Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
DRAMATIESE KUNSTE
2023
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 38 bladsye en 2 bylaes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Dramatic Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dramatic Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 40 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 40
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 40
This exam
NSC June Exam 2023
- Paper 1Memo · EngMemo · Afr
- Other filesQuestion paper · EngQuestion paper · Afr
Questions in this paper
- Question 2South African Theatre (1960–1994)40 marks
- Question 3South African Theatre (1960–1994)40 marks
- Question 4South African Theatre (1960–1994)40 marks
- Question 5Performance Skills and Technical Theatre40 marks
- Question 6Performance Skills and Technical Theatre28 marks
- Question 7Performance Skills and Technical Theatre28 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS
1. Die doel van assesserings-/ eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering'
van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit
van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue
herwin is, te bepaal.
2. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is
Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie.
6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
4 kompleksiteitsdenkprosesse
3. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:
Verwagte antwoorde op elke vraag
Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat
Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes bewyse
vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
4. Maak 'n duidelik regmerkie langs die vereiste aspek van kognitiewe vlak/
denkproses kompleksiteit/ konsep/ inhoud/ vaardighede/ kennis wanneer 'n punt
toegeken word. Nasieners moet aktief betrokke raak by die antwoord
• Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne.
5. As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
verseker dat nasien gestandaardiseer is.
7. Merk holisties.
8. Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/ sy
nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag).
9. Sien globaal na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en
goed gemotiveerde antwoorde.
10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe (konsepte, vaardighede en
kennis) en met die spesifieke vraag gevra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES
Nasien van Opstel- en Antwoordvrae
Die Hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die
bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan:
1. Item(vraag) en Inhoudsmoeilikheidsgraad: Hoe kompleks is die ontwerp van die
vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak geassesseer?
2. Taak (antwoord)/ moeilikheidsgraad:
Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word?
3. Stimulusmoeilikheidsgraad:
Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas?
4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
Wat is die hoeveelheid/ aantal (hoeveel) en gehalte/ kwaliteit (hoe goed) van die
verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
gegee? Hoeveel inhoud en feite NIE hoeveel skryfwerk ‘n kandidaat gedoen het nie.
Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
Is die punte toepaslik toegeken en geweeg?
Leong: 2002
Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
Hoofnasiener en Interne Modereerder in elke provinsie die volgende prosedure volg.
Dit sal help met die standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se
opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale
nasienprosedures, -prosesse en -uitslae standaardiseer.
Inleiding tot die taak (vraag)
Die nasieners moet lees wat die taak is wat deur die vraag vereis word en dit
opsom
Die nasieners moet die nasienriglyne lees
Die nasieners moet alternatiewe antwoorde deel
Verwagtinge vir kandidaatantwoorde moet opgesom word
Moenie net die hoeveelheid bewyse (hoeveel inhoud verskaf) deel nie, deel ook die
gehalte/ kwaliteit van die bewyse.
Die nasieners moet assesseer hoe goed die vraag beantwoord is
Inleiding tot die rubriek
Die nasieners moet die rubriek met verwysing na die vraag hersien
Die nasieners moet prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse
van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe
veel te laat weeg) hersien
Die opleiers moet leiding gee in die hersiening van elke vraag en die
ooreenstemmende rubriek
Oefen om individueel na te sien
Die nasieners moet 'n stel opleidingskrifte individueel en onafhanklik nasien
Die opleiers moet die punte aanteken en die bespreking lei. Die opleidingskrifte
moet die punte en kommentaar bevat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
VRAAG 1
Die volgende is 'n riglyn:
Die kandidaat moet:
• Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
• Na die toneelstuk wat bestudeer is, verwys, bv. karakters, temas, boodskappe
• Na enige EEN van drie teaterbewegings as die konteks verwys:
o Teater van die Absurde OF
o Epiese Teater OF
o Postmoderne Teater
• Na die bronmateriaal in die antwoord verwys
• Na die vraag in hulle antwoord verwys
• Toon dat die vraag en bron in sy/ haar opstel verstaan, ontleed, toegepas,
geëvalueer en geïntegreer is
• Kontekstualiseer en onthou kennis wat soos 'n papegaai aangeleer is in 'n
oorspronklike antwoord wat feitelike, konseptuele, prosedurele en metakognitiewe
denke vertoon
Nasieners moet die volgende in ag neem:
• Kandidate moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in hulle opstel
toegepas is.
• Die rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer:
o Kognitiewe prosesse (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep)
o Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon (feitelik, konseptueel,
prosedureel, metakognitief)
• Neem alle vlakke, elemente en instruksies van die vraag in ag wanneer die opstel
nagesien word.
• Om 'n regverdige, geldige en betroubare punt toe te ken, moet nasieners vaardig
wees in die betekenis en toepassing van Krathworth en Anderson se Aangepaste
Bloom se Taksonomie, asook die ontwerp, doel, gebruik en toepassing van 'n
rubriek se:
o Kriteria
o Vlakbeskrywers
o Woordbeskrywers
o Aksiewerkwoorde
o Kognitiewe vlakke
o Denkprosesse
• Nasieners moet streng opgelei word oor hoe om al ses kognitiewe vlakke asook die
vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidate se prestasievlakke te
meet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
BESKRYWER PUNTE DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM:
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Skep, ontdek, vernuwe, verander op 'n uitstaande wyse met metakognitiewe denke oor die
27–30 inhoud
Uitstaande
• Argument:
90–100% Skep 'n nuwe, unieke en gedifferensieerde argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese en
Metakognitiewe
analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon
A+ • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Skep
Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die
teaterbeweging op 'n uitstaande wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks en die
teaterbeweging binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Beoordeel, lewer kritiek en evalueer op 'n uitstekende manner met metakognitiewe denke
oor die inhoud
Uitstekend 24–26
• Argument:
Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van refleksiewe, kritiese
Metakognitiewe 80–89%
en analitiese denke op 'n uitstekende vlak
• Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Evalueer A
Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks, die
teaterbeweging op 'n uitstekende wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks, die
teaterbeweging binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Maak gevolgtrekkings, dekonstrueer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse; met
Verdienstelik 21–23
proseduredenke oor die inhoud
• Argument:
Prosedurieël 70–79%
Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toon
• Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Ontleed B
Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander
bykomende bronne binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Wesenlik 18–20 Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak met proseduredenke oor die inhoud
• Argument:
Prosedurieël 60–69% Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toon
• Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Toepas C Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne
binne 'n wesenlike reeks gekose inhoud
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Voldoende 15–17 Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor inhoud
• Argument:
Konseptueel 50–59% Stel 'n argument wat begrip en konseptualisering van kennis op 'n voldoende vlak toon
• Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Begrip D Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare
inhoud
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Gemiddeld 12–14 Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud
• Argument:
Konseptueel 40–49% Stel 'n argument wat 'n verduideliking en denke op 'n gemiddelde vlak toon
• Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Begrip E Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Elementêr Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor die inhoud
10–11 • Argument:
Feitlik 30–39 Stel 'n argument wat denke op 'n elementêre vlak toon
F • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Onthou Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
bronne
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Nie Behaal Nie 1–9
Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud
• Argument:
Feitlik 20–29%
Stel 'n argument saam wat feite op 'n voorspelbare beperkte vlak toon
• Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Onthou G
Verskaf idees of inligting, maar op 'n beperkte vlak
• Kognitiewe vlak en denkproses:
Nie Behaal Nie 0 Baie min of geen inligting nie. Kan nie gedagtes in woorde uitdruk nie.
• Argument:
Feitlik 0 – 19% Onvermoë om 'n opstel saam te stel; te identifiseer, noem, in verband te bring en om
genoeg feite te verskaf
Onthou H • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
Geen bewyse van enige feitelike kennis nie
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
2.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van die
teaterstyl van die toneelstuk demonstreer.
Die volgende is 'n riglyn:
Ken twee punte vir die korrekte antwoord toe.
Die teaterstyl kan wees:
Werkswinkelteater OF
Protesteater OF
Arm/ Gestroopte Teater (2)
2.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
van die doelwitte van Protesteater/ Werkswinkelteater of Arm/ Gestroopte
teater toon.
Ken volpunte toe vir:
Twee stellings wat met die doelwitte van Protesteater/ Werkswinkelteater of
Arm/ Gestroopte teater verband hou
Die volgende is 'n riglyn:
Die doelwitte van Protesteater tydens apartheid was:
Opvoeding van mense beide in Suid-Afrika en oorsee oor die rassisme,
onderdrukking en diskriminasie in Suid-Afrika van die swart mense deur die
destydse wit regering
Weerspieël swart Suid-Afrikaners se kulturele ervarings binne die konteks
van apartheid
Protesteer teen swart mense se onderdrukking en rassediskriminasie
Aanmoediging van weerstand teen hierdie onderdrukking deur die
onderdruktes aan te moedig om op te staan en terug te veg
Lewer kommentaar op die verdeling binne die samelewing en beklemtoon
die verskil die samelewing, bv. wit mense kon besighede besit, maar swart
mense is verbied om dit te doen
Ontlokking van 'n emosionele reaksie by die gehoor deur mense se woede
en hartseer te gebruik en hulle aan te moedig om teen die onderdrukking te
protesteer
Bemagtiging van mense om die onderdrukkers se opgelegde denke en
gedrag sowel as hulle eie selfopgelegde beperkings af te leer (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
2.3 Nasieners aanvaar antwoorde wat 'n kennis en begrip van die teater-
elemente van die produksie, soos deur Bradley Adams geresenseer, toon
Ken volpunte toe vir:
Vier aparte teaterelemente
Die volgende is 'n riglyn:
Die teater-elemente van die produksie van Woza Albert! wat Bradley
Adams geresenseer het, is:
• Karakterisering
Mimiek
Fisiese teater
Dans
Sang
Ideofone (4)
2.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n ontleding en toepassing
demonstreer van hoe die ongeregtighede van apartheid in die toneelstuk
Woza Albert! voorgestel word.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die ongeregtighede van apartheid word voorgestel deur:
Paswette:
Swart mense was verplig om te alle tye 'n pasboek of 'dompas' op hulle
persoon te dra
Versuiming om dit te doen, sou tronkstraf deur die apartheidspolisie tot
gevolg hê, bv. in die eerste toneel word die musikant opdrag gegee om sy
pasboek te toon en wanneer hy nie kan nie, mag hy dalk gevange geneem
word
Die gebrek aan vryheid:
Die apartheidstaat het swart mense uit sekere gebiede verban en hulle kon
net in gebiede woon wat deur die wit regerende regering goedgekeur is
Die vryheid om te werk, reis en woon waar hulle wou, is aan swart mense
geweier a.g.v. wette soos die Groepsgebiedewet, bv. hulle bewegings-
vryheid is beperk omdat hulle slegs binne die gebiede wat in hul pasboek/
dompas gestipuleer is, kon reis, bv. Die toneel in Coronation-steenwerf
waar Baas Kom aan Zuluboy opdrag gee om vir hom sy paspoort te bring
om afgeteken te word. Baas Kom dank Zuluboy af omdat hy terugpraat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Polisiebrutaliteit/ -wreedheid:
Die apartheidsregering het brutale wette geskryf en afgedwing, bv. die Wet
op Afsonderlinge Ontwikkeling
Die behandeling van swart mense deur die polisiemag was onmenslik. Die
polisie sou mense ondervra, slaan, arresteer, aanhou en martel vir
eenvoudige dinge soos om nie hulle pasboeke te dra nie, bv. die
inhegtenisneming en daaropvolgende bomaanval op Morena deur die
polisie
Werkloosheid/ Uitbuiting:
Swart mense moes 'n pasboek hê om in diens geneem te word. Pasboeke
moes gereeld hernu word. Hierdie genadelose stelsel het daartoe gelei dat
die meerderheid swart mense werkloos was, bv. die toneel wat by
Albertstraat afspeel waar swart mans tougestaan het om hulle
werkspermitte op datum te bring omdat hulle nie sonder 'n permit kon werk
nie, bv. In Coronation-steenwerf waar die werkers oorwerk is en te min
betaal is. Hulle het in klein beknopte ‘sink’ huisies gewoon. Die bakstene is
gebruik om groot huise vir klein, wit gesinne te bou, terwyl swart gesinne te
veel mense in klein huisies was
Armoede:
Swart mense is nie toegelaat om besighede te besit of te bestuur nie. Hulle
is gedwing om vir wit mense te werk
Hulle is swak betaal en kon slegs vir onbelangrike werk aansoek doen
Met die groot aantal werklose mense en die geringe salarisse wat verdien
is deur diegene wat in diens was, was daar diepe en pynlike armoede, bv.
Aunty Dudu wat in dromme vir kos soek
Onderwys:
Die apartheidstaat het nie genoeg skole of onderwysers vir swart mense
voorsien nie
Die fasiliteite en infrastruktuur wat deur die wit regerende regering verskaf
is, was onvoldoende om doeltreffende onderwys te lewer
Leerders is gedwing om in 'n taal te leer wat nie hulle moedertaal was nie
Leerders is gedwing om oor die kultuur van die wit onderdrukker te leer
Dit het daartoe gelei dat opvoedkundige beginsels en konsepte verkeerd
verstaan is of irrelevant was vir swart mense en hulle kulture
Dit het leerders gedwing om te staak en skole te boikot, wat gelei het tot 'n
gebrek aan onderwys vir baie, bv. Die karakter van die vleisverkoper wie se
wens dit was om skool toe te gaan in plaas van om vleis te verkoop
Aanbieding
• ‘n Bespreking van die aanbieding van die teks mag aanvaar word indien
die antwoorde korrek is en ooreenstem met die vraag en bron (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
2.5 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip van die werkswinkel-
proses van die toneelstuk demonstreer wat met 'n sentrale idee begin het en
daaruit ontwikkel het. Nasieners aanvaar die verskillende inhoudsbronne wat
deur die verskillende provinsies gebruik word. Sommige provinsies leer daar
is vyf fases en ander leer daar is ses fases vir die werkswinkelproses.
Ken volpunte toe vir:
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die werkswinkelproses van Woza Albert! het deur die volgende fases
ontwikkel:
Idee:
'n Idee het ontstaan toe Mbongeni Ngema en Percy Mtwa godsdienstige
liedere op 'n bus gesing het en by 'n grenspos deur die Suid-Afrikaanse
Polisie aangehou is
Hulle het vorendag gekom met die idee van wat sou gebeur as Morena
(Jesus Christus) na 'n apartheid Suid-Afrika sou terugkom
Hierdie idee en vraag het die basis van die toneelstuk gevorm
Navorsing:
Mbongeni Ngema, Percy Mtwa en Barney Simon het die Bybel bestudeer
as 'n manier om navorsing oor Jesus te doen en Hom te verstaan, want Hy
sou die hoofkarakter in hulle toneelstuk wees
Hulle het onderhoude gevoer met mense van die townships wat hulle
drome, aspirasies en verwagtinge gedeel het, as Morena sou terugkom
Hulle het ook 'n paar van hulle persoonlike ervarings gebruik om die
toneelstuk, intrige, temas en karakters toe te lig
Hulle het waargeneem hoe mense opgetree het en die karakters in die
toneelstuk op hierdie mense gebaseer
Improvisasie:
Daar is met tonele geëksperimenteer deur die gebruik van improvisasie.
Deur hierdie improvisasie is die beste tonele gekies.
Keuring/ Seleksie:
Die skeppers het die mees relevante tonele gekies en ander uitgegooi
Die geselekteerde tonele is geredigeer en verfyn
Redigering/ Verfyning:
Die toneelstuk is vir gehore binne en buite die grense van Suid-Afrika
opgevoer
Opname/ Opvoer:
Die toneelstuk is gesamentlik deur Barney Simon, Percy Mtwa en
Mbongeni Ngema geskryf. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
2.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
en evaluering van die belangrikheid van die karakter Morena in die toneelstuk
demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Morena is 'n belangrike karakter want hy:
Verteenwoordig die Christus-figuur wat die onderdrukte mense van Suid-
Afrika inspireer om te betoog en op te staan vir hulle vryheid, menseregte
en waardigheid
Simboliseer liefde, vryheid en menswaardigheid wat aan die meeste
onderdrukte Suid-Afrikaners tydens Apartheid ontsê is
Is die verlosser van die onderdrukte massas omdat hy vryheid
verteenwoordig het
Bevry mense omdat hy hulle opdrag gee om hulle pasboeke weg te gooi en
hulle aanmoedig om te veg vir hulle regte en gelykheid
Wek die struggle-helde op sodat hulle kan help om apartheid, wat slegs 'n
paar uitverkorenes bevoordeel het, te beëindig
Is in staat om die onderdrukkers se planne te vernietig deur diegene wat
onderdruk word, te bevry
Word deur die apartheidsregering as 'n bedreiging/terroris beskou
Is die sentrale figuur van die toneelstuk. ie eerste helfte van die toneelstuk
fokus op die verwagting van sy aankoms. Daarna volg sy aankoms in
Albertstraat, sy daaropvolgende leierskap, arrestasie, dood en oproep van
die struggle-helde (4)
2.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
ontleding en evaluering demonstreer van hoe die toneelstuk steeds
verontwaardiging, solidariteit en aksie kan inspireer.
Die volgende is 'n riglyn:
Die toneelstuk het steeds die mag om te inspireer:
Verontwaardiging:
Die situasies wat in die toneelstuk aangespreek word, is steeds relevant in
vandag se samelewing omdat mense steeds kwaad is oor dieselfde
kwessies as dié wat in die toneelstuk Woza Albert! aangespreek is, bv.
armoede, haweloosheid, rassisme en diskriminasie
Soortgelyk aan die vleisverkoper in die toneelstuk is daar vandag nog
kinders wat nie kan skool toe gaan nie omdat hulle ouers nie die skoolgeld
kan bekostig nie
Die werkloosheidsyfer styg ondanks die regering se beloftes van
werkskepping
Daar is 'n hoë koers van verstedeliking, met mense van die landelike
gebiede wat na die stedelike gebiede gaan, op soek na werk en beter
lewensomstandighede
Verstedeliking het die afbreek van die tradisionele gesinstruktuur tot gevolg
en lei tot oorbevolking en ander sosiale euwels soos dwelmmisbruik,
geslagsgebaseerde geweld, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Solidariteit:
Gemeenskappe word aangemoedig om bymekaar te kom en hulle
ontevredenheid oor huidige sosiale ongeregtighede uit te spreek, bv. swak
lewensomstandighede
Die toneelstuk roep steeds mense se emosies op en moedig hulle aan om
op te staan en terug te veg om volkome vryheid, erkenning van hulle
menseregte en respek vir hulle waardigheid te bereik
Jonk en oud word geïnspireer om saam te werk vir 'n beter toekoms
Aksie:
Selfs vandag kom massas mense steeds bymekaar om te staak teen hoë
lewenskoste, swak dienslewering, werkloosheid, ens. (6)
2.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.
Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
begrip, ontleding, toepassing en evaluering demonstreer van hoe om 'n
produksie van Woza Albert! te skep om dit dramaties effektief en meer
opwindend te maak.
Die volgende is 'n riglyn:
Die produksie kan dramaties effektief en opwindend wees indien:
Akteurs/ Opvoerders oor ‘n wye reeks vaardighede van die kuns beskik en
kan toepas, soos sang, dans, toneelspel, mimiek, ens. Daar is 26 tonele en
slegs twee akteurs op die verhoog regdeur die toneelstuk om die baie
uiteenlopende karakters en tonele uit te beeld
Daar dinamiese interaksie tussen die karakters en gehoorlede is
Akteurs hulle eie stemme kan gebruik om te sing en byklanke te maak, bv.
geluid van 'n vragmotor, trein, ens.
Daar interaksie tussen die akteurs kan wees soos hulle hul karakters
vertolk
Die akteurs fisies en vokaal op die verhoog kan transformeer
Toepaslike gebare en bewegings deur die akteurs gebruik word
Beligting op 'n kreatiewe manier gebruik kan word, bv. 'n lig wat fokus op
die grafsteen waar Morena slaap
Baniere en slagspreuke gebruik kan word om die gevoelens en emosies
van die akteurs uit te beeld
Vlakke gebruik kan word om die ruimte meer dinamies te maak, met die
fokus op spesifieke akteurs of aksies
Vertolkingsenergievlakke hoog is en die karakters goed uitgebeeld word (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
3.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van die
teaterstyl van die toneelstuk demonstreer.
Die volgende is 'n riglyn:
Ken twee punte vir die korrekte antwoord toe.
Die teaterstyl kan wees:
• Werkswinkelteater OF
• Township-musiekblyspel OF
• Protesteater OF
• Hibriede Teater: 'n Mengsel van style, insluitend Realisme in die Teater,
musiek, dans, ens. (2)
3.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
van die doelwitte van Protesteater/ Werkswinketteater/ Township-
musiekblyspel of Hibriede teater toon.
Ken volpunte toe vir:
Twee stellings wat met die doelwitte van Protesteater/ Werkswinketteater/
Township-musiekblyspel of Hibriede teater toon.
Die volgende is 'n riglyn:
Die doelwitte van Protesteater tydens apartheid was:
Opvoeding van mense beide in Suid-Afrika en oorsee oor die rassisme,
onderdrukking en diskriminasie in Suid-Afrika van die swart mense deur die
destydse wit regering
Weerspieël swart Suid-Afrikaners se kulturele ervarings binne die konteks
van apartheid
Protesteer teen swart mense se onderdrukking en rassediskriminasie
Aanmoediging van weerstand teen hierdie onderdrukking deur die
onderdruktes aan te moedig om op te staan en terug te veg
Lewer kommentaar op die verdeling binne die samelewing en beklemtoon
die verskille in die samelewing, bv. wit mense kon besighede besit, maar
swart mense is verbied om dit te doen
Ontlokking van 'n emosionele reaksie by die gehoor deur mense se woede
en hartseer te gebruik en hulle aan te moedig om teen die onderdrukking te
protesteer
Bemagtiging van mense om die onderdrukkers se opgelegde denke en
gedrag sowel as hulle eie selfopgelegde beperkings af te leer (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
3.3 Nasieners aanvaar antwoorde wat die teater-elemente van die produksie
identifiseer, soos deur Lebo Ntshingila geresenseer.
Ken volpunte toe vir:
Vier aparte feite
Die volgende is 'n riglyn:
Die teater-elemente van die produksie van Sophiatown wat Lebo
Ntshingila geresenseer het, is:
Die ongeïnspireerde lees van die toneelstuk
Die vervelige, lewelose toneelspel
Die gebrek aan vertelling
Geen musiek en dans nie
Die lewelose karakters wat geen opvoeringsenergie het nie
Die akteurs wat bloot gesit en hulle woorde opgesê het
Die gebrek aan baniere en slagspreuke (4)
3.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n ontleding, toepassing en
evaluering demonstreer van hoe die ongeregtighede van apartheid in die
toneelstuk, Sophiatown, voorgestel word
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die ongeregtighede van apartheid word voorgestel deur:
Gedwonge verskuiwings:
Die apartheidsregeringswette soos die Groepsgebiedewet het gebiede
volgens ras toegewys. As jy van ‘n ras, anders as die wit ras sou wees, sal
die regering van die dag jou met geweld verwyder het van grond wat aan
wit mense toegeken is
Die gebiede wat vir vernietiging geïdentifiseer is, was dié waar mense van
gemengde rasse geleef het, bv. in Sophiatown het verskillende rasse in
harmonie saamgeleef
Stootskrapers het opgedaag en alle geboue, kerke en huise vernietig.
Mense is met geweld uit hulle huise verwyder en op vragmotors gelaai om
afgelaai te word in gebiede wat deur die regering toegewys is om die
verskillende rasse te skei
Die meeste van hierdie gebiede het geen infrastruktuur gehad nie, was ver
van stede af en het dikwels geen hulpbronne gehad nie
Hierdie brutaliteit het gebroke huise, ongekende hartseer, terreur en trauma
veroorsaak vir die mense wat in Sophiatown gewoon het
Betogings:
Daar was beplande betogings deur die mense om die gedwonge
verskuiwings teen te staan
Die betogings het egter nie gerealiseer nie omdat die regering die
polisiemag en die stootskrapers drie dae vroeër gestuur het as die datum
wat aan die mense in Sophiatown oorgedra is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Verwyder die stem van die mense:
Die hulpkrete van die mense van Sophiatown om in hulle eie huise te bly
woon, is deur die apartheidregering geïgnoreer.
Stootskrapers het huise vermorsel en trokke het mense gewelddadig
weggery en verwyder.
Rasse- en kulturele diversiteit is nie toegelaat nie:
Sophiatown was 'n lewendige multikulturele en veelrassige gebied.
Die gemeenskap van mense het die verskillende rassegroepe, tale, kulture
en gevierde diversiteit aanvaar.
Die wit apartheidregering het rasse en mense gewelddadig van mekaar
geskei in aparte gebiede
Aanbieding:
‘n Bespreking van die aanbieding van die teks mag aanvaar word indien die
antwoord korrek is en ooreenstem met die vraag en bron (6)
3.5 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip, ontleding, toepassing
en evaluering demonstreer van die werkswinkelproses van die toneelstuk wat
met 'n sentrale idee begin het en ontwikkel het tot ‘n toneelstuk. Nasieners
aanvaar die verskillende inhoudsbronne wat deur die verskillende provinsies
gebruik word. Sommige provinsies leer daar is vyf fases en ander leer daar is
ses fases vir die werkswinkelproses.
Ken volpunte toe vir:
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die werkswinkelproses van Sophiatown het deur die volgende fases
ontwikkel:
Idee:
Die Junction Avenue Theatre Company het 'n idee gehad om die lewe te
dokumenteer soos dit in Sophiatown was voor die gedwonge verwydering
van mense
Die maatskappy het met die idee vorendag gekom van wat moontlik kan
gebeur as 'n wit Joodse meisie in Sophiatown in Suid-Afrika gedurende die
apartheid regime kom woon
Navorsing:
Onderhoude is gevoer met mense wat deur die gedwonge verwyderings
geraak is, bv. Don Mattera
Artikels is gelees oor die lewe in Sophiatown tydens apartheid Suid-Afrika
Drum-tydskrif het addisionele materiaal vir die toneelstuk verskaf
Improvisasie:
Daar is met tonele geëksperimenteer deur die gebruik van improvisasie.
Deur hierdie improvisasie is die beste tonele gekies.
Keuring/ Seleksie:
Die mees relevante tonele is geïdentifiseer en vir die toneelstuk gekies.
Ander tonele is uitgelaat
Redigering en Verfyning:
Redigering en verfyning van die tonele is gedoen
Opvoering en Opname:
Die toneelstuk is opgevoer en opgeneem
Dit was 'n demokratiese en samewerkende proses wat deur die hele groep
gedoen is (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 15 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
3.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
en evaluering van die belangrikheid van die karakter van Charlie in die
toneelstuk demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is ‘n riglyn:
Charlie is 'n belangrike karakter want hy:
Beklemtoon die tema van rassisme in die toneelstuk Sophiatown.
Is geskok en verras toe Mingus weier om hom na Meadowlands te neem
Bevestig die gebroke lewens en verhoudinge as gevolg van die harde en
wrede wette van apartheid
Het ‘n kinderlike onskuld ten opsigte van die gedwonge verskuiwings.
Hierdie onskuld reflekteer ‘n samelewing waar kleurverskille nie raakgesien
is nie
Is gedwing om vrede te maak met die feit dat hy nie van dieselfde ras as
Mingus is met wie hy vir 'n baie lang tyd in harmonie saamgeleef het nie
Toon hoe werkloosheid die misdaadsyfer verhoog. Hy was 'n lid van die
Americans-bende en Mingus se helper/ 'side-kick'
Het dit moeilik gevind om op sy eie te oorleef. Iewers nadat Mingus weens
die gedwonge verwyderings weg is, is Charlie se lyk gevind waar hy op die
omgekeerde bad gelê het wat hy vir Ruth gekry het. Die liggaam het
steekwonde oraloor gehad (4)
3.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
ontleding en evaluering demonstreer van hoe die toneelstuk steeds
verontwaardiging, solidariteit en aksie kan inspireer.
Die volgende is 'n riglyn:
Die toneelstuk het steeds die mag om te inspireer:
Verontwaardiging:
Die situasies wat in die drama aangespreek word, is steeds relevant tot die
moderne hedendaagse samelewing omdat mense steeds soortgelyke
kwessies ervaar as dié wat in Sophiatown aangespreek word, bv.
diskriminasie en rassisme en wat veroorsaak dat hulle steeds protesteer
Die hoë werkloosheidsyfer en die regering se leë beloftes van
werkskepping raak mense vandag steeds en het tot gevolg dat hulle kwaad
is
Solidariteit:
Selfs vandag kom massas mense steeds bymekaar om te staak teen die
hoë lewenskoste, werkloosheid en dienslewering omdat mense nie
lewenskwaliteit gegun word nie
Aksie:
Die toneelstuk roep steeds mense se emosies van pyn, woede en hartseer
op en dit moedig hulle aan om op te staan en terug te veg teen 'n regering
wat die arm en werklose mense in die steek laat.
Daar is 'n hoë misdaadsyfer en rampokkery ('gangsterism') wat ons steeds
teister (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 16 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
3.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.
Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
begrip, ontleding, toepassing en evaluering van die opvoering van 'n
produksie demonstreer.
Die volgende is 'n riglyn:
Die produksie kan dramaties effektief en opwindend wees indien:
Daar 'n insluiting van vertelling was om die volgende weer te gee:
o 'n Inleiding oor wat om van die toneelstuk te verwag
o Inligting oor die lewe, die mense en die kulture in Sophiatown
Die akteurs hulle woorde memoriseer wat hulle in staat sou stel om op
kreatiewe karakterisering te fokus
Die karakters kon sing en dans om die lewenskragtigheid van die kultuur en
kuns in Sophiatown, die plek, te toon
Vooraf opgeneemde musiek gebruik kan word om 'n sekere stemming en
atmosfeer te skep
Akteurs/ Opvoerders energiek was en 'n wye reeks vaardighede (sing,
dans, ens.) kan gebruik om hulle interessant te maak om na te kyk
Akteurs interaksie met mekaar het om hulle vertoning eg en outentiek te
maak
Relevante baniere en slagspreuke gebruik word om die ware essensie van
die oorspronklike toneelstuk te skep en te wys wat in Sophiatown, die plek,
gebeur het (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 17 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
4.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van die
teaterstyl van die toneelstuk demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Die korrekte antwoord
Die teaterstyl is:
Realisme in die Teater OF
Nuwe Realisme in die Teater OF
'Kitchen Sink' Drama/ 'Kitchen Sink'-realisme (2)
4.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van die kenmerke
van die genre wat in VRAAG 4.1 geïdentifiseer is.
Ken volpunte toe vir:
Vier kenmerke van die genre
Die volgende is 'n riglyn:
Die kenmerke van die styl/ genre is soos volg:
Goed afgeronde en goed gedefinieerde karakters word geskryf en geskep
Karakters het 'n geskiedenis/ biografie
Die dialoog wat gepraat word, is alledaagse taal en die gehore kan maklik
daarmee identifiseer
Karakters is geloofwaardig en herkenbaar vir gehore
Karakters is individue eerder as stereotipes
Karakters ervaar werklike probleme
Die taal weerspieël die soort karakter wat uitgebeeld word om die
karakterisering geloofwaardig te maak
Die kostuum is 'n eksterne uitdrukking van 'n karakter se eienskappe
Die gegewe omstandighede vertel ons meer van die karakter en sy/ haar
sosiale agtergrond
Die stel bestaan uit en beeld alledaagse meubels uit, bv. 'n regte bed, 'n
regte motor (Buick) soos dit in die regte lewe gebruik word
Die ruimte word kreatief gebruik en met detail van betekenisvolle items, bv.
die hoenderhok, die katrolstel en die Buick
Al die aksies word gemotiveer omdat karakters op sekere gegewe
omstandighede en op mekaar se optrede reageer
Temas handel oor alledaagse lewensgebeure, bv. armoede, persoonlike
verwagtinge en drome
'n Lineêre, 'goed gemaakte' toneelstuk-intrige-struktuur met 'n begin, middel
en einde
Die opvoeringsruimte is die prosceniumboog-verhoog ('proscenium arch
stage') (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 18 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
4.3 Nasieners aanvaar antwoorde wat 'n kennis, begrip en ontleding van die
teater-elemente van die produksie demonstreer soos deur Sanet du Plessis
geresenseer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die teater-elemente van die produksie van Siener in die Suburbs wat
Sanet du Plessis geresenseer het, is:
Die verhoog was amper leeg
Dit het nie die agterplaas van 'n huis in die voorstede uitgebeeld nie
'n Realistiese stel is nie geskep nie en geen poging is aangewend om 'n
spieël na die werklikheid ('slice of life') op die verhoog te skep nie. Die stel
het nie die alledaagse lewe in die voorstede gewys nie
Die Buick is deur 'n swart rostrum voorgestel, terwyl dit 'n regte motor moes
wees om die Realisme van die toneelstuk te weerspieël
Slegs deurkosyne word gebruik om die ingang na die huis te wys en dit kan
die illusie van die werklikheid afbreek
Daar was geen realistiese draadhoenderhok nie, maar slegs geverfde
prentjies van hoenders in 'n hok. Dit het nie bygedra tot die
geloofwaardigheid van die omgewing van die aksie nie
Geen realistiese gereedskap of 'n regte katrolstel is gebruik nie en vooraf
opgeneemde klanke is gespeel om die gereedskap wat gebruik is, aan te
dui. Dit het die akteurs beperk om met die vereiste rekwisiete om te gaan
om hulle aksie geloofwaardig te maak, bv. werk aan die kar
Jakes het nie 'n regte motorfiets gebruik nie, maar 'n motorfiets nageboots.
Die motorfietsklanke is vooraf opgeneem en dit is nie realisties nie
Die swart kostuums het die gehoor nie veel vertel van die karakters of hulle
sosio-ekonomiese situasies nie (4)
4.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n ontleding en toepassing van
die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika tydens apartheid demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Vier goed gemotiveerde stellings OF
Agt aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika tydens apartheid word
soos volg voorgestel:
Die ongeregtighede van die samelewing word getoon deur Tiemie wat
desperaat probeer ontsnap uit die 'suburbs' en van haar reputasie dat sy
van 'n lae klas kom
Die verbale en fisiese mishandeling tussen Tiemie en Jakes wanneer Ma
met die bebloede lap uit die huis kom
Geweld vorm ook deel van hulle lewens aangesien Jakes en Giel Tjokkie
dwing om in die toekoms te ‘sien’
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 19 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Alkoholisme word verteenwoordig deur die karakters wat oormatig drink
Diskriminasie tussen verskillende klasse in die samelewing word getoon
deur Tiemie en haar begeerte om deel te wees van die hoër klas in die
samelewing
Mishandeling is deel van almal se lewens omdat mense geneig is om
diegene wat 'anders' is, te marginaliseer en te boelie, of dit nou ras, fisies,
kultureel, sielkundig of ekonomies is
Armoede word deur al die karakters voorgestel, bv. Tjokkie werk aan 'n kar
omdat hy nie ander werk kan kry nie
Die stel weerspieël 'n gesin wat sukkel om te oorleef met wat hulle het
Verslawing en armoede word voorgestel deur Giel wat dobbel deur op die
perde te wed om met 'n oorwinning van armoede te probeer loskom
Aanbieding:
‘n Bespreking van die aanbieding van die teks mag aanvaar word indien die
antwoord korrek is en ooreenstem met die vraag en bron (8)
4.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
en evaluering van die belangrikheid van die karakter van Pa in die toneelstuk
demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings
Die volgende is 'n riglyn:
Pa vorm deel van die gesin se verlede en is steeds relevant in hulle lewens
omdat Ma steeds sy pensioen ontvang en hy dalk nog leef
Pa hou Ma terug, want sy hoop steeds hy sal terugkeer en daarom wil sy
nie met Giel trou nie
Tjokkie 'sien' 'n man by die klein hekkie in sy visioen en dit hou die gehoor
in spanning, want dit is dalk 'n visioen van Pa
Pa het die huis voorsien waarin Ma ,Tjokkie en Tiemie leef. Hulle het ‘n huis (6)
4.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
ontleding en evaluering demonstreer van hoe die toneelstuk steeds
verontwaardiging, solidariteit en aksie kan inspireer.
Die volgende is 'n riglyn:
Die volgende kan faktore wees wat verseker dat die toneelstuk steeds
die mag het om te inspireer:
Verontwaardiging:
Werkloosheid sal steeds woede ontlok soos ons dikwels sien met optogte
wat vandag in die strate gehou word
Baie van die maatskaplike kwessies is vandag nog in Suid-Afrika
teenwoordig, wat daartoe lei dat baie mense met die huidige
lewensomstandighede ontevrede is
Solidariteit:
'n Gehoor sal steeds die gevoel van verlatenheid en armoede ervaar omdat
hulle steeds daarmee kan identifiseer
Die slegte ekonomiese situasie van vandag kan tot solidariteit lei aangesien
almal onder die gevolge ly
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 20 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Aksie:
Diskriminasie tussen dié wat ryk en arm is bestaan steeds en protesaksie
kan daarteen plaasvind.
Geslagsgebaseerde geweld is steeds algemeen
Groepe mense kan verenig en teen die volgende omstandighede
protesteer:
o Isolasie sosiaal en geografies
o Haweloosheid
o Werkloosheid en moeilike werksomstandighede
o Verlies van lewens
o Verdere opleiding word nie deur baie jongmense nagestreef nie
o Armoede en die psigologiese en emosionele impak daarvan (6)
o Werksgeleenthede is beperk
o Dwelmmisbruik
4.7 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.
Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
en evaluasie toon van hoe om 'n produksie van Siener in die Suburbs te skep
en dit dramaties effektief en meer opwindend te maak.
Die volgende is 'n riglyn:
Die produksie kan dramaties effektief en opwindend wees indien:
Die stel 'n realistiese prentjie van 'n agterplaas in die voorstede ('suburbs')
was omdat dit die armoede en lae-klas-lewe van die karakters moet wys
Die Buick 'n regte kar was om te wys dat Tjokkie daaraan werk
Die katrolstel eg was en die motor in 'n verhewe posisie was, want dit
veroorsaak uiteindelik Tjokkie se dood wanneer die kar op hom neerkom
Daar 'n regte fasade van 'n huis was met deure en voorgestelde
binneruimtes omdat die karakters in en uit die huis uit moet beweeg
Jakes op 'n regte motorfiets ingekom het met regte byklanke wat deur 'n
motorfiets gemaak word
Beligting gebruik is om die tyd van die dag aan te dui en dit kan gebruik
word om op 'n spesifieke karakter te fokus, asook om 'n gepaste atmosfeer
te skep
Kostuums die karakters duidelik uitgebeeld het, bv. Ma in 'n ou rok, Jakes
in jeans met 'n leerbaadjie
Die liedjie 'Sugar Sugar' gebruik is om die stemming van lewe in die
voorstede ('suburbs') te skep en dit dikwels herhaal kan word (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 21 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
5.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van die waarde en
gebruik van regisseursaantekeninge.
Ken volpunte toe vir:
Een goed gemotiveerde stelling OF
Twee aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Regisseursaantekeninge is nuttig omdat:
Die regisseur idees kan formuleer en onthou en gedagtes en konsepte kan
aanteken om in die skepping van die produksie te gebruik
Dit die basis vorm van wat uiteindelik as 'n lewendige produksie op die
verhoog gaan verskyn (2)
5.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van 'n goeie
oudisieproses en wat van die akteur verwag word wat 'n oudisie vir die rol
aflê.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Daar word van 'n akteur, wat 'n oudisie vir die rol aflê, verwag om die
volgende te demonstreer:
Selfvertroue want die akteur moet die rol/ karakter vertolk
Duidelikheid van spraak, wat projeksie, artikulasie en toon insluit
'n Begrip van die korrekte interpretasie van die karakter
Die vermoë om die woorde te memoriseer
'n Begrip van die subteks van die stuk
Volgehoue fokus tydens die oudisie
Luistervaardighede om die regisseur se voorskrifte te interpreteer (4)
5.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip, ontleding en
toepassing van die stelontwerp van die toneelstuk, sowel as die betrokke
ontwerpvereistes, demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
'n Skets/ Foto/ Model van die stelontwerp kan nuttig wees, want:
Dit is 'n visuele gids/ prentjie van die stel en is maklik om te bestudeer
Dit dui die plasing van al die elemente van die stel aan, soos die dekor en
rekwisiete
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 22 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Dit toon die stel ('n lokasiehuis, 3,6 x 7,2 meter) op die verhoog met die
omgewing daarom
Dit help die regisseur om die ontwerpvereistes meer doeltreffend aan die
stelontwerper oor te dra
Dit maak die blokkering van die karakters makliker. Die regisseur weet hoe
om die beweging op die verhoog te blokkeer deur die skets te gebruik
aangesien hulle aantekeninge oor die stelontwerp kan maak (4)
5.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
en ontleding van die stel as 'n omgewing vir die toneelstuk demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die stel is:
Madalastraat 46, New Brighton
3,6 x 7,2 area meter
'n boksstel ('box set')
Die huis van die Makhaya-gesin
'n Kombuis en sitkamer met twee stelle kralegordyne om die ingange na
onderskeidelik Sipho en Thando se slaapkamers aan te dui
Realisme in die Teater as die genre
Regte meubels en rekwisiete wat hulle huis vul, bv. boekrak met boeke,
lêers, tafel en stoele, 'n koffietafel, ens. (4)
5.5 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip, ontleding en
toepassing demonstreer van die kenmerke van Mandisa as 'n modeontwerper
wat pas van Londen af aangekom het.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
'n Kostuum vir Mandisa kan soos volg wees:
Modieuse klere omdat sy 'n modeontwerper is en van Londen af kom
Moontlik lae klere vanweë haar reise en haar versameling modieuse
kledingstukke
Flambojante en spoggerige kleure vir 'n modebewuste, selfversekerde vrou
'n Handsak, 'n ontwerpportefeuljesak en moontlik ook ontwerpersbagasie
omdat sy modebewus is en dit help ook met die realistiese uitbeelding van
haar karakter as 'n modeontwerper wat 'n portefeuljesak vir haar ontwerpe
nodig het (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 23 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
5.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n kennis
en begrip van Stanislavski se sisteem/ metode en die toepassing daarvan
demonstreer wanneer akteurs repeteer om hulle karakters te ontwikkel.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Stanislavski se sisteem/ metode kan die akteur help deur die toepassing
en gebruik van:
Aksie:
• Die akteur moet ‘n motivering en behoefte toon asook gewillig wees om sy
aksies te speel
Magiese as ('Magic if'):
Die akteur moet leef, voel, dink, praat, optree en glo asof hy/ sy die karakter
is. Vokale en fisieke reaksies kan dus van opvoering tot opvoering verskil,
maar sal altyd realisties en waarheidsgetrou wees
Gegewe omstandighede:
• Die akteur moet navorsing doen en in karakter reageer op die tyd, plek en
sosio-ekonomiese omstandighede van die toneelstuk, die mense en die
samelewing op die tyd waarin die toneelstuk afspeel
Sirkels van aandag:
Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk op die verhoog
wees en nie op die gehoor nie
Doelwitte:
Die akteur moet 'n motivering en rede vir elke aksie hê (woorde, gedrag,
houding, emosie)
Kleiner motiverings moet geloofwaardig wees
Superdoelwit:
Dit is die primêre doel of doelwit van die akteur of hoofmotivering binne die
intrige in sy geheel
Hierdie superdoelwit is die dramaturg se bedoeling vir die karakter en hy of
sy moet voortdurend na hierdie hoofdoel of -doelwit beweeg
Emosionele geheue:
Die akteurs kan persoonlike ervarings en herinneringe gebruik om die
emosionele werklikheid van die toneelstuk, karakter en gegewe
omstandighede in opvoering te skep. 'n Akteur moet slegs emosie uit
herinneringe put en emosies gebruik wat ouer as sewe jaar is (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 24 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
5.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
ontleding en evaluering van die belangrikheid van die toneelstuk se titel in
verhouding tot die temas van Nothing but the Truth toon.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die betekenis van die titel in verhouding tot die toneelstuk se temas kan
soos volg verduidelik word:
Nothing but the Truth:
Die temas van die toneelstuk kan die volgende wees, bv. die belangrikheid
van Waarheid, Versoening, Vergifnis, Geregtigheid, Familie, wat alles draai
om 'Niks behalwe die Waarheid nie' ('Nothing but the Truth')
Word aangehaal uit Sipho se toespraak op die hoogtepunt/klimaks van die
toneelstuk
Verwys na 'n eed wat in 'n geregshof afgelê word. Dit verwys direk na
Sipho se blootlegging van die geheime wat hy al jare lank bewaar ná
ondervraging en konsekwente vraagstelling deur Thando en Mandisa, net
soos prokureurs in die hof sou doen
Maak direkte verwysing na die WVK en die WVK-proses wat volle
openbaarmaking van die waarheid vereis om vir amnestie oorweeg te word (6)
5.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.
Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë
demonstreer om te vergelyk, analiseer en idees te skep wat die persoonlike
verhaal van die Makhaya-gesin aan die stories van baie Suid-Afrikaners
verbind.
Die volgende is 'n riglyn:
Sipho se storie:
Verwys terug na sy eie persoonlike kinderdae
Onthul die lewe tydens apartheid met al die swaarkry en stryd wat dit vir
hom persoonlik en vir sy gesin meegebring het, bv. die dood van Luvuyo by
'n begrafnis wat in 'n politieke saamtrek omgeskep is, Sipho wat nie
bevorder is as gevolg van die kleur van sy vel nie, ens.
Voorsien 'n toekoms waar beide hy en sy nuwe African Public Library die
status sal bereik wat dit verdien
Thando se storie:
Verteenwoordig die konserwatiewe, respekvolle houdings van dogters in
tradisionele, patriargale, Afrika-gesinne. Sy is gehoorsaam.
Haar reis deur die toneelstuk weerspieël groeiende vryhede en
verantwoordelikhede. Sy kies om aan die einde van die toneelstuk haar eie
besluite te neem. "Dit is die probleem met vryheid," sê Sipho. Dit is die
verantwoordelikheid van alle Suid-Afrikaners wat sedert 1994 nuutgevonde
vryhede het
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 25 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Mandisa se storie:
Sy bied 'n kontras om die lewe in die Suid-Afrikaanse township New
Brighton te toon. Haar opvoeding was in Londen in 'n middelklasgesin.
Haar idees is meer liberaal en sy weerspreek Thando en Sipho en
argumenteer met hulle oor die WVK, verhoudings hê, roubeklaging-
tradisies en kultuur
Die gesin se storie:
Die geheime, konflikte, onthullings van die waarheid en daaropvolgende
versoening weerspieël die geskiedenis van apartheid en die behoefte aan
versoening tussen individue en kulture in die nuwe Suid-Afrika en van die
Waarheid-en-Versoeningskommissie
Die mikrokosmos van die Makhaya-huis en al sy persoonlike kwessies
weerspieël die makrokosmos van Suid-Afrika en al sy politieke kwessies
Verhale van baie Suid-Afrikaners:
Verteenwoordig die duisende gewone Suid-Afrikaners wat nie erken,
gehoor, gerespekteer is nie en wat gely het tydens apartheid en wat 'n
beter lewe vir almal verwag het toe die nuwe regering van die nuwe Suid-
Afrika aan bewind gekom het
Die WVK het baie Suid-Afrikaners geraak wat slagoffers van die
gruweldade van apartheid was. Sommige van hierdie verhale hou verband
met die gesprekke in die toneelstuk
Ballingskap raak Sipho. Themba, sy broer, het in ballingskap ingegaan,
soos baie Suid-Afrikaners tydens apartheid gedoen het, hetsy vir veiligheid
of om die bevrydingstryd te veg. Omdat Themba in ballingskap ingegaan
het, het hy en Sipho nie die verraad en die konflik tussen hulle opgelos nie (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 26 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
6.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van die waarde en
gebruik van regisseursaantekeninge.
Ken volpunte toe vir:
Een goed gemotiveerde stelling OF
Twee aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Regisseursaantekeninge is nuttig omdat:
Die regisseur idees kan formuleer en onthou en gedagtes en konsepte kan
aanteken om in die skepping van die produksie te gebruik
Dit die basis vorm van wat uiteindelik as 'n lewendige produksie op die
verhoog gaan verskyn (2)
6.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van 'n goeie
oudisieproses en wat van die akteur verwag word wat 'n oudisie vir die rol
aflê.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Daar word van 'n akteur, wat 'n oudisie vir die rol aflê, verwag om die
volgende te demonstreer:
Selfvertroue want die akteur moet die rol/ karakter vertolk
Duidelikheid van spraak, wat projeksie, artikulasie en toon insluit
'n Begrip van die korrekte interpretasie van die karakter
Die vermoë om die woorde te memoriseer
'n Begrip van die subteks van die stuk
Volgehoue fokus tydens die oudisie
Luistervaardighede om die regisseur se voorskrifte te interpreteer (4)
6.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip, ontleding en
toepassing van die stelontwerp van die toneelstuk sowel as die betrokke
ontwerpvereistes demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
'n Skets/ Foto/ Model van die stelontwerp kan nuttig wees, want:
Dit is 'n visuele gids/ prentjie van die stel en maklik om te bestudeer
Dit dui die plasing van al die elemente van die stel aan, soos die dekor en
rekwisiete
Dit kan die besonderhede van die meubels en dekor van die stel aandui
(Garnet Lodge Gastehuis)
Dit help die regisseur om die ontwerpvereistes meer doeltreffend aan die
stelontwerper oor te dra
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 27 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Dit maak die blokkering van die karakters makliker omdat die regisseur
weet hoe om die beweging op die verhoog te blokkeer deur die skets te
gebruik aangesien hy of sy aantekeninge oor die stelontwerp kan maak (4)
6.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van die stel
as 'n omgewing vir die toneelstuk demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die stel is:
Garnet Lodge Gastehuis
'n Afgeleë gastehuis aan die Weskus van Suid-Afrika
Die binnekant van die gastehuis wat in 'n tipiese strand-styl versier is
'n Omgewing vir die aksie
Realisties (4)
6.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
ontleding en toepassing van Thami se karakter as die bestuurder van Garnet
Lodge demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
'n Kostuum vir Thami kan wees:
Netjiese, semiformele kleredrag omdat hy die bestuurder van die gastehuis
is
Moontlik 'n gewone wit hemp en swart broek, geskik vir sy werk as
bestuurder by die gastehuis
Blink skoene om te wys dat hy mooi na homself kyk en dat hy sy werk
respekteer
Hy dra dalk 'n baadjie omdat dit koud is en buite reën (4)
6.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n kennis
en begrip van Stanislavski se sisteem/ metode en die toepassing daarvan
demonstreer wanneer akteurs repeteer om hulle karakters te ontwikkel.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Stanislavski se sisteem/ metode kan die akteur help deur die toepassing
en gebruik van:
Aksie:
• Die akteur moet ‘n motivering en behoefte toon asook gewillig wees om sy
aksies te speel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 28 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Magiese as ('Magic if'):
Die akteur moet leef, voel, dink, praat, optree en glo asof hy/ sy die karakter
is. Vokale en fisieke reaksies kan dus van opvoering tot opvoering verskil,
maar sal altyd realisties en waarheidsgetrou wees
Gegewe omstandighede:
• Die akteur moet navorsing doen en in karakter reageer op die tyd, plek en
sosio-ekonomiese omstandighede van die toneelstuk, die mense en die
samelewing op die tyd waarin die toneelstuk afspeel
Sirkels van aandag:
Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk op die verhoog
wees en nie op die gehoor nie
Doelwitte:
Die akteur moet 'n motivering en rede vir elke aksie hê (woorde, gedrag,
houding, emosie)
Kleiner motiverings moet geloofwaardig wees
Superdoelwit:
Dit is die primêre doel of doelwit van die akteur of hoofmotivering binne die
intrige in sy geheel
Hierdie superdoelwit is die dramaturg se bedoeling vir die karakter en hy of
sy moet voortdurend na hierdie hoofdoel of -doelwit beweeg
Emosionele geheue:
Die akteurs kan persoonlike ervarings en herinneringe gebruik om die
emosionele werklikheid van die toneelstuk, karakter en gegewe
omstandighede in opvoering te skep. 'n Akteur moet slegs emosie uit
herinneringe put en emosies gebruik wat ouer as sewe jaar is (6)
6.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n kennis,
begrip, ontleding en evaluering van die belangrikheid van die toneelstuk se
titel met betrekking tot die temas van Groundswell toon.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die betekenis van die titel met betrekking tot die temas kan soos volg
verduidelik word:
Groundswell:
Verwys na die see se sterk onderstroom wat ongesiens opstyg
And under the oppression of the silent fog
The tolling bell
Measures time not our time, rung by the unhurried
Ground swell
(En onder die verdrukking van die stille mis/ Die klokgelui/ Meet tyd nie ons
tyd nie, gelui deur die langsame/ Gronddeining
Die titel word in die gedig aan die begin van die toneelstuk genoem
Die belangrikste besonderhede wat in die gedig genoem word, kom in die
fisiese omgewing van die toneelstuk voor: die gronddeining, die seeklok,
die mis
• Al hierdie dinge dui op 'n baie sterk verband met die tema van verskillende
soorte tyd. Die gronddeining word voorgestel as iets ewigdurend, van 'n tyd
wat losgekoppel is van tyd soos ons dit verstaan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 29 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Dit dui daarop dat ons mense en ons kwessies en bekommernisse kan kom
en gaan, die verlede, hede, toekoms, maar die gronddeining sal voortduur
in sy eie rustige hede, heeltemal onaangeraak deur ons sake
Miskien is hierin, in elk geval wat die drama aangaan, 'n vreemde toon van
hoop. Dit herinner ons tog dat, alhoewel ons handelinge 'n begin, 'n einde,
en gevolge in tyd het soos ons dit ervaar, daar 'n ander tyd is waar dinge
steeds verander, vernuwe en dalk bevry kan word
Dit weerspieël die stand van die karakters in die toneelstuk sowel as die
wêreld van die toneelstuk in 'n baie nuwe Suid-Afrika en hierdie tema dring
deur die hele toneelstuk (6)
6.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.
Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë
demonstreer om idees te vergelyk, ontleed en sintetiseer wat die persoonlike
verhaal van die karakters aan die politieke verhaal van Suid-Afrika verbind.
Die volgende is 'n riglyn:
Johan se verhaal:
Verwys terug na sy eie geheimsinnige verlede. Dit weerspieël die lewe
tydens apartheid met al die swaarkry en stryd wat dit vir hom persoonlik
meegebring het, asook die skuldgevoelens vir sy vorige aksies
Johan droom van 'n beter toekoms waarin hy ryk sal word uit sy
diamantskema
Thami se verhaal:
Verteenwoordig die miljoene burgers van Suid-Afrika wat van hulle stemreg
ontneem is, wat finansieel en persoonlik gely het.
Thami word van sy vrou geskei weens die behoefte om 'n bestaan te maak
om sy gesin in die Oos-Kaap te onderhou
Hy is desperaat vir 'n beter toekoms waar hy ryk en onafhanklik kan word
deur 'n suksesvolle diamantmynbou-skema wat beplan word
Smith se verhaal:
Smith het sy lewe as 'n wit man in apartheid-Suid-Afrika geleef
Hy is op 'n punt in sy lewe waar sy omstandighede onlangs dramaties
verander het; hy het afgetree, sy gesin het geëmigreer en hy moet die
rigting van sy toekoms in nuwe rigtings beplan
Hy soek rus en ontspanning by die gastehuis en sien daarna uit om gholf te
speel ('n rykmansport)
Sy aankoms by die gastehuis bied 'n katalisator vir dramatiese konflik en
die daaropvolgende veranderinge wat dit meebring
Verhale van baie Suid-Afrikaners:
Die mikrokosmos van die toneelstuk en al sy persoonlike konflikte,
nuutgevonde alliansies (Johan en Thami) weerspieël die makrokosmos van
die baie nuwe Suid-Afrika en al sy politieke kompleksiteite, spanninge en
verskuiwings/veranderinge
Beide die persoonlike en politieke elemente van die toneelstuk weerspieël
en simboliseer mekaar
Die karakters leef geraak deur hulle verledes en word in 'n afgeleë
'niemandsland' in die hede gelaat met die hoop op 'n ander en beter
toekoms (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 30 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
7.1. Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip van die waarde en
gebruik van regisseursaantekeninge toon.
Ken volpunte toe vir:
Een goed gemotiveerde stelling OF
Twee aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Regisseursaantekeninge is nuttig omdat:
Die regisseur idees kan formuleer en onthou en gedagtes en konsepte kan
aanteken om in die skepping van die produksie te gebruik
Dit die basis vorm van wat uiteindelik as 'n lewendige produksie op die
verhoog gaan verskyn (2)
7.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van 'n goeie
oudisieproses en wat van die akteur verwag word wat 'n oudisie vir die rol
aflê.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Daar word van 'n akteur, wat 'n oudisie vir die rol aflê, verwag om die
volgende te demonstreer:
Selfvertroue om die rol/ karakter te vertolk
Duidelikheid van spraak, wat projeksie, artikulasie en toon insluit
Verstaan die korrekte interpretasie van die karakter
Die vermoë om die woorde te memoriseer
'n Begrip van die subteks van die stuk
Volgehoue fokus tydens die oudisie
Luistervaardighede om die regisseur se voorskrifte te interpreteer (4)
7.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
ontleding en toepassing van die stelontwerp van die toneelstuk sowel as die
betrokke ontwerpvereistes demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
'n Skets/ Foto/ Model van die stelontwerp kan nuttig wees, want:
Dit is 'n visuele gids/ prentjie van die stel en maklik om te bestudeer
Dit dui die plasing van al die elemente van die stel aan, soos die dekor en
rekwisiete
Dit kan die besonderhede van die meubels en dekor van die stel aandui ('n
plaaskombuis)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 31 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Dit help die regisseur om die ontwerpvereistes meer doeltreffend aan die
stelontwerper oor te dra
Dit maak die blokkering van die karakters makliker. Die regisseur weet hoe
om die beweging op die verhoog te blokkeer deur die skets te gebruik om
aantekeninge oor die stelontwerp te kan maak (4)
7.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van die stel
as 'n omgewing van die toneelstuk demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die stel sal die volgende toon:
'n Uitbeelding van 'n realistiese kombuis gedurende die Suid-Afrikaanse
Groot Depressiejare wat die armoede van die gesin beklemtoon
'n Tafel met drie stoele as die omgewing vir die gesin
'n Koolstoof met 'n ketel op, want dit was tipies van 'n plaaskombuis in 1936
Sinkplaatmure wat 'n klein huisie vir arm, wit mense in 1936 toon
Rolle goiing omdat hulle dit gebruik om die sakke vir die mis te maak wat
hulle dan versamel en verkoop het
'n Klein rusbank waarop die akteurs kan sit om die aksie meer
geloofwaardig in 'n realistiese huisomgewing te maak
'n Tafel gedek met 'n oliedoek met 'n olielamp daarop aangesien die
plaashuis afgeleë is en die familie op olielampe vir beligting staatmaak
Verbleikte gordyne omdat hulle arm is en nie kan bekostig om nuwe
gordyne te koop nie
'n Ou linoleummat op die vloer met 'n roospatroon wat skaars sigbaar is
omdat dit al vir baie jare in die huis is en uitgetrap is
'n Kombuisdeur agter wat na binne oopmaak met 'n gaasdeur wat na buite
oopmaak. Dit was tipies van 'n plaashuis om te keer dat insekte by die huis
inkom
'n Haak aan die deur vir 'n hoed om te hang, wat Konstabel kan gebruik, of
dit kan toon dat hoede nodig is om teen die Suid-Afrikaanse son te beskerm
Ander deure om die voorgestelde binneruimtes soos die slaapkamers en
gang aan te dui en voor te stel (4)
7.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip,
ontleding en toepassing Meisie se karakter sowel as die sosio-ekonomiese
omstandighede in die drama demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
'n Kostuum vir Meisie kan wees:
'n Konserwatiewe rok wat tot by die nek vasgeknoop is omdat Miem nie wil
hê sy moet haarself/ haar lyf ontbloot nie
'n Rok met 'n hoë kraag en lang moue omdat sy konserwatief is
'n Verbleikte rok omdat die gesin arm is
'n Lang rok wat haar bene bedek omdat sy skaam en 'n plaasmeisie is
Sandale met bandjies omdat sy 'n jong meisie is (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 32 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
7.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n kennis
en begrip van Stanislavski se sisteem/ metode en die toepassing daarvan
demonstreer wanneer akteurs repeteer om hulle karakters te ontwikkel.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Stanislavski se sisteem/ metode kan die akteur help deur die toepassing
en gebruik van:
Aksie:
• Die akteur moet ‘n motivering en behoefte toon asook gewillig wees om sy
aksies te speel
Magiese as ('Magic if'):
Die akteur moet leef, voel, dink, praat, optree en glo asof hy/ sy die karakter
is. Vokale en fisieke reaksies kan dus van opvoering tot opvoering verskil,
maar sal altyd realisties en waarheidsgetrou wees
Gegewe omstandighede:
• Die akteur moet navorsing doen en in karakter reageer op die tyd, plek en
sosio-ekonomiese omstandighede van die toneelstuk, die mense en die
samelewing op die tyd waarin die toneelstuk afspeel
Sirkels van aandag:
Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk op die verhoog
wees en nie op die gehoor nie
Doelwitte:
Die akteur moet 'n motivering en rede vir elke aksie hê (woorde, gedrag,
houding, emosie)
Kleiner motiverings moet geloofwaardig wees
Superdoelwit:
Dit is die primêre doel of doelwit van die akteur of hoofmotivering binne die
intrige in sy geheel
Hierdie superdoelwit is die dramaturg se bedoeling vir die karakter en hy of
sy moet voortdurend na hierdie hoofdoel of -doelwit beweeg
Emosionele geheue:
Die akteurs kan persoonlike ervarings en herinneringe gebruik om die
emosionele werklikheid van die toneelstuk, karakter en gegewe
omstandighede in opvoering te skep. 'n Akteur moet slegs emosie uit
herinneringe put en emosies gebruik wat ouer as sewe jaar is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 33 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
7.7 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis, begrip, ontleding en
evaluering toon van die betekenis van die toneelstuk se titel in verhouding tot
die temas van Mis.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die betekenis van die titel met betrekking tot die temas kan soos volg
verduidelik word:
Mis:
Elke jaar, wanneer die sirkus die dorp besoek, word 'n jong meisie vermis,
wat die titel van die toneelstuk Mis weerspieël
Hierdie meisies word nooit weer gesien nie; hulle word vir altyd vermis
Miem mis Gabriël en moet die broodwinner van die gesin wees aangesien
Gabriel, wat op die solder woon, by Miem vermis word
Dit is lente en mense wil mis vir hulle tuine en gewasse hê, wat die
Afrikaanse titel, Mis, weerspieël
Die karakters mis dikwels die waarheid van wat gesê word, bv. glo dat
Konstabel hulle ouderdom kan raai deur aan hulle te snuif
Al die karakters, behalwe Konstabel, geniet nie die lewe nie omdat hulle
onder die streng reëls van Afrikaner-Calvinisme lewe
Mis sluit ook by die Katolieke ritueel van die 'Roomse Mis' aan (6)
7.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasien toe te lig.
Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n vermoë demonstreer om te
vergelyk, te analiseer en idees te skep wat die persoonlike verhale van die
karakters aan die verhaal van Suid-Afrika verbind.
Die persoonlike verhale van die karakters in die toneelstuk weerspieël
die verhaal van Suid-Afrika soos volg:
Miem se verhaal:
Sy is die matriarg van die gesin. Na die Eerste Wêreldoorlog, die Groot
Depressie en met Gabriël wat na die solder trek, word sy gedwing om die
rol van die versorger, broodwinner en voorsiener van die gesin te wees.
Gabriël kruip op die solder weg omdat hy alles verloor het, kan nie vir sy
gesin voorsien nie en voel hy verneder
Sy is die simbool van Afrikaner- Calvinisme wat die beginsels probeer in
stand hou deur haar gedrag, aksies en waardes
Sy hou vir Meisie in die huis om te werk en sakke vir die mis te maak
Meisie se verhaal:
Sy soek 'n vaderfiguur en vind dit in Konstabel
Sy smag daarna om bevry te word en 'n nuwe lewe na die armoede en
depressie te begin
Sy mis haar pa en soek vertroosting by Konstabel
Gertie se verhaal:
Sy is 'n oujongnooi en wil ook bevry word, maar haar Afrikaner-Calvinisme
is te ingebed om weg te breek
Sy is seksueel gefrustreerd en flankeer openlik met Konstabel en wil hom
net vir haarself hê
Sy word deur Miem beheer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 34 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
Konstabel se verhaal:
As Afrikaner toon hy dat die Afrikaner bevry kan word
Hy bring die geleentheid om bevry te word en bied dit aan die vroue
Verhale van baie Suid-Afrikaners:
Al die karakters, behalwe Konstabel, kry nie alles uit die lewe nie omdat
hulle nie regtig 'lewe' nie. Miem en Gertie is steeds gevangenes van hulle
oortuigings en leef onder die reëls en dogma van Afrikaner-Calvinisme,
terwyl Gabriël op die solder is omdat hy sy plaas verloor het en daaroor
skaam is
Hierdie vreemde magsdinamika, tesame met die vrees en teenwoordigheid
van die onbekende, kan alles simbolies wees van die verhouding tussen
die wit Afrikaner en hulle rol in die nuwe Suid-Afrika
Die desperaatheid om te oorleef en liefgehê te word, ten spyte van uiterste
afgesonderdheid, word deur Gabriël gesimboliseer
Die meeste karakters in Suid-Afrikaanse verhale weerspieël die behoefte
van Suid-Afrikaners om erken te word in 'n nuwe politieke bedeling
Die dramaturg se bedoeling is om die denke en perspektiewe van jong
Afrikaners uit te daag en te verskuif (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 35 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
VRAAG 8
8.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en 'n begrip van 'n
arenaverhoog demonstreer.
Die volgende is 'n riglyn:
Ken twee punte vir die korrekte antwoord toe
'n Ander naam vir 'n arenaverhoog is:
Kringteater/ Teater-in-die-rondte (2)
8.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n ontleding en evaluering van
die nadele van 'n arenaverhoog toon.
Ken volpunte toe vir:
Twee stellings
Die volgende is 'n riglyn:
Nadele om 'n toneelstuk op 'n arenaverhoog op te voer:
Akteurs kan nie die verhoog verlaat sonder dat die gehoor hulle sien nie
Dit kan die werklikheid van die toneelstuk dalk minder geloofwaardig maak
Akteurs moet dalk meer projekteer omdat daar 'n gehoor oral om hulle is
Akteurs moet dalk groter gebare gebruik om deur die gehoor gesien te
word
Dit kan lei tot oordrewe spel
Blokkering kan moeilik wees, want soms sal die gehoor net die akteurs
gedeeltelik kan sien
Dit kan moeilik wees om stelle en meubels te hê, want dit kan dit vir die
gehoor moeilik maak om die akteurs duidelik te sien (2)
8.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis en begrip van Arm/
Gestroopte Teater en die verhoogtipe demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
'n Arm/ Gestroopte Teater-produksie kan effektief wees, want:
Die behoefte aan 'n uitgebreide stel en rekwisiete word uitgeskakel. Alle
gehoorlede sal die aksie kan sien wat andersins deur die stel gemaskeer
kan word, ens.
Die beweging van akteurs op die verhoog word nie beperk nie omdat die
stel-items minimaal is
Ingange en uitgange kan tussendeur die gehoor gemaak word sodat die
akteurs vrylik in die ruimte kan beweeg en 'n opwindende/ interessante
akteur-gehoor-verhouding ontwikkel
Die ruimte kan maklik herrangskik word om aan die eise van 'n Arm/
Gestroopte Teater-produksie te voldoen aangesien daar minimale
stelvereistes is (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 36 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
8.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis, begrip en toepassing
van die akteur-gehoor-verhouding vir ‘n Arena verhoog toon.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die boodskappe in die toneelstuk wat deur die akteurs oorgedra word, het
ten doel om die gehoor emosioneel te konfronteer met die realiteit/
waarheid van 'n saak/ situasie
Die gehoor is aktief betrokke by die toneelstuk omdat die akteurs
betekenisvolle opvoerings skep
Daar is 'n intieme verhouding tussen die gehoor en akteurs op die verhoog,
want opregte en ware emosies en gevoelens word gedeel
Die gehoor word ingetrek in die algehele ervaring van die lewendige teater
omdat daar geen denkbeeldige vierde muur is wat die gehoor van die
akteurs op die verhoog skei nie (4)
8.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
begrip van die konsepte van Arm/ Gestroopte Teater demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Via Negativia:
Alle onnodige teaterelemente word weggestroop. Die wegstroop van alle
onnodige teaterelemente, bv. ligte, kostuums en stel, om by die essensie
van teater uit te kom, wat bestaan uit 'n akteur en 'n leë ruimte met iemand
wat kyk
Enige persoonlike, sielkundige en fisiese blokkasies vir opvoering word
uitgewis sodat akteurs ten volle op die karakter en die opvoering gefokus is
Die Heilige Akteur:
Akteurs maak 'n offer van hulself aan die karakter en dit word as 'n 'heilige'
geestelike offer gesien. Die akteur offer gewillig alles van hom/ haarself op
vir die rol
Akteurs moet fisies, verstandelik, emosioneel, geestelik wakker wees om
uitdagende en veeleisende rolle te kan vertolk
Die akteur se hele liggaam en stem moet opgelei word vir buigsaamheid en
effektiwiteit vir 'n Arm/ Gestroopte Teater-opvoering
Akteurs gebruik hulle liggaam as 'n instrument vir kommunikasie aangesien
alle ander kunsmatige teater-elemente verwyder word (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 37 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 9
9.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die term
Dramatiese Kunste demonstreer.
Ken volpunte toe vir:
Een goed gemotiveerde stelling OF
Twee aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Dramatiese Kunste is:
Die studie van die voorstelling van menslike ervaring in dramatiese vorm vir
'n gehoor
Die bevordering en ontwikkeling van kreatiwiteit, innovasie, verbeelding,
visualisering, interaksie en voorstelling
Die vermoë om jouself uit te druk en te kommunikeer deur middel van
gedissiplineerde, vaardige improvisasie, vokale en fisiese kommunikasie,
interpretasie en uitdrukkingsvermoë
Die onderrig van selfvertroue, selfbeeld, selfdissipline, spanwerk en kritiese
denke (2)
9.2.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n titel verskaf van enige
toneelstuk wat in Dramatiese Kunste bestudeer is.
Die volgende is 'n riglyn:
Ken twee punte vir die korrekte antwoord toe
Die toneelstuk wat gekies is:
Enige toneelstuk wat bestudeer is, bv. A Doll's House, Have You Seen
Zandile, ens. (2)
9.2.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kreatiewe toepassing en
seleksie van kennis van die toneelstuk wat in VRAAG 9.2.1 geïdentifiseer is
en kreatiwiteit in hulle keuses demonstreer van wat om in hul TikTok-video in
te sluit.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die TikTok-video kan die volgende insluit:
Dans, sang, toneelspel, mimiek, fisieke teater ens. as opvoerstyle
'n Karakter wat met die kamera oor die toneelstuk praat of karakters wat
opvoer, om die gehoor 'n idee te gee van waaroor die toneelstuk gaan
'n Opvoering van 'n toneel uit die toneelstuk om diegene wat na die video
kyk, meer wil laat weet wat volgende gebeur
Die gebruik van musiek, wat die tema en stemming van die toneelstuk
uitdruk
Lewendige, kreatiewe en kleurvolle beligting en kostuums
Klankeffekte en spesiale effekte kenmerkend van beide TikTok en
lewendige teater
Alle teaterelemente van lewendige teater (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 38 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
9.2.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n kennis
en begrip demonstreer van hoe toneelstukke die mag het om die manier
waarop ons dink oor die wêreld waarin ons leef, te verander.
Ken volpunte toe vir:
Drie goed gemotiveerde stellings OF
Ses aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die toneelstuk wat gekies is, het die mag om die manier waarop ons dink
oor die wêreld waarin ons leef te verander, want:
Die karakters:
Wys vir ons verskillende reaksies op gegewe omstandighede wat werklike
situasies wat ons ervaar het, kan weerspieël en ons kan dalk verskillende
maniere vind om oor die lewe te dink
Bied die lewe op die verhoog aan en ons kan na hulle kyk en onsself in hulle
wêreld sien en deur na hulle te kyk, kan ons dink oor wat ons graag in ons
eie wêreld anderkant die verhoog wil verander
Die wêreld van die toneelstuk:
Kan die manier waarop ons ons eie wêreld sien, uitdaag en ons daardeur
laat heroorweeg hoe ons wil leef
Die temas en boodskappe:
Die toneelstuk leer ons dalk van ons eie lewens: Terwyl ons na 'n toneelstuk
kyk, verskyn die temas en boodskappe uit die dialoog en aksie. Ons kan die
lesse wat ons in 'n toneelstuk leer, herken en op ons eie lewens toepas. (6)
9.2.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n vermoë demonstreer om voor-
en/ of nadele van 'n argument vir of teen die insluiting van TikTok-video's as
deel van die Dramatiese Kunste-onderrig te ontleed en debatteer.
Ken volpunte toe vir:
Twee goed gemotiveerde stellings OF
Vier aparte gedagtes/ idees
Die volgende is 'n riglyn:
VIR die insluiting van TikTok in die Dramatiese Kunste-kursus:
Hierdie gewilde sosialemedia-toep ('app') is pret en gebruikersvriendelik en
jongmense hou daarvan om TikToks te maak, en maak sodoende die vak
Dramatiese Kunste selfs meer aantreklik om te studeer
Dit is 'n toep wat aan leerders bekend is en hulle sal by die onderwerp kan
aansluit en op 'n onmiddellike manier daaroor kan leer
Dit is 'n proses wat kreatiwiteit, fokus en kennis van die onderwerp vereis en
die leerders se ontwikkeling sal bevorder
TEEN die insluiting van TikTok in die Dramatiese Kunste-kursus:
Dit is tydrowend en 'n afleiding weg van die kernkurrikulum
Leerders mag afgelei word en dalk te veel tyd bestee op hulle selfone in die
klas en doen nie hulle werk nie
TikTok is 'n onbenullige tydvermorsende toep en leerders moet eerder hulle
tyd aan opvoeringsvaardighede bestee en die waarde van lewendige teater
ervaar (4)
[20]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 39 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3, 4, 5, 6 EN 7: 10 PUNTE
Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en
toe te pas om die kandidaat se prestasie te meet.
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON 'N VERMOË OM
Uitstaande • Kognitiewe vlakke en denkproses:
Verander, lewer opnuut 'n uitstaande vlak met denke op 'n
metakognitiewe vlak
Metakognitiewe • Die antwoord:
Denke 9–10 Skep, kontekstualiseer en gee 'n antwoord op 'n oorspronklike wyse en
oor op 'n uitstaande vlak
Kennis • Voorbeelde:
Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks insiggewende teoretiese en
Skep estetiese voorbeelde
Verdienstelik • Kognitiewe vlakke en denkproses:
Evalueer en kom tot gevolgtrekking op verdienstelike vlak met denke
Proseduriële- op 'n prosedurevlak
Denke • Die antwoord:
oor 7–8 Ondersoek, kontekstualiseer en gee 'n interessante antwoord op 'n
Kennis oorspronklike manier op 'n verdienstelike vlak
• Voorbeelde:
Evalueer Verskaf analise van 'n wye reeks insiggewend gekose teoretiese en
estetiese voorbeelde
Gemiddeld
• Kognitiewe vlakke en denkproses:
Doen navraag, kontrasteer op gemiddelde vlak met denke op 'n
Konseptuele
konseptuele vlak
Denke
5–6 • Die antwoord:
oor
Ondersoek, kontekstualiseer en gee 'n antwoord op 'n gemiddelde vlak
Kennis
• Voorbeelde:
Verskaf en ondersoek voorbeelde
Analiseer
Elementêr • Kognitiewe vlakke en denkproses:
Identifiseer, organiseer en interpreteer op 'n elementêre vlak met
Feitelike denke op 'n feitelike vlak
Denke • Die antwoord:
3–4
oor Verstaan en gee 'n reguit en voorspelbare antwoord op 'n elementêre
Kennis vlak
• Voorbeelde:
Toepas Verskaf 'n paar voorbeelde
Behaal
• Kognitiewe vlakke en denkproses:
Identifiseer en noem op 'n basiese vlak met basiese denke op 'n
Feitelike
feitelike vlak
Denke
• Die antwoord:
oor 1–2
Verstaan en verskaf 'n antwoord met 'n paar reguit basiese feite
Kennis
• Voorbeelde:
Verskaf verkeerde voorbeelde of onvermoë om voorbeelde te verskaf
Verstaan/Begrip
Nie behaal nie • Kognitiewe vlakke en denkproses:
Geen identifikasie of noem nie en sonder denke
Feitelike • Die antwoord:
Denke Geen begrip van die vraag en verskaf feite wat nie met die vraag
0
oor verband hou nie
Kennis • Voorbeelde:
Verskaf geen voorbeelde nie
Onthou
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 40 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
BLOOM SE TAKSONOMIE
Klassifiseringstelsel om verskillende vlakke van mensekennis
te definieer en te onderskei
Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkvlakke
te gebruik en toe te pas om kandidate se prestasie te meet.
DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE
KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep
DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel
4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam
PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp
VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep
1. Onthou
Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë,
kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings,
teorieë en struktuur te hanteer
Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit word
Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem
Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan
Om te bewys wie of wat iemand of iets is
Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is
2. Verstaan
Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit
Verduidelik Maak iets duidelik, maklik om te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of
inligting daaroor te onthul.
Gee 'n rede om te regverdig of te verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis)
Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, te vertel, te beskryf, uit te druk
Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente aan om iets te ondersteun, noem iets
3. Toepassing
Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op te los of te ontwikkel deur
toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke
Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is
Vir oorweging voorstel
Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging
Om 'n idee uit te dink/voort te bring
4. Ontleding
Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente,
verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om
veralgemenings te ondersteun.
Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde
Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of menings/opinies
wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit
Skryf Skryf, stel saam, produseer
Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te interpreteer
Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word
5. Evaluering
Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te
maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek
Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie
te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei
6. Skep
Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling,
beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur
Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts
Gee aanleiding tot ontstaan/oorsprong
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (Eng)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 Memo (Eng)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper