Skip to content

Computer Applications Technology Grade 11 P1 2019 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 11201916 pages

Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 180 TYD: 3 uur *ICATNA1* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, ʼn HTML-merkersblad en toevoermasker-karakterblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van die praktiese drie-uur eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat NIE. 2. Sleutel jou van en naam in die bladsykopskrif (‘header’) van ELKE dokument wat jy skep of stoor. 3. Die toesighouer sal ʼn disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien ʼn disket aan jou uitgereik is, moet jy jou naam op die etiket skryf. Indien jy op ʼn netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur die toesighouer gegee word, volg. 4. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die toesighouer vir ʼn ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy ELKE dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer aan jou gegee is, inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. 10. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. 11. Indien data uit ʼn vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 12. Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute- selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3 13. In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South African) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar, tensy anders aangedui. 14. In Bylaag A word die HTML-merkblad voorsien. 15. Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie vraestel, bevat die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) SCENARIO Die wêreld vier elke jaar World Food Day op 16 Oktober die herdenking van die stigting van die organisasie in 1945. Gebeurtenisse word georganiseer in meer as 150 lande oor die wêreld, wat dit een van die mees gevierde dae op die UN kalender maak. Op die dag word strategieë bespreek om armoede dwarsoor die wêreld te beveg. VRAAG 1: WOORDVERWERKING ʼn Dokument is opgestel om inligting te verskaf oor wat World Food Day is. Redigeer die dokument soos versoek word. Open die 1_WorldFoodDay-woordverwerkingsdokument. 1.1 Voeg ʼn voorblad in die dokument. Die voorblad moet die volgende vertoon: (1) 1.1.1 Selekteer die Ion (Dark) voorblad. 1.1.2 Tik die dokument-naam in as World Food Day en die jaar as 2019. (2) 1.2 Vind die opskrif op bladsy twee ‘World Food Day’ en maak die volgende veranderinge: 1.2.1 Skep ʼn opskrifstyl genaamd ‘Main Heading’ met font Century Gothic, fontgrootte 20, vetdruk en rooi fontkleur. (3) 1.2.2 Pas die Main Heading styl op die hoofopskrif “World Food Day” toe. (1) 1.3 Vind die paragraaf wat begin met ‘World …’ en eindig met ‘... Agricultural Development’ en formateer dit om soos die res van die paragrawe in die dokument te vertoon. (3) 1.4 Vind al die verskynings van die woord ‘poverty’ in kleinletters en vervang dit met “poverty” onderstreep. (2) 1.5 Vind die groen-geskakeerde gedeelte Placeholder 1 wat voorkom onder die opskrif ‘Theme’ en voeg die onderstaande verwysings by die verslag: Skrywer: Dominic Anriasse Titel: Celebrating World Food Day by Feeding the Needy Jaar: 2016 Uitgewer: IOL Stad: Cape Town (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.6 Gebruik ʼn veelvlaklys (multilevel list) of buitelynnommering (outline numbering) om items te hernommer sodat dit soos die lys hieronder vertoon: 1. 2010 1.1 2010: United against hunger 1.2 2011: Food prices – from crisis to stability 1.3 2012: Agricultural cooperatives – key to feeding the world 1.4 2013: Sustainable Food Systems for Food Security and Nutrition 1.4.1 2014: Family Farming: “Feeding the world, caring for the earth” 2. 2015 2.1 2015: “Social Protection and Agriculture: Breaking the Cycle of Rural Poverty” 2.2 2016: Climate change: “Climate is changing. Food and agriculture must too” 2.3 2017 Change the future of migration. Invest in food security and rural development. 2.3.1 2018: Our actions are our future. (5) 1.7 Die prentjie “Figure 1” onder die opskrif ‘Events’ is verkeerd geetiketeer (labelled). Verander die etiket (label) sodat dit soos die res van die prentjies lyk. (3) 1.8 Vind die teks ‘Go to Africa’ onder die opskrif ‘Europe’ en skep ʼn hiperskakel na die boekmerk ‘Africa’. Voeg ʼn skermwenk (screentip) ‘See how Africa commemorates WFD’ in. (3) 1.9 Sorteer die paragrawe onder die opskrif ‘Africa’ in dalende orde. (2) 1.10 Voeg ʼn voetnota by die teks ‘Action Against Hunger (AAH)’ in soos volg:  Gebruik a, b, c nommerformaat.  Voeg die teks ‘This is a non-profit organisation.’ in.  Plaas die voetnota aan die onderkant (below) van die teks. (3) 1.11 Voeg bladsynommers in die bladsyonderskrif (page footer) soos volg:  Gebruik die ‘Stacked Pages 1’ bladsynommeringstyl.  Linieer (‘Align’) die onewe (odd) bladsynommer links in die onderskrif.  Linieer (‘Align’) die ewe (even) bladsynommers regs in die onderskrif. (4) 1.12 Voeg ʼn outomatiese bibliografie in op die laaste bladsy van die dokument. (1) [37] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 2: WOORDVERWERKING Jy word versoek om die brief wat in Word ontwerp is, te verander. Die brief sal na die persone wat belangstel om beoordelaars te wees, versprei word. Open die 2_Letter-woordverwerkingsdokument en verander die dokument. 2.1 Vind die verhelderde woord ‘email’ en vervang dit met ʼn simbool Wingdings 2 karakterkode 63. (2) 2.2 Voeg ʼn regsinlynstel tabelstop in op 10 cm in lyn met die verhelderde datum en voeg ʼn veld in met vandag se datum. Die datum moet die huidige datum vertoon op enige dag wat die brief oopgemaak word. (4) 2.3 Vind die opskrif ‘Registration information’ en maak die volgende veranderinge: 2.3.1 Verander die eienskappe (properties) van die ‘Name’ teksvormveld om ʼn maksimum van 15 karakters te aanvaar. (1) 2.3.2 Voeg ʼn merkblok-vormveld (check box form field) in voor die teks ‘Male’ sodat die persoon manlik of vroulik kan kies. (1) 2.3.3 Plaas ʼn aftreklysvormveld (dropdown form list) langs die teks ‘Qualification’. Die volgende opsies moet op die aftreklys verskyn.  Degree  Diploma  Higher Certificate (3) 2.4 Stuur briewe aan die mense wat belangstel om beoordelaars te wees. Die name van die mense is in die 2_Judges sigblad gestoor.  Gebruik die ‘Applicants’ werkblad van die 2_Judges sigblad as ʼn databron.  Vervang die ‘Sir / Madam’ met die data in die ‘Name’ kolom.  Stuur briewe slegs aan die persone wat ʼn graad het.  Sorteer die briewe volgens ‘Name’. Stoor die briewe as 2_Merged letters. (6) [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7 VRAAG 3: SIGBLAD ʼn Sigbladlêer wat ‘Better Life Index of World Countries’ bevat is in die 3_Statistics- sigblad gestoor. Maak die 3_Statistics-sigblad oop en werk in die World Data-werkblad. 3.1 Reël 1 is saamgevoeg vanaf A1 tot N1. Formateer die werkblad as volg: 3.1.1 Vergroot die hoogte van Ry 1 na 60 pt of 120 pixels. (1) 3.1.2 Die opskrif ‘Better Life Index of World Countries’ moet beide vertikaal en horisontaal sentreer word. (2) 3.1.3 Voeg ʼn Tweekleur rooi gradiëntvul (gradient fill) in die saamgevoegde selle A1:N1. (2) 3.1.4 Voeg in Ry 1 die prentjie 3_Picture.jpg wat in die datalêer gevind kan word. Die prentjie moet as volg geformateer word:  Die hoogte van die prentjie moet 2 cm wees en wydte 6 cm.  Die prentjie moet aan die regterkant van saamgevoegde Ry 1 geplaas word. (4) 3.2 Gebruik ʼn sigbladeienskap sodat al die inhoud van Ry 2 sigbaar is. (1) 3.3 Verseker dat al die opskrifte in Ry 1 en Ry 2 sigbaar bly wanneer daar ondertoe gerol word (scrolling down) in die werkblad. (2) 3.4 Voeg ʼn funksie in sel C42, om te bepaal hoeveel lande (countries) in hierdie studie gebruik is. (2) 3.5 Gebruik ʼn sigbladeienskap om te bepaal watter 5 lande (countries) die hoogste ‘Net Household Adjusted Disposable Income’ het. Formateer die name met ʼn rooi fontkleur. (3) 3.6 In sel C44, bepaal die tweede hoogste waarde van die ‘Net Household Financial Wealth’. (2) 3.7 Die lande se vermoë om voedseltekorte te beveg word beïnvloed deur onsekerhede in die arbeidsmarkte. Lande met ʼn plofbare (volatile) arbeidsmark sal swaar kry. In sel C46, gebruik die kriteria hieronder om die situasie in Suid- Afrika te bepaal. Wenk: Is die situasie in Suid-Afrika wispelturig (‘volatile’) of regverdig (‘fair’)? Lande wie se onsekerhede in die arbeidsmark meer is en gelyk is aan die gemiddelde van al die lande se ‘Labour Market Insecurities’ word beskou as ‘volatile’ en dié met minder as ‘fair’. (6) 3.8 Gebruik ʼn sigbladfunksie om enige nommer tussen 1 en 20 in sel F6 in te voeg. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 3.9 Voeg ʼn funksie in sel C48 om te bepaal hoeveel lande se burgers ʼn lewensverwagting van 60 jaar of meer het. (3) 3.10 In sel O1, voeg die datum in waarop World Food Day in 2019 herdenk is. Die datum moet ʼn lang datumtipe (long date type) wees. (3) 3.11 Die aantal verwagte jare in onderwys (years expected in education) is verkeerd in sel O34 ingevoeg. Gebruik ʼn sigbladeienskap om dit in die korrekte sel M34 te voeg. (2) 3.12 Voeg ʼn funksie in sel C50 om die totale bedrag te bepaal wat deur lande wat met die letter ‘S’ begin, betaal is. (4) 3.13 Die bedrag wat deur elke werker per maand gebruik word in Suid-Afrika is in sel N34 gestoor en is in US Dollars. In sel C52 omskep die bedrag na Suid- Afrikaanse geldeenheid. Die wisselkoers is in sel B52 gestoor. (3) 3.14 In sel C54 bereken die persentasie van die bedrag per maand wat deur Suid- Afrikaanse werkers gebruik is teenoor die bedrag wat per maand gebruik is deur al die ander werkers. (4) 3.15 Onder die lande wat in die studie gebruik is, is die Bucks lande naamlik: ‘Brasil’, ‘Russian Federation’, ‘South Africa’ en ‘United Kingdom’. Skep ʼn geskikte grafiek / kaart wat die ‘Educational attainment of the adult working-age population’ en die ‘Expected years in education’ sal vertoon.  Voeg ʼn geskikte titel boaan die grafiek.  Verskaf geskikte name vir beide asse.  Hernoem beide die reekse (“series”) met geskikte name.  Vul die stiparea met die 3_Pot.jpg prentjie.  Voeg ʼn “Data Callout” boaan die hoogste stafie (bar) en vul die stafie met ʼn solide pers kleur.  Gebruik ʼn sigbladeienskap om die grafiek na ʼn nuwe tabeloortjie (tabsheet) te skuif en noem dit ‘Graph’. (11) [57] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9 VRAAG 4: DATABASIS ʼn Databasis wat al die provinsiale armoede statusse aandui was geskep. Verander die databasis en gebruik die ontwerpaansig (design view) in al die navrae. Open die 4_Poverty-databasis. 4.1 As deel van die World Food Day bewusmakingsveldtog word skole versoek om ʼn opstel te skryf. Leerders van die Village Primary School sal in die Essay Registration-tabel gestoor word. Redigeer die Essay Registration- tabel soos volg: 4.1.1 Voeg ʼn eienskap in op enige veld van die databasis wat unieke rekords in die tabel kan identifiseer. (1) 4.1.2 Gebruik ʼn databasis eienskap in die IDNo-veld om seker te maak dat die korrekte aantal nommers vir die identiteitsnommer van die leerder ingevoeg word. (3) 4.1.3 Skuif die Name of School-veld sodat dit tussen die IDNo-veld en die School Logo veld sal wees. (1) 4.1.4 Verander die datatipe van die School Logo-veld sodat ʼn prentjie in die tabel ingevoeg kan word. (1) 4.1.5 Stel die Size of family-veld om altyd die nommer 3 in dié veld te vertoon. (1) 4.1.6 Die leerders van Village Primary School kom van PE, EL en KWT. Verander die datatipe van die Town-veld sodat die dorpe in alfabetiese orde sal wees. (3) 4.1.7 Voeg ʼn valideringsreël in op die Rural School-veld sodat dit slegs R vir ‘Rural’ en U vir ‘Urban’ sal aanvaar. Voeg ʼn toepaslike boodskap in om die gebruiker te help. (3) 4.1.8 Verander die eienskap van die Essay-veld sodat dit nie leeg/oop gelos mag word nie. (1) 4.2 Skep die vorm frm4_2 gebaseer op die Provincial Data-tabel.  Sluit die volgende velde in: Province, Households in Agriculture, % in National GDP, Average Household size, Main Source of Income en Source of Employment.  Redigeer die vormopskrif na ‘Provinces of SA’.  Sorteer die data van die Households in Agriculture-veld in dalende orde.  Pas ʼn rooi vulkleur toe op al die etikette (labels) in the detail-afdeling.  Die uitleg van die tabel moet gestapel (stacked) word.  Voeg ʼn horisontale lyn in aan die bokant van die vormonderskrif.  Voeg vandag se datum as ʼn veld in die vormonderskrif. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 4.3 Skep ʼn navraag genaamd qry4_3 gebaseer op ‘Provincial Data’-tabel.  Voeg die volgende velde in: Province, % in National GDP en Source of Employment.  Voeg kriteria in om te wys watter provinsies se “% in National GDP” 10% of meer is en  wys watter provinsies se meerderheid van mense werk (“Majority of people working”.)  Sorteer in stygende orde van “% in National GDP”. (5) 4.4 Open qry4_4 navraag en doen die volgende: ʼn Berekende veld is ingevoeg in qry4_4 om te bepaal of daar ʼn verbetering was in die mense se armoede-gaping tussen 2006 en 2015.  Korrigeer die fout in die berekende veld om die armoede-gaping te bepaal.  Voeg ʼn kriteria in om te wys watter provinsies ʼn negatiewe impak gehad het. (4) 4.5 Skep ʼn verslag (report) genaamd rpt5_5 gebaseer op die Provincial Data- tabel.  Voeg die volgende velde in: Province, Main Source of income, Source of Employment, Poverty Gap 2015, % in National GDP en Average Household.  Groepeer volgens die “Main Source of Income”-veld.  Stel die bladsy-oriëntasie van die verslag na landskap.  Sorteer volgens die “Source of Employment”-veld.  Bereken en vertoon die totale aantal provinsies soos per “Main Source of Income” in die groeponderskrif. (7) 4.6 “Export” die resultate vanaf die “QueryExport” na die sigblad en stoor dit as Query Export. (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11 VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML) ʼn Webblad is ontwerp om mense van die World Food Day bewus te maak. Maak die onvolledige 5_World Food Day webblad in ʼn webblaaier en ook in ʼn teks- /HTML-redigeerder oop. LET WEL:  Vraagnommers verskyn as kommentaar (‘comments’) in die kodering om jou te lei waar om die antwoord(e) in te voeg. MOENIE hierdie kommentaar uitvee NIE.  ʼn HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg. Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 5.1 Korrigeer die HTML-merkers (tags) sodat die teks ‘No to Hunger’ in die webblaaier verskyn. (1) 5.2 Verander die agtergrondkleur van die bladsy na ligblou. (1) 5.3 Sentreer die hoofopskrif ‘World Food Day: Action for #Zero Hunger”. (1) 5.4 Voeg ʼn groenlyn in en stel die grootte op 10. (3) 5.5 Stel die fontkleur van die teks onder die horisontale lyn na rooi en vetdruk. (3) 5.6 Die teks ‘Resource: Food and Agriculture Organization of the United Nations’ moet in kursief wees. (1) 5.7 Verander die lysitems onder die opskrif ‘HOW CAN I TAKE PART?’ na hoofletters. (2) 5.8 Voeg ʼn prentjie in onder die gelyste items. Die prentjie moet as volg geformateer word:  Gebruik die prentjie ‘5_Picture’ uit die datalêer.  Beide die wydte en die hoogte moet 200 wees.  Die afkorting ‘WFD’ moet vertoon wanneer die prentjie nie vertoon nie.  Die prentjie moet gesentreer word. (5) 5.9 Voeg ʼn hiperskakel op die teks ‘For more information’ sodat dit na die webtuiste fao.org skakel. (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13 VRAAG 6: ALGEMEEN Open die 6_Organiser-lêer. 6.1 Jou skool wil aan die bedrywighede van die World Food Day deelneem. ʼn Organogram van die reëlingskomitee is gemaak. Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 6.1.1 Redigeer die Co-Ordinator vorm (shape) sodat die teks korrek lees. (1) 6.1.2 Voeg die volgende inligting in onder ‘Head Unemployment’:  Reports to Co-Ordinator  Reports to Councillors (2) 6.1.3 Voeg nog ʼn vorm (shape) in, naamlik Head Research. (1) 6.1.4 Skakel die uitleg van die “smart art” van regs na links om. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 6.2 Maak die 6_Celebrate sigblad oop. Hierdie jaar het die feesvieringe met ʼn aftel (countdown) ʼn minuut voor 12 middernag begin. Sommige stede vier vroeër fees as anders as gevolg van hulle geografiese ligging in die wêreld. ʼn Grafiek is geskep om die tydsverskille aan te dui en ook watter stede moontlik eerste sal feesvier. Time TOKYO 23:00 SAO PAULO 10:00 PRETORIA 16:00 NEW YORK 10:00 LONDON 15:00 00:00 04:48 09:36 14:24 19:12 00:00 04:48 6.2.1 Verander die grafiek sodat dit soos die bostaande grafiek lyk. (1) 6.2.2 Die stede moet in dalende order gesorteer word. (2) 6.2.3 Gebruik ʼn sigbladeienskap om die kleure van die stafies te wissel (Vary) per punt (by point). (1) [9] TOTAAL: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15 TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’) KARAKTERBLAD KARAKTER BESKRYWING Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat 0 nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie 9 toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke ('blanks') in Redigeringsmodus ('Edit mode') vertoon, maar oop plekke word # verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die .,:;-/ 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.) < Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word > Laat alle karakters na bokas ('upper case') omgeskakel word Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon. Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na ! regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg. Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word \ (byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) BYLAAG A – HTML MERKBLAD (HTML TAG SHEET) Basiese Merkers (Basic Tags) Formateringsmerkers vervolg Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van die <li></li> Word voor elke lysitem webblad ingevoeg, en voeg dan 'n <body Stel die agtergrondkleur van nommer of simbool by bg colour="pink"> die webblad afhangende van die tipe lys wat geselekteer is <body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in liggaamteks <head></head> Bevat inligting oor die <img src="name" Stel 'n prent inlyn: kan ook dokument align="left"> ''right", "center"; "bottom", "top", "middle'' wees <html></html> Skep 'n HTML-dokument – <img src="name" Stel die grootte van die begin en eindig 'n webblad border="1"> raam rondom 'n prent <title></title> Definieer 'n titel vir die <img src="name" Stel die hoogte en breedte dokument width="200" height van 'n prent <!-- --> Kommentaar ="200"> Teksmerkers (Text Tags) <img src="name" Vertoon alternatiewe teks Tag Beskrywing alt="alternative wanneer die muis oor 'n <hl></hl> Skep die grootste opskrif text"> prent gehou word of wanneer die prent nie gevind word nie <h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n reël <i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> Stel die breedte van 'n lyn, in persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte van "1" tot "7" <hr colour="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn size="3"></font> <font Stel fontkleur Tabelmerkers (Table Tags) colour="green"></font> <font face="Times Stel fonttipe Merker (Tag) Beskrywing New Roman"></font> Skakelmerkers (Link Tags) <table></table> Skep 'n tabel Merker (Tag) Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel <a href="URL"><img Skep 'n prentskakel <th></th> Skep 'n tabelopskrif (in 'n src="URL"></a> sel met algemene vetgedrukte, gesentreerde teks) <a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea <table width="50"> Stel die breedte van die tabel <a href="#NAME"></a> Skakel na 'n teikenarea wat <table border="1"> Stel die breedte van die elders in die dokument raam rondom die selle van geskep is die tabel Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die spasie tussen die cellspacing="1"> selle van die tabel Merker (Tag) Beskrywing <table Stel die spasie tussen 'n cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf <tr align="left"> Stel die inlynstelling vir die sel(le) (kan ook ''center'' of ''right'' wees) <p align="left"> Stel 'n paragraaf links inlyn <tr valign="top"> Stel die vertikale (verstek), kan ook ''right'' of inlynstelling vir sel(le) (kan ''center'' wees ook ''middle'' of ''bottom'' wees) <br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line <td colspan="2"> Stel die getal kolomme break') in waaroor 'n sel moet strek <ol></ol> Skep 'n genommerde lys <td rowspan="4"> Stel die getal rye waaroor 'n sel moet strek <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers "I","i","1"></ol> wat gebruik is <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys type="disc", Definieer die tipe kolpunte "square","circle"></ul> wat gebruik word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Computer Applications Technology

View all