You're offline
Skip to content
Question paper

Consumer Studies Nov 2023 MG Afr hlayiso.com

Subject: Consumer StudiesGrade 12202321 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 200 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 1.1.1 B Onthou, maklik (Verken, p.167; Suksesvol, p.185) (1) 1.1.2 A Onthou, maklik (Verken, p.163; Suksesvol, p.181) (1) 1.1.3 C Onthou, maklik (Verken, p.169; Suksesvol, p.190) (1) 1.1.4 D Verstaan, matig (Verken, p.162; Suksesvol, p.179) (1) 1.1.5 A Onthou, maklik (Verken, p.164-165; Suksesvol, p.181) (1) 1.1.6 D Onthou, maklik (Verken, p.89; Suksesvol, p.103) (1) 1.1.7 D Onthou, maklik (Verken, p.97; Suksesvol, p.117) (1) 1.1.8 C Onthou, maklik (Verken, p.95; Suksesvol, p.113) (1) 1.1.9 A Onthou, maklik (Verken, p.80; Suksesvol, p.93) (1) 1.1.10 B Onthou, maklik (Verken, p.105; Suksesvol, p.127) (1) 1.1.11 A Toepassing, maklik (Grade 11) (1) 1.1.12 C Verstaan, matig (Verken, p.64; Suksesvol, p.72) (1) 1.1.13 B Verstaan, matig (Verken, p.51; Suksesvol, p.54) (1) 1.1.14 A Onthou, maklik (Verken, p.148; Suksesvol, p.162) (1) 1.1.15 D Verstaan, maklik (Verken, p.122; Suksesvol, p.140) (1) 1.1.16 C Verstaan, maklik (Verken, p.19; Suksesvol, p.23) (1) 1.1.17 A Onthou, maklik (Verken, p.31; Suksesvol, p.30) (1) 1.1.18 B Verstaan, matig (Verken, p.13; Suksesvol, p.20) (1) 1.1.19 D Toepassing, maklik (Verken, p.35; Suksesvol, p.34) (1) 1.1.20 C Toepassing, matig (Verken, p.27; Suksesvol, p.26) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 1.2 1.2.1 Stokvel Onthou, matig (Verken, p.161- 162; Suksesvol, p.177-178) 1.2.2 Onbillike/ onredelike sake/ besigheidspraktyke Onthou, matig (Verken, p.157; Suksesvol, p.174) 1.2.3 Uitsluitings/ Vrystellings/ Vrywaringsklousule Onthou, matig (Verken, p.156; Suksesvol, p.173) 1.2.4 Afkoel (periode) Onthou, matig (Verken, p.157; Suksesvol, p.174) 1.2.5 Multivlak/ Stapelvlak bemarking/ Wettige piramideskema Onthou, matig (Verken, p.162; Suksesvol, p.179) 1.2.6 Grysgoedere/ skuilinvoere/ parallelle invoere Onthou, matig (Verken, p.158; Suksesvol, p.176) (6) 1.3 1.3.1 C Onthou, matig (Verken, p.125; Suksesvol, p.142) (1) 1.3.2 F Onthou, matig (Verken, p118; Suksesvol, p.137) (1) 1.3.3 A Onthou, matig (Verken p.125; Suksesvol, p.142) (1) 1.4 A D E G I  (Enige volgorde) (5) Verstaan, matig (Verken, p.29-34; Suksesvol, p.28-33) 1.5 A C D G I K (Enige volgorde) (6) Toepassing, matig (Verken, p.106-107; Suksesvol, p.128-131) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANGVRAE VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Noem die dokument wat belowe om toestelle deur die verkoper of die vervaardiger te herstel, vervang of geld terug te betaal, nadat dit gekoop is. Geld-terug waarborg/ garansie/ waarborg (1) Onthou, maklik (Verken, p.158; Suksesvol, p.175) 2.2 Maak 'n lys van munisipale dienste waarvoor 'n huiseienaar of huishouding moet betaal.  Water1  Elektrisiteit2  Riool/ sanitasie3  Afvalverwydering4 (Enige 3) (3) Onthou, maklik (Verken, p.185; Suksesvol, p.203-205) 2.3 Noem DRIE maniere om water te bespaar wanneer 'n wasmasjien gebruik word.  Gebruik die geskikte watervlak/ gebruik slegs genoeg water vir die hoeveelheid wasgoed.1  Was volle ladings wasgoed.2  Maak die wasmasjien se filter gereeld skoon.3  Gebruik hoë doeltreffende wasmasjiene.4  Gebruik voorlaaiers in plaas van bo-laaier wasmasjiene.5  Gebruik ‘n ekonomiese / korrekte program moontlik.6  Gaan lekkasies by pypverbindings.7  Gryswater van die wasmasjien kan hergebruik word om die tuin nat te maak/ toilet te spoel/ water van die dubbelbalie kan hergebruik word om ‘n ander lading wasgoed te was.8 (Enige 3) (3) Onthou, maklik (Verken, p.181; Suksesvol, p. 158, 199) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 2.4 Noem VIER maniere om elektrisiteit te bespaar wanneer voedsel gaargemaak word.  Beplan maaltye vooraf/ maak meer as een maaltyd op ‘n slag om die beste gebruik van die stoof te maak.1  Vermy dit om voedsel teen piektye/ 17:00-20:002 gaar te maak om kragoplewing (power surges) te vermy.  Gebruik 'n mikrogolfoond/ konvensionele oond/ induksieplaat/ drukkoker/ lugbraaier ('air fryer') kitskastrol(“instant pot”) omdat hulle minder elektrisiteit as 'n stoof gebruik/ 'n korter gaarmaaktyd het/ gebruik ‘n gas/ parafien/primusstoof.3  Pas die grootte van die kastrol by die grootte van die stoofplaat.4  Skakel stoofplate/ oond af voordat die gaarmaaktyd voltooid is, om toe te laat dat gaarmaak teen 'n laer hitte voltooi word.5  Verminder die hitte sodra die voedsel gekook het en dit sal aanhou om te kook.6  Hou die oond se deur toe totdat gaarmaak voltooid is.7  Gebruik 'n warmboks/ wondersak (“wonderbag”) om die gaarmaakproses te voltooi.8  Maak een kastrol maaltye/ maak meer as een gereg in die oond wanneer dit warm is.9  Gebruik 'n ketel om water te kook, omdat dit 50% minder elektrisiteit gebruik as om dit in 'n kastrol, op die stoof te laat verhit/ kook slegs die hoeveelheid wat benodig word.10  Sny voedsel in kleiner stukkies omdat dit vinniger sal gaar word.11  Kyk of die rubberseël van die oond in 'n goeie toestand is/ nie hitte tydens die gaarmaakproses verloor nie/ maak seker dat toestelle goed instand en skoon gehou word sodat dit doeltreffend kan werk.12 (Enige 4) (4) Onthou, maklik (Verken, p.174; Suksesvol, p.193) 2.5 2.5.1 Noem TWEE praktyke wat die meeste swendelskemas in gemeen het.  Diefstal1 geld/ geen goedere of dienste word ontvang nie.  (Diefstal) van persoonlike inligting/ bankbesonderhede2 van 'n niksvermoedende verbruiker.  Plaas verbruikers onder druk om onmiddellik te reageer.3  Verpersoonlik/ tree op soos ‘n egte besigheid. 4  Gebruik van tegnologie. 5 (Enige 2) (2) Verstaan, maklik (Verken, p.159; Suksesvol, p.176-177) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 2.5.2 Verduidelik hoe verbruikers hulself teen aanlyn- swendelary kan beskerm.  Waak teen 'werk-van-die-huis- af' swendelskemas wat baie geld belowe.1  Moenie iets aankoop/ betaal voordat jy vir enige oënskynlike maatskappy kan begin werk nie.2  Maak seker dat die webtuistes waarvan af jy goedere aankoop, wettig/ veilig is/ veiligheidslotte/ sagteware het.3  Moenie op 'n e-pos of SMS wat sê dat jy 'n prys/ lotery gewen het, reageer nie.4  Moenie finansiële hulp aan enige iemand bied indien jy jou bankbesonderhede moet verskaf nie.5  Moenie sagteware van 'n onbetroubare bronne aflaai/ installeer om 'n virus te verwyder nie/ hou 'antigemorspos'/ antivirus sagteware op jou rekenaar op datum.6  Vee verdagte/ onbekende/ valse e-posse/ gemorspos uit, sonder om dit oop te maak.7  Moenie bankbesonderhede/ persoonlike inligting/ pin/ wagwoorde/ “OTP” (eenslag pin)/ CCV nommer aanlyn verskaf nie.8 Gaan jou bank/ kredietkaartrekeninge gereeld na.9  Verander/ kies sterk waagwoorde gereeld om inbraak (“hacking”) te vermy.10  Indien jy dink dat jy finansiële inligting/ kredietkaartnommer aan 'n swendelaar verskaf het, kontak jou finansiële instelling/ kredietkaart maatskappy onmiddellik.11 (Enige 4) (4) Onthou, matig (Verken, p.159; Suksesvol, p.177) 2.6 Gee TWEE redes waarom sommige mense voorlopige belasting betaal.  Mense wat voorlopige belasting betaal, ontvang 'n onreëlde inkomste.1  Sodat hulle nie vereis word om 'n groot bedrag belasting op een slag te betaal nie.2  Hulle inkomste kan nie op 'n maandelikse basis belas word nie omdat dit wissel3 en nie gewaarborg is nie.4  Mense wat 'n inkomste van meer as een bron ontvang.5 (Enige 2) (2) Verstaan, maklik (Verken, p.163; Suksesvol, p.181) 2.7 Verduidelik waarom saamgestelde rente duurder as enkelvoudige rente is.  Saamgestelde rente is duurder omdat rente op die hoof/ oorspronklike bedrag1 gevoeg en dit word ook by geakkumuleerde rente/ rente op datum gevoeg.2  In enkelvoudige rente, word daar slegs rente op die hoof bedrag gehef.3 (3) Verstaan, maklik (Verken, p.166; Suksesvol, p.184) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 2.8 Beskryf die rol wat munisipaliteite moet speel om hul gemeenskappe te help om van oorstromingskade te herstel.  