesifikasie; gehaltebestuur
1.2.1 Collin gebruik … om verkoopsyfers in kolomme vir sy aanbieding te
vertoon.
1.2.2 Die werkloosheidsversekeringsfonds word ook as 'n ... voordeel
beskou.
1.2.3 Lindsay Vervaardigers dra 1% van hulle betaalstaat aan SAID by
as 'n … om werknemers op te lei.
1.2.4 Marmer Konstruksies gebruik … om gespesifiseerde standaarde in
elk van hulle besigheidsfunksies te meet.
1.2.5 Pos-… vereis dat applikante toepaslike kwalifikasies en
werkservaring het. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/2019
SS/NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Skuldbriewe A poog om die lewenstandaard in
gemeenskappe te verbeter
1.3.2 WVBBS ('COIDA')
B stel werknemers in staat om toegang
1.3.3 Ekonomiese reg tot gesondheidsorg te hê
1.3.4 KMB-/KMI-projek C verteenwoordig 'n korttermynlening
aan 'n besigheid
1.3.5 Aggressiewe
D verplig werknemers om 1% van hulle
salaris by te dra vir beserings wat
opgedoen word terwyl hulle aan diens
is
E stel besighede in staat om lenings by
beleggers te maak
F 'n werknemer wat altyd ongelukkig is
oor besluite wat deur ander in 'n
vergadering geneem is
G poog om maksimum winste te maak
H sien toe dat werknemers dieselfde
betaal word vir werk van dieselfde
waarde
I verplig besighede om maandeliks 'n
bydrae tot die vergoedingsfonds te
maak
J 'n werkgewer wat twisgierig raak
wanneer hy deur ander in 'n
vergadering gekonfronteer word
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER komponente van die PESTWO-analise. (4)
2.2 Beskryf in breë trekke die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV),
1995 (Wet 66 van 1995). (8)
2.3 Identifiseer die verbruikersreg wat deur Carlio Bpk. in ELK van die stellings
hieronder geïmplementeer is:
2.3.1 Die verkoopspersoon laat kliënte toe om rond te kyk vir die beste
prys.
2.3.2 Bestuur gee nie persoonlike inligting van hulle werknemers aan
kliënte nie.
2.3.3 Kliënte word dieselfde pryse vir dieselfde goedere/dienste in
verskillende areas gevra.
2.3.4 Verbruikers kry 'n geskrewe waarborg vir duursame produkte. (8)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MOHAMMED FINANSIËLE DIENSTE (MFD)
Mohammed Finansiële Dienste het 'n geldmarkafdeling begin wat lenings aan
hulle kliënte gee. Die bestuur van MFD voer altyd 'n finansiële
bekostigbaarheidsassessering van elke kliënt uit wat vir 'n lening aansoek
doen.
2.4.1 Identifiseer die Wet waaraan MFD voldoen. Motiveer jou antwoord
deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.4.2 Verduidelik ander maniere aan Mohammed waarop besighede aan
die Wet wat in VRAAG 2.4.1 geïdentifiseer is, kan voldoen. (8)
2.5 Bespreek DRIE soorte intensiewe strategieë. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/2019
SS/NSS
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SAM BAKKERY (SB)
Sam se Bakkery maak vars verjaarsdagkoeke. Sy werknemers lewer nie
goeie kliëntediens nie. Hy het die meeste van sy kliënte aan Florah Bakkerye
afgestaan. SB moes van sy gesteelde toerusting vervang as gevolg van die
hoë misdaadkoers in hulle area.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAE 2.6.1 tot 2.6.3 te
beantwoord.
UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN BEHEER
2.6.1 OMGEWING 2.6.3
2.6.2
(a)
(b)
(c)
2.6.1 Haal DRIE uitdagings vir SB uit die scenario hierbo aan. (3)
2.6.2 Klassifiseer SB se uitdagings volgens die DRIE
besigheidsomgewings. (6)
2.6.3 Noem die mate van beheer wat SB oor ELK van die
besigheidsomgewings genoem in VRAAG 2.6.2 het. (3)
2.7 Gee besighede raad oor die volgende kragte van Porter se Vyf Kragte-model:
2.7.1 Bedingingsmag van verskaffers/Mag van verskaffers (4)
2.7.2 Bedreiging van substitusie/Substitute (4)
[60]
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Gee VYF voorbeelde van nieversekerbare risiko's. (5)
3.2 Beskryf in breë trekke die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs/
JSE. (8)
3.3 Onderskei tussen versekering en assuransie. (8)
3.4 Verduidelik hoe die volgende faktore tot die sukses en/of mislukking van 'n
privaat maatskappy (Edms.) Bpk. kan bydra:
3.4.1 Bestuur (4)
3.4.2 Kapitaal (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/2019
SS/NSS
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Nellie het R500 000 in die lotery-trekking gewen en het besluit om die geld in
'n vaste deposito by Ithuba Bank te belê. Die bank het haar 'n rentekoers van
12% saamgestelde jaarlikse rente oor 'n tydperk van drie jaar aangebied.
3.5.1 Definieer saamgestelde rente. (2)
3.5.2 Bereken die bedrag rente wat Nellie na drie jaar sal ontvang. Toon
ALLE berekeninge. (5)
3.5.3 Noem 'n ander tipe rente wat deur Ithuba Bank aangebied kan
word. (2)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
REUSE REKENAARSAGTEWARE (RR)
RR spesialiseer in die ontwikkeling van nuwe rekenaarsagteware vir
verskillende rekenaarprogramme. Cindy, die produksiebestuurder, bied
belonings aan om werknemers te motiveer om hulle gestelde mikpunte te
bereik. Tom, die bemarkingsbestuurder, gebruik sjarme om sy span aan te
spoor om hard te werk.
3.6.1 Identifiseer die leierskapstyle wat Cindy en Tom gebruik. Motiveer
jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.6.1 te
beantwoord.
LEIERSKAPSTYL MOTIVERING
Cindy
Tom (6)
3.6.2 Bespreek die impak van Tom se leierskapstyl op besighede, soos
in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer. (8)
3.7 Evalueer die effektiwiteit van interaktiewe witborde/slimborde as 'n visuele
hulpmiddel. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Noem VYF menseregte in die werksplek. (5)
4.2 Identifiseer die oorsake van konflik wat op Siyaya Geïnk. in ELKE stelling
hieronder van toepassing is:
4.2.1 Die Droomspan is nie bereid om saam met die Khula-span, wat
altyd toekennings kry, te werk nie.
4.2.2 Werknemers handel nie hulle take suksesvol af nie aangesien daar
nie altyd duidelike instruksies gegee word nie.
4.2.3 Werknemers stry altyd oor die gebruik van toerusting om hulle take
te voltooi.
4.2.4 Sommige werknemers kan nie byhou met die groot aantal take wat
aan hulle gegee word nie. (8)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NIMROD ALUMINIUM (NA)
Nimrod Aluminium ervaar 'n afname in verkope en 'n verlies aan winste.
Bestuur het kundiges versoek om maniere voor te stel om hulle
besigheidsprobleme op te los. Werknemers word ook aangemoedig om
kreatiewe denkvaardighede te gebruik om nuwe idees te ontwikkel om
verkope te laat toeneem.
4.3.1 Noem die probleemoplossingstegniek wat deur Nimrod Aluminium
gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
aan te haal. (3)
4.3.2 Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek
geïdentifiseer in VRAAG 4.3.1. (8)
4.3.3 Gee die bestuur van NA raad oor maniere waarop hulle 'n
omgewing in die werksplek kan skep wat kreatiewe denke
stimuleer. (6)
4.4 Onderskei tussen besluitneming en probleemoplossing. (4)
4.5 Verduidelik hoe besighede die volgende diversiteitskwessies in die werksplek
kan hanteer:
4.5.1 Kultuur (4)
4.5.2 Ouderdom (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 DBE/2019
SS/NSS
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ZUMBA ELEKTRIES (ZE)
Zumba Elektries bedryf hulle besigheid in 'n gebied met 'n hoë
werkloosheidskoers en armoede. Die bestuur van ZE het probeer om aandag
aan hierdie uitdagings te gee deur korporatiewe maatskaplike
investeringsprojekte (KMI) te gebruik om in die gemeenskap te investeer.
4.6.1 Noem TWEE sosio-ekonomiese kwessies in die scenario hierbo. (2)
4.6.2 Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike investering
(KMI) op ZE as 'n besigheid. (8)
4.7 Stel maniere voor waarop besighede tot die welstand van hulle werknemers
kan bydra. (8)
[60]
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Noem TWEE salarisbepalingsmetodes wat werkgewers kan gebruik om die
lone van hulle werknemers te bepaal. (2)
5.2 Beskryf in breë trekke DRIE rolle van die onderhoudvoerder wanneer vir 'n
onderhoud voorberei word. (6)
5.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SHAKEEL VEEPLAAS (SV)
Shakeel Veeplaas het 'n vakante pos in 'n koerant geadverteer. Baie
applikante het hulle aansoeke ingedien. SV het voorlopige onderhoude
gevoer om geskikte kandidate te kies en het 'n kortlys van vyf kandidate
saamgestel. 'n Geskrewe aanbod is aan die beste kandidaat gemaak.
5.3.1 Identifiseer die tipe werwing wat deur SV gebruik is. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
5.3.2 Haal die keuringsprosedure/stappe wat SV gevolg het uit die
scenario hierbo aan. (3)
5.3.3 Gee die bestuur van SV raad oor enige ander keuringsprosedure/
-stappe wat hulle in ag kan neem. (8)
5.4 Bespreek die voordele van induksie/oriëntering vir besighede. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 DBE/2019
SS/NSS
5.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EKSKLUSIEWE KLEREWINKEL (EK)
Zinhle is die eienaar van Eksklusiewe Klerewinkel. Sy is versoek om idees te
deel oor hoe sy hoë gehaltestandaarde vir haar produkte volhou. Sy het
aangedui dat haar werknemers gereeld opleiding ontvang. Tyd en hulpbronne
word ook effektief gebruik.
5.5.1 Haal TWEE voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel uit die
scenario hierbo aan. (2)
5.5.2 Verduidelik aan Zinhle ander voordele van 'n goeie
gehaltebestuurstelsel. (8)
5.6 Beskryf hoe gehaltesprestasie in die volgende besigheidsfunksies tot die
sukses van 'n besigheid kan bydra:
5.6.1 Administrasie (6)
5.6.2 Bemarking (6)
5.7 Stel maniere voor waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte
kan verlaag. (8)
[60]
VRAAG 6: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Identifiseer die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD),
1997 (Wet 75 van 1997) waaraan Kajav Supermark in ELK van die volgende
stellings hieronder voldoen:
6.1.1 Daar word van werknemers vereis om voldoende kennis te gee
voordat hulle hulle dienskontrakte kan beëindig.
6.1.2 Kajav Supermark dwing nie hulle werknemers om meer as drie uur
per dag ekstra te werk nie.
6.1.3 Werknemers word aangeraai om 'n mediese sertifikaat te verskaf
indien hulle vir meer as twee opeenvolgende dae van die werk
afwesig is.
6.1.4 Kajav Supermark laat nie werknemers jonger as 18 toe om
gevaarlike pligte uit te voer nie. (8)
6.2 Verduidelik die stappe wat besighede moet volg wanneer 'n strategie
geëvalueer word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 DBE/2019
SS/NSS
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.3 Noem DRIE soorte leierskapsteorieë. (3)
6.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JONES KOELDRANKE (Edms.) Bpk.
Jones Koeldranke (Edms.) Bpk. wil hulle huidige maatskappystatus na Jones
Koeldranke Bpk. omskakel sodat hulle die publiek kan nooi om aandele in die
besigheid te koop.
6.4.1 Identifiseer TWEE ondernemingsvorms wat op Jones Koeldranke
van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 6.4.1 te
beantwoord.
ONDERNEMINGSVORMS MOTIVERING
(6)
6.4.2 Verduidelik die voordele van die ondernemingsvorm wat deur
Jones Koeldranke Bpk., wat in VRAAG 6.4.1 geïdentifiseer is,
verteenwoordig word. (6)
BESIGHEIDSROLLE
6.5 Beskryf in breë trekke TWEE verantwoordelikhede van werknemers om die
werksomgewing te beskerm. (4)
6.6 Identifiseer die stadiums van spanontwikkeling wat op Shiburi
Konstruksiespan in ELK van die stellings hieronder van toepassing is:
6.6.1 Spanlede vergelyk mekaar se idees en baklei vir 'n leierskap-
posisie.
6.6.2 Die span is bewus van hulle doelwitte en neem besluite sonder
toesig.
6.6.3 Spanlede versamel inligting oor die taak wat uitgevoer moet word. (6)
6.7 Gee besighede raad oor die korrekte prosedure om griewe in die werksplek te
hanteer. (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.8 Gee VYF redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak. (5)
6.9 Verduidelik die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4)
6.10 Gee die menslikehulpbronbestuurder raad oor die implikasies van die
Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) op sy/haar
departement. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 14 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) is ingestel om
gelykheid in die werksplek te bevorder. Besighede is verplig om die vereistes van die
Wet na te kom of om strafmaatreëls vir nienakoming in die gesig te staar.
As 'n kenner van onlangse wetgewing, skryf 'n opstel oor die volgende WGI-aspekte:
Beskryf in breë trekke die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming.
Bespreek die impak van hierdie Wet op besighede.
Gee besighede raad oor die gevolge/strafmaatreëls wat hulle kan verwag wanneer
die WGI nie nagekom word nie.
Stel praktiese maniere voor waarop besighede hierdie Wet kan nakom. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING EN AANBIEDING)
Mario, 'n finansiële konsultant, het 'n aanbieding oor gewone- en voorkeuraandele
gedoen. Die aanbieding het ook na faktore gekyk wat oorweeg moet word wanneer
beleggingsbesluite geneem word. Mario het negatiewe terugvoering oor sy aanbieding
van die gehoor ontvang.
Skryf 'n opstel oor beleggings en aanbiedings waarby jy die volgende aspekte insluit:
Onderskei tussen gewone- en voorkeuraandele.
Bespreek die volgende faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n
beleggingsbesluit geneem word:
o Risiko
o Belasting
o Beleggingstydperk
Verduidelik aan Mario die faktore wat hy gedurende 'n aanbieding in ag moet
neem.
Beveel maniere aan waarop Mario op sy volgende aanbieding kan verbeter. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 15 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 9: BESIGHEIDROLLE (PROFESSIONALISME EN ETIEK)
Volgens die King-kode-beginsels word daar van besighede verwag om hulle
bedrywighede op 'n professionele en etiese manier uit te voer. Baie besighede
ontwikkel strategieë om onetiese besigheidspraktyke te hanteer om so mededingend
en volhoubaar te bly.
Skryf 'n opstel oor professionalisme en etiek waarin jy aan die volgende aspekte
aandag gee:
Brei breedvoerig uit oor die betekenis van etiek in die werksplek.
Verduidelik hoe die volgende onetiese/onprofessionele besigheidspraktyke 'n
uitdaging aan besighede kan bied:
o Seksuele teistering
o Misbruik van werkstyd
o Belastingontduiking/Belasting
Beveel maniere aan waarop besighede ELKE onetiese/onprofessionele
besigheidspraktyk hierbo genoem, kan hanteer.
Gee besighede raad oor hoe hulle aanspreeklikheid en deursigtigheid as King-
kode-beginsels vir goeie korporatiewe bestuur kan toepas. [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE EN
GEHALTESPRESTASIE)
Nizam Tiling is bekend vir gehalteprodukte en -dienste. Hulle maak altyd seker dat
hulle werwingsprosedure goed gestruktureer is. Hulle bied aantreklike byvoordele aan
hulle werknemers en verbeter voortdurend hulle stelsels en prosesse.
Die produksiebestuurder moedig werknemers aan om hoë gehalte produkte te
vervaardig om kliënte tevrede te hou.
Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf 'n opstel oor menslike hulpbronne en
gehalteprestasie oor die volgende aspekte:
Beskryf in breë trekke die werwingsprosedure.
Verduidelik die impak van byvoordele op besighede.
Bespreek die positiewe impak van deurlopende verbetering van prosesse en
stelsels op groot besighede.
Gee die produksiebestuurder raad oor die gehalteaanwysers van die
produksiefunksie. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Eng)
Related documents

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC June 2019 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f1d89609-1512-40e6-af1e-b2ab02f94182/v1-9034535e900160d08e5f/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 KZN Prelim 2019 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 Western Cape Mock 2019 Question Paper
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper