Skip to content

Computer Applications Technology Grade 11 P2 2019 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 11201916 pages

Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *ICATNA2* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit: AFDELING A (25 punte) AFDELING B (75 punte) AFDELING C (50 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Moenie in die regterkantlyn skryf nie. 6. Laat ʼn reël oop na elke subvraag. 7. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2 punt-vraag TWEE feite vereis, ens. 8. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou. 9. Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘vinniger’/’stadiger’ en ‘makliker’ sal SLEGS aanvaar word indien dit saam met ʼn rede of ʼn verduideliking gebruik is. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D. 1.1 Watter EEN van die volgende eenhede verwys na verwerkerspoed? A GHz B dpi C mbps D ppm (1) 1.2 Watter EEN van die volgende akronieme het te doen met sagtewarelisensiëring? A GGK (‘GUI’) B WWW C WLAN D ELO (‘EULA’) (1) 1.3 Hoe stoor vaste toestand (‘solid state’) hardeskywe data in teenstelling met tradisionele hardeskywe? A Opties B Magneties C Skyf D Elektronies (1) 1.4 Watter EEN van die volgende kriteria sal rekords vertoon, gebaseer op ʼn veldwaarde wat met 'ad' eindig? A ad* B ad C a*d D *ad (1) 1.5 Die hooftaak van die Skyfskoonmaak-nutsprogram (‘Disk Cleanup’) is om … A foute op ʼn skyf te soek. B tydelike of ongebruikte lêers uit te vee. C die hardeskyf te formateer wanneer dit vol is. D lêers te herorganiseer en verwante lêers bymekaar te hou. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.6 Watter EEN van die volgende akronieme word NIE met hardeware geassosieer nie? A HDD B NKK (‘NIC’) C OSS D BJET (‘BYOD’) (1) 1.7 Watter EEN van die volgende spesifikasies is ʼn aanduiding dat ʼn rekenaartoestel Wi-Fi kapasiteit het? A Ethernet B 802.11 ac C FireWire D i7 (1) 1.8 ʼn ISO-gradering is ʼn spesifikasie van ... A digitale kameras. B drukkers. C monitors. D projektors. (1) 1.9 Die vinnigste of doeltreffendste manier om inligting vanaf ʼn groot groep mense te kry, is deur van die ... gebruik te maak A soekenjin. B wiki. C onderhoud. D meningsopname. (1) 1.10 Watter EEN van die volgende is die beste voorbeeld van ʼn ‘goeie’ of ‘sterk’ wagwoord? A 0841288744 B Qwertyuiop C MyPasword D T2Lu$K006 (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5 VRAAG 2: PASITEMS Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–Q) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 R. KOLOM A KOLOM B 2.1 ʼn Hardeware toestel wat gebruik word om rekenaars teen A ontwerpaansig kragstuwings en kragonderbrekings te beskerm (‘design view’) 2.2 Dit vorm deel van die stelselprogrammatuur en word B fragmentasie gebruik om die gebruiker te help om instandhouding van die rekenaar te doen 2.3 ʼn Stel reëls waarvolgens ʼn randapparatuur-toestel met die C absolute selver- rekenaar kommunikeer wanneer dit met die rekenaar wysing verbind is 2.4 Die verskillende dele van die lêers kan oor die skyf D bibliografie versprei raak, wat veroorsaak dat die rekenaar stadiger word 2.5 Die plasing en formatering van teks op papier en op E tipografie webblaaie 2.6 ʼn Formele dokument wat gebruik word om fokus aan ʼn F memo vergadering te verleen deur die punte wat bespreek gaan word aan te dui 2.7 ʼn Verwysing na ʼn bron wat in ʼn spesifieke instansie G veld gebruik word, en word in die teks, direk na die inligting waarna verwys word, gevind 2.8 ʼn Selverwysingsformaat wat verhoed dat die kolomletter H relatiewe selver- en/of die rynommer in ʼn funksie verander wanneer die wysing funksie na ʼn ander sel gekopieer word 2.9 ʼn Enkele feit of die kleinste eenheid van data binne ʼn I ‘datasheet view’ databasis 2.10 ʼn Vertoonmodus in Access waarin die inhoud van ʼn tabel J OKT (‘UPS’) in rye en kolomme vertoon word K defragmentasie L agenda M templaat N Sitaat (‘citation’) O nutsprogramme P inprop-en-speel (‘plug and play’) Q rekord (10 x 1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woorde(e) om die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.) VOORBEELDE: VRAAG ANTWOORD Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware komponente Onwaar – moederbord soos die SVE (‘CPU’). 3.1 Die sentrale verwerkingseenheid is die belangrikste program wat alle aktiwiteite in die rekenaar beheer. (1) 3.2 ʼn Nutswenk (‘Tooltip’) is ʼn wenk wat vertoon word as jy die merker op ʼn ikoon of objek rus. (1) 3.3 Vryware (‘Freeware’) hou gewoonlik op werk as die toetstydperk verby is. (1) 3.4 ʼn Merkblokkie (‘Check box’) laat die gebruiker een uit ʼn gegewe stel opsies kies. (1) 3.5 Die koppelvlak is die manier waarop die verskillende funksies van programme aangebied en vertoon word en dit gee gebruikers ʼn manier om programme te gebruik en met die rekenaar te kommunikeer. (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING B VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË 4.1 Die volgende spesifikasies word aangedui betreffende die geheue en stoor- kapasiteit van die rekenaar. 1 GB DDR2-667 184 pin ETG (‘RAM’) 160 GB SATA II 7200 rpm hardeskyf Kopieer die volgende tabel in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit deur die stoor-kapasiteit en kapasiteit van die geheue te verskaf asook deur te onderskei tussen die twee begrippe. (4) GEHEUE STOOR Kapasiteit Verskil 4.2 In ʼn advertensie, word na ʼn koordlose sleutelbord en muis verwys. (2) 4.2.1 Noem TWEE metodes wat algemeen gebruik word om toestelle koordloos te koppel. 4.2.2 Vergelyk die twee metodes met betrekking tot: (a) Reikafstand (b) Lyn van sig (4) 4.3 Die meeste nuwe sagteware wat geskryf word het gewoonlik ʼn programfout (‘bug’) in. Twee algemene maniere om programfoute reg te maak is om gebruik te maak van regstellings (‘patches’) en dienspakkette (‘service packs’). 4.3.1 Wat word met ʼn programfout (‘bug’) bedoel? (1) 4.3.2 Verduidelik kortliks die verskil tussen ʼn regstelling (‘patch’) en ʼn dienspakket (‘service pack’) deur na die essensiële kenmerk van elkeen te verwys. (2) 4.4 Rugsteunnutsprogramme stel gebruikers in staat om kopieë van sekere lêers of ʼn hele hardeskyf op ʼn ander stoormedia te maak. 4.4.1 Waarvoor word rugsteunkopieë gebruik? (1) 4.4.2 Watter stoormedium sal jy voorstel indien jy groot hoeveelhede lêers vir ʼn lang termyn wil rugsteun? (1) 4.4.3 Jy kan ook jou lêers argiveer (‘archive’). Verduidelik die term argivering (‘archiving’) in hierdie konteks. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 4.5 Jy het ʼn nuwe skootrekenaar met ʼn gratis aanlynstoorfasiliteit gekoop. 4.5.1 Verduidelik wat aanlynstoor is. (1) 4.5.2 Noem TWEE voordele van aanlynstoor. (2) 4.5.3 Noem TWEE nadele van aanlynstoor. (2) 4.5.4 Verduidelik die term perseelwaarborg (‘on-site-warranty’) wat saam met die skootrekenaar aangebied word. (1) 4.6 Bedryfstelsels bevat spesiale instellings en nutsprogramme om rekenaars meer toeganklik vir gestremde mense te maak. Noem TWEE voorbeelde van hierdie instellings en nutsprogramme. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9 VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Gee DRIE potensiële nadele van ʼn koordlose LAN in vergelyking met ʼn gekabelde LAN. (3) 5.2 Meeste organisasies maak van bedieners (‘servers’) gebruik. 5.2.1 Wat is die algemene funksie van enige bediener (‘server’) op ʼn netwerk? (1) 5.2.2 Gee TWEE redes hoekom ʼn organisasie ʼn Internet (‘proxy’)-bediener sou gebruik. Moenie enige antwoord wat jy op VRAAG 5.2.1 genoem het, herhaal nie. (2) 5.2.3 Noem TWEE soorte bedieners (‘servers’) wat dikwels in groter organisasies aangetref word, behalwe ʼn Internet (‘proxy’)-bediener. (2) 5.2.4 Watter algemene term word gegee vir enige rekenaartoestel wat netwerkbronne gebruik? (1) 5.3 Verduidelik die doel van ʼn ‘switch’ in ʼn netwerk. (1) 5.4 Hoekom benodig rekenaars deesdae selde ʼn afsonderlike NKK (‘NIC’) (netwerkkoppelvlakkaart) om die rekenaar aan ʼn netwerk te koppel? (1) 5.5 Gee die naam van ʼn soort netwerkkabel wat die meeste gebruik word om rekenaars aan ʼn LAN te konnekteer. (1) 5.6 Beskryf kortliks wat ʼn sleutelvaslegger (‘keylogger’) doen as dit op ʼn rekenaar geïnstalleer is en verduidelik waarom sleutelvasleggers (‘keyloggers’) as kwaadwillige programmatuur (‘malicious software’) beskou word. (2) 5.7 Hoe sal ʼn RSS-voer op ʼn blog tot voordeel van sy gebruikers wees? (1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR 6.1 ʼn Vraelys is ʼn metode wat gebruik word om die opinie van mense in ʼn ondersoek te verkry. 6.1.1 Noem TWEE redes waarom dit altyd beter is om geslote vrae te gebruik in die samestelling van ʼn vraelys vir navorsingsdoeleindes. (2) 6.1.2 Noem TWEE riglyne, behalwe die gebruik van geslote vrae, wat in gedagte gehou moet word wanneer ʼn vraelys saamgestel word,. (2) 6.2 Noem EEN ander moontlike bron van inligting, uitsluitend ʼn vraelys, wanneer jy navorsing oor ʼn spesifieke onderwerp doen. (1) 6.3 Wat word met die term plagiaat bedoel? (1) 6.4 Verduidelik die verskil tussen data en inligting. (2) 6.5 Hoe kan ʼn mens die invoer van duplikaatrekords wanneer data in ʼn databasistabel vasgelê word voorkom? (1) 6.6 Verduidelik waarom baie akademiese-instellings nie hulle studente toelaat om Wikipedia as ʼn bron aan te haal nie. (1) [10] VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES 7.1 Noem TWEE alternatiewe vir ʼn muis wat deur fisies-gestremde mense gebruik kan word. (2) 7.2 Noem EEN manier waarop jy jou skootrekenaar aan jou lessenaar kan vasmaak (sluit). (1) 7.3 Elektrisiteit is ʼn baie duur hulpbron. Noem DRIE maniere waarop jy elektrisiteit kan spaar wanneer jy van elektroniese toestelle soos skootrekenaars en rekenaars gebruik maak. (3) 7.4 Sosiale manipulasie (‘social engineering’) het werklik ʼn bedreiging vir rekenaargebruikers vandag geword. 7.4.1 Verduidelik kortliks wat sosiale manipulasie (‘social engineering’) is. (1) 7.4.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat jy kan tref om te verhoed dat jy ʼn slagoffer van sosiale manipulasie (‘social engineering’) via ʼn e-pos word. (2) 7.5 Spioensagteware (‘spyware’) word ʼn groot probleem vir rekenaargebruikers. Wat is die doel van spioensagteware (‘spyware’)? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11 VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING 8.1 Gee EEN voordeel daarvan om ʼn dokument in konsep-modus (‘draft-mode’) te druk. (1) 8.2 Gee EEN voordeel en EEN nadeel daarvan om ʼn Word-dokument as ʼn lêer met die uitbreiding .TXT te stoor voordat dit versprei word. Onderskei duidelik in jou antwoord tussen die voordeel en die nadeel. (2) 8.3 Verduidelik waarom dit soms noodsaaklik is om die Soek Hele Woorde alleen- opsie (‘Find whole words only option’) te gebruik wanneer ʼn mens die Soek en Vervang-aksie (‘Find and Replace action’) in Word uitvoer. (Jy mag ʼn voorbeeld gebruik om jou antwoord te verduidelik.) (1) 8.4 Die huidige datum is as ʼn veld in ʼn Word-dokument bygevoeg, met die datumformaat: MMM DD Hoe sal die datum vertoon as die dokument op Vrydag 18 Augustus 2019 oopgemaak word? (1) 8.5 Noem die soorte inkeping wat gebruik is om die woord ‘Tips’ soos in die volgende skermkopie van ʼn Word-dokument, een sentimeter links van die hoofliggaam van die paragraaf, te plaas? (1) 8.6 Die operateur ^ kan in Excel gebruik word om die resultaat van die uitdrukking 2 x 2 x 2 te lewer. (d.i. =2^3) Gee die naam van ʼn Excel-funksie wat, in plaas van die ^-operateur, gebruik kan word om dieselfde resultaat te lewer. (1) 8.7 Bestudeer die volgende funksie wat in sel H25 van ʼn sigblad voorkom, en beantwoord die vrae wat volg. =IF(G1>=90,distinction," ") 8.7.1 Gestel die waarde 80 word in sel G1 ingetik. Wat sal in sel H25 vertoon? (1) 8.7.2 Verduidelik waarom die funksie ʼn foutboodskap sal lewer as die waarde 90 in sel G1 ingetik word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 8.8 Gee EEN eienskap van ʼn databasistabel, behalwe die gebruik van ʼn navraag, wat gebruik kan word om net sekere rekords te vertoon. (1) 8.9 Die volgende Access-navraag is veronderstel om die name en die aantal blikkies te vertoon van leerders in klasse 11A en 11B, wat elk minstens 50 blikkies vir ʼn herwinningsprojek bymekaargemaak het. Gee DRIE redes hoekom hierdie navraag NIE die korrekte resultaat sal lewer nie. Dui in elke geval aan hoe die ontwerp van die navraag verander moet word om die korrekte resultaat te lewer. (3) 8.10 Gee EEN rede hoekom die stel van ʼn veld as ʼn primêre sleutel in ʼn data-basis tot beter kwaliteit data in die databasis kan bydra. (1) 8.11 Gee EEN geskikte voorbeeld om aan te toon dat al is ʼn databasis ontwerp om te verseker dat die data altyd geldig is, dit nie kan verseker dat die data noodwendig altyd korrek is nie. (1) [15] TOTAAL AFDELING B: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13 AFDELING C VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO Jou skoolhoof het jou gevra om jou RTT-vaardighede te gebruik om raad oor die vestiging van ʼn aanlyn skoolkoerant te gee. Rekenaartoerusting sal vir hierdie doel aangekoop moet word. 9.1 Stel TWEE voorbeelde van toepassingsagteware voor wat moontlik geïnstalleer sal moet word om die publikasie van die skoolkoerant te vergemaklik. (2) 9.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van kabels om die rekenaars in die LAN netwerk te koppel. (2) 9.3 Skakels na die koerantartikels sal op sosiale media gepos word. Noem TWEE voordele van die gebruik van Facebook om die koerant te deel. (2) 9.4 Gee TWEE redes hoekom GOBS ('FOSS') in plaas van eiendomsregtelike sagteware by die nuuskantoor gebruik moet word. (2) 9.5 Die foutboodskap hieronder het op een van die rekenaars in die koerant-kantoor verskyn, wat voorkom het dat opdaterings gekry word. 9.5.1 Bespreek TWEE moontlike redes vir die fout. (2) 9.5.2 Noem EEN implikasie van die foutboodskap. (1) 9.6 Die rekenaar werk uit die bloute vreeslik stadig. Noem TWEE ander maniere, behalwe om stadig te werk, hoe die skool sal weet of hulle rekenaars virusse op het of nie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 9.7 ʼn Databasistabel met outeur- en artikelname as velde sal gebruik word om die inligting oor leerders wat tot die inhoud in die koerant bydra, te stoor. 9.7.1 Bespreek TWEE redes waarom dit beter, in die geval, sou wees om ʼn vorm te gebruik om data vas te lê. (2) 9.7.2 Noem TWEE databasishulpmiddels ('tools') wat gebruik kan word om vas te stel wie die meeste artikels tot die koerant bygedra het. (2) 9.8 Gee TWEE redes waarom dit ʼn goeie beleid sou wees om USB-poorte by verstek ('default') op die LAN in die koerantkantoor buite werking te stel? (2) 9.9 Dit is belangrik dat ʼn organisasie ʼn Beleid vir Aanvaarbare Gebruik (‘AUP’) het. 9.9.1 Verduidelik kortliks wat ʼn Beleid vir Aanvaarbare Gebruik (‘AUP’) is. (1) 9.9.2 Bespreek TWEE redes hoekom ʼn Beleid vir Aanvaarbare Gebruik (‘AUP’) nodig is. (2) 9.9.3 Bespreek DRIE sake wat in ʼn skool se Beleid vir Aanvaarbare Gebruik (‘AUP’) ingesluit of aangespreek moet word. (3) [25] VRAAG 10 Jou skool is gekies om die provinsiale atletiekbyeenkoms aan te bied. Die administrasie van die vergadering sal op rekenaars gedoen word. Jou RTT-klas is gevra om die skool by te staan met enige rekenaarverwante navrae wat hulle mag hê. 10.1 Jy besluit om ʼn blog of ʼn webtuiste op te stel om enige IKT-verbonde vrae te beantwoord. 10.1.1 Wat is ʼn blog? (1) 10.1.2 Noem TWEE redes vir die gebruik van ʼn blog in plaas van ʼn webtuiste. (2) 10.1.3 Een van die hoofde verkies om ʼn poslys (‘mailing list’) te gebruik. Verduidelik kortliks wat ʼn poslys (‘mailing list’) is (1) 10.2 Die hoofde gaan groot hoeveelhede foto’s en video’s op hulle rekenaars stoor. Verduidelik aan hulle DRIE maniere hoe hulle stoorspasie sonder die gebruik van ʼn eksterne hardeskyf kan vry maak. (3) 10.3 Vir die administrateurs om seker te maak dat net spesifieke afrigters op die veld toegelaat word, stel jy die gebruik van biometriese sekuriteit voor. Lys TWEE beperkinge van vingerafdrukherkenning. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15 10.4 Atlete wat aan die langafstande deelneem is van RFID-merkers (‘tags’) voorsien. 10.4.1 Verduidelik kortliks wat ʼn RFID-merker (‘tags’) is. (2) 10.4.2 Watter voordeel sal die feit dat die atlete RFID-merkers (‘tags’) het, vir die organiseerders van die wedloop inhou? (2) 10.5 Die komiteelede wil graag elkeen ʼn verslag na die byeenkoms via e-pos ontvang. Jy kom agter dat jy nie kan onthou waar jy die dokument gestoor het of wat die lêernaam is nie. 10.5.1 Lys TWEE soekkriteria of parameters wat jy sou insluit wanneer jy vir die dokument soek. (2) 10.5.2 Wat is die verskil tussen die gebruik van die 'Cc'- en die 'Bcc'-velde wanneer jy ʼn e-pos stuur? (2) 10.6 Een van die hoofde wil graag die byeenkoms bestuur deur van ʼn databasis gebruik te maak. Verduidelik aan hom wat die verskil tussen ʼn geldigheidsreël (‘validation rule’) en geldigheidsteks (‘validation text’) is. (2) 10.7 Een van die webblaaie van die Oos-Kaap Atletiekwebtuiste vertoon nie die opskrif nie. Die opskrif Oos-Kaap Atletiek Byeenkoms moet gesentreer, in vetdruk, onderstreep en kursief wees soos hieronder aangedui: Oos-Kaap Atletiek Byeenkoms Herskryf en korrigeer die HTML ‘tags’ hieronder sodat dit korrek kan vertoon. </body> </body> </centre><b><u><i>Oos-Kaap Atletiek Byeenkoms</u></b></centre> (4) 10.8 Soos hulle tik, verander die woordverwerker outomaties die Suid-Afrikaanse spelling na die Amerikaanse spelling, bv. ‘colour’ na ‘color’. Noem die funksie van ʼn woordverwerker wat dit laat gebeur en verduidelik hoe om dit in die toekoms te verhoed. (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 11 Computer Applications Technology

View all