Skoon, veilige en vars water te voorsien.1  Herstel van enige elektriese probleme wat dalk ontstaan het tydens oorstromings.2  Voorsiening van beskutting in gemeenskapsale/ sentrums, vir mense wat hul huise verloor het.3  Infrastruktuur soos slaggate en sinkgate wat in hul area mag ontwikkel het, te herstel.4  Verseker dat daar behoorlike sanitasie is.5  Skoonmaak van stormwaterdreinering om meer oorstroming van strate en erwe te voorkom.6  Verwyder/ maak opdrifsels/ rommel/ gemors/ vullis na die oorstrommings skoon.7  Daarstelling van vuur en ramp bestuurdienste om lewens te beskerm en te red.8   Voorsiening van gesondheidsdienste waar nodig.9 (Enige 5)  (5) Toepassing, matig (Verken, p.183; Suksesvol, p.202) 2.9 Verduidelik hoe 'n hoë verbruikersprysindeks (VPI) Suid-Afrikaanse verbruikers mag affekteer.  Die inflasiekoers1 is op die VPI gebaseer.  Hoe hoër die inflasiekoers2 hoe minder kan verbruikers met dieselfde hoeveelheid geld koop/ minder besteebare inkomste .3  Alle huishoudelike items se pryse sal verhoog4 en hulle meer onbekostigbaar maak.5  Sommige verbruikers mag nie in staat wees om vir hul basiese behoeftes te betaal nie.6  Die reserwebank gebruik die VPI om die rentekoers vas te stel7 dus sal huishoudings meer rente op hul skuld betaal omdat die rentekoerse hoër sal wees.8  Sommige Suid Afrikaners mag op die swartlys geplaas word9 omdat hulle nie kan bekostig om hul skuld te betaal nie.10 (Enige 5) (5) Toepassing, moeilik (Verken, p.167-168; Suksesvol, p.185) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 2.10 Evalueer die impak wat alternatiewe energiebronne wat tydens beurtkrag deur huishoudings gebruik word, op die omgewing mag hê. Die meeste alternatiewe bronne van energie het 'n negatiewe impak op die omgewing.1 Dra by tot aardverwarming.2 OF Huishoudings wat sonkrag/ hernubare bronne van energie gebruik, het nie 'n negatiewe impak op die omgewing nie.3 Verminder aardverwarming.4 (Enige 1) Positiewe impak Gas  Gas is die skoonste fossielbrandstof.5 Omskakelaars ('Inverters'):  Geen geraas besoedeling wanneer die gebruik word nie. 6 Sonenergie  Dit gebruik die son,7 wat 'n hernubare8 bron van energie is en onskadelik vir die omgewing is.9  Daar is geen geraasbesoedeling/ lug besoedeling10 terwyl dit gegenereer word nie. Negatiewe impak Gas  Huishoudings mag gas as 'n alternatiewe bron gebruik, gas veroorsaak lugbesoedeling11 wat skadelik12 vir die omgewing is.  Gas kan onaangename reuke veroorsaak13 terwyl dit gebruik word.  Gas is 'n nie-hernubare14 bron van energie. Omskakelaars ('Inverters')/ Steenkool/ hout vir vuur/ paraffien  Omskakelaars gebruik elektrisiteit om herlaai te word wat ‘n groot koolstof voetspoor agterlaat15  Meer steenkool moet gebrand word om elektrisiteit te produseer.16  Die brand van steenkool/ hout vir vuur/ paraffien veroorsaak lugbesoedeling17 omdat dit koolstofdioksied/ chemikalieë afgee wanneer dit gebrand word.18  Dit gee ook swaweldioksied af19 'n gas, wat suurreën skep.20  Hulle is almal nie-hernubare21 bronne van energie.  Afkap van bome vir hout om vuur te maak het ‘n negatiewe effek op die omgewing. 22 Kragopwekkers (diesel/ brandstof)  Gebruik brandstof of diesel (ru-olie) wat nie-hernubare23 fossielbrandstowwe is, wat lugbesoedeling veroorsaak24 wanneer dit gebrand word.  Hulle veroorsaak geraasbesoedeling25 wanneer energie gegenereer word. (Enige 7) (8) Analisering, moeilik (Verken, p.169-170; Suksesvol, p.190-192) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 3.1.1 Verduidelik die volgende terme: Voedselbymiddels Natuurlike of chemiese stowwe1 wat doelbewus by2 'n voedselproduk tydens prosessering of produksie3 gevoeg word om 'n spesifieke funksie te verrig.4 OF Stowwe5 wat by voedsel gevoeg word6 om hulle geur/ tekstuur/ smaak/ kleur te preserveer/ verbeter.7 (Enige 3) (3) Onthou, maklik (Verken, p.92; Suksesvol, p.110) 3.1.2 Voedselallergie 'n Voedselallergie kom voor wanneer die liggaam se immuunstelsel1 verkeerdelik dink dat die proteïene in die voedsel skadelik is2 en daarteen reageer deur teenliggaampies3 teen die proteïene op te bou. OF 'n Voedselallergie kom voor wanneer die liggaam 'n reaksie het5 wat deur 'n allergeen/ skadelike stof veroorsaak word.6 (Enige 2) (2) Onthou, maklik (Verken, p.79; Suksesvol, p. 92) 3.2 3.2.1 Noem die funksies van die volgende voedselbymiddels: Stabiliseerders  Om die tekstuur/ konsistensie/ dikte/ gladheid van voedsel te verbeter.1  Om 'n eenvormige dispersie van twee of meer onvermengbare stowwe te behou.2 (Enige 1) (1) Onthou, maklik (Verken, p.93; Suksesvol, p.113) 3.2.2 Antioksidante Voorkom oksidasie1 van voedsel wat tot galsterigheid,2 verkleuring3 kan lei, en verleng die raklewe.4 (Enige 2) (2) Onthou, maklik (Verken, p.94; Suksesvol, p.114) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 3.3 Verduidelik die voordele van voedselbestraling.  Voedselbestraling vernietig mikroörganismes/patogeniese bakterieë/ ander skadelike organismes.1  Dit voorkom dat voedseloordraagbare siektes voedsel beskadig/ maak voedsel veiliger om te eet.2  Dit vernietig/ deaktiveer organismes wat voedselbederf veroorsaak.3  Dit verleng die raklewe van vrugte en groente/vleis/pluimvee kan vir langer opgeberg word.4  Bestraling vertraag/ beheer uitloop van uie/ knoffel/ aartappels/ rypwording van vrugte.5  Vertraag die rypwording van vrugte, dus verminder dit verliese weens beskadiging tydens vervoer/ opberging.6  Dit vernietig insekte in en op grane/ tropiese vrugte wat ingevoer/ uitgevoer word.7 (Enige 4) (4) Onthou, matig (Verken, p.105; Suksesvol, p.127) 3.4 Verduidelik die moontlike negatiewe impak van organies gekweekte voedsel op die natuurlike omgewing.  Ingevoerde organiese voedsel word per vliegtuig vervoer1 wat mag bydra tot besoedeling/ lugbesoedeling2 en aardverwarming.3  Die toegelate plaagdoder/ kopersulfied is toksies4 vir erdwurms/ vis/ insekte/ voëls/ grond5 en veroorsaak waterbesoedeling.6  Meer grond/ land word benodig om organiese voedsel te kweek7 as dieselfde hoeveelheid nie-organiese voedsel.8  Meganiese metodes van onkruidbeheer/ brand/ ploeg/ bewerking kan tot groter energieverbruik lei9 dus dra dit by tot 'n hoër koolstofvoetspoor.10 (Enige 4) (4) Onthou, matig (Verken, p.104; Suksesvol, p. 126) 3.5 Beskryf die eienskappe van bulimia nervosa.  Herhaaldelike episodes van eetvergrypings (eet groter hoeveelhede voedsel op 'n slag).1  Eet groter hoeveelhede voedsel as wat die meeste mense binne 'n sekere periode, gewoonlik 2 uur, sal eet.2  Die persoon voel dat hy/ sy nie beheer het nie3 en nie tydens vergrypingsepisodes kan ophou eet nie.4  Eetvergrypings word gevolg deur lediging of (selfgeïnduseerde braking/ misbruik van lakseermiddels/ dwelms/ urinedrywers/ enemas)5 nie- lediging metodes (vas/ oormatige oefening)6 om gewigstoename te voorkom/ om gewig te verloor.7  Erge tandheelkundige probleme/ keelseer/ nierprobleme/ edeem/ hardlywigheid/ hoofpyne. 8  Ontevredenheid met liggaamsvorm/ verwronge liggaamsbeeld en/ of liggaamsgewig.9  Geheimsinnig oor eetgewoontes en eetvergruipingsgedrag.10 (Enige 4) (4) Onthou, matig (Verken, p.82; Suksesvol, p.94) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 3.6 Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe voedseloordraagbare siektes na vars geplukte groente oorgedra kan word. Die grond kon deur dieremis wat besmet wees.1 Vars groente nie deeglik gewas/ afgespoel nie2 Dit kon besmet gewees het toe besmette mense die vars geplukte groente hanteer het.3 Kon besmet gewees het indien die groente met besmette water nat gemaak/ besproei is.4 Besmette oppervlakke/ gereedskap/ apparaat kon tydens die pluk/ hantering gebruik word.5 Besmette plae wat op vars geplukte groente sit. 6 Wanneer 'n persoon wat die groente pluk, nie hul hande gewas het nadat die toilet gebruik is nie7 kan die siekte oorgedra word. (Enige 4) (4) Verstaan, matig (Verken, p.86-88; Suksesvol, p.103,106,108) 3.7 Beskryf die oorsaak van laktose-intoleransie.  Wanneer die liggaam te min/ geen laktase (ensiem) produseer 1 om die laktose2 in melk, af te breek na glukose en galaktose.3  Laktose bly onverteerd4 en word na die dunderm vervoer waar dit deur bakterieë gefermenteer word.5 (Enige 4) (4) Verstaan, matig (Verken, p.79; Suksesvol, p. 93) 3.8 Verduidelik hoe hierdie feit tot voedselsekerheid mag bydra.  Omdat dit goedkoop is, mag dit bekostigbaar1 en toeganklik2 vir baie mense wees.3 Dit mag veroorsaak dat meer mense op 'n daaglikse basis4 toegang tot genoeg5 voedsame voedsel6 mag hê. (Enige 2) (2) Toepassing, matig (Verken, p.106; Suksesvol, p. 93) 3.9 3.9.1 Identifiseer TWEE voedselitems uit die maaltydplan wat nie geskik is vir mense wat glutenintolerant is nie.  Hawermout1  Volkoringtoebroodjie2  'Croutons'3 (Enige 2) (2) Toepassing, maklik (Verken, p.80; Suksesvol, p. 93) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 3.9.2 Evalueer die geskiktheid van die maaltydplan hierbo vir die bestuur van vetsug. Alle maaltye is geskik1 vir die bestuur van vetsug. (1)  Die maaltydplan bevat DRIE maaltye wat beteken dat maaltye nie oorgeslaan word nie. 2  Dit bevat n goeie gesonde ontbyt wat energie verskaf3 en oor- eet/ peusel later in die dag voorkom.4  Die middagete is gesond en gebalanseerd.5  Aandete is 'n ligte maaltyd waar minder kilojoules benodig word.6  Vrugte/ lemoensap/ groente/ slaai vorm deel van 'n gesonde dieet en is ryk in vesel7 wat 'n persoon langer versadig/ vol sal hou en oor-eet sal verminder.8  Die ontbyt en middagete bestaan uit volkoringbrood/ hawermout wat ryk in vesel9 is en sal help met gewigsverlies10 deur honger te vertraag.11  Volkoringbrood/ hawermout is laag in GI12 en is geskik vir 'n persoon wat gewig wil verloor omdat dit die persoon vir langer vol/ versadig sal hou.13  Hoender/ eiers/ fetakaas/ vis is laag in vet, wat sal help met gewigsverlies.14 Hulle bevat proteïene wat in energie omgeskakel kan word, wat help om gewig te verloor.15  Die hoender-mayonnaise bevat vet dus dra dit by tot hoë kilojoule/ energie inname/ vetsug.16  Gesonde gaarmaakmetodes/ kook/ rooster/ sal nie tot vetsug bydra nie. 17  Die maaltydplan is laag in suiker. 18 (Enige 7) (8) Evaluering, moeilik (Verken, p.82-83; Suksesvol, p. 96-98) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: KLEDING 4.1 Verduidelik die term retrospektiewe mode. Ontwerpers kyk na geskiedenis vir inspirasie1 en ontwerp kledingstukke wat soos 'n vroeër tydperk2 vertoon. OF Klere wat die style van 'n vorige era3 naboots.4 (2) Onthou, maklik (Verken, p.51; Suksesvol, p.53) 4.2 Noem TWEE stadiums in die modesiklus waar verkope laag is.  Begin/ loods/ inleiding1  Afname2  Veroudering/ einde3 (Enige 2) (2) Verstaan, matig (Verken, p.49-50; Suksesvol, p.50) 4.3 Verduidelik die verskil tussen 'n klassieke mode en 'n modegier. Modegier  'n Modegier het 'n hoë aanvraag vir 'n kort tydperk/ het 'n kort lewensiklus.1  Dikwels buitensporig/ oordrewe/ pas nie by almal nie.2  Word dikwels in bykomstighede gesien soos juwele/ belts/ sakke.3 Klassieke mode  Klassieke style is tydloos/ bly vir baie seisoene in die mode.4  Eenvoudige lyne/ pas by die meeste mense.5  Gesien in getailleerde/ snyerspakke/ denimbroeke/ T-hemde.6 (Enige 4) (4) Verstaan, matig (Verken, p.49; Suksesvol, p.51) 4.4 Verduidelik, met voorbeelde, waarom hierdie hemp-rok veelsydig is. Die moue is lank vir koel dae1 en dit kan opgerol word vir warm dae.2 Dit kan op gedoen word (meer formeel gedra word) deur serpe/ juwele by te voeg vir werk3 of minder formeel vir ontspanningstyd gedra word.4  Katoen kan in die somer en winter gedra word.5  Dit kan by alle liggaamsvorme pas6 omdat dit lospassend is.  Verskillende skoene/ stewels/ sandale7 kan met die rok gedra word.  Kan met oop knoppe, as 'n ligte baadjie gedra word.8  Kan met 'n baadjie/ jas/ juwele/ onderbaadjie gedra word.9  Broeke/ 'leggings'/ 'tights' kan onder dit gedra word.10  'n Belt11 kan bygevoeg word om die fatsoen te verander.  Die oranje hemp-rok kan met baie verskillende kleure gedra word.12 (Enige 6) (6) Toepassing, matig (Verken, p.56-57; Suksesvol, p.60-63) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 4.5 Bespreek die ekonomiese en omgewingsvoordele van die gebruik van die 'yaga app' om klere te koop en te verkoop. Ekonomiese  Items sal goedkoper/ meer bekostigbaar wees as wat dit nuut, teen die volle/ oorspronklike kleinhandelsprys gekoop word.1  Mense kan hul klere verkoop2 en 'n inkomste verdien.3  'n Persoon kan met beperkte finansiële hulpbronne4 in die mode bly.5  Dit sal vervoerkoste bespaar omdat 'n persoon nie na die winkels hoef te gaan nie.6 Omgewings  Die behoefte vir die vervaardiging van nuwe tekstiele7 word verminder/ minder natuurlike hulpbronne/ water/ grond8 sal gebruik word.  Die afval op stortingsterreine9 word verminder.  Minder elektrisiteit/ vervoer word gebruik 10 wat koolstofvrystellings/ koolstofvoetspoor/ lugbesoedeling verminder.11  Dit verminder die behoefte vir chemiese stowwe/ kleurmiddels12 wat grondbesoedeling13 veroorsaak. (6) Analisering, matig (Verken, p.61-63; Suksesvol, p.67-69; Verbruikerskwessie) LET WEL: Daar moet na beide ekonomiese en omgewingsvoordele gewys word. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR 5.1 Noem EEN metode van betaling, vir huishoudelike toestelle, waar rente gevra word.  Krediet(kaart)/ winkelkaart/ winkelrekening1  Huurkoop/ afbetalings(verkope)2 (Enige 1) (1) Onthou, maklik (Verken, p.148; Suksesvol, p.162) 5.2 Maak 'n lys van faktore wat 'n student behoort te oorweeg wanneer 'n mikrogolfoond vir sy/ haar gehuurde kamer aangekoop word.  Maklike hantering1  Veiligheid van die toestel2  Begroting/ prys3  Beskikbare spasie/ ruimte/ grootte4  Energie-doeltreffendheid/ watt/ kragverbruik5  Sy/ haar gaarmaak/ opwarmingsbehoeftes6  Veiligheidsertifisering/ SABS7  Waarborg/ geld-terug-waarborg/ garansie8 (Enige 3) (3) Onthou, maklik (Verken, p.133; Suksesvol, p.152-153) 5.3 Noem die hoofverskille tussen voltitelhuiseienaarskap en deeltitelhuiseienaarskap.  In voltitelhuiseienaarskap word die koper van die eiendom die wettige eienaar van die hele eiendom,1 die grond en al die strukture daarop.2  In deeltitelhuiseienaarskap word eenhede/ dele van 'n gebou individueel besit deur individuele kopers3 en hulle deel eienaarskap van die gemeenskaplike areas.4 (4) Verstaan, maklik (Verken, p.121-122; Suksesvol, p.139-140) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 5.4 Vergelyk die finansiële voordele van die huur van eiendom, met die finansiële nadele van die koop van 'n eiendom, met 'n huisverband. Tabuleer die antwoord soos volg: FINANSIËLE VOORDELE VAN FINANSIËLE NADELE VAN HUUR VAN 'n EIENDOM. KOOP VAN EIENDOM MET 'n VERBAND.  Die huurder betaal 'n vasgestelde  Verband/ terugbetalingskoste bedrag oor 'n jaar/spesifieke mag binne 'n jaar/ spesifieke tydperk1 en kan dus vooruit tydperk verhoog indien begroot. rentekoerse verhoog.7  Die huurder betaal nie grond/  Die eienaar betaal grond/ eiendomsbelasting nie.2 eiendomsbelasting.8  Die huurder is nie verantwoordelik vir die betaling van die  Die eienaar is verantwoordelik instandhouding van die eiendom/ vir die betaling van die eenheid/ gebou nie.3 instandhouding van die eiendom/eenheid/gebou.9  Minder maandelikse uitgawes omdat die huurder nie vir  Die eienaar betaal die huiseienaarsversekering betaal huiseienaarsversekering.10 nie.4  Maandelikse huur is minder as 'n  Duurder in die korttermyn.11 verband terugbetaling/ goedkoper in die korttermyn.5  Die eienaar moet nog steeds  Die huurder kan uit trek/ verhuis die verband betaal selfs as dit indien dit onbekostigbaar word6 onbekostigbaar word.12 nadat kennis gegee was. (Enige 3) (Enige 3) (6) Verstaan, matig (Verken, p.118 and 123; Suksesvol, p.137 and 141) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 5.5 Analiseer die geskiktheid van hierdie kisvrieskas vir Mnr Johannes. Dit sal aan sy behoeftes voldoen omdat dit beide gas en elektrisiteit gebruik. Sy bevrore voedsel sal nie tydens beurtkrag geaffekteer word nie, omdat dit ook gas gebruik.1  Die gebruik van gas is baie goedkoper as elektrisiteit2 en hy sal geld bespaar op sy elektriese-rekening.3  Dit is wit in kleur wat dit vir hom maklik sal maak om skoon te maak.4  Die oppervlak op die bokant van die vrieskas kan addisionele werk/ opbergingspasie voorsien.5  Die kisvrieskas is klein genoeg om in sy klein woonstel te pas.6 en sal groot genoeg wees om in grootmaat aankope te doen. 7  'n Ys-vrieskas sal hom beter pas as ‘n kisvrieskas weens beperkte spasie.8  'n Kisvrieskas is NIE maklik om te bestuur/ skoon te maak/ per hand te ontdooi NIE9 omdat 'n bejaarde persoon moet buig en strek/ gebruik meer menslike energie.10  ‘n Gasbottel sal swaar wees vir Mr Johannes om te dra.11  Indien die kisvrieskas onder 'n toonbank staan, is dit nie maklik toeganklik nie.12 (Enige 6) (6) Analisering moeilik (Verken, p134; Suksesvol, p.159) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Gee DRIE voorbeelde van aanvangskoste vir 'n kleinskaalse besigheid vanaf die huis.  Elektrisiteit1  Water2  Grondstowwe3  Skryfbehoeftes4  Brandstof/ vervoer/ afleweringskoste5  Huur6  Administratiewe koste/ telefoon/ selfoon/ internet7  Lisensie/ registrasiekoste8  Gereedskap9  Skoonmaakkoste/ skoonmaakmiddels/ instandhouding10  Arbeid/ lone/ salarisse11 (Enige 3) (3) Onthou, maklik (Verken, p.36; Suksesvol, p.35) 6.2 Noem DRIE faktore wat die doeltreffende produksie van gehalte produkte beïnvloed.  Beplanning1  Nakoming van spesifikasies2  Gehaltebeheer3  Netjiese werksplek4  Higiëne van werkers5  Noukeurige beheer van finansies6  Voorraadbeheer7 (Enige 3) (3) Onthou, maklik (Verken, p.15-19; Suksesvol, p.21-23) (CAPS) 6.3 Gee redes waarom 'n finansiële uitvoerbaarheidstudie uitgevoer word.  Om die sterkpunte1 en swakhede2 van 'n bestaande besigheid/ 'n nuwe besigheid idee te ontdek.  Om vas te stel of die besigheid 'n sukses sal wees3 nadat die totale koste en waarskynlike inkomste/ wins in aanmerking geneem was.4  Sal die entrepreneur help om objektief te besluit of hy/ sy met 'n besigheid idee voort te gaan.5  Sal help om te identifiseer hoe die besigheid idee verander/ aangepas kan word om winsgewendheid te verseker.6  Om te bereken hoeveel aanvangskapitaal benodig word7 waar dit verkry kan word en die tipe opbrengs/ wins op belegging.8  Om die kosprys te bereken9 en die verkoopprys10 van die produk te bepaal. (Enige 3) (3) Onthou, matig (Verken, p.35; Suksesvol, p.35) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 6.4 Gee DRIE eienskappe van ekovriendelike verpakkingsmateriale.  Bioafbreekbaar1  Herbruikbaar2  Herwinbaar3  Op 'n energiedoeltreffende manier vervaardig4  Lae koolstofvoetspoor/ kweekhuis effek/ min skade aan die omgewing5 (Enige 3) (3) Verstaan, matig (Verken, p.27-28; Suksesvol, p.26) 6.5 Verduidelik die voordele van die gebruik van plaaslike grondstowwe vir 'n kleinskaalse besigheid.  Dit vestig 'n goeie verhouding met die verskaffers.1  Grondstowwe sal maklik beskikbaar wees.2  Dit verminder vervoerkoste.3  Mag goedkoper wees.4  Verminder vertragings in produksie.5  Dit stimuleer die plaaslike ekonomie.6  Dis meer omgewingsvriendelik weens 'n laer koolstofvrystelling.7  Plaaslike voedselprodukte is vars/ het 'n beter geur/ smaak.8 (Enige 4) (4) Verstaan, matig (Verken, p.13; Suksesvol, p.19-20) 6.6 Verduidelik waarom dit vir 'n besigheid belangrik is om kliëntenavrae of klagtes onmiddellik te hanteer.  Vinnige reaksie teenoor kliënte se navrae en die aanspreek van kliënte se klagtes/ behoeftes/ om na kliënte te luister, sal hulle ondersteuning verseker en hul lojaliteit in stand hou.1  Dit is noodsaaklik vir die besigheid om te verseker dat sy kliënte se behoeftes vervul word.2 Gelukkige kliënte moedig verkope aan deur (mondelikse kommunikasie) 'word-of-mouth'/ ongelukkige kliënte beteken moontlik geen verkope en geen wins nie.3  Deur klagtes van kliënte te ontvang en vinnig daaraan aandag te skenk kan die besigheid/ produkte/ diens verbeter.4 As gevolg kliëntenavrae kan 'n besigheid aanpassings maak om te groei.5 (Enige 3) (3) Verstaan, matig (Verken, p.24-25; Suksesvol, p.25) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 6.7 6.7.1 Maak 'n lys van die inligting wat op die verpakkingsetiket van die gebakte produkte ingesluit behoort te word.  Naam van die produk1  Naam van vervaardiger2  Handelsnaam/ merk/ embleme3  Adres/ besonderhede van vervaardiger 4  Land van oorsprong5  Bestanddele6  Opberginstruksies7  Voedingsinligting8  Gewig/ massa/ volume/ hoeveelheid/ grootte9  Prys/ pryskode10  Allergene11  Datumstempels12 (Enige 4) (4) Onthou, maklik (Verken, p.24; Suksesvol, p.29) 6.7.2 Noem TWEE menslike vaardighede wat vir Njabulo gehelp het om sy besigheid te begin.  Bak-vaardighede1  Tegnologiese vaardighede (internet)2  Bemarkingsvaardighede3  Bestuursvaardighede4 (Enige 2) (2) Toepassing, matig (Verken, p.10; Suksesvol, p.17) 6.7.3 Verduidelik waarom dit vir Bakers Creationz belangrik is om gereelde instandhouding van sy tweedehandse toerusting te doen.  Dit voorkom dat dit tydens produksie onklaar raak1 en bespaar tyd.2  Dit verseker deurlopende produksievloei.3  Dit verminder herstelwerk,4 ongeskeduleerde/ instandhouding5 en verhoog die lewensduur van die gereedskap.6  Dit bespaar geld vir die besigheid omdat produksie nie stop/ nie onderbreek word nie.7  Dit voorkom ongelukke in die werkplek/ vir die veiligheid van werkers.8 (Enige 3) (3) Verstaan, maklik (Verken, p.24; Suksesvol, p.25) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 6.7.4 (a) Bereken die wins wat Pick n Pay op elke pakkie sneeuballetjies (snowballs) sal maak. R 16.00 x 70%1 = R 11.202 (2) Toepassing, matig (Verken, p.38; Suksesvol, p.39) (b) Bereken Pick n Pay se verkoopprys vir elke pakkie sneeuballetjies (snowballs). Toon ALLE berekeninge. R 16.00 + R 11.201 = R 27.202 / R27.2034 (2) Toepassing, matig (Verken, p.38; Suksesvol, p.39) 6.7.5 Analiseer die geldigheid van die stelling hierbo.  Hy het gebruikte toerusting van bakkerye wat sluit, teen 'n goedkoper prys1 gekoop2 in plaas van om splinternuwe toerusting teen 'n duurder prys te koop.3 Hy het dus ekstra kontant beskikbaar gehad om vir ander behoeftes te betaal.4  Hy het die besigheid uit sy eie kombuis begin5 en hoef nie huur te betaal nie.6  Hy het sy eie aflewering gedoen7 wat hom geld bespaar het deur nie afleweringspersoneel in diens te neem nie.8  Op skooldae het sy produkte goed verkoop9 omdat hy plaaslike skole van koeke, muffins en kolwyntjies voorsien het en het kinders gehad wat vir die besigheid verkope gedoen het.10  Bestelling het in gevloei11 wat sy kontantvloei verhoog het.  Deur die wins te spaar,12 het sy kontantvloei verhoog.  Deur taxi’s vir aflewering te gebruik13 was die bedryfskoste laag14 wat ook die kontantvloei verhoog het.  Die besigheid verskaf 191 kleinhandel reus/ Pick n Pay verkooppunte15 in twee verskillende provinsies van 12 000 verskeie gebakte produkte16 wat die kontantvloei drasties verhoog.17 (Enige 8) (8) Analisering, moeilik (Verken, p.40; Suksesvol, p.42) [40] TOTAAL AFDELING B: 160 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Consumer Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all