Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
ONDERWYSERRIGLYNE
2018
Hierdie riglyne bestaan uit 7 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 









_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)

View all





CAT PAT GR 12 2018 Teacher Guidelines Afr
Grade 12 Computer Applications Technology practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download.
Computer Applications Technology · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Practical assessment task, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2018
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 272.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 2 DBE/PAT 2018
NSS
INHOUDSOPGAWE
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE 1
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 IDEES EN BENADERINGS OM LEERDERS TE LEI 4
2.2 ONEERLIKHEID 5
2.3 VERKLARING VAN EGTHEID VAN DIE PAT DEUR DIE LEERDER 5
2.4 ROL VAN DIE ONDERWYSER 6
2.5 TOESIG/GEKONTROLEERDE OMSTANDIGHEDE 6
2.6 BESTUUR VAN DIE PAT 6
2.7 ASSESSERINGSBEWYSE 7
2.8 VEREISTES 7
2.9 NIENAKOMING 7
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese Assesseringstaak
AP Assesseringprogram
SGA Skoolgebaseerde Assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 3 DBE/PAT 2018
NSS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV)-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie
en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt
vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en dit tel 25% van die
finale punt vir Rekenaartoepassingstegnologie (RTT).
Formele assessering
Gedurende die
Jaareindeksamen
jaar
25% 75%
SGA Praktiese Jaareindeksamen-vraestelle (50%)
Assesseringstaak
(PAT)
25% 25% Vraestel 1 (25%) Vraestel 2 (25%)
Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek. Die PAT bied leerders die
geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende eerste drie kwartale van die skooljaar
geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat
nie in 'n geskrewe formaat, soos toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus
belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne
die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle
uitslae ontvang. Die kandidaat sal tot drie weke voor die aanvang van die finale
jaareindeksamen tyd gegun word vir enige uitstaande werk vir die PAT (sien 2.9
Nienakoming).
Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 4 DBE/PAT 2018
NSS
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
2.1 Idees en benaderings om leerders te lei
Wat moet leerders doen en wat moet hulle verskaf?
Daar word van leerders verwag om, onder gepaste toesig, die volgende te doen:
• Kies 'n belangstellingsarea binne die gegewe onderwerpe/scenario's.
• Formuleer 'n duidelike fokusvraag wat ondersoek/nagevors kan word.
• Beplan, doen navorsing en voer 'n reeks take (wat in drie fases verdeel is) uit om met
bevindinge en gevolgtrekkings, wat met die fokusvraag verband hou, vorendag te kom.
• Berei 'n verslag vir 'n spesifieke gehoor voor.
• Kommunikeer elemente van die verslag via 'n webtuiste.
• Lewer bewyse van al die fases van die projek vir assessering.
Hoe sal leerders dit doen?
Leerders moet die volgende doen:
• Beplan en voltooi 'n individuele projek deur 'n reeks inligtingsbestuursvaardighede en
-strategieë toe te pas om aan die doelstellings te voldoen, soos in die PAT-vereistes
uiteengesit.
• Identifiseer sleutelvrae om te vra.
• Bekom, selekteer krities en gebruik inligting uit 'n reeks bronne, verwerk en analiseer data
en demonstreer 'n begrip van toepaslike skakels, verbindings en kompleksiteite van die
onderwerp en fokusvraag.
• Selekteer en gebruik 'n reeks vaardighede, waaronder die toepassings en tegnologieë wat
bestudeer is, los probleme op, neem besluite op 'n kritiese, kreatiewe en buigsame manier
te neem om die fokusvraag te beantwoord.
• Ondersteun gevolgtrekkings/aanbevelings deur die gebruik van beredeneerde argumente
wat op bewyse gegrond is.
• Evalueer uitkomste, beide in verband met die PAT-vereistes en hulle eie leer en prestasie.
• Gebruik geskikte kommunikasievaardighede en media om bewyse in 'n gepaste formaat
aan te bied.
Vereiste vaardighede
Leerders moet in staat wees om die volgende te doen:
• Selekteer en pas 'n reeks vaardighede en metodes toe om oplossings te vind.
• Vergelyk, selekteer, lees en verstaan tekste en gebruik dit om inligting, idees, argumente en
opinies in te samel.
• Stel dokumente op en kommunikeer inligting, idees en opinies effektief en betekenisvol.
• Stoor data en inligting doeltreffend om die effektiewe oproep daarvan moontlik te maak.
• Versamel inligting om die inhoud en die doel van die taak/ondersoek te pas.
• Voer data in, ontwikkel en formateer inligting onafhanklik om die betekenis en doel daarvan
te pas, wat teks en tabelle, beelde/prente, getalle, grafieke en rekords insluit.
• Pas besluitnemings- en probleemoplossingsvaardighede toe.
• Demonstreer beplanning, navorsing, kritiese denke, analise, sintese, evaluering en
aanbiedingsvaardighede.
• Ontwikkel selfvertroue en inisiatief in die toepassing van die inhoud, toepassingsagteware
en -tegnologieë wat in RTT bestudeer is.
• Vra raad en ondersteuning wanneer nodig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 5 DBE/PAT 2018
NSS
Wat moet leerders vooraf geleer word?
Voordat die PAT aangepak word, moet leerders die volgende geleer word:
• Toepassingsagteware (woordverwerking-, sigblad-, databasis- en webontwikkeling-
sagteware) en IKT-vaardighede wat die produksie van die verslag en webtuiste sal verbeter.
• Navorsing- en inligtingbestuursvaardighede, insluitend die vermoë om 'n taak te definieer, 'n
fokus te stel, vrae te identifiseer en te vra, die soek en identifikasie van geskikte
inligtingsbronne en leeswerk vooraf of relevante werk wat reeds gedoen is. Dit sluit in die
evaluering van bronne en aanvaarde vorme van navorsingsverslae met 'n uittreksel,
inleiding, bespreking met verwysings vir al die bronne, gevolgtrekking en bronnelys.
• Projekbestuursvaardighede, waaronder tyd-, hulpbron- en taakbestuur
2.2 Oneerlikheid
Leerders moet NIE:
• Hulp/Leiding van ander kry sonder om erkenning daaraan te gee nie (hulle moet Bylaag C
van die Leerderriglyne voltooi – sien Afdeling 2.3).
• Werk indien wat nie hulle eie is nie
• Hulle werk aan ander leerders leen nie
• Ander leerders toegang, of die gebruik van, hulle eie onafhanklik verkrygde materiaal gee
nie (Dit beteken nie dat kandidate nie hulle boeke aan ander kandidate mag leen nie, maar
die kandidate moet nie toegelaat word om plagiaat van ander leerders se navorsing te pleeg
nie)
• Werk insluit wat direk uit boeke, vanaf die Internet of uit ander bronne gekopieer is, sonder
om erkenning aan die bronne te gee nie
• Werk indien wat deur 'n derde persoon getik of woordverwerk is nie. Kandidate met fisiese
gestremdhede moet vooraf toestemming by die relevante assesseringsowerhede kry.
Hierdie aksies kom neer op oneerlikheid, waarvoor hy/sy gepenaliseer sal word.
Indien oneerlikheid geïdentifiseer is, moet die assesseringsowerhede in kennis gestel word en die
besonderhede van enige werk wat nie die leerder se eie is nie, moet aangeteken word.
2.3 Verklaring van egtheid van die PAT deur die leerder
Nadat die PAT voltooi is, moet leerders die verklaring van egtheid (Bylaag C van die
Leerderriglyne) onderteken om te bevestig dat die werk wat ingedien word, hulle eie is. Alle
raad/hulp wat aan die leerders gegee is, moet in die verklaring aangeteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 6 DBE/PAT 2018
NSS
2.4 Rol van die onderw yser
Die onderwyser sal die inligtingbestuursinhoud, praktiese vaardighede en strategieë onderrig voor
elke fase van die projek begin word.
Die onderwyser sal:
• Die projek bestuur, en toesig hou oor leerders se werk en dit monitor
• 'n Aanvanklike beplanningsoorsigsessie hou/fasiliteer om die onderwerpe/scenario's,
vereistes, doelstellings en ontwikkeling van die projek te bespreek
• Vooraf-lees fasiliteer om agtergrondinligting oor die onderwerpe/scenario's in te samel
• Gereelde terugvoer aan leerders gee, beide op 'n informele grondslag en aan die einde van
elke fase
• Die leerders se werk aan die einde van elke fase assesseer d.m.v. die kriteria wat
uiteengesit is in die gestandaardiseerde assesseringsinstrument wat verskaf word, en
terugvoering aan leerders aanteken
• Hulle algemene evaluering bevestig, gebaseer op deurlopende waarneming en terugvoering
om 'n finale indruk van die onafhanklike werk, inligtingbestuur, insig en probleemoplossing
te verskaf
• Die werk van die leerders modereer volgens enige standaardisering en interne
modererings-prosedures wat vereis word
• Die egtheid van die PAT verseker, soos bespreek in Afdeling 2.5 hieronder.
2.5 Toesig/Gekontroleerde omstandighede
Die onderwyser moet die PAT op so 'n manier bestuur dat hy/sy kan bevestig dat die werk wat
geassesseer is, alleenlik die betrokke leerder se werk is, deur:
• Die leerder se werk gereeld te monitor om 'kitsprojekte' te voorkom
• Elke leerder se assessering aan die einde van elke fase goed te keur
• Te bevestig dat die werk wat geassesseer word, sover sy/haar kennis strek, alleenlik die
betrokke leerder se werk is
Meer inligting hieroor word in Afdeling 2.8 van die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12
gegee.
2.6 Bestuur van die PAT
Die onderwyser moet sy/haar werkskedule volgens die tyd wat vir die PAT in die RTT-KABV
(onderrigplan vir graad 12) toegelaat word, beplan. Daar is verskillende moontlike benaderings tot
die bestuur van die PAT:
Opsie 1:
• Die onderwyser kan weekliks 'n gedeelte van die tyd aan die PAT afstaan terwyl hy/sy
terselfdertyd die res van die week met normale onderrig voortgaan om die graad 12-
kurrikulum te voltooi. Indien hy/sy hierdie opsie kies, moet hy/sy in die eerste kwartaal met
die PAT-proses begin en een fase per kwartaal voltooi.
Opsie 2:
• Die onderwyser kan 'n aaneenlopende tydperk aan die PAT toeken, byvoorbeeld die
laaste week/weke van elke kwartaal, en so ook een fase per kwartaal voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 7 DBE/PAT 2018
NSS
2.7 Assesseringsbewyse
Bewyse wat vir assessering voorgelê word, moet wys hoe die individuele leerder die
assesseringsdoelwitte en -kriteria behaal het en die beplanning, terugvoering en vordering van die
projek insluit. Die bewyse vir assessering sal die volgende insluit:
• Die finale produkte vir die take – 'n webtuiste (tuisblad plus twee ander blaaie) en 'n geskrewe
verslag van ongeveer 1 600–2 000 woorde (dit verwys slegs na die inhoud en sluit nie die
dekblad, inhoudsopgawe, verwysings en grafika in nie.)
• Die voltooide leerderassesseringsinstrument (en bewyse soos vir elke fase gespesifiseer).
2.8 Vereistes
(Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3)
Praktiese Assesseringstaak-komponente moet:
• Uit assesseringstake bestaan wat die leerder se PAT-punt vorm, soos bespreek in
Hoofstuk 4 van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir RTT
• ʼn Punt wat vir elke assesseringstaak (fase) toegeken is en 'n gekonsolideerde punt insluit
• Gerig word deur assesseringskomponente soos bespreek in Hoofstuk 4 van die Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklaring vir RTT
• Beskikbaar wees vir monitering en moderering
• Deur die onderwyser geëvalueer, nagesien en as geloofwaardig goedgekeur word voordat dit as
bewys van leerderprestasie voorgelê word
2.9 Nienakoming
(Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3)
Die kandidaat sal tot drie weke voor die begin van die finale RTT-jaareindeksamen tyd gegun word om
uitstaande werk vir die PAT in te lewer.
Indien 'n leerder, sonder 'n geldige rede, geen Praktiese Assesseringstaak vir RTT inlewer nie,
sal die leerder nie 'n resultaat vir die vak ontvang nie.
In die geval waar 'n leerder nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie (insluitend die
inleweringsdatums soos deur die provinsie/distrik vasgestel), maar SLEGS waar 'n geldige rede
verskaf is, mag hy of sy 'n verdere geleentheid gegun word om vir die voorgeskrewe take geassesseer
te word, gebaseer op 'n besluit deur die hoof van die betrokke assesseringsliggaam.
Verwys na die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12 (Hoofstuk 3) vir verdere verduideliking
van die prosedure wat gevolg moet word indien die leerder, met geldige redes, versuim om enige
uitstaande PAT-vereistes na te kom.
Geldige redes vir laat inlewering van die verskillende fases van die PAT sluit die volgende in:
• Siekte, gestaaf deur 'n geldige mediese sertifikaat, uitgereik deur 'n geregistreerde mediese
praktisyn
• Humanitêre redes, wat die dood van 'n nabye familielid insluit, gestaaf deur 'n doodsertifikaat
• Die leerder se verskyning in 'n hofsaak, wat deur geskrewe bewyse gestaaf moet word
• Enige ander rede wat deur die Hoof van die assesseringsliggaam of sy/haar verteenwoordiger
as geldig aanvaar word
In die geval waar 'n leerder nie daarin slaag om in die Praktiese Assesseringstaak-vereistes van 'n
spesifieke vak te voldoen nie, en waar geldige redes verskaf word, moet die bewyse vir sulke geldige
redes by die bewyse van leerderprestasie ingesluit word..
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Computer Applications Technology.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Errata
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2023 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP

Question paper