Skip to content
Question paper

Consumer Studies Grade 12 NSC November 2019 Question Paper

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2019, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2019 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20 2 Die Verbruiker 20 20 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising en Interieur 40 40 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2019 NSS VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.17) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.18 D. 1.1.1 Munisipaliteite moet die volgende basiese dienste verskaf: A Elektrisiteit en speelparke B Vullisverwydering en openbare vervoer C Water en sanitasie D Biblioteke en klinieke (1) 1.1.2 'n Verbruiker kan water bespaar deur die tuin … nat te lei. A tussen 12:00 en 15:00 B na sonsondergang C met 'n tuinslang D deur die nag (1) 1.1.3 Die tipe rente hieronder bereken: JAAR BEDRAG RENTE TOTAAL BELÊ Jaar 1 R5 000 R250 R5 250 Jaar 2 R5 250 R275 R5 525 A Saamgestelde B Enkelvoudige C Prima D Repo (1) 1.1.4 'n Gesondheidstoestand waar die glukosevlak in die bloed abnormaal hoog styg: A Hoë bloedcholesterol B Hipoglukemie C Hiperglukemie D Hoë bloeddruk (1) 1.1.5 … kan hiperaktiwiteit by kinders veroorsaak. A Tartrasien B Swaeldioksied C Mononatriumglutamaat D Nitrate (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2019 NSS 1.1.6 Die geskikste toebroodjie vir 'n persoon met 'n koronêre hartsiekte: A Witbrood, botter, koue vleis, blaarslaai B Volkoringbrood, laevet-mayonnaise, tuna, tamatie C Bruinbrood, margarien, wors, komkommer D Saadbrood, roomkaas, geblikte beesvleis, blaarslaai (1) 1.1.7 Voedsel met 'n lae GI (glukemiese indeks): A Peulgroente, bruin rys en sport-energiedrankies B Bruinsuiker, hawermoutpap en stampmielies C Appels, ruvesel/semel en Provita-kraakbeskuitjies D Patats, mielies en rogbrood (1) 1.1.8 Die volgende inligting moet op die etiket van 'n voedselproduk ingesluit word: A Allergene, voedingsinligting en vervaardigingsdatum B Voedingsinligting, opdienvoorstelle en porsiegrootte C Strepieskode, handelsnaam en verpakkingsinligting D Land van oorsprong, datumstempel en lys van bestanddele (1) Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.9 tot 1.1.12. A B C D 1.1.9 Die broek wat die onderlyf breër en korter sal laat vertoon: A Broek A B Broek B C Broek C (1) D Broek D 1.1.10 Die broek wat die onderlyf langer en skraler sal laat vertoon: A Broek A B Broek B C Broek C D Broek D (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2019 NSS 1.1.11 Die broek wat met 'n modegier ooreenkom: A Broek A B Broek B C Broek C D Broek D (1) 1.1.12 Die uitrusting wat die minste vir die werksomgewing geskik is: A Uitrusting A B Uitrusting B C Uitrusting C D Uitrusting D (1) 1.1.13 Sodra 'n koopaanbod geteken is, word dit die … A ooreenkomsakte. B titelakte. C oordragsakte. D koopakte. (1) 1.1.14 In 'n oond met 'n termowaaier … A sirkuleer die hitte eweredig deur die oond. B word beide die boonste en die onderste elemente gebruik. C brand hoë temperature die vuiligheid af. D word slegs die onderste element gebruik. (1) 1.1.15 Die persoon wat vir 'n staatsbehuisingsubsidie sal kwalifiseer: A Sipho verdien R3 500 per maand en is nie 'n Suid-Afrikaanse burger nie. B Michael verdien R5 500 per maand en het drie kinders. C John is enkellopend en verdien R3 000 per maand. D Sizwe verdien R3 300 per maand en koop vir die eerste keer eiendom. (1) 1.1.16 Die koste van die bestanddele om tien klein hoenderpasteie te maak, is R63,00. Die bokoste/oorhoofse koste om tien klein hoenderpasteie te maak, is R31,00. Die produksiekoste van EEN klein hoenderpastei is … A R3,10. B R6,30. C R9,40. D R12,60. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2019 NSS 1.1.17 Die produksiekoste om een groot hoenderpastei te MAAK, is R15,00. Bereken die verkoopprys van EEN groot hoenderpastei indien die winsopslag 25% is: A R18,00 B R18,50 C R18,75 D R20,00 (1) 1.2 Kies die beskrywing in KOLOM B wat by die tipe belasting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H. KOLOM A KOLOM B TIPE BELASTING BESKRYWING 1.2.1 Inkomstebelasting A belasting gehef op die vervaardiging en verkoop van luukse produkte, 1.2.2 Eiendomsbelasting bv. alkohol 1.2.3 Voorlopige belasting B belasting word jaarliks van die werknemer se inkomste afgetrek 1.2.4 Belasting op toegevoegde waarde C belasting wat deur die huiseienaars aan hulle plaaslike munisipaliteite 1.2.5 Aksynsbelasting betaal word D belasting wat gehef word op alle geld wat 'n belastingbetaler ontvang E belasting wat na 'n persoon se dood op 'n sy/haar boedel gehef word F belasting wat twee keer per jaar deur belastingbetalers met 'n ongereelde inkomste betaal word G gevoeg by die prys van goedere en dienste by elke produksiestadium (5 x 1) (5) 1.3 'n Aantreklike etiket toon die naam van die produk en die handelsmerk wat in die vervaardiging van die produk gebruik is. Identifiseer TWEE aspekte, in die lys hieronder, van die bemarkingstrategie wat NIE in die etiket voorkom NIE. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Plek B Produk C Produksie D Promosie E Prys (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2019 NSS 1.4 Kies 'n voorbeeld van 'n bymiddel in KOLOM B wat by die funksie van die bymiddel in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 H. KOLOM A KOLOM B FUNKSIE BYMIDDEL 1.4.1 Nie-voedsame versoeter A glukose 1.4.2 Antioksidant B askorbiensuur 1.4.3 Chemiese preserveermiddel C gelatien 1.4.4 Emulsifiseerder D borrie 1.4.5 Stabiliseerder E lesitien F aspartaam G swaeldioksied (5 x 1) (5) 1.5 Identifiseer VYF vereistes, in die lys hieronder, van 'n wettige boukontrak. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Slegs die totale koste van die materiaal B Inspeksie van die perseel voor bouwerk begin C Die presiese afmetings van die huis D Die voltooiingsdatums E 'n Niekanselleerbare klousule sou een van die partye nie kan trou bly nie F Waarborge verskaf deur die bouer G Die datums en metodes van betaling H 'n Beskrywing van die materiaal en afwerkings wat gebruik moet word I NHBRR-verwysingsnommer J Die subsidievoorwaardes (5) 1.6 Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.6.1 tot 1.6.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.6.1 'n Gedetailleerde skriftelike beskrywing van 'n produk ten opsigte van voorkoms, grootte, kwaliteit of vorm 1.6.2 Om te verseker dat die produk aantreklik en interessant is en dat dit die aandag van verbruikers trek 1.6.3 Produseer produkte om aan die behoeftes van die verbruikers te voldoen sonder om die omgewing te benadeel 1.6.4 Koste van alles waarvoor geld benodig sal word voordat produksie kan begin 1.6.5 Om te verseker dat verbruikers gehoor word en na omgesien word 1.6.6 Bykomende uitgawes wat by die bedryfskoste van die besigheid ingesluit word (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2019 NSS VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 2.1.1 Noem TWEE vorme van hernubare energiebronne. (2) 2.1.2 Noem DRIE voordele van die gebruik van hernubare energie- bronne vir die natuurlike omgewing. (3) 2.2 Definieer die terme hieronder: (a) Waarborg (2) (b) Vrystellingsklousule (2) 2.3 Lees die scenario hieronder en identifiseer die vrystellingsklousule wat in die kontrak bepaal is. Mnr. Hill het 'n selfoonkontrak by 'n plaaslike diensverskaffer uitgeneem. Die selfoon het van die begin af nie reg gewerk nie. Hy het die selfoon onmiddellik na die diensverskaffer teruggeneem. Die diensverskaffer het aangedui dat hy self die selfoon sal moet laat regmaak aangesien dit 'n nieterugstuurbare beleid het, soos bepaal in die kontrak wat hy geteken het. [Eie teks] (1) 2.4 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Suid-Afrika se eerste nasionale minimum loon het met ingang 1 Januarie 2019 in werking getree. Die wetgewing bepaal 'n minimum nasionale loon van R20 per uur of R3 500 per maand, wat afhang van die hoeveelheid ure wat gewerk word. [Aangepas uit Fin 24] 2.4.1 Verduidelik die gevolge wat die minimum loon op inflasie sal hê. (4) 2.4.2 Voorspel die gevolge wat die minimum loon op die finansies van Suid-Afrikaanse huishoudings sal hê. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2019 NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Definieer die term voedselsekerheid. (2) 3.2 Noem die eetversteuring wat gekenmerk word deur die eet van groot hoeveelhede voedsel of eetvergryping gevolg deur self-geïnduseerde braking. (1) 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nolac-melk is melk waarby 'n ensiem gevoeg is om dit vir mense wat laktose-intolerant is, geskik te maak. Die melk is ryk aan kalsium en vitamien D. [Bron: www.clover.co.za] 3.3.1 Identifiseer die ensiem wat by die melk gevoeg is. (1) 3.3.2 Verduidelik die voordeel van die byvoeging van die ensiem vir 'n persoon wat aan laktose-intoleransie ly. (2) 3.3.3 Verduidelik die rede waarom Nolac-melk vir 'n persoon met osteoporose geskik is. (2) 3.3.4 Noem of Nolac-melk vir 'n persoon met 'n melkallergie geskik is. Motiveer jou antwoord. (3) 3.4 Beveel VIER dieetriglyne aan, met redes, vir die bestuur van vetsug. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2019 NSS 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Groep vloedslagoffers het vir 'n rukkie in die plaaslike kerksaal gebly. Hulle moes die beskikbare toiletgeriewe en eetgerei deel. Daar was geen lopende water nie. Baie het siek geword nadat hulle na hulle huise teruggekeer het. Hulle is met hepatitis A by die plaaslike kliniek gediagnoseer. [Eie teks] 3.5.1 Noem TWEE simptome wat die vloedslagoffers kon getoon het. (2) 3.5.2 Gee 'n rede waarom die simptome eers nadat hulle huis toe gegaan het, verskyn het. (1) 3.5.3 Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe die siekte so maklik tussen die vloedslagoffers kon versprei het. (4) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Colin, 'n marathonatleet, hardloop elke dag 10 km. Hy is baie bewus van sy leefstyl en dieet want hy het 'n familiegeskiedenis van diabetes. Hy eet slegs:  Hoenderfilette sonder die vel  Maer vleis  Vis  Vars donkergroen blaargroenteslaaie  Heelgraanvoedselprodukte  Pruimedante Hy kies slegs laevet- en onversoete suiwelprodukte. Hy drink geen alkohol of koffie nie. Hy drink baie water, rooibos-ystee, onversoete lemoen- en gemengdebessie-vrugtesap. [Eie teks] 3.6.1 Bespreek waarom dit onwaarskynlik is dat Colin aan anemie sal ly. (3 x 2) (6) 3.6.2 Stel voor, met redes, waarom Colin nie die gevaar staan om diabetes te ontwikkel nie. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2019 NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Gee TWEE voorbeelde van ekovriendelike kleedstowwe. (2) 4.2 Bestudeer die silhoeëtte (buitelyne) van die denimjeans van 1950 tot 2019 en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: The Jeans Blog.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2019 NSS 4.2.1 Definieer die term modeneiging. (1) 4.2.2 Gee DRIE redes waarom denimjeans as 'n klassieke mode beskou kan word. (3) 4.2.3 Identifiseer TWEE jare (tydperke) toe denimjeans 'n retrospektiewe mode van die 1960's was. (2) 4.2.4 Die denimjeans van 2019 is 'n voorbeeld van 'n mode-oplewing van 'n vorige jaar. Noem die jaar. (1) 4.2.5 Bespreek hoe tegnologiese faktore veranderinge gebring het in die tekstielstof en modeneigings van denimjeans. (3 x 2) (6) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEKOPIEERDE BABADRASAK VAN DIE RAKKE VERWYDER 'n Kleinhandelsreus het die babadrasak van hul rakke verwyder nadat die eienaar van die oorspronklike ontwerp hulle daarvan beskuldig het dat hulle haar ontwerp gekopieer het. [Aangepas uit citizen.co.za, Daniel Friedman] 4.3.1 Identifiseer die praktyk waaraan die kleinhandelsreus skuldig bevind is. (1) 4.3.2 Voorspel watter impak die kleinhandelsreus op die oorspronklike besigheid kon gehad het. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2019 NSS VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR 5.1 5.1.1 Noem die tipe huiseienaarskap waar 'n maandelikse heffing betaal moet word. (1) 5.1.2 Noem aan wie die heffing betaal moet word. (1) 5.2 Noem DRIE dokumente wat deur 'n bank vereis sal word om 'n huislening aan 'n voornemende huiseienaar toe te staan. (3) 5.3 Definieer die term huurkontrak. (2) 5.4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg. LEË HUUREIENDOMME ORALS Die aantal huureiendomme wat leeg staan, het 'n algehele hoogtepunt van 7% in die eerste kwartaal van 2019 bereik. Volgens een van die groot banke het eiendomspryse (inflasie in ag geneem) jaar tot jaar tot die einde van Maart 2019 met 0,7% gedaal. Die bank se data toon dat 94% van verkopers hulle verkooppryse met gemiddeld 9% moes verlaag om te verkoop. [Aangepas uit www.702.co.za] Verwys na die inligting hierbo en bespreek DRIE voordele van die huur van eiendom en DRIE voordele van die koop van eiendom. (6) 5.5 5.5.1 Noem VIER universele ontwerpkenmerke wat by vrieskaste aangetref kan word. (4) 5.5.2 Noem die voordele van 'n vrieskas met 'n vriesvrye opsie. (2) 5.5.3 Gee DRIE redes waarom dit die goedkoopste opsie sal wees om 'n vrieskas kontant te koop. (3) 5.5.4 Verduidelik die voordele daarvan om 'n vrieskas volgens 'n huurkooptransaksie te koop. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2019 NSS 5.5.5 Vergelyk die regop vrieskas en die kisvrieskas hieronder ten opsigte van die volgende kriteria en gee 'n rede vir ELKE antwoord. REGOP VRIESKAS KISVRIESKAS [Bron: www.hificorp.co.za] (a) Nie-menslike energieverbruik (b) Menslike energieverbruik Tabuleer die antwoord soos volg: KRITERIA REGOP KISVRIESKAS VRIESKAS (a) Nie-menslike energieverbruik (2) (2) (b) Menslike energie- verbruik (2) (2) (8) 5.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. 'n Gesin van vier woon in 'n meenthuis en besit 'n regop yskas/vrieskas. Hulle het 'n sleepwaentjie en geniet dit om gereeld te gaan kamp. Hulle het besef dat hulle 'n draagbare/mobiele vrieskas vir die kampuitstappies nodig het. DRAAGBARE/MOBIELE R9 000 BTW ingesluit VRIESKAS Grootte: W 715 cm D 450 cm H 525 cm Enkelkompartementvrieskas Deksel-oop-alarm 60 mm-poliuretaanisolasie Vlekvryestaalkabinet, -slotte, -skarniere en -handvatsels 3 binnemandjies ingesluit Temperatuurgrens: -22 °C tot 10 °C Digitale termostaat LUD-lig [Bron: Whynter.com] Evalueer die geskiktheid van die aankoop van die draagbare/mobiele vrieskas hierbo om aan die gesin se behoeftes te voldoen. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/November 2019 NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Noem TWEE vereistes wat in ag geneem moet word om gehalteprodukte te verseker. (2) 6.2 Verduidelik waarom 'n gehalteproduk 'n mededingingsvoorsprong moet hê. (2) 6.3 Gee VIER redes waarom daar aanbeveel word dat 'n entrepreneur plaaslik vervaardigde produkte moet gebruik. (4) 6.4 Beskryf die stadium wanneer 'n entrepreneur 'n finansiële uitvoerbaarheidstudie moet doen. (2) 6.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nellie het in 'n groot gemeenskap, wat hoofsaaklik uit middelinkomste- verbruikers bestaan het, gewoon. Sy was 'n algemene werker by die plaaslike skool. Sy was lief vir bak en het altyd koekies werk toe geneem wat sy met haar medewerkers gedeel het. Onderwysers het haar begin vra om vir hulle te bak en dit is hoe haar besigheidsidee ontstaan het. Sy het begin om koekies by die skool en in die gemeenskap te verkoop. Haar besigheid het vinnig gegroei want leerders en onderwysers het hulle ouers en bure daarvan vertel. Sy het met verskillende tipes koekies geëksperimenteer en haar klante kon uit 'n verskeidenheid kies om aan hulle behoeftes te voldoen. Sy het gou groot bestellings vir troues en begrafnisse ontvang. Sy het haar bestanddele in groot maat by 'n nabygeleë hipermark gekoop. Sy moes vier dames voltyds in diens neem om haar met die bakwerk te help. Sy het die buitekamers van haar huis in stoorplek en werkruimtes omskep. Sy het drie groot vrystaande gasstowe met oonde gekoop toe beurtkrag in haar woonbuurt begin het. Sy het in 'n groot elektriese koekiemenger, 'n vrieskas en 'n kragopwekker belê. [Eie teks] 6.5.1 Identifiseer Nellie se teikenmark. (3) 6.5.2 Noem die nie-menslike hulpbronne wat Nellie in ag moes neem toe sy haar produk vir kleinskaalse produksie gekies het. (4) 6.5.3 Gee TWEE redes waarom Nellie haar bestanddele by groot maat aangekoop het. (2) 6.5.4 Noem die verspreidingsmetode gebruik deur die winkelafsetpunt waar Nellie haar bestanddele gekoop het. (1) 6.5.5 Nellie se koekieverkope was konsekwent gedurende die jaar, maar was die beste in November. (a) Gee redes vir die konsekwente verkope. (3) (b) Gee redes waarom die verkope in November 'n hoogtepunt bereik het. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/November 2019 NSS 6.5.6 Identifiseer VIER stadiums in Nellie se koekieproduksieproses waar sy gehaltebeheer moet toepas. (4) 6.5.7 Analiseer die impak wat beurtkrag op die doeltreffende produksie van Nellie se produkte kon gehad het as sy nie 'n kragopwekker gekoop het nie. (5 x 2) (10) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all