Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paperDramatic ArtsGrade 12201514 pages

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 DRAMATIESE KUNSTE PUNTE: 150 TYD: 3 uur *DRAMEA* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960 – 1994 (40 punte) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Nà 1994 (40 punte) AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40 punte) 2. AFDELING A: 20STE-EEUSE TEATERBEWEGINGS Alle kandidate moet hierdie vraag beantwoord deur na die toneelteks wat hulle bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse teaterbeweging te verwys. EPIESE TEATER  Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht  Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  Mother Courage Bertolt Brecht  Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht  Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE  Waiting for Godot Samuel Beckett  Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett- toneelteks  Bagasie Andrѐ P. Brink  The Bald Prima Donna Eugene Ionesco  Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco- toneelteks OF POSTMODERNE TEATER  Skrapnel Willem Anker  Top Girls Carol Churchill  Popcorn Ben Elton  Buried Child Sam Shepard Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 3 3. AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960−1994) Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbonengi Ngema en Barney Simon VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company VRAAG 4: Siener in die Surburbs PG du Plessis 4. AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NA 1994 Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani VRAAG 6: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE Hierdie afdeling bestaan uit VIER vrae. VRAAG 7 is VERPLIGTEND VRAAG 7: Die Geskiedenis van Teater is (VERPLIGTEND.) Beantwoord SLEGS EEN van die volgende vrae: VRAAG 8: STEM EN FISIESE WERK VRAAG 9: LEWENDIGE OPVOERING VRAAG 10: KULTURELE OPTREDE EN RITUELE NOTA AAN ONDERWYSERS AFDELING D kan elke jaar ʼn ander getal vrae bevat, afhangend van die aspekte wat getoets word en die bronmateriaal wat gebruik word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING A: 20STE-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Beantwoord hierdie vraag deur te verwys na die dramateks wat julle bestudeer het en ook na die drama se relevansie tot die teaterbeweging van die 20ste eeu (Absurde Teater OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater). Oorweeg die volgende uittreksel en beantwoord die vraag wat volg. … Dramatiese styl ontstaan uit die wyse waarop ʼn toneelstuk in die teater aangebied word. Dit is die manier waarop die drama se regie en toneelspel uitgevoer word en sluit ook die verskillende soorte van verhoog-inkleding, kostuums en beligting in wat gebruik word, wat ook bydrae om die styl van die produksie te beïnvloed. [Bron: Vertaal uit “dlibrary.acu.edu.au_Form and Style in Drama”] Verwys na die teks wat jy bestudeer het en bespreek die geloofwaardigheid van die bogenoemde stelling rakende enige DRIE van die volgende aspekte:  Intrige  Struktuur  Karakters  Taal  Temas Jou opstel moet 2–3 bladsye lank wees. Aan die bokant van jou opstel moet jy aandui watter teks jy bestudeer het. [30] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 5 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994) Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg. [Mcedisi Shabangu and Peter Mashigo in the revival of the satire Woza Albert! Photo by James Glossop, Aug 7, 2012] 2.1.1 Watter vorige Suid-Afrikaanse regeringswet is duidelik in die bogenoemde foto? Verduidelik jou antwoord. (3) 2.1.2 Kan Woza Albert as ʼn satire geklassifiseer word? Verduidelik jou antwoord. (5) 2.1.3 Watter internasionale teaterpraktisyn het ʼn invloed op die aanbiedingsstyl van Woza Albert! gehad? (1) 2.1.4 Bespreek die opleidingsmetode van die bogenoemde teaterpraktisyn. (6) 2.1.5 Hoe is hierdie metode duidelik sigbaar in die opvoering van Woza Albert!? (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2015) 2.2 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. … Hierdie sin van (her)ontdekking het ʼn ooreenstemmende impak op die kulturele geskiedenis van Suid-Afrika. Dit veroorsaak die herontdekking van verlore (of ontdekking van nuwe) feite, die herdefiniëring van historiografiese beginsels, die herinterpretasie van die ou beginsels en uiteindelik die behoefte om ʼn nuwe geskiedenis te skryf. [Bron: Vertaal uit: Temple Haupfleisch. University of Stellenbosch. SA. The shaping of South African Theatre: An overview of major trends] 2.2.1 Is die bogenoemde uittreksel ʼn ware refleksie van die doelwitte van Protesteater? Gebruik enige tema uit Woza Albert! om jou antwoord te ondersteun. (6) 2.2.2 Bewys die volgende stelling deur na die drama Woza Albert! te verwys. Woza Albert! is ʼn opname van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. (6) 2.2.3 Is dit vandag in die nuwe bedeling nodig vir Suid-Afrikaners om na ʼn produksie soos Woza Albert! te kyk? Oorweeg die gebeure in die drama en ook die regering van daardie tyd. (8) [40] OF VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Bespreek enige ander TWEE kunsvorme wat in Sophiatown voorgekom het en noem EEN kunstenaar by elkeen. (4) 3.2 Gee TWEE redes wat aanleiding tot die gedwonge verskuiwings van die mense van Sophiatown gegee het. (4) 3.3 Noem enige ander voorbeeld van gedwonge verskuiwings wat plaasgevind het gedurende die tydperk van die vorige Suid-Afrikaanse regering. (2) 3.4 Verduidelik die term “township musical”. (2) 3.5 Kan Sophiatown onder die term “township musical geklassifiseer word”? Verduidelik jou antwoord deur te verwys na die elemente van ʼn township musical en na die gebeure van drama. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 7 3.6 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: youngviclondon.wordpress.com 3.6.1 Die bogenoemde prent wys die verwoesting wat in Sophiatown ingetree het. Bespreek die Suid-Afrikaanse wet wat daartoe aanleiding gegee het en verduidelik hoe dit die mense van Sophiatown beïnvloed het. (5) 3.6.2 Beskryf die kleredrag van ʼn tipiese Sophiatown bendelid. Gebruik die karakters van Mingus en Charlie as jou verwysing. (6) 3.7 Bestudeer die volgende uittreksel van Sophiatown en beantwoord die vrae wat volg. (A single tight spot reveals RUTH sitting in a chair. FAHFEE stands behind her. She listens with intense concentration, desperately trying to learn.) FAHFEE: (in a monotone) 1 is for King; 2, Monkey; 3, Seawater; 4, Dead Man; 5 is for Tiger; 6 is for Ox; 7 is for Skelm; 8 is for Pig; 9 is for Moon; 10, Eggs; 11, Car; 12, Granny; 13, Big Fish; 14, Dead Woman; 15, Slegte Vrou; 16, Pegeon; 17, Diamond Lady; 18, Small Change; 19, Small Girl; 20, Cat; 21, Elephant; 22, Ship; 23, Long Hair; 24, Big Mouth; 25, Big House; 26, Bees. (Blackout) 3.7.1 Wat verstaan jy onder die term “monotoon”? (2) 3.7.2 Watter speelstyl sal jy gebruik, as jy ʼn karakter in die Sophiatown moet vertolk? Kies EEN karakter van die toneelstuk as verwysing in jou antwoord. (7) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1 Verduidelik die konsep “probleem drama”. 4.2 Bespreek TWEE redes waarom sommige Afrikaanse dramas van publieke teaters gedurende die vorige politieke bestel verban is. 4.3 Oorweeg die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. [Siener in die Suburbs, 2010 deur PG du Plessis, regie deur GW Davids] 4.3.1 Noem die karakters wat in die bostaande foto gewys word. (3) 4.3.2 Bestudeer die bostaande foto en beskryf wat op daardie oomblik in die drama gebeur. (4) 4.3.3 Kan Siener in die Suburbs as ʼn voorbeeld van Afrikaanse Protesdrama bestempel word? Ondersteun jou antwoord met motiverings en/of voorbeelde. (5) 4.3.4 Oorweeg die situasie van die karakter van Tjokkie. Wat maak sy vermoë om te kan “sien” ʼn ironiese element in die storie? (6) 4.3.5 Jy word die geleentheid gegee om iemand aan te stel om die karakter van “Ma” te speel. Verduidelik watter verwagtinge jy aan die aktrise sal stel en ondersteun jou antwoord deur te verwys na die gebeure in die drama waarby „Ma‟ betrokke is. (8) 4.3.6 Hoe het PG du Plessis die tema van armoede in die drama Siener in die Suburbs aangespreek? Oorweeg die volgende in jou antwoord:  Die karakters  Die ruimte (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 9 AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER POST-1994 Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Bespreek die redes hoekom die Waarheids-en-Versoeningskommissie op die spesifieke tydstip in die Suid-Afrikaanse geskiedenis tot stand gebring is. (6) 5.2 Dink jy die Waarheids-en-Versoeningskommissie het sy primêre doelwitte bereik? Gee ʼn voorbeeld om jou antwoord te ondersteun. (5) 5.3 Wat was die verskillende redes waarom baie Suid-Afrikaners die land verlaat het om oorsee ondergrondse weerstandsbewegings te vorm? (4) 5.4 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: Warona Seane, John Kani, en Esmeralda Bihl in Nothing But the Truth (Foto © Paul Kolnik)] 5.4.1 Kan die ruimte hierbo onder die konsep “boks-stel” inpas? Verduidelik jou antwoord. (3) 5.4.2 Skryf ʼn kort samevatting oor wat op hierdie tydstip in die storie gebeur met verwysing na die bogenoemde foto. (4) 5.4.3 Wat is die interne konflik waardeur Sipho worstel? Verskaf voorbeelde van die drama om jou antwoord te ondersteun. (8) 5.4.4 Bespreek die tema van “kultuurverlies” in Nothing but the Truth. Oorweeg die verskil tussen die karakters om jou antwoord te ondersteun. (10) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 6: MIS DEUR REZA DE WET 6.1 Bespreek van die kwessies wat families volgens die drama “Mis” moes deurwerk. (6) 6.2 Watter kwaliteite het die drama “Mis” wat ons in staat stel om dit as ʼn Afrikaanse Identiteit-teater te identifiseer. Verduidelik jou antwoord met die drama as verwysing. (6) 6.3 Sal dit van pas wees om hierdie drama op ʼn tweerigting-verhoog (“traverse stage set-up”) aan te bied? Gebruik die ruimte van die drama as verwysing in jou antwoord. (6) 6.4 Wie is die teikengehoor vir wie hierdie soort drama bedoel is? Gee redes vir jou antwoord. (5) 6.5 Bestudeer die volgende foto en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: Miéle Janse van Vuuren. www.linden.co.za] 6.5.1 Bespreek die karakter wat in die prent gewys word se verhouding met Miem. Ondersteun jou antwoord deur voorbeelde uit die drama te verskaf. (6) 6.5.2 Watter akteurs-opleidingsmetode sal jy gebruik as jy die rol moes vertolk van die karakter wat in die foto gewys word? Verduidelik deur die gebeure van die drama as verwysing te gebruik. (6) 6.5.3 Verduidelik die ironie wat ontstaan met die koms van die sirkus na die dorp in die drama. (6) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 11 AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 7 is VERPLIGTEND. VRAAG 7: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER 7.1 Kies enige EEN van die volgende teaterbewegings/style en skryf drie dinge neer wat jy daarvan weet.  Surrealisme OF  Dadaïsme OF  Simbolisme OF  Feminisme Dui die beweging/styl wat jy kies aan die bokant van jou antwoord. (3) 7.2 Bestudeer die volgende teks en beantwoord die vrae wat volg. ʼn Groep tieners uit ʼn informele nedersetting het die storie van Koning Oedipus in ʼn gemeenskapsaal aangebied. Hulle het die drama aangepas deur dit met sang en dans in die vorm van jazz aan te vul. Oorweeg die bogenoemde teks en identifiseer die genre en die styl wat deur die tieners in hulle optrede gebruik is. (4) 7.3 Hoe raak politiek die samelewing? Ondersteun jou antwoord deur na die temas van enige teaterbeweging wat jy bestudeer het te verwys. (6) 7.4 Bespreek EEN eksperimentele teaterpraktisyn en die impak wat hulle gehad het op teater soos ons dit vandag ken. (5) 7.5 Met wie in die teatergeskiedenis, kan jy die onderstaande aanhaling assosieer? “If you want to create a masterpiece, you must always avoid beautiful lies.” (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2015) Beantwoord slegs EEN vraag uit die volgende. VRAAG 8: Stem en Fisiese Werk OF VRAAG 9: Lewendige Vertonings OF VRAAG 10: Kulturele Vertonings en Rituele VRAAG 8: STEM EN FISIESE WERK 8.1 Oorweeg die volgende vergelyking en beantwoord die vrae wat volg. WOORDE = BETEKENIS STEM = EMOSIE 8.1.1 Beskou jy die bogenoemde “vergelyking” as WAAR of ONWAAR. Verduidelik jou antwoord. (4) 8.1.2 Beskryf die proses van stemproduksie in die vorming van die “-ng” klank. Oorweeg die spraakorgane in jou antwoord. (6) 8.2 Oorweeg die volgende uittreksel van Drama Werke, Drama werkswinkels en Onderwyser hulpbronne en beantwoord die volgende vrae. (4) Fisieke Teater (wat ook Visuele Teater genoem is in ʼn poging om dit verder te verfyn – ʼn definisie wat nie blywend was nie) is ʼn teaterstyl waar die akteurs se liggame meer belangrikheid verkry as normaalweg soos byvoorbeeld in Naturalistiese Teater. 8.2.1 Hoekom word daar in die bogenoemde uittreksel na fisieke teater as Visuele Teater verwys? (2) 8.2.2 Oorweeg jou praktiese eksamen en beantwoord die volgende vraag. Wat was die tema van jou program en hoe het jy die fisieke teater gebruik om hierdie tema te kommunikeer? (8) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 13 VRAAG 9: LEWENDIGE OPVOERING Oorweeg die volgende BRON om die vrae wat volg te beantwoord. 9.1 Skryf ʼn kort paragraaf oor hoe jy jou verbeelding gebruik het om die speelruimte/toneelplasing van jou temaprogram te skep. (10) 9.2 Watter akteursopleidingsmetode het jy in jou praktiese eksamen gebruik? Ondersteun jou antwoord deur die redes vir jou keuse te bespreek. (10) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 10: KULTURELE OPTREDE EN RITUELE Oorweeg die volgende bron en beantwoord die vrae wat volg. “[Kultuur] is die gesamentlike programmering van die brein wat lede van een groep of kategorie onderskei van mense van ʼn ander.” [Bron: „Hofstede 1994: 5] 10.1 Wat is jou begrip van die term „kultuur‟? Gebruik voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. (5) 10.2 Hoe kan ons die drama gebruik om kulturele verdraagsaamheid te onderrig en om kulturele verskille aan te spreek? Motiveer jou antwoord met spesifieke voorbeelde uit die rituele en optredes wat jy bestudeer het. (15) [20] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all