Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P1 2023 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12202323 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 2023 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as maak jy die eksamen vroeg klaar, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen sal die normale eksamenreëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. 3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. 4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie, verwyder NIE. 5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE. 11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word. 12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika ('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is. 13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/2023 SS/NSS 14. Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is. 15. Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel is en die lys-skeikarakter ('list separator') as 'n komma (',') gestel is. 16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data gemaak word. 17. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE. 18. Die rame ('borders') wat rondom prente en skermkopieë in hierdie vraestel verskyn, is bedoel vir duidelikheid. MOENIE rame invoeg NIE, tensy daar 'n instruksie is om dit te doen. 19. Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.  1CapePoint Woordverwerkingsdokument  2Dates Saamgeperste lêer ('Zipped file')  2Mountain Woordverwerkingsdokument  2Table Prent  3Marathon Sigblad  4Accommodation Sigblad  5Tours Databasis  6_1Banner Prent  6_1Fearless Prent  6_1Interactive HTML-lêer  6_1Nature Prent  6_1Urban Prent  6_2Arrows Prent  6_2Big6 HTML-lêer  7CapeTown Woordverwerkingsdokument  7Tourists Sigblad Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/2023 SS/NSS SCENARIO Die Tafelberg Nasionale Park ('Table Mountain National Park (TMNP)') strek vanaf die noorde van Kaapstad, oor die Kaapse Skiereiland tot by Afrika se mees suidelike punt, die Kaap van Goeie Hoop. Hierdie uitgestrekte park maak van Kaapstad 'n skouspelagtige toeristebestemming. VRAAG 1: WOORDVERWERKING 'n Dokument wat vyf redes gee om die pragtige Kaappunt te besoek, is voorberei. Maak die 1CapePoint-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyonderskrif ('footer'). 1.1 Maak die volgende veranderings in die bladsyboskrif ('header'):  Verwyder die dubbele deurhaalstreep ('double strikethrough') van die teks 'CAPE TOWN, SOUTH AFRICA'.  Verander die posisie van die bladsyboskrif ('header') na 1 cm vanaf die bokant van die eerste bladsy. (2) 1.2 Stel die woordafbreking ('hyphenation') in sodat woorde wat in hoofletters geskryf is NIE afgekap word NIE. (1) 1.3 Voeg 'n voetnoot ('footnote') met 'n doelgemaakte merk ('custom mark') in op die woord 'Reasons', wat in die hoofopskrif voorkom, om soos volg te vertoon: (3) 1.4 Vind die teks wat met 'The Cape Peninsula …' begin en met '… 5 reasons why.' eindig en verander dit om soos hieronder te vertoon. LET WEL: Die spasiëring ('spacing') tussen die kolomme is 1 cm. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/2023 SS/NSS 1.5 Vind die teks 'Question/Vraag 1.5' en vervang hierdie teks met 'n sitaat ('citation') wat na die bron Matthew Sterne verwys. MOENIE die jaar ('year') vertoon NIE. (2) 1.6 Vind die kommentaar ('comment') en antwoord ('reply') daarop met die teks 'sometimes'. (1) 1.7 Redigeer die watermerk soos volg:  Verander die fonttipe na Arial Narrow.  Formateer die vorm ('shape') van die WordArt na 'n 'Arch Down (Curve)'- vorm. (2) 1.8 Vind die teks onder die opskrif 'Funicular Tickets' wat met 'Description' begin en met 'R35' eindig. Verander die uitleg van hierdie teks om soos hieronder te vertoon. (4) 1.9 Pas 'n 3 pt-bladsyraam ('page border') op die dokument toe en stel die boonste kantlyn ('top margin') in om 12 pt vanaf die teks te verskyn. (3) Stoor en maak die 1CapePoint-woordverwerkingsdokument toe. [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 2: WOORDVERWERKING 'n Dokument met inligting oor Tafelberg is geskep. Maak die 2Mountain-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in. 2.1 Voeg die teks 'Mountain' by as die onderwerp ('subject') van die lêereienskappe ('file properties') van die dokument. (1) 2.2 Vervang die prent op die dekblad ('cover page') met die 2Table-prent. Pas enige halwe weerkaatsing('half reflection')-effek op die prent toe. (2) 2.3 Voeg outomatiese bladsynommers ('page numbers') in om soos hieronder te vertoon. LET WEL:  Bladsynommers MOENIE in Section 1 verskyn NIE. (3) 2.4 Voeg 'n inhoudsopgawe ('Table of Contents') onder die opskrif 'Question/Vraag 2.4' in met gebruik van die 'Distinctive'-formaat om soos volg te vertoon: LET WEL: Ignoreer die formaat van die bladsynommering indien dit anders is. (4) 2.5 Vind die teks 'Question/Vraag 2.5' onder die opskrif 'Table Mountain' en vervang hierdie teks met 'n kruisverwysing ('cross-reference') na die boekmerk ('bookmark') 'cableway'. Vertoon slegs die bladsynommer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/2023 SS/NSS 2.6 Vind die opskrif 'Hiking' en die teks daaronder wat met '… with a group.' eindig. Pas paragraafformatering op hierdie opskrif en die teks toe sodat dit altyd saam sal bly. (1) 2.7 Vind die genommerde ('numbered') lys onder die opskrif 'Facts'. In die Multilevel list-dialoog verskyn 'n 'TableList'-styl onder die opsie 'List Styles'. In die 'TableList'-styl verander die nommeringstyl van die tweede vlak na 'n Webdings-kolpunt('bullet')-simbool:  (karakterkode: 77). WENK: Hou die muis oor die lys onder die 'List Styles'-opsie om die name van die style te sien. (3) 2.8 Vind die prent onder die opskrif 'Access' en maak die volgende veranderings:  Formateer die prentuitleg ('Picture Layout') na die 'Bending Picture Blocks'- SmartArt-grafika.  Voeg die teks 'View' in die vorm in wat van die SmartArt-grafika deel is.  Formateer die grootte van die SmartArt-grafika na presies 7 cm hoog en 10 cm wyd. (3) 2.9 Vind die teksblokkie ('text box') bo die kaart wat die subopskrif ('subheading') 'Table Mountain National Park Map' bevat. Pas die teks en die teksblokkie aan sodat dit soos volg op die kaart vertoon: (2) Stoor en maak die 2Mountain-woordverwerkingsdokument toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/2023 SS/NSS 2.10 Vind die 2Dates saamgeperste lêer ('zipped file') en doen die volgende:  Onttrek ('Extract') die 2Dates-lêer deur die wagwoord te gebruik: #d/m  Sorteer die tabel volgens die datums waarop die plekke oopgemaak het, en begin met die nuutste openingsdatum. (3) Stoor en maak die 2Dates-woordverwerkingsdokument toe. [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 3: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.  Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word waardes in die bestaande data verander.  Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad- datalêer toegeken is. Maak die 3Marathon-sigblad oop wat besonderhede oor die top-50- kwalifiserende atlete vir die 2023 Oceans Meet Marathon bevat. 3.1 Vee ('delete') Sheet3 uit die werkboek. (1) Werk in die Participants-werkblad. 3.2 Stel die drukarea ('print area') op selle A12:E62. (1) 3.3 Voeg die teks 'Marathon Logo' as die Alt Text van die prent in sel A3 in. (1) 3.4 Voeg 'n funksie in sel F5 in om die gemiddelde kwalifiseringstyd vas te stel. (1) 3.5 Die afstand van die wedloop is in sel F3 gestoor. Vir elke voltooide 5 km vanaf die beginpunt van die wedloop sal 'n mediese punt op die roete geplaas word. Die begin- en eindpunte sal ook 'n mediese punt hê. Voeg 'n formule in sel F8 in om die aantal punte wat op die roete geplaas sal word, te bereken. (4) 3.6 Elk van die 50 atlete sal 'n spesiale inskrywingsnommer ontvang. Genereer 'n inskrywingsnommer in sel B20 vir die atleet, Kuda, soos volg:  'n Getal tussen 1 en 50; gevolg deur  Die eerste twee letters van die atleet se naam; gevolg deur  Die registrasienommer van die atleet (6) 3.7 Gedurende die wedloop sal atlete armbande met verskillende kleure volgens hulle ouderdomsgroep dra. Voeg 'n VLOOKUP-funksie in sel J17 in om die kleur van die armband wat Lucky sal dra, te vertoon. Gebruik die data in die Band-werkblad. Kopieer die funksie af na die res van die selle in kolom J. (4) Stoor en maak die 3Marathon-sigblad toe. [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.  Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word waardes in die bestaande data verander.  Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad- datalêer toegeken is. Maak die 4Accommodation-sigblad oop wat inligting oor die prys en gradering van verblyf in Kaapstad bevat. Die sigblad bevat die volgende simbole om die fasiliteite aan te dui: Troeteldiere toegelaat Spa beskikbaar Gimnasium beskikbaar Wi-Fi beskikbaar Swembad beskikbaar Werk in die Accom-werkblad. 4.1 Verander selle A2:M2 en die inhoud daarvan om soos volg te vertoon: (3) 4.2 Voeg 'n funksie in sel C4 in om te bepaal hoeveel plekke NIE troeteldiere toelaat NIE. (1) 4.3 Afstand vanaf die lughawe na 'n verblyfplek word soos volg vertoon:  Die ses kortste afstande: Short  Afstande tussen die ses kortste afstande en 100 km: Medium  Afstande groter as 100 km: Long Voeg 'n geneste IF-funksie in sel F10 in om die afstand vir die Boutique Hotel and Guest House te vertoon. (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/2023 SS/NSS 4.4 Gebruik 'n AND-funksie in sel G10 om 'TRUE' terug te stuur indien die prys per kamer minder as R1 000 is en die plek 'n swembad het. (2) 4.5 Gedurende die buiteseisoen gee die verblyfplekke 'n 12.5%-afslag op die prys per kamer. Voeg 'n formule in sel M13 om die prys van die verblyf gedurende buiteseisoen te bereken nadat die afslag gegee is. Formateer die bedrag om in dieselfde formaat as die res van die waardes in die kolom te vertoon. (3) Werk in die Q4_6-werkblad wat die getal resensies vir elke tipe verblyf bevat. 4.6 Skep 'n staafgrafiek ('column chart') wat die datareeks A1:B6 gebruik om die getal resensies vir elke tipe verblyf soos volg te vertoon: Total Reviews Totale Resensies 90000 75000 60000 45000 30000 15000 0 Hotels Villa Apartments Guest House Bed & Breakfast LET WEL: Die 'Hotels'-staaf het 'n 'Paper bag'-tekstuurvul ('texture fill'). (6) Stoor en maak die 4Accommodation-sigblad toe. [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 5: DATABASIS Die 5Tours-databasis stoor inligting in verband met besprekings vir toere en aktiwiteite in en om Kaapstad. LET WEL: 'Accept/Approve' enige boodskappe indien dit verskyn. Maak die 5Tours-databasis oop. 5.1 Maak die tbl5_1-tabel in Ontwerpaansig ('Design View') oop. 5.1.1 Verander die eienskappe ('properties') van die IDNo-veld soos volg:  Stel 'n toepaslike veldgrootte ('field size') in.  Stel die veldeienskappe ('properties') sodat rekords uniek geïdentifiseer kan word. (2) 5.1.2 Voeg 'Safari' as 'n waardelys('value list')-opsie by die Experience-veld. Verander die opsoekeienskappe ('lookup properties') sodat toeriste meer as een opsie as 'n ondervindingstipe ('experience type') kan kies. (2) 5.1.3 Verander die eienskappe ('properties') van die Date-veld om slegs datums van die begin van Julie 2023 tot die einde van Augustus 2024 te aanvaar. Vertoon 'n geskikte boodskap indien 'n verkeerde datum ingevoer word. (4) 5.1.4 Verander die Picture-veld soos volg:  Stel 'n toepaslike datatipe in sodat 'n toeris sy/haar ID-foto kan oplaai.  Skuif die veld om onder die IDNo-veld te verskyn.  Verander die eienskappe ('properties') sodat die opskrif 'IDPhoto' in die databladaansig ('Datasheet View'), in plaas van die opskrif 'Picture' sal verskyn. LET WEL: Moenie die Picture-veld hernoem ('rename') nie. (3) Skakel om na databladaansig ('Datasheet View'). 5.1.5 Verander die kleur van die gidslyne ('gridlines') na swart EN stel die opsie in om slegs die horisontale ('horizontal') gidslyne te vertoon. (2) Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/2023 SS/NSS 5.2 Maak die frm5_2-vorm, wat op die tblActivities-tabel gebaseer is in ontwerpaansig ('Design View') oop, en verander dit soos volg:  Verander die 'Display when'-eienskap ('property') van die prent sodat die prent slegs op die skerm sal vertoon.  Pas voorwaardelike formatering ('conditional formatting') op die Duration- veld toe om rekords in 'n geel staaf ('bar') kleur te vergelyk ('compare records'). Vertoon slegs die staaf. Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (4) 5.3 Maak die qry5_3-navraag, wat op die tblActivities-tabel gebaseer is in ontwerpaansig ('Design View') oop. Vertoon al die toere waar oggend('morning')aktiwiteite wildritte ('game drives') met vervoer ('transport') OF haaihokduik ('shark cage diving') insluit. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (4) 5.4 Skep 'n navraag met die naam qry5_4 gebaseer op die tblActivities-tabel soos volg: Experience CountOfTourName Adventure 14 Biking 11 Culture 4 Hiking 1 Safari 6 Total 36 LET WEL:  Die rekords in die Experience-veld  Die laaste rytotaal word in databladaansig ('Datasheet View') bereken Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (5) 5.5 Maak die qry5_5-navraag, wat op die tblActivities-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig ('Design View') oop. Voeg 'n berekende veld Hours in om te bepaal hoeveel uur elke toer sal neem, op die Duration-veld gebaseer. Vertoon slegs die toere wat 'n dag of langer sal duur. WENK: Verwys na veldbeskrywings in die ontwerpaansig ('Design View') van die tabel. Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/2023 SS/NSS 5.6 Maak die verslag met die naam rpt5_6, wat op die tblActivities-tabel gebaseer is, oop. Verander die verslag soos hieronder getoon. LET WEL:  Groepering ('Grouping') skei ('split') nie oor bladsye nie.  Ignoreer enige teksblokkierame ('textbox borders'). (5) Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. Stoor en maak die 5Tours-databasis toe. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) LET WEL:  Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML- vraag te beantwoord NIE.  'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.  Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids gevind word. Daar word van jou verwag om webblaaie oor 'n nuwe interaktiewe virtuele ondervinding vir toeriste in Kaapstad aan te pas. 6.1 Maak die onvolledige 6_1Interactive-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/ HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE). Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/2023 SS/NSS LET WEL:  Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn wanneer jy hierdie vraag beantwoord.  Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie kommentaar uitvee NIE. 6.1.1 Voeg jou eksamennommer tussen die 'center'-merkers in om as vetdruk ('bold') teks te vertoon. LET WEL: Die nommer op die skermkopie ('screenshot') is slegs 'n voorbeeld. (1) 6.1.2 Voeg HTML-kode in sodat die prent langs die teks 'Find your Freedom!' verskyn soos in die skermkopie getoon. (1) 6.1.3 Verander die horisontale reël om oor 80% van die webblad te vertoon. (1) 6.1.4 Verander die kode sodat die tekskleur bokant die tabel dieselfde as in die tabel vertoon. (1) 6.1.5 Voeg die 6_1Urban-prent in om by die ander prente te pas, soos in die skermkopie getoon. (2) 6.1.6 Verander die kode sodat die woorde 'discovering flowers' op die volgende reël sal vertoon, met geen oop reël tussen die teks nie. (1) 6.1.7 Redigeer die genommerde lys in die tweede kolom om dieselfde te vertoon as die ander twee lyste wat in die laaste ry van die tabel gevind word. (1) 6.1.8 Verander die kode sodat die skakel ('link') die gebruiker sal stuur na die webadres wat in die data gegee is. (1) Stoor en maak die 6_1Interactive-lêer toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/2023 SS/NSS 6.2 Maak die onvolledige 6_2Big6-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/ HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE). Verander die HTML-kode sodat jou finale webblad soos die voorbeeld hieronder vertoon. LET WEL: Die grootte van die spasiëring ('spacing') tussen die selle is 50. (5) Stoor en maak die 6_2Big6-lêer toe. EEN punt sal vir korrekte sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide lêers toegeken word. (1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 7: ALGEMEEN 7.1 Maak die 7CapeTown-woordverwerkingsdokument oop. 7.1.1 Verander die binnerame ('inside borders') van die tabel na enige blou kleur. (1) 7.1.2 Pas die opskrifry ('heading row') van die tabel aan om te vertoon soos hieronder getoon. (1) 7.1.3 'n Toeris kry punte ('points') wat as afslag op toekomstige reise gebruik kan word. Voeg 'n formule in om die punte vir Allan Nel soos volg te bereken:  Bepaal die totale besoeke van 2020 tot 2023, dan  Vertoon 1 000 indien die totale besoeke meer as 5 is, andersins  Vertoon 500 (5) Stoor en maak die 7CapeTown-woordverwerkingsdokument toe. 7.2 Maak die 7Tourists-sigblad oop. Werk in die List-werkblad. 7.2.1 Doen die volgende:  Pas 'n sigbladeienskap op kolom A toe om die teks in kolomme te rangskik.  Vind en vervang ('Find and replace') al die voorkomste van die woord 'Maybe' met die woord 'No' in 'n rooi font. (3) Werk in die Details-werkblad. 7.2.2 Toeriste ontvang elke jaar 'n boodskap, een maand voor hulle verjaarsdag, oor 'n spesiale geskenkbewys wat hulle kan gebruik wanneer hulle 'n reis bespreek. Gebruik 'n kombinasie van funksies in sel D2 om die datum in die huidige jaar te bepaal waarop Adriaan Barnard 'n boodskap ontvang het/sal ontvang. Die huidige jaar moet as 'n funksie ingevoer word. (5) Stoor en maak die 7Tourists-sigblad toe. [15] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2023 SS/NSS HTML-MERKERBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing Definieer die liggaam van die Word voor elke lys-item <body></body> webblad ingevoeg, en voeg 'n nommer <li></li> <body Stel die agtergrondkleur van die of simbool by afhangende van bgcolor="pink"> webblad die tipe lys wat geselekteer is <img src="name" Stel 'n prent inlyn, kan " right"; <body text="black"> Stel die kleur van die liggaamteks align="left"> "bottom", "top", "middle" wees <head></head> Bevat inligting oor die webblad <img src="name"> Voeg 'n prent in Skep 'n HTML-dokument – begin <p align="center"><img Stel 'n prent "center" inlyn, kan <html></html> en eindig 'n webblad src="name"></p> ook "middle" wees <img src="name" Stel die grootte van die raam <title></title> Definieer 'n titel vir die webblad border="1"> rondom 'n prent <br/> Voeg 'n reëlbreuk in ('line break') <img src="name" Stel die hoogte en breedte van width="200" height <!-- --> Kommentaar 'n prent ="200"> Teksmerkers ('Text Tags') Vertoon alternatiewe teks Merker('Tag') Beskrywing <img src="name" wanneer die muis oor 'n prent alt="alternative text"> gehou word of wanneer die <hl></hl> Skep die grootste opskrif prent nie gevind kan word nie <h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in Stel die grootte (hoogte) van 'n <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> reël <i></i> Skep teks in skuinsdruk Stel die breedte van 'n lyn, in <u></u> Skep onderstreepte teks <hr width=”80%”/> persentasie of absolute waarde <font size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" " <font color= "green"> Stel fontkleur <hr color= "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn </font> <font face="Times New Tabelmerkers ('Tabel Tags') Stel fonttipe Roman"></font> Merker ('Tag') Beskrywing Skakelmerkers ('Links Tags') <table></table> Skep 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry 'n tabel <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel 'n tabel <a href="URL"><img Skep 'n prentskakel Skep 'n tabelopskrif ('n sel met src="name"></a> <th></th> vetgedrukte, gesentreerde Skep 'n teikenarea in die <a name="NAME"></a> teks.) dokument Skakel na 'n teikenarea wat <a href= "#NAME"></a> <table width="50"> Skep die breedte van die tabel elders in die dokument geskep is <a href= Stel die breedte van die raam Skakel na 'n e-posadres <table border="1"> "mailto:#NAME"></a> rondom die selle van die tabel Stel die spasie tussen die selle Formateringsmerkers ('Formatting Tags') <table cellspacing="1"> van die tabel Stel die spasie tussen die Merker('Tag') Beskrywing <table cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir die Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center" <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of of "right" wees) ''center'' wees Stel die vertikale inlynstelling <center></center> Sentreer teks, 'n table of 'n prent <tr valign="top"> vir sel(le) ("top", kan ook horisontaal "middle" of "bottom" wees) <ol></ol> Skep 'n genommerde lys Stel 'n getal kolomme waaroor <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat <td colspan="2"> 'n sel moet strek "I","i","1"></ol> gebruik word <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys Stel die getal rye waaroor 'n <ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat <td rowspan="4"> sel moet strek "square","circle"> </ul> gebruik word Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2023 SS/NSS TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD Karakter Beskrywing Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie 0 toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens 9 nie toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke # word verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die .,:;-/ werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.) Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel < word > Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word Veroorsaak dat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van ! links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg. Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon \ word (bv. \A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2023 SS/NSS JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2023 SS/NSS JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2023 SS/NSS Eksamenplakker 150 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – JUNIE 2023 INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word) SENTRUMNOMMER __________________________________________________________ EKSAMENNOMMER __________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________ SUITE GEBRUIK Microsoft Microsoft Microsoft Office 365/ (Maak 'n kruisie in die Office 2013 Office 2016 Office 2019 Microsoft Office 2021 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander Mozilla Google Internet Microsoft (Spesifiseer) (Maak 'n kruisie in die Firefox Chrome Explorer Edge toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________ Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien gestoor en/of gepoog. Nasiener Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum Punt Lêernaam Voorletters/ nommer () () Punt Verdien Kode 1 1CapePoint 21 2Mountain 2 24 2Dates 3 3Marathon 18 4 4Accommodation 22 5 5Tours 35 6_1Interactive 6 15 6_2Big6 7CapeTown 7 15 7Tourists TOTAAL 150 Kommentaar: (Slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all