Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DRAMATIESE KUNSTE
NOVEMBER 2015
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 36 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 36 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 36 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 36
- File size
- 611.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 36
This exam
NSC November Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
ALGEMENE NOTAS AAN DIE HOOFNASIENER
1. Skryf kort opmerkings en gee redes waarom 'n punt opwaarts of afwaarts
aangepas is indien die memorandum nie 'n duidelik riglyn gee nie en jy jou eie
diskresie moet gebruik.
2. Maak duidelik merkies om aan te dui dat die leerpunt behaal is.
3. Raak aktief by die antwoord betrokke.
4. In gevalle waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde aantal woorde geskryf het,
moet nie penaliseer nie (bv. opstelvraag).
5. Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde
voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir
kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die
kandidaat benadeel nie.
6. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in die
memorandum te evalueer.
7. Standaardiseer die vereiste antwoorde en vind gemeenskaplike definisies en
begrippe.
8. Maak seker dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument
se Breë Onderwerpe en Onderwerpe.
9. Hoofnasieners moet rubrieke met nasieners fasiliteer. Gebruik die
vlakbeskrywings van Dramatiese Kunste om die nasienwerk te lei.
10. Hoofnasieners moet beplan en gereeld vergader om seker te maak dat
nasienwerk gestandaardiseer is.
11. Woorde wat in vetdruk gegee word, is vir maklike verwysing gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40 punte)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40 punte)
AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
Vaardighede (40 punte)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
20ste-eeuse Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
• Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
• Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• Mother Courage Bertolt Brecht
• Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
• Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
• Waiting for Godot Samuel Beckett
• Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
• Bagasie André P Brink
• The Bald Primadonna Eugene Ionesco
• Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNE TEATER
• Skrapnel Willem Anker
• Top Girls Carol Churchill
• Popcorn Ben Elton
• Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
Barney Simon, OF
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company, OF
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani, OF
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce, OF
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
VRAAG 1
Die kandidaat moet hierdie vraag in die vorm van 'n opstel antwoord en die toneelteks
wat hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik: ÓF Teater van die Absurde ÓF Epiese
Teater ÓF Postmoderne Teater.
Nota aan nasieners: the volgende is slegs 'n gids van moontlike inhoud wat kanaidate
kan verskaf. Kandidate moet egter steeds in hulle antwoorde demonstreer dat die vraag,
aanhaling en die vier kolpunte ontleed, verstaan en in hulle opstel geïntegreer is.
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
• Het 'n duidelike begrip van die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat
hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind
24–30 • Kan 'n argument konstrueer wat die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik
konkrete, spesifieke voorbeelde uit die beweging en toneelteks
• Bespreek vier van die items in die kollys; kies gepaste punte uit die kollys wat verband
Uitstekend 80-100
hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het
• Fokus op die verskillende doele van teater en bespreek duidelik hoe die toneelteks wat
A bestudeer is, 'n voorbeeld van 'n sekere motivering is
• Bron, antwoord en inhoud aanwending asook denkprosesse toon buitengewone insig
en is uitstekend
• Verstaan die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer
21–23 het, met die aanhaling verbind
• Konstrueer 'n argument wat die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik
Baie goed 70-79 voorbeelde uit die beweging en toneelteks
• Bespreek vier van die punte in die kollys en kies gepaste punte uit die kollys wat
B verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het
• Bron, antwoord en inhoud aanwending asook denkprosesse is goed gemotiveerd
• Verwys na die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer
18–20 het, met die aanhaling verbind
• Probeer om die waarheid van die aanhaling te ondersteun; gebruik voorbeelde uit die
Voldoende 60-69 beweging en toneelteks
• Bespreek vier van die punte in die kollys en kies gepaste punte uit die kollys wat
C verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het
• Bron en gememoriseerde inhoud is voldoende gemotiveerd
• Kan direk na die aanhaling verwys, maar is meer geneig om 'n verband af te lei.
15–17 • Bespreek die toneelteks en teaterbeweging
• Probeer om die beweging en toneelteks te verbind
Bevredigend 50-59 • Bespreek sommige van die punte in die kollys, en kies sommige punte uit die kollys
wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het
D • Dek meer punte uit die kollys, maar op 'n oppervlakkige wyse
• Bron en gememoriseerde inhoud is onvoldoende gemotiveerd
• Lei 'n verband met die aanhaling af, eerder as om dit direk te noem
• Verduidelik die toneelteks en teaterbeweging
12–14 • Slaag daarin om sommige voorbeeld(e) van dramateoretici/-praktisyns, toneelstukke of
tekste te gee, maar kan dit dikwels nie met die aanhaling verbind nie
Gemiddeld 40-49 • Gee sommige basiese beskrywings van punte in die kollys maar kan nie die
teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie
E • Maak oor die algemeen breë stellings wat verband hou met vier of meer van die punte
in die kollys
• Gememoriseerde/inhoud-antwoord is minimaal
• Is geneig om die aanhaling te ignoreer en bring dit per ongeluk in verband, eerder as
doelbewus
10–11 • Hy/Sy beskryf die toneelteks en teaterbeweging
• Gee voorbeeld(e) van dramateoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste, maar kan dit
gewoonlik nie met die aanhaling verbind nie
Elementêr 30-39
• Gee sommige beskrywings van punte in die kollys, maar kan nie die teaterbeweging,
toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie
F • Maak oor die algemeen stellings wat met vier of meer van die punte in die kollys
verband hou en fokus dikwels in sy/haar antwoord op die intrige
• Gememoriseerde/inhoud-antwoord is onvoeldoende
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Ignoreer die vraag
0–9 • Gee sommige beskrywings van die punte in die kollys, maar kan nie die
Swak 0-29 teaterbeweging, toneelteks en aanhaling verbind nie
• Maak stellings wat na sommige van die punte in die kollys verwys
G
• Gememoriseerde/inhoud-antwoord is swak
Die volgende is slegs 'n voorbeeld:
EPIESE TEATER
• Bertold Brecht se idees kom van jare se eksperimente en praktiese ervaring met die
teater, akteurs en verskeie regisseurs.
• Die basiese konsepte waarop sy teorie gebaseer is, het teen die einde van die 1920's
volwassenheid bereik, maar dit was eers in 1930 dat hy die idee van 'n epiese teater
beklemtoon het.
• Sy doel was om die gehoor (emosioneel) te distansieer, om hulle in staat te stel om
die wêreld waarin hulle leef, duideliker te sien.
• Distansiëring veroorsaak dat die gehoor duideliker sien, eerder as om hulle
oortuigings as vanselfsprekend te beskou.
• Die term 'epies' kan misleidend wees. Brecht wou 'n duidelike onderskeid tref tussen
wat hy as 'n teater van illusie beskou het en 'Dramatiese Teater' genoem het, en sy
Epiese Teater.
• Brecht was dus hewig gekant teen die idee van skynvertoon, wat 'n tipiese kenmerk
van Realisme was.
• Hy het beweer dat die 'ou teater' (Realisme) sy waarde verloor het omdat dit die rol
van die kyker so ver ondermyn het dat hy/sy niks meer as 'n passiewe toeskouer was
nie.
• Hy wou hê dat sy toeskouers wakker moes wees en die teater verlaat met die besef
dat hulle die probleme wat in die toneelstuk aangeraak is, moet oorweeg en iets aan
hierdie probleme in die werklike lewe moet doen.
• Brecht se hoofdoel wat om die 'illusie' of die 'spieël na die werklikheid' ('slice of life') te
verwyder wat deur Realisme uitgebeeld en aangebied is.
• Hy het verskeie tegnieke gebruik om dit te doen, wat almal direk daarop gemik is om
die gehoor se aandag te vestig op die feit dat hulle in 'n teater is, eerder as om hulle
na 'n kammaland van fantasie weg te voer.
• Brecht wou sy gehoor bewus maak van die verskil tussen dit wat hulle op die verhoog
sien en die werklikheid.
• Verder wou hy hê dat hulle die toneelstuk as direkte kommentaar op die lewe sien wat
bedoel is om op 'n kritiese wyse beskou en beoordeel te word.
• Brecht was egter nooit teen die idee van die teater as 'n bron van genot gekant nie. Hy
het eerder gevoel dat genot ook geput kan word uit produktiewe deelname, sodat dit
wat gesien word nie alleenlik beoordeel word nie, maar op omstandighede buite die
teater toegepas kan word.
• Dit sou volgens Brecht egter nie moontlik wees tensy die toeskouer van die gebeure in
die toneelstuk vervreem word nie.
• Hierdie tegniek, wat ook die 'verfremdungseffekt' of vervreemding genoem word, is
ontwerp om die gehoor van die aksie op die verhoog te distansieer en om te verseker
dat hulle empatie verbreek word, sodat hulle krities sal bly oor die gebeure waarna
hulle kyk.
• Om die idee te illustreer: die doel van musiek moet byvoorbeeld nie slegs wees om die
betekenis van woorde te versterk nie, maar moet betekenisvolle kommentaar op die
aksie wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• 'n Voorbeeld hiervan verskyn in Moeder Courage waar die ironies bitter woorde van 'n
liedjie wat oor die karakter se geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus in 'n
soet, sorgelose melodie getoonset is.
• Die onversoenbaarheid van die melodie en die woorde noop die gehoor om oor die
ware betekenis van die liedjie na te dink.
• Kaukasiese Krytsirkel en Moeder Courage het liedjies tussen die tonele wat dikwels
vertel wat gaan gebeur voordat dit gebeur (dit verwyder dus die emosionele
betrokkenheid van spanning en afwagting) – dit lewer direk kommentaar op die aksie
en die verbinde tonele.
• Die vervreemding bied dus stof tot nadenke.
• Anders as in Realisme, was Brecht se verhoogruimte nie spesifiek nie, die geskilderde
agtergronde was eerder suggestief as voorstellend, bv. steiers, draaiende verhoë,
sigbare pype en bedrading wat deur skerp, wit ligte belig is met toneel- en
stelwisselinge wat voor die gehoor plaasgevind het.
• Stelle was eenvoudig en simbolies, bv. 'n teken kon 'n hotel voorstel, 'n stuk blou lap
kon 'n rivier wees. Musikante was sigbaar en kon op die verhoog bly sit as hulle nie
deel van die aksie was nie. Die didaktiese aard van die toneelstuk is versterk deur die
gebruik van skyfieprojektors en tegniese toerusting.
• Deur vervreemding poog die dramaturg dus om alles in 'n vars en onbekende lig te
wys sodat die gehoor gedwing word om krities te kyk na wat hulle (die gehoor)
voorheen as vanselfsprekend aanvaar het. Brecht se teorieë oor die teater was baie
anders as die Realiste s'n.
• Een so 'n teorie is gebaseer op die idee dat die teater die aksies wat uitgebeeld word,
'vreemd' moet maak eerder as om aktuele, hedendaagse kwessies op 'n realistiese
manier uit te beeld.
• Historifikasie, wat verwys na die gebruik van materiaal wat uit ander tye en plekke
geneem is, was een manier om vervreemding te behaal, maar in teenstelling met die
meer aanvaarde, tradisionele teaterpraktyke wat historiese inhoud op 'n kontemporêre
manier uitbeeld, het Brecht beweer dat die dramaturg die 'oudheid' van die gebeure
moet beklemtoon deur dit van die hede te skei.
• Dit was volgens hom die dramaturg se plig om die toeskouer aan te moedig om te dink
dat, indien hy/sy dieselfde toestande moes beleef as wat in die toneelstuk uitgebeeld
word, hy/sy op 'n ander manier sou optree as gevolg van die lesse wat uit die
toneelstuk geleer is.
• Die toeskouer sou dan oorweeg wat hy of sy sou doen om 'n positiewe verskil te
maak. Met die wete dat verandering wel moontlik is, moet die gehoor dan geïnspireer
word om soortgelyke, waardevolle sosiale verbeteringe aan die huidige stand van
sake aan te bring
• Volgens Brecht moet die grootste effek van teater buite die teater plaasvind. Deur die
toeskouer aan te moedig om sosiale hervorming in sy/haar gemeenskap of omgewing
in te stel, voorkom 'n toneelstuk dat dit passiewe gedrag aanmoedig en kan dit 'n
belangriker en nuttiger rol in mense se lewens speel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
TEATER VAN DIE ABSURDE
• Teater van die Absurde, soos dit heel gepas deur Martin Esslin in 1961 benoem is,
gee vir die gehoor 'n eksistensialistiese blik op die buitewêreld en forseer die gehoor
om hulle eie betekenis te bevraagteken in 'n wêreld waar daar skynbaar geen ware
orde of betekenis is nie.
• Die onderliggende oortuiging van hierdie filosofie is dat niks 'n definitiewe, spesifieke
of herkenbare bestaan het nie.
• Dit is eerder gegrond op die idee dat mense is wat hulle van hulself maak; hulle word
gevorm deur hulle aksies en die keuses wat hulle deur hulle lewens maak.
Karakters
• Volgens die eksistensialiste bestaan karakters bloot in 'n droewige stand van sake
eerder as om vaste karakters te wees. Mense is self ook niks nie. Mense, bewus van
hulle menslike toestand, bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis.
• Hulle is dus verlore, deurmekaar en al hulle aksies is dan waardeloos, sinloos,
vergeefs en selfs absurd.
• Dramaturge soos Beckett en Ionesco het hierdie pessimistiese uitkyk op die mens se
sukkelende bestaan gedeel.
• Absurdiste is dus gemoeid met die mens se soeke na betekenis en hulle pogings om
sin te maak van hulle sinnelose posisie en om hulle hopelose situasie te aanvaar.
• Ons vind dus dat absurde drama 'n omgewing skep waar mense geïsoleer word.
• Hulle is naragtige karakters wat deur die lewe strompel omdat hulle nie weet wat
anders om te doen nie.
• Die karakters bly dikwels bymekaar bloot omdat hulle te bang is om in so 'n
onverstaanbare wêreld alleen te wees, bv. Estragon en Vladimir in Afspraak met
Godot.
• Anders as realisme waar die karakters goed afgerond, vol ontwikkel en sielkundig
oortuigend is, het die karakters in die Teater van die Absurde nie identiteit nie en is
hulle vervelig, oninteressant en sonder diepte.
• Eerder as om goeie eienskappe te hê, is die karakters vol foute en omdat hulle nie
goed afgerond is nie, bly hulle staties en toon geen ontwikkeling nie.
• Hulle kom afstootlik, pateties, miserabel en onbevoeg voor. Hulle is emosioneel leeg
en is verteenwoordigers van die menslike toestand soos dit deur die Teater van die
Absurde gedefinieer word.
• Die karakters is Absurde toneelstukke verteenwoordig die mensdom, eerder as om 'n
poging te wees om 'n 'werklike' persoon op die verhoog te skep.
• Hulle eienskappe word oordryf en die situasies waarin hulle hulself bevind, word meer
intens gemaak. Hulle het geen verlede nie en ons word geen aanduiding gegee van
wat die toekoms mag inhou nie.
• Absurde dramaturge gebruik karakters om hulle standpunt oor die menslike toestand
uit te beeld.
• Beckett se karakters toon 'n onderlinge afhanklikheid terwyl Ionesco se karakters as
'sosiale marjonette' beskryf kan word.
• Die karakters word dikwels in pare of groepe voorgestel, soos die dubbel handelinge
van Vaudeville of musieksaalkomediante.
• Absurde karakters verskyn dikwels in pare en stel 'n eenheid of aspekte van dieselfde
persoon voor en is dus spieëlbeelde van mekaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Die boemelaars in Afspraak met Godot is van mekaar afhanklik vir vertroosting,
ondersteuning en bowenal betekenis. Hulle het mekaar nodig om te voorkom dat hulle
eensame en betekenislose lewens lei. Hulle voel genoodsaak om mekaar te verlaat
maar ook terselfdertyd om bymekaar te bly. Hulle oorweeg dit om van mekaar af weg
te gaan, maar doen dit nooit nie en hulle onvermoë om mekaar te verlaat is nog 'n
aanduiding van die onsekerheid en frustrasie wat hulle voel terwyl hulle op 'n
verduideliking vir hulle bestaan wag.
• As 'n gehoor kan ons net toekyk terwyl hulle dieselfde dinge doen en luister terwyl
hulle dieselfde dinge sê en die feit aanvaar dat Godot dalk sal kom, of dalk nie.
• Soos hulle is ons vasgevang in 'n wêreld waar ons aksies ons oorlewing bepaal.
Taal en dialoog
• 'n Ander belangrike idee was dat mense nie bevoegde kommunikeerders is nie en
doelbewus met mekaar skoor soek deur hulle dialoog om sodoende betekenis aan 'n
betekenislose wêreld te gee.
• Taal dien dus as 'n versperring teen kommunikasie, wat die individu dan verder isoleer
en spraak selfs meer nutteloos maak.
• Beckett bevraagteken die waarde van taal en glo dat taal die vermoë om te
kommunikeer, verloor het.
• Ionesco wys dat pogings tot kommunikasie dikwels van clichés na betekenislose
lettergrepe 'disintegreer'.
• In ooreenkoms met die eksistensialistiese idee dat mense geïsoleerd voel in 'n wrede
wêreld, fokus Absurde dramaturge dikwels op die onvermoë van taal om die gaping
tussen die karakters te oorbrug.
• Taal is onpersoonlik, outomaties en betekenisloos. Kommunikasie tussen karakters
kan min wees, of karakters kan oor mekaar praat sonder om mekaar regtig te
beïnvloed. Taal se funksie is dan om die onverwagte, die bisarre en die absurde voor
te stel.
• Die volgende is voorbeelde van hoe taal in Absurde toneelstukke gebruik kan word:
• Stilte is net so doeltreffend as kommunikasiemiddel as wat die gesproke woord is,
byvoorbeeld in Afspraak met Godot waar daar lang pouses en stiltes is waarin niks
gebeur nie.
• Daar is betekenislose gesprekke en oppervlakkige kommentaar 'uit gewoonte' wat
karakters dikwels uiter. Taal kan beskou word as 'n blote ontsnapping uit die
verveligheid van die lewe of omdat die stilte onuithoudbaar word.
• Nuwe woorde word geskep om mense se pogings om met mekaar te kommunikeer,
uit te beeld. Maar die poging slaag nooit nie.
• Banale alledaagse gesprekke word vermeng met literêre taal, dubbele betekenisse,
clichés, sleng en herhalings saam met poëtiese taal.
• 'n Herhalende dialoogstyl word gebruik om die sikliese aard van die lewe te beklemtoon.
Temas wat algemeen in Teater van die Absurde-toneeltekste voorkom, ontbloot:
• Die ervaring van tydelikheid en verganklikheid (tyd)
• Die gevoel van die tragiese gesukkel om van mens se eie self bewus te word in die
genadelose proses van vernuwing en vernietiging wat met verloop van tyd plaasvind
(tyd).
• Die moeilike kommunikasie tussen mense (taal)
• Die nimmereindigende soeke na realiteit in 'n wêreld waarin alles onseker is en die
grense tussen drome en wakker wees heeltyd skuif.
• Die tragiese aard van alle liefdesverhoudings en die selfmisleiding van vriendskap.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Die mens se angs voor totale betekenisloosheid en totale vormloosheid van die
heelal en al die gebeure waaruit dit bestaan.
• Die mens is alleen, verlore in 'n wêreld waarin God hom verlaat het.
• Wetenskap en rede is net illusies, die natuur het wraak geneem.
POSTMODERNISME
• Dit is nie 'n genre wat op 'n sekere tydstip begin het nie
• Dit is 'n beweging wat in die middel-1980's ontstaan het.
• Ontwikkel uit die Absurde oogpunt.
• Verwerp die sekerheid van die Moderne Era.
• Bevat geen Groot Narratief of enkele waarheid waardeur die wêreld beskou kan word
nie.
• Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is.
• 'Vernietig' die 'waarheid'.
• Verwelkom veelvuldige oogpunte, perspektiewe, realiteite
• Sluit in: Kuns, teater, argitektuur, musiek, films, literatuur, mode, TV en ander vorms
van uitdrukking
• Leen uit 'n reeks verskillende style
• Verwerp die idee van 'Hoë Kuns' en 'Lae Kuns'
• Verwelkom Avant Garde-(toekomsgerigte denke/aktivistiese) eksperimentele teater
• Skryf nie 'n 'suiwerheid' in kuns voor nie
• Is teen Hoë Kuns gekant
• Bevat nie 'n vaste manier om kuns te skep nie
• Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie
• Beweer dat kultuur aan elke persoon behoort
• Dekonstrueer ('n manier om idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe,
onderbreekte en deurmekaar manier aangemekaar te las) idees, beelde en
konstrukte/konsepte
• Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte
• Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie
• Beweer dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep
• Weerspieël en vier die mal en chaotiese leefwyse in 'n Populêre kultuur.
• Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë
• Sien ironie en humor
• Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word
• Gebruik pastiche:
o Tegniek in Visuele Kuns waar verskillende beelde, mediavorms ens.
saamgeflans word om een stuk te vorm
o Verwysings en lae verskillende tekste en beelde
• Metateater/-teks:
o Herinner die kyker daaraan dat hulle in die teater is
o Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kommunikeer
o Dit is die kunswerk wat oor homself besin
• Stories/Verhale is:
o Nielineêr in hulle konstruksie
o Refleksief
o Op die periferie, selfs onbelangrik
o Teorieë of idees
o Gebroke
o Oorvleuel met baie standpunte en kontrasterende stemme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Opvoerings is:
o Die hooffokus
o Die hoofproses
o Nie as 'n teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia bestaan
o Het geen skuldige party nie – niemand is skuldig nie
• Repetisieprosesse is:
o Geïmproviseer
o Verander
o Hersien
o Op datum gebring
o Verander deur herhaalde opvoering
• Die gehoor:
o Is baie belangrik
o Speel 'n rol
o Word dikwels by die dialoog betrek
• Toneeltekste:
• Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie
• Maak die teks net die beginpunt
• Het onbeantwoorde vrae
• Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.)
• Kyk na temas of teatertegnieke/-middele
• Laat die toneelstuk se einde oop
• Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep
• Vra meer vrae as wat dit beantwoord
• Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies
• Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie
• Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die struktuur van die gedekonstrueerde of
gefragmenteerde storie of intrige te eggo
• Het nie noodwendig werklike mense nie
• Karakters en mense is bloot 'n voorstelling van gefragmenteerde idees
• Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik
soos wat die toneelstuk ontwikkel
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
2.1 • Fisiese beweging
• Soepelheid en uitdrukkingsvermoë
• Vermoë om te dans
• Vermoë om sinvol as 'n paar te werk
• Improvisasievaardighede
• Toneelspelvaardighede
• Vermoë om baie rolle te speel
• Skep saam visuele beelde
• Verbeelding om die wêreld van die toneelstuk op 'n amper leë verhoog te
skep
• Skerp denke en liggaam om dit te kan doen
• Fokus en konsentrasie
Aanvaar enige VIER toepaslike vaardighede. (4)
2.2 • Die akteur moet die bron van sy/haar kreatiwiteit gebruik om die
toneelstuk se verskillende karakters te kan speel. Om byvoorbeeld van die
karakter Baas Kom, wat outoritêr is, na Bobbejaan, wat onderdanig is, te
verander, wat vokale verskeidenheid vereis.
• Vind 'n eerlike vokale vertolking deur die gebruik van pouses, tempo en
klem.
• Beeld 'n verskeidenheid karakters uit met verskille in ouderdom, geslag,
aksent en emosionele toestand.
Aanvaar enige twee stellings wat 'n begrip van die vokale eise op 'n akteur
demonstreer, of vier eenvoudige stellings. (4)
2.3 • Beskryf 'n improvisasie-oefening wat die akteurs met karakterisering kan
help.
• Motiveer die gebruik van die oefening om met karakterisering te help. (4)
2.4 • Lokaal/Plek: Kies enige gepaste lokaal/plek by die skool
• Kostuums: sweetpakbroeke met kaal bolywe/nar-neuse
• Stel: 2 teekratte/bokse en 'n klererak met 'n oorjas vir Baas Kom en 'n
stuk lap wat gebruik kan word as 'n sjaal vir Aunty Dudu en die
haarkapper/barbier-winkeltoneel.
1ste opsie: Kandidate moet na al DRIE punte verwys en motiveer. (3 x 2)
2de opsie: Kandidate kan een OF twee punte verwys – dieper kritiese denke
moet weerspieel word met detaileerde logiese afleidings en verwysings.
(2 x 3)
Sien as 'n geheel na.
Aanvaar enige ander geldige antwoorde. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
2.5 • Sien die antwoord as 'n geheel na.
• Gee 'n algehele punt vir 'n antwoord wat goed geïntegreer is en kennis,
begrip en die toepassing van Gestroopte Teater-tegnieke weerspieël.
• Gebruik die rubriek op die volgende bladsy om die nasienwerk te lei.
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Uitstekend 7–8 • Toon uitstekende begrip van Gestroopte Teater-tegnieke en daar is goeie
bewyse van die vermoë om dit op 'n produksie toe te pas ten opsigte van
die stel, verhoogplasing, toneelspel en die akteur-gehoor-verhouding
• Verskaf goed gemotiveerde stellings
• Gebruik relevante voorbeelde uit die toneelstuk om dit te ondersteun
• Stel was gestroop, kan in enige lokaal opgevoer word, minimale rekwisiete
word benodig omdat een rekwisiet multifunksioneel is. Akteurs gebruik
liggaam en stem effektief om klanke te skep, sodat daar geen behoefte
aan ingewikkelde klank- en beligtingseffekte is nie
Goed 5–6 • Toon goeie begrip van die gebruik van Gestroopte Teater-tegnieke ten
opsigte van stel, verhoogplasing, toneelspel en akteur-gehoor-verhouding
• Pas tegnieke van Gestroopte Tater en die produksie toe
Gemiddeld 3–4 • Toon basiese begrip van Gestroopte Teater-tegnieke
• Maak min melding van toepassing van tegnieke van Gestroopte Teater in
die produksie ten opsigte van die stel, verhoogplasing, toneelspel en
akteur-gehoor-verhouding
Nie behaal nie 0–2 • Toon 'n gebrek aan begrip van Gestroopte Teater-tegnieke
• Maak breë stellings, waarvan baie glad nie met die vraag verband hou nie.
• Skryf min of niks nie (8)
2.6 Gee punte vir enige vier geldige idees vir die advertering van die toneelstuk,
bv.:
• Facebook
• Instagram
• Koerante
• Plakkate
• Mondelings
• Aankondiging/Opvoering van 'n toneel tydens saalbyeenkoms
• Gemeenskapsradiostasie
• Radio
• TV
• Strooibiljette
• WhatsApp
• Twitter
• Snapchat
Aanvaar enige VIER kreatiewe keuses wat innovering en 'n begrip van die
advertering van 'n toneelstuk binne 'n skoolkonteks demonstreer. (4)
2.7 Gee punte vir goed gemotiveerde antwoorde wat kritiese denke en kennis van
gehore in Suid-Afrika demonstreer. Aanvaar enige standpunt – beide dat dit
relevant is of dat dit nie vir hedendaagse gehore relevant is nie.
Gebruik die volgende voorgestelde punte en rubriek om met die nasienwerk te
help.
Die toneelstuk net so relevant vir hedendaagse gehore as wat dit was toe dit die
eerste keer opgevoer is. Alhoewel alle diskriminerende wette afgeskaf is en ons 'n
uitstekende konstitusie het, bly armoede en werkstoestande vir baie werkers
onveranderd en ons polisie is steeds skuldig aan brutaliteit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Armoede
Baie mense bly steeds is uiterste armoede en in 2015 is daar steeds mense wat
nie toegang tot water, behuising en sanitasiegeriewe het nie. Dit het in baie
gebiede tot diensleweringsproteste gelei en het ook al tot xenofobiese aanvalle
gelei, omdat mense gedwing word om skaars hulpbronne te deel. Ongelukkig
wend baie mense hulle tot geweld om hul woede te uit te druk, soos gesien kan
word in vandalisme, plundery en selfs moord op onskuldige mense.
Polisiëring
Daar is steeds 'n wantroue in die polisie met baie gemeenskappe wat die polisie
openlik verontagsaam. Korrupsie in die polisiemag dra by tot mense se vrees en
agterdog. In baie gevalle gebruik die polisie onnodige krag en brutaliteit, wat tot
die dood van burgerlikes lei – bv. Marikana-slagting.
Werkstoestande
Baie mense word geforseer om vir min geld te werk as gevolg van 'n gebrek aan
vaardighede en onderrig. Alhoewel om werkersunies namens werkers baklei en
die basiese diensvoorwaardes verbeter het, sukkel baie nog as gevolg van die
skaarste van werk.
Verwys na die rubriek hieronder wanneer nagesien word:
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Uitstekend 9–10 • Toon uitstekende begrip van die toepaslikheid van die
toneelstuk vir hedendaagse Suid-Afrikaanse gehore
• Dui aan hoe die toneel te alle tye op ons almal van toepassing
is
• Verstaan die toepaslikheid van die toneelstuk se temas,
boodskappe en opvoerstyl
• Gee argumente vir die toneelstuk se verlies van toepaslikheid
• Bied uitstekende redenering en verduidelik maniere waarop dit
tot die gehoor se voordeel kan wees om na 'n opvoering te
kyk, beide teatraal en sosiopolities
• Skryf 'n goed geïntegreerde antwoord met duidelike redenering
en inligting oor die toneelstuk self
• Ondersteun sy/haar antwoord
• Verbind die sosiopolitieke omgewing van die toneelstuk
• Gebruik toepaslike voorbeelde uit die toneelstuk
Baie goed 7–8 • Toon 'n goeie begrip van die toneelstuk en die temas,
boodskappe en opvoerstyl
• Gee redenasies en verduidelik sommige maniere waarop dit
tot die gehoor se voordeel sal wees/nie sal wees nie om na 'n
opvoering te kyk
• Ondersteun die antwoord deur voorbeelde uit die toneelstuk te
gebruik.
Gemiddeld 5–6 • Verstaan die toneelstuk, en toon, al is dit met foute, redelike
begrip van die temas, boodskappe en opvoerstyl
• Verwys soms na die toneelstuk en die toepaslikheid (of nie)
daarvan
• Motiveer nie die antwoord duidelik nie
Elementêr 3–4 • Toon 'n swak begrip van die toneelstuk
• Kan nie temas, boodskappe of style met die toneelstuk se
hedendaagse toepaslikheid verbind of motiveer nie.
• Maak breë stellings, waarvan baie nie duidelik met die vraag
verbind word nie
Nie behaal nie 0–2 • Geen begrip van die toneelstuk of sy temas, boodskappe en
opvoerstyl nie
• Maak soms onakkurate stellings oor die toneelstuk en gee min
of geen redenering oor die toneelstuk se hedendaagse
toepaslikheid nie
• Skryf min of niks nie (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
3.1 Mamariti:
• Is 'n sjebeeneienares en verhuur haar huis om haar inkomste uit die sjebeen
aan te vul
• Verteenwoordig huiseienaars wat hulle huurders uitbuit deur te veel vir die
leefruimte te vra, selfs wanneer huurders geforseer is om kamers te deel.
• Bedryf haar sjebeen onwettig, omdat sy sorghumbier verkoop en haar drank
moet wegsteek as die polisie opdaag
• Is 'n ma, nie net vir Lulu en Mingus nie, maar sy is ook 'n moederfiguur vir haar
huurders. Al die huurders noem haar Mama
• Is ongeletterd, maar wil hê dat haar dogter, Lulu, ten alle koste onderrig moet
word, selfs al voel Lulu dat die onderrig wat sy ontvang minderwaardig is
• Is die hoof van die huishouding en sy is in beheer van besluite wat in haar huis
geneem word
• Is 'n baie sterk vrou en verteenwoordig al die vroue wat hulle kinders en
huishoudings alleen moes ondersteun
• Bedryf die sjebeen ten spyte van konstante klopjagte deur die polisie, wat haar
taaiheid en vasberadenheid toon om 'n beter lewe vir haar kinders te skep
Aanvaar enige drie geldige en goed gemotiveerde stellings. (6)
3.2 Hierdie antwoord is gegrond op die regisseur se benadering en standpunt:
• Veranderinge in gedagtes en emosies word outentiek uitgebeeld deur die
akteurs se aksies en reaksies teenoor mekaar – deur die gebruik van
gesigsuitdrukking, gebare en vokale verskeidenheid (toon, tempo, volume
ens.)
• Die toneel is realisties en moet die illusie van 'n werklike gesprek weerspieël
• Die regisseur moet die akteurs se begrip van die denke en emosies fasiliteer
wat die karakters se verhouding op hierdie tydstip in die toneelstuk
weerspieël en outentieke reaksies by die akteurs opwek, bv. as Mamariti se
woede oor wit mense en Ruth se ongeduld met die verduideliking oor wat dit
beteken om Joods te wees.
• Die akteurs moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan dus
van die een opvoering tot die volgende verskil, maar dit moet altyd realisties
en waar wees.
• Stanislavski of enige ander teaterpraktisyn se metode kan verskaf word.
Sien as 'n geheel na. Aanvaar enige ander geldige antwoorde wat die vokale
en fisiese opvoering verbind met realisme en die regisseursproses wat die
opvoering onderskryf. Kandidate moet beide vokale en fisiese reaksies
bespreek om volpunte te verdien. (6)
3.3 Jakes is veeltalig, want:
• Dit is nodig vir oorlewing; Sophiatown is 'n multikulturele township.
• As 'n joernalis moes Jakes die verskillende tale ken om met die mense in
hulle eie taal te kan kommunikeer en hul vertroue te kan wen.
• Die plek is ook vol bendes uit verskillende kulturele agtergronde en hulle
het hulle eie taal – Tsotsitaal – ontwikkel, wat 'n vermenging van die
Afrikatale, Afrikaans en straatslêng is wat hulle gebruik om vir die polisie te
skuil. Jakes, as 'n skrywer, moes dit weet, omdat hy met mense van
verskillende bendes onderhoude gevoer het.
Aanvaar een goed gemotiveerde stelling. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
3.4 Sophiatown, die plek:
• Was lewendig en multikultureel
• Was die tuiste van mense uit verskillende kulturele agtergronde en verskeie
ouderdomsgroepe wat met mekaar oor die weg gekom het en wat gewillig
was om oor ander kulture as hul eie te leer
• Het mense gehad wat verdraagsaam teenoor mekaar was
• Demonstreer die verskillende rassegroepe wat in harmonie saamwoon: wit
Boheme, Indiese handelaars en Chinese, ensovoorts.
Sophiatown, die toneelstuk:
• Mamariti wil graag meer van Ruth weet. Sy vra Ruth was 'n 'Jewish' is.
• Die konsep van identiteit word uitgelig.
• Ruth, wat wit en Joods en aanvanklik 'n vreemdeling in Sophiatown is, leer
meer van die mense saam met wie sy bly. Sy leer byvoorbeeld Tsotsitaal.
Beide 'Softown' die plek en die toneelstuk weerspieël 'n 'splinternuwe
generasie' waar al die kulture ontmoet en mekaar leer ken in 'n andersins
verdeelde Suid-Afrika.
Aanvaar enige ander geldige en geskikte antwoorde. Kandidate kan na beide
die toneel in Bron A en na die toneelstuk as 'n geheel verwys.
Gee 3 punte vir plek en 3 punte vir toneelstuk. (6)
3.5 Voeg by:
• Die titel van die toneelstuk
• Lokaal
• Datums van opvoerings
• Die regisseur
• Name van akteurs
• Kontakpersoon vir besprekings
• Computicket
• Webtickets
Verwyder:
• Naam van tydskrif
• Spotprent
• Opskrifte wat op die voorblad geskryf is
• Prys
• Datum
Aanvaar enige VIER ander geskikte idees van kandidate. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
3.6 Gee punte vir goed gemotiveerde stellings wat 'n begrip van die styl en
modes van die 1950's demonstreer.
Mingus:
• Hou daarvan om netjies aan te trek
• Trek volgens die nuutste modeneigings van die 1950's aan
• Vind inspirasie in die Amerikaanse films waarna hy kyk
• Sien homself as een van die hoofsterre, soos Clark Gable, in die
Amerikaanse films.
Princess:
• Trek soos haar naam aan
• Hou daarvan om mooi aan te trek en om die nuutste modeneigings na te
volg
• Moet haar status as 'n Americans-bendelid se meisie behou
• Laat toe dat Mingus vir haar sorg en haar 'net die beste' geskenke gee,
bv. klere, parfuum en juwele
Aanvaar ander goed gemotiveerde antwoorde.
Gee 3 punte vir Mingus en 3 punte vir Princess. (6)
3.7 Aanvaar ander goed gemotiveerde stellings oor die uitwerking van
gedwonge verskuiwings op die mense van Sophiatown en hoe dit in die
toneelstuk weergegee word.
Die volgende is slegs 'n riglyn:
• Sophiatown die toneelteks is geskryf in die tydperk toe die
Nasionalistiese regering aan bewind was.
• Dit gee 'n oorsig oor die apartheidsregering se brutale beleide, houdings
en aksies teenoor mense wat nie wit is nie.
• Die apartheidsregering, en die mense wat die regering ondersteun het,
het Sophiatown en sy mense gehaat.
• Sophiatown was waar mense in aanvaarding saamgewoon het en hulle
verskillende rasse, godsdienste, kulture, ensovoorts gevier het.
• Die Nasionalistiese regering het geglo di is verkeerd en het bedreig
gevoel deur die vryheid van die inwoners van Sophiatown.
• Die regering het besluit dat Sophiatown vernietig moet word.
• Die Hervestigingsraad het opdrag gegee dat die grondeienaars van
Sophiatown hulle eiendomme moet verkoop.
• Die eienaars het geweier om dit te doen.
• In 1955 het die regering 'n datum vir uitsettings aangekondig
• Dit het die mense kwaad gemaak
• Hulle het op enkele plekke weerstand gebied
• Die regering het vier dae voor die datum wat hulle gegee het,
toegeslaan.
• Die karakter Fahfee sê: 'Four days earlier they came and we weren't
prepared. There were two thousand G-men lining the street'.
• Die regering wou brutaal wees en het besluit om die uitsettings vroeër as
die aangekondigde datum te begin.
• Die regering wou die mense skok sodat hulle hulle nie teen die uitsetting
sou verset nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Swaargewapende polisie en die regerings se slopingspanne het in
weerwraak en sonder waarskuwing in Sophiatown inbeweeg.
• Mense is deur gewapende polisie uit hulle huise gedwing.
• Stootskrapers het die huise begin sloop.
• Mense is nie kans gegun om hulle besittings op te pak nie.
• Hulle het nie tyd gehad om familie, bure en vriende te groet nie.
• Die skeppers gebruik die toneelteks Sophiatown om die pyn, lyding en
angs te deel wat die mense gevoel het.
• Die tegniek wat gebruik word, is om deur die karakters te praat.
Sommige voorbeelde is:
o Mamariti wat sê: “I'd rather die. Dump me anywhere, I'd rather
die.”
o Jakes wat sê: “This bitterness inside me wells up and chokes. We
lost, and Sophiatown is rubble.”
Gebruik die rubriek hieronder as riglyn wanneer nagesien word:
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Uitstekend 9–10 • Toon deeglike kennis van die geskiedenis van Sophiatown,
die toneelstuk en die plek
• Toon uitstekende kennis van die effekte van gedwonge
verskuiwings op die mense van Sophiatown die plek en in die
lewe van die toneelstuk, die intrige, karakters en aksie
• Skryf 'n goed geïntegreerde antwoord met duidelike
redenasies en inligting oor die toneelstuk
• Ondersteun die antwoord en bring die sosiopolitieke
omgewing van die toneel in verband deur sinvolle voorbeelde
uit die toneelstuk te gebruik
Goed 7–8 • Toon deeglike kennis van die geskiedenis van Sophiatown,
die toneelstuk en die plek
• Toon kennis van die rol van gedwonge verskuiwings op die
lewens van die mense van Sophiatown en die lewe van die
toneelstuk
• Skryf 'n duidelike antwoord en deeglike inligting oor die
toneelstuk self
• Ondersteun die antwoord
• Gebruik gepaste voorbeelde uit die toneelstuk
Gemiddeld 5–6 • Toon 'n mate van begrip vir die geskiedenis van Sophiatown
• Antwoord het heelwat foute
• Verwys na die toneelstuk en die toepaslikheid daarvan, of nie
• Motiveer nie die antwoorde duidelik nie
Elementêr 3–4 • Toon min begrip vir die toneelstuk
• Maak breë stellings, waarvan baie nie duidelik met die vraag
verband hou nie
Nie behaal 0–2 • Toon geen begrip van die toneelstuk nie
nie • Maak onakkurate stellings oor die toneelstuk en die plek
• Skryf min of niks nie
(10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
4.1 A is Jakes
B is Tiemie (2)
4.2 • Jakes en Tiemie is in 'n spanningsvolle, konflikgevulde, dominerende
verhouding
• Jakes staan dreigend oor Tiemie
• Jakes gryp Tiemie se hare en trek haar kop agteroor
• Tiemie kniel weerloos by Jakes se voete
• Dit dui aan dat Jakes 'n aggressiewe boelie is wat Tiemie wil beheer
• Jakes wil haar besit asof sy sy besitting is
• Jakes forseer selfs vir Tiemie om met hom te trou en sy kind te hê
Sien as 'n geheel na en gee punte vir enige goed gemotiveerde gedagtes
