Skip to content
Practical assessment task

Computer Application Technology PAT GR 12 2022 Teacher Guidelines Afr

Grade 12 Computer Applications Technology practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 1220228 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE ONDERWYSERRIGLYNE 2022 Hierdie riglyne bestaan uit 8 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie 2 DBE/PAT 2022 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4 2.1 Idees en benaderings om leerders te lei 4 2.2 Oneerlikheid 5 2.3 Leerder se verklaring van egtheid van die PAT 5 2.4 Rol van die onderwyser 6 2.5 Toesig/Gekontroleerde omstandighede 6 2.6 Bestuur van die PAT 6 2.7 Assesseringsbewyse 7 2.8 Vereistes 7 2.9 Nienakoming 7 3. GEVOLGTREKKING 8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie 3 DBE/PAT 2022 NSS 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV)-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en dit tel 25% van die finale punt vir Rekenaartoepassingstegnologie (RTT). FORMELE ASSESSERING Gedurende die Jaareindeksamen jaar 25% 75% SGA Praktiese Jaareindeksamen-vraestelle (50%) assesseringstaak (PAT) 25% 25% Vraestel 1 (25%) Vraestel 2 (25%) Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek. Die PAT bied aan leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende eerste drie kwartale van die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n formele formaat, soos 'n toets of 'n eksamen, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstaak binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die kandidaat sal tot drie weke voor die aanvang van die finale jaareindeksamen tyd gegun word om enige uitstaande werk vir die PAT in te dien (sien 2.9 Nienakoming). Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie 4 DBE/PAT 2022 NSS 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 2.1 Idees en benaderings om leerders te lei Wat moet leerders doen en wat moet hulle verskaf? Daar word van leerders verwag om onder toepaslike toesig:  'n Belangstellingsarea binne die gegewe onderwerp/scenario te kies  'n Duidelike fokusvraag te formuleer wat ondersoek/nagevors kan word  'n Reeks take (wat in DRIE fases verdeel is) te beplan, na te vors en uit te voer, om met bevindinge en gevolgtrekkings wat met die fokusvraag verband hou, vorendag te kom  'n Verslag vir 'n spesifieke gehoor voor te berei  Elemente van die verslag via 'n webtuiste te kommunikeer  Bewyse van al die fases van die projek vir assessering te verskaf Hoe sal leerders dit doen? Leerders moet:  'n Individuele projek beplan en voltooi deur 'n reeks inligtingbestuursvaardighede en -strategieë toe te pas om te voldoen aan die doelstellings soos in die PAT-vereistes uiteengesit  Sleutelvrae identifiseer wat gevra word  Toepaslike inligting uit 'n reeks bronne bekom, selekteer en gebruik, data verwerk en analiseer en 'n begrip van toepaslike skakels, verbindings en kompleksiteite van die onderwerp en fokusvraag demonstreer  'n Reeks vaardighede selekteer en gebruik, insluitend die toepassings en tegnologieë wat bestudeer is, probleme oplos, besluite op 'n kritiese, kreatiewe en buigsame manier neem om die fokusvraag te beantwoord  Gevolgtrekkings/Aanbevelings motiveer deur die gebruik van beredeneerde argumente wat op bewyse gegrond is  Uitkomste evalueer, beide in verband met die PAT-vereistes en hulle eie leer en prestasie  Geskikte kommunikasievaardighede en media gebruik om bewyse in gepaste formate aan te bied Vereiste vaardighede Leerders moet in staat wees om:  'n Reeks vaardighede en metodes te selekteer en toe te pas om oplossings te vind  Tekste te vergelyk, selekteer, lees en verstaan en dan te gebruik om inligting, idees, argumente en opinies in te samel  Dokumente op te stel en inligting, idees en opinies effektief en betekenisvol kommunikeer  Data en inligting doeltreffend te stoor om die effektiewe oproep daarvan moontlik te maak  Inligting te versamel om by die inhoud en die doel van die taak/ondersoek te pas  Data in te voer, inligting onafhanklik te ontwikkel en formateer om die betekenis en doel daarvan te pas, wat teks en tabelle, beelde/prente, getalle, grafieke en rekords insluit  Besluitnemings- en probleemoplossingsvaardighede toe te pas  Beplanning, navorsing, kritiese denke, analise, sintese, evaluering en aanbiedings- vaardighede te demonstreer  Selfvertroue en inisiatief te ontwikkel in die toepassing van die inhoud, toepassingsagteware en -tegnologieë wat in RTT bestudeer is  Raad en ondersteuning te vra wanneer nodig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie 5 DBE/PAT 2022 NSS Wat moet die leerders vooraf geleer word? Voordat die PAT aangepak word, moet leerders die volgende geleer word:  Toepassingsagteware (woordverwerking, sigblad, databasis en webontwikkeling) en die nodige IKT-vaardighede wat die produksie van die verslag en webtuiste sal verbeter  Navorsing- en inligtingbestuurvaardighede, wat insluit om: o 'n Taak te definieer o 'n Fokusvraag te stel o Navorsingsvrae te vra o Geskikte inligtingsbronne te identifiseer o Bronne te evalueer o Inligting te soek o Navorsingsverslae te skryf met 'n samevatting, inleiding, bespreking, verwysde bronne, afleiding/slot en bronnelys  Projekbestuursvaardighede, insluitend tyd-, hulpbron- en taakbestuur 2.2 Oneerlikheid Leerders moet NIE:  Hulp/Leiding van ander kry sonder om erkenning daaraan te gee nie (Hulle moet BYLAE C van die Leerderriglyne voltooi – sien Afdeling 2.3.)  Werk indien wat nie hulle eie is nie  Hulle werk aan ander leerders leen nie  Ander leerders toegang tot, of die gebruik van, hulle eie materiaal wat onafhanklik verkry is, gee nie. (Dit beteken nie dat leerders nie hulle boeke aan 'n ander leerder mag leen nie, maar die leerders moet nie toegelaat word om plagiaat met ander leerders se navorsing te pleeg nie.)  Werk insluit wat direk uit boeke, vanaf die internet of uit ander bronne gekopieer is, sonder om erkenning aan die bron te gee nie  Werk indien wat deur 'n derde persoon getik of woordverwerk is nie. Leerders met fisiese gestremdhede moet vooraf by die betrokke assesseringsowerhede toestemming kry. Die handelinge hierbo kom neer op oneerlikheid, waarvoor 'n straf toegepas sal word. Indien oneerlikheid geïdentifiseer word, moet die assesseringsowerhede in kennis gestel word en besonderhede van enige werk wat nie die leerder se eie is nie, moet aangeteken word. 2.3 Leerder se verklaring van egtheid van die PAT Nadat die PAT voltooi is, moet leerders die verklaring van egtheid (BYLAE C van die Leerderriglyne) voltooi om te bevestig dat die werk wat ingedien word, hulle eie is. Alle substantiewe raad/hulp wat aan die leerders gegee is, moet in die verklaring aangeteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie 6 DBE/PAT 2022 NSS 2.4 Rol van die onderwyser Die onderwyser sal:  Die betrokke inligtingsbestuursinhoud, praktiese vaardighede en strategieë onderrig voor elke fase van die projek begin word  Die projek bestuur en toesig hou oor leerders se werk en dit monitor  'n Aanvanklike beplanningsoorsigsessie hou/fasiliteer om die onderwerpe/scenario's, vereistes, doelstellings en ontwikkeling van die projek te bespreek  Vooraflees fasiliteer om agtergrondinligting oor die onderwerpe/scenario's in te samel  Gereelde terugvoer aan leerders gee, beide op 'n informele grondslag en aan die einde van elke fase  Die leerders se werk aan die einde van elke fase assesseer deur die kriteria te gebruik wat uiteengesit is in die gestandaardiseerde assesseringsinstrument wat verskaf word, en terugvoering wat gegee word, aanteken  Sy/Haar algemene evaluering bevestig, gebaseer op deurlopende waarneming en terugvoering om 'n finale indruk ten opsigte van onafhanklike werk, inligtingbestuur, insig en probleemoplossing te verskaf  Die werk van die leerders wat nagesien is, modereer na enige standaardisering en interne modereringsprosedures wat vereis word  Die egtheid van die PAT verseker, soos uiteengesit in Afdeling 2.5 hieronder 2.5 Toesig/Gekontroleerde omstandighede Die onderwyser moet die PAT op so 'n manier bestuur dat hy/sy kan bevestig dat die werk wat geassesseer word, volgens sy/haar kennis alleenlik die betrokke leerder se werk is, deur:  Die leerder se werk gereeld te monitor om 'kitsprojekte' te voorkom  Elke leerder se assessering aan die einde van elke fase goed te keur  Te bevestig dat die werk wat geassesseer word, volgens sy/haar kennis alleenlik die betrokke leerder se werk is Meer inligting hieroor word in Afdeling 2.8 van die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12 verskaf. 2.6 Bestuur van die PAT Die onderwyser moet sy/haar werkskedule beplan volgens die tyd wat vir die PAT in die RTT- KABV (onderrigplan vir graad 12) toegeken word. Daar is verskillende moontlike benaderings tot die bestuur van die PAT: Opsie 1:  Die onderwyser kan weekliks 'n gedeelte van die klastyd aan die PAT afstaan terwyl hy/sy terselfdertyd in die res van die week met normale onderrig voortgaan om die graad 12- kurrikulum te voltooi. Indien hy/sy hierdie opsie kies, moet hy/sy in die eerste kwartaal met die PAT-proses begin en een fase per kwartaal voltooi. Opsie 2:  Die onderwyser kan 'n aaneenlopende tydperk aan die PAT afstaan, bv. die laaste week/weke van elke kwartaal, en ook een fase per kwartaal voltooi. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie 7 DBE/PAT 2022 NSS 2.7 Assesseringsbewyse Bewyse wat vir assessering voorgelê word, moet wys hoe die individuele leerder die assesseringsdoelwitte en -kriteria behaal het en moet die beplanning, terugvoering en vordering van die projek insluit. Die bewyse vir assessering sal die volgende insluit:  Die finale produkte vir die take – 'n webtuiste (tuisblad plus ten minste TWEE ander gekoppelde ('linked') blaaie) en 'n geskrewe verslag van ongeveer 1 600–2 000 woorde (dit verwys slegs na die inhoud en sluit nie die dekblad, inhoudsopgawe, verwysings, grafika in nie) of 6–8 bladsye  Die voltooide leerderassesseringsinstrument (en ander bewyse soos vir elke fase gespesifiseer) 2.8 Vereistes (Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3) Praktiese Assesseringstaak-komponente moet:  Uit assesseringstake en assesseringskomponente bestaan wat die leerder se PAT-punt vorm, soos bespreek in die verkorte weergawe van die aangepaste Hoofstuk 4 van die KABV vir RTT ('Abridged Section 4 Amendments of the CAPS for CAT')  'n Punt wat vir elke assesseringstaak (fase) toegeken is en 'n gekonsolideerde punt insluit  Vir monitering en moderering beskikbaar wees  Deur die onderwyser geëvalueer, nagesien en as geloofwaardig goedgekeur word voordat dit as bewys van leerderprestasie voorgelê word 2.9 Nienakoming (Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3) Die kandidaat sal tot drie weke voor die begin van die finale praktiese RTT-jaareindeksamen tyd gegun word om uitstaande werk vir die PAT in te lewer. Indien 'n leerder geen PAT sonder 'n geldige rede indien nie, sal die leerder nie 'n resultaat vir die vak ontvang nie. In die geval waar 'n leerder nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie (insluitend die indieningsdatums soos deur die provinsie/distrik vasgestel), maar SLEGS waar 'n geldige rede verskaf word, mag hy of sy 'n verdere geleentheid gegun word om vir die voorgeskrewe take geassesseer te word, gebaseer op 'n besluit deur die hoof van die betrokke assesseringsliggaam. Verwys na die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12 (Hoofstuk 3) vir verdere verduideliking van die prosedure wat gevolg moet word indien die leerder, met geldige redes, versuim om enige uitstaande PAT-vereistes na te kom. Indien 'n leerder nie aan die PAT-vereistes voldoen nie en waar geldige redes voorgelê word, moet bewyse vir sulke geldige redes by die bewyse van die leerder se prestasie ingesluit word. Geldige redes vir laat inlewering van die verskillende fases van die PAT sluit die volgende in:  Siekte, gestaaf deur 'n geldige mediese sertifikaat, uitgereik deur 'n geregistreerde mediese praktisyn  Humanitêre redes, wat die dood van 'n nabye familielid insluit, gestaaf deur 'n doodsertifikaat  Die leerder se verskyning in 'n hofsaak, wat deur geskrewe bewyse gestaaf moet word  Enige ander rede wat deur die hoof van die assesseringsliggaam of sy/haar verteenwoordiger as geldig aanvaar word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie 8 DBE/PAT 2022 NSS 3. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die bedryf kan demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te raak. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Computer Applications Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all