Downloaded from hlayiso.com
INSERT LOGO HERE
WKOD
NASIONALE SENIOR
SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES
SEPTEMBER 2019
PUNTE: 300
TYD: 3 ure
Die vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Skip to contentAll 2019 papers 

%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f1d89609-1512-40e6-af1e-b2ab02f94182/v1-9034535e900160d08e5f/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 Western Cape Mock 2019 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the Western Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Western Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Western Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 322.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Western Cape Mock Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 SEPT 2019
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 40 30
VERPLIGTEND
B: VYF direkte/indirekte tipe 2 60 30
vrae 3 60 30
KEUSE 4 60 30
(Beantwoord enige DRIE.) 5 60 30
6 60 30
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30
KEUSE 8 40 30
(Beantwoord enige TWEE.) 9 40 30
10 40 30
TOTAAL 300 180
7. Begin die antwoorde op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG
1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 SEPT 2019
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (1.1.1-
1.1.10) op jou ANTWOORDBLAD neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Hierdie wet dwing die Menslike Hulpbronbestuurder om regverdige kriteria
te gebruik wanneer nuwe werkers aangestel word.
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD) 1997 (Wet 75 van 1997)
B Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
C Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998)
D Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)
1.1.2 Die funksies van SOOO’s (SETA’s) is om …
A werkers op te lei.
B opleiding van vaardigheidsontwikkelings-fasiliteerders.
C bestuursplanne te ontwikkel.
D leerderskapprogramme te registreer.
1.1.3 Die versekeraar betaal slegs die gemiddelde tussen die werklike waarde
en die versekerde waarde.
A Awery klousule
B Oorversekering
C Uiters goeie trou
D Premie
1.1.4 Hierdie ondernemingsvorm kan sy aandele verhandel op die
Johannesburgse Sekuriteit Beurs
A Sunbird (Edms) Bpk
B Boss en Dogters Prokureurs
C Graaff Diamonds Bpk
D Toto Motors BK
1.1.5 Watter een van die volgende is NIE ʼn beginsel van die King-kode NIE?
A Deursigtigheid
B Verantwoordelikheid
C Aanspreeklikheid
D Winsgewendheid
1.1.6 Die … -tegniek kan gebruik word wanneer besluite gemaak word deur
hardop met ‘n denkbeeldige persoon te praat.
A Delphi
B SCAMPER
C Leë stoel
D Gedwonge kombinasies
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 SEPT 2019
1.1.7 Die vul van vakante poste in 'n besigheid met bestaande werknemers
staan as … bekend.
A advertering
B interne werwing
C eksterne werwing
D posspesifikasie
1.1.8 Die … funksie verseker dat akkurate inligting vir besluitneming vir die
bestuur beskikbaar is.
A finansiële
B administratiewe
C openbare-betrekkinge-
D bemarkings-
1.1.9 Joseph is pas as die instandhoudingtoesighouer by die Blue Waves Hotel
aangestel. Hy sal die beleids-en-prosedurehandleiding van die hotel
gedurende die …-program ontvang.
A plasings
B induksies
C werwings
D siftings
1.1.10 Gehaltesirkels is gewoonlik deel van die TGB('TQM')-element van …
A deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
B topbestuurbetrokkenheid.
C spanwerk.
D monitering en evaluering van gehalteprosesse.
(20)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys te gebruik. Skryf slegs die
woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) op jou ANTWOORDBLAD neer.
kreatiewe denke; byvoordele; primêre; RSA Kleinhandelspaareffekte; aandele;
tersiêre; vaardigheidsontwikkelingsheffing; verpligtend; werkloosheidsheffing;
probleemoplossing
1.2.1 Die … sektor sluit alle industrieë wat dienste aan ander besighede en
verbruikers, lewer in.
1.2.2 RNB Vervaardigers betaal 1% van hul salarisrekening oor aan die
SAID as ‘n … om werkers op te lei.
1.2.3 Die Nasionale Tesourie van Suid-Afrika bied … as ‘n gewaarborgde
beleggingsopsie.
1.2.4 ‘n Senior bestuurder oorweeg bestaande alternatiewe en besluit op
die beste oplossing. Hierdie is ‘n voorbeeld van …
1.2.5 Skaap Stertjies Dagsorgsentrum laat hul werknemers toe om hul eie
kleuters gratis by die sentrum in te skryf. Dis ‘n voorbeeld van ‘n …
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 SEPT 2019
1.3 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A-J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) op die ANTWOORDBLAD neer,
byvoorbeeld, 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Etiek A stel besighede in staat om lenings by
beleggers te maak
1.3.2 Bybetaling
B gedrag wat deur ‘n stel waardes, wat
1.3.3 Frontering (‘Fronting’) moreel aanvaarbaar is, bepaal word
1.3.4 Skuldbriewe C die maandelikse bedrag deur die
versekerde betaal
1.3.5 Gelykheid
D gee werknemers toegang tot mediese sorg
E goeie oordeel en beleefde optrede wat van
‘n persoon verwag word
F om reg en regverdig op te tree
G verteenwoordig ‘n korttermynlening aan ‘n
besigheid
H die aanstelling van swart mense in
bestuursposisies
I die bedrag geld wat deur die versekerde
betaal word wanneer die eis ingedien word
J wanvoorstelling van ‘n maatskappy se
SEB-status
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 SEPT 2019
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy,
ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem VIER pilare van die Wet op Breebasis- Swart Ekonomiese
Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003). (4)
2.2 Beskryf in breë trekke die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV),
1995 (Wet 66 van 1995). (8)
2.3 Identifiseer die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
(WBD), 1997 (Wet 75 van 1997) waaraan Dodge City Diner aan ELK van
die volgende stellings hieronder voldoen:
2.3.1 Werknemers word aangeraai om 'n mediese sertifikaat te verskaf
indien hulle vir meer as twee opeenvolgende dae van die werk
afwesig is.
2.3.2 Dodge City Diner laat nie werknemers jonger as 18 toe om
gevaarlike pligte uit te voer nie.
2.3.3 Dodge City Diner dwing nie hulle werknemers om meer as drie uur
per dag ekstra te werk nie.
2.3.4 Daar word van werknemers vereis om voldoende kennis te gee
voordat hulle hul dienskontrakte kan beëindig. (8)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MABALINGWE SAFARI WILDRESERVAAT (MSR)
'n Werknemer van Mabalingwe Safari Wildreservaat (MSR) het sy arm
verloor as gevolg van 'n besering wat hy opgedoen het terwyl hy aan diens
was. Die bestuur van die wildreservaat weier om die eis by die
Vergoedingsfonds in te dien omdat hulle nie die werknemer by die
kommissaris van die Vergoedingsfonds geregistreer het nie.
2.4.1 Identifiseer die Wet wat werknemers in staat stel om vir
werkplekbeserings te eis. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario hierbo aan te haal. (3)
2.4.2 Bespreek die strafmaatreëls wat teen MSR ingestel kan word omdat
hulle nie voldoen het aan die Wet wat in VRAAG 2.4.1
geïdentifiseer is nie. (4)
2.4.3 Beveel maniere aan waarop MSR kan voldoen aan die Wet genoem
in VRAAG 2.4.1. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 SEPT 2019
2.5 Beskryf DRIE soorte diversifikasiestrategieë. (9)
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RICHMOND SUIKERPRODUSENT (RSP)
Richmond Suikerprodusent (RSP) is 'n prominente suikerprodusent in
Kwazulu Natal. 'n Onlangse sikloon het 40% van die produsent se
suikerrietgewasse vernietig. Produksie in die fabriek het tot stilstand gekom
nadat toerusting gebreek het as gevolg van geen onderhoud. Die vraag na
suikerprodukte het afgeneem aangesien hul kliënte op soek is na gesonder
alternatiewe.
Gebruik die tabel as ‘n riglyn om die vrae wat volg, te beantwoord:
BESIGHEIDS- MATE VAN
UITDAGINGS
OMGEWING BEHEER
(a)
(b)
(c)
2.6.1 Haal DRIE uitdagings wat Richmond Suikerprodusent (RSP) moet
hanteer uit die scenario hierbo aan. (3)
2.6.2 Klassifiseer RSP se uitdagings volgens die DRIE besigheids-
omgewings. (6)
2.6.3 Noem die mate van beheer wat RSP oor ELKE besigheids-
omgewing in VRAAG 2.6.2 het. (3)
2.7 Gee besighede raad oor hoe om hul strategiese bestuursproses uit te voer. (6)
[60]
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Lys enige TWEE faktore wat oorweeg moet word wanneer beleggings-
besluite geneem word. (2)
3.2 Evalueer die Regering/RSA-keinhandeleffekte as ‘n soort belegging. (8)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CRAZY RAZOR HAARKAPPERS (CRH)
Crazy Razor Haarknippers (CRH) spesialiseer in die nuutste haarstyle.
Mandla is die alleeneienaar van die besigheid en is ook vir alle sakerisiko’s
verantwoordelik.
3.3.1 Identifiseer CRH se ondernemingsvorm. Motiveer jou antwoord
deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
3.3.2 Verduidelik hoe verdeling van winste, wetgewing en belasting die
sukses en/of mislukking van die ondernemingsvorm wat in VRAAG
3.3.1 geïdentifiseer is, kan beïvloed. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 SEPT 2019
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Leicester wil R50 000 vir twee jaar in 'n vaste deposito belê. Hy het twee
banke genader. Oos Bank het hom 9% enkelvoudige rente per jaar aangebied
en Wes Bank 9% saamgestelde rente per jaar.
3.4.1 Bereken die rentebedrag wat Leicester na twee jaar sal ontvang
indien hy by Oos Bank belê. (3)
3.4.2 Bereken die rentebedrag wat Leicester na twee jaar sal ontvang
indien hy by Wes Bank belê. (4)
3.4.3 Beveel die beste beleggingsopsie vir Leicester aan. Motiveer jou
antwoord. (3)
3.5 Evalueer die impak van die volgende leierskapstyle:
3.5.1 Outokratiese leierskap (4)
3.5.2 Transaksionele leierskap (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BEPLAN ‘n PIEKNIEK SPYSENIERING (BPS)
Beplan ‘n Piekniek (BPS) is ‘n besigheid wat kosmandjies verpak en
verkoop op bestelling. BPS is gevra om hul reeks produkte aan ‘n nuwe
kliënt voor te lê. Gedurende die voorlegging is voorstelle van die nuwe klient
op ‘n bord aangeteken, gestoor en per epos aan die aankoopdepartement
van BPS gestuur.
3.6.1 Haal bewyse uit bostaande scenario aan wat daarop dui dat BPS
van ‘n interaktiewe witbord/slimbord gebruik gemaak het tydens hul
aanbieding. (1)
3.6.2 Evalueer die effektiwiteit van interaktiewe witborde/slimborde as 'n
visuele hulpmiddel. (8)
3.6.3 Gee advies aan ʼn aanbieder oor aspekte wat hy/sy in ag moet neem
tydens ʼn aanbieding. (8)
[60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Omskryf in breë trekke enige DRIE ekonomiese regte van werknemers. (3)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LUSH KOSMETIESE VERVAARDIGERS (LKV)
Charney, is die bestuurder van Lush Kosmetiese Vervaardigers (LKV). Sy
wil ʼn intieme verhouding met Ben hê in ruil vir bevordering. Charney
gebruik ook die besigheid se petrolkaart vir persoonlike ritte. Charney se
senior bestuurder het ook opgemerk dat sy gereeld op Vrydae afwesig is.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 SEPT 2019
Gebruik die onderstaande tabel om die volgende vrae te beantwoord.
ONETIESE PRAKTYK TIPE AANBEVELING
4.2.1 4.2.2 4.2.3
4.2.1 Haal DRIE onetiese praktyke uit die bostaande scenario aan. (3)
4.2.2 Identifiseer die tipe onetiese besigheidspraktyk vir ELKEEN soos
uitgewys in VRAAG 4.2.1. (6)
4.2.3 Beveel EEN strategie aan hoe LKV die onetiese praktyk in
VRAAG 4.2.2 kan hanteer. (6)
4.3 Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike investering (KMI) op
besighede. (8)
4.4 Verduidelik enige DRIE stadia van spanontwikkeling. (9)
4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MOVIE BUSTERS KLUB (MBK)
Movie Block Busters (MBK) ervaar 'n afname in verkope en 'n verlies aan
winste. Bestuur het kundiges versoek om maniere voor te stel om hulle
besigheidsprobleme op te los. Werknemers word ook aangemoedig om
kreatiewe denkvaardighede te gebruik om nuwe idees te ontwikkel om
verkope te laat toeneem.
4.5.1 Noem die probleemoplossingstegniek wat deur MBK gebruik word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
4.5.2 Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek
geïdentifiseer in VRAAG 4.5.1. (8)
4.5.3 Gee aan die bestuur van MBK raad oor maniere waarop hulle 'n
omgewing in die werksplek kan skep wat kreatiewe denke
stimuleer. (6)
4.6 Brei uit oor die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer. (8)
[60]
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Identifiseer VIER aspekte wat by 'n induksieprogram ingesluit moet word. (4)
5.2 Bespreek die rol van die onderhoudvoerder en die kandidaat gedurende die
onderhoud. (4)
5.3 Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 SEPT 2019
5.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MONDI PAPIER DEPOT (MPD)
Mondi Papier Depot (MPD) het 'n vakante pos op die onderneming se
sosiale mediablad geadverteer. Baie applikante het hulle aansoeke
ingedien. MPD het voorlopige onderhoude gevoer om geskikte kandidate te
kies en het 'n kortlys van drie kandidate saamgestel. 'n Geskrewe aanbod
is aan die beste kandidaat gemaak.
5.4.1 Identifiseer die tipe werwing wat deur MPD gebruik is. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
5.4.2 Haal die keuringsprosedure/stappe wat MPD gevolg het uit die
scenario hierbo aan. (3)
5.4.3 Gee die bestuur van MPD raad oor enige ander keuringsprosedure/
-stappe wat hulle in ag kan neem. (8)
5.5 Identifiseer die besigheidsfunksie wat in elk van die volgende stellings
verantwoordelik is vir die verbetering van die kwaliteit van prestasie:
5.5.1 Die bestuur van Hoera Speelgoedwinkel gebruik verouderde
inligting om strategiese besluite te neem.
5.5.2 Spike Skoenfabriek koop grondstowwe by Suede Verskaffers wat
nie betyds aflewer nie.
5.5.3 Foodie Spyseniers sukkel om hul debiteure in te vorder.
5.5.4 Supa Savers verloor van hul klante omdat hulle nie ‘n
lojaliteitsprogram bied waarmee hul klante afslag kan verdien nie. (8)
5.6 Verduidelik die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (8)
5.7 Gee aan besighede raad oor die rol van gehaltesirkels om sodoende die
gehalte van hul produkte en dienste te verbeter. (6)
5.8 Verduidelik hoe totale gehaltebestuur (TGB/TQM) ‘n impak op die
vermindering van die koste van gehalte kan hê. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 SEPT 2019
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Noem DRIE defensiewe strategieë. (3)
6.2 Identifiseer die nywerheidsanalise-instrument wat deur besighede
aangewend kan word tydens ‘n omgewingsanalise vir elk van die volgende
uitdagings:
6.2.1 Werkers wat gereeld afwesig is.
6.2.2 Die besigheid is geleë in ‘n area met ‘n hoë misdaadsyfer.
6.2.3 ‘n Onderneming wat soorgelyke produkte in die area verkoop, het
gesluit. (6)
6.3 Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë. (6)
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.4 Vergelyk leierskap met bestuur. (8)
6.5 Verduidelik enige DRIE faktore wat ‘n aanbieder in ag moet neem tydens die
voorbereiding van die voorlegging. (6)
BESIGHEIDSROLLE
6.6 Noem enige VIER probleemoplossingstappe. (4)
6.7 Beskryf in breë trekke DRIE verantwoordelikhede van werknemers om die
werksomgewing te beskerm. (6)
6.8 Stel EEN strategie voor om ELK van die volgende moeilike persoonlikhede
te hanteer:
6.8.1 Klaer (2)
6.8.2 Aggressiewe persoon (2)
6.8.3 Stil persoon (2)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.9 Gee DRIE redes vir die beëindiging van ‘n dienskontrak. (3)
6.10 Bespreek die implikasie van die Vaardigheidsontwikkelingswet op die (6)
menslike hulpbronfunksie.
6.11 Verduidelik die voordele van ‘n goeie gehaltebeheerstelsel. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 SEPT 2019
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
NOTA: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet bo-aan ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 7 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 8 op ʼn NUWE bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (ONLANGSE WETGEWING)
Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ('COIDA'), 1997 (Wet
61 van 1997) erken dat sekere beroepe gevaarlik is en werkers aan gesondheidsrisiko's
blootstel. Daar is dus koste-implikasies vir beide werkgewers en werknemers wanneer
werkplekverwante ongelukke of siektes plaasvind.
Met verwysing na die stelling hierbo:
• Bespreek die aard van 'COIDA'.
• Verduidelik die regte van werknemers soos dit in die Wet uiteengesit is.
• Omskryf in breë trekke DRIE handelinge wat as diskriminerend beskou kan word.
• Analiseer die impak van hierdie Wet op besighede.
• Beveel maniere aan waarop besighede aan 'COIDA' kan voldoen. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME & LEIERSKAP)
OTWA TUINDIENSTE (OTD)
Otwa besit Otwa Tuindienste BK. Hy het gehoor dat die Wet op Beslote Korporasies
en die Maatskappyewet verander is en dat beide ‘n invloed op sy besigheid het. Otwa
het na sy prokureursvriend, James, gegaan en hom vir raad oor die veranderinge van
hierdie wette gevra. James het ‘n omsendbrief van Cox Yeats Prokureurs in Junie
2011 gedruk waarin die volgende geskryf is:
“Die Nuwe Maatskappyewet het nie die Wet op Beslote Korporasies No 69 van 1984
vervang nie, en dit het ook nie van beslote korporasies ontslae geraak nie. Dit sal
egter:
• uiteindelik lei tot die uitfasering van beslote korporasies;
• voorsiening maak vir die omskakeling van beslote korporasies in maatskappye; en
• die Wet op Beslote Korporasies verander sodat sekere bepalings in die Nuwe
Maatskappyewet beslote korporasies en maatskappye reguleer.”
Otwa het jou vir raad gevra oor watter maatskappy sy besigheid die beste sal pas.
https://www.coxyeats.co.za>Omsendbrief 2 van Junie 2011
Met verwysing na die scenario hierbo, skryf ‘n opstel waarin jy die volgende aspekte
aanraak:
• Vergelyk ‘n beslote korporasie met ‘n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy
sodat die verskille duidelik is.
• Bespreek hoe bestuur, belasting, wetgewing en kapitaal tot die sukses en/of
mislukking van ‘n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy kan bydra.
• Regverdig/Motiveer hoekom Otwa na ‘n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy
moet verander.
• Bespreek die rol van Otwa se persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 SEPT 2019
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (DIVERSITEIT EN KONFLIKBESTUUR)
Besighede neem mense in diens wat dinge verskillend doen, wat tot konflik kan lei. Dit
is belangrik dat besighede diversiteitskwessies identifiseer en maniere vind om dit op te
los. Besighede moet deeglik ingelig wees oor konflikhantering by die werkplek.
Skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:
• Bespreek die voordele van 'n diverse arbeidsmag.
• Stel maniere voor waarop besighede taal en ouderdom as diversiteitskwessies by
die werkplek kan aanraak.
• Verduidelik die oorsake van konflik by die werkplek.
• Gee aan besighede raad oor hoe hulle konflik by die werkplek moet hanteer. [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE EN
GEHALTEPRESTASIE)
SUIDER SEE SWEMDRAG (SSS)
Suider See Swemdrag (SSS) ontwerp en vervaardig swembroeke om swemmers te
ondersteun met swemkompetisies. By die aanstelling van nuwe personeellede sorg
SSS dat die werwingsprosedure goed gestruktureer is en dat hul aanloklike byvoordele
vir hul werknemers bied. SSS verstaan dat alle swemmers gedrewe is om te wen en
daarom verbeter SSS hul prosesse en stelsels voortdurend. Die vervaardiging van hoë
gehalte swemdrag is hul hoofdoel.
Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf 'n opstel oor menslike hulpbronne en
gehalteprestasie oor die volgende aspekte:
• Beskryf in breë trekke die werwingsprosedure.
• Verduidelik die impak van byvoordele op besighede.
• Bespreek die impak van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels op groot
besighede.
• Gee die produksiebestuurder raad oor die gehalteaanwysers van die
produksiefunksie. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f1d89609-1512-40e6-af1e-b2ab02f94182/v1-9034535e900160d08e5f/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 Gauteng Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 KZN Prelim 2019 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 Western Cape Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum