Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
ONDERWYSERRIGLYNE
2019
Hierdie riglyne bestaan uit 7 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 









_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)

View all





Computer Application Technology PAT GR 12 2019 Teacher Guidelines Afr
Grade 12 Computer Applications Technology practical assessment task from the 2019 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download.
Computer Applications Technology · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Practical assessment task, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2019
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 272.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 2 DBE/PAT 2019
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Idees en benaderings om leerders te lei 4
2.2 Oneerlikheid 5
2.3 Verklaring van egtheid van die PAT deur die leerder 5
2.4 Rol van die onderwyser 6
2.5 Toesig/Gekontroleerde omstandighede 6
2.6 Bestuur van die PAT 6
2.7 Assesseringsbewyse 7
2.8 Vereistes 7
2.9 Nienakoming 7
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese Assesseringstaak
AP Assesseringprogram
SGA Skoolgebaseerde Assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 3 DBE/PAT 2019
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV)-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie
en Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en dit
tel 25% van die finale punt vir Rekenaartoepassingstegnologie (RTT).
FORMELE ASSESSERING
Gedurende die
Jaareindeksamen
jaar
25% 75%
SBA Praktiese Jaareindeksamen-vraestelle (50%)
assesseringstaak
(PAT)
25% 25% Vraestel 1 (25%) Vraestel 2 (25%)
Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek. Die PAT bied leerders die
geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende eerste drie kwartale van die skooljaar
geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat
nie in 'n formele formaat, soos 'n toets of 'n eksamen, geassesseer kan word nie. Dit is dus
belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstaak binne
die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle
uitslae ontvang. Die kandidaat sal tot drie weke voor die aanvang van die finale
jaareindeksamen tyd gegun word om enige uitstaande werk vir die PAT in te dien (sien 2.9
Nienakoming).
Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 4 DBE/PAT 2019
NSS
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
2.1 Idees en benaderings om leerders te lei
Wat moet leerders doen en wat moet hulle verskaf?
Daar word van leerders verwag om, onder gepaste toesig:
• 'n Belangstellingsarea binne die gegewe onderwerp/scenario te kies;
• 'n Duidelike fokusvraag wat ondersoek/nagevors kan word te formuleer;
• 'n Reeks take (wat in drie fases verdeel is) te beplan, na te vors en uit te voer, om met
bevindinge en gevolgtrekkings, wat met die fokusvraag verband hou, vorendag te kom.
• 'n Verslag vir 'n spesifieke gehoor voor te berei;
• Elemente van die verslag via 'n webtuiste te kommunikeer; en
• Bewyse van al die fases van die projek vir assessering te verskaf.
Hoe sal leerders dit doen?
Leerders moet:
• 'n Individuele projek beplan en voltooi deur 'n reeks inligtingbestuursvaardighede en
-strategieë toe te pas om te voldoen aan die doelstellings, soos in die PAT-vereistes
uiteengesit;
• Sleutelvrae om te vra identifiseer;
• Inligting uit 'n reeks bronne bekom, selekteer krities en gebruik, data verwerk en analiseer en
'n begrip van toepaslike skakels, verbindings en kompleksiteite van die onderwerp en
fokusvraag demonstreer;
• 'n Reeks vaardighede selekteer en gebruik, waaronder die toepassings en tegnologieë wat
bestudeer is, probleme oplos, besluite op 'n kritiese, kreatiewe en buigsame manier te neem
om die fokusvraag te beantwoord;
• Gevolgtrekkings/Aanbevelings ondersteun deur die gebruik van beredeneerde argumente wat
op bewyse gegrond is;
• Uitkomste evalueer, beide in verband met die PAT-vereistes en hulle eie leer en prestasie; en
• Geskikte kommunikasievaardighede en media gebruik om bewyse in 'n gepaste formaat aan
te bied.
Vereiste vaardighede
Leerders moet in staat wees om:
• 'n Reeks vaardighede en metodes selekteer en toe te pas om oplossings te vind;
• Tekste te vergelyk, selekteer, lees en verstaan en dan gebruik om inligting, idees, argumente
en opinies in te samel;
• Dokumente op te stel en inligting, idees en opinies effektief en betekenisvol kommunikeer;
• Data en inligting doeltreffend te stoor om die effektiewe oproep daarvan moontlik te maak;
• Inligting te versamel om die inhoud en die doel van die taak/ondersoek te pas;
• Data in te voer, inligting onafhanklik te ontwikkel en formateer om die betekenis en doel
daarvan te pas, wat teks en tabelle, beelde/prente, getalle, grafieke en rekords insluit;
• Besluitnemings- en probleemoplossingsvaardighede toe te pas;
• Beplanning, navorsing, kritiese denke, analise, sintese, evaluering en aanbiedings-
vaardighede te demonstreer;
• Selfvertroue en inisiatief in die toepassing van die inhoud, toepassingsagteware en
-tegnologieë wat in RTT bestudeer is, te ontwikkel; en
• Raad en ondersteuning te vra wanneer nodig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 5 DBE/PAT 2019
NSS
Wat moet leerders vooraf geleer word?
Voordat die PAT aangepak word, moet leerders die volgende geleer word:
• Toepassingsagteware (woordverwerking-, sigblad-, databasis- en webontwikkeling-
sagteware) en IKT-vaardighede wat die produksie van die verslag en webtuiste sal verbeter
• Navorsing- en inligtingbestuurvaardighede, wat insluit om:
o 'n Taak te definieer
o 'n Fokusvraag te stel
o Navorsingsvrae te vra
o Geskikte inligtingsbronne te identifiseer
o Bronne te evalueer
o Inligting te soek
o Navorsingsverslae te skryf met 'n samevatting, inleiding, bespreking, verwysde bronne,
afleiding/slot en bronnelys
• Projekbestuursvaardighede, waaronder tyd-, hulpbron- en taakbestuur
2.2 Oneerlikheid
Leerders moet NIE:
• Hulp/Leiding van ander kry sonder om erkenning daaraan te gee nie (hulle moet BYLAE C
van die Leerderriglyne voltooi – sien Afdeling 2.3.)
• Werk indien wat nie hulle eie is nie
• Hulle werk aan ander leerders leen nie
• Ander leerders toegang, of die gebruik van, hulle eie onafhanklik verkrygde materiaal gee nie.
Dit beteken nie dat kandidate nie hulle boeke aan ander kandidate mag leen nie, maar die
kandidate moet nie toegelaat word om plagiaat van ander leerders se navorsing te pleeg nie.
• Werk insluit wat direk uit boeke, vanaf die internet of uit ander bronne gekopieer is, sonder
om erkenning vir die bronne te gee nie
• Werk indien wat deur 'n derde persoon getik of woordverwerk is nie. Kandidate met fisiese
gestremdhede moet vooraf toestemming by die relevante assesseringsowerhede kry.
Hierdie aksies kom neer op oneerlikheid, waarvoor die leerder gepenaliseer sal word.
Indien oneerlikheid geïdentifiseer is, moet die assesseringsowerhede in kennis gestel word en die
besonderhede van enige werk wat nie die leerder se eie is nie, moet aangeteken word.
2.3 Verklaring van egtheid van die PAT deur die leerder
Nadat die PAT voltooi is, moet leerders die verklaring van egtheid (BYLAE C van die
Leerderriglyne) onderteken om te bevestig dat die werk wat ingedien word, hulle eie is. Alle
substantiewe raad/hulp wat aan die leerders gegee is, moet in die verklaring opgeteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 6 DBE/PAT 2019
NSS
2.4 Rol van die onderw yser
Die onderwyser sal:
• Die betrokke inligtingsbestuursinhoud, praktiese vaardighede en strategieë onderrig voor elke
fase van die projek begin word';
• Die projek bestuur, en toesig hou oor leerders se werk en dit monitor;
• 'n Aanvanklike beplanningsoorsigsessie hou/fasiliteer om die onderwerp/scenario, vereistes,
doelstellings en ontwikkeling van die projek te bespreek;
• Vooraf-lees fasiliteer om agtergrondinligting oor die onderwerp/scenario in te samel;
• Gereelde terugvoer aan leerders gee, beide op 'n informele grondslag en aan die einde van
elke fase;
• Die leerders se werk aan die einde van elke fase assesseer d.m.v. die kriteria wat uiteengesit
is in die gestandaardiseerde assesseringsinstrument wat verskaf word, en terugvoering aan
leerders aanteken;
• Hulle algemene evaluering bevestig, gebaseer op deurlopende waarneming en terugvoering
om 'n finale indruk van die onafhanklike werk, inligtingbestuur, insig en probleemoplossing te
verskaf;
• Die werk van die leerders modereer na enige standaardisering en interne
modereringsprosedures wat vereis word; en
• Die egtheid van die PAT verseker, soos bespreek in Afdeling 2.5 hieronder.
2.5 Toesig/Gekontroleerde omstandighede
Die onderwyser moet die PAT op so 'n manier bestuur dat hy/sy kan bevestig dat die werk wat
geassesseer is, alleenlik die betrokke leerder se werk is, deur:
• Die leerder se werk gereeld te monitor om 'kitsprojekte' te voorkom;
• Elke leerder se assessering aan die einde van elke fase goed te keur; en
• Te bevestig dat die werk wat geassesseer word, sover sy/haar kennis strek, alleenlik die
betrokke leerder se werk is.
Meer inligting hieroor word in Afdeling 2.8 van die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12
gegee.
2.6 Bestuur van die PAT
Die onderwyser moet sy/haar werkskedule volgens die tyd wat vir die PAT in die RTT-KABV
(onderrigplan vir graad 12) toegelaat word, beplan. Daar is verskillende moontlike benaderings tot
die bestuur van die PAT:
Opsie 1:
• Die onderwyser kan weekliks 'n gedeelte van die tyd aan die PAT afstaan terwyl hy/sy
terselfdertyd die res van die week met normale onderrig voortgaan om die graad 12-
kurrikulum te voltooi. Indien hy/sy hierdie opsie kies, moet hy/sy in die eerste kwartaal met die
PAT-proses begin en een fase per kwartaal voltooi.
Opsie 2:
• Die onderwyser kan 'n aaneenlopende tydperk aan die PAT toeken, byvoorbeeld die laaste
week/weke van elke kwartaal, en so ook een fase per kwartaal voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 7 DBE/PAT 2019
NSS
2.7 Assesseringsbewyse
Bewyse wat vir assessering voorgelê word, moet wys hoe die individuele leerder die
assesseringsdoelwitte en -kriteria behaal het en die beplanning, terugvoering en vordering van die
projek insluit. Die bewyse vir assessering sal die volgende insluit:
• Die finale produkte vir die take – 'n webtuiste (tuisblad plus 2 ander geskakelde blaaie) en 'n
geskrewe verslag van ongeveer 1 600–2 000 woorde (dit verwys slegs na die inhoud en sluit
nie die dekblad, inhoudsopgawe, verwysings en grafika in nie)
• Die voltooide leerderassesseringsinstrument (en bewyse soos vir elke fase gespesifiseer)
2.8 Vereistes
(Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3)
Praktiese Assesseringstaak-komponente moet:
• Uit assesseringstake bestaan wat die leerder se PAT-punt vorm, soos bespreek in
Hoofstuk 4 van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir RTT;
• 'n Punt wat vir elke assesseringstaak toegeken is en 'n gekonsolideerde punt insluit;
• Gerig word deur assesseringskomponente soos bespreek in Hoofstuk 4 van die Kurrikulum-
en Assesseringsbeleidsverklaring vir RTT;
• Beskikbaar wees vir monitering en moderering; en
• Deur die onderwyser geëvalueer, nagesien en as geloofwaardig goedgekeur word voordat dit
as bewys van leerderprestasie voorgelê word.
2.9 Nienakoming
(Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3)
Die kandidaat sal tot drie weke voor die begin van die finale RTT-jaareindeksamen tyd gegun
word om uitstaande werk vir die PAT in te lewer.
Indien 'n leerder, sonder 'n geldige rede, geen PAT vir RTT inlewer nie, sal die leerder nie 'n
resultaat vir die vak ontvang nie.
In die geval waar 'n leerder nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie (insluitend die
inleweringsdatums soos deur die provinsie/distrik vasgestel), maar SLEGS waar 'n geldige rede
verskaf is, mag hy of sy 'n verdere geleentheid gegun word om vir die voorgeskrewe take
geassesseer te word, gebaseer op 'n besluit deur die hoof van die betrokke assesseringsliggaam.
Verwys na die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12 (Hoofstuk 3) vir verdere
verduideliking van die prosedure wat gevolg moet word indien die leerder, met geldige redes,
versuim om enige uitstaande PAT-vereistes na te kom.
Indien 'n leerder nie aan die PAT-vereistes voldoen nie en waar geldige redes voorgelê word ,
moet die bewyse vir sulke geldige redes by met die bewyse van die leerder se prestasie ingesluit
word.
Geldige redes vir laat inlewering van die verskillende fases van die PAT sluit die volgende in:
• Siekte, gestaaf deur 'n geldige mediese sertifikaat, uitgereik deur 'n geregistreerde mediese
praktisyn
• Humanitêre redes, wat die dood van 'n nabye familielid insluit, gestaaf deur 'n doodsertifikaat
• Die leerder se verskyning in 'n hofsaak, wat deur geskrewe bewyse gestaaf moet word
• Enige ander rede wat deur die hoof van die assesseringsliggaam of sy/haar verteenwoordiger
as geldig aanvaar word
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Computer Applications Technology.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2019 Memo
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2023 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP

Question paper