Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*ICATNA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 QP (Afr)
Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 991.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Moenie in die regterkantruimte skryf nie.
6. Laat ʼn reël na elke sub-vraag oop.
7. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2 punt-vraag
TWEE feite vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn geïntegreerde pakket?
A Microsoft Publisher
B Microsoft Office
C Excel en Quatro Pro
D Windows 10 professional (1)
1.2 Watter EEN van die volgende eenhede verwys na die verwerkerspoed?
A GHz
B dpi
C mbps
D ppm (1)
1.3 Watter EEN van die volgende akronieme het te doen met sagteware-
lisensiëring?
A GUI
B WWW
C WLAN (1)
D EULA
1.4 Watter EEN van die volgende verwys na ʼn kenmerk van sagteware waar
gebruikers met die sagteware kan kommunikeer deur visuele kontroles
soos knoppies en ikone te gebruik?
A RSI
B GUI
C GPS
D JPG (1)
1.5 Watter EEN van die volgende is ʼn tegnologie wat algemeen gebruik word
om ʼn verskeidenheid verskillende toestelle aan ʼn rekenaar te koppel?
A OKT(‘UPS’)
B SVE (‘CPU’)
C USB
D SoIP (‘VoIP’) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.6 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn monitor se verfris-
tempo?
A 5 ms
B 1920 x 1080
C 16:9
D 60 Hz (1)
1.7 Watter EEN van die volgende stellings oor LSG (‘RAM’) is ONWAAR?
A LSG (‘RAM’) is duurder per GB as hardeskywe.
B LSG (‘RAM’) stoor nie data en programme wanneer die toestel
afgeskakel is nie.
C LSG (‘RAM’) het ʼn baie laer kapasiteit as hardeskywe.
D LSG (‘RAM’) werk op ʼn meganiese basis en is dus relatief stadiger. (1)
1.8 Die defragmenteringsnutsprogram kan gebruik word om …
A lêers in ʼn aaneenlopende volgorde te herrangskik.
B beskadigde lêers te verwyder.
C ongebruikte lêers saam te pers ('compress').
D hardeskyfspasie te vermeerder. (1)
1.9 Watter EEN van die volgende opsies plaas die netwerke in volgorde van
kleinste na grootste?
A PAN, WAN, HAN
B HAN, LAN, WAN
C LAN, WAN, HAN
D PAN, WAN, LAN (1)
1.10 Wenneer jy op die ‘Home’ -ikoon van jou webblaaier kliek, gaan jy
na die …
A webblad wat jy die meeste besoek het.
B webblad van jou IDV (‘ISP’).
C webblad waarna jy laaste gekyk het.
D webblad wat jy gestel het om altyd eerste oop te maak wanneer die
webblaaier oopmaak. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 2: PASITEMS
Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
(A–T) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
2.11 Q.
KOLOM A KOLOM B
2.1 ʼn Tipe kwaadwillige program wat inligting oor die gebruiker A DIMM
bymekaar maak sonder sy medewete
2.2 Die geskikste tipe netwerkverbinding vir ʼn universiteit waar B Blu-Ray
verbindings tussen die verskillende geboue gemaak moet
word
2.3 ʼn Stokkie RAM wat in ʼn poort op die moederbord inprop C mikrogolf
2.4 ʼn Bloudruk of formaat van ʼn dokument wat herhaaldelik D RSI
gebruik kan word
2.5 Sagteware wat vrylik vir gebruik beskikbaar is en waar die E roteerder (‘router’)
bronkode, soos benodig, gewysig/verander kan word
2.6 Databasiskenmerk wat gebruik word om die korrekte F spioenware (‘spyware’)
formaat van datatoevoer deur die gebruiker te verseker
2.7 ʼn Hardeware komponent wat die kwaliteit van die beeld G hulpprogram (‘wizard’)
op die skerm bepaal
2.8 ʼn Sentrale nodus waar al die rekenaars op ʼn netwerk H skakeltoestel (‘switch’)
inprop
2.9 ʼn Soort DVD-tegnologie I valideringsreël
(‘validation rule’)
2.10 ʼn Klein, raaksensitiewe toestel wat dikwels op J koordloos (‘wireless’)
skootrekenaars as ʼn alternatief vir ʼn muis gebruik word
K vryware (‘freeware’)
L grafikakaart
(‘graphics card’)
M templaat (‘template’)
N veldgrootte (‘field size’)
O HDMI
P oopbron (‘open source’)
Q kragbus (‘power bus’)
R raakpaneel (‘touch pad’)
S stilus (‘stylus’)
T valideringsteks
(‘validation text’)
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’
langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer
die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die
stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord ‘NIE’ gebruik om die
stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
neergeskryf word NIE.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE (‘CPU’).
3.1 ʼn Taakdefinisie is ʼn stel vrae wat ʼn keuse van moontlike antwoorde het
om uit te kies. (1)
3.2 Die onderstaande diagram is ʼn voorbeeld van ʼn biometriese toets wat
gebruik word om te bepaal of dit ʼn mens is wat met die rekenaar
interaksie het. (1)
3.3 ʼn Kuberkol (‘hotspot’) is ʼn plek waar Wi-Fi/draadlose verbinding met die
Internet beskikbaar is. (1)
3.4 Wagwoord kan gebruik word om jou selfoon te sluit deur ʼn patroon op te
stel wat jy moet teken of trek op die skerm om die toestel te ontsluit. (1)
3.5 ʼn Modem beskerm data en hardeware teen kragonderbrekings. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Bestudeer die volgende advertensie and beantwoord die vrae wat volg:
Transformer Book Duet TD300
Dual-OS
x 13.3-inch Full HD IPS multi-touch display
x Intel® Core™ i7 processor
x 4GB DDR3L 1600 RAM
x 128GB SSD in Tablet
x 1TB HDD in Dock
x 38WHr battery, estimated battery life around 5 hours in Windows 8.1 and 6
hours in Android 4.2.2.
x 802.11ac Wi-Fi; Bluetooth 4.0 + EDR
x Tablet ports: Micro SD card, Headphone jack, DC jack
x Keyboard dock ports: 1 x USB 3.0, 2 x USB 2.0, 10/100Mbit/s LAN, HDMI
1.4, audio combo jack, DC jack
x 12 month on-site warranty
PLUS Canon SCX500 Multi-Funksie Drukker
4.1.1 Hierdie toestel het ʼn dubbele (‘dual’) bedryfstelsel. Wat beteken
dit? (1)
4.1.2 Skryf TWEE funksies van die bedryfstelsel neer. (2)
4.1.3 Noem die oopbron bedryfstelsel wat op hierdie toestel
geïnstalleer is. (1)
4.1.4 Hoeveel tydelike (‘volatile’) -geheue het hierdie toestel? (1)
4.2 Die volgende poorte word op dié toestel gevind. Dui aan vir elke poort of
dit toevoer, afvoer of beide in staat stel.
4.2.1 Mikro-SD kaart (1)
4.2.2 HDMI 1.4 (1)
4.2.3 Oorfoon (‘headphone’) jack (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
4.3 Die drukker-pakket wat by hierdie toestel ingesluit is, het die volgende as
deel van die spesifikasies. Verduidelik waarna die onderstreepte dele
van die spesifikasies verwys:
4.3.1 15/28 ppm (1)
4.3.2 5760 x 1440 dpi: (1)
4.4 Soos ʼn hardeskyf vol raak, word die reaksietyd daarvan traag en
stadiger. Noem ʼn nutsprogram en sê hoe dit die probleem sal oplos, wat
gebruik kan word om:
4.4.1 Die spoed van die rekenaar te verbeter (2)
4.4.2 Meer spasie op die hardeskyf te skep (2)
4.5 Alle programmatuur op ʼn rekenaar moet gereeld opgedateer word.
4.5.1 Noem TWEE redes waarom opdaterings gereeld gedoen moet
word. (2)
4.5.2 Verduidelik die verskil tussen ʼn regstelling (‘patch’) en ʼn
dienspakket (‘service pack’). (2)
4.6 Gebruikers is dikwels geneig om die belangrikheid van die gebruik van ʼn
goeie gehalte muis en sleutelbord te ignoreer. Ergonomiese oorwegings
moet ook in berekening gebring word.
4.6.1 Verduidelik kortliks wat bedoel word met die term ergonomika. (2)
4.6.2 Noem TWEE kenmerke van ʼn ergonomies ontwerpte
sleutelbord. (2)
4.6.3 Hoe kommunikeer ʼn koordlose muis met ʼn rekenaar? (1)
4.6.4 Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van ʼn
koordlose muis. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 5: INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Beskou die illustrasie van verskillende netwerke hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.
5.1.1 Gee TWEE redes waarom rekenaars aan ʼn netwerk gekoppel
word. (2)
5.1.2 Verduidelik die funksie van die roeteerder (‘router’) in die
diagram hierbo. (1)
5.1.3 Lys uit die diagram EEN toestel wat jy sou benodig om ʼn
Persoonlike Area Netwerk te vorm. (1)
5.1.4 Noem TWEE funksies van die Firewall in die netwerk. (2)
5.2 Bestudeer die volgende vergelyking oor draadlose tegnologie en
beantwoord die vrae wat volg.
Draadlose tegnologie vergelykingskaart
Bluetooth WiFi (a) WiFi (b) Wifi (g) WiMax
Standaard 802.15 802.11a 802.11b 802.11g 802.16
Frekwensie 2.45 5 2.4 2.4 2.66
(Ghz)
Spoed (Mbps) 0.72 54 11 54 80
Bereik 10m 50m 100m 100m 50km
Voordele Lae koste Spoed Lae koste Spoed Spoed, Bereik
Nadale Bereik Koste Spoed Koste, Koste
Bereik
5.2.1 Lys die DRIE verskillende weergawes van die draadlose
standaarde onder Wi-Fi. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
5.2.2 Wat is die hoofverskil tussen 802.11b en 802.11g protokolle? (1)
5.2.3 Identifiseer die hoëspoed-draadlose breëband-tegnologie wat
gebruik word om stede te verbind. (1)
5.2.4 Behalwe die kort afstand, waarom kan Bluetooth-tegnologie nie
dieselfde vlak van draadlose konnektiwiteit bied soos Wi-Fi nie? (2)
5.3 Lys DRIE dinge wat in gedagte gehou moet word wanneer jy die Internet
deur middel van ʼn mobiele toestel wil gebruik. (3)
5.4 Bespreek EEN hoofrede vir die gebruik van FTP om lêers te deel, in
teenstelling met die stuur van lêers per e-pos. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR
6.1 Deur bibliografieë voor te berei, word navorsers gehelp om rekord te hou
van die bronne wat hul geraadpleeg of aangehaal het.
6.1.1 Noem EEN gedrukte bron wat gebruik kan word om inligting te
vind. (1)
6.1.2 Noem EEN aspek van ʼn bron wat in ʼn bibliografie aangehaal kan
word. (1)
6.1.3 Noem DRIE voordele verbonde aan die gebruik van ʼn DATABASIS
in plaas van sigblaaie. (3)
6.2 Bestudeer die volgende uittreksel van data wat deur ʼn aanlyn-vraelys
verkry is en beantwoord die vrae wat volg.
6.2.1 Noem TWEE maniere, behalwe die gebruik van kleur, om die
ontwerp van die sigblad te verander om te verseker dat enige leser
die resultate maklik sal kan interpreteer. (2)
6.2.2 Watter sigblad funksie kan gebruik word om die data in Kolom D
op te som sodat dit in ʼn sirkelgrafiek vertoon kan word? (1)
6.2.3 Hoe sal die gebruiker die antwoorde in ʼn databasis verslag vertoon
sodat die antwoorde van die manlikes apart van die vroulikes
vertoon? (1)
6.2.4 Identifiseer enige vormveld kontrole (‘field control’) wat moontlik in
Kolom B, in die ontwerp van die vraelys gebruik is. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 In ʼn rekenaar-omgewing, byvoorbeeld, ʼn rekenaarlaboratorium by die
skool of in die publieke biblioteek, is dit nodig om ʼn Aanvaarbare
Gebruikersbeleid (‘Acceptable Use Policy (AUP’) te hê.
Gee TWEE kriteria wat by hulle beleid ingesluit moet word. (2)
7.2 In vandag se leefwyse, word mense blootgestel aan inligtingsoorlading
(‘information overload’). Verskaf TWEE praktiese wenke hoe tegnologie
aangewend kan word om die probleem van inligtingsoorlading te
verminder. (2)
7.3 Noem TWEE maniere waarop jy die moontlikheid van rekenaarverwante
gesondheidsrisiko’s kan verminder. (2)
7.4 Dit is beter om die URL van ʼn webwerf, soos jou bank, in te tik as om ʼn
skakel (link) te volg na die webblad. Sal dit egter help indien jou rekenaar
deur ʼn skim-kaping (‘pharming’) geaffekteer was?
Motiveer jou antwoord deur kortliks te verduidelik wat skimkaping
(‘pharming’) is. (2)
7.5 Verduidelik kortliks waarna die konsep sosiale ingenieurswese (‘social
engineering’) verwys. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Sigblaaie bied ʼn verskeidenheid maniere om data te organiseer.
Wat is die verskil tussen die sigbladfunksies, COUNTIF en COUNT? (2)
8.2 Beskryf kortliks wat bedoel word met teksomvou (‘text wrapping’)? (2)
8.3 Verduidelik wat elk van die volgende foutboodskappe beteken.
8.3.1 ###### (1)
8.3.2 #REF! (1)
8.3.3 #VALUE (1)
8.3.4 #NAME? (1)
8.4 Bestudeer die databasistabel:
Gas Naam van kompleks Kontaknommer
MATOBHE A M TAU PARK 825647819
KGAKANE D F TAU PARK 712356581
8.4.1 Hoekom het die nul aan die voorkant van die kontaknommer
verdwyn toe jy die nommer ingevoeg het? (1)
8.4.2 Noem ʼn moontlike oplossings vir die probleem in VRAAG 8.4.1. (1)
8.4.3 Noem DRIE moontlike probleme wat mag ontstaan as gevolg
van die feit dat die kliënt se van en voorletters in dieselfde veld
ingesleutel is. (3)
8.4.4 Wat is die verskil tussen ʼn veld en ʼn rekord in ʼn databasis? (2)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
As deel van die aktiwiteite om Erfenisdag te vier, organiseer jou skool video-
konferensies met bekende Suid-Afrikaaners wat belangrike bydraes tot ons erfenis
gelewer het.
Die skoolsaal, waarin 200 mense kan sit, word voorberei as die lokaal om die
video-konferensies in aan te bied.
9.1 Gee TWEE voordele daarvan om met dié bekende Suid-Afrikaners deur
middel van video-konferensies kontak te maak, eerder as met ʼn normale
telefoonoproep. (2)
9.2 Noem EEN ander manier van elektroniese kommunikasie wat gebruik
kan word om met die persone kontak te maak wat dieselfde voordele as
ʼn video-konferensie sal bied. (1)
9.3 Noem EEN ander toepassingsprogrammatuur, behalwe Skype, wat vir
video-konferensies gebruik kan word. (1)
9.4 ʼn Skootrekenaar met die volgende spesifikasies sal die toestel wees wat
gebruik word om die video-konferensie te fasiliteer.
CPU 2.5-GHz Intel Core i5
Bedryfstelsel (‘Operating MS Windows 7 Professional (64-bit)
System’)
LSG (‘RAM’) 4GB (opgradeerbaar tot 8GB)
Hardeskyf grootte 500GB (Spoed 7,200 rpm)
Hardeskyf tipe SATA Hardeskyf
Vertoon grootte 14.1
Resolusie 1600 x 900
Video-geheue 1GB
Wi-Fi 802.11a/g/n
Poorte (behalwe USB) FireWire 400, Ethernet, VGA
USB poorte 4
Kaart gleuwe 4 in1 kaartleser
Waarborg/Ondersteuning Een jaar standaard onderdele en
arbeid.
9.4.1 Waarom is dit raadsaam om die RAM na 8GB op te gradeer?
Verduidelik jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
9.4.2 Die grootte van die skootrekenaar se skerm is 14.1 duim wat
hopeloos te klein is vir almal in die saal om raak te sien.
9.4.2.1 Wat kan gedoen word om die video-konferensies vir
almal in die saal sigbaar te maak? (2)
9.4.2.2 Daar is geen HDMI poort beskikbaar nie.
Waarvoor staan HD en verduidelik waarom dit vir video-
konferensies belangrik is om so ʼn poort te hê? (2)
9.4.3 Noem TWEE noodsaaklike toestelle (wat nie in die spesifikasies
hierbo genoem is nie) wat bygevoeg moet word om die video-
konferensies moontlik te maak. (2)
9.4.4 Watter TWEE spesifikasies hierbo genoem, sal dit moontlik maak
vir die skootrekenaar om aan die Internet te koppel? (2)
9.4.5 Hoekom is dit belangrik om ʼn ‘4 in1’ kaartleser te hê? (2)
9.5 Watter ergnomiese oorwegings behoort in ag geneem te word wanneer die
skoolsaal vir die video-konferensie gereed gemaak word met betrekking
tot:
9.5.1 Sitplek (2)
9.5.2 Beligting (2)
9.6 Noem DRIE maniere waarop video-konferensies opvoeding (onderrig en
leer) kan verbeter. (3)
9.7 Noem TWEE netiketreëls wat toegepas behoort te word tydens aanlyn
kommunikasie soos video-konferensies. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 10
Die Graad 11 RTT-leerders moet tred hou met die nuutste ontwikkelinge en moet
in staat wees om ingeligte besluite te neem wanneer hardeware en sagteware
aangekoop word.
Intel® Core™ i5-5200U, 17.3” Full HD LED backlit LCD
Non-Glare, 4GB RAM, 1TB HDD, Windows 8.1 Single
Language 64-bit
10.1 Bestudeer die advertensie hierbo en beantwoord die volgende vrae:
10.1.1 Noem die maatskappy wat die verwerker in die bogenoemde
advertensie gemaak het. (1)
10.1.2 Verduidelik TWEE voordele van die gebruik van ʼn ‘LED backlit
LCD Non-Glare screen’? (2)
10.2 Die monitor van die rekenaar is nuttig in terme van die vertoning.
10.2.1 Wat bedoel ons met, ‘hoe meer pixels, hoe hoër die resolusie’? (1)
10.2.2 Wat is die grootte van die skerm in die advertensie hierbo?
Verduidelik hoe dit gemeet word. (2)
10.3 Verduidelik koolstofvoetspoor (‘carbon footprint’) en ook EEN manier
hoe die gebruik van rekenaars kan help om ons koolstofvoetspoor te
verminder? (2)
10.4 Ergonomika en voorsiening vir gebruikers met spesiale behoeftes is baie
belangrik in rekenaargebruik.
10.4.1 Vandag se jongmense is gedurig op hulle selfone. Waartoe kan
hierdie aanhoudende, vinnige herhalende werk lei? (1)
10.4.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn gespesialiseerde toevoer toestel en
EEN voorbeeld van ʼn afvoertoestel wat by ʼn rekenaar byge-
voeg kan word vir visueel gestremdes. (2)
10.4.3 Gee EEN voorbeeld van ʼn gespesialiseerde program wat vir
visueel gestremdes gebruik kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17
10.5 Jy kan nie produktief op ʼn rekenaar werk wat instruksies stadig uitvoer
nie:
10.5.1 Verduidelik TWEE maniere hoe jy te werk sal gaan om meer
stoorspasie op jou rekenaar te bewerkstellig sonder om enige
opgradering of rugsteun (‘backups’) te doen. (2)
10.6 Daar is kommer oor ʼn paar malware terme:
10.6.1 Verduidelik kortliks wat met e-pos spoofing bedoel word. (2)
10.6.2 Verduidelik kortliks hoe malware groot implikasies in terme van
finansiële koste vir ʼn maatskappy kan hê. (2)
10.6.3 Verduidelik kortliks wat met die term ‘Botnet’ bedoel word. (2)
10.7 ʼn Leerder het ʼn basiese webtuiste probeer skep om die gemeenskap in
te lig oor die top leerder in RTT. Bestudeer die HTML-kode hieronder
en beantwoord die vrae wat volg.
<title>
Top learner
<hr/>
</title>
<body>
<h1> OBTAINING 90% IN CAT! </h1>
<font colour="red">
Help this deserving learner!
</font> <br/>
</body>
Verduidelik hoe jy die volgende foute sal korrigeer:
10.7.1 Die horisontale lyn vertoon nie (1)
10.7.2 Die opskrif ‘OBTAINING 90% IN CAT!’ moet kleiner vertoon (1)
10.7.3 Die teks 'Help this deserving learner!' moet in rooi vertoon word
maar dit word op die oomblik in swart vertoon (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
10.8 ʼn Databasis is geskep om rekord te hou van die bydraers.
Bestudeer die skermkopie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
10.8.1 Noem die datatipe wat gebruik moet word vir die Design
Specification veld om groot hoeveelhede teks in te sleutel. (1)
10.8.2 Hoekom is die AutoNumber datatipe altyd geskik om as die
primêre sleutelveld te gebruik? (1)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 Memo (Eng)

Question paper





