Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)

Question paperDramatic ArtsGrade 12201517 pages

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2015 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40) AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER • Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht • Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • Mother Courage Bertolt Brecht • Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht • Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE • Waiting for Godot Samuel Beckett • Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks • Bagasie André P Brink • The Bald Primadonna Eugene Ionesco • Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER • Skrapnel Willem Anker • Top Girls Carol Churchill • Popcorn Ben Elton • Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon, OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company, OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani, OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce, OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2015 NSS AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS Hierdie vraag is VERPLIGTEND. VRAAG 1 Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse Teaterbeweging (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater). Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A Alle teater probeer om die waarheid oor die lewe te ontdek, te weerspieël of te bevraagteken. VERTALING: Ek dink, daarom is ek. Wat is die werklikheid? Is waarheid relatief? Wat is die betekenis van die lewe? [Eie bron] Bespreek en evalueer, in 'n opstel, hoe die toneelteks wat jy hierdie jaar bestudeer het 'probeer om die waarheid oor die lewe te ontdek, te weerspieël of te bevraagteken'. Verwys na voorbeelde uit die toneelteks deur enige VIER van die volgende te kies: • Sosiopolitieke konteks • Temas • Karakters • Taal en dialoog • Ruimte en dekorstel • Intrige en struktuur • Teatermiddele/-tegnieke Dui die toneelteks wat jy bestudeer het, boaan jou opstel aan. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2015 NSS AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A 'n Toneel uit 'n produksie van Woza Albert! Jy is gekies om 'n produksie van Woza Albert! by jou skool te regisseer. Gebruik BRON A hierbo om die beplanning en voorbereiding van jou toneelstuk te lei. 2.1 Noem VIER fisiese vaardighede wat jy vereis van die akteurs wat jy vir die rolverdeling van die toneelstuk kies. (4) 2.2 Die toneelstuk het slegs twee akteurs nodig om baie rolle te speel. Stel vir die akteurs voor watter eise dit aan hulle stemme sal stel. (4) 2.3 Beskryf 'n improvisasie-oefening wat jy tydens repetisies sal gebruik om die akteurs met die eise van karakterisering te help. (4) 2.4 Berei regisseursnotas voor om jou keuse van die volgende DRIE teaterelemente te ondersteun: • Lokaal/Plek • Kostuums • Dekorstel (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2015 NSS 2.5 Verduidelik aan die toneelgeselskap hoe jy Gestroopte Teater-tegnieke op jou produksie sal toepas. Sluit inligting in oor: • Dekorstel • Verhooginkleding/-opstelling • Toneelspel • Akteur-gehoor-verhouding (8) 2.6 Noem VIER maniere waarop die produksiespan die toneelstuk vir 'n skoolgehoor kan adverteer. (4) 2.7 Bespreek, in jou programnotas, hoe 'n opvoering van Woza Albert! in 2015 vir 'n Suid-Afrikaanse gehoor van waarde en toepaslik kan wees ten opsigte van kwessies soos polisiëring, armoede en werkstoestande. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2015 NSS VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A MAMARITI: Ruthiwe, what is a Jewish? The only Jewish I know is the man in the chemist shop and one day he said to me, 'Meshugenah-kop chazer'. What is this 'Meshugenah-kop chazer'? RUTH: Mama, you don't want to know that. MAMARITI: Certainly I do. 5 RUTH: It means, 'Madman pig'. MAMARITI: Is that nice? When will these white people learn? LULU: So what is a Jewish? RUTH: Well, it's really hard to say. It's not a religion, because you can be an unbeliever and still be Jewish. And it's not a nationality, because you 10 can be South African and be Jewish. It's not even a language, because the only Hebrew I know is this Baruch Atah. Perhaps it's like a tribe. A lost tribe. It's very confusing. JAKES: God is One, and God is Three, and the ancestors are many, and I speak Zulu and Xhosa and Tswana and English and Afrikaans and 15 Tsotitaal, and if I'm lucky Ruth will teach me Hebrew, and the Boere and the UP and the Congress fight it out, and this Softown is filled with Coloured and Indian and Chinese and Zulus … but this Jewish remains a mystery. And Softown is a brand-new generation and we are blessed with a perfect confusion. 20 Jy is gekies om 'n produksie van Sophiatown by jou skool te regisseer. Gebruik die bronne om die beplanning en voorbereiding van jou toneelstuk te lei. 3.1 Beskryf DRIE eienskappe van Mamariti wat jy sal deel met die aktrise wat hierdie rol in BRON A hierbo speel. Verwys na die toneelstuk in sy geheel. (6) 3.2 Gee die aktrise wat Ruth speel, raad oor hoe om die doeltreffendste vokale en fisiese vertolking van haar reëls in BRON A hierbo te lewer sodat sy geloofwaardig en interessant sal wees om na te kyk. (6) 3.3 Noem waarom dit in die konteks van Sophiatown vir Jakes nodig is om veeltalig te wees. (2) 3.4 Verduidelik aan die akteurs hoe die toneel in BRON A hierbo die lewe in Sophiatown, die plek, en Sophiatown, die drama, weerspieël. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2015 NSS BRON B 'n Voorblad van Drum-tydskrif 3.5 Jy het besluit om die tydskrifvoorblad in BRON B hierbo as 'n plakkaat te gebruik om 'n opvoering van jou toneelstuk te adverteer. Identifiseer die inligting wat jy op dié tydskrifvoorblad sal byvoeg of weglaat om 'n treffende plakkaat te skep. (4) 3.6 Die voorblad van die Drum-tydskrif in BRON B hierbo weerspieël die modes en leefstyl in Sophiatown in die 1950's. Gebruik hierdie visuele beeld as inspirasie om die kostuums te beskryf wat jy vir die karakters Mingus en Princess sal kies. (6) 3.7 Verduidelik in jou programnotas aan die gehoor wat die inwoners van Sophiatown ervaar het toe die apartheidsregering met hulle gedwonge hervestiging begin het. Hoe word dit in die toneelteks weerspieël? (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2015 NSS VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A A B 'n Toneel uit 'n produksie van Siener in die Suburbs Jy is gekies om 'n produksie van Siener in die Suburbs by jou skool te regisseer. Gebruik BRON A om die volgende vrae te beantwoord. 4.1 Identifiseer karakter A en B. (2) 4.2 Bespreek die verhouding tussen karakter A en karakter B. (4) 4.3 Verduidelik waarom die produksie wat in BRON A hierbo uitgebeeld word, as realisties beskou kan word. (6) 4.4 Beskryf DRIE klankeffekte wat jy sal gebruik om die dramatiese spanning in jou produksie van Siener in die Suburbs te versterk. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2015 NSS BRON B TIEMIE: Dis nie van Ma wat ek wou weg nie ... dis van die plek af. Ma, ek kan nie met Jakes trou nie. Ek wil nie hier bly nie. Ek wil nie hierdie lewe hê nie, ook nie die mans nie, Ma. Ek wil nie 'n man hê wat getrek huis toe kom nie ... ás hy huis toe kom ... met dwarsklappe en kleintjies nie ... Ek wil nie oudgebaar wees op dertig nie. Weet Ma, hulle weet nie van ons nie 5 ... by die werk, hulle dink ons bestaan nie ... hulle lag as hulle van ons hoor, of as hulle hoor waar ek bly, weet hulle nie waar om te kyk nie. Ons maak hulle verleë oor ons – oor ons. Hulle weet nie van ons nie. Hulle weet nie hoe ons leef en dat ons voel nie. Hulle wéét nie. Ek wil van geweet wees, Ma, ek wil nie vrek soos 'n hond nie, ek wil van geweet 10 wees ... Ek wou so graag van geweet wees. TJOKKIE: Jou kans weggefoeter – as jy van die begin af 'n kat se kans gehad het. MA: Tjokkie! TJOKKIE: Orraait, jar, ek is net jammer vir haar. Sy wou uit dié nes uit. Sy was mooi. In die A-klas. Jar! 15 MA: Tjokkie, loop nou, Ma wil met Tiemie praat. (Tjokkie onder die motor in.) 4.5 Verduidelik wat Tjokkie bedoel wanneer hy na die volgende verwys: 4.5.1 'Jou kans weggefoeter' (reël 12) (2) 4.5.2 'In die A-klas' (reël 15) (2) 4.6 Gee die aktrise wat Tiemie in BRON B hierbo speel, raad oor hoe om die doeltreffendste vokale en fisiese vertolking van haar reëls te lewer sodat haar gemoedsverandering duidelik uitgedruk word. (6) 4.7 Stel voor wat die dramatiese betekenis van Tiemie se herhaling van die reël, 'ek wil van geweet wees', kan wees. (2) 4.8 Die dramaturg het meegevoel met die karakters en insig in 'n samelewing wat op valse hoop en die morele agteruitgang van die gesin as eenheid gebou is. [Eie bron] Bespreek hoe die tema van morele agteruitgang duidelik deur die karakters en hulle optrede in die toneelstuk na vore kom. (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2015 NSS AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI John Kani het jou gevra om 'n produksie van Nothing but the Truth te regisseer. 5.1 Skryf 'n teaterprogram wat spesifieke feite oor die toneelstuk bevat waarin jy die volgende inligting insluit: 5.1.1 Die verhoogplasing (tyd en plek) van die toneelstuk (2) 5.1.2 'n Kort opsomming van die toneelstuk (nie meer as TIEN reëls nie) (4) 5.1.3 'n Regisseursnota oor die betekenis van die toneelstuk se titel (4) 5.2 Kies EEN ander gepaste brokkie inligting om by jou program in te sluit. (2) Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A SIPHO: The truth, the whole truth and nothing but the truth, so help me God. That's what you've asked for. 5.3 Waarom, na jou mening, sou John Kani vra dat jy hierdie foto van die toneelstuk by die program insluit? (4) 5.4 Oorweeg Sipho se woorde in BRON A hierbo. Gee die akteur wat Sipho speel, raad oor hoe om die doeltreffendste vertolking van hierdie reëls te lewer. (6) 5.5 Ontleed hoe BRON A hierbo die realistiese genre van die toneelstuk weerspieël. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2015 NSS BRON B THE TRUTH The truth is never easy, 1 it is never simple, it can't always be justified. The truth is painful, and doesn't give all the answers. 5 The truth doesn't always eliminate the guilt, it can't erase the past or bring a loved one back. The truth doesn't make all that is wrong, right, but it presents the opportunity to … 10 The truth is a chance to make a reality known, put one's heart to rest, for one alone. To no longer possess a dark secret that will forever gnaw at your soul, is a chance to set you free. 'The truth will set you free.' 15 – Anoniem 5.6 John Kani het die gedig in BRON B hierbo gekies om by die program in te sluit. Bespreek die temas van waarheid, versoening en vergifnis in die toneelstuk Nothing but the Truth, en noem of jy John Kani se besluit ondersteun om die gedig by die programnotas in te sluit. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2015 NSS VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A 'n Toneel uit 'n produksie van Groundswell Jy is gekies om 'n skoolproduksie van Groundswell te regisseer. 6.1 Gee die akteur wat die rol van Johan in BRON A hierbo speel, raad oor hoe om die vereiste woede en aggressie beide vokaal en fisies uit te beeld. (6) BRON B GROUNDSWELL – Wêreldpremière geregisseer deur Heinrich Reisenhofer Aan Suid-Afrika se dorre Weskus, waar diamante uitgeduik word, bestuur Johan en Thami, 'n oudpolisieman en 'n tuinier uit totaal verskillende agtergronde, 'n gastelodge op die strandfront tydens die stil seisoen terwyl hulle na uitkoms soek. Wanneer Smith, 'n afgetrede sakeman, een mistige aand opdaag, dink die twee mans dat hulle 'n ideale belegger gevind het vir hulle plan om in 'n staatsbeheerde 5 diamantkonsessie te belê. Die gewetenlose mans vind hulself spoedig in 'n magstryd wat deur hebsug, desperaatheid en selfgeregtigheid aangevuur word. Groundswell is 'n sielkundige riller oor smagting en hoop en die blink beloftes van 'n veranderende samelewing. [New York Times] 6.2 Gebruik jou kennis van die drama en reël 2 van die uittreksel hierbo en beskryf die 'totaal verskillende agtergronde' van Johan en Thami. (4) 6.3 Ontleed Johan en Thami se karakterverskille deur aan hulle doelwitte, ambisies en hulle hoop vir die toekoms aandag te skenk. Hoe kan dit tot die dramatiese spanning in die toneelstuk bydra? (6) 6.4 Verduidelik waarom die karakters en aksie van hierdie toneelstuk 'n 'sielkundige riller' maak. ('n Sielkundige riller is 'n storie met elemente van misterie, drama, aksie, gruwel en karakters met onstabiele emosionele toestande.) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2015 NSS 6.5 Gee TWEE redes waarom hierdie toneelstuk by 'n internasionale gehoor aanklank sal vind. (4) 6.6 Bespreek die stelling dat Groundswell 'n toneelstuk 'oor smagting en hoop en die blink beloftes van 'n veranderende samelewing' is. Verwys na TWEE temas in die toneelstuk om jou antwoord te ondersteun. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2015 NSS VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET Jy is gekies om 'n produksie van Mis vir die jaarlikse Kuns-en-Kultuurfees op jou dorp te regisseer. Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A A B C Gehoor Gehoor Gehoor Verhoog- gebou Verhoog Verhoog Gehoor Gehoor Vehoog Voorverhoog Gehoor Gehoor Gehoor [Bron: Oscar E Brockett] 7.1 Noem die genre van die toneelstuk. (1) 7.2 Identifiseer die DRIE verhoogtipes A, B en C in BRON A hierbo. (3) 7.3 Motiveer die verhoogtipe wat jy vir die toneelmatige vereistes van die toneelstuk sal kies. (6) BRON B MEISIE: Ek ... het roosbome buite my venster geplant. (Stilte.) En dis hoekom niemand kom kuier nie. Die reuk is te erg. Wie sal nou wil tee drink? Die vlieë is vol mis. Hulle loop oor die koeke en val in die melk. (Kort stilte. Sy glimlag.) Verlede jaar het Danie Venter kom kuier. Een Sondag. Die wind het in die regte rigting gewaai, jy sien? Dit het al 5 die vlieë weggewaai en die hele huis het na rose geruik. KONSTABEL: (Geïnteresseerd.) Ja? En toe? MEISIE: (Hartseer.) Toe draai die wind. (Stilte. MEISIE werk aan haar sak.) KONSTABEL: Maar gaan julle nie uit nie? Die dorp is nie so ver nie? MEISIE: My ma het my hier nodig. Sy het net vir my. 10 KONSTABEL: En is daar regtig soveel om hier te doen? MEISIE: Ja. Ek kry nooit al die werk klaar nie. Daar is altyd stof op alles. Die mure is dun en vol krake, so alles wat buite is, kom in. Ek stof af en vee, stof af en vee, maar dit help niks. En elke dag moet ek was en stryk, want ons klere ruik na mis. En die vensters moet elke dag 15 gewas word ... Want die vlieë los misspore op die glas ... Kos, slopemmer! Sakke! My hande was sag op 'n tyd. Nou het ek eelte op my vingerpunte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2015 NSS 7.4 Beskryf en motiveer die kostuum wat jy wil hê Meisie in hierdie toneel moet dra. Verduidelik waarom hierdie kostuum aan die einde van die toneelstuk sal verander. (6) 7.5 Gee die aktrise wat Meisie speel, raad oor hoe om die doeltreffendste vokale en fisiese vertolking van haar reëls in BRON B hierbo (reël 12–18) te lewer. (6) 7.6 As die regisseur, beskryf die karakter van Konstabel aan die akteur om hom te help om hierdie rol doeltreffend te vertolk. (6) 7.7 Mis kan as 'n volledige toneelstuk beskryf word. Dit neem die gehoor op 'n reis van realisme, fantasie, ritualistiese elemente en, uiteindelik, die magiese. [Eie bron} Bespreek die geldigheid (waarheid) van die stelling hierbo en verwys na spesifieke voorbeelde in die toneelstuk. (12) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2015 NSS AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE Hierdie vraag is VERPLIGTEND. VRAAG 8 Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A Rituele opvoering Kulturele dansopvoering Jou Dramatiese Kunste-klas is gevra om 'n werksessie te hou van 'n opvoering vir die Erfenisdagvieringe by jou skool. Die tema van julle opvoering is 'My Identiteit'. 8.1 Beskryf aan jou vriende TWEE ooreenkomste tussen 'n rituele seremonie of opvoering waarvan jy weet, en 'n dramatiese opvoering. (4) 8.2 Verduidelik die term Werkswinkelteater. (2) 8.3 Noem die stappe wat jou groep sal volg wanneer julle die werkswinkel van jou opvoering oor die tema 'My Identiteit' hou. (6) 8.4 Identifiseer en verduidelik die uitdagings waarvoor jou groep te staan kan kom wanneer die opvoering by julle skool opgevoer word. (6) 8.5 Noem die voordele daarvan om 'n werkswinkel van 'n produksie te hou. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2015 NSS 8.6 Na jou groep se opvoering by die Erfenisdagvieringe het julle die volgende kommentaar by julle Dramatiese Kunste-onderwyser gekry. Skryf 'n definisie vir ELK van die vetgedrukte terme. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (8.6.1–8.6.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 'n Uitstekende, lewendige produksie. Die (8.6.1) ensemble-werk was uit die boonste rakke. Die manier waarop julle daarin geslaag het om (8.6.2) Teater vir Identiteit te gebruik, was waarlik inspirerend. Ek het gehou van die manier waarop julle die (8.6.3) vierde muur afgebreek het om 'n intieme akteur-gehoor-verhouding te skep. Daar was oomblikke van (8.6.4) Postmodernisme en (8.6.5) Eksistensialisme, wat werklik die kern weergee van wat dit beteken om 'n moderne tiener te wees wat aan ons kulturele erfenis aandag gee. (8.6.6) Veeldoelige rekwisiete is baie doeltreffend gebruik. My enigste raad aan die regisseur sal wees om jou akteurs op interessanter maniere te (8.6.7) blok en dat die akteurs dit moet oorweeg om vokale opwarmingsoefeninge te doen om (8.6.8) projeksie te verbeter. (8) 8.7 Bespreek hoe teater in Suid-Afrika die radikale sosiopolitieke veranderinge weerspieël wat die land beleef het. Verwys na enige TWEE van die volgende in jou antwoord: • Teaterpraktisyns (dramaturge/regisseurs/akteurs) • Opvoerruimtes • Toneelstukke • Opvoerings (10) [40] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all