Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

Question paperDramatic ArtsGrade 12201818 pages

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40) AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER  Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht  Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  Mother Courage Bertolt Brecht  Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht  Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE  Waiting for Godot Samuel Beckett  Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks  Bagasie André P Brink  The Bald Primadonna Eugene Ionesco  Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER  Skrapnel Willem Anker  Top Girls Carol Churchill  Popcorn Ben Elton  Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Teater Company OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but die Truth John Kani OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9. VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese begrippe, Inhoud en Vaardighede VRAAG 9: Teatergeskiedenis, Praktiese begrippe, Inhoud en Vaardighede Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. VRAAG 1 Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg. BRON A 20STE EEUSE TEATERVORDERING EPIESE TEATER POSTMODERNISME GEDEKONSTRUEER EPISODIESE STRUKTUUR TEATER VAN DIE ABSURDE SIKLIESE STRUKTUUR 'Kom ons dink aan vordering.' 'Bllpppgmememememehlj sdlkfjfals;;;dJJJKLKKKll0f' 'Is ons besig om te vorder?' Evalueer hoe die diagram van enige EEN van die 20ste-eeuse Teaterbewegings in BRON A die onderwerpmateriaal, sosiopolitieke konteks en intrigestruktuur van die toneelteks wat jy bestudeer het, weerspieël. Skep 'n oorspronklike argument, in die vorm van 'n evaluerende opstel, wat na die vraag, die diagram wat jy gekies het, die toneelteks wat jy bestudeer het en die geassosieerde teaterbeweging (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) verwys. Skryf die titel van die toneelteks wat jy bestudeer het, boaan jou opstel neer. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON B BWW-resensie: Sal die werklike Woza Albert! asseblief opstaan? 7 Oktober 2016 Ek het ongeveer tien jaar gelede 'n produksie van Woza Albert! gesien wat vooraf opgeneemde musiek gevoeg het by 'n voorlesing van Mbongeni Ngema, Percy Mtwa en Barney Simon's se anti-apartheidstoneelstuk wat alreeds oninspirerend was. Die musiek het nie daardie produksie verbeter (standaard verhoog) of die teks duideliker gemaak (verklaar) nie. 5 Woza Albert! het meer as drie dekades na sy première (opening) steeds baie te sê oor die huidige sosiopolitieke en ekonomiese situasie in Suid-Afrika. Daardie probleme sluit armoede, toegang tot onderwys, onmenslike werksomstandighede, rasgebaseerde uitsluiting van deelname aan ekonomiese stelsels en uitermatig strawwe tronkomgewings in, maar dit is beslis nie daartoe beperk nie: toe Woza Albert! 10 geskep is, is geen teiken ontsien wanneer dit by die onthulling van ongeregtighede van apartheid gekom het nie. Wat Morena, Jesus Christus, sou doen as 'n tweede wederkoms in die apartheidsera in Suid-Afrika sou plaasvind, word tot 'n aangrypende afsluiting gebring wanneer Morena helde van die stryd ('struggle heroes') Albert Luthuli, Robert Sobukwe, Lillian Ngoyi, Steve Biko, Bram Fischer, Ruth First, Griffith 15 Mxenge en Hector Pieterson uit die dood laat opstaan. Hierdie toneel het tot vandag toe die mag om solidariteit (eenheid) en aksie te inspireer. Deur David Fick 2.1 Identifiseer die 'Albert' waarna in die titel verwys word en noem wat hy verteenwoordig. (2) 2.2 Verduidelik, met voorbeelde, hoe Mbongeni Ngema en Percy Mtwa die musiek in die oorspronklike produksie van Woza Albert! deur hulle gebruik van vokale en fisiese vaardighede geskep het. (4) 2.3 Analiseer waarom die gebruik van 'vooraf opgeneemde musiek' (reël 1–2) die impak van 'n produksie van Woza Albert! kan verander. (3) 2.4 Motiveer waarom die toneelstuk, Woza Albert!, steeds 'meer as drie dekades na sy première' 'n sukses kan wees (reël 6). (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 2.5 Jy is vir die regie van 'n toneel in Woza Albert! verantwoordelik. Die genre wat jy moet gebruik is verskillend van Arm/Gestroopte Teater. 2.5.1 Noem die genre wat jy sal gebruik om jou toneel te regisseer (spel te lei). (1) 2.5.2 Beskryf die toneel wat jy gekies het. (2) 2.5.3 Verduidelik hoe jy die toneel kan opvoer (ensceneer) om die kenmerke van die genre wat jy in VRAAG 2.5.2 gekies het, te weerspieël. (6) 2.6 Analiseer waarom die finale toneel van Woza Albert! 'n 'aangrypende afsluiting' (reël 13–14) vir die toneelstuk is en die vermoë het om 'solidariteit (6) (eenheid) en aksie te inspireer' (reël 17). 2.7 Evalueer of die 'sosiopolitieke en ekonomiese situasie' (reël 7) wat in Woza Albert! uitgebeeld word, steeds vandag op Suid-Afrika van toepassing is. Jou evaluering moet DRIE spesifieke voorbeelde uit die toneelteks en TWEE voorbeelde van aktuele (huidige) gebeurtenisse insluit. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON C UITTREKSEL UIT SOPHIATOWN (The company storms onto stage, singing 'Koloi e'. Each character emerges and shouts his or her protest over the music.) Koloi e, ha ena marili (x2) Ha e tsamaya, ya nyahyatha Ha e tsamaya, e etsa 'Chips' (x2) 5 This car, this car Has no wheels (x2) When it moves, it moves quietly When it moves, MINGUS: It dances 'Chips' (x2) 10 FAHFEE: Strijdom, Strijdom, watch out! Watch out, Strijdom! CHARLIE: Hey, hey, hey, hey, hey! Die kar van ons – it's going right over you! PRINCESS: Ja Strijdom. Ons dak nie, ons pola hier. Gee pad, gee pad, gee pad! Hey Boere, watch out! This car it's got no wheels! Gee pad, gee pad! 3.1 Verwys na BRON C. 3.1.1 Beskryf die stemming wat deur die liedjie geskep word en ook die uitwerking wat dit op die gehoor kan hê. (2) 3.1.2 Motiveer wat die kar in die liedjie kan simboliseer. (4) 3.1.3 Verduidelik die doel van die liedjie as 'n teatertegniek (teatermiddel) in hierdie toneel. (2) 3.1.4 Stel voor waarom die skeppers van Sophiatown verkies het om 'n verskeidenheid tale in die toneelstuk te gebruik. (4) 3.1.5 Motiveer hoe jy BRON C sou opvoer om die boodskap van hierdie toneel oor te dra. (6) 3.1.6 Bespreek die vokale en fisiese vaardighede wat van die akteurs vereis word om hierdie toneel effektief te vertolk. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS BRON D Die hoofkonflik in Sophiatown is dié van die individu teen die magte van die samelewing. Die reëls of wette van die samelewing voorkom dat die karakters hulle eie doelwitte bereik. In Sophiatown is die samelewingsmag die apartheidsregering wat rassesegregasie afgedwing het. Dit is ook die onderliggende oorsaak van die verskillende voorvalle van interpersoonlike konflik in die toneelstuk en die interne 5 konflik in elke karakter. [Bron: Sophiatown, 2015-uitgawe] 3.2 Verwys na BRON D. 3.2.1 Verduidelik enige TWEE van die 'wette van die samelewing' wat voorkom het dat die karakters in Sophiatown 'hulle eie doelwitte bereik' (reël 2–3). (4) 3.2.2 Evalueer hoe die baie konflikte tussen die karakters die stemming en boodskappe van Sophiatown weerspieël. Motiveer jou antwoord deur na die volgende te verwys:  Interpersoonlike konflik (konflik tussen karakters)  Interne konflik (konflik in 'n karakter)  Besluite deur die karakters gemaak en die optrede, gedrag en gevolge wat daaruit voortspruit (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON E DRAMATURG SE SPELLEIDING VIR DIE VERHOOGPLASING VAN DIE TONEELSTUK Dis Vrydagaand en somer en nog lig in die suidelike voorstede van Johannesburg. Ons kyk na die agterplaas van Ma se semi en sien: Verhoog links: Agter, tot byna middelvoor, die enkelgarage met verweerde houtdeure waarop die verf jare gelede groen was. Op die garage se plat stukkie, gewel, krom en haastig met groen verf geskryf: DO NOT PARK IN FRONT OF THIS GATE. 5 Met rooi verf het iemand later meer dringend beveel, maar sy letterspasie verkeerd bereken en toe hoe verder hoe kleiner moes skryf: AT YOUR OWN RISK. Verwys na BRON E en verbeel jou dat jy die regisseur van 'n nuwe produksie van Siener in die Suburbs is. Die media voer 'n onderhoud met jou voor die openingsaand van die toneelstuk. Hulle vra jou die volgende vrae: 4.1 Noem die verhoogplasing (tyd EN plek) van die toneelstuk. (2) 4.2 Noem die tipe dramatiese struktuur wat deur die dramaturg van Siener in die Suburbs gebruik word. (1) 4.3 Stel voor hoe die tydsverloop van die aksie 'n weerspieëling van die realistiese aard van die toneelstuk is. (2) 4.4 Gee 'n kort karakterskets van Ma wat by die programnotas van die toneelstuk ingesluit sal word. (3) 4.5 Beskryf, met redes, die keuse van die kostuum wat jy gekies het vir die akteur wat die rol van Ma in jou produksie vertolk. (4) 4.6 Noem en beskryf die vokale en fisiese vaardighede wat van 'n akteur vereis sal word om die rol van Ma effektief te vertolk. (6) 4.7 Bespreek die betekenis van die 'enkelgarage' (reël 3) vir die aksie in die toneelstuk. (6) 4.8 Stel voor wat moontlik die dramatiese waarde daarvan kon wees om 'AT YOUR OWN RISK' (reël 7), met rooi geverf, by die dekorstel van die toneelstuk in te sluit. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS BRON F 'N RESENSIE VAN SIENER IN DIE SUBURBS OP GOODREADS.COM PG du Plessis se toneelstuk is geprys (geloof) toe dit die eerste keer opgevoer en gepubliseer is. Die karakters, konflik en dialoog behou na 40 jaar steeds trefkrag – in die hande van 'n uitstekende rolverdeling sal dit steeds 'n gehoor betower. [Bron: http://www.goodreads.com/book/show/1231642.Siener_in_die_suburbs] 4.9 Verwys na BRON F. 'Die karakters, konflik en dialoog behou na 40 jaar steeds trefkrag' (reël 2). Evalueer die geldigheid (waarheid) van die stelling hierbo. Jy moet na die volgende in jou bespreking verwys:  Karakters  Konflik  Dialoog  Relevansie vir hedendaagse samelewing (12) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON G UITTREKSEL UIT NOTHING BUT THE TRUTH SIPHO enters the kitchen unnoticed … MANDISA: Come with me to London. We will go together to the London Fashion Week. My father always said he wished you could come to London. THANDO: I am so excited, and confused at the same time. What about Mpho? MANDISA: It's only for three weeks Thando! One week in Johannesburg and two 5 weeks in London. That can't change his mind about you, if he really loves you. THANDO: I know that. Mpho is not the problem. I am not sure that my father would agree. MANDISA: To Hell with jou father! It's your life! If Mpho doesn't mind, why do you 10 care about your father? Tell him you are going away with me to London for two weeks. It's not like you are going forever! Even if you were, it would still be jou decision. SIPHO: Well spoken, Mandisa! Like father, like daughter! MANDISA: Oh, not again! I think I should buy you squeaky shoes. 15 THANDO: Look Daddy, it's not like that! I would never go without your permission and blessing! MANDISA: Blessing yes, permission no. It is up to you, Thando, if you want to go with me. You are old enough to make decisions for yourself. 5.1 Beskryf hoe die akteur wat Sipho vertolk die kombuis ongesiens kan binnegaan (reël 1). (2) 5.2 Verduidelik hoe Sipho se binnekoms tot die dramatiese spanning van hierdie toneel kan bydra. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 5.3 Verwys na Thando se woorde in reël 4. 5.3.1 Stel voor waarom Thando terselfdertyd so opgewonde en verward was. (2) 5.3.2 Analiseer hoe die akteur wat Thando vertolk deur haar vokale en fisiese vaardighede kan weerspieël dat sy terselfdertyd opgewonde en verward is. (4) 5.3.3 Motiveer waarom Mpho se mening vir Thando so belangrik is. (3) 5.4 Bespreek die redes vir die konflik tussen Mandisa en Sipho. (4) 5.5 Verwys na Sipho se stelling in reël 14. 5.5.1 Verduidelik waarom Sipho hierdie stelling maak deur na TWEE voorbeelde in die toneelstuk te verwys oor waarom hy so voel. (6) 5.5.2 Beskryf die stemtoon wat die akteur wat Sipho vertolk, kan gebruik om sy gevoelens in hierdie toneel duidelik te maak. (2) 5.6 In die konteks van die toneelstuk as 'n geheel, verduidelik waarom die gehoor reël 15 humoristies kan vind. (4) 5.7 Realistiese drama is die regte lewe wat op die verhoog uitgebeeld word. Evalueer hoe Nothing But The Truth 'die werklikheid is ('real life') wat op die verhoog uitgebeeld word'. In jou bespreking verwys na die volgende:  Taal  Karakters  Verhoogplasing (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE Bestudeer BRON H en I hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON H Ok, now go! Hamba! Thank you! I'm warning you, I'll … A B C DIE ROLVERDELING VAN GROUNDSWELL 6.1 Identifiseer die genre van die toneelstuk Groundswell. (1) 6.2 Benoem die karakters wat A, B en C in BRON H gemerk is. Skryf slegs die letter en die name langs die vraagnommer (6.2) neer. (3) 6.3 Verduidelik hoe elke akteur in BRON H se kostuum sy karakter en situasie weerspieël. (6) 6.4 Motiveer hoe elke akteur se postuur (houding) en dialoog geskik is vir die karakter wat hy speel (BRON H). (6) 6.5 Die karakters in Groundswell is komplekse individue wat deur hulle persoonlike begeertes en drome aangevuur word. Dit is waarom spanning tussen die karakters bestaan. Bespreek hierdie stelling deur te verwys na hoe die karakters tot die dramatiese spanning in Groundswell bydra. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS BRON I 'Die toneelstuk is geslagsbevooroordeeld!' 'Slegs seuns sal dit geniet om hierdie toneelstuk te bestudeer en na te kyk!' [Bron: @teater4UsAll] 6.6 Nadat jy na 'n onlangse produksie van Groundswell gekyk het, moet jy op die aantygings en kritiek van die twiet in BRON I reageer om die universele aard van die toneelstuk te verdedig. 6.6.1 Argumenteer teen die stelling: 'Die toneelstuk is geslagsbevooroordeeld!' (4) 6.6.2 Lewer kommentaar op die persoonlike vooroordeel van die twiet om te wys hoe ons deur sosiale media beïnvloed kan word. (4) 6.6.3 Evalueer waarom almal sal baat vind by die bestudering en kyk van hierdie toneelstuk. In jou bespreking verwys na die volgende:  Karakters  Temas van hoort en identiteit (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET Bestudeer BRON J hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON J 'N ADVERTENSIE VIR 'N 2010-PRODUKSIE VAN MIS Mis deur Reza de Wet Aangebied deur die Old Mill Theatre Dit is 31 Augustus. Die wind huil om die hoeke van 'n verwaarloosde klein huisie. Die klank van sirkusmusiek is van ver af hoorbaar. Drie vroue om die kombuistafel, elkeen probeer om haar eie vrese tot bedaring te bring. Sal 'n meisie in haar spierwit aannemingsrok weer hierdie jaar, soos vorige jare, vermis raak? Die vroue is angstig – maar glo dat die dominee/pastoor en ouderlinge, wat die hele aand bid, die bose sal 5 afweer. Daar is skielik 'n klop aan die deur. Dit is 'n onbekende, blinde konstabel wat beweer dat hy gekom het om 'n ogie oor hulle te hou … Sal die konstabel hulle teen die gevare van die nag kan beskerm? Akteurs: Esther von Waltsleben, Jan-Hendrik Opperman, Stephanie Hough en Vicky Stemmet 10 Regisseur: Gaerin Hauptfleisch [Bron: http://argief.litnet.co.za/article.php?news_id=87848] Jou Dramatiese Kunste-onderwyser gee jou die advertensie hierbo om as inspirasie te gebruik wanneer jy jou eie produksie van Mis by jou skool regisseer. 7.1 Verduidelik die belangrikheid van die volgende in die toneelstuk: 7.1.1 '31 Augustus' (reël 1) (1) 7.1.2 'Die wind huil' (reël 1) (1) 7.1.3 'sirkusmusiek' (reël 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 7.2 Stel die simboliese betekenis van Reza de Wet se keuse van kleur vir die 'aannemingsrok' (reël 4) voor. (2) 7.3 Analiseer hoe die advertensie 'n geheimsinnige (misterieuse) stemming skep. (BRON J) (4) 7.4 Evalueer of jy dink die insluiting van die prentjie, wat in die advertensie vir die toneelstuk gebruik is, gepas is. (BRON J) (4) 7.5 Beskryf die tipe verhoog wat jy vir jou eie produksie van Mis sou kies. Verwys na die GENRE asook TEGNIESE oorwegings met betrekking tot die toneelstuk. (6) 7.6 Noem enige TWEE rekwisiete wat jy by die toneelstuk wil insluit om die temas van die toneelstuk duidelik te maak. Motiveer waarom jy die rekwisiete genoem, wil insluit. (4) 7.7 Die advertensie verwys na die 'blinde konstabel' (reël 6). (BRON J) Verduidelik die belangrikheid van blindheid as 'n motief (beeld) in die toneelstuk as 'n geheel. (6) 7.8 Skryf aan jou skoolhoof om te motiveer waarom Mis 'n uitstekende toneelstuk is om by jou skool op te voer. Sluit die volgende by jou bespreking in:  Kennis van Dramatiese Kunste-vaardighede  Analise van die toneelteks (genre, karakters, temas en relevansie)  Begroting en verhoogplasing (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9. VRAAG 8 Bestudeer BRON K hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON K A B 8.1 Identifiseer die dele van die verhoog wat A en B gemerk is. (2) 8.2 Gee TWEE moontlike teatergebruike vir die lere in BRON K. (4) 8.3 Bespreek hoe die verhoogplasing in BRON K enige EEN 20ste-eeuse teaterbeweging (-isme) wat jy hierdie jaar bestudeer het, kan weerspieël. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS BRON L Akteurs Toeskouers In Kordian, 'n produksie deur Jerzy Grotowski, was die verhoogomgewing 'n psigiatriese afdeling en die gehoor het, saam met die held, pasiënte geword. Die handeling/aksie het op en om die hospitaalbeddens plaasgevind, waar lede van die gehoor op sommige beddens gesit het. 8.4 Beskryf Grotowski se gebruik van ruimte in Kordian in BRON L. (4) 8.5 Identifiseer en verduidelik enige TWEE van Grotowski se toneelspelbeginsels. (6) 8.6 Analiseer die verhoogplasingsuitdagings waarvoor Grotowski moontlik te staan gekom het toe hierdie produksie opgevoer is. (4) 8.7 Verduidelik die invloed wat hierdie tipe teaterproduksie moontlik op lede van die gehoor gehad het wat die toneelstuk gekyk het. Verwys na die volgende:  Verhoogplasing  Plek/Omgewing waar die toneelstuk afspeel (4) [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 9 Bestudeer die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON M Een van die doelwitte van die Nasionale Kurrikulum is om … menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid te bevorder. Pas jou kennis van dramatiese prosesse, beginsels en vaardighede toe en bespreek hoe Dramatiese Kunste die doelwitte van die Nasionale Kurrikulum in BRON M bevorder. Verwys na die volgende:  Toneeltekste wat jy bestudeer het en lesse geleer  Opvoerings wat jy gesien het en hulle invloed  Produksies waaraan jy deelgeneem het en hoe jy ontwikkel het [12] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all