Skip to content

Business Studies Grade 12 NSC November 2012 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 12201210 pages

Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2012 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 2 DBE/November 2012 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die leeruitkomste. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE VERPLIGTE vrae AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat verlang word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 40 30 min. B: DRIE direkte/indirekte 2 60 30 min. tipe vrae 3 60 30 min. VERPLIGTEND 4 60 30 min. C: VIER opsteltipe vrae 5 40 30 min. KEUSE (Beantwoord 6 40 30 min. enige TWEE.) 7 40 30 min. 8 40 30 min. TOTAAL 300 180 min. 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts. 8. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 3 DBE/November 2012 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B. 1.1.1 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van horisontale integrasie? A Barberton Slagpale koop 'n aantal boekwinkels. B Nalini Motorvervaardigers koop Tina se Skoenfabriek. C Dunlop, 'n maatskappy wat motorbande vervaardig, koop 'n motorbandmonteer-onderneming. D 'n Groot boekhandelaar, Glen Boekwinkels, koop 'n aantal klein, onafhanklike boekwinkels. 1.1.2 Volgens Michael Porter se model, watter EEN van die volgende kragte is verantwoordelik vir mededinging in 'n spesifieke bedryf? A Onstabiliteit en verandering in die omgewing B Die invloed van makro-omgewingsveranderlikes C Die onderhandelingsmag van verskaffers en verbruikers D Kompleksiteit en 'n onvoorspelbare omgewing 1.1.3 'n ... is 'n sirkelvormige voorstelling waar die inligting in verskillende segmente ingedeel word en waar elke segment 'n gedeelte van 100% voorstel. A Lyngrafiek B Histogram C Sirkelgrafiek D Staafgrafiek 1.1.4 Blue and Berry's Selfoonherstelwinkel is 'n ... en het dus onbeperkte aanspreeklikheid. A vennootskap B publieke maatskappy C beslote korporasie D privaat maatskappy 1.1.5 Wanneer 'n senior bestuurder 'n junior bestuurder 'onder sy/haar toesig' oplei, staan dit as ... bekend. A werwing B plasing C evaluering D mentorskap Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 4 DBE/November 2012 NSS 1.1.6 Wanneer die werklike prestasie van 'n bestuurder met sy/haar verwagte prestasie vergelyk word om sy/haar salaris te verhoog, staan die proses as ... bekend. A menslikehulpbron-beplanning B werwing C prestasiebeoordeling D plasing 1.1.7 Watter EEN van die volgende is gedokumenteer in die verslag van die King III-kode? A Vennote in 'n vennootskap B Lede van 'n beslote korporasie C Die eienaar van 'n eenmansaak D Die raad van direkteure van 'n maatskappy 1.1.8 Die proses om iets nuuts te skep wat waardevol en bruikbaar is, word ... genoem. A konflikbestuur B kreatiewe denke C arbeidsverhoudinge D stresbestuur 1.1.9 Om vakante poste in 'n sakeonderneming met bestaande werknemers te vul, staan as ... bekend. A reklame B interne werwing C eksterne werwing D posspesifikasie 1.1.10 Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het besluit om na laekostemotorhuur uit te brei. Die SAL beplan om hierdie nuwe produkaanbieding binne die volgende vyf jaar bekend te stel. Dit is 'n voorbeeld van 'n ... doelwit. A strategiese B bedryfs- C funksionele D taktiese (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 5 DBE/November 2012 NSS 1.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 (Mark/Produk)-ontwikkeling vind plaas wanneer 'n sake- onderneming nuwe produkte in bestaande markte bekendstel. 1.2.2 Die koers waarteen die Reserwebank geld aan kommersiële banke leen, staan as die (prima/repo-) koers bekend. 1.2.3 'n (Dinkskrum/Leë stoel) is 'n kreatiewe probleemoplossingstegniek waar verskillende mense oor een probleem dink en idees voorstel wat tot 'n oplossing kan lei. 1.2.4 Die (bemarkings/openbarebetrekkinge)-funksie skep 'n gunstige beeld van die besigheid. 1.2.5 Pos-(beskrywing/spesifikasie) gee 'n oorsig van die pligte en verantwoordelikhede van 'n werknemer. (5 x 2) (10) 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Stakings A Suid-Afrika se inflasiekoers is stabiel op 4,6% 1.3.2 Johannesburgse Sekuriteitebeurs B meer organisasies soek alternatiewe energiebronne soos sonkrag 1.3.3 Fisiese omgewing C werkers werk teen 'n stadiger pas as 1.3.4 Verbale mishandeling gewoonlik sodat hulle doelbewus nie die produksiekwota haal nie 1.3.5 Entrepreneur D opmerkings wat ongemak of aanstoot in die werkplek veroorsaak E dien as 'n skakel tussen beleggers en entrepreneurs F georganiseerde wegblyaksie van die werk af deur werkers waardeur hulle bereid is om hul inkomste prys te gee G neem berekende risiko's (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 6 DBE/November 2012 NSS AFDELING B (VERPLIGTEND) VRAAG 2 2.1 Beskryf VYF maniere waarop 'n aanbieder terugvoer moet hanteer en op vrae moet antwoord ná 'n aanbieding. (10) 2.2 Noem VYF funksies (rol) van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO's) ('SETAs'). (10) 2.3 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SLIM SKEPPINGS KLEREVERVAARDIGER (SSK) Slim Skeppings Klerevervaardiger is in 'n landelike gebied geleë. Hulle vervaardig 'n reeks klere wat gemik is op 'n teikenmark in die 18 tot 28 jaar- ouderdomsgroep wat 'n inkomste van meer as R130 000 per jaar verdien. Die bestuur het onlangs opgemerk dat verkope afneem en dat hul klante, die groot klerehandelaars, klere van China af kan invoer teen 'n baie goedkoper prys. Slim Skeppings Klerevervaardiger moes personeel uit diens stel (aflê) om met die besigheid te kan voortgaan. Werknemers was ongelukkig met die bestuur omdat hulle nie die korrekte prosedure gevolg het nie. Sommige van die masjinerie by Slim Skeppings is verouderd. Die nuwe gerekenariseerde masjinerie uit Japan is te duur, omdat die wisselkoers ongunstig is. 2.3.1 Identifiseer die sektor waarin Slim Skeppings Klerevervaardiger (SSK) bedryf word. (2) 2.3.2 SSK Vervaardiger wil evalueer of die strategieë wat hulle geïmplementeer het, suksesvol was. Beskryf DRIE stappe wat Slim Skeppings Klerevervaardiger sal volg wanneer hulle hierdie strategieë evalueer. (6) 2.3.3 Gebruik die PESTWO-model om die uitdagings vir Slim Skeppings Klerevervaardiger te identifiseer. Stel 'n strategie voor wat geïmplementeer kan word om elke uitdaging te oorkom. VRAAG 2.3.3 moet volgens die opskrifte in die tabel hieronder beantwoord word. PESTWO- UITDAGING STRATEGIE OM FAKTOR DIE UITDAGING TE OORKOM Ekonomies Sosiaal (12) Wetgewing Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 7 DBE/November 2012 NSS 2.4 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Siyethemba Mvuyane het in 2011 'n huis teen 'n markwaarde van R400 000 gekoop. As gevolg van finansiële druk het hy besluit om dit vir R300 000 te verseker. Verlede maand is sy huis tydens 'n gemeenskaps- betoging in 'n brand beskadig en die skade het R100 000 beloop. 2.4.1 Die versekeringsmaatskappy het besluit om Siyethemba te vergoed vir die skade wat hy gely het. Bereken die skadevergoeding wat Siyethemba uit hierdie eis sal ontvang. Motiveer waarom hy hierdie bedrag sal ontvang. (6) 2.4.2 Verduidelik aan Siyethemba die beginsel van herinbesitstelling asook waarom dit NIE op sy versekeringseis van toepassing is NIE. (4) 2.5 Beantwoord die volgende vrae oor die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998). 2.5.1 Noem die hoofdoel van die Wet op Gelyke Indiensneming. (2) 2.5.2 Evalueer die impak van hierdie Wet op sakeondernemings. (4) 2.5.3 Stel TWEE maniere voor waarop die regering tot die suksesvolle implementering van hierdie Wet kan bydra. (4) [60] VRAAG 3 3.1 Noem kortliks die stappe wat 'n werknemer moet volg wanneer hy/sy onregverdig deur sy/haar werkgewer afgedank is. (10) 3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Pieter Williams is 'n bestuurder by ABC Verskaffers. Hy raadpleeg nie sy werknemers nie, maar verwag van hulle om opdragte korrek uit te voer. Hy neem sy eie besluite wat beïnvloed word deur die reëls en regulasies van die besigheid. 3.2.1 Noem die leierskapstyl wat in die scenario hierbo geïllustreer word. (2) 3.2.2 Identifiseer enige DRIE situasies waar die leierskapstyl in VRAAG 3.2.1 suksesvol is. (6) 3.2.3 Regverdig waarom leiers verskillende bestuurstyle moet gebruik wanneer verskillende uitdagings aangepak word. (4) 3.3 Tabuleer TWEE verskille tussen 'n bestuurder en 'n leier. (8) 3.4 Onderskei tussen mediasie en arbitrasie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 8 DBE/November 2012 NSS 3.5 Verduidelik kortliks VYF funksies van vakbonde. (10) 3.6 Ondersoek die impak van gehalte op klein en groot ondernemings. (10) 3.7 Evalueer die implikasies van die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) (NCA) vir besighede. (6) [60] VRAAG 4 4.1 Noem DRIE funksies van werkplekforums. (6) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. AFRIKA-FINANSIERINGSKORPORASIE BEPERK Die Afrika-finansieringskorporasie Beperk (AFK Bpk.) het 'n mandaat om ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. Hulle primêre fokus is om die deelname van swart persone in alle sektore van die ekonomie te verhoog, om 'n positiewe impak op werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en opleiding te hê, asook om voorkeurverkryging aan te moedig. Om dit te kan doen, is AFK Bpk. by 'n aantal aktiwiteite in verskillende provinsies betrokke. 4.2.1 Voorkeurverkryging (-aankope) is een van die pilare in BBSEB. Noem DRIE ander pilare. (6) 4.2.2 Verduidelik wat voorkeurverkryging beteken soos in die artikel genoem. (4) 4.2.3 Hoe bevorder AFK Bpk. BBSEB-ontwikkeling in Suid-Afrika? Motiveer jou antwoord. (4) 4.3 Verduidelik die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) onder die volgende opskrifte: 4.3.1 Die doel van die WVF (4) 4.3.2 Hoe bydraes tot hierdie fonds gemaak word (4) 4.4 Bespreek hoe die volgende faktore 'n uitwerking op die sukses en/of mislukking van 'n maatskappy sal hê: 4.4.1 Kapitaal (4) 4.4.2 Belasting (4) 4.4.3 Wetgewing (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 9 DBE/November 2012 NSS 4.5 Een van jou werknemers, wat goed gekwalifiseer en ervare is, het 'n drankprobleem. Beskryf die maatreëls wat jy as bestuurder sal tref om die welstand van die werknemer te verseker. (8) 4.6 Ontleed VIER tipes konflik wat in die werkplek kan voorkom. (12) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling. LET WEL: Skryf slegs die VRAAGNOMMER neer. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 5 op 'n nuwe bladsy, VRAAG 6 op 'n nuwe bladsy, ensovoorts. VRAAG 5 Suid-Afrika het baie maatskaplike probleme of sosio-ekonomiese kwessies wat sy burgers raak. Baie besighede help om hierdie probleme op te los deur hul tyd, geld en vaardighede in maatskaplike programme te belê. Evalueer die aard, doel en implementering van korporatiewe sosiale investering (KSI). Ondersoek die impak wat dit op Suid-Afrikaanse besighede en hul gemeenskappe het. [40] VRAAG 6 James en Nontokozo bedryf 'n suksesvolle vennootskap in Empangeni wat as JN Vennote bekend staan. Hulle wil hul rykdom en kapitaal verhoog deur 'n gedeelte van die besigheid se inkomste wat hulle oor die afgelope vyf jaar verdien het, te belê. As 'n finansiële raadgewer vir JN Vennote, evalueer die verskillende faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer ingeligte beleggingsbesluite geneem word. Verduidelik ook VYF tipes formele beleggingsgeleenthede en brei uit oor die risikofaktore van elk. [40] VRAAG 7 Party van Shoprite se grootste verskaffers van voedsel- en drankprodukte sluit Pioneer Foods, Tiger Brands en Premier Foods in. Hierdie verskaffers is dikwels in die nuus oor prysknoeiery en die uitbuiting van verbruikers. Met verwysing na die stelling hierbo, verduidelik die term etiek en gee redes waarom prysknoeiery oneties is. Evalueer ook belasting, die ongemagtigde gebruik van fondse en die misbruik van werkstyd as kwessies wat uitdagings bied vir etiese gedrag in besighede, en maak aanbevelings vir die verbetering van elke kwessie. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 10 DBE/November 2012 NSS VRAAG 8 Zander Fourie is as finansiële bestuurder aangestel. Jy is die menslikehulpbron- bestuurder. Bespreek Zander se induksieproses en ontleed die hoofbepalings in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) wat op Zander se aanstelling van toepassing sal wees. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all