Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2013
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 



_hlayiso.com_--10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c/v1-0f7c30d7d37453bd1092/card.webp)

View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 353.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
NSC November Exam 2013
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die leeruitkomste.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE VERPLIGTE vrae.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie
afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
van wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer
elke vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 40 30 minute
B: DRIE direkte/indirekte 2 60 30 minute
tipe vrae 3 60 30 minute
VERPLIGTEND 4 60 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae 5 40 30 minute
KEUSE (Beantwoord 6 40 30 minute
enige TWEE.) 7 40 30 minute
8 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 'n Aanbevole manier om 'n kandidaat se inligting te bevestig
voordat 'n onderhoud plaasvind:
A Nagaan van verwysings (Referentekontrole)
B Psigometriese toets
C Indiensnemingskontrak
D Induksie/Oriëntering
1.1.2 Watter EEN van die volgende besighede kan onder die tersiêre
sektor geklassifiseer word?
A Sishen Ysterertsmyn
B Spier Wynplaas
C SA Meubelvervaardigers
D Eerste Nasionale Bank
1.1.3 'n Versekeringskontrak sal slegs tot stand kom, indien daar ...
A sekuriteitstelling is.
B 'n versekerbare belang is in die voorwerp wat verseker word.
C verspreiding van risiko is.
D 'n bybetaling gemaak word.
1.1.4 Die proses waartydens nuwe werknemers se vaardighede gepas
word by die poste waarin hulle aangestel gaan word:
A Induksie/Oriëntering
B Werwing
C Plasing
D Seleksie
1.1.5 Vodacom het aangedui dat hulle slegs selfoonbatterye met 'n
loodinhoud wat aan die telekommunikasiestandaarde en die
vereistes van Green Peace voldoen, sal verkoop. Vodacom
demonstreer 'n bereidwilligheid om ...
A internasionale menseregte na te kom.
B 'n nywerheidsgebruikskode te ignoreer.
C tot inklusiwiteit by te dra.
D omgewingsvriendelike produkte te bemark.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/November 2013
NSS
1.1.6 Dit verseker dat aangewese groepe gelyke geleenthede in die
werkplek het:
A Regstellende aksie
B Vaardigheidsontwikkeling
C Swart Ekonomiese Bemagtiging
D SOOO's (SETAs)
1.1.7 Watter EEN van die volgende kan as 'n onetiese besigheidspraktyk
beskou word?
A Indiensneming van ongeskoolde werkers
B Die verkoop van substituutprodukte om kompetisie te vermy
C Advertering van tweedehandse produkte as nuwe produkte
D Verhoging van die prys wanneer die produk nie altyd
beskikbaar is nie
1.1.8 'n Besigheid kan totale beheer oor ... hê.
A tegnologie
B klante
C inflasie
D die visie
1.1.9 Jet Skoene Bpk. het 'n groter kans op sukses as Pat Skoenwinkel
omdat ...
A Pat Skoenwinkel vinnige besluite kan neem.
B Jet Skoene Bpk. aandele kan uitreik om meer kapitaal te
bekom.
C Pat Skoenwinkel bankoortrekkingfasiliteite in moeilike
finansiële tye gebruik.
D Jet Skoene Bpk. die toestemming van al die aandeelhouers
nodig het om nuwe geboue aan te koop.
1.1.10 Die doel van hierdie Wet is om te verseker dat werknemers in 'n
geskikter en minder gevaarlike omgewing werk:
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
B Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)
C Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993
(Wet 130 van 1993)
D Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
1993) (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/November 2013
NSS
1.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 (Versekering/Assuransie) dek die verlies as gevolg van 'n
gebeurtenis wat definitief gaan plaasvind.
1.2.2 (Opvolgingsbeplanning/Aftreebeplanning) identifiseer en lei werk-
nemers vir toekomstige leierskapposisies op.
1.2.3 'n Verhoging in die brandstofprys is 'n voorbeeld van 'n
(makro/mark)-omgewingsuitdaging vir 'n besigheid.
1.2.4 'n (Professionele gedragskode/Onetiese gedragskode) bevat
kodes vir verwagte gedrag in spesifieke beroepe.
1.2.5 (Kollektiewe bedinging/Protes aanteken) verwys na onder-
handelinge tussen bestuur en werknemerverteenwoordigers.
(5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Volhoubaarheid A meet besighede se voldoening aan
BBSEB
1.3.2 Werkplekforum
B verskille in opinies, waardes en
1.3.3 Konflik houdings
1.3.4 Balanstelkaart C gestig in enige besigheid met meer
as 100 werknemers
1.3.5 Roofkopiëring
D verseker dat party werknemers
gelyke geleenthede in die werkplek
gebied word
E ongemagtigde kopiëring
F vermoë van 'n besigheid om voort
te bestaan selfs in tye van
ekonomiese teenspoed
G bestuursinstrument wat 'n
besigheid se werkverrigting meet
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/November 2013
NSS
AFDELING B (VERPLIGTEND)
VRAAG 2
2.1 Noem VIER van die kragte/magte wat Michael Porter (Vyf Kragte/Magte)
gebruik het om die markomgewing te ontleed. (8)
2.2 Maak 'n lys van VIER fokusareas vir korporatiewe maatskaplike investering
(KMI). (8)
2.3 Noem TWEE metodes wat besighede kan toepas om werknemers se
stresvlakke te verminder. (4)
2.4 Identifiseer 'n spesifieke besigheidstrategie in elk van die scenario's
hieronder:
2.4.1 Die Virgin Group-maatskappye besit, onder meer, Virgin Records
(musiekbedryf), Virgin Atlantic (lugdiensbedryf) en Virgin Active
(ontspanningsbedryf).
2.4.2 Foster D het sy besigheid in Saoedi-Arabië begin en die Suid-
Afrikaanse selfoonmark betree.
2.4.3 Toyota SA ('n motorvervaardigingsbesigheid) het eienaarskap van
Raylite-motorbatterye bekom.
2.4.4 Grace Bpk. het al sy bates verkoop in 'n poging om krediteure
te betaal.
2.4.5 Sizwe Klerewinkels het Easy Klerewinkels oorgeneem. (10)
2.5 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
THANDI SE BOETIEK
Thandi is die eienaar van Thandi se Boetiek wat in Durban geleë is. Sy
verkoop bekostigbare pakke vir mans en dames, asook ingevoerde skoene
en ontwerpersbaadjies. Sy het 'n graad in besigheidsbestuur en haar
verkoopsbestuurder het 'n diploma in bemarking. Die vraag na haar produkte
het in so 'n mate toegeneem dat sy nuwe takke in Kaapstad en Johannesburg
oopgemaak het.
BS Boetiek wat ontwerpersklere in Durban en Johannesburg verkoop het, het
beide hulle takke gesluit.
Die munisipaliteite in twee van die stede het handelsure met een uur verkort
en hulle tariefheffings verhoog. Gereelde brandstofprysverhogings het
vervoerkoste tussen takke laat styg. Die algehele impak is dat die boetiek se
winste gedaal het.
Thandi het Sam, 'n nuwe kassier met geen ondervinding nie, in diens
geneem. Sam behandel die klante op 'n onprofessionele wyse.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/November 2013
NSS
2.5.1 Stel 'n SSGB-('SWOT'-)analise vir Thandi se Boetiek saam. (16)
2.5.2 Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)
maak voorsiening dat Sam se vaardighede verbeter kan word.
Verduidelik uitdagings wat Thandi kan ervaar met die
implementering van hierdie Wet. (6)
2.6 Regverdig enige VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer
'n loopbaan gekies word. (8)
[60]
VRAAG 3
3.1 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WOOLWORTHS
Max Sonnenburg, sy seun Richard en Fred Kossuth het Woolworths in 1931
in Kaapstad begin toe die ekonomie nie gunstig vir die vestiging van 'n nuwe
besigheid was nie. Hulle visie, passie en vasberadenheid het die publiek se
verbeelding aangegryp met 'n winkelbeleid wat Woolworths ver voor hulle
mededingers geplaas het.
'n Paar jaar later het hulle nog drie winkels oopgemaak en is op die
Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSB/JEB) genoteer.
[Bron: www.woolworthsholdings.co.za]
3.1.1 Uit die gevallestudie hierbo, identifiseer DRIE eienskappe van
'n suksesvolle entrepreneur. (6)
3.1.2 Wat word bedoel met is op die JSB/JEB genoteer? (2)
3.1.3 Beskryf VIER funksies van die JSB/JEB. (8)
3.2 Bespreek enige VIER menseregtekwessies wat besighede in die werkplek
moet bevorder. (12)
3.3 Anele het R5 000 belê vir 3 jaar, teen 10% rente per jaar, jaarliks saamgestel,
by Kapitaal Bank. (Toon ALLE bewerkinge.)
3.3.1 Bereken die bedrag wat Anele na drie jaar sal ontvang. (6)
3.3.2 Bereken die rentebedrag wat Anele sal verdien. (4)
3.3.3 Stel TWEE ander tipes beleggings voor wat Anele kon gebruik het. (4)
3.4 Bespreek enige VIER maniere waarop besighede professionele,
verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke behoort te bedryf. (12)
3.5 Dink jy dat persoonlike ingesteldheid/houding belangrik is vir 'n leier se
sukses in 'n besigheid? Motiveer jou antwoord. (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 4
4.1 Fabriekswerkers by Shiny Tekstiel Bpk. het vir twee weke onwettig gestaak
en op hoër salarisse en beter werksomstandighede aangedring.
4.1.1 Onderskei tussen 'n beskermde en 'n onbeskermde staking. (4)
4.1.2 Bespreek die stappe in die grieweprosedure wat die werkers moes
gevolg het. (10)
4.2 Werknemers kan met hulle werkgewers reël dat aftrekkings van hulle
salarisse gemaak word.
4.2.1 Gee TWEE voorbeelde van vrywillige aftrekkings. (4)
4.2.2 Definieer die konsep verpligte aftrekking en gee EEN voorbeeld. (4)
4.2.3 Dink jy 'n besigheid is verplig om byvoordele aan hulle werknemers
te bied? Motiveer jou antwoord. (8)
4.3 Lees die indiensnemingskontrak hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INDIENSNEMINGSKONTRAK
Naam van Werknemer: Tshepo Mabe
Geslag: Manlik Ouderdom: 30 jaar
BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN DIE KONTRAK
• Jaarlikse verlof is op die werknemer se werksverrigting gebaseer.
• Werksure: Volgens die bedryfsure van die besigheid.
4.3.1 Identifiseer enige VYF aspekte wat in 'n indiensnemingskontrak
ingesluit behoort te word. (10)
4.3.2 Evalueer die bepalings en voorwaardes van die kontrak wat in die
scenario hierbo genoem word, krities. Maak aanbevelings wat
ooreenkom met die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997
(Wet 75 van 1997). (10)
4.4 Bespreek seksuele teistering as 'n onetiese besigheidsuitdaging en stel
maniere voor waarop besighede dit moet hanteer. (10)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/November 2013
NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
LET WEL: Skryf slegs die VRAAGNOMMER neer. Die antwoord op ELKE VRAAG
moet op 'n NUWE BLADSY begin, byvoorbeeld VRAAG 5 op 'n NUWE
bladsy, VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy, ensovoorts.
VRAAG 5
Die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) is
uitgevaardig om Suid-Afrikaanse besighede te verander om deelname van voorheen
benadeelde mense aan die ekonomie in te sluit.
Ontleed die impak van enige VYF pilare van BBSEB op besighede krities en lewer
kommentaar op die rol van die regering om hierdie Wet te bevorder. [40]
VRAAG 6
John moet binne twee dae sy besigheidsplan voorberei en vir 'n groep
belanghebbendes en potensiële beleggers aanbied.
Gee John raad oor sy aanbieding van die besigheidsplan sodat dit van hoë gehalte en
uiters suksesvol in die bereiking van die doelwitte is.
Jy moet die volgende aspekte in jou antwoord insluit:
• Hoe moet John vir die aanbieding voorberei?
• Evalueer enige VIER metodes wat hy kan gebruik om die inligting aan te bied.
• Stel maniere voor om terugvoer op 'n professionele wyse te hanteer.
• Beveel moontlike fokuspunte aan wat die gehalte van John se aanbieding sal
verbeter. [40]
VRAAG 7
Jorden Klerevervaardigers (JKV) ondervind lae produktiwiteit. Om mededingend te
wees moet hulle hierdie probleem proaktief en kreatief oplos voordat dit 'n negatiewe
impak op hulle winsgewendheid het.
As 'n konsultant van Jorden Klerevervaardigers glo jy vas dat die uitdagings wat JKV in
die gesig staar, oorkom kan word. Regverdig hoe dit gedoen kan word in 'n goed
gebalanseerde verslag.
Sluit die volgende aspekte in om jou antwoord te ondersteun:
• Verduidelik die rol van kreatiewe denke in die oplos van komplekse
besigheidsprobleme.
• Noem stappe wat JKV-bestuur kan doen om die uitdagings hierbo aan te pak.
• Evalueer die Delphi- en dinkskrumtegnieke wat Jorden Klerevervaardigers kan
gebruik om hulle probleme op te los.
• Identifiseer moontlike hindernisse wat kan voorkom dat JKV hierdie probleme
oplos. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 8
Zama (Edms.) Bpk. is 'n besigheid wat vyf jaar gelede gestig is. Die besigheid presteer
nie goed op die volgende terreine nie:
• Die teikenmark is nie bereik nie.
• Dit is nie in staat om skuld te bestuur nie.
• Dit slaag nie daarin om vaardige werknemers te lok en te behou nie.
• Die beeld van die onderneming word nie bemark nie.
• Verouderde rekordhouding word nog steeds gebruik.
Beveel DRIE maniere aan waarop Zama (Edms.) Bpk. die gehalte van prestasie van
elk van die uitdagings wat in die scenario hierbo voorkom, kan verbeter. Bespreek ook
hoe die gehalte van prestasie van die algemene bestuurfunksie die sukses van die
besigheid sal verseker. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC June 2013 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Eng)
_hlayiso.com_--10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c/v1-0f7c30d7d37453bd1092/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC November 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum