Downloaded from hlayiso.com
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2016
SKEPPENDE KUNSTE
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
*9KUNS*
Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye, insluitende
twee aanhegsels en manuskrippapier.
Skip to contentAll 2016 papers
Creative Arts Grade 9 November EC 2016 Question Paper (Afr)
Grade 9 Creative Arts question paper from the November EC 2016 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Creative Arts · Grade 9 · November EC · 2016. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Creative Arts
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- November EC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 837.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
November EC 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies deeglik deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord SLEGS TWEE AFDELINGS uit die VIER AFDELINGS. Kies
TWEE afdelings wat pas by die kunste wat jy bestudeer het.
KUNSVORM VRAE BLADSY
AFDELING A DANS 1–5 3–7
AFDELING B DRAMA 6–8 8–12
AFDELING C MUSIEK 9–14 13–17
AFDELING D VISUELE KUNSTE 15–18 18–21
2. Nommer elke antwoord presies soos die vrae genommer is.
3. Skryf NETJIES en LEESBAAR.
4. Alle antwoorde moet op die ANTWOORDBLAD geskryf word en NIE op die
vraestel NIE, behalwe waar anders aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 3
AFDELING A: DANS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Kies die korrekte antwoorde vir elkeen vanuit die gegewe antwoorde hieronder.
Skryf slegs die letter (A–D) van die antwoord (1.1–1.5) langs die nommer van die
vraag, bv. 1.6 E.
1.1 Lokomotoriese bewegings is bewegings wat …
A bydra dat danse identifiseer kan word.
B die liggaam toelaat om van een plek na die ander te beweeg.
C streng toegepas word sonder om vrae te vrae.
D om die ruggraat rond te maak en te verleng. (1)
1.2 Domba dans is ook bekend as die …
A slangdans.
B torso.
C danskonvensie.
D Soweto-dans. (1)
1.3 Kanon in dans is wanneer …
A net een maat geblinddoek is.
B een danser ʼn beweging begin, wat herhaal word deur die ander
dansers, een na die ander.
C daar ʼn begin en ʼn einde in die dans sekwens is.
D die dansers in stadige beweging spring, sonder om te hoog te spring. (1)
1.4 Wanneer strek jy veilig?
A Wanneer jy musiek hoor.
B Wanneer jy saam met ʼn maat dans.
C Wanneer jou spiere warm is.
D Wanneer die onderwyser sê jy moet. (1)
1.5 In ʼn balletdans wanneer die bene teen mekaar vryf is dit …
A stilte.
B ligament.
C adage.
D tendus. (1)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 2
Paar die verduidelikings in KOLOM B met die korrekte terme in KOLOM A.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Xibelani-dans A Swart mynwerkers van SA
2.2 Ballet B “Townships” van SA in die 1950’s
2.3 Steweldans C Suid-Basotho vroue
2.4 Pantsula D Tsonga
2.5 Makgibo E Rond de Jambe
(5 x 1) [5]
VRAAG 3
Verduidelik die volgende dansverhoudings:
3.1 Vraag en antwoord (2)
3.2 Oordrag en ontvangs van gewig (2)
3.3 Negatiewe spasie (2)
3.4 Blinddoek en lei (2)
3.5 Ontmoet en skei (2)
[10]
VRAAG 4
4.1 Verduidelik wat bedoel word met ʼn natuurlike gebaar. (2)
4.2 Verskaf VYF voorbeelde van natuurlike gebare. (5)
4.3 Met die voorbeelde van natuurlike gebare wat in VRAAG 4.2 verskaf is,
skryf ʼn bewegingsekwens wat op gebare gebaseer is.
Jou sekwens moet die volgende bevat:
4.3.1 Begin en einde (2)
4.3.2 Variasie van natuurlike gebare (2)
4.3.3 Stilte (2)
4.3.4 Herhaling (2)
4.3.5 Danselemente (2)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 5
VRAAG 5
MAMELA NYAMZA: DIE LIGGAAM AS INSTRUMENT
Mamela Nyamza is ʼn danser, onderwyseres, choreograaf en aktivis in Suid-
Afrika. Sy is opgelei in ʼn verskeidenheid dansstyle insluitend ballet, moderne
dans, Afrika dans, die Hortontegniek, Spaanse dans, jazz, beweging en mimeer,
laagvlieg-tegniek, verlostegniek, steweldans en Butoh. Nyamza is bekend vir die
samesmelting van dansstyle wat tradisionele standaarde uitdaag. Nyamza het
opgetree op beide nasionale sowel as internasionale vlak en het politieke en
outobiografiese en sosiale werke choreografeer, op haar eie en in samewerking
met ander kunstenaars. Sy is geïnspireer deur daaglikse gebeure asook haar
identiteit as jong, swart vrou.
Vroeë Lewe
Mamela Nyamza is in 1976 gebore. Sy het ʼn groot familie was woonagtig was in
Gugulethu, Kaapstad, Suid-Afrika. Haar vroeër jare in Gugulethu het ʼn groot
invloed op Nyamza’s se loopbaan as danser gehad. Sy verduidelik dat die
omgewing waar sy gewoon het, “het haar geen ander keuse gegee as om lief te
wees vir dans nie. Daar was musiek en klank, die hele dag lank, en selfs in die
strate het die lawaai musiek geword.” Dans het ʼn manier geword om die wêreld
om haar te verstaan, “Ek het my liggaam gebruik as ʼn instrument om te reageer
op alle tipes klank, soos speel, huil of om dinge te sien of te verbeel wat in
Gugulethu in die ‘80’s gebeur het.”
Van kindsbeen het Nyamza aangehou dans as ʼn manier om te vertolk en te
verwerk en om die gebeurtenisse om haar te aanvaar. Toe haar moeder in
1999verkrag en vermoor is, het dans haar die innerlike krag gegee om die slegte
ervaring te hanteer. Boonop het haar ma se dood grootliks bygedra tot haar
abstrakte dansstyl. “Na my ma se dood, kon ek haar in my drome voel en hoor
hoe sy my aanmoedig om my dans te gebruik om stories te vertel. Ek het later uit
die kas geklim en baie diskriminasie in die gemeenskap ervaar. Toe dink ek, ‘Ek
is ʼn kunstenaar, so ek moet my stem gebruik om hierdie vraagstukke aan te
spreek.’”.
Gemeenskapuitreikprojekte en Vrywillige Diens
Nyamza glo dat ander ook dans kan gebruik om hulself te genees deur hul
ervarings te gebruik wat te moeilik is om in woorde om te skep. Dit is hierdie
geloof wat haar gemotiveer het om verskeie vrywillige en gemeenskap projekte
aan te pak – insluitende balletklasse in Mamelodi, vrywillige werk by
Thembalethu Dagskool vir die gestremdes en die begin van ʼn projek by die
Universiteit van Stellenbosch wat dan terapie gebruik om ander op te voed oor
vraagstukke soos MIV/Vigs, huislike geweld, en dwelmmisbruik. Nyamza is een
voorbeeld van die positiewe invloed hierdie projekte het op ander mense se
lewens. “Kuns het my ontwikkel en ʼn heel ander boek vir my oopgemaak om die
onmoontlike wat nou moontlik is, te ondersoek … Om terug te gee aan die
gemeenskap is om mense te help van waar ek kom en om vir hulle te wys dat
hierdie kuns … kan baie van hulle genees wat met dieselfde vraagstukke soos ek
worstel.”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
Opvoeding
Mamela Nyamza het haar opleiding as danser begin by die Zama Dansskool
onder leiding van die ‘Royal Academy of Dance’. Sy het haar dansopleiding
voortgesit by die Pretoria Dans Technikon waar sy die Nasionale Diploma in
Ballet verwerf het. In 1998 het Nyamza ʼn beurs ontvang wat haar die
geleentheid gebied het om dans by die toonaangewende ‘Alvin Ailey Dance
Theatre’ voort te sit. Toe sy gradueer, het sy by die Staatsteater Dans
Geselskap aangesluit. Daar het sy opvoerings op nasionale en internasionale
vlak gedoen. Boonop het sy intensiewe werkswinkels en klasse bygewoon
insluitende ʼn choreografiese werkswinkel by die Vienna Internasionale Dans
Fees, ballet onderrig by Martin Schonberg deur die ‘Pact’ Dans Geselskap, Afrika
Danswerkswinkels in Soweto met Jamaine Acogny, en ʼn kursus in dans deur
Londen se besonderse Sadler’s Wells Teater.
Loopbaan
Tot dusver in haar dansloopbaan, het Nyamza die rol van danser, choreograaf,
en onderwyser gehad. Vroeg in haar loopbaan het sy in verskeie groot
internasionale produksies opgetree, insluitend, “The Lion King” in Den
Haag, Nederland in 2004, “We Will Rock You” in Suid-Afrika in 2006 “Africa”, en
“African Footprints”.
Sedert 2006, het Nyamza hoofsaaklik gefokus op haar eie choreografie, wat
handel oor belangrike politiese en sosiale vraagstukke in hedendaagse Suid-
Afrika. Een van Nyamza se mees bekende choreografiese stukke
is “Hatch”. “Hatch” is in 2008 choreografeer, en is sedertdien in die “Out The
Box”-Fees, die Baxter Dansfees-Festival, en by die Wêreld Bevolkingstigting..
Nyamza het ook informele ateljee opvoerings van "Hatch" in Brasilië en Vienna
gehou asook by ʼn paar skole in die Oos-Kaap, Durban en Kaapstad sowel as by
die Suid-Afrikaanse konferensie in Johannesburg oor Huishoudelike Geweld. Sy
het ook by verskeie hawes vir mishandelde vroue in die Nederland en in Suid-
Afrika opgetree.
In 2009 is Nyamza gekies as die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger om na Los,
Angeles, Verenigde State te reis en om in agt lande te kompeteer op ses
vastelande, in “Superstars of Dance” – ʼn program op NBC televisie netwerk.
Daar het sy ʼn tradisionele item gelewer, met die titel, “Afro-fusion”. Dit het die
storie vertel van ʼn vrou wat diep gefrustreerd was met haar huwelik en lewe.
Alhoewel sy nie gewen het nie, het die beoordelaars so baie van haar werk
gehou dat hulle vir haar 58 punte gegee het. Sy is ook die choreograaf van die
televisie program “So You Think You Can Dance” in 2008.
In 2011 is Nyamza geëer met die Standard Bank se Jong Kunstenaar
Toekenning. Nyamza het haar werk by die 2011 Nasionale Kunstefees in Suid-
Afrika, vertoon. Daar het sy die stukke Isingqala en Amafongkong, opgevoer, wat
ʼn solowerk van Nyamza was en wat ook ʼn samewerking was met die Adugna
Dans Teater Geselskap van Ethiopië.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 7
Nyamza sê dat sy met Amafongkong ʼn spasie wou oopmaak om die idee van
“samewerking” te ondersoek deur te sien hoe “verskillende en eenderse liggame
ontmoet in beweging”. Mamela Nyamza het saamgewerk met Mojisola Adebayo,
wie in Brittanje woon, om “I Stand Corrected” te skep. Hierdie kragtige werk
adresseer kwessies soos homofobie en verkragting. Nyamza beskryf dit as ʼn
“donker vreemde, geestige en absurde werkstuk”. In hierdie werk is Nyamza
vermoor omdat sy lesbies is en sy keer terug om haarself "reg te maak”. Hierdie
stuk het sy eerste opvoering in Suid-Afrika gehad en het vir drie suksesvolle weke
by die Ovalhouse in Londen, vertoon, waar dit vol sale en fantastiese resensies
geniet het. Boonop, het “I Stand Corrected” onlangs ses “Off West End”
teaternominasies in Londen gekry.
“I Stand Corrected” is ook by die Soweto Teater in Suid-Afrika opgevoer. Dit was ʼn
groot mylpyl vir Nyamza, omdat dit baie moeilik was vir haar om ʼn plek te kry in
nasionale teaters. "Ek het in Soweto opgetree, dus is ek ʼn baie trotse kunstenaar”.
Om fondse van Suid-Afrika te kry was moeilik. . "Dit is treurig dat ons so moet
sukkel vir geld in ons eie land, terwyl die buitelanders ons net nooi sonder dat ons
aansoek moet doen vir geld”.
Ten spyte van al die struikelblokke , floreer Mamela Nyamza. In Maart 2013 het sy
opgetree by “Infecting the City” in Kaapstad, Suid-Afrika.. Hierdie projek "plaas
nuwe opwindende kunswerke in ongewone spasies in Kaapstad (om) Kaapstad se
idee van kuns in publieke spasies uit te daag”. Nyamza is baie opgewonde oor
haar toekomsplanne en om aan te hou om Afrika stories en ervaringe te deel met
die res van die wêreld so lank as wat sy kan.
Bronne: http://www.southafrica.info/about/arts/mamela-nyamza.htm#.Vf1UEt-
qqko#ixzz3mBdtkCfw; http://www.southafrica.info/about/arts/mamela-nyamza.htm#.Vf1UEt-qqko
5.1 Verduidelik in EEN sin wie Mamela Nyamza is. (1)
5.2 In watter provinsie is sy gebore? (1)
5.3 Noem TWEE dansstyle waarin sy opgelei is. (2)
5.4 Nyamza het uitdagings in haar lewe gehad. Hoe het sy hulle verminder? (1)
5.5 Nyamza se ma is in 1999 verkrag en vermoor. Wat sou jy as kunstenaar
doen om die misdaadsyfers in jou gebied te verminder? (3 x 1) (3)
5.6 In 2004 het Nyamza ʼn groot internasionale opvoering gehad. Noem die
plek asook die musiekblyspel waarin sy opgetree het. (2)
5.7 Watter loopbaan het Nyamza gevolg? (1)
5.8 As ʼn leerder, watter kunsloopbaan sou jy volg, en hoekom? (2)
[13]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 6: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Kies die korrekte antwoorde vir elkeen vanuit die gegewe antwoorde hieronder.
Skryf slegs die letter (A–D) van die antwoord (6.1–6.10) langs die nommer van die
vraag, bv. 6.11 E.
6.1 Die kernmoment in die aksie van die intrige en die punt van die meeste
spanning in die storie.
A Konflik
B Klimaks
C Dialoog
D Intrige (1)
6.2 In ʼn ... , hoor slegs die gehoor die private gedagtes van die karakters.
A komedie
B tragedie
C alleenspraak
D monoloog (1)
6.3 Die gehoor sit oorkant mekaar, met ʼn gang in die middel waar die aksie
plaasvind in ʼn … verhoog.
A proscenium
B gang
C arena
D oop (1)
6.4 … is die fisiese beweging van die karakter gedurende ʼn drama.
A Poseer
B Gebaar
C Oogwink
D Al die bogenoemdes (1)
6.5 Artikels of voorwerpe wat op die verhoog verskyn gedurende die opvoering
is …
A karakters.
B simbole.
C rekwisiete.
D geeneen van bogenoemdes. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 9
6.6 Maskers word oor die gesig of gedeeltes van die gesig van ʼn akteur gedra
om …
A gesigskenmerke te beklemtoon of te neutraliseer.
B die akteur se grimering te beskerm.
C die akteur se letsels te bedek.
D spanning te skep. (1)
6.7 ʼn Toneel wat in stilte en sonder beweging plaasvind en ʼn prent vorm is ʼn …
A styl.
B tableau.
C repeteer.
D melodrama. (1)
6.8 Die uitspraak van woorde, keuse van woorde, en die manier hoe iemand
hom-/haarself uitbeeld is …
A artikulasie.
B diksie.
C tempo.
D Al die bogenoemde (1)
6.9 Konsentrasie en fokus help die opvoerder om …
A te interpreteer en in die rol bly.
B vryelik op die verhoog te beweeg.
C mooi vir die gehoor te sing.
D sy/haar kostuums te wys. (1)
6.10 is iemand wat na die hele proses van die produksie van die toneelstuk na
omsien.
A Draaiboekskrywer
B Regisseur
C Hoofkarakter
D Musiekbestuurder (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 7
7.1 Identifiseer die verhoogtipe en verduidelik hoe die opvoering in vergelyking
met die gehoor in elk van die vier onderstaande diagramme plaasvind.
A B
AFRIKAANS / ENGELS
C D Verhoog / Stage
Gehoor / Audience
Voorstel / Apron
(4 x 2) (8)
7.2 Gee die betekenis van die volgende terme:
7.2.1 Agterdoek (2)
7.2.2 Artikulasie (2)
7.2.3 Resonansie (2)
7.3 ʼn Dramatiese Produksie mag bestaan uit ʼn paar elemente wat mekaar
ondersteun om konteks te skep.
Verduidelik die rol van elk van die volgende:
7.3.1 Beligting (1)
7.3.2 Klank (1)
7.3.3 Stel/rekwisiete (1)
7.3.4 Kostuum (1)
7.3.5 Regisseur (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 11
7.4 Verskaf ten minste VYF positiewe aspekte van die massamedia. (5)
7.5 Bespreek die rolprent wat jy gesien het om die volgende drama-elemente te
verduidelik. Jou bespreking moet die volgende insluit:
Karakters en hul rolle (identifiseer enige twee karakters)
Fisikaliteit in vergelyking met party van die tonele van die storie
Stem en spraak (3 x 2) (6)
[30]
VRAAG 8
Suid-Afrikaanse Rolprent en Drama
Die rolprentbedryf in Suid-Afrika was altyd mededingend. Daar is so baie talent en
ambisie onder die Suid-Afrikaners om te presteer in die kunste. Dit help dat die
Suid-Afrikaanse staat die rolprentbedryf 100% ondersteun en dat die staat die
potensiaal sien dat ons bedryf internasionaal kan kompeteer.
Dit was in 1995 dat die internasionale rolprent bedryf Suid-Afrika as ʼn moontlike
bestemming begin beskou het. Dit was na die suksesvolle en vry verkiesings van
1994 en die instelling van meer gelyke geleenthede ongeag ras of vel kleur. Op
daardie stadium het die rolprent bedryf ʼn skarige 4 000 werkers gehad. Vandag is
daar meer as 30 000 ambagsmanne en professionele mense wat in die bedryf
werk aan rolprente sowel as drama produksies. Volgens die Departement van
Handel en Industrie in Suid-Afrika, maak die rolprent bedryf meer as R5,8 miljard
jaarliks, van rolprente, en TV, terwyl die vermaaklikheidsbedryf se waarde op
R7,4 miljard geskat is.
Huidiglik geniet Suid-Afrika rolprent ooreenkomste met 4 lande: Italië, Kanada,
GB, en Duitsland. Dit is meer soos ʼn vervaardigings ooreenkoms vir rolprent en
TV wat bydrae tot die deling van krediete sodat rolprent maatskappye
internasionale erkenning kan kry asook finansiële hulp van albei lande.
Daar is baie rolprentvervaardigers wat Suid-Afrika kies as die bestemming vir hul
projekte. Nie alleen is daar unieke lokasies nie, produksiekoste is ook laag, die
weer is voorspelbaar en die wisselkoers is aantreklik. Kortliks, is dit veel
goedkoper om rolprente in Suid-Afrika te skiet as in VSA, Europa, of Australië. Die
eerste Suid-Afrikaanse rolprent was “African Mirror” in 1913. Dit was ʼn nuus rol
wat tot die 1980’s uitgesaai is. Die eerste vollengte fliek was, “The Kimberly
Diamond Robbery” verfilm in 1910. Dit word as ʼn tydlose stuk rolprentmemorabilia
beskou. Dit is eers na 1994 dat daar meer rolprente in Suid-Afrika vervaardig is en
ons eie stories vertel is.
Aan die begin van die demokratiese era, is baie rolprente gemaak wat handel oor
apartheid en toe die MIV-virus.. Mettertyd het Suid-Afrika vorentoe beweeg en
beter stories begin vertel. Een van hulle is – Tsotsi – wat ʼn Akademie Toekenning
in 2006 vir Rolprent van Beste Buitelandse Taal ontvang het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
Ander Suid-Afrikaanse rolprente wat toekennings gewen het is:
Yesterday wat ʼn Oskarnominasie gekry het; dit vertel die storie van ʼn moeder
met MIV
U Carmen EKhayelitsha wat ʼn rolprent is wat in 2005 die “Berlin Golden
Bear”-toekenning gekry het
Blood Diamond” met Leonardo DiCaprio in die hoofrol
Lord of War met Nicholas Cage in die hoofrol
Die staat het ook bepaal dat uitsaaiers plaaslike inhoud op hul TV-netwerke moet
gebruik. Daar is dus ʼn daaglikse dosis van Suid-Afrikaanse drama reeks, sepies,
wat plaaslik geproduseer en direkteur is met plaaslike talent. Dit is volgens Eddie
Mbalo, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Rolprent en Video
Stigting.
8.1 Wat was die naam van die eerste Suid-Afrikaanse rolprent en wanneer is dit
uitgesaai? (2)
8.2 Volgens die verslag van die Handel en Industrie Departement, hoeveel geld
word jaarliks deur die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf verdien? (2)
8.3 Noem ten minste DRIE rolprente wat na demokrasie in Suid-Afrika ontwikkel
is. (3)
8.4 Gee DRIE redes wat Suid-Afrika vir buitelandse rolprentmakers aantreklik
maak. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 13
AFDELING C: MUSIEK
VRAAG 9: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Kies die korrekte antwoorde vir elkeen vanuit die gegewe antwoorde hieronder.
Skryf slegs die letter (A–D) van die antwoord (9.1–9.5) langs die nommer van die
vraag, bv. 9.6 E.
9.1 ʼn Groot groep instrumentele spelers wat verskillende instrumente speel,
insluitende strykers, slaginstrumente, houtblaas en koperblaas is ʼn …
A koor.
B simfonie.
C orkes.
D strykkwartet. (1)
9.2 In musiek beteken “a tempo” …
A taamlik vinnig.
B geleidelik harder.
C teen dieselfde spoed as van te vore
D lopend. (1)
9.3 Viole, violas, tjello’s, kontrabasse is die voorbeeld van …
A houtblaasinstrumente.
B strykinstrumente.
C slaginstrumente.
D koperblaasinstrumente. (1)
9.4 ʼn Musiekdrama is ʼn …
A area.
B drama.
C virtuose.
D opera. (1)
9.5 Wanneer die hoofsanger ʼn lyn sing en die koor antwoord, word dit …
genoem.
A roep en antwoord
B polifonies
C koor
D melismatiese melodie (1)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 10
Kies slegs EEN word uit die onderstaande lys wat elke stelling pas.
Reggae, Dirigent, Lirieke, Solo, Drieklank
10.1 Die komposisie waar iemand alleen sing of speel (1)
10.2 Hierdie styl musiek het sy oorsprong in Jamaika (1)
10.3 ʼn Drie-noot akkoord (1)
10.4 Woorde van ʼn liedjie (1)
10.5 ʼn Musikant wat toesig hou oor ʼn koor of orkes (1)
[5]
Gebruik AANHEGSEL A om VRAE 11, 12 en 13 te beantwoord. Plaas AANHEGSEL A
in jou ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 11
11.1 Skryf die korrekte tydsoortteken vir die onderstaande toonsoorte.
A B
C D
E
(5 x 1) (5)
11.2 Skryf Bb majeur in ʼn afwaartse rigting in die bassleutel. Maak gebruik van die
gegewe ritme. Vul in die fraseboë sowel as die toevallige tekens waar nodig.
(2 x 2) (4)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 15
VRAAG 12
12.1 Transkribeer die volgende melodie van balknotasie na tonika-solfa.
(8)
12.2 Noem die toonaard vir bogenoemde. (2)
[10]
VRAAG 13
Verskaf die nommer van elk van die harmoniese intervalle. Die laagste noot is die
tonika. (Die eerste antwoord word as ʼn voorbeeld gegee.)
(5 x 2) [10]
VRAAG 14
Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.
Siphokazi Maraqana
(Agtergrond: Siphokazi Maraqana, Afro-Soul Musiek
kunstenaar; sy is in Lusikisiki in die Oos Kaap, Suid-
Afrika, gebore, waar sy die laerskool Kwa-Zizamele
bygewoon het. Daarna is sy na Toli Senior
Sekondêre Skool. Sy is toe na Johannesburg in
1999 waar sy by die Sibikwa Gemeenskap
Kunssentrum ingeskryf het. In 2000, het sy ʼn beurs
van die Nasionale Kunsraad ontvang. Dit het haar
toegelaat om by die Sentrale Johannesburg Kollege
in te skryf, waar sy haar diploma in Musiek
Tegnologie verwerf het. Dit het die musiek binne
haar wakker gemaak en sy het later ʼn huishoudelike
naam geword.
Siphokazi is die hoof verkopende en opvoerende kunstenaar in Suid-Afrika. Sy eht
al die verhoog gedeel met vername plaaslike en internasionale kunstenaars,
insluitende Chaka Khan, Oletta Adams, In die Arie, Gladys Nights, Tania Maria,
Puff Johnson, Kirk Franklin, Hugh Masekela, Busi Mhlongo, Caiphus en Letta
Mbulu, Stimela, Judith Sephuma, Gloria Bosman, Busi Mhlongo, Sibongile
Khumalo, Jonas Gwangwa, Simphiwe Dana, Lira, Zamajobe, Angelique Kidjo, om
net ʼn paar te noem. Die album van hierdie Afro-soul sangvoël is bewys van
iemand wat ʼn lang pad geloop het, letterlik en figuurlik, om haar regtelike plek te
eien as een van die wêreld se beste sangeresse.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
Haar eerste paar albums sluit in 2006 se Ubuntu Bam, en
2008 se Ndinovuyo – Siphokazi se 2010 album ‘Ethembeni’
is diep gewortel in Afro-Trad musiek stilerings. Van dit het
hul oorsprong in Siphokazi’s diep-gewortelde spiritualiteit.
Soos sy dit self stel , “Ek gee al die glorie vir die Here van
my lewe, God – en dank Hom vir sy grootse aanhoudende
mag en die krag wat Hy my skenk om vorentoe te
beweeg.”)
Twee minute met Siphokazi Maraqana
Sanger Siphokazi Maraqana, wat die SAMA toekenning verwerf het, het met
DRUM gepraat oor musiek, getroude lewe en om ʼn ma te wees.
Wat doen jy huidiglik?
Ek is besig om met my 4de studio album. Ek het so pas ʼn enkel liedjie vrygestel,
“Love Too Deep”.
Daar was onlangs media berigte dat jy uit Joburg getrek het …
Rêrig? Ek het nie van Joburg verhuis nie. Ek is nog steeds hier. Sedert 1999 toe
ek hier gekom het is ek nooit weer terug na my huis in die Oos-Kaap nie. Ek kuier
wel daar, maar dit is al.
Hoe is die getroude lewe? Jy is nou 3 jaar getroud?
Dit is ʼn skool, maar ʼn goeie skool. Ek sien uit vir wat God vir my gaan gee vir
hierdie skool van getroude lewe. Ons het ons uitdagings soos enige paartjie maar
ons nooi God in sulke situasies en ons vertrou dat God ons saam sal hou.
Wat het jy nie van die getroude lewe verwag nie? DInge wat jy nie gedink sou
gebeur nie?
Ek het geweet ek sou kinders hê, maar ek is verras hoe my lewe verander het.
Een oomblik was ek Siphokazi alleen met my man en toe moet ek aanpas as
moeder. Dit het gekom met baie kompromie en opofferings waarvoor ek nie aan
die begin bereid was nie.
Nog ʼn ding, is om my man te leer ken. Ek leer letterlik elke dag iets nuuts van hom
sedert ons getroud is. Ek is nog verras met van die dinge wat ek oor hom uitvind
en dit maak my bewus dat dit ʼn leeftyd neem om enigeen te leer ken.
Wat dink jy doen jy reg om so lank in die musiekbedryf te wees?
Ek is nog altyd myself. Dit het my gehelp. Ek het
uitdagings met mense wat sê ek is te landelik …
Dink jy jy is landelik?
Ja, ek is landelik en ek hou daarvan. Mense wou hê ek
moes verander maar ek het nie. Ek het selfs ʼn tyd
deurgemaak toe mense my skel toe ek “dankies” van ʼn
blaai lees toe ek toekennings ontvang het. Ek het gedink
dit is laf, omdat ek al groot buitelandse sterre dit sien
doen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 17
Wat wil jy hê moet jou nalatenskap wees …
Ek wil ʼn nalatenskap van liefde deur my musiek agterlaat. Liefde in al sy vorms,
van die liefde vir God, vriendskaplike liefde, tot romantiese liefde. Ek glo in die
liefde en ek neem dit nie as vanselfsprekend nie. Ons as mense moet mekaar
meer liefhê.
(Aangepas vanaf http://drum.co.za/celebs/two-minutes-with-siphokazi-maraqana/and
http://www.entertainment-online.co.za/siphokazi.htm)
14.1 Verskaf die naam van die album wat Siphokazi in 2006 vrygestel het. (1)
14.2 Wat is ʼn solokunstenaar? (1)
14.3 Noem DRIE beste toekennings wat Siphokazi in die 8ste metro
toekennings verower het. (3)
14.4 Noem TWEE kunstenaars wat Siphokazi in haar musiek beïnvloed het. (2)
14.5 In watter musiekgenre sing Siphokazi? (1)
14.6 Buiten ‘Ubuntu Bam’, noem nog DRIE musiekalbums van Siphokazi. (3)
[11]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING D: VISUELE KUNSTE
VRAAG 15: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Kies die korrekte antwoorde vir elkeen vanuit die gegewe antwoorde hieronder.
Skryf slegs die letter (A–D) van die antwoord (15.1–15.10) langs die nommer van
die vraag, bv. 15.11 E.
15.1 Die manier hoe voorwerpe in verhouding tot mekaar vertoon word, ten
opsigte van grote, vorm, ens., is…
A proporsie.
B gebaar.
C skets.
D skildery. (1)
15.2 Die lyn wat die land van die see skei staan bekend as …
A vertikaal.
B horisontaal.
C diagonaal.
D sigsag. (1)
15.3 As jy die gevoel van somer in jou prent wil hê, moet jy … kleure gebruik.
A koel
B donker
C warm
D primêre (1)
15.4 … is geskep deur herhaling en energieke lyne.
A Balans
B Spasie
C Lyn
D Ritme (1)
15.5 Bruin, grys en swart is bekend as … kleure.
A pastel
B primêre
C neutrale
D komplementêre (1)
15.6 … is wat jou oog na ʼn spesifieke kunswerk trek.
A Spasie
B Fokale punt
C Proporsie
D Kontras (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 19
15.7 Beeldhoukuns is ʼn kunswerk wat ...-dimensioneel is.
A een
B twee
C drie
D vier (1)
15.8 ʼn Kunswerk wat geskep word deur stukkies materiaal soos papier of lap op
ʼn plat oppervlak te gom word .. genoem.
A ʼn skildery
B ʼn collage
C beeldhoukuns
D ʼn knyppot (1)
15.9 Voorwerpe wat in die middel van die kunswerk is, word die … genoem.
A voorgrond
B middelgrond
C agtergrond
D horison (1)
15.10 Media bestaan uit …
A enige middel wat ʼn kunstenaar gebruik om ʼn kunswerk te skep.
B verf.
C kryt.
D al die bogenoemdes. (1)
[10]
VRAAG 16
Paar KOLOM A met KOLOM B. Skryf slegs die korrekte letter langs die
vraagnommer, bv. 16.6 F.
KOLOM A KOLOM B
16.1 Die ligtheid of donkerte van ʼn area in terme van A Waarde
swart of wit
16.2 Materiaal of tegniek waarmee ʼn kunstenaar werk is B Simbool
gewoonlik vloeibaar of semi-vloeibaar
16.3 Die ligtheid of donkerte van ʼn lyn, vorm of area in C Negatiewe Spasie
terme van swart of wit
16.4 In ʼn skildery of beeldhoukuns, is die areas waar D Medium
daar geen vorme is (die “leë areas”)
16.5 ʼn Vorm, beeld, of voorwerp wat iets uitbeeld wat E Toon
anders is waarmee dit gewoonlik geassosieer is
(5 x 1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 17
Studente besinning - ope reaksie
17.1 Verduidelik hoe die elemente en beginsels van kuns in die prent hierbo
gebruik word in terme van:.
17.1.1 Lyn (2)
17.1.2 Balans (2)
17.1.3 Ritme (2)
17.2 Is jy van mening die kunswerk suksesvol is? Waarom? (2)
17.3 As jy meer tyd gehad het, watter veranderinge sou jy in hierdie samestelling
aanbring? (2)
17.4 Verbeel jy is die stigter en CEO van ʼn maatskappy. Ontwerp ʼn LOGO om
jou maatskappy te verteenwoordig. Jy moet skeppend en oorspronklik wees
in jou ontwerp. Gebruik AANHEGSEL B. Plaas AANHEGSEL B in jou
ANTWOORDEBOEK. (15)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 21
VRAAG 18
Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.
Lucky Mosa Khuzwayo
Lucky Mosa Khuzwayo is gebore op 1988, en het ʼn
B.Tech in Die Skone Kunste en Toegepaste Kunste
in 2010 verwerf. Huidiglik studeer hy vir ʼn
Meestersgraad in die Visuele Kunste.
Hy het deelgeneem aan prestige kuns uitstallings,
insluitend die PPC-YCSA (2010), Absa L’artelier
(2011), Arts Alive (2009–2012). Hy gebruik sy
primêre kuns tyd vir ʼn aantal gemeenskap kuns
projekte in en rondom die hoofstad van die Tshwane
Metro. In sy werke, kyk hy na sosiale vraagstukke
binne die konteks van liminale spasie as verval.
Voorwerpe word gebruik as ʼn metafoor om die liggaam as sentrale verbintenis
tussen hemel en aarde. In hierdie verband, is die onderwerp objektiveer deur
gebruik te maak van gewone voorwerpe wat gebruik is of verwaarloos is in die
alledaagse lewe. “Die kernaspekte wat my interesseer is water, natuur, armoede,
gestremdheid en identiteit. Die aspekte moedig eenheid, of verdeling in die
gemeenskap. Eintlik wil ek bevraagteken, vernietig en realiteit dekonstrueer.”
“Soos ek die bekwaamheid bemeester het om met beton en gevonde voorwerpe te
werk, ek het begin werk met beton, klei, gevonde voorwerpe, staal en hout tesame
met die liggaam as simbool van vernietiging in transisie. Voorwerpe en die
afwesigheid van spasie genereer die afwesigheid in die hede as gevolg van die
herfrasering van die Verlede, Huidige, en Toekoms as een. Ek gebruik roes om die
verganklike te verteenwoordig as vorm van simboliek van die verlede, en die
huidige of toekoms as ʼn bedreiging vir die generasie wat nog kom.”
Lees die bostaande artikel en skryf ʼn kort beskrywing van die kunstenaar, onder
die volgende afdelings:
18.1 Beskryf die kunstenaar se loopbaan en verskaf sy geboortedatum (3)
18.2 Sy betrokkenheid met die kunswêreld (3)
18.3 Watter materiale hy vir sy skilderye gebruik (2)
18.4 Wat het sy werk beïnvloed (2)
[10]
TOTAAL AFDELING D: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
AANHEGSEL A (Vir die beantwoording van VRAE 11, 12 en 13. Hierdie moet in jou
antwoordeboek geplaas word.)
VRAAG 11 NAAM: _________________________
11.1 Skryf die korrekte tydsoortteken vir die onderstaande toonsoorte.
A B
C D
E
(5 x 1) (5)
11.2 Skryf Bb majeur in ʼn afwaartse rigting in die bassleutel. Maak gebruik van die
gegewe ritme. Vul in die fraseboë sowel as die toevallige tekens waar nodig.
(2 x 2) [4]
VRAAG 12
12.1 Transkribeer die volgende melodie van balknotasie na tonika-solfa.
(8)
12.2 Noem die toonaard vir bogenoemde. ANTWOORD: _______________ (2)
[10]
VRAAG 13
Verskaf die nommer van elk van die harmoniese intervalle. Die laagste noot is die
tonika. (Die eerste antwoord word as ʼn voorbeeld gegee.)
(5 x 2) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SKEPPENDE KUNSTE 23
AANHEGSEL B (Vir die beantwoording van VRAAG 17. Hierdie moet in jou
antwoordeboek geplaas word.)
NAAM: ___________________________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 SKEPPENDE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
MANUSKRIP PAPIER VIR AFDELING C: MUSIEK
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief



