You're offline
Skip to content
Question paper

Consumer Studies Nov 2023 Afr (1) hlayiso.com

Subject: Consumer StudiesGrade 12202314 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2023 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) AFDELING A (Kortvrae) 1 Kortvrae (ALLE onderwerpe) 40 20 AFDELING B (Langvrae) 2 Die Verbruiker 40 40 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising en Interieur 20 20 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs in swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Die persentasie waarteen die prys van goedere en dienste styg: A Rentekoers B Inflasiekoers C Prima rentekoers D Repokoers (1) 1.1.2 Die liggaam wat belasting namens die regering invorder: A SAID B SAUK ('SABC') C SABS D SARB (1) 1.1.3 'n Voorbeeld van niehernubare energie: A Windkrag B Hidrokrag C Fossielbrandstowwe D Sonkrag (1) 1.1.4 'n Onwettige piramideskema … A betaal gelyke hoeveelhede geld aan alle lede uit. B verkoop goedere of dienste aan klante. C volg billike handelspraktyke in alle handelinge. D betaal vergoeding aan lede vir die werwing van nuwe lede. (1) 1.1.5 Die tipe brood wat vrygestel is van BTW: A Bruinbrood B Witbrood C Rogbrood D Volkoringbrood (1) 1.1.6 … het 'n inkubasieperiode van 28 dae of drie tot vyf weke. A E. coli B Disenterie C Gastroënteritis D Hepatitis A (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2023 NSS 1.1.7 Hierdie inligting wat op 'n voedseletiket aangetref word, sal help om gesonder voedselkeuses te maak: A Land van oorsprong B Vervaardiger se besonderhede C Bedieningsvoorstelle D Voedingsinligting (1) 1.1.8 … dra tot die kleur van sommige aartappelskyfies by. A Lesitien B MNG (mononatriumglutamaat) C Tartrasien D Aspartaam (1) 1.1.9 'n Ernstige glutenintoleransie kan lei tot … A seliaksiekte/seliakie. B hipertensie. C anemie. D hiperglukemie. (1) 1.1.10 … word bestraal weens hulle hoë bakteriële lading. A Jogurt en kaas B Kruie en speserye C Appel- en lemoensap D Brood en koekmeel (1) 1.1.11 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.  Swart mansbaadjie  Vertikale wit potloodstrepies  Enkelbors  'n Sak aan elke kant [Bron: Shopstyle UK] Die vertikale wit potloodstrepies op die baadjie sal die draer … laat vertoon. A smaller en langer B breër en langer C kleiner en korter D korter en smaller (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2023 NSS 1.1.12 … is die onwettige kopiëring van 'n oorspronklike klere-item. A Parallelle invoere B Swart goedere C Handelsmerkrowery/-plagiaat D Grysgoedere (1) 1.1.13 Gerekenariseerde patroonontwerpmetodes en die ontwikkeling van nuwe tekstiele is 'n gevolg van … faktore wat modeveranderinge beïnvloed. A politieke B tegnologiese C ekonomiese D sosiale (1) 1.1.14 In 'n …-transaksie bly die toestel by die verkoper totdat dit ten volle betaal is. A bêrekoop B kredietkaart C afbetalingskoop D winkelkaart (1) 1.1.15 Die aankoop van 'n deeltitel-eiendom maak 'n persoon outomaties lid van 'n … A huisbouersraad. B eiendomsagent-assosiasie. C huurtribunaal. (1) D huiseienaarsvereniging. 1.1.16 Die doel van goeie voorraadbeheer in 'n besigheid is om te verseker dat … A die goedkoopste voorraad aangekoop word. B dit nie nodig is om voorraad te organiseer nie. C tyd en geld nie gemors word nie. D ekstra voorraad ten alle tye aangekoop word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2023 NSS Lees die scenario hieronder en gebruik dit om VRAAG 1.1.17 tot 1.1.20 te beantwoord. John verkoop 'n verskeidenheid toebroodjies by 'n skool se snoepwinkel en hy maak ook toebroodjies vir skoolfunksies wanneer dit gevra word. Hy koop brood by die plaaslike bakkery wat hom 'n afslag gee. Hy adverteer sy dienste op die skool se webwerf. [Eie teks] 1.1.17 John se besigheid sal baie blootstelling kry omdat hy … gebruik om sy besigheid te bemark. A elektroniese media B gedrukte media C direkte pos D buitelugmedia (1) 1.1.18 John se besigheid het aantrekkingskrag vir verbruikers omdat hy … A 'n besigheid by 'n skool het. B verskeie toebroodjies maak. C vir skoolfunksies voorsiening maak. D op die skool se webwerf adverteer. (1) 1.1.19 Kies 'n rede wat 'n negatiewe invloed op die finansiële volhoubaarheid van John se besigheid kan hê: A Advertensies op sosiale media B Die maak van toebroodjies vir sosiale funksies C Gebruik die plaaslike bakkery D Skole wat op sekere tye van die jaar sluit (1) 1.1.20 John is 'n verantwoordelike produsent omdat hy … A op die skool se webwerf adverteer. B 'n verskeidenheid toebroodjies maak. C brood by die plaaslike bakkery koop. D aan beide studente en personeel verkoop. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2023 NSS 1.2 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Alle lede dra fondse by en word deur die skema betaal 1.2.2 Om onredelike praktyke teenoor verbruikers uit te voer 1.2.3 Beskerm 'n party in 'n kontrak teen blaam of skuld 1.2.4 Kansellasie van verkope wat deur direkte bemarking beïnvloed is 1.2.5 Alle lede verkoop produkte vir die skema 1.2.6 Produkte wat in 'n land sonder die vervaardiger se toestemming verkoop word (6 x 1) (6) 1.3 Pas 'n beskrywing in KOLOM B by die term in KOLOM A. Skryf slegs die letter (AF) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.4 G. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Koopakte A 'n dokument wat die bedrag aandui wat die voornemende koper bereid 1.3.2 Huurooreenkoms is om vir 'n eiendom te betaal 1.3.3 Koopaanbod B 'n ooreenkoms wat besonderhede aandui van alle veranderinge wat aan 'n eiendom aangebring moet word C 'n wettige ondertekende ooreenkoms tussen 'n koper en 'n verkoper D 'n dokument wat die okkupasiedatum aandui E 'n dokument wat al die defekte in 'n gehuurde eiendom aandui F 'n ooreenkoms onderteken deur beide 'n huurder en die eienaar van die eiendom (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2023 NSS 1.4 Kies VYF stellings uit die lys hieronder wat deel vorm van die 5-P's- bemarkingstrategie. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Het plaaslik en internasionaal kliënte B Lewer betyds af C Gebruik opgeleide personeel om produkte te produseer D 'n Besigheid wat 'n webwerf, Instagram en TikTok-rekeninge het E Vra redelike pryse F Noukeurige beheer van finansies G Produkte kan aanlyn of in die winkel bestel word H Om genoeg opbergplek vir die produkte te hê I Gebruik natuurlike grondstowwe in produksie J Doen roetine-instandhouding (5) 1.5 Kies SES faktore uit die lys hieronder wat tot die voedselonsekerheid van Suid-Afrikaners bydra. Skryf slegs die letters (A–L) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Toename in arbeidsbetogings B Geen droogte nie C Meer beurtkrag D Hoër rentekoerse op lenings E Lae produksiekoste F Hoër salarisse G Meer werkloosheid H Langer werksure I Hoër inflasie J Kunsmiskoste verlaag K Hoër brandstofpryse L Hoër staatstoelae (6) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2023 NSS AFDELING B: LANGVRAE VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Noem die dokument wat belowe om toestelle deur die verkoper of die vervaardiger te herstel, te vervang of die geld terug te betaal nadat dit gekoop is. (1) 2.2 Maak 'n lys van munisipale dienste waarvoor 'n huiseienaar of huishouding moet betaal. (3) 2.3 Noem DRIE maniere om water te bespaar wanneer 'n wasmasjien gebruik word. (3) 2.4 Noem VIER maniere om elektrisiteit te bespaar wanneer voedsel gaargemaak word. (4) 2.5 2.5.1 Noem TWEE praktyke wat die meeste swendelskemas in gemeen het. (2) 2.5.2 Verduidelik hoe verbruikers hulself teen aanlyn swendelary kan beskerm. (4) 2.6 Gee TWEE redes waarom sommige mense voorlopige belasting betaal. (2) 2.7 Verduidelik waarom saamgestelde rente duurder as enkelvoudige rente is. (3) 2.8 Beskryf die rol wat munisipaliteite moet speel om hulle gemeenskappe te help om van oorstromingskade te herstel. (5) 2.9 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Die verbruikersprysindeks (VPI) in Suid Afrika het na 109,40 punte in April gestyg vanaf 109 punte in Maart. [Bron: Statistiek Suid Afrika] Verduidelik hoe 'n hoë verbruikersprysindeks (VPI) 'n uitwerking op Suid-Afrikaanse verbruikers kan hê. (5) 2.10 Evalueer die impak wat alternatiewe energiebronne wat tydens beurtkrag deur huishoudings gebruik word, op die omgewing kan hê. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Verduidelik die volgende terme: 3.1.1 Voedselbymiddels (3) 3.1.2 Voedselallergie (2) 3.2 Noem die funksies van die volgende voedselbymiddels: 3.2.1 Stabiliseerders (1) 3.2.2 Antioksidante (2) 3.3 Verduidelik die voordele van voedselbestraling. (4) 3.4 Verduidelik die moontlike negatiewe impak van organies gekweekte voedsel op die natuurlike omgewing. (4) 3.5 Beskryf die eienskappe van bulimia nervosa. (4) 3.6 Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe voedseloordraagbare siektes na vars geplukte groente oorgedra kan word. (4) 3.7 Beskryf die oorsaak van laktose-intoleransie. (4) 3.8 Een van die voordele van geneties gemodifiseerde voedsel is dat dit goedkoop is. Verduidelik hoe hierdie feit tot voedselsekerheid kan bydra. (2) 3.9 Bestudeer die maaltydplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ONTBYT MIDDAGETE AANDETE  Hawermout en  Volkoringtoebroodjie Mengelslaai-slaaiblare, melk met hoender- komkommer, tamaties,  Vars vrugte mayonnaise wortels, avokado's, fetakaas,  Lemoensap  Vars vrugte gekookte eiers/geroosterde vis/hoender sonder vel, croutons en slaaisous (olyfolie en asyn) [Eie teks] 3.9.1 Identifiseer TWEE voedselitems uit die maaltydplan wat NIE geskik is vir mense wat glutenintolerant is NIE. (2) 3.9.2 Evalueer die geskiktheid van die maaltydplan hierbo vir die bestuur van vetsug. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Verduidelik die term retrospektiewe mode. (2) 4.2 Noem TWEE stadiums in die modesiklus waar verkope laag is. (2) 4.3 Verduidelik die verskil tussen 'n klassieke mode en 'n modegier. (4) 4.4 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Oranje, katoen hemp-rok wat met tekkies (hardloopskoene) gedra word.  Lang moue  Kraag  Knope regdeur die middel voor  Midilengte  Geronde soom  Sy-openinge/-splete [Bron: Foschini aanlyn] Verduidelik, met voorbeelde, waarom hierdie hemp-rok veelsydig is. (6) 4.5 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. 'yaga' is 'n nuwe selfoon-toep ('app') wat gebruik kan word om klere en bykomstighede waarvoor mense voorheen lief was en wat hulle voorheen besit het (tweedehands), te koop en verkoop. [Bron: Google Play Store] Bespreek die ekonomiese en omgewingsvoordele van die gebruik van die 'yaga'-toep om klere te koop en te verkoop. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2023 NSS VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR 5.1 Noem EEN metode van betaling vir huishoudelike toestelle waar rente gehef word. (1) 5.2 Maak 'n lys van faktore wat 'n student behoort te oorweeg wanneer 'n mikrogolfoond vir sy/haar gehuurde kamer aangekoop word. (3) 5.3 Noem die hoofverskille tussen voltitelhuiseienaarskap en deeltitel- huiseienaarskap. (4) 5.4 Vergelyk die finansiële voordele van die huur van 'n eiendom met die finansiële nadele van die koop van 'n eiendom met 'n verband. Tabuleer die antwoord soos volg: FINANSIËLE VOORDELE VAN DIE FINANSIËLE NADELE VAN DIE HUUR VAN 'N EIENDOM KOOP VAN 'N EIENDOM MET 'N VERBAND (3) (3) (6) 5.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Mnr. Johannes is 'n pensioenaris wat in 'n klein woonstel woon. Hy koop normaalweg bevrore voedsel in grootmaat aan wanneer hy sy pensioen ontvang. Hy oorweeg dit om die kisvrieskas hieronder te koop. [Eie teks] Kisvrieskas  160 liter (klein)  Gas- en elektriese kisvrieskas  Ontvries per hand  Wit in kleur [Bron: OKFfurniture.co.za] Analiseer die geskiktheid van hierdie kisvrieskas vir mnr. Johannes. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2023 NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Gee DRIE voorbeelde van aanvangskoste vir 'n kleinskaalse besigheid van die huis af. (3) 6.2 Noem DRIE faktore wat die doeltreffende produksie van gehalteprodukte beïnvloed. (3) 6.3 Gee redes waarom 'n finansiële uitvoerbaarheidstudie uitgevoer word. (3) 6.4 Gee DRIE eienskappe van ekovriendelike verpakkingsmateriale. (3) 6.5 Verduidelik die voordele van die gebruik van plaaslike grondstowwe vir 'n kleinskaalse besigheid. (4) 6.6 Verduidelik waarom dit vir 'n besigheid belangrik is om onmiddellik kliëntenavrae of klagtes te hanteer. (3) 6.7 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BAKERS CREATIONZ Njabulo Sithole het sy besigheid in die kombuis by sy huis begin. Hy was lief daarvoor om koek te eet en dit het hom aangemoedig om koeke te begin bak. Hy het resepte vanaf die agterkant van koekmeelblompakke gebruik en het resepte vanaf die internet uitprobeer, wat hy aangepas het om by sy voorkeure te pas. Mense het van sy produkte gehou en hy het besef dat daar 'n aanvraag daarvoor is. Hy het aan die einde van 2012 sy werk as 'n bemarkingsbestuurder opgegee om Bakers Creationz te begin. Hy het aanvanklik plaaslike skole van koeke, muffins en kolwyntjies voorsien. Hy het kommissie aan skoolkinders betaal om dit te verkoop. Bestellings het begin instroom en hy het na 'n groter kombuis getrek. Hy het seker gemaak dat dit aan voedselveiligheids- regulasies voldoen deur die Departement van Gesondheid vir 'n inspeksie uit te nooi. Hy het sy wins begin spaar en toerusting aangekoop by bakkerye wat toegemaak het. Aan die begin het hy taxi's gebruik om sy produkte af te lewer. In 2016 het hy by die Pick n Pay Boost Your Biz-program aangesluit en het dit gewen. Dit het hom toegang tot die kleinhandelreus gegee. Hy verskaf tans meer as 12 000 sneeuballetjies ('snowballs'), worsbroodrolletjies en broodrolletjies aan 191 Pick n Pay-winkels regdeur Gauteng en KwaZulu- Natal. Sy Bakers Creationz-besigheid het gegroei om 40 personeellede in diens te neem. [Aangepas uit https://www.bizcommunity.com] 6.7.1 Maak 'n lys van die inligting wat op 'n verpakkingsetiket van die gebakte produkte ingesluit moet word. (4) 6.7.2 Noem TWEE menslike vaardighede wat vir Njabulo gehelp het om sy besigheid te begin. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2023 NSS 6.7.3 Verduidelik waarom dit vir Bakers Creationz belangrik is om gereelde instandhouding van sy tweedehandse toerusting te doen. (3) 6.7.4 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die sneeuballetjies ('snowballs') word in pakke van twee verpak. Njabulo verkoop dit aan Pick n Pay vir R16,00 per pak. Pick n Pay voeg 70% wins per pak by. (a) Bereken die wins wat Pick n Pay op ELKE pakkie sneeuballetjies ('snowballs') sal maak. (2) (b) Bereken Pick n Pay se verkoopprys vir ELKE pakkie sneeuballetjies ('snowballs'). Toon ALLE berekeninge. (2) 6.7.5 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Bakers Creationz het nie kontantvloei-uitdagings gehad sedert dit in 2012 begin het nie. Analiseer die geldigheid van die stelling hierbo. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 160 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Consumer Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all