Skip to content
Question paper

Creative Arts Grade 9 November EC 2014 Question Paper

Grade 9 Creative Arts question paper from the November EC 2014, 32 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Creative ArtsGrade 9201432 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2014 SKEPPENDE KUNSTE PUNTE: 100 TYD: 2 uur *9KUNS* Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig voordat dit beantwoord word: 1. BEANTWOORD SLEGS TWEE (2) AFDELINGS VAN DIE 4 AFDELINGS: Kies die TWEE afdelings wat julle die jaar gestudeer het. RIGTING VRAE AFDELING A: VISUELE KUNSTE 1–4 AFDELING B: DANS 5–8 AFDELING C: DRAMA 9 – 12 AFDELING D: MUSIEK 13 – 17 2. Nommer jou antwoorde presies soos die vraag genommer is. 3. Skryf netjies en leesbaar. 4. Alle antwoorde word geskryf op die ANTWOORDBLAD en NIE op die vraestel NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 3 AFDELING 1: VISUELE KUNS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Kies die korrekte antwoord van die moontlike antwoorde vir elkeen van die onderstaande vrae. Skryf slegs die letter (A–D) van die korrekte antwoord langs die nommer (1.1–1.10) van die vraag, byvoorbeeld 1.11 D. 1.1 Wat noem ons ʼn vorm wat met die natuur te doen het? A Sirkulêre B Organiese C Simplistiese D Gespasieerde (1) 1.2 Watter kunselement het met die kwaliteit van ʼn oppervlakte te doen? A Lyn B Spasie C Vorm D Tekstuur (1) 1.3 Indien ʼn motief in ʼn kunswerk herhaal word veroorsaak dit … A herhaling. B balans. C ʼn patroon. D skaal. (1) 1.4 ʼn Aaneenlopende lyn in ʼn kunswerk word ʼn … lyn genoem. A vertikale B simmetriese C asimmetriese D kontoer- (1) 1.5 Watter tipe werkgeleenthede is vir ʼn persoon met ʼn graad in die Skone Kunste beskikbaar? A Argitek B Filosoof C Boekhouer D Kunskritikus (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) 1.6 Die area rondom positiewe vorms en die agtergrond is … vorme. A figuurlike B geometriese C negatiewe D organiese (1) 1.7 Die kreatiewe probleemoplossingsproses sluit in beplanning, navorsing, nuwe idees en verbeelding en word … genoem. A toon B ontwerp C tekstuur D tekening (1) 1.8 Die elemente en beginsel van ontwerp is … A die boublokke wat gebruik word om ʼn kunswerk te skep. B die reëls wat ʼn kunstenaar moet volg om ʼn kunswerk te skep. C pen, papier en tekenvoorwerpe. D die kunstenaar en die model. (1) 1.9 Watter van die volgende is NIE ʼn element van kuns NIE? A Vorm B Lyn C Kontras D Tekstuur (1) 1.10 Harmonie in kuns verwys na … A soortgelyke eenhede van komposisie wat ʼn kunswerk saamstel. B musikale stimuli wat help om ʼn kunswerk te skep. C twee elemente wat saamwerk. D twee kunstenaars wat saamwerk om een kunswerk te skep. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 5 VRAAG 2 Bestudeer die onderstaande prente en tref/maak ʼn vergelyking tussen FIGUUR 2.1 en FIGUUR 2.2 met verwysing na:  Ruimte  Vorm  Lyn Jy mag puntsgewys beantwoord. FIGUUR 2.1 FIGUUR 2.2 Elke feit tel 1 (een) punt. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) VRAAG 3: ONTWERP 3.1 Ontwerp op ʼn A4 bladsy ʼn grondvloerplan (2D bo-aansig) van jou “droomhuis”. Benoem al die vertrekke asook die gange. Die plan moet netjies met ʼn potlood en liniaal geteken word. Gebruik die volgende riglyne om jou te help. 1. Daar moet ʼn sitkamer, kombuis, een badkamer en twee slaapkamers wees. 2. Sluit in ʼn “sleutel” om te illustreer hoe jy deure, vensters of enige ander belangrike elemente sal voorstel. Die volgende rubriek word gebruik om jou tekening te assesseer: KRITERIA 2 1 0 GEBRUIK VAN ’N Die sleutel is Die sleutel is Daar is geen “SLEUTEL” van hulp en daar maar nie sleutel. goed baie van hulp geïllustreer. nie. PROPORSIE Die illustrasie se Daar is sommige Die illustrasie se proporsie is proporsie foute. proporsie is goed. swak voorgestel. ELEMENTE WAT Alle elemente Sommige van Daar is te min GEBRUIK IS (kombuis, die elemente elemente sitkamer, een (kombuis, (kombuis, badkamer en 2 sitkamer, een sitkamer, een slaapkamers badkamer en 2 badkamer en 2 sowel as ʼn slaapkamers slaapkamers sleutel) van die sowel as ʼn sowel as ʼn grondplan is sleutel) van die sleutel) van die teenwoordig. grondvloer is grondvloer teenwoordig. teenwoordig. NETHEID Die illustrasie is Die illustrasie is Die illustrasie is baie netjies en bietjie onnet. baie onnet en dit leesbaar. is moeilik om van dit sin te maak. ALGEHELE Taak baie goed. Gemiddelde Swak taak. INDRUK illustrasie. (10 x 1) (10) 3.2 In lyn met argitektuur verduidelik die verskil tussen ʼn 1-punt en 2-punt perspektief. Maak van tekeninge gebruik om jou antwoord te verduidelik. (10 2) (5) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 7 VRAAG 4 Lees die volgende artikel en beantwoord die onderstaande vrae. IN AFRIKA By Joy Garnett “Afrikaanse Kultuur” is ʼn eenvoudige term wat baie beskryf. Dit sluit historiese voorwerpe uit ʼn verlore verlede en materiaal van lewende tradisionele kulture in. Dit is deel van die Afrika-diaspora, vooruitstrewend buite Afrika in baie plekke – die Karibiese-eilande, die VSA en Europa. En Afrika-kuns is kontemporêre kuns. Uitbundige, gesofistikeerde werk word in baie Afrika lande geproduseer, en toenemend internasionaal uitgevoer. Nêrens is hierdie meer waar as in die nuwe Suid-Afrika. “Bevryde Stemme” Veral een, gefokusde blik op Suid-Afrikaanse kontemporêre kuns, is die uitstalling “Bevryde Stemme, Kontemporêre Kuns van Suid-Afrika” by die Museum vir Afrika-kuns by 593 Broadway-weg in Soho, September 17 tot Januarie 2, 1999. Die uitstalling bestaan uit 65 skilderye, beeldhouwerk en video-installasies wat sedert die einde van apartheid in 1994 gemaak is. Paul Stopforth, Die Ondervraers, 1979 “Bevryde Stemme” begin met Die Ondervraers (1979), ʼn enkelinge apartheid-era werk deur Paul Stopforth. Dit is ʼn vertikale triptiek van drie groot panele wat in grafiet en was gedoen is, en die werk beeld die buitegewone grootte gesigte van drie sekuriteitpolisiemanne wat Steve Biko ondervra het voordat hy in regeringbewaking, vermoor is. Die werk bring ander kenmerkende uitbeeldings van terreur, van Carl Theodore Dreyer se uitbeeldings van soldate in sy 1928 stillewe film meesterstuk, La Passion de Jeanne d’Arc, tot Leon Golub se portrette van huursoldate in die 1980’s, tot herinnering. “Nog ʼn kunstenaar wie ek nie uit my gedagtes kan kry is Mbongeni Richman Buthelezi, wie se kleurvolle abstrakte skilderye, gemaak word deur kos- plastiekhouers om op houtborde te smelt. Buthelezi se werk is verwant aan dié van Thorton Dial, die Afro-Amerikaanse nie-erkende kunstenaar van die Amerikaanse Suide (ingesluit in die volgende Whitney tweemaandelikse uitgawe), wat sy eie skilderstyl geskep het wat op ʼn volkmitologie van gevonde en weggooi voorwerpe – bande, roosters, linoleum en lappe gebaseer is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) Mbongeni Richman Buthelezi Ongetiteld, 1999 Maar Buthelezi, alhoewel ʼn benadeelde omdat hy arm en van die ‘townships’ is, is geen nie-erkende kunstenaar. Hy het die Funda Sentrum in Johannesburg bygewoon, ʼn “swart instelling” waar hy nou onderrig. Sy gebruik van weggooi materiaal weerspieël sy oortuigings oor die kunstenaar se rol as bewaarder van die omgewing en oor die kuns as ʼn daad van politieke verantwoordelikheid. Ook boeiend is kleurfoto’s deur Zwelethu Mthethwa, wat verwys na die patroongelaaide portretkuns van baie Afrika-fotografie van die 1960’s – Seydou Keita kom veral na vore. Mthethwa se portrette van arm mense, wat studio-styl in hul ongelooflike versierde huise poseer, het ʼn subtiele politieke wending. Zwelethu Mthethwa Ongetiteld, 1999 Die uitstalling bevat ook ʼn vreemde en indringende video deur Penny Siopis, getiteld My Lovely Day. Dit is ʼn vermenging van beelde uit haar kinderdae op musiek getoonset en het ʼn uitdagende, surrealistiese stroom van onderskrifte. Aangebied in ʼn klein, oudtydse teater, kompleet met rooi drapering, kitsch veloer opvou sitplekke en ʼn proscenium skerm, behoort die installasie ʼn nostalgiese bioskoop ontvlugting te bied. Maar die film is terselfdertyd ontstellend en sussend, as die gefragmenteerde onderskrifte – stukkies van die geheue, mondelinge geskiedenis, frases gelig uit poskaarte – die brutale regering se beleide van daardie era beklemtoon. Suid-Afrika in die gedrukte media ʼn Aansienlike katalogus vergesel “Bevryde Stemme” en sluit essays deur die twee wat die meer bekende kunstenaars wat verteenwoordig word, David Koloane en Sue Williamson. Williamson redigeer ʼn aanlyn tydskrif toegewy aan kontemporêre kuns in Suid-Afrika, genoem Art Throb, wat omvattende plaaslike en internasionale volledige benoemings, resensies, rubrieke en skakels bevat. Dit is regtig skitterend ontwerp. JOY GARNETT is ʼn kunstenaar van New York. [Bron: http://www.artnet.com/magazine/reviews/garnett/garnett12-29-99.asp] 4.1.1 Watter gebeurtenis word deur die artikel uitgebeeld? Verskaf ʼn definisie daarvan. (2) 4.1.2 Wat behels hierdie vertoning? Noem TWEE kunstenaars wat by die uitstalling betrokke is. (3) 4.1.3 Beskryf Zwelethu Mthethwa se kuns soos in die artikel genoem. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 9 4.1.4 Waarom laat Paul Stopforth se werk, “Die Ondervraers” die persone wat daarna kyk, bang voel? (3) 4.2 Joy Garnett, het die artikel geskryf en sy is ook ʼn kunstenaar, maar skryf as ʼn kunskritikus. Van jou begrip van ʼn kunskritikus, skryf VYF punte neer wat ʼn kunskritikus se rol beskryf. (5) [15] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) AFDELING B: DANS VRAAG 5: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Kies die korrekte antwoord van die moontlike antwoorde vir elkeen van die onderstaande vrae. Skryf slegs die letter (A–D) van die korrekte antwoord langs die nommer (5.1–5.10) van die vraag, byvoorbeeld 5.11 D. 5.1 Watter dansvorm se oorsprong kom uit Suid-Afrika? A Ballet B Rubbersteweldans C Moderne dans D Jazz (1) 5.2 Watter term verwys NIE na komposisionele dansstrukture NIE? A Begin en eindes B Herhaling/Repetisie C Oorgang D Postuur (1) 5.3 Fisiese dansstamina word ontwikkel deur … A met gewigte in die gimnasium te oefen. B die korrekte dansskoene te dra. C konstante dansoefeninge. D hard te studeer. (1) 5.4 Wat beteken postuur? A Die posisie waarin jy jou liggaam ophou teen die kragte van swaartekrag. B Die vermoë om jou liggaam stil te hou vir ʼn lang tydperk. C Die veilige gebruik van jou ruggraat en kern. D Die manier waarop ʼn danser hul arms gebruik. (1) 5.5 Draaibeweging met oogfokus word ... genoem. A ballet B dans-intergrasie C draaibeweging D draaie (1) 5.6 Die vrystelling van energie en gewig of krag in dansterminologie staan as ... bekend. A dinamika B konsolidasie C stamina D ruimte bewustheid (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 11 5.7 Eenheidsbeweging is wanneer ... A daar slegs een danser is. B ʼn groep dansers wat dieselfde danspassies uitvoer. C die dansers vir ʼn oomblik rus en nie beweeg nie. D ʼn solo danser aantree. (1) 5.8 Watter opvoerende kuns word NIE as dans beskou NIE? A Mimiek B Ysskaats C Ballet D Klopdans (1) 5.9 Pantsula-dans kan beskryf word as ... A ʼn dans wat deur probleem tieners uitgevoer word. B ʼn Afrika dans waar dromme gebruik word om by die uitvoering by dra C ʼn dans met kenmerkende voetbrwegings en liggaamsvibrasies. D ʼn stadige dans waar die dansers ligte danspassies doen. (1) 5.10 Opwarming vir dans is belangrik omdat ... A dit ʼn groep mense bymekaar bring. B indien dit koud is, sal die groep dansers beter voel. C dit aan die danssessie struktuur gee. D dit ʼn veilige oefening is wat verseker dat daar geen beserings plaasvind. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) VRAAG 6 Bestudeer die onderstaande sketse en beantwoord die vrae wat volg. A B C 6.1 Kies EEN van die volgende dansstyle, benoem die tipe dans en beskryf dit deur gebruik te maak van die volgende kriteria: LIGGAAM Hoe word die dansers se liggaamsdele gebruik? Watter vorms sal die liggaam maak? Hoe word die verskillende liggaamsdele gebruik? AKSIE Watter bewegings of aksies voer die dansers uit? SPASIE Van watter patrone in spasie maak die dansers gebruik? TYD Watter aspekte van tyd word gebruik? Wat sal jy oplet oor die dansers se ritmes? Hoe vinnig of stadig is die dans? ENERGIE Hoe sou jy die energie van die danser(s) tydens die dans en die dans beskryf? [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 13 VRAAG 7 7.1 Jou onderwyser is nie die dag by die skool nie en het jou gevra om in beheer vir die opwarming voor die dansklas te wees. Beskryf in EEN paragraaf die bewegings en aksies wat jy die klas sal laat uitvoer en verduidelik waarom jy dié betrokke opwarmingsoefeninge gekies het. Gebruik die volgende sleutelwoorde as riglyne: Bloedsirkulasie; spiere; gewrigte; senuwees; ontspanning; konsentrasie. (10) 7.2 Wat is die belangrikheid van afkoeling? Beskryf wat jy sal doen as ʼn afkoel-aktiwiteit. (5) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) VRAAG 8 Lees die volgende artikel en beantwoord die onderstaande vrae. BEVRY DEUR PASSIES GESMEE IN PYN ʼn Suid-Afrikaanse musiekgeselskap neem ʼn 19de eeuse dans wat deur geboeide myners van die strate geskep is na verhoë regoor die wêreld. November 19, 2000 deur ELAINE DUTKA Vincent Ncabashe het heel eerste rubberstewels (‘gumboot’) dans by die Thabisong jeugklub in Soweto, as ʼn 10-jarige, twee dekades gelede, geleer. Hy sê dat die werkersklas kunsvorm, wat tydens die 19de eeu in die land se goudmyne ontstaan het, was grootliks op neergesien. Vandag, Ncabashe en vyf van sy jeugklub vriende vertolk die hoofrolle in “Gumboots”, is ʼn liedjie en-dans-extravaganza wat in stede regoor die wêreld opgevoer was en dit open Woensdag by die Wilshire Teater. Dit word geredigeer deur Zenzi Mbuli, wat die vertoning in die vroeë 1990’s na die verhoog gebring het. Twee jaar gelede het “‘Gumboots” onder die aandag van die “Tap Dogs” produsent Wayne Harrison gekom, wie se Back Row produksies saam met ander produsente die uitvoering ʼn $1,2-miljoen hupstoot en professionele produksiewaardes gegee het. Die dans kan beskryf word as ʼn versameling van klap, trap, sing en fluit. Die nege dansers doen hoogskop, spring en kronkel slangagtig saam – ʼn uitbarsting van voortdurende beweging. Die nege kaal bolyf dansers is toegerus in tradisionele mynerdrag: bandanas, los broeke en knie-hoogte rubber Wellington stewels. Hoewel vreugde die oorheersende noot is, is daar ʼn ode aan Nelson Mandela en ʼn lied oor sterwende mynwerkers saam met die “tong in die kies” “Ek is te sexy vir my stewels”. In die loop van die 90 minute vertoning, skep die kunstenaars ʼn mynskag op ʼn uitgebreide stel “geskep deur Nigel Triffitt, die ontwerper-direkteur van die treffer, “Tap Dogs.” “Die storie van hierdie dansers het parallelle met die verhaal van die mynwerkers van die vorige eeu, se Harrison, 47. “Dit is twee verhale van wat mense moeilike tye oorkom het. Zenzi kan jou die koeëlgat in sy been wys, waar hy in die vroeë dae van die Soweto-onluste geskiet is.” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 15 “Dit doen ‘Gumboot’ ʼn onreg aan om dit as deel van die “Stomp” –“Tap Dogs” perkussie genre, te sien voeg hy by. Dit is baie spesifiek deel van die politieke en sosiale ervaring van hierdie manne.” Rubberstewel (gumboot) danse het ontstaan in die laat 1800’s, toe die wit Suid- Afrikaanse regering die gedwonge skeiding van rasse afgedwing het om ʼn voorsiening van goedkoop arbeid te verseker. Swart werkers is geboei in byna totale duisternis en is verbied om te praat. Dansende mynwerkers Omdat hulle geweier het om stilgemaak te word, het hulle klop-ritmes, met behulp van hul enkelkettings en die stewels wat hul gedra het wat hulle beskerm het teen die myne se besoedelde water wat die myne oorstroom het. ʼn Nuwe perkussietaal het na vore gekom – ʼn Morse-kode van spesies. Om dit te vergesel, het die mynwerkers danspassies ontwikkel om hulself te vermaak tydens hul beperkte “ vrye tyd.” “Jy gebruik jou hele liggaam as ʼn instrument,” verduidelik Ncabashe, hoofkitaarspeler en sanger van die groep. Ons het meegeding in die plaaslike feeste en kom eerste elke keer. Ons droom was om op dit op te voer in die teater, eerder as by vlooimarkte en winkelsentrums. Zenzi was die man wat gemaak het dat dit ʼn werklikheid geword het. Gumboot danse word gedoen nou opgevoer met kontemporêre musiek Ncabashe, Thami Nkwanyana, Nicholas Nene, Themba Kort, Sipho Ndlela en Samuel “KK” Nene het eers begin optree in 1985 onder die naam Rishile en het dit later na die Rilishe Tradisionele verander. Dit is ʼn mengsel van poësie, drama, sang en stamdanse. Hulle het geen klankstelsel, geen dekor of beligting gehad nie. Die deurbraak het in 1997 gekom toe Harrison, toe die direkteur en uitvoerende vervaardiger van die Sydney, die dansers sien optree het. Hy was meegevoer deur die charisma van die opvoerders, die politiek van die rubbersteweldans en die aantrekkingskrag van die vertoning se oorspronklike liedjies. “Hierdie manne is innoveerders op die manier waarop hulle ʼn redelike algemene kunsvorm in Suid-Afrika hanteer”, se Harrison. Wat Michael Flatley se ‘Riverdance’ vir Ierse dansery gedoen, doen hulle nou vir rubbersteweldans – hulle vernuwe dit totaal. Ek pendel nou al sewe jaar na Suid-Afrika en het nog nooit gesien dat rubbersteweldans met kontemporêre musiek uitgevoer word nie. “Gumboots” is ʼn aanvaarding van die verlede en ʼn skepping van die toekoms.” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) “Gumboots” het opslae gemaak by die Standard Bank Nasionale Kunsfees in Grahamstad, Suid-Afrika, alvorens hul na die Edinburg Fees in Augustus 1999 gegaan het. Daar is altyd daardie “hou jou asem op” oomblik wanneer jy wag om te sien of ʼn opvoering buite sy normale kultuur gewaardeer word,” sê Harrison. “Om die dansers te sien groei en floreer in apartheid in post-Suid-Afrika was bevredigende”, sê Harrison. Mbuli besit vandag ʼn huis in ʼn voormalige wit- uitbreiding in Johannesburg. Ander het voertuie gekoop, geld na hul gesinne gestuur en na familielede omgesien. Met hul heel eerste salaris van “Gumboots” het die Nale broers ʼn grafstene vir hul grootouers laat opsit en Harrison en Triffitt na die plegtigheid genooi. “Hierdie dansers het dit reggekry om uit Soweto uit te beweeg,” se Harrison. “Dit is waarvoor hul geveg het, die teater van sukses en resultate.” Die uitdaging is om op die verhoog iets anders te doen noudat ons die regering het om teenoor te reageer nie.. In ‘Gumboots’ is die antwoord: vermaak. Die sukses van “Gumboots” het sy merk op die tuisfront gemaak en die kunsvorm gewild gemaak en sy status verhoog. “Miskien is dit nodig dat jy jou tuiste verlaat vir hulle om dit te waardeer,” het Ncabashe gesê. “Nou doen die jonger generasie ook die dansvorm.” “Gumboots” demonstreer dat ander mense hul kultuur kan waardeer en verskaf aan jong mense ʼn gevoel van moontlikhede” voeg hy by. “Dit is nie slegs ʼn sing- en-dans opvoering nie, maar ʼn voorbeeld van hoe ver ons kan gaan.” [Bron: http://articles.latimes.com/2000/nov/19/entertainment/ca-54057/2] 8.1 Watter tipe dansstyle word in die artikel genoem? Beskryf hoe dit in die storie uitgebeeld word. (3) 8.2 Watter tipe kleredrag word deur die dansers gedra en waarom word uitvoerings in sulke tipe klere opgevoer? (2) 8.3 Wanneer en waar het die dansstyl sy oorsprong, en hoe het dit ontstaan? (3) 8.4 Wat anders word in die spesifieke dans ingebring? Dink jy dat dit ʼn positiewe of meer negatiewe invloed op die sukses van die opvoering het en waarom sê jy so? (2) 8.5 Skryf ʼn paragraaf waarin jy jou gunsteling tipe dans beskryf. Maak seker dat jy verduidelik waarom jy daarvan hou en beskryf ook die danselemente wat dit so besonders maak. (5) TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 17 AFDELING C: DRAMA VRAAG 9: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Kies die korrekte antwoord van die moontlike antwoorde vir elkeen van die onderstaande vrae. Skryf slegs die letter (A–D) van die korrekte antwoord langs die nommer (9.1–5.10) van die vraag, byvoorbeeld 9.11 D. 9.1 ʼn Vorm van drama wat op ʼn hartseer noot eindig word ʼn ... genoem. A riller B tragedie C komedie D musikaleblyspel (1) 9.2 Die voorstel van uitvinding, opmaak en opvoer met min of geen voorbereiding, staan as ... bekend. A opvoering B dramatiseer C improvisasie D karakterisering (1) 9.3 Opbou van afwagting in ʼn opvoering staan as ... bekend. A stel B simbole C spanning D tydsberekening (1) 9.4 Wat word die verhoog genoem wat word deur drie kante omring word? A Tongverhoog B Prosceniumboogverhoog C Arenaverhoog D Oop verhoog (1) 9.5 ʼn Monoloog is ʼn ... A tipe van opnamestelsel. B groeptoespraak waar akteurs saampraat. C geïmproviseerde toespraak. lang toespraak deur een karakter voorgedra in ʼn film of D toneelstuk. (1) 9.6 Artikulasie verwys na ... A duidelike, hoorbare spraak. B die manier wat die liggaam van kant-tot-kant beweeg. C die rigting van die akteur se liggaam. D asemhalingsoefeninge. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) 9.7 Wanneer akteurs vir ʼn kort rukkie tot stilstand kom in ʼn opvoering staan dit as ... bekend. A tussenspel B tablo C die klimaks D infleksie (1) 9.8 Roep en reaksie is ʼn tegniek waar akteurs ... A vir die gehoor sing. B mekaar onderbreek vir beklemtoning C reageer in eenheid met ʼn antwoord op ʼn vraag of stelling D luister vir voorsê (souffleer) (1) 9.9 Items wat op ʼn verhoog gebruik word om tot ʼn opvoering te verryk word ... genoem. A kostuums B elektriese-toestelle C beligting D rekwisiete (1) 9.10 Watter stelling is ONWAAR? A Opwarming is belangrik vir elke drama-klas. B Die gehoor bestaan uit persone wat kyk of deelneem uit die kant. Stem duidelikheid is belangrik sodat die gehoor kan hoor wat C gesê word. D Mimiek is wanneer akteurs woorde opmaak. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 19 VRAAG 10 10.1 Verduidelik in ʼn paragraaf die verskillende rolle wat nodig is om ʼn goeie drama-opvoering te produseer. Bespreek wat elke persoon doen en hoe dit die produksie as ʼn geheel beïnvloed. (5) 10.2 Kyk na die volgende DIAGRAM van ʼn verhoog: 10.2.1 Wat stel dit voor en waarom is dit belangrik? (4) 10.2.2 Teken die diagram van die verhoog en benoem die dele genommer 1–12. (½ x 12) (6) [15] VRAAG 11 11.1 Verbeel jou die drama-onderwyser is afwesig weens siekte. Hy het jou gevra om die klas te laat opwarm voor die einde van die kwartaal se groepopvoering. Wat sal jy doen om die liggaam op te warm? Werk: Dink aan een elk van die volgende: Fisiese ontwikkeling; ontspanning; energiewekkende en konsentrasie aktiwiteite (7) 11.2 Deur middel van voorbeelde verskaf redes waarom dit belangrik is om jou stem “op te warm”. (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) VRAAG 12 Lees die volgende artikel en beantwoord die onderstaande vrae. By Anaïs Mutumba on 3 January, 2014 Nelson Mandela het gesê dat hy Idris Elba vir homself aangesien het toe hy ʼn gedeelte van die film Mandela: Long Walk to Freedom. Miskien was dit die medikasie (hy is net uit die hospitaal ontslaan met ʼn longinfeksie) of was dit simbolies hoeveel Elba Mandela se manier van optree vertolk het. Gebaseer op Mandela se 1995 gelyknamige outobiografie. poog hierdie biopsie om die siel agter die man te omsluit van die merkwaardige verhaal van sy reis van plaasseun tot president. Die film dek Mandela se vroeë lewe, mondigwording, onderwys, werk as ʼn ambisieuse prokureur en 27 jaar op Robbeneiland. Die 2 uur 20 minute rolprent gaan gebuk onder sy reusetaak en strompel langs die pad na die eindstreep. Belangrike karakters word eendimensioneel, te danke aan die tydbeperkinge, en dit blyk asof Mandela eiehandig die onderdrukkend regime tot ʼn val gebring het. Sommige inligting ontbreek, en sommige gebeurtenisse is oor-gedramatiseerd, maar eindelik is dit nie ver weg van die onaangename waarhede van die ANC se gewelddadige stryd teen apartheid en Mandela se vrouejagtery en mislukte huwelike. Dit bring nie net eer aan die ikoon, maar bring menslikheid na vore en is op sy beste in die intieme oomblikke met Winnie (Naomie Harris), sy kinders, sy mede-ANC-veldtogwerkers, en selfs sy gevangenemers. Daniel Day-Lewis het ʼn moeilike taak gespeel as een van Amerika se mees geliefde president in Lincoln, maar terwyl hy beweegruimte gehad het (niemand het geweet hoe eerlik Abe gepraat het nie), Elba het egter nie. Hy het die moeilike taak van die navolging van iemand wat so goed bekend en gerespekteer is van Suid-Afrika aan die wêreld. In ʼn rol, aanvanklik oorweeg vir Denzil Washington, vang Elba Mandela se stem, aksent, self-bespottende humor, gang en maniertjies so briljant dat dit byna moeiteloos gelyk het. Naomie Harris is uitstekend, rou, passievol as sy sielsgenoot en latere politieke mededinger Winnie, en soos Harris erken “die moeilikste ding wat ek nog ooit gedoen het.” Met die hulp van die dialoog-afrigter Fiona Ramsay, laat die twee Britse spelers jou amper glo dat hul boorlinge is. Direkteur Justin Chadwick en draaiboekskrywer William Nicholson het ʼn moeilike taak reggekry om ʼn roerende verhaal van die apartheid ikoon te produseer. Hy mag dalk nie die enigste bydraer wees nie, maar hy het ʼn belangrike rol gespeel in die oplossing wat die oorlog vermy het. Die kinematografie deur Lol Crawley is uitstekend en het my heimwee laat voel. Die deurspek van die werklike beeldmateriaal, historiese oomblikke en terugflitse na sy kinderdae is waar Chadwick die cliche’s in filmmaak vermy. Ondanks die wete hoe die storie uitspeel, was hy tot trane beweeg. Sy vergewende aard en kalm houding is al hoe meer prysenswaardig as Winnie se ywerige reaksie wat die meer verstaanbare een sou wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 21 “Nie een is gebore met haat vir ʼn ander persoon as gevolg van die kleur van sy vel of sy agtergrond of sy godsdiens nie. Mense moet leer om te haat, en as hulle kan leer om te haat, kan hulle geleer word om lief te hê, want liefde kom meer natuurlik aan die mens se hart”. – Nelson Mandela. Dit het sy foute, dit is nie heeltemal vratte-en-al in sy poging om respekvol te bly aan die voormalige Suid-Afrikaanse president en Winnie (ʼn konsultant van die projek). Die foute is van so ʼn aard dat dit oor die hoof gesien kan word. Miskien is dit omdat ek in Suid-Afrika grootgeword het en dit is deel van my storie, of dalk is dit ʼn diep roerende weergawe van die man wat, teen alle verwagtinge, vir gelykheid vir almal. baklei het. Na sy dood sal Mandela nog altyd vereer word en die fliek is een manier om die wysheid en die opoffering van een van die mees inspirerende leiers van die 20ste eeu in sy soektog na vryheid te gedenk. Rus in vrede Madiba – en dankie. [Bron: http://www.thesouthafrican.com/entertainment/film-review-mandela-long-walk-to-freedom- an-emotive-story-that-stumbles-along-the-way.htm] 12.1 Verduidelik waarom ʼn film onder dramakunste klassifikasie val? Verskaf ʼn voorbeeld van ʼn drama wat deel van ʼn drama-kuns is (3) 12.2. Watter karaktereienskappe het Elba so goed uitgebeeld dat Mandela gedink het dat hy homself sien? (2) 12.3 Beskryf die film. (3) 12.4 Wat het die rolprentoperakteur gedoen wat die skrywer hartseer gemaak het? (3) 12.5 Wie is die direkteur en die draaiboekskrywer en wat presies doen elkeen? (2) 12.6 Waarom is die film so belangrik oomblik in die geskiedenis? Dink jy dat die film ʼn sukses is? (2) [15] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) AFDELING D: MUSIEK VRAAG 13: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Kies die korrekte antwoord van die moontlike antwoorde vir elkeen van die onderstaande vrae. Skryf slegs die letter (A–D) van die korrekte antwoord langs die nommer (13.1–13.10) van die vraag, byvoorbeeld 13.11 D. 13.1 In watter deel van die instrumentfamilie behoort die oboe? A Snaarinstrument B Houtblaasinstrument C Strykinstrument D Koperblaasinstrumente (1) 13.2 “Fortissimo” is ʼn musikale term wat na die ... verwys. A tempo van die musiek B artikulasie van die musiek C dinamiek van die musiek D uitdrukking van die musiek (1) 13.3 Die derde noot op ʼn note-skaal is as die ... bekend. A mediant B dominant C tonika D super-tonika (1) 13.4 Die tydmaatteken aan die begin van ʼn musiek melodie wat aandui hoeveel daar in ʼn toonleer voorkom, word ... genoem. A Toonsleutel B Blankskrif/Notebalk C Maat D Tydmaatteken (1) 13.5 Die laagste stemtoon word ... genoem. A sopraan B tenoor C bas D alt (1) 13.6 Hoeveel kruis-note is daar in B-majeur? A 5 B 1 C 4 D 3 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 23 13.7 Hoe hoog of laag ʼn noot klink staan as ... bekend. A toon B toonkleur C toonhoogte D melodie (1) 13.8 ʼn Viool is ʼn instrument wat ʼn geluid maak wanneer ... A ʼn string/akkoord bespeel word. B ʼn stukkie vel of membraan bespeel word. C lug daardeur geblaas word. D elektrisiteit gebruik word vir krag. (1) 13.9 “Allegro” beteken die musiek moet ... gespeel word. A baie stadig B stadig C vinnig D vir ʼn tweede maal (1) 13.10 Een van die redes waarom opwarming voor optrede belangrik is, is ... A die instrument mag breek, want dit is te koud. B sommige instrumente benodig opwarming. C dit verskaf struktuur aan die les. D jy kan vinnig voor die les of die opvoering oefen. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) VRAAG 14 Bestudeer die volgende musiekstuk en beantwoord die onderstaande vrae. (a) (b) 14.1 In watter sleutel is die musiekstuk geskryf? (1) 14.2 Watter ander naam kan aan die tydmaat gegee word? (1) 14.3 Wat is die benaming van die laaste noot in die musiekstuk? (1) 14.4 In watter soortteken is die musiekstuk en watter musiekinstrument kan dit bespeel? (1) 14.5 Verskaf ʼn aanvaarbare tempo-indikasie en maak gebruik van ʼn musiekterm en verduidelik die betekenis. (2) 14.6 Die musiekstuk begin sag in lyn 1 en eindig baie hard in die laaste lyn. Dui dit aan deur middel van die musiek direksie simbool wat jy sal plaas onder die musiek. (1) 14.7 Verskaf die toonhoogte van die note genommer (a) en (b). (2) [10] VRAAG 15 15.1 In ʼn kort paragraaf, verduidelik die verskil tussen die gebruik van notebalk notasie en die tonika solfa-sisteem van notasie. (5) 15.2 Benoem die VYF Hornbostel-Sachs instrument klassifikasies. In ʼn kort sin, beskryf elkeen en verskaf ʼn voorbeeld van ʼn instrument wat onder die klassifikasie val. (5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 25 VRAAG 16 16.1 Maak gebruik van manuskrippapier en skryf die volgende: 16.1.1 G-majeur (1) 16.1.2 D-majeur (1) 16.2 Maak gebruik van manuskrippapier en skryf die volgende note deur gebruik te maak van lyne. 16.2.1 Die tonika driekante van F-majeur in die diskantsleutel. (1) 16.2.2 Die dominante driekante van C-majeur in die bassleutel. (1) 16.3 Gebruik manuskrippapier en dui die volgende intervalle aan. 16.3.1 Derde majeur in C-majeur in die diskantsleutel. (1) 16.3.2 Volmaakte vyfde in G-majeur in die bassleutel. (1) 16.4 Gebruik manuskrippapier en dui die volgende note aan deur die dwarsbalklyne te gebruik. 16.4.1 Die E bokant die diskantsleutel notebalk. (1) 16.4.2 Die D onderkant die bassleutel notebalk. (1) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 26 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) VRAAG 17 Lees die volgende artikel en beantwoord die onderstaande vrae. ‘LION KING’ KOM HUIS TOE: SUID-AFRIKA May 11, 2007 | deur Michelle Faul | Associated Press JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA — Met ʼn ontploffing van dromme, het die “The Lion King” teruggekeer na sy kulturele wortels en sy verhaal van sluipmoord, staatgreep en hongersnood, die vernietiging van ʼn nasie en die hoop vir die hele wedergeboorte van ʼn nasie en die hoop vir die hele wedergeboorte om ʼn spesiale resonansie in Afrika te vind. Die eerste produksie met slegs ʼn Suid-Afrikaanse rolverdeling, ʼn paar nuwe kostuums, choreografie en liedjies, beloof om ʼn groot indruk op die vasteland se uitvoerende kunstetoneel te maak soos die teater aanpassing van Disney se geanimeerde film gedoen het, toe dit 10 jaar gelede op Broadway geopen het. Om te wees in Suid-Afrika vir hierdie produksie is die verwesenliking van ʼn droom wat ek al tien jaar het,” het direkteur Julie Taymor gesê. “Soos ‘The Lion King’ groter as Broadway uitgebrei het, het ek geweet dat dit sy wortels stewig in Suid-Afrika sal hou en … Ek is trots om te sê dat ons nou, ons het die vertoning huis toe gebring.” Dit is ʼn professionele tuiskoms vir Lebo M, die Suid-Afrikaanse Grammy- bekroonde komponis en verwerker wat sy debuut sal vier as ʼn kommersiële produsent met die nuwe produksie in vennootskap met die Suid-Afrikaanse teater impresario, Pieter Toerien. Meer as $10 miljoen is belê, het Lebo gesê. Hy het gesê sy vennootskap met Toerien, wat wit is, wat simbolies van die nuwe Suid-Afrika, selfs as “The Lion King” storie hom herinner aan die vorige rasgeskeide, gesegreerde, wit geregeerde land wat tienduisende, insluitend homself, in ballingskap gedwing het en waar duisende gesterf het voor Nelson Mandela en sy African National Congress demokraties as die heersende party in 1994 verkies is. Taymor en Lebo het tydens repetisies by die Pretoria Staatsteater gepraat, waar, vir die eerste keer in jare, hulle saam gerepeteer het. Die direkteur het gesê sy was byna tot trane beweeg, terwyl Lebo gesê het hy “huil binnekant” wanneer hy met die kinders in die rolverdeling oor die betekenis van die musiekbyspel praat. “Oombliklik het dit my getref dat hierdie kinders nie eens in die teater kon gewees nie (ingevolge ras verdeelde Suid-Afrika) want hulle is swart, en nogtans is ons hier in ʼn baie betekenisvolle historiese tydperk, wat die ‘King’ terug huis toe bring na ʼn plek wat veronderstel was om ʼn uitsluitlike wit bastion te wees.” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 27 Vir Lebo, was sy musiek ook beïnvloed deur die evangeliese ritmes en harmonieë wat hy in Afro-Amerikaanse kerke geleer het terwyl hy in ballingskap was. Hy woon nou saam met sy vrou en seun en beweeg tussen Los Angeles en Suid-Afrika. Vir die kind akteurs, het Lebo ʼn parallel tussen die tuiskoms van Simba, die verontagsaamde leeuvors en Mandela se bevryding van 27 jaar in die tronk en die oorname van die land, getrek. Lebo het gesê dat hy wou hê die kinders moes verstaan hoe Mandela “deur die stryd van die mensdom en die mense van Suid-Afrika, geïnspireer was”. Suid-Afrika se 47,5 miljoen mense is bevry van die wit minderheidsregering maar die oorgrote meerderheid bly onbemagtig tot so ʼn mate wat help om misdaadvlakke wat alreeds tussen die hoogste van die wêreld is, te laat styg. Maar “The Lion King”, met die liedjies van Elton John en die lirieke van Tim Rice sowel as Lebo M, gaan alles oor betowering – ongelooflike poppe en asemrowende kostuums en fantastiese maskers wat die mense na hul asem sal snak. “The Lion King” is al deur 34 miljoen mense wêreldwyd gesien. Behalwe Johannesburg, is dit ook opgevoer in New York, Londen, Hamburg, Duitsland, Tokio, Sjanghai, Seoel en sal binnekort in Parys open. [Bron: http://articles.latimes.com/2007/may/11/entertainment/et-lionking11] 17.1 Watter tipe opvoering word in die artikel beskryf? Verskaf ʼn definisie daarvan. (2) 17.2 Deur wie is die lirieke en liedere van die “The Lion King” geskryf? (2) 17.3 Wie is Lebo M en wat is sy rol in die produksie? (2) 17.4 Watter tipe musiek het Lebo M in Amerika beïnvloed? Waarom was hy in Amerika? (2) 17.5 Hoe het die teatrale afdeling van “The Lion King” tot stand gekom? Waar word dit nog opgevoer? (2) [10] TOTAAL AFDELING D: 50 TOTAAL VAN 2 AFDELINGS DEUR LEERDERS BEANTWOORD: GROOTTOTAAL (50 + 50): 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 28 SKEPPENDE KUNSTE (NOVEMBER 2014) A4 Papier vir AFDELING A: VISUELE KUNS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) SKEPPENDE KUNSTE 29 Manuskrippapier vir AFDELING D: MUSIEK Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.