Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2016 QP

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016, 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201621 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2016 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad en 'n inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. Sleutel jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif ('footer') van ELKE dokument wat jy skep of stoor, waar toepaslik. 3. Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan jou uitgereik word, moet jy jou eksamennommer en sentrumnommer op die CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. 4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer sou wees, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat- antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. 10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2016 NSS 12. Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. 13. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as die bestaande data verander. 14. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 15. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. 16. Gebruik sentimeter as meeteenheid wanneer jy hierdie vraestel beantwoord. 17. Een punt word gewoonlik per aksie toegeken; dus sal 'n 2-punt- vraag gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts. 18. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. • 1Metal Woordverwerkingslêer • 2Pall Woordverwerkingslêer • 2PalMetal Prentlêer • 3Platinum Prentlêer • 3Platinum Sigbladlêer • 4Jewel_Juweel Sigbladlêer • 5Inves Databasislêer • 6Rh Prentlêer • 6Rhodium HTML-lêer • 6RMine Prentlêer • 7Answ_Antw Woordverwerkingslêer • 7Coin_Munt Sigbladlêer • 7Data Sigbladlêer • 7DataImp Databasislêer • 7DOB Sigbladlêer • 7Gem_Edel Woordverwerkingslêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2016 NSS SCENARIO Suid-Afrika is een van die grootste produsente van edelmetale in die wêreld. Goud en silwer is die gewildste edelmetale waarmee internasionaal handel gedryf word, maar ander edelmetale soos platinum en palladium word ook wyd verhandel. Jy is gevra om navorsing oor sekere van hierdie metale te doen. VRAAG 1: WOORDVERWERKING 'n Dokument is geskep om agtergrondinligting oor edelmetale te gee. Maak die 1Metal-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of die bladsyonderskrif ('footer') in. 1.1 Formateer die eerste bladsy soos volg: 1.1.1 Formateer die teks 'Precious Metals' soos volg: • Verander die fonttipe na 'Verdana'. • Verwyder die lyn wat deur die teks verskyn. (2) 1.1.2 Die teks in die eerste prent onder die teks 'Precious Metals' is moeilik om te lees. Formateer hierdie prent sodat die teks korrek van links na regs lees. (1) 1.1.3 Verander die grootte van die tweede prent (die munte) na presies 5 cm x 5 cm. (2) 1.1.4 Verander die vertikale inlynstelling ('alignment') van die bladsy na gesentreerd ('centre'). (1) 1.2 Verander die naam van die 'Coin'-styl na 'Metal'. (1) 1.3 Vind die inhoudsopgawe ('table of contents') op die tweede bladsy en doen die volgende: • Vertoon VIER vlakke in die inhoudsopgawe. • Gebruik alle ander verstekinstellings ('default settings'). • Dateer die inhoudsopgawe op ('update'). (2) 1.4 Vind die woord 'nuggets' onder die subopskrif 'Best-known Precious Metals' op die derde bladsy. Verwyder die hiperskakel ('hyperlink') op die teks SONDER om die teks uit te vee ('delete'). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2016 NSS 1.5 Formateer die tabel onder die subopskrif 'Best-known Precious Metals' deur die instruksies hieronder uit te voer. 'n Voorbeeld van hoe die tabel moet lyk, word ná die instruksies vertoon. • Voeg die selle in ry 2 saam ('merge') en sentreer die teks. • Die kleurkode vir palladium in die eerste kolom is verkeerd. Korrigeer dit deur DIESELFDE kleur, maar EEN SKAKERING LIGTER as vir platinum, toe te pas. • Formateer die kolomraam ('column border') vir metale wat in onse ('ounces') gemeet word (links van 'Gold', 'Silver', 'Platinum', 'Palladium' en 'Total'), soos hieronder getoon. • Voeg 'n formule in om die totale produksie van metale ('Gold', 'Silver', 'Platinum' en 'Palladium') wat in onse ('ounces') gemeet word, te bepaal, soos in die tabel hieronder getoon. • Formateer die totaal soos in die tabel hieronder getoon. • Sorteer slegs die metale wat in TON ('tons') gemeet word, in dalende ('descending') volgorde van produksie. Precious Metals Production 2015 Ounces Gold 54514658 Silver 513346502 Platinum 4497463 Palladium 4542893 Total 576,901,516 Tons Iron 1575956320 Manganese 30096759 Aluminium 28393136 Copper 12947252 Titanium 9312962 Zinc 8563362 Nickel 1022154 Lithium 15900 (8) 1.6 Vind die opskrif 'Demand for Precious Metals', wat 'n indeksinskrywing ('index entry') op die teks 'Precious Metals' bevat. Die indeksinskrywing met die naam 'Precious Metals' bevat reeds 'n subinskrywing met die naam 'gold'. Voeg 'silver' as NOG 'n subinskrywing ('subentry') vir die 'Precious Metals'- indeks by. (1) 1.7 Korrigeer die spelfout wat in die dokument voorkom. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2016 NSS 1.8 Vervang enige geval van die onderkas('lower case')-teks 'platinum' met die -simbool (Wingdings, karakterkode 82), gevolg deur 'n spasie en die letters 'Pt'. Voorbeeld:  Pt (4) 1.9 Vind die teks 'Annexure A' op die tweede laaste bladsy van die dokument. Outomatiese nommering ('automatic numbering') is op al die subopskrifte onder 'Annexure A' toegepas, behalwe op die eerste subopskrif 'A question of value investing'. Verander die nommering soos volg: • Pas outomatiese nommering op die eerste subopskrif toe sodat die paragrawe opeenvolgend genommer is (van 1 tot 6). • Formateer die inlynstelling ('alignment') van die outomatiese nommering EN die paragraafteks daaronder om PRESIES soos hieronder te verskyn. ANNEXURE A 1. A question of value investing Many experts believe that the stock markets, and the mutual funds that invest in them, are overvalued and potentially at risk of correction similar to the corrections seen in 1929, 1987 and 2000. Every stock market investor should consider balancing his market risk with real precious metals and not just gold stocks, which like all stocks, are subject to business risk as well as market risk (and can be extremely volatile at times). Historically, physical gold has been a premier and desirable financial asset in times of market turmoil. Precious metals are one of the only financial asset classes in an investment portfolio that are not simultaneously someone else's liability. 2. The prospect of inflation US monetary policy is biased toward positive, and occasionally high, inflation. Precious metals can offer inflation protection and profit opportunity, as evidenced by the skyrocketing precious metal prices in the late 1970s when inflation reached double-digit rates. (5) 1.10 Vind die outomatiese indeks ('automatic index') onder die teks 'Index' op die laaste bladsy van die dokument en dateer die indeks op ('update'). (1) Stoor en maak die 1Metal-dokument toe. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2016 NSS VRAAG 2: WOORDVERWERKING Palladium word algemeen op internasionale markte verhandel. Maak die 2Pall-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of die bladsyonderskrif ('footer') in. 2.1 Formateer die dokument soos volg: • Voeg 'n bladsyraam ('page border') van jou keuse by die dokument. • Voeg 'n watermerk ('watermark') soos volg in die dokument in: o Gebruik die 2PalMetal-prent wat in die eksamenlêergids gevind word. o Pas 'n uitgewaste effek ('washout effect') toe. o Stel die skaal ('scaling') op 150%. (4) 2.2 Vind die teks 'History of Palladium' in die kolpuntlys onder die titel 'Palladium' en doen die volgende: • Koppel ('link') die teks 'History of Palladium' aan die boekmerk ('bookmark') 'History'. • Verwyder die 'Applications'-boekmerk ('bookmark') sonder om die teks waaraan dit koppel, uit te vee. (2) 2.3 Formateer die teksblokkie ('text box') langs die kolpuntlys ('bulleted list') soos volg: • Verander die teksblokkie ('text box') na enige uitroepvorm ('callout shape'). • Verander die rigting van die teks in die vorm soos hieronder getoon. Maak seker dat al die teks sigbaar is. • Stel die posisie van die vorm op die bladsy sodat dit nie saam met die teks sal beweeg nie (dit sal in dieselfde posisie bly) selfs al verander die teks op enige manier op die bladsy. Read this article carefully and participate in the quiz below. LET WEL: Jou vorm kan verskil van die een wat hierbo getoon word. (4) 2.4 Vind die prent onder die opskrif 'Introduction' en voeg 'n byskrif ('caption') soos volg by: • Gebruik dieselfde byskrifetiket-formaat ('caption label format') as dié wat in die ander byskrifte ('captions') in die dokument gebruik is. • Voeg die byskrifteks 'Beautiful rings' by. • Plaas die byskrif bo die prent. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2016 NSS 2.5 Vind die opskrif 'Quiz' op die tweede laaste bladsy en doen die volgende: • Maak seker dat die woord 'Quiz' altyd boaan 'n nuwe bladsy sal verskyn. • Vind die teksvormveld ('text form field') langs die teks 'Full Name'. Stel die maksimum lengte van dié teksvormveld op 12 EN maak seker dat die eerste letter van die teks altyd in bokas ('upper case') sal verskyn. • Voeg 'n merkblokkievormveld ('check box form field') langs die teks 'Is palladium a precious metal?' in. • Voeg 'n aftrekvormveld ('drop-down form field') uit die oorgeërfde kontroles ('legacy tools') langs die teks 'Which country is the largest producer of palladium?'. Die gebruiker moet EEN van die volgende waardes kan kies: 'Russia', 'South Africa', 'Ethiopia'. (6) 2.6 Vind die teks 'Table of Figures' aan die einde van die dokument en doen die volgende: • Voeg 'n outomaties geskepte figuurtabel ('table of figures') in om 'n lys van die prente onder die teks 'Table of Figures' te vertoon. • Gebruik die 'Simple'-formaat vir die figuurtabel. • MOENIE bladsynommers in die figuurtabel vertoon NIE. (3) Stoor en maak die 2Pall-dokument toe. [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2016 NSS VRAAG 3: SIGBLAD Die vraag en aanbod van platinum is in die 3Platinum-sigblad gestoor. Die vraag en aanbod van platinum word in duisend onse ('000 onse) gemeet. LET WEL: • Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. • Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit deur die vraag vereis word, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in die sigblad kopieer. • Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data. Maak die 3Platinum-sigblad oop en werk in die Sheet1-werkblad. 3.1 Hernoem die Sheet1-werkblad as Platinum. (1) 3.2 Formateer ry 1 soos volg: • Voeg sel A1:E1 saam, maar MOENIE die teks sentreer NIE. • Vergroot die fontgrootte van die teks na 16. • Pas enige gradiëntvul ('gradient fill') op sel A1:E1 toe. (3) 3.3 Verwyder die kommentaar ('comment') uit die sigblad. (1) 3.4 Sleutel 'n funksie in sel B6 in om die totale platinumaanbod vir 2014 te bepaal. (1) 3.5 Die volgende vergelyking word gebruik om die persentasie toename/afname tussen die platinumaanbod van twee verskillende jare te bereken: syfer vir later jaar − syfer vir vroeër jaar 100 × syfer vir vroeër jaar 1 Gebruik 'n formule in sel E3 om die persentasie toename/afname in Suid-Afrika se platinumaanbod tussen die syfers vir 2014 en 2016 te bereken. (4) 3.6 Sel B8:D11 toon die bruto vraag na platinum van verskillende nywerhede van 2014 tot 2016. Gebruik 'n sigbladeienskap ('feature') om outomaties enige raam op die boonste 40% van die waardes in dié selle toe te pas. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2016 NSS 3.7 Verander die grafiek in die werkblad om soos hieronder te lyk. • Verander die grafiek om die data van al die verskaffers vir 2014, 2015 en 2016 in te sluit. • Die data vir Suid-Afrika moet met 'n gestapelde('stacked')-vuleffek gevul word deur die 3Platinum-prent te gebruik wat in die eksamenlêergids gestoor is. Stapel die prent. • Vertoon die verklaring ('legend') onder die grafiek. • Die vertikale as se byskrifte moet die jare vertoon. World Platinum Supply 2016 2015 2014 0 1000 2000 3000 4000 5000 6000 South Africa Russia Others (5) Werk in die Qual_Kwal-werkblad. 3.8 Een ster (*) word vir elke 550 gram van die gewig (sel B4:B10) van die juweliersware toegeken. VOORBEELD: Die gewig (sel B7) van die hangertjie ('necklace') (sel A7) is 2 456 gram. Die getal sterre toegeken, is 4 (sel C7) en vier sterre (****) word vertoon (sel D7). Die MAKSIMUM getal sterre wat vir 'n stuk juweliersware toegeken kan word, word in sel B1 gestoor. Voeg 'n FORMULE in sel D10 in om die getal sterre vir 'n borsspeld ('brooch') met 'n gewig van 1 300 gram te bepaal en te vertoon. (5) Stoor en maak die 3Platinum-sigblad toe. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2016 NSS VRAAG 4: SIGBLAD Die 4Jewel_Juweel-sigblad bevat die juwelierswareversameling van 'n jong belegger. LET WEL: • Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. • Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit deur die vraag vereis word, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in die sigblad kopieer. • Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data. Maak die 4Jewel_Juweel-sigblad oop en werk in die Jewel_Juweel-werkblad. 4.1 Pas woordomvou ('text wrapping') op die opskrifte ('headings') in ry 3 toe. (1) 4.2 Elke stuk juweliersware het 'n juweliersware-ID wat soos volg gekry word: • Drie letters van die edelmetaal in kolom C wat van die tweede letter af begin, gevolg deur • Die juwelierswaretipe ('jewellery type') in kolom B Voeg 'n funksie in sel A5 in om die juweliersware-ID vir die item in ry 5 te bepaal. VOORBEELD: Die juweliersware-ID vir die armband ('bracelet') in sel A4 sal ilvBracelet wees. (4) 4.3 Elke item wat genoem word, het vier moontlike kwaliteitsvlakke, soos in die tabel hieronder getoon. Quality levels_Kwaliteitsvlakke Metal_Metaal Level1_Vlak1 Level2_Vlak2 Level3_Vlak3 Level4_Vlak4 Gold 9 carat 14 carat 18 carat 22 carat Palladium 500 950 970 999 Platinum 850 900 950 999 Silver 800 925 958 999 VOORBEELD: Die vier verskillende kwaliteitsvlakke vir silwer ('silver') is 800, 925, 958 en 999. Voeg soos volg 'n VLOOKUP-funksie in sel D5 in die Jewel_Juweel-werkblad in: • Skep willekeurig ('randomly') 'n vlak van 1 tot 4 om 'n kwaliteitsvlak voor te stel. • Gebruik die vlak wat willekeurig geskep is om die toepaslike kwaliteitsvlak vir die metaal in sel C5 op te soek ('lookup') deur die kwaliteitsvlaktabel in die Qual_Kwal-werkblad te gebruik. LET WEL: Jy mag boublokke ('building blocks') gebruik om die vraag te beantwoord. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2016 NSS 4.4 Kolom F moet SLEGS 'n asterisk ('*') vertoon indien die metaal in kolom C silwer ('silver') is en daar 'n waarde vir die steentipe in kolom H is. In alle ander gevalle moet die sel oop ('blank') gelaat word. Voeg 'n geneste-IF('nested IF')-funksie in sel F4 in om dit te implementeer. Kopieer die funksie in sel F4 na die res van die selle in kolom F. (6) 4.5 Voeg 'n funksie in sel M6 in om die totale waarde van al die ringe ('rings') en oorbelle ('earrings') in die versameling te bepaal. (4) 4.6 Voeg 'n funksie in sel M7 in om die getal stukke goue ('gold') juweliersware in die versameling te bepaal. (3) 4.7 Voeg 'n funksie in sel M8 in om die getal stukke juweliersware wat enige tipe steen bevat (kolom H), te bepaal. (2) Stoor en maak die 4Jewel_Juweel-sigblad toe. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2016 NSS VRAAG 5: DATABASIS 'n Databasis is vir beleggers van verskillende tipes juweliersware en munte geskep. Maak die 5Inves-databasis oop. 5.1 Redigeer die tbJewellery-tabel soos volg: 5.1.1 Verander die veldgrootte van die Metal-veld na 33. (1) 5.1.2 Verander die formaat van die Stones-veld om 'Yes' en 'No' te vertoon. (1) 5.1.3 Stel die veldeienskappe ('field properties') van die Grams-veld sodat: • Die gebruiker geforseer word om data in dié veld in te voer • Die gebruiker slegs waardes groter as 10 of kleiner as of gelyk aan 80 kan invoer • 'n Toepaslike validerings('validation')-boodskap verskaf word (5) 5.1.4 Die JewelleryType-veld laat die gebruiker tans toe om uit die volgende opsies te kies: 'Ring', 'Earrings', 'Bracelet', 'Necklace' en 'Watch'. • Redigeer ('edit') die waardes om 'n nuwe opsie, 'Bangle', by te voeg en 'Watch' uit die bestaande opsies te verwyder. • Die opsies moet in die volgende volgorde vertoon word: Ring Bangle Earrings Bracelet Necklace (3) 5.1.5 Skep 'n toevoermasker ('input mask') op die JewelleryId-veld om seker te maak dat die gebruiker 'n juweliersware-ID ('jewellery ID') in die volgende formaat invoeg: • DRIE verpligte letters, gevolg deur • EEN verpligte letter of syfer, gevolg deur • Ten minste EEN, maar moontlik TWEE, syfers Voorbeelde van 'n geldige JewelleryId sluit in abd395, ZDCF34, fRer8 of Ytu76. (4) 5.1.6 Stel die verstekwaarde ('default value') van die ValuationDate op 60 dae vanaf die huidige datum. WENK: Gebruik die huidige datum in 'n berekening om te bepaal wat die waardasiedatum oor 60 dae sal wees. (2) Stoor en maak die tbJewellery-tabel toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2016 NSS 5.2 Maak die frm5_2-vorm, wat op die tbInvestor-tabel gebaseer is, oop en doen die volgende: • Voeg jou eksamennommer in die vormboskrif ('form header') in. • Voeg soos volg 'n kombinasielys ('combo box') by die vorm: o Baseer die waardes in die kombinasielys ('combo box') op die tb5_2-tabel. o Die kombinasielys ('combo box') moet met die InvestmentTerm-veld gekoppel ('linked') word. Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (5) 5.3 Maak die qry5_3-navraag, wat op die tbInvestor-tabel gebaseer is, oop. Verander die navraag sodat dit die totale getal munte ('coins') vertoon wat deur Amerikaanse ('United States') beleggers besit word, soos hieronder getoon. InvestorCountry SumOfNumberOfCoins United States 108 Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3) 5.4 Maak die qry5_4-navraag oop en doen die volgende: • Vertoon die rekords van daardie beleggers ('investors') wat gedurende die tydperk van 1975 tot 1989 in munte ('coins') belê het. • Voeg 'n berekende veld met die naam CheckMatch in wat sal bepaal of die InvestorCountry en die InvestorOrigin dieselfde is, of nie. • Vertoon slegs die InvestorName-, InvestorSurname- en InvestmentDate- veld, asook die nuwe berekende CheckMatch-veld. Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (8) 5.5 Maak die rpt5_5-verslag oop. • Vervang die InvestmentDate-groepering met die InvestmentTerm- groepering sonder om ander bestaande groeperings te verwyder. • Maak seker dat die korrekte veld in die InvestmentTerm-groepboskrif ('group header') vertoon. • Voeg 'n funksie in om die totale getal beleggers per land ('country') te bepaal. • Voeg 'n toepaslike etiket ('label') vir die funksie in. Stoor en maak die rpt5_5-verslag toe. (6) Stoor en maak die 5Inves-databasis toe. [38] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2016 NSS VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) Jy moet 'n webblad oor rodium voltooi. Maak die onvoltooide 6Rhodium-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/HTML-redigeerder (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE) oop. LET WEL: • Vraagnommers is as kommentaar ('comments') in die kodering ingevoeg om aan te dui waar die antwoord(e) ongeveer ingevoeg moet word. • 'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg. Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2016 NSS LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help. 6.1 Formateer die teks 'Rhodium Investment: The Rarest of Precious Metals' sodat dit gesentreer ('centered') vertoon en in 'n 'heading 1'-styl in 'n rooi fontkleur geformateer word. (3) 6.2 Voeg 'n horisontale lyn met 'n 90%-breedte onder die opskrif 'Rhodium Investment: The Rarest of Precious Metals' by. (2) 6.3 Die merker wat gebruik word om 'n prent as 'n agtergrond in te voeg, is <background="name of file">. Voeg die prent 6Rh as 'n agtergrond vir die (hele) LIGGAAM ('body') van die webblad in. (2) 6.4 Voeg die volgende items in 'n lys met vierkantkolpunte ('square bullets') by EN laat reëlbreuke ('line breaks') tussen die twee lysitems oop, soos hieronder getoon.  Diesel catalytic converters  Non-diesel catalytic converters (3) 6.5 Die 6RMine-prent is onder die kolpuntlys ('bulleted list') ingevoeg. Redigeer ('edit') die prent soos volg: • Stel die hoogte op 100 en die breedte op 200. • Stel die raam op 5. (3) 6.6 Vertoon die teks 'South Africa' in vetdruk ('bold') en kursief ('italics'). (2) 6.7 Daar is probeer om 'n skakel ('link') op die teks 'www.ResourceInvestor.com' te skep om met die webtuiste www.ResourceInvestor.com te koppel. Verander die HTML-kode sodat die webtuiste oopgemaak kan word wanneer die gebruiker op die teks ('www.ResourceInvestor.com') in die webblaaier ('web browser') klik. LET WEL: Jy sal weet dat die skakel korrek werk as die webblaaier oopmaak en die adres in die adresbalk ('address bar') vertoon. (2) 6.8 Die webblad sluit 'n tabel in wat drie rye en drie kolomme bevat. Verander die tabel soos volg: • Stel die selspasiëring ('cell spacing') van die tabel op 10. • Plaas die teks 'Rhodium Prices' in die eerste ry, soos in die voorbeeld getoon. GEEN ander selle moet in die eerste ry verskyn NIE. Rhodium Prices Metal Year Price Rhodium 2014 R1 235 (3) Stoor en maak die 6Rhodium-dokument toe. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2016 NSS VRAAG 7: ALGEMEEN Edelstene en edelmetale loop hand aan hand in die skep van juweliersware. 7.1 Maak die 7Data-sigblad oop. Werk in die Inves-werkblad. 7.1.1 Stel die drukarea op sel G1:N50. (1) 7.1.2 Gebruik datavalidering ('data validation') om die data in sel G2:G101 te valideer om slegs telgetalle ('whole numbers') groter as of gelyk aan 0 te aanvaar. (2) 7.2 Maak die 7DataImp-databasis oop en voer die data in die Inves-werkblad van die 7Data-sigblad in na 'n nuwe tabel met die naam Clients in die 7DataImp-databasis. Gebruik dieselfde veldname soos dit in die sigblad verskyn. (3) Stoor en maak die 7Data-sigblad en die 7DataImp-databasis toe. 7.3 'n Poging is aangewend om die 7Gem_Edel-woordverwerkings- possaamvoeg('mail merge')-dokument met die 7DOB-sigblad as 'n databron ('data source') te koppel. Die skakel ('link') kan nie korrek geskep word nie. Maak die 7Gem_Edel-woordverwerkingsdokument oop. 'n Waarskuwingsboodskap ('warning message') sal verskyn. Stel die data in die 7DOB-sigblad as die databron vir die 7Gem_Edel- woordverwerkingsdokument. 7.3.1 Aanvaar al die veranderingspore ('track changes') in die dokument en stop die veranderingspore. (1) 7.3.2 Skakel die eindnota ('endnote') om na 'n voetnoot ('footnote'). LET WEL: Die posisie van die voetnoot ('footnote') sal NIE verander NIE. (1) 7.3.3 Verander die paragraafspasiëring ('paragraph spacing') van die teks in die paragraaf met die paragraafraam ('paragraph border') teen die einde van die bladsy na 3 pt ná ('after'). (1) 7.3.4 Pas dieselfde tabelstopinstelling ('tab setting') op die veld met die naam <<Birthstone_Geboortesteen>> toe wat op die veld met die naam <<Month_Maand>> gebruik is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/November 2016 NSS 7.3.5 Die 7Gem_Edel-possaamvoeg('mail merge')-dokument is aan die databron 7DOB-sigblad gekoppel. Maak seker dat die 7Gem_Edel-possaamvoegdokument ('mail merge document') aan die databron gekoppel is. Bring die volgende veranderinge aan: • Vervang die teks '<<InvestorName_BeleggerNaam>>' met die saamvoegveld InvestorName_BeleggerNaam. • Redigeer ('edit') die databron-ontvangerlys ('data source recipient list') om SLEGS die data van die beleggers wie se geboortemaand Oktober is, in te sluit. Stoor die dokument, maar moet dit NIE toemaak NIE. (2) 7.3.6 Voltooi die possamevoeging ('mail merge') en stoor die dokument as 7GemMerge. (1) Maak die 7Gem_Edel- en 7GemMerge-dokument toe. 7.4 Maak die 7Answ_Antw-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die spasie wat in die dokument verskaf is, in. Hierdie vraag vereis dat jy die stappe/metode/formule/funksie wat jy gebruik het om die antwoord te verkry, in die 7Coint_Munt-sigblad moet WYS. Gebruik die 7Coin_Munt-sigblad om die vrae hieronder in die 7Answ_Antw-woordverwerkingsdokument te beantwoord. LET WEL: Gee die antwoord in 7Answ_Antw EN wys die stappe in die 7Coin_Munt-sigblad. 7.4.1 Gebruik die 7.4.1-werkblad. Hoeveel beleggers het munte in enige tipe dollar-geldeenheid gekoop? (2) 7.4.2 Gebruik die 7.4.2-werkblad. Hoeveel langtermynbeleggers het 'n begindatum in September? (2) 7.4.3 Gebruik die 7.4.3-werkblad. Wat is die naam van die gewildste munt wat verskyn? (2) Stoor en maak die 7Answ_Antw- en 7Coin_Munt-dokument toe. [20] TOTAAL: 180 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2016 NSS HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing Definieer die liggaam van Voor elke lysitem ingevoeg, en <body></body> die webblad voeg 'n nommer of simbool by <li></li> <body Stel die agtergrondkleur van afhangende van die tipe lys wat bgcolor="pink"> die webblad geselekteer is <body Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in text="black"> liggaamteks <head></head> Bevat inligting oor die <img src="name" Stel 'n prent inlyn: kan "left", webblad align="left"> "right", "bottom", "top", wees <html></html> Skep 'n HTML-dokument – begin en eindig 'n webblad <align="center"> Stel 'n prent "center" inlyn, kan ook <img src="name"> "middle" wees <title></title> Definieer 'n titel vir die <img src="name" Stel die grootte van die raam webblad border="1"> rondom 'n prent <br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name" width="200" Stel die hoogte en breedte van 'n <!-- --> Kommentaar height ="200"> prent Teksmerkers ('Text Tags') Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks wanneer <img src="name" <hl></hl> Skep die grootste opskrif alt="alternative die muis oor 'n prent gehou word text"> of wanneer die prent nie gevind <h6></h6> Skep die kleinste opskrif kan word nie <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n lyn <hr Stel die breedte van 'n lyn, in <i></i> Skep teks in skuinsdruk width="80%"/> persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte, van "1" tot <hr color= size="3"></font> "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn "7" <font Tabelmerkers ('Table Tags') color="green"> Stel fontkleur </font> Merker ('Tag') Beskrywing <font face="Times <table></table> Skep 'n tabel New Roman"></font> Stel fonttipe <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met <th></th> <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks) <a href="URL"><img <table src="name"></a> Skep 'n prentskakel width="50"> Stel die breedte van die tabel Skep 'n teikenarea in die <table Stel die breedte van die raam <a name="NAME"></a> dokument border="1"> rondom die selle van die tabel Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die selle <a href= cellspacing="1"> elders in die dokument van die tabel "#NAME"></a> geskep is <table Stel die spasie tussen 'n selraam Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> en die inhoud daarvan Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die sel(le) <tr align="left"> ("left", kan ook ''center'' of ''right'' <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf wees) Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr Stel die vertikale inlynstelling vir <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of sel(le) ("top", kan ook "middle" of valign="top"> ''center'' wees "bottom" wees) <br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line Stel die getal kolomme waaroor 'n break') in <td colspan="2"> sel moet strek <ol></ol> Skep 'n genommerde lys <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel <td rowspan="4"> "I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte "square","circle"> </ul> wat gebruik word Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2016 NSS TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD KARAKTER BESKRYWING 0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-teken nie toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-teken nie 9 toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke ('blanks') # in Redigeringsmodus ('Edit mode') vertoon, maar oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-teken toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter wat .,:;-/ gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.) < Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word > Laat alle karakters na bokas ('upper case') omgeskakel word Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon. ! Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg. Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word (byvoorbeeld, \ \A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2016 NSS Eksamenplakker 180 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2016 INLIGTINGSBLAD (moet NÁ die 3-uur-sessie deur die kandidaat ingevul word) SENTRUMNOMMER__________________________________________________________ EKSAMENNOMMER __________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________ SUITE GEBRUIK Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office (Maak 'n kruisie in die Office 365 2010 2013 2016 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander (Maak 'n kruisie in die Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer (Spesifiseer) toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________ Kandidaat maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of probeer is. Vraag- Gestoor Probeer Maksimum- Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM nommer () () punt 1 1Metal 30 2 2Pall 22 3 3Platinum 25 4 4Jewel_Juweel 25 5 5Inves 38 6 6Rhodium 20 7Data 7DataImp 7Gem_Edel 7 20 7GemMerge 7Answ_Antw 7Coin_Munt TOTAAL 180 Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) __________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all