You're offline
Skip to content
Question paper

Dramatic Arts Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Dramatic ArtsGrade 12202342 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 40 bladsye en 2 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering' van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. 2. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie.  6 kognitiewe moeilikheidsvlakke  4 kompleksiteitsdenkprosesse 3. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:  Verwagte antwoorde op elke vraag  Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat  Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word  Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke) 4. Maak 'n duidelik regmerkie langs die vereiste aspek van kognitiewe vlak/denkproses kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n punt toegeken word. Nasieners moet aktief betrokke raak by die antwoord • Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne. 5. As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie. 6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te verseker dat nasien gestandaardiseer is. 7. Merk holisties. 8. Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag). 9. Sien globaal na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. 10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe (konsepte, vaardighede en kennis) en met die spesifieke vraag gevra. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES Nasien van Opstel- en Antwoordvrae Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan: o Item/ Inhoudsmoeilikheidsgraad: Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak geassesseer? o Taakmoeilikheidsgraad: Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word? o Stimulusmoeilikheidsgraad: Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas? o Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word: Wat is die hoeveelheid/ aantal (hoeveel) en gehalte/ kwaliteit (hoe goed) van die verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne gegee? Is dit in lyn met die item, taak en stimulus? Is die punte toepaslik toegeken en geweeg? Leong: 2002 Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en - uitslae standaardiseer. Inleiding tot die taak  Die nasieners moet lees wat die taak is wat deur die vraag vereis word en dit opsom  Die nasieners moet die nasienriglyne lees  Die nasieners moet alternatiewe antwoorde deel  Verwagtinge vir kandidaatantwoorde moet opgesom word  Moenie net die hoeveelheid bewyse (hoeveel inhoud verskaf) deel nie, deel ook die gehalte/kwaliteit van die bewyse.  Die nasieners moet assesseer hoe goed die vraag beantwoord is Inleiding tot die rubriek  Die opleiers moet die rubriek met verwysing na die vraag hersien  Die opleiers moet prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe veel te laat weeg) hersien  Die opleiers moet leiding gee in die hersiening van elke vraag en die ooreenstemmende rubriek Oefen om individueel na te sien  Die nasieners moet 'n stel opleidingskrifte individueel en onafhanklik nasien  Die opleiers moet die punte aanteken en die bespreking lei. Die opleidingskrifte moet die punte en kommentaar bevat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die volgende is 'n riglyn: Die kandidaat moet:  Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord word met die titel van die toneelstuk as „n hoofopskrif vir die opstel  Hierdie antwoord skryf met verwysing na die toneelteks wat hy/sy as 'n voorbeeld bestudeer het  EEN van drie bewegings as die konteks verwys: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater verwys  Na die relevante bronmateriaal in die antwoord verwys  Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel verstaan, ontleed, geëvalueer en geïntegreer is  Nota: as 'n kandidaat nie elke moontlike feit, voorbeeld, tema, ens. noem nie, mag hulle nie gepenaliseer word nie. Die fokus van puntetoekenning is die kwaliteit van die argument gemeet teen die matriks/kriteria Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:  Die vraag  Die bron  Hoe teater die kandidaat se persoonlike lewe, die lewens van ander mense en ook die samelewing as 'n geheel weerspieël  Keuse van karakters en temas uit die toneelteks om die bespreking en argument te steun  Die 20ste-eeuse teaterbeweging wat die kandidaat bestudeer het (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) Nasieners moet die volgende in ag neem:  Die kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die opstel toegepas is  Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke toon  Die rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer: o Kognitieweprosesdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep) o Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon (feitelik, konseptueel, prosedureel metakognitief)  Neem alle instruksies van die vraag in ag wanneer die opstel nagesien word  Die nasieners moet bevoeg wees in die betekenis en toepassing van: o Bloom se Taksonomie se kognitiewe vlakke en denkprosesse o Die rubriek se kriteria en vlakbeskrywers  Die nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidate se prestasievlakke te meet  Die nasieners moet punte toeken vir die gehalte van die kandidate se denke oor die inhoud en nie vir die lengte of hoeveelheid inhoud verskaf nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne BESKRYWER PUNTE DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM: • Kognitiewe vlak en denkproses: Skep, ontdek, vernuwe, verander op 'n uitstaande wyse met metakognitiewe denke oor die 27–30 inhoud Uitstaande • Argument: 90–100% Skep 'n nuwe, unieke en gedifferensieerde argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese Metakognitiewe en analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon A+ • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Skep Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die teaterbeweging op 'n uitstaande wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks en die teaterbeweging binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Beoordeel, lewer kritiek en evalueer op 'n uitstekende manner met metakognitiewe denke oor die inhoud Uitstekend 24–26 • Argument: Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van refleksiewe, kritiese Metakognitiewe 80–89% en analitiese denke op 'n uitstekende vlak • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Evalueer A Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks, die teaterbeweging op 'n uitstekende wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks, die teaterbeweging binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Maak gevolgtrekkings, dekonstrueer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse; met Verdienstelik 21–23 proseduredenke oor die inhoud • Argument: Prosedurieël 70–79% Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Ontleed B Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Wesenlik 18–20 Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak met proseduredenke oor die inhoud • Argument: Prosedurieël 60–69% Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Toepas C Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n wesenlike reeks gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Voldoende 15–17 Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor inhoud • Argument: Konseptueel 50–59% Stel 'n argument wat begrip en konseptualisering van kennis op 'n voldoende vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Begrip D Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Gemiddeld 12–14 Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud • Argument: Konseptueel 40–49% Stel 'n argument wat 'n verduideliking en denke op 'n gemiddelde vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Begrip E Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Elementêr Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor die inhoud 10–11 • Argument: Feitlik 30–39 Stel 'n argument wat denke op 'n elementêre vlak toon F • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Onthou Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne • Kognitiewe vlak en denkproses: Nie Behaal Nie 1–9 Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud • Argument: Feitlik 20–29% Stel 'n argument saam wat feite op 'n voorspelbare beperkte vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Onthou G Verskaf idees of inligting, maar op 'n beperkte vlak • Kognitiewe vlak en denkproses: Nie Behaal Nie Baie min of geen inligting nie. Kan nie gedagtes in woorde uitdruk nie. 0 • Argument: Feitlik 0 – 19% Onvermoë om 'n opstel saam te stel; te identifiseer, noem, in verband te bring en om H genoeg feite te verskaf Onthou • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Geen bewyse van enige feitelike kennis nie TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! – PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van verhoogaanwysings toon. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die funksie van verhoogaanwysings is om:  Die gedagtes en bedoeling van die dramaturg te weerspieël wat nie net deur slegs dialoog in die toneelteks gedoen kan word nie  Leiding te gee oor die akteurs se fisikaliteit, plasing op die verhoog en gedrag/ optrede op die verhoog  Die tipe verhoogruimte benodig vir die toneelstuk, tipes akteurs benodig, rekwisiete en kostuums te bepaal  Te bepaal hoe die karakters moet lyk bv. Aunty Dudu sal „n tjalie dra (2) 2.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die tegniese elemente van 'n produksie toon. Die volgende is 'n riglyn:  Ken twee punte toe vir die korrekte antwoord. Die tegniese element is beligting (2) 2.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip toon van hoe die gebruik van tegniese elemente die dramatiese effek en die impak van 'n produksie skep. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die dramatiese effek geskep deur die beligting is dat:  Die ligte verdof word om die gehoor se aandag op die verhoogarea en die aksie van die toneelstuk te fokus  Die liggame van die akteurs vir die gehoor sigbaar is  Die liggame van die akteurs gevorm en gedefinieër word  Die fokus geplaas word op wat verlig is, in hierdie geval die akteurs  Dit die stemming van die toneel skep, bv. o Deur die beligting te verdof kan 'n somber stemming geskep word (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van vokale en/ of fisiese vaardighede in die vertolking van 'n karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Vokale vaardighede Die akteurs kan:  Die eienskappe van spraak soos volume, toonhoogte, pas, beklemtoning en ideofone gebruik om die volgende uit te beeld en te kommunikeer: • Hoe die akteurs musikante met hulle liggame geskep het • Stemming, atmosfeer en emosies • Karakters se karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes en ingesteldhede om kwessies in die toneelstuk uit te lig • Die jazz-orkes deur ritmiese maatslae vir die bongo-trom en diep resonansie vir die saksofoon te skep • Klanke van verskillende musiekinstrumente • Die verandering van aksente en die gebruik van taal om in die polisieman en musikante te verander EN/ OF Fisiese vaardighede Die akteurs kan:  Hulle fisiese vaardighede soos beweging, gebare, gesigsuitdrukkings, gewig, postuur/ houding, energie, mimiek, fisiese teater, posisie, karakterisering en transformasie gebruik om die volgende uit te beeld en te kommunikeer: • Stemming, atmosfeer en emosies • Karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes, gedrag/ optrede en houdings/ ingesteldheid • Die skep van musiekinstrumente asook die speel van die instrumente, selfs die skep van 'n jazz-orkes • Die transformasie van die akteur van een karakter in 'n ander een voor die gehoor (6) 2.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis van verhoogproduksie en 'n geldige assessering van 'n geskikte stel kan toon. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel:  Moet twee teekiste/ bokse en 'n klerereling bevat met 'n paar kostuums/ rekwisiete wat daaraan hang  Is minimalisties en multifunksioneel, bv. 'n boks of krat kan die helikopter, trein, vragmotor, ens. word  Voldoen aan die beginsels van Arm/ Gestroopte Teater (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise van die akteurs se gebruik van die stel en die opvoerruimte toon.  Sien holisties na Die volgende is 'n riglyn: Die akteurs kan die stel en opvoerruimte gebruik:  Om die toneelskikking van die omgewing te verander, bv.: o Percy en Mbongeni skep 'n beeld ('totem') om die openingstoneel van die toneelstuk uit te beeld o Die gebruik van die teekis word 'n platform as 'n verhoog waarop hulle die instrumente kan skep o Die voorkant van die teekis kan die gehoor word o Die teekis kan nader aan die gehoor geplaas word vir „n meer intieme verhouding met die gehoor (8) 2.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die positiewe in die lewens van die karakters toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/ idees Die positiewe in die lewens van die karakters word in Visuele Beeld A uitgebeeld:  Zulu boy en Bobbejaan dans en sing vrylik en met vrymoedigheid  Sang en dans word 'n meganisme waardeur hulle van hulle onderdrukkende omstandighede kan ontsnap en dit hanteer  Hulle toon 'n oomblik van vreugde en uitbundigheid ten spyte van hulle swaarkry  'n Gevoel van eenheid, kameraderie en vriendskap is geskep ten spyte van hulle swaarkry en veeleisende werk  Hulle trotseer die strawwe toestande waaronder hulle lewe en werk (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.8 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar antwoorde wat temas en boodskappe identifiseer en evalueer soos in die visuele beelde uitgebeeld. „n Kandidaat kan slegs drie punte verdien as dit net gelys is. Die volgende is 'n riglyn: Die evaluering van die temas en boodskappe kan 'n bespreking van die volgende insluit:  Paswette: Swart mense is verplig om ten alle tye 'n pasboek of 'dompas' aan hulle persoon te dra. Indien hulle dit nie gedoen het nie, het hulle gevangenskap deur die apartheidpolisie in die gesig gestaar  Die gebrek aan vryheid: Die apartheidstaat het swart mense verbied om na sekere gebiede te gaan en hulle kon slegs in gebiede wat deur die regering goedgekeur is, woon. Swart mense is die vryheid om te loop, reis en te woon waar hulle wou, ontsê  Polisiewreedheid: Die apartheidsregering het wrede wette geskryf en afgedwing om swart mense te onderdruk. Die behandeling wat swart mense by die polisiemagte gekry het, was onmenslik. Die polisie het mense ondervra, geslaan, gearresteer, aangehou en gemartel  Werkloosheid: Swart mense moes 'n pasboek hê om in diens geneem te word. Maar slegs 'n beperkte aantal mense het pasboeke gekry. Indien hulle wel gekry het, moes die boeke, datums en stempels in die pasboek gereeld hernu word. Hierdie wrede stelsel het daartoe gelei dat die meerderheid swart mense werkloos was  Armoede: Swart mense is nie toegelaat om hulle eie besighede te besit of te bestuur nie. Hulle is geforseer om vir wit mense te werk. Hulle is swak betaal en kon net vir geringe werk aansoek doen. Met die groot aantal mense en die swak salarisse wat werkende mense betaal is, was daar diep en pynlike armoede  Verlies aan swart lewens: Die staatsveiligheidsmagte het dikwels tydens protesoptogte op swart mense geskiet en hulle doodgemaak. Baie swart mense is tot die dood gemartel tydens gevangenskap en ondervraging  Gebrek aan onderwys: Die apartheidsregering het nie skole of onderwysers vir swart mense verskaf nie. As hulle het, was die geboue en salarisse nie genoegsaam om doeltreffende onderwys te lewer nie. Indien hulle skool toe gegaan het, is hulle gedwing om in 'n taal wat nie hulle moedertaal was nie, te leer. Hulle is ook gedwing om oor kulture te leer wat nie hulle eie was nie. Dit het daartoe gelei dat onderwysbeginsels en konsepte nie verstaan is nie of dat dit nie vir swart mense en hulle kulture relevant was nie. Die gebrek aan onderrig, of onderrig in 'n vreemde taal en kultuur het gelei tot 'n gebrek aan onderwys (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van verhoogaanwysings toon. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die funksie van verhoogaanwysings is om:  Die gedagtes en bedoeling van die dramaturg te weerspieël wat nie net deur dialoog in die toneelteks gedoen kan word nie  Leiding te gee oor die akteurs se fisikaliteit, beweging, plasing op die verhoog en gedragoptrede op die verhoog  Mondelingse leiding aan die akteurs te gee  Aan die akteurs riglyne te gee bv. waarheen om te beweeg, hoe om te praat en wat om te doen in 'n lewendige produksie  Die tipe verhoogruimte benodig vir die toneelstuk, tipes akteurs benodig, rekwisiete en kostuums te bepaal  Te bepaal hoe die karakters moet lyk byvoorbeeld Mingus is „n bendelid en sal modieuse klere dra (2) 3.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die tegniese elemente van 'n produksie toon. Die volgende is 'n riglyn:  Ken twee punte vir die korrekte antwoord toe. Die tegniese element is beligting. (2) 3.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip toon van hoe die gebruik van tegniese elemente die dramatiese effek en die impak van 'n produksie skep. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die dramatiese effek geskep deur die beligting is dat:  Die ligte verdof word om die gehoor se aandag op die verhoogarea en die aksie van die toneelstuk te fokus  Die liggame van die akteurs vir die gehoor sigbaar is  Die liggame van die akteurs gevorm en gedefinieër word  Die fokus geplaas word op wat verlig is, in hierdie geval die akteurs  Dit die stemming van die toneel skep, bv. o Deur die beligting te verdof kan 'n somber stemming geskep word o Deur kleurvolle beligting te gebruik, kan 'n meer positiewe stemming geskep word (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van vokale en/ of fisiese vaardighede in die vertolking van 'n karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Vokale vaardighede Die akteurs kan:  Die eienskappe van spraak soos volume, toonhoogte, pas, beklemtoning en ideofone wat in die lied gebruik is om die volgende uit te beeld en te kommunikeer: • Stemming, atmosfeer en emosies • Karakters se karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes, gedrag en ingesteldhede om kwessies in die toneelstuk uit te lig EN/ OF Fisiese vaardighede Die akteurs kan:  Hulle fisiese vaardighede soos beweging, gechoreografeerde sekwense, gebare, gesigsuitdrukkings, gewig, postuur/ houding, energie, mimiek, fisiese teater, posisie, karakterisering en transformasie gebruik om die volgende uit te beeld en te kommunikeer: • Stemming, atmosfeer en emosies • Karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes, gedrag/ optrede en houdings/ ingesteldheid (6) 3.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis van verhoogproduksie en 'n geldige assessering van 'n geskikte stel toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel:  Is in 'n Brechtiaanse styl omdat dit bestaan uit plakkate, baniere, tekens en slagspreuke wat die gebeure in die toneelstuk beklemtoon, bv. gedwonge verskuiwing van die inwoners van Sophiatown en hulle verset daarteen ('We Won't Move')  Moet die interieur van Mamariti se Diamond Shebeen bevat en die sitkamer van haar huis wys  Die telegraafpale kan geplaas word sodat dit tussen die gehoor deur loop om die afstand tussen die akteurs en die gehoor te breek en om die vierde muur te verwyder. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise van die akteurs se gebruik van die stel en die opvoerruimte toon.  Sien holisties na Die volgende is 'n riglyn: Die akteurs kan die stel en opvoerruimte gebruik:  Om die toneelskikking van die omgewing te verander, bv.: • 'n Area van die verhoog af, maar steeds deel van die stel, is die sjebeen wat klante gebruik om drank te drink, te dans en te sing • Nog 'n area op die verhoog, maar deel van die stel, is waar Lulu haar huiswerk doen • Nog 'n area van die stel is waar Jakes sy kolom skryf • As 'n vergader- en saamkomplek op die stel  Om hulle status in die toneelstuk te toon, bv. Mamariti sit in die middel van die verhoog om aan te dui sy is die dominante karakter in die huis (6) 3.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en analise van die positiewe in die lewens van die karakters toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die positiewes in die lewens van die karakters word in Visuele Beeld A uitgebeeld:  'n Mens sien twee dansers wat energiek en met vreugde dans  Musiek en dans bied die karakters tydelike ontsnapping van die werklikheid en die swaarkry van die lewe  Die klere van die akteurs in die visuele beeld wys dat die karakters mooi klere aantrek en deel word van 'n lewendige en kosmopolitaanse leefstyl om so van die moeilike werklikheid in hulle lewens te ontsnap  Die karakters trek mooi aan en gaan dans om hulle kultuur te vier en van hulle armoede te ontsnap (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.8 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar antwoorde wat temas en boodskappe, soos in die visuele beelde getoon, identifiseer en evalueer. „n Kandidaat kan slegs drie punte verdien as dit net gelys is. Die volgende is 'n riglyn: Die evaluering van die temas en boodskappe kan 'n bespreking oor die volgende insluit  Gedwonge verskuiwings: Die apartheidsregering se wette het voorgeskryf dat sekere woongebiede gesloop moes word. Die gebiede wat vir sloping geïdentifiseer is, het aan Swart mense, Kleurlinge en Indiërs behoort. Stootskrapers het aangekom en alle geboue, kerke en huise verwoes. Mense is onder dwang uit hulle huise verwyder, op trokke gelaai en in gebiede afgelaai wat deur die regering gekies is. Die meeste van hierdie gebiede het geen infrastruktuur gehad nie, dit was ver van die stede en dikwels was daar geen omgewingsrykdom nie. Hierdie wreedheid het gebroke huise, onuitspreeklike smart, verskrikking/angs en trauma vir die mense wat in Sophiatown gewoon het, veroorsaak  Protesoptogte/Verset: Daar was beplande protesoptogte deur die mense om die gedwonge verskuiwings teen te staan. Die versetoptogte het egter nie plaasgevind nie omdat die regering polisiemagte en stootskrapers drie dae voor die datum wat aan die mense gegee is, ingestuur het  Gee die stemloses 'n stem: Die skeppers van Sophiatown, The Junction Avenue Theatre, wou die geskiedenis van die plek Sophiatown vertel. Die toneelstuk gee die stemloses 'n stem. Die stemloses is elke persoon wat in Sophiatown gewoon het en gewelddadig verwyder is. 'n Stem word ook aan die kuns wat verwoes is, gegee: die danse, liedjies, visuele kunste en skryfwerk deur joernaliste en dramaturge.  Rasse- en kulturele diversiteit Sophiatown, die plek, was 'n lewendige, multikulturele en veelrassige gebied. Die gemeenskap van mense het verskille aanvaar en diversiteit gevier. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS – PG DU PLESSIS 4.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van verhoogaanwysings toon. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die funksie van verhoogaanwysings is om:  Die gedagtes en bedoeling van die dramaturg te weerspieël wat nie net slegs deur dialoog in die toneelteks gedoen kan word nie  Leiding te gee oor die akteurs se fisikaliteit, plasing op die verhoog en gedrag/optrede op die verhoog  Die akteurs mondelingse en fisieke leiding te gee op die verhoog  Aan die akteurs riglyne te gee bv. waarheen om te beweeg, hoe om te praat en wat om te doen in 'n lewendige produksie  Die tipe verhoogruimte benodig vir die toneelstuk, tipes akteurs benodig, rekwisiete en kostuums te bepaal  Te bepaal hoe die karakters moet lyk byvoorbeeld Tjokkie dra „n overall want hy werk aan sy motor. (2) 4.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die tegniese elemente van 'n produksie toon. Die volgende is 'n riglyn:  Ken twee punte toe vir die korrekte antwoord. Die tegniese element is die gordyn. (2) 4.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip toon van hoe die gebruik van tegniese elemente die dramatiese effek en die impak van 'n produksie skep. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stellings OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die dramatiese effek geskep deur die oopmaak van die gordyn:  Kondig aan dat die toneelstuk begin het  Trek die aandag na die openingstoneel soos wat die wêreld van die toneelstuk onthul word  Onthul die stel en omgewing, plaas die fokus op Tjokkie wat aan 'n motor in die agterplaas van hulle voorstedelike huis werk (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 4.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van vokale en/ of fisiese vaardighede in die vertolking van 'n karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees Vokale vaardighede Die akteurs kan:  Die eienskappe van spraak soos volume, toonhoogte, pas, beklemtoning, ideofone en woorde gebruik om die volgende uit te beeld en te kommunikeer: • Stemming, atmosfeer en emosies • Karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes en ingesteldhede  Ma praat stadig om haar onsekerheid te beklemtoon  Tjokkie en Ma gebruik beide lang pouses om hulle ongemak met mekaar te toon  Tjokkie praat met 'n staccato-stem om sy kort humeur en buierigheid te toon  Tjokkie en Ma projekteer hulle stemme omdat daar 'n afstand tussen hulle is (Ma is by die deur en Tjokkie is onder die kar) EN/OF Fisiese vaardighede Die akteurs kan:  Hulle fisiese vaardighede soos beweging, gebare, gesigsuitdrukkings, gewig, postuur/ houding, energie, posisie, karakterisering en transformasie gebruik om die volgende uit te beeld en te kommunikeer: • Stemming, atmosfeer en emosies • Karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes, gedrag/optrede en houdings/ ingesteldheid  Die akteur wat Tjokkie speel, moet onder die kar inkruip  Die akteur wat Tjokkie speel, toon sy passie vir motors deur sy vinnige, energieke gebare  Die akteur wat Ma speel, kan stadig beweeg om haar hopeloosheid te toon (8) 4.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis van verhoogproduksie en 'n geldige assessering van 'n geskikte stel toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel:  Beeld die agterplaas van 'n laeklas-skakelhuis in die 1970's uit  Moet die agterdeur en stoep van die huis toon  Moet die garage met die kar toon  Moet 'n oop area tussen die huis en die garage hê wat ruimte skep vir die meeste van die aksie  Moet voldoen aan die beginsels van Realisme in die Teater deur die gebruik van bv. die stel, dekorbywerking, rekwisiete en meubels (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 4.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise van die akteurs se gebruik van die stel en opvoerruimte toon. Sien holisties na. Die volgende is 'n riglyn: Die akteurs:  Kan deur die gesproke woord, met hulle liggame en karakterisering die illusie van Realisme in die Teater skep  Gebruik die stel as 'n realistiese omgewing vir die aksie deur 'n geloofwaardige wêreld te skep met die gebruik van 'n regte kar op die verhoog en regte meganiese gereedskap  Gebruik die wasgoeddraad om klere op te hang om te wys dat hulle daar woon  Gebruik die agterdeur om op die verhoog te kom en weer af te gaan  Gebruik die garage met die kar en al die meganiese gereedskap om aan die kar te werk  Gebruik die hek om op die verhoog te kom en weer af te gaan en skep die illusie dat daar na 'n werklike straat gegaan word (6) 4.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en analise van die positiewe in die lewens van die karakters toon. Merkers aanvaar enige karakter wat bespreek word. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/ idees Die positiewe van die lewens van die karakters word in Visuele beeld A uitgebeeld:  Die visuele beeld lyk soos 'n stil en rustige oomblik vir Tiemie  Jakes is nie by haar om druk op haar te plaas om 'n baba te hê nie  Hy mishandel haar nie  Sy verf haar naels wat kan beteken dat sy mooi wil lyk  Indien sy mooi is, kan sy dalk by die 'dandies' inpas  Indien sy inpas, kan sy dalk 'n lewe vir haarself maak onafhanklik van Ma en Jakes  Sy kan dalk 'n huis in een van die ryk woonbuurte kry waar die 'dandies' woon  Sy kan ontsnap uit die armoede van haar huidige woonbuurt en huis  Sy kan uit haar gewelddadige verhouding met Jakes ontsnap (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 4.8 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar antwoorde wat temas en boodskappe, soos in die visuele beelde getoon, identifiseer en evalueer. „n Kandidaat kan slegs drie punte verdien as dit net gelys is‟ Die volgende is 'n riglyn: Die evaluering van die temas en boodskappe soos in Visuele Beeld B uitgebeeld: 'n Man slaan 'n vrou.  In Siener in die Suburbs kom ons te wete dat Jakes vir Tiemie geslaan het tot sy bloei  Mishandeling in intieme verhoudings is orals 'n gereelde gebeurtenis  In die visuele beeld klap Jakes vir Tiemie baie hard met sy hand. Dit is misbruik van sy mag. In verhoudings het ons almal mag en ons moet hierdie mag versigtig gebruik en nie mekaar deur een of ander vorm van mishandeling, subtiel of openlik te domineer nie.  Mense word nie geleer wat die gebroke verhoudings wat deur mishandeling veroorsaak word, veroorsaak, uitmaak, voorkom en heelmaak nie.  Daar is baie groepe in die samelewing wat spesifiek vir mishandeling (misbruik) geteiken word, bv. mense met uitdagings, vroue, bejaardes, albino's, kinders, buitelandse burgers, mense uit die LBGTQI+- gemeenskappe  Ons moet leer wat mishandeling (misbruik) is, bv.: • Verbaal: Stiltes, geskree, gevloek, disfunksionele kommunikasie, geskinder, lieg, aggressie in stem/ stemtoon/ woorde wat gekies word om mee te kommunikeer • Fisies: Gestamp, gestoot, vinger gewys, aggressiewe gebare, geskop, geklap, gestoei, geslaan, dreig met wapens, ens. • Finansieel: Weerhouding van geld, geld steel, geld op bedrieglike wyse maak • Seksueel: Verkragting, ontrou, flirtasie • Emosioneel en sielkundig: Manipulasie, lieg, verkleineer, verneder, boelie, stories verdraai, beskaamd maak, blamering, weerhouding van goedkeuring, weerhouding van liefde, iemand isoleer, iemand verwerp  'n Paar oplossings om mishandeling (misbruik) te stop. • Niemand moet enige van die tipes mishandeling (misbruik) hierbo genoem, pleeg nie • Stop enige van die genoemde tipes mishandeling wanneer jy sien dat iemand dit pleeg of selfs indien dit reeds gebeur het • Rapporteer mishandeling onmiddellik • Kry ondersteuning by instellings of ervare praktisyns wat spesialiseer in die voorkoming van mishandeling, bv. Rape Crisis, Stop Violence Against Children and Women Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Armoede: • Die karakters in die teks is arm-blanke individue. • Hulle bly in die “suburbs” • Slegs enkele van hulle het goed-betaalde werke • Armoede kan lei tot: • Alkolisme byvoorbeeld: Jakes raak dronk en veroorsaak chaos in die lewe van hierdie familie • Beperkte toekomsdrome byvoorbeeld: Fé wil net swanger raak met Tjokkie se kind en het geen ambisie nie • Dobbelary byvoorbeeld: Giel droom daarvan om „n fortuin daaruit te maak • Afhanklikheid en misleiding byvoorbeeld: Ma lewe van „n pensioen waarvoor sy nie gewerk het nie (haar man se pensioen) Kandidate moet hul stellings motiveer. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van Realisme in die Teater toon. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Realisme in die Teater sluit in:  'n Realistiese stel, rekwisiete, kostuums, dialoog, karakters, beligting, klankeffekte en alle ander elemente/ fasette van die toneelstuk wat saam gebruik word om die illusie van werklikheid en die werklike lewe te skep – 'n greep uit die lewe (2) 5.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die realistiese stel as 'n omgewing vir die aksie toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel:  Dit verteenwoordig die genre Realisme in die teater.  Is die omgewing waar die dramatiese aksie/handeling plaasvind  Is 'n boksstel wat 'n presiese weergawe van 'n township-huis is  Is die huis van Sipho Makhaya  Verteenwoordig 'n generiese township-huis: 3,6 x 7,2 meter  Verteenwoordig 46 Madala Street, New Brighton  Stel 'n sitkamer en kombuis voor met 'n suggestie van twee slaapkamers agter die kralegordyn wat van die verhoog afgaan  Bevat gedetailleerde rekwisiete om die realistiese visuele prentjie op die verhoog te voltooi  Het 'n straat wat ook deel van die omgewing van die toneelstuk is, net soos die lug bokant die huis wat deur die siklorama verlig is  Buite die huis is daar sand of gruis en rommel wat op die grond lê wat die straat/ sypaadjie verteenwoordig (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 5.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n toepassing toon van hoe Stanislavski se Sisteem/ Metode 'n geloofbare optrede kan skep wanneer dit deur 'n akteur gebruik word om in 'n karakter te verander en hoe dit 'n gehoor laat empatie hê en glo aan die geskepte werklikheid op die verhoog, soveel so dat hulle dit op hulle eie lewens toepas. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings Stanislavski se Sisteem/ Metode kan die akteur help deur die toepassing en gebruik van:  Geloofwaardige interpretasie: Die karakter skep geloofwaardigheid en waarheid van „n karakter deurdie gebruik van emosie, fisikaliteit en vokale eienskappe vir 'n spesifieke karakter om geloofbaarheid en waarheid te skep  Emosionele geheue: Waaruit die akteurs persoonlike ervaring en herinneringe kan gebruik om die emosionele werklikheid van die toneelstuk, karakter en gegewe omstandighede in die vertolking/ optrede te skep. 'n Akteur moet slegs emosies gebruik wat ouer as sewe jaar is.  Magiese as ('Magic if'): Die akteur moet lewe, voel, dink, praat en optree asof hy/sy die karakter is. Vokale en fisiese reaksies kan dus wissel van optrede tot optrede, maar sal altyd realisties en getrou wees  Aandagsirkels: Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk op die verhoog wees en nie op die gehoor nie  Superdoelwit en doelwitte Die akteur moet 'n motivering en rede hê vir elke handeling (lyn, gedrag, houding/ ingesteldheid, emosie)  Gegewe omstandighede: Die akteur moet navorsing doen en in karakter reageer op die tyd, plek en sosio-ekonomiese omstandighede van die toneelstuk, die mense en die (6) samelewing in die tyd waarin die toneelstuk afspeel „n Kandidaat kan slegs TWEE punte verdien indien die tegnieke net gelys is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 5.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis toon van die goed geskepte toneelstruktuur. Die kandidaat moet ook die vermoë toon om te analiseer waarom en hoe die toneelstruktuur en die intrige die ontwikkeling en aksies gebruik om die spanning te verhoog. Aanvaar verskillende interpretasies van die goed geskepte toneelstruktuur en geldige gedagtes. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die goed geskepte toneelstruktuur: Uiteensetting:  Is van die begin af as Realisme in Teater uitgelê  Gee inligting oor die gegewe omstandighede, die toneelstuk en die karakters  Toon dat die toneelstuk in die jaar 2000 in 46 Madala Street, New Brighton afspeel  Toon Sipho Makhaya, 63, Assistent-hoofbibliotekaris van die Port Elizabeth Openbare Biblioteek wat terugkeer van sy werk af en wat vir die aankoms van die lyk van sy oorlede broer, Themba, wag  Identifiseer Thando Makhaya, sy dogter, wat by die WVK werk en by die huis aankom en haar vader oor Themba uitvra. Sipho ontwyk die vrae Motoriese moment:  Kan beskou word as Themba se dood of die aankoms van Mandisa, Themba se dogter, met Themba se as, uit Londen Stygende aksie/ handeling/ verwikkeling:  Is geskep deur Thando en Mandisa se voortdurende ondervraging oor die verlede, en Sipho se ontwyking om hulle antwoorde te gee  Toon sensitiewe kwessies rakende vaderskap  Is geskep deur die nuus dat Sipho nie die pos as Hoofbibliotekaris gekry het nie  Is geskep deur Thando se begeerte om saam met Mandisa Johannesburg en Londen toe te gaan Klimaks:  Word bereik deur Sipho se gedrink as gevolg van sy spanning en dit dra by tot sy uitbarsting en die klimaks van die toneelstuk  Word bereik wanneer Sipho die 'waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie' onthul, bv. die moontlikheid dat Thando Themba se dogter kan wees  Is geskep deur Sipho wat 'n persoonlike opernbaring oor die waarheid van sy eie lewe en sy toekoms ervaar Ontknoping/ Afloop:  Word ervaar wanneer Sipho vir Themba vir sy verraad in die verlede vergewe  Word bereik wanneer Sipho 'n belofte maak om sy eie African Public Library in New Brighton oop te maak Ons wil die toneelstuk tot aan die einde kyk om te sien wat gebeur omdat:  Ons by die familie en hulle stryd aansluiting kan vind  Sipho wil hê dat ons die waarheid uitvind omdat ons weet hy steek iets weg  Ons wil 'n beter lewe vir Sipho hê omdat hy gedurende apartheid in sy persoonlike en professionele lewe so swaargekry het  Daar is dramatiese ironie omdat ons weet daar is onopgeloste konflik tussen Sipho en Themba (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 5.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip, analise en evaluering van hoe 'wat aan die einde' van die toneelstuk gebeur 'hoop op 'n beter toekoms vir hulle en vir ons' (karakters) kan bring.  Sien holisties na Die volgende is 'n riglyn:  Sipho het Themba vergewe en hierdie handeling verlos hom van die las van bitterheid. Ons kan uit sy aksies en keuses leer en dieselfde waardes en aksies op ons eie lewens toepas om ons ook te bevry en hoop te bring  Sipho het planne om 'n nuwe onafhanklike African Public Library oop te maak wat die status van Afrika-mense asook Afrika-literatuur sal verhoog. Dit gee Sipho selfvertroue en selftrots. Alle Suid-Afrikaners kan Sipho se voorbeeld gebruik om 'n beter toekoms met hoop en sukses vir hulleself te skep deur te bou, te werk en te leer  Thando se nuutgevonde vryheid en verlossing van die grense van haar patriargale huisomgewing hou ook die belofte van 'n opwindende toekoms vir haar in. Sy sal saam met Mandisa Johannesburg en miskien selfs Londen toe gaan. Ons kan beslis hiermee empatie hê en sal opgewonde wees oor haar vooruitsigte en ook hierdie tipe situasie met omstandighede in ons eie lewens in verband bring. Ons kan nuut begin en ons drome bewaarheid as ons so dapper soos Thando is. (8) 5.6.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en 'n vermoë om die klankeffekte te identifiseer, toon. Ken volpunte toe vir:  Twee aparte gedagtes Die volgende is 'n riglyn: Klankeffekte:  Seemeeue wat in die verte kras  'n Foon wat lui  'n Motor wat in die straat verby ry  Die getoet van 'n motor  Die radio wat nuus oor die WVK speel  Die sand of gruis buite die huis wat knars wanneer daarop geloop word  Klop aan die deur (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 5.6.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n duidelike begrip en analise toon van hoe die klankeffekte tot die algehele impak en ervaring van die toneelstuk bydra. Ken volpunte toe vir:  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn:  Die realistiese klank van seemeeue in die verte skep die illusie van die spesifieke area in die township, wat naby die see is. Dit dra by tot die identifikasie van plek en geografiese ligging  Die klank van 'n telefoon wat lui, wat 'n landlyn is, is tipies van die plek en tyd waarin die toneelstuk afspeel. Dit bring die buitewêreld in die wêreld van die toneelstuk in en veroorsaak afwagting oor wat aan die ander kant van die foonlyn gesê word  Die klank van 'n kar in die straat, wat die aankoms van Mandisa aandui, asook die getoet van 'n kar, is klankeffekte wat die illusie van die werklike lewe verhoog en die dringendheid om die reëlings vir die begrafnis klaar te kry, verhoog  Die radio bring nuus van die dag en die WVK en kontekstualiseer die toneelstuk  Die bykomende realisme van die klankeffekte versterk die geloofwaardigheid van die toneelstuk (4) 5.6.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip, analise en evaluering toon van hoe die akteurs hulle stemme of liggame kan gebruik om hulle karakters te identifiseer. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Vokale karakterisering:  Alhoewel Thando en Mandisa beide twee jong vroue is wat omtrent ewe oud is, kan hulle stemme duidelik gedifferensieer word deur hulle aksente. Mandisa het haar hele lewe lank in Engeland gewoon en Thando het in Suid- Afrika gewoon  Hulle verskil m.b.t. houdings en benaderings tot die lewe en dit word in hulle gesprekke, debatte en besprekings weerspieël.  Mandisa se vryer en vuriger lewensbenadering kan in die intonasie, volume en pas/ tempo van haar stem gehoor word  Thando se meer afgemete, konvensionele lewensbenadering kan gehoor word in 'n stadiger pas/ tempo, laer toonhoogte en ook warmte in haar stemtoon omdat sy bly is Mandisa besoek haar OF/ EN Fisiese karakterisering:  Thando is 'n vrou wat steeds 'n paar tradisionele Afrika-kultuurbeginsels volg. Soms kan vroue van Afrika is tradisioneel onderdanig wees . Dit word ook uitgebeeld in die fisiese karakterisering waar gesigsuitdrukkings, fisiese gebare en die beweging van die liggaam meer beperk gebruik word  Mandisa is 'n geëmansipeerde Britse burger. Sy kan haar liggaam op 'n vryer manier gebruik met groter gebare en 'n ekstroverte energie in haar bewegings (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van Realisme in die Teater toon. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Realisme in die Teater sluit in:  'n Realistiese stel, rekwisiete, kostuums, dialoog, karakters, beligting, klankeffekte en alle ander elemente/fasette van die toneelstuk wat saam gebruik word om die illusie van werklikheid en die werklike lewe te skep – 'n greep uit die lewe (2) 6.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die realistiese stel as 'n omgewing vir die aksie toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel is:  Die omgewing waarin die dramatiese aksie/ handeling plaasvind  'n Boksstel, 'n presiese weergawe van 'n tipiese gastehuis aan die Weskus van Suid-Afrika  Gemeubileer met meubels tipies van 'n gastehuis aan die kus  As 'n boksstel ontwerp om op 'n prosceniumboog-verhoog in te pas  Stel die genre van realisme in die teater voor  'n Sitkamer en eetkamer met tipiese kusversierings (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 6.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n toepassing toon van hoe Stanislavski se Sisteem/ Metode 'n geloofwaardige optrede kan skep wanneer dit deur 'n akteur gebruik word om in 'n karakter te verander en hoe dit 'n gehoor laat empatie hê en glo aan die geskepte werklikheid op die verhoog, soveel so dat hulle dit op hulle eie lewens toepas. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings  Ses aparte gedagtes/ idees Stanislavski se Sisteem/ Metode kan die akteur help deur die toepassing en gebruik van:  Geloofwaardige getroue interpretasie: Van bedoeling, emosie, fisikaliteit en vokale eienskappe vir 'n spesifieke karakter om geloofwaardigheid en waarheid te skep  Emosionele geheue: Die akteurs kan persoonlike ervaring en herinneringe gebruik om die emosionele werklikheid van die toneelstuk, karakter en gegewe omstandighede in vertolking/ optrede te skep. 'n Akteur moet slegs emosies gebruik wat ouer as sewe jaar is.  Magiese as ('Magic if'): Die akteur moet lewe, voel, dink, praat en optree asof hy/ sy die karakter is. Vokale en fisiese reaksies kan dus wissel van optrede tot optrede, maar sal altyd realisties en getrou wees  Aandagsirkels: Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk op die verhoog wees en nie op die gehoor nie  Superdoelwit en doelwitte Die akteur moet 'n motivering en rede hê vir elke handeling (lyn, gedrag, houding/ ingesteldheid, emosie)  Gegewe omstandighede: Die akteur moet navorsing doen en in karakter reageer op die tyd, plek en sosio-ekonomiese omstandighede van die toneelstuk, die mense en die samelewing in die tyd waarin die toneelstuk afspeel „n Kandidaat kan tot TWEE punte verdien indien die tegnieke net gelys is. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 6.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis toon van die goed geskepte toneelstruktuur. Die kandidaat moet ook die vermoë toon om te analiseer waarom en hoe die toneelstruktuur spanning opbou. Aanvaar verskillende interpretasies van die goed geskepte toneelstruktuur en geldige gedagtes. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die goed geskepte toneelstruktuur: Uiteensetting:  Is van die begin af uitgelê as Realisme in teater  Gee inligting oor die gegewe omstandighede van die toneelstuk en die karakters  Gee inligting oor elke karakter en die omstandighede waarin hulle hulleself bevind, bv. deur die brief wat Thami aan sy vrou skryf, asook die dialoog tussen Johan en Thami aan die begin van die toneelstuk, hoor ons dat Thami 'n plaas wil koop en Johan beskou Thami as 'n vriend Motoriese moment:  Kan Smith se aankoms wees wat Johan die idee gee om fondse uit hom te kry vir sy en Thami se besigheidskema of Johan wat 'n mes uitpluk en dreig om Smith daarmee te steek Stygende aksie/ handeling/ verwikkeling:  Word gesien in die opbou van spanning wanneer Johan verskeie taktieke gebruik om Thami sover te kry om by hom in die diamantkonsessie aan te sluit en om fondse uit Smith te kry  Word in die persoonlike spanning tussen Johan en Thami gevoel. Dit veroorsaak dat die dramatiese spanning opbou want hulle het verskillende behoeftes  Word gevoel a.g.v. die wantroue onder die drie karakters. Hulle kom uit verskillende agtergronde, klasse en het verskillende lewenservarings en misverstaan mekaar dikwels Klimaks:  Vind plaas wanneer Johan besluit om 'n mes uit te pluk en Smith te dreig  Verskaf 'n hoogtepunt vir spanning en drama in die toneelstuk want die gehoor is bang Johan se humeur sal maak dat hy Smith doodmaak Ontknoping/ Afloop:  Word gesien wanneer Smith die gastehuis verlaat en ontslae is van die spanning wat in Garnet Lodge ervaar word  Word gesien na die klimaks waar Johan en Thami stry oor die mes wat op Smith gerig is. Die argument en uiteindelike ontknoping verander die verhouding tussen Johan en Thami. Thami wil nie meer 'n vennootskap met Johan aangaan nie.  Word gesien wanneer Thami aandui dat hy dalk gaan weggaan en na die Oos-Kaap terugkeer want hy het reeds diamante is sy sakke. Dit word ook ervaar wanneer Johan besef die tjek is waardeloos sonder Smith se goedkeuring. Dit lei tot die finale besef dat hy nie sy sosiale situasie gaan verbeter deur die diamantkonsessie te koop nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Ons wil die toneelstuk tot aan die einde kyk om te sien wat gebeur omdat:  Die storm wat binne Garnet Lodge tussen die drie karakters opbou en die uitkoms is nie bekend nie  Johan het alreeds iemand doodgemaak en wanneer ons sien dat hy broei en ontevrede met sy lewe is, is ons bang hy kan dalk weer doodmaak  Smith se aankoms skep spanning in Thami en Johan omdat hulle die moontlikheid dat hulle geld vir 'n saketransaksie by hom gaan ontvang, verwag en hierdie afwagting hou ook die belangstelling van die gehoor (8) 6.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip, analise en evaluering van hoe 'wat aan die einde' van die toneelstuk gebeur 'hoop op 'n beter toekoms vir hulle en vir ons' (karakters) kan bring.  Sien holisties na Die volgende is 'n riglyn:  Die politiek en regering van die land is al vir amper dertig jaar verander, maar baie sensitiewe kwessies word steeds baie na aan die oppervlak gevind. Die land het die kapasiteit om te verander, maar die onsekerheid aan die einde van die toneelstuk weerspieël 'n soortgelyke onsekerheid in die land, bv. ons is onseker of Johan sy uitweg tot geweld eerder as versoening sal neem. Vir ons beteken dit ons moet harder werk om te versoen en Suid-Afrika 'n tuiste vir alle mense te maak  Die burgers van Suid-Afrika is veronderstel om vrylik met mekaar te meng. Die karakters gaan uitmekaar sonder versoening aan die einde van die tonnelstuk. Vir ons beteken dit dat as ons nie deur rassisme, vooroordeel en stereotipes wat ons van mekaar het, werk nie, kan ons toekoms in gevaar gestel word.  Die kwessie van identiteit bly ook 'n moontlikheid vir verandering. Alhoewel die verlede ons lewens en identiteit gevorm het, bevind ons onself in 'n nuwe Suid-Afrika. Ons wonder hoe die verhoudings tussen die welgestelde wit man, Smith en Johan of Thami ooit beter sal wees. Die hoop vir 'n beter toekoms vir die karakters:  Ons probeer almal uitvind wie ons is in hierdie nuwe wêreld en dit beïnvloed ons keuses en aksies, soos dit die geval met Mr Smith is, wat na 'n nuwe lewe in aftrede soek, Johan wat ietwat verlore is en vergifnis soek en Thami wat vasbeslote is om sy gesin se lewe te verbeter.  In die 2020‟s ly ons, net soos die karakters, aan skuld op 'n aantal vlakke soos gesien by Mr Smith wanneer hy beskuldig word dat hy by apartheid gebaat het, ons moet hierdie skuld erken, uit die verlede leer en die lesse na die toekoms vat om dinge beter te maak  Daar is 'storms' van die verlede wat nie sal toelaat dat hulle sal ooreenkom nie of gemaklik sal wees met mekaar nie soos duidelik blyk in die verhouding tussen Johan en Thami. Ons, as Suid-Afrikaners in 2022, moet steeds hierdie storms, bv. rassisme, diskriminasie en apartheid hanteer  Johan ontmasker Smith as 'n persoon wat baat gevind het uit die onregverdige verlede. Ons moet sensitief wees vir die feit dat die meeste wit Suid-Afrikaners by apartheid gebaat het en ons moet hiervan kennis neem om saam te werk met empatie en nederigheid om die wanbalanse van die verlede reg te stel sonder dat enigiemand hulle persoonlike drome en aspirasies hoef prys te gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Johan en Thami deel soortgelyke drome vir ' 'n beter lewe vir almal'  Ons almal hoop op ' 'n beter lewe vir almal' en dit hang van onsself af om dit te laat gebeur. Die hoop vir 'n beter toekoms vir ons almal:  Mense van alle rasse moet mekaar respekteer en waardeer in die Nuwe Suid-Afrika.  Die Nuwe Suid-Afrika bied ons almal die moontlikheid om te verander  Ons leef nou in 'n omgewing waar die nuwe Konstitusie die regte van elke burger beskerm en daar is dus die moontlikheid om persoonlike drome te laat waar word (6) 6.6.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en 'n vermoë om klankeffekte te identifiseer, toon. Ken volpunte toe vir:  Twee aparte stellings Die volgende is 'n riglyn: Klankeffekte:  Klank van seemeeue wat kras  'n Klok wat in die verte lui  Die klank van 'n motor wat in die straat afry  Die stormwind wat waai en die golwe wat in die see breek (2) 6.6.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n duidelike begrip en analise toon van hoe die klankeffekte tot die algehele impak van die toneelstuk bydra. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Klankeffekte:  Die realistiese klank van seemeeue en die klok in die verte skep die illusie van 'n afgeleë gastehuis aan die kus  Die klank van 'n motor in die straat wat die aankoms van Smith bring versterk die illusie van werklikheid en skep nuuskierigheid by die gehoor  Die klank van die seeklok dra by tot die stygende spanning want dit skep 'n somber stemming en gee 'n gevaarlike voorgevoel  Die stormwind en die brekende golwe laat hierdie afgeleë ligging wild en gevaarlik voorkom (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 6.6.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip, analise en evaluering toon van hoe die akteurs hulle liggame of stemme kan gebruik om karakters te identifiseer Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Vokale karakterisering:  Die akteurs wat Johan en Smith speel, moet die rolle speel van karakters van verskillende ouderdomme: Johan is jonger as Smith wat onlangs afgetree het. Dit sal onderskei tussen die ouer en jonger klinkende stemme  Smith is 'n Engelsman. Sy aksent kan van Johan s'n verskil en meer Brits klink en Johan kan 'n Afrikaanse aksent hê  Johan se innerlike woede en onderdrukte aggressie kan ook in sy stem gehoor word omdat ons stemme ons emosionele toestand weerspieël. Johan kan na Smith 'bark' (blaf) of snedig wees met hom en hom selfs aan die begin valslik vlei. Sy bekommernis en desperaatheid om geld uit Smith te kry, kan ook weerspieël word in die gefluister en knoei met Thami agter Smith se rug.  Smith kom onskuldig en liggelowig na binne, moeg van werk en wil graag rus en al hierdie kenmerke kan en moet in sy stem weerspieël word. Wanneer jy moeg is, is die vokale voue ook moeg en jou stem word hees, asemloos of ruiserig. OF/ EN Fisiese kenmerke/ eienskappe  Smith is 'n heer. Sy gesigsuitdrukkings, fisiese gebare en bewegings kan grasieus en beheersd wees. Hy beeld 'n hoër klas gedrag met sy liggaam uit. Hy is afgetree en sy liggaam sal m.b.t. postuur, plasing van gewig, beweging en gebare verander om 'n ouer man uit te beeld  Johan was 'n polisieman. Hy het moontlik harde gelaatstrekke en sy gebare en liggaamsbeweging sal ook grof en skerp wees. Hy het baie post-traumatiese stres en dit kan ook in sy postuur, gebruik van gewig en beweging gesien word (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 30 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: MIS – REZA DE WET 7.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van Realisme in die teater toon. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Realisme in die teater sluit in:  'n Realistiese stel, rekwisiete, kostuums, dialoog, karakters, beligting, klankeffekte en alle ander elemente/ fasette van die toneelstuk wat saam gebruik word om die illusie van werklikheid en die werklike lewe te skep – 'n greep uit die lewe  „n Komplekse en hoogs kunsmatige storielyn ... en „n gelukkige einde (2) 7.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die realistiese stel as 'n omgewing vir die aksie toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel:  Die verteenwoordig die genre Realisme in teater.  Is bepaal deur „n stelontwerper wat die era/ tydperk navors om 'n ware/ werklike omgewing vir die toneelstuk te skep  Is 'n ou kombuis wat die gesin se armoede toon  Benodig 'n ou tafel en stoele en dit moet vervalle wees  Bevat 'n koolstoof  Bevat „n tafel met 'n oliekleed  Se eetkamer is dié van 'n ou huis wat aan arm wit mense behoort met 'n buitedeur en 'n gang wat na die res van die huis lei  Se meubels is tipies van die meubels wat in die Depressie-era (1936) gevind is  Se meubels kan toon dat die gesin eens ryk was  Benodig 'n venster met 'n verbleikte gordyn waardeur die sirkusliggies gesien kan word  Het 'n plafon in die dak wat die valdeur wys na die solder waar Gabriel woon  Het ander ruimtes, bv. die slaapkamers, word gesuggereer deur geslote deure wat op strategiese plekke op die stel geplaas word (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 31 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 7.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n toepassing toon van hoe Stanislavski se Sisteem/ Metode 'n geloofwaardige optrede kan skep wanneer dit deur 'n akteur gebruik word om in 'n karakter te verander en hoe dit 'n gehoor laat empatie hê en glo aan die geskepte werklikheid op die verhoog, soveel so dat hulle dit op hulle eie lewens toepas. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings  Ses aparte gedagtes/idees Stanislavski se Sisteem/Metode kan die akteur help deur die toepassing en gebruik van:  Geloofwaardige getroue interpretasie: Van bedoeling, emosie, fisikaliteit en vokale eienskappe vir 'n spesifieke karakter om geloofwaardigheid en waarheid te skep  Emosionele geheue: Die akteurs kan persoonlike ervaring en herinneringe gebruik om die emosionele werklikheid van die toneelstuk, karakter en gegewe omstandighede in vertolking/ optrede te skep. 'n Akteur moet slegs emosies gebruik wat ouer as sewe jaar is.  Magiese as ('Magic if'): Die akteur moet lewe, voel, dink, praat en optree asof hy/ sy die karakter is. Vokale en fisiese reaksies kan dus wissel van optrede tot optrede, maar sal altyd realisties en getrou wees  Aandagsirkels: Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk op die verhoog wees en nie op die gehoor nie  Superdoelwit en doelwitte Die akteur moet 'n motivering en rede hê vir elke handeling (lyn, gedrag, houding/ ingesteldheid, emosie)  Gegewe omstandighede: Die akteur moet navorsing doen en in karakter reageer op die tyd, plek en sosio-ekonomiese omstandighede van die toneelstuk, die mense en die samelewing in die tyd waarin die toneelstuk afspeel „n Kandidaat kan tot TWEE punte verdien indien die tegnieke net gelys is. (6) 7.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis toon van die goed geskepte toneelstruktuur. Die kandidaat moet ook die vermoë toon om te analiseer waarom en hoe die toneelstruktuur spanning opbou. Aanvaar verskillende interpretasies van die goed geskepte toneelstruktuur en geldige gedagtes. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 32 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Die volgende is 'n riglyn: Die goed geskepte toneelstukstruktuur: Uiteensetting:  Gee ons inligting oor die gegewe omstandighede van die toneelstuk en die karakters  Is wanneer Miem en haar dogter Meisie aan weerskante van die tafel sit, besig om goiingsakke vir die mis aanmekaar te werk  Word ervaar wanneer dit duidelik word die vader van die huis woon in die solder. Dit forseer die vroue om mis te verkoop om 'n bestaan te maak  Wys die klein huisie aan die buitewyke van 'n klein dorpie  Gertie, Miem se vriendin, kom aan om die nag oor te bly as gevolg van die bedreiging van die sirkus wat in die dorp aangekom het en die moontlikheid dat 'n jongmeisie ontvoer kan word Motoriese moment:  Wanneer Miem vir Konstabel in die huis inlaat Stygende aksie/ handeling/ verwikkeling:  Word ervaar wanneer Konstabel die swakhede van die drie vroue uitbuit  Word gevoel as meer vrae oor Gabriel gevra word  Is duidelik as die sirkus in die dorp aankom en die moontlikheid bestaan dat 'n jongmeisie ontvoer kan word Klimaks:  Bou stadig wanneer Konstabel 'n appel uithaal en op die tafel neersit  Verhoog wanneer Konstabel sy baadjie omkeer en nou met die baadjie as 'n Pierrot verskyn  Word opgebou wanneer Meisie in haar wit rok verskyn en Konstabel die deur en venster oopmaak sodat die sirkusmusiek gehoor kan word  Word ervaar wanneer Konstabel haar aanspoor om te dans en die huis deur die agterdeur te verlaat Ontknoping/ Afloop  Vind na die klimaks plaas  Meisie het verdwyn  Die deur van Miem se huis gaan toe  Konstabel kyk oor sy skouer en verdwyn Punte kan toegeken word vir die verduideliking en motivering van „n oop einde. Ons wil die toneelstuk tot aan die einde kyk om te sien wat gebeur omdat:  Daar gevaar buite die huis is. Die gehoor weet nie wat dit is nie en daar is die verwagting dat die gevaar onthul sal word  Die gehoor wil weet of Gabriel ooit te voorskyn kom  Die seksuele spanning wat Konstabel met al drie vroue geskep het, hou die gehoor se aandag  Die gehoor wil sien wat met Meisie gebeur (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 33 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 7.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip, analise en evaluering van hoe 'wat aan die einde' van die toneelstuk gebeur 'hoop op 'n beter toekoms vir hulle en vir ons' (karakters) kan bring. Sien holisties na. Die volgende is 'n riglyn: Aan die einde van die toneelstuk:  Gaan Meisie weg saam met Konstabel. Dit is 'n onheilspellende (dreigende) ontwikkeling omdat die gehoor nie weet of Konstabel die ontvoerder is en of Meisie sy volgende slagoffer is nie  'n Meisie word ontvoer maar niemand weet wie dit gedoen het of waarheen sy geneem is nie, die gehoor weet ook nie of sy ongedeerd gevind sal word nie en of die ontvoerder gevang sal word nie  Die sirkus verlaat die dorp en dit lyk asof die daaglikse aktiwiteite en mense se lewens na normaal sal terugkeer Die hoop op 'n beter toekoms vir die karakters:  Kom van die gehoor wat met die ellendige toestand van die karakters empatie het en wens dat hulle van die isolasie en beperking van hulle situasie bevry kan word  Daar is hoop dat Miem die geld kan terugverdien om die armoede waarin sy haar as gevolg van die Groot Depressie bevind, te oorkom  Daar is hoop dat Meisie vryheid en selfvertroue sal vind om teen haar moeder se Calvinistiese beheer oor haar op te staan. Ons hoop dat sy veilig is en nie die meisie is wat ontvoer is nie  Daar is hoop dat Miem hulle armoede kan oplos en dat Gabriel van die solder kan afkom en hulle weer as man en vrou kan saamleef  Daar is hoop dat Gertie 'n man kan kry en liefde in haar lewe kan ervaar Die hoop op 'n beter toekoms vir ons:  Baie Afrikaner-mense is moontlik nog onderdruk deur streng dogmatiese godsdienstige Calvinistiese reëls en gedagtes. Die hoop vir die toekoms is dat hierdie individue vryheid van hierdie onderdrukkende lewenstoestand sal vind.  Calvinistiese Afrikaners glo dat hulle volgens streng emosionele en fisiese selfbeheersing moet lewe. Die hoop is dat die karakters 'n alternatiewe manier kry om te lewe. 'n Lewe van geleenthede en vreugde  Streng dogmatiese Calvinisme vestig 'n vrees vir die nuwe, die vreemde en enigiets wat anders is as wat geken en deur Calvinisme gevestig is. Die hoop is dat onderdrukte Afrikaners nuwe maniere sal vind om te dink, te voel en te lewe. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 34 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 7.6.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en 'n vermoë toon om die klankeffekte wat in Mis gebruik is, te identifiseer. Ken volpunte toe vir:  Twee aparte stellings Die volgende is 'n riglyn: Klankeffekte:  Die verskillende klanke van die wind soos die 'soft crying wind' sagte huilwind, die sagte vlae wind en die sterk vlae wind  Die geblaf van die polisiehonde  Die klank van Gertie se motor wat die huis nader  Gabriel se gehoes en rondstap op die solder  Die klank van die sirkusmusiek tydens optredes (2) 7.6.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n duidelike begrip en analise toon van hoe die klankeffekte tot die algehele impak van die toneelstuk bydra. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Klankeffekte voeg by die impak en ervaring van die toneelstuk omdat:  Die verskillende klanke van die wind verhoog die onheil (skrikwekkendheid) en dit skep 'n somber stemming omdat dit voorkom asof die buitewêreld die wêreld in die huis bedreig  Die geblaf van die polisiehonde buite en die klank van Gertie se motor wat die huis nader, beklemtoon die onbekende, en moontlik gevaarlike, wêreld buite die huis  Gabriel se gehoes en rondstap in die solder is geheimsinnig en daar is ook 'n gevoel van gevaar omdat hy nooit gesien word nie, net vreemde klanke word gehoor  Die klank van die sirkus skep vrees by die dorpenaars. Hulle is bang omdat hulle die sirkus as iets nuuts beskou en hulle glo dat saam met die sirkus kom gevaar – elke keer as die sirkus in die dorp is, word 'n jong meisie ontvoer  Die sirkusmusiek wat Meisie hoor deur die venster maak haar gelukkig en vrolik (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 35 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 7.6.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip, analise en evaluering toon van hoe die akteurs hulle liggame of stemme kan gebruik. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Vokale karakterisering:  Miem is Meisie se ma daarom kan haar stem dominerend, manipulerend en bestraffend wees teenoor Meisie omdat sy haar lewe wil beheer. Miem kan 'n laer toonhoogte en hoër volume gebruik, terwyl Meisie 'n hoër toonhoogte en sagte volume kan gebruik  Meisie is onderdanig en dit word in haar stem weerspieël omdat sy dit nie sal waag om haar stem teen haar ma te verhef nie. Haar onderdanigheid maak haar stil en gehoorsaam  Hulle verskillende reaksies op die sirkus word in beide Miem en Meisie se stemme weerspieël. Miem word kwaad vir Meisie se belangstelling en opgewondenheid oor die sirkus. Meisie se stem kan haar opgewondenheid toon wanneer die sirkus genoem word en die toonhoogte en volume kan verhoog, terwyl Miem dominerend en aggressief kan raak  Miem manipuleer en beheer Meisie maar, soos wat die toneelstuk ontwikkel, raak Konstabel se invloed sterker. Hierdie verhouding verskuif soos wat Meisie al hoe meer deur hom bekoor en vasgevang word. Sy rebelleer teen Miem. Dit word in Meisie se stem en reaksies teenoor haar ma weerspieël en haar stem kan uitdagend word en die volume kan verhoog OF/EN Fisiese karakterisering  Miem is Meisie se ma. Sy is 'n ouer Afrikaner-vrou. Sy is konserwatief en hierdie eienskap en leefstyl kan in haar stadiger, swaarder en meer beperkte gebruik van gesigsuitdrukkings, fisiese gebare en die beweging van haar liggaam gesien word  Meisie is jonk en vol energie. Dit kan in haar lewenslustige en opgewekte gesigsuitdrukkings, haar vrye sterk gebare en ligte energieke gebruik van gewig in haar bewegings gesien word (6) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 36 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 8.1.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë om twee omgewingskwessies wat kan help om die planeer red, kan identifiseer. Ken volpunte toe vir: Die volgende is 'n riglyn: 'n Paar moontlike kwessies kan wees:  Besoedeling  Uitwissing van diere  Aardverwarming (2) 8.1.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van die proses van Werkswinkelteater toon. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Werkswinkelproses sluit in:  'n Idee word gekies. Hierdie idee word die bron en vorm die basis van die kreatiewe proses  Om 'n dinkskrum oor hierdie idee te hou, sal die volgende fase in die proses wees. Die doel hiervan is om verskillende ervarings en interpretasies van die onderwerp wat in die produksie gebruik kan word, te vind  Navorsing oor die onderwerp in die vorm van onderhoude, lees van artikels, soek op die internet, ens. sal 'n manier wees om inligting oor die onderwerp in te samel  Improvisasie van kwessies, gebeure, ervarings en inligting sal die inligting in tonele vir opvoering dramatiseer  Seleksie/ Redigering van hierdie geïmproviseerde tonele in 'n georganiseerde, kreatiewe produk sal verseker dat die storie duidelik vertel word/die boodskap goed oorgedra word  Repetisie van tonele sal volg om te verseker dat opvoeringsvaardighede goed ontwikkel word. Die dramatiese effek van die opvoering, deur die gebruik van verskillende style en metodes van opvoer, bv. fisiese teater, realistiese tonele, monoloë, liedjies, danse, multimedia is dan moontlik  Verfyning/ Afronding van die opvoering sal 'n hoë standaard skep en 'n uitstekende produksie vir die gehoor moontlik maak  Neerskryf/ Opneem van die toneelstuk, die finale fase in die werkswinkel- proses, sal verseker dat hierdie werkswinkelopvoering/- produksie in die toekoms weer opgevoer kan word (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 37 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 8.1.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en analise van Omgewingsteater toon. Die kandidaat moet verwys na die omgewingskwessie wat in 8.1.1 gekies is. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stellings OF  Twee aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Omgewingsteater help om:  Bewustheid te bevorder oor die kwessies/ probleme wat die gesondheid en bestaan van die planeet bedreig  Gemeenskappe te leer oor die verwoesting wat deur hierdie kwessies/ probleme veroorsaak word en moontlike oplossings te gee wat mense kan implementeer  Die gemeenskap te motiveer om op te tree teen bv. groot korporatiewe maatskappye wat besoedeling veroorsaak of mynnywerhede wat kosbare natuurlike hulpbronne ontgin  Eenheid onder mense te bou en om saam te staan om die verwoesting van ons planeet/ tuiste te stop/ voorkom (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 38 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 8.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip van 'n vergelyking en analise van die elemente van Realisme in teater Teater en Arm/ Gestroopte Teater toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/ idees vir elk van die gegewe elemente Die antwoord hieronder is in slegs een formaat. Merkers aanvaar enige ander formaat solank die kandidate die korrekte antwoord verskaf. REALISTIESE TEATER ARM/GESTROOPTE TEATER VERHOO  'n Prosceniumboogverhoog- tipe  Enige geskikte oop ruimte G- TIPE  'n Gordyn skei die verhoog van die kan gebruik word vir die gehoor opvoering  Die verhoog is 'n omgewing vir die  Die verhoogarea is nie gelig aksie. nie  Die vleuels laat realistiese  Opvoerings kan enige plek verskynings en afgaan toe plaasvind wat geskik en prakties is REKWISI  Rekwisiete word getrou aan die  Daar is geen of baie min ETE werklike lewe gemaak rekwisiete nie  Rekwisiete is 'n kerngedeelte van die  Rekwisiete, indien gebruik, stel, karakterisering, intrige word op 'n multifunksionele (storielyn) (storielyn) en aksie manier gebruik  Die klem is op die akteur se liggaam KOSTUU  Die kostuums weerspieël die  Die kostuums is gestroop MS werklike lewe. Dit is 'n uiterlike van bykomende ontwerpe en weerspieëling van die sosiale status, akteurs dra die minimum persoonlikheid en gegewe asook neutrale kostuums om omstandighede van die karakter uitdrukkingsvolle beweging toe te laat AKTEUR-  Die gehoor raak emosioneel  Die uitskakel van 'n verhoog GEHOOR- betrokke by gebeure op die verhoog het volle integrasie, ruimtelik VERHOU omdat hulle aandag getrek word na en psigologies, van die DING die verligte deel agter die akteur- gehoorverhouding tot prosceniumboog terwyl waar hulle gevolg. sit, in die ouditorium donker is. Dit  Daar is geen onderskeid gee hulle die geleentheid om hulle in tussen akteur en gehoor nie, die wêreld van die toneelstuk te bv. in Grotowski se Doctor verloor. Faustus is die gehoor na 'n  Die gehoorsitplekke front na die banket genooi en het om 'n verhoog. Daar is geen hindernis tafel gesit waarop die akteurs tussen die gehoor en die akteurs nie. opgetree het. In Kordian het Hulle volle aandag is op die aksie die gehoor 'n rol gespeel as van die toneelstuk gefokus. inwoners van 'n gestig wat  Alhoewel die verhouding tussen die op beddens sit asof hulle akteur en die gehoor intiem is, is pasiënte is. daar steeds duidelike onderskeid  Lede van die gehoor moes tussen die wêreld van die akteur en braaf genoeg wees om die wêreld van die gehoor of die hulleself toe te laat om denkbeeldige vierde muur. Die volkome betrokke te raak by akteurs gaan nie buite hierdie grens die aksie en psigologies te om fisiese kontak met die gehoor te verander deur die ervaring. maak nie. Hulle lewe in hulle eie wêreld, die wêreld van die toneelstuk (16) [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 39 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 9 9.1 Nasieners aanvaar enige titel van 'n toneelstuk wat bestudeer is in Dramatiese Kunste graad 10 en 11. Moet geen toneeltekse aanvaar wat reeds deur die kandidaat in sy antwoordboek beantwoord is nie. Die volgende is 'n riglyn: 'n Paar voorbeelde van toneelstukke kan wees:  Have you seen Zandile  The Glass Menagerie  Our Town  A Doll's House  Master Harold en die Boys (1) 9.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip van die opvoerstyl van die toneelteks toon wat in 9.1.1 gekies is en waarom dit in 'n gehoor se smaak kan val. Ken volpunte toe vir:  Drie stellings Die volgende is slegs een voorbeeld en riglyn. Kandidate kan enige toneeltitel en bygaande genre kies.  Our Town deur Thornton Wilder is in 'n ekspressionistiese teaterstyl  Die styl van Ekspressionistiese toneelstukke ondersoek die diepste emosionele en psigologiese realiteite van karakters, mense en samelewing  'n Gehoor kan diep met die outentieke en emosionele stryd, vreugde en lewens van die karakters identifiseer en aanklank vind by die temas en kwessies in 'n toneelstuk en hulle eie lewens  Die styl van 'n ekspressionistiese stel is gewoonlik minimalisties. Die trefkrag vir 'n gehoor kan wees dat daar geen bykomende stelitems, rekwisiete, ens. of items wat die aandag aftrek nie, is nie. Die fokus is op die intrige (storielyn) en die karakters se lewens. (3) 9.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip van die positiewe lewenslesse vir 'n gehoor in die toneelstuk toon. Antwoorde moet die toepaslike temas uit die tekste kies en weerspieël. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/ idees Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk kan die volgende positiewe lewenslesse leer:  Universele waarhede kan uit 'n toneelstuk geneem word en die lesse kan op persoonlike lewens toegepas word  Karakters se ervarings kan ondersoek word en hulle persoonlike waarhede kan ander mense se lewens verbeter  Familieverhoudings is kragtige bronne van hoe om positief met probleme soos geheime, jaloesie, skeiding, verlies en liefde te leef  Doel en betekenis van die lewe is dikwels temas waaruit geleer kan word om 'n positiewe lewe te skep Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatic Arts 40 DBE/November 2022 NSC – Marking guidelines  Drome en hoop lê aan die kern van elke mens se lewe en temas wat ondersoek word, kan ons positiewe lewenslesse leer om hoop en drome te bewaarheid  Geskiedenis en vorige ervarings maak lewens moeilik en skep swaarkry, maar deur die temas van toneelstukke kan mense ervaar hoe om vrede met die verlede te maak en om 'n positiewe lewe te lei  Waardes en sedes is noodsaaklike elemente van universele waarhede, karakterverhoudings, families en persoonlike reise om hoop te vind en drome te bewaarheid. Toneelstukke kan mense wys watter waardes en sedes hulle sal help om positiewe lewens te lei  Verandering kom voortdurend in die samelewing, gemeenskappe en mense se verhoudings en persoonlike lewens voor. Elke toneelstuk begin met een posisie en verander posisies dwarsdeur die toneelstuk. Mense kan leer om positiewe lewensveranderinge te maak deur te verstaan dat verandering deel van die lewe is (6) 9.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip en analise toon van die waarde daarvan om lewendige teater te kyk veral na 'n streng grendeltydperk. Ken volpunte toe vir:  Twee aparte goed gemotiveerde gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Lewendige Teater:  Gee mense die vryheid en keuse om weer uit te gaan en hulleself te geniet  Laat mense in openbare ruimtes toe om vrylik sonder beperkings te sosialiseer  Verskaf 'n ontsnapping aan die werklikheid van die uitdagings van Covid-19  Gee gehore 'n heel nuwe en opwindende ervaring van lewendige teater na 'n lang tydperk weg van die teater  Gee 'n gevoel van samehorigheid onder die lede van die gehoor omdat mense weer saamkom  Gee mense 'n geleentheid om weg te kom van hulle eie elektroniese toestelle wat 'n manier was om gedurende die grendeltydperk virtueel met die wêreld te konnekteer (2) [12] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3, 4: 10 PUNTE Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidaat se prestasie te meet. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON 'N VERMOË OM Uitstaande • Kognitiewe vlakke en denkproses: Verander, lewer opnuut 'n uitstaande vlak met denke op 'n metakognitiewe vlak Metakognitiewe • Die antwoord: Denke 9–10 Skep, kontekstualiseer en gee 'n antwoord op 'n oorspronklike oor wyse en op 'n uitstaande vlak Kennis • Voorbeelde: Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks insiggewende teoretiese Skep en estetiese voorbeelde Verdienstelik • Kognitiewe vlakke en denkproses: Evalueer en kom tot gevolgtrekking op verdienstelike vlak met Proseduriële- denke op 'n prosedurevlak Denke • Die antwoord: oor 7–8 Ondersoek, kontekstualiseer en gee 'n interessante antwoord op 'n Kennis oorspronklike manier op 'n verdienstelike vlak • Voorbeelde: Evalueer Verskaf analise van 'n wye reeks insiggewend gekose teoretiese en estetiese voorbeelde Gemiddeld • Kognitiewe vlakke en denkproses: Doen navraag, kontrasteer op gemiddelde vlak met denke op 'n Konseptuele konseptuele vlak Denke • Die antwoord: 5–6 oor Ondersoek, kontekstualiseer en gee 'n antwoord op 'n gemiddelde Kennis vlak • Voorbeelde: Analiseer Verskaf en ondersoek voorbeelde Elementêr • Kognitiewe vlakke en denkproses: Identifiseer, organiseer en interpreteer op 'n elementêre vlak met Feitelike denke op 'n feitelike vlak Denke • Die antwoord: 3–4 oor Verstaan en gee 'n reguit en voorspelbare antwoord op 'n Kennis elementêre vlak • Voorbeelde: Toepas Verskaf 'n paar voorbeelde Behaal • Kognitiewe vlakke en denkproses: Identifiseer en noem op 'n basiese vlak met basiese denke op 'n Feitelike feitelike vlak Denke • Die antwoord: oor 1–2 Verstaan en verskaf 'n antwoord met 'n paar reguit basiese feite Kennis • Voorbeelde: Verskaf verkeerde voorbeelde of onvermoë om voorbeelde te Verstaan/Begrip verskaf Nie behaal nie • Kognitiewe vlakke en denkproses: Geen identifikasie of noem nie en sonder denke Feitelike • Die antwoord: Denke Geen begrip van die vraag en verskaf feite wat nie met die vraag 0 oor verband hou nie Kennis • Voorbeelde: Verskaf geen voorbeelde nie Onthou Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne BLOOM SE TAKSONOMIE Klassifiseringstelsel om verskillende vlakke van mensekennis te definieer en te onderskei Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkvlakke te gebruik en toe te pas om kandidate se prestasie te meet. DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel 4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep 1. Onthou Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë, kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings, teorieë en struktuur te hanteer Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit word Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan Om te bewys wie of wat iemand of iets is Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is 2. Verstaan Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit Verduidelik Maak iets duidelik, maklik om te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of inligting daaroor te onthul. Gee 'n rede om te regverdig of te verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis) Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, te vertel, te beskryf, uit te druk Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente aan om iets te ondersteun, noem iets 3. Toepassing Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op te los of te ontwikkel deur toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is Vir oorweging voorstel Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging Om 'n idee uit te dink/voort te bring 4. Ontleding Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente, verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om veralgemenings te ondersteun. Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of menings/opinies wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit Skryf Skryf, stel saam, produseer Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te interpreteer Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word 5. Evaluering Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei 6. Skep Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling, beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts Gee aanleiding tot ontstaan/oorsprong Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Dramatic Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all