Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, ʼn HTML-merkersblad,
ʼn toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2018 QP (Afr)
Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie drie-uur eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die
einde van die eksamensessie te verlaat NIE.
2. Die toesighouer sal ʼn disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig
word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
rekenaar gevind kan word. Indien ʼn disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
naam op die etiket skryf. Indien jy op ʼn netwerk werk, moet jy die instruksies
wat deur die toesighouer gegee word, volg.
3. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die
toesighouer vir ʼn ander kopie vra.
4. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
5. Beantwoord AL die vrae.
6. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
7. Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
8. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
aan jou gegee is, inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, OF jy
moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor
is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word.
9. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik
NIE.
10. Indien data uit ʼn vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word,
moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.
11. Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in
vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-
selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.
12. In alle vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
Africa) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar,
tensy anders aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3
13. In Aanhangsel A word die HTML-merkblad voorsien.
14. Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie vraestel,
bevat die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word. Maak seker
dat jy die lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
SCENARIO
Ubuntu – Humanity Stokvel is ʼn ‘beleggingsgemeenskap’ aan wie die lede gereeld
bydraes betaal in die vorm van ʼn bepaalde bedrag en waarvan hulle ʼn spesifieke
bedrag (lump sum) sal ontvang op ʼn vasgestelde datum. Jou ma is ʼn lid van die
Stokvel.
In Desember gaan hulle met vakansie Mauritius toe. Hulle het jou gevra om te help
om inligting oor Mauritius te verkry, besprekings en betalings te doen en om te kyk vir
plekke wat hulle kan besoek.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
ʼn Dokument wat die verskillende toeriste-besienswaardighede in Mauritius aandui is
ontwerp.
Maak die woordverwerkingsdokument 1 Mauritius Tourist Attractions oop.
1.1 Voeg ʼn voorblad in die dokument. Die voorblad moet die volgende vertoon:
Kies ʼn Filigree-voorblad.
Tik die dokumentnaam in as “Mauritius Tourist Attractions” en voeg ook
vandag se datum in die spasie wat voorsien word. (3)
1.2 Verander die ‘Heading 2’ styl as volg:
Font: 14 pt, vetdruk (bold), en enige donkerblou kleur.
Paragraafspasiëring: 6 pt na opskrif.
Pas die veranderde styl toe op al die ‘heading 2’ opskrifte. (5)
1.3 Verander die bestaande inhoudsopgawe sodat dit al die geformateerde
opskrifte met style ‘Heading 1’ en ‘ Heading 2’ kan vertoon. (1)
1.4 Formateer die eerste paragraaf as volg:
Net die boonste en onderste paragraaflyne word vertoon.
Lyndikte – ‘Wydte’ = 2¼ pt.
Die paragraaf moet met ʼn geel kleur geskakeer (shaded) word. (3)
1.5 Vind die letter M wat in die tweede paragraaf onder die opskrif Mauritius
Botanical Garden voorkom.
Voeg ʼn vergrote hoofletter-effek (drop cap effect) in vir die letter M sodat
dit oor 2 lyne verskyn.
Die afstand vanaf die teks moet op 2 cm gestel word. (2)
1.6 Voeg ʼn opskrif (caption) by die eerste prentjie op die dokument. Die opskrif
(caption) moet soos volg geformateer word:
Naam van die opskrif (caption) moet “Bot Gardens I” wees.
Nommering – Romeinse syfers in hoofletters.
Die posisie van die opskrif (caption) moet bo die prentjie wees. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.7 Formateer die paragraaf onder die opskrif “Île aux Cerfs Island” sodat dit lyk
soos die prentjie hieronder.
LET WEL:
Die grootte van die prentjie moet presies 4 cm x 4 cm wees.
Gebruik die korrekte prentjie ‘wrapping’ en paragraafbelyning (alignment). (3)
1.8 Vind die geskakeerde (shaded) woord “Port Louis” onder die opskrif Port
Louis. Voeg ʼn voetnota in op die woord en die voetnota moet lees:
“The Port is named in honour of King Louis XV.” (2)
1.9 Vind die verligte teks onder die paragraaf Grand Bassin en voeg die aanhaling
(citation) in op die bron Mark. Die jaar in die aanhaling (citation) moenie wys
nie. (2)
1.10 Vind al die verskynsels van die woord “Visitors” en vervang dit met die woord
“Tourists”. (2)
1.11 Vind die teks “Most famous Waterfalls in Mauritius” en voeg prentjie kolpunte
(bullets) in op die lys hieronder. Gebruik die prentjie 1 Bullet wat in jou
gidslêer gevind kan word, as jou prentjie kolpunt (bullet). (2)
1.12 Voeg ʼn outomatiese bibliografie in onder die opskrif Bibliography. (2)
1.13 Die figuurtabel op die laaste bladsy toon 5 prentjies. Verander dit sodat dit al
6 prentjies in die dokument vertoon. (2)
1.14 Voeg outomatiese bladsynommering in:
In die kopskrif (header).
Vertoon nommers vanaf die derde bladsy van die dokument; nommering
moet by 1 begin.
Die nommering moet in die middel vertoon word. (4)
[36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Terwyl die Stokvelgroep in Mauritius is, gaan hulle die stigterslede van die groep
vereer. Die stigterslede is die mense wat 60 jaar en ouer is. Die groep vra jou om
sertifikate vir hulle te ontwerp. Hulle het vir jou ʼn lys van ontvangers in ʼn sigbladlêer
gegee.
Maak die 2 Certificate woordverwerkingsdokument oop.
2.1 Verander die bladsy-oriëntasie na landskap. (1)
2.2 Voeg die prentjie 2 Humanity in en verander die grootte na 1.5 cm beide die
hoogte en die wydte. Formateer die prentjie en die opskrif Ubuntu – Humanity
Stokvel wat in WordArt getik is, om een prentjie te vorm. (3)
2.3 Formateer die teks “Certificate of Appreciation” na fontgrootte 36, fontkleur
rooi en sentreer die teks. (3)
2.4 Voeg ʼn “Art” bladsyraam (page border) van jou keuse in. (2)
2.5 Vul vandag se datum in op die plek gemerk Date en dit moet outomaties
opdateer (2)
2.6 Jy wil een sertifikaat vir al die ontvangers ontwerp.
Die saamvoeg (mail merge) moet as volg voorberei word:
Gebruik die Members werkblad van die 2 Members of Stokvel sigblad as
die databron.
Slegs dié wat 60 jaar en ouer is, sal sertifikate ontvang.
Sorteer die lede in stygende orde volgens Vanne (Surnames).
Gebruik die volgende saamvoegvelde, Surname, Name en Gender in die
spasies toegeken in die dokument.
Stoor die 2 Members of Stokvel dokument voordat jy dit saamvoeg
(merge).
Voltooi die saamvoeg (mail merge) en stoor die nuwe saamgevoegde
(merged) dokument as 2 Complete letters. (5)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 3: SIGBLAD
Jy is gevra om ʼn skatting vir die uitgawes van die Mauritius-toer te doen.
Open die 3 Stokvel Expenditure-sigblad en werk in die Expenditure-werkblad.
3.1 Formateer die selle in ry 1 tot 5 as volg:
Verander die saamgevoegde (merged) selle om A1:J5 in te sluit.
Pas ʼn rooi tweekleurdiagonale afskadu (two colours diagonal down
shading) toe op die saamgevoegde (merged) sel.
Pas enige vul-effek toe.
Sentreer die teks horisontaal en vertikaal. (4)
3.2 Verander die formatering van ry 6 sonder om die sel te vergroot sodat al die
data sigbaar is. (1)
3.3 Gebruik ʼn sigbladeienskap (feature) om te verseker dat die inhoud van slegs
kolom 1 en 2 sigbaar is op die skerm wanneer daar regs beweeg word. (2)
3.4 Gebruik ʼn sigbladeinskap (feature) om die 3 jongste mense op die toer aan te
dui. Formateer die antwoord na ʼn ligblou fontkleur. (3)
3.5 In sel H7, gebruik ʼn formule om die bedrag te bereken wat elke persoon gaan
betaal vir sy/haar verblyf. Prys per dag verskyn in L1. Verander na die Suid-
Afrikaanse geldeenheid met geen desimale plek. Kopieer die formule na al
die onderstaande selle. (3)
3.6 Sommige lede van die Stokvel het klaar van die geld betaal. In sel I7,
bereken die uitstaande bedrag vir Allen. (2)
3.7 Siende dat die toer oorsee is, sal daar ʼn heffing gevra word op die totale
bedrag wat elke persoon vir die toer moet betaal.
Gebruik ʼn formule in sel K7 om die heffing wat Allen moet betaal te
bereken. Gebruik die persentasie in sel L3 in jou berekeninge. (2)
3.8 In sel L7, gebruik ʼn formule om die bedrag wat elke persoon moet betaal, in
ag genome die afslag en die heffings wat gevra word. (3)
3.9 Gebruik ʼn funksie in sel D79 om die ouderdom van die tweede oudste
persoon in die groep te bereken. (3)
3.10 In sel D81, gebruik ʼn funksie om te bereken hoeveel vroue deel is van die
groep wat na Mauritius gaan. (3)
3.11 In sel D83, gebruik ʼn funksie om te bereken hoeveel mense in die groep het
nog nie hulle deposito betaal nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
3.12 In sel E85, gebruik ʼn funksie om die totale bedrag te bereken van die
deposito’s wat betaal is deur mense wat by Pearle Beach gaan tuisgaan. (4)
3.13 Elke persoon wat ʼn deposito betaal het ontvang afslag soos aangedui word in
kolom J. Gebruik ʼn funksie in E87 om te bepaal wat die gemiddelde afslag
per persoon sal wees vir die Shanti Maurice hotel en gebruik ʼn funksie om die
antwoord tot geen desimale plek af te rond. (7)
Grafiek-werkblad
3.14 Gebruik die inligting wat voorsien word om ʼn grafiek te skep wat die
persentasie sal aandui van besoekers wat elke hotel sal huisves van die totale
Stokvellede.
LET WEL:
Die grafiek moet ʼn 3D-grafiek wees.
Dit moet ʼn toepaslike titel hê.
Die grafiek moet die persentasie data-etikette (labels) wys.
Die verklaring (legend) moet aan die regterkant wees.
Die hotel met die hoogste persentasie moet geformateer word met die
“3 Ocean-prentjie” wat jy in jou datalêer sal vind en moet uitgetrek word.
Die kaartarea moet met enige gradiënt-vul met 100% helderheid
(brightness) geformateer word. (9)
3.15 Skuif die grafiek vanaf die Grafiek-werkblad na ʼn nuwe werkblad en noem
dit My Chart. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 4: DATABASIS
ʼn Databasis is ontwerp vir die rekordhouding van die stokvellede se besonderhede
vir toekomstige verwysing.
Open die 4 Stokvel-databasis.
4.1 Formateer die Stokvel Design-tabel as volg:
4.1.1 Stel ʼn primêre sleutel in op die mees toepaslike veld in die tabel. (1)
4.1.2 Verander die ryhoogte na 25 pt. (1)
4.1.3 Stel die agtergrondkleur van die tabel na maroen 1 en gidslyne se
kleur na donkerblou. (2)
4.1.4 Verander die IDNo-veld sodat die veld nooit leeg mag wees nie. (1)
4.1.5 Skep ʼn toevoermasker (input mask) vir die Cell Number-veld om te
verseker dat die gebruiker die selnommer as volg invoeg:
Tien verpligte nommers
In die formaat (000)0000000 (3)
4.1.6 Voeg ʼn aftuimellys (drop-down list) in vir die Hotel-veld en dit moet die
volgende insluit:
La Plantation Hotel
Mon Choisy Beach
Pearle Beach
Shanti Maurice (3)
4.1.7 Verander die datatipe vir die Deposit-veld na ʼn geskikte tipe. (1)
4.1.8 Voeg ʼn valideringsreël (validation rule) in vir die Age-veld sodat dit
slegs waardes tussen 16 en 80 sal aanvaar. Voeg ʼn geskikte
valideringsteks (validation message) in sodat die inskrywing toepaslik
sal wees. (3)
Werk steeds in die 4 Stokvel-databasis.
4.2 ʼn Vorm genaamd Members wat gebaseer is op die Stokvel Members-tabel
is ontwerp. Verander die vorm as volg:
Verander die vorm se naam na Form4_2.
Die Surname-veld moet nie vertoon nie, maar moenie verwyder (delete)
word nie.
Verander die “property” van die prentkontrole (image control) sodat die
hele prentjie sigbaar is.
Verander die fontkleur van die opskrif Stokvel Members na rooi en die
agtergrondkleur van die vorm kopskrif (header) na geel.
Voeg ʼn kontrole “tip” (Check if ‘yes’) in by die “Dietary Requirements”-veld.
Voeg jou Naam en Van in die vorm voetskrif (footer).
Stel die eienskappe (properties) van die vorm sodat die gebruikers nie die
data kan verwyder (delete) nie. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
Navrae
4.3 Ontwerp ʼn navraag genaamd Qry4_3 gebaseer op die Stokvel Members-
tabel.
Vertoon slegs die Name en CellNo.-velde.
Vertoon slegs die rekords van die vroulike Stokvellede wat Vodacom
kliënte is en wie se nommers met 082 of 072 begin. (5)
4.4 Die organiseerders vereis ʼn minimum van R2000.00 wat teen die tyd betaal
moes wees.
Verander die navraag Qry4_4 en vertoon die Surname, Name, Deposit en
Hotel-velde van kliënte van die Maritime Crystals Beacg hotel wat die
vereiste bedrag en meer betaal het. Sorteer die navraag volgens Surname
in stygende orde. (6)
4.5 Skep ʼn verslag genaamd Rpt4_5 gebaseer op die Stokvel Members-
tabel.
Vertoon slegs die velde Surname, Name, Gender, Hotel, Deposit en
No. of Days in hierdie volgorde.
Groepeer die verslag gebaseer op die Hotel-veld.
Sorteer die verslag gebaseer op die No of Days-veld.
Bereken in ʼn groepvoetskrif (footer) die bedrag wat deur lede
gedeponeer is vir elke hotel en stel die geldeenheid (currency) na rand.
Sluit behoorlike etikette (labels) in vir jou berekeninge. (9)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11
VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)
ʼn Webblad is ontwerp om inligting te verskaf oor die toer na Mauritius.
Maak die onvolledige 5 Mauritius-webblad in ʼn webblaaier asook in ʼn teks-HTML-
redigeerder oop bv. Notepad (NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word NIE).
LET WEL:
Vraagnommers is as opmerkings (comments) in die kodering ingevoeg as riglyne
om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word.
ʼn HTML-merkblad (tag sheet) is as verwysing aangeheg.
Jou finale webbladsy behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
5.1 Voeg die HTML kode sodat die teks Mauritius in die webblaaier-oortjie
(browser tab) sal verskyn. (2)
5.2 Verander die agtergrondkleur van die webbladsy na ligblou. (2)
5.3 Voeg ʼn horisontale lyn in aan die bo- en onderkant van die prentjie “5 beach-
accessories.jpg” en die kleur van die horisontale lyne moet rooi wees. (3)
5.4 ʼn Prentjie is ingevoeg aan die bokant van die webblad, maar dit vertoon nie
behoorlik nie.
Verander die prentjie sodat dit vertoon en sentreer dit.
Voeg ʼn alternatiewe teks in om die volgende te vertoon “Beach
Accessories” indien die prentjie nie vertoon nie. (4)
5.5 Formateer die eienskappe (attributes) van die lys onder die opskrif "What to
do” na vierkantige kolpunte (square bullets). (2)
5.6 Formateer die opskrif “Information” na ʼn rooi kleur. (2)
5.7 Die subopskrifte onder die “Information” opskrif moet in vetdruk wees soos in
die skermkopie (screenshot) aangedui word. (2)
5.8 Koppel die dokument “5 Mauritius flyer.pdf” aan die woorde “Click here” wat
aan die einde van die webblad aangetoon word. (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13
VRAAG 6: ALGEMEEN
ʼn Vorm is ontwerp vir die Stokvellede.
Open 6 Registration Form en doen die volgende:
6.1 Bring die nodige verandering aan in paragraaf 2 op die vorm sodat dit lyk soos
die een hieronder.
Voeg ʼn 2 ¼ pt geel paragraafraam rondom die paragraaf in.
Voeg ʼn telefoonsimbool langs die Tel. in. Die simbool is ʼn Webdings 201-
karakter. (4)
6.2 Formateer die merkblokkie (checkbox form) veld naby “Mr”. sodat dit presies
12 pt is. (1)
6.3 Voeg ʼn teksvormveld (text form field) langs die Family Name-veld in. Dit moet
in hoofletters wees en maksimum lengte moet 12 karakters wees. (3)
6.4 Voeg ʼn aftuimellys (dropdown list) in op die “special dietary requirements” om
die drie opsies wat verskaf word in te voeg. (2)
6.5 Voeg die lêerpad (file path) in as ʼn veld in die middel van die voetskrif (footer). (3)
[13]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
BYLAE A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
Basiese Merkers (Basic Tags) Formateringsmerkers (Formating Tags) continued
Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van die <li></li> Word voor elke lysitem
webblad ingevoeg, en voeg dan ʼn
<body Stel die agtergrondkleur van die nommer of simbool by
bg color="pink"> webblad afhangende van die tipe lys
wat geselekteer is
<body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg ʼn prent in
liggaamteks t
<head></head> Bevat inligting oor die dokument <img src="name" Stel ʼn prent inlyn: kan ook
align="left"> ''right", "center"; "bottom",
"top", "middle'' wees
<html></html> Skep ʼn HTML-dokument – begin <img src="name" Stel die grootte van die raam
en eindig ʼn webblad border="1"> rondom 'n prent
<title></title> Definieer ʼn titel vir die dokument <img src="name" Stel die hoogte en breedte van
<!-- --> Kommentaar width="200" ʼn prent
height
="200">
Teksmerkers (Text Tags) <img src="name" Vertoon alternatiewe teks
Tag Beskrywing alt="alternative wanneer die muis oor ʼn prent
<hl></hl> Skep die grootste opskrif text"> gehou word of wanneer die
prent nie gevind word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg ʼn horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van ʼn
<i></i> Skep teks in skuinsdruk reël
<font Stel fontgrootte van "1" tot "7" <hr width="80%"/> Stel die breedte van 'n lyn, in
size="3"></font> persentasie of absolute
waarde
<font Stel fontkleur <hr Stel die kleur van die lyn
color="green"></font color="ff0000"/>
>
<font face="Times Stel fonttipe Tabelmerkers (Table Tags)
New Roman"></font>
Skakelmerkers (Link Tags) Merker (Tag) Beskrywing
Merker Tag Beskrywing <table></table> Skep 'n tabel
<a href="URL"></a> Skep ʼn hiperskakel <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"><img Skep ʼn prentskakel <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
src="URL"></a>
<a name="NAME"></a> Skep ʼn teikenarea <th></th> Skep 'n tabelopskrif (in 'n sel
<a href="#NAME"></a> met algemene vetgedrukte,
Skakel na ʼn teikenarea wat
gesentreerde teks)
elders in die dokument geskep is
Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die breedte van die tabel
width="50">
Merker (Tag) Beskrywing <table Stel die breedte van die raam
border="1"> rondom die selle van die tabel
<p></p> Skep ʼn nuwe paragraaf <table Stel die spasie tussen die selle
cellspacing="1"> van die tabel
<p align="left"> Stel ʼn paragraaf links inlyn <table Stel die spasie tussen 'n
(verstek), kan ook ''right'' of cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan
''center'' wees
<br/> Voeg ʼn reëlbreuk ('line break') in <tr align="left"> Stel die inlynstelling vir die
<ol></ol> sel(le) (kan ook ''center'' of
Skep ʼn genommerde lys
''right'' wees)
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat <tr valign="top"> Stel die vertikale inlynstelling
"I","i","1"></ol> gebruik is vir sel(le) (kan ook ''middle'' of
''bottom'' wees)
<ul></ul> Skep ʼn kolpuntlys <td colspan="2"> Stel die getal kolomme
waaroor 'n sel moet strek
<ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat <td rowspan="4"> Stel die getal rye waaroor 'n
"square","circle"></ gebruik word sel moet strek
ul>
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15
TOEVOERMASKER (INPUT MASK) KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat
9
nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke ('blanks') in
# Redigeringsmodus ('Edit mode') vertoon, maar oop plekke word verwyder wanneer
data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter wat
.,:;-/ gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die 'Regional Settings
Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.)
< Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word
Laat alle karakters na bokas ('upper case') omgeskakel word. Jy kan die uitroepteken op
>
enige plek in die toevoermasker invoeg.
Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon. Karakters
!
wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na regs.
Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word (byvoorbeeld, \A
\
word slegs as A vertoon)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2019 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2018 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2018 QP (Afr)

Memorandum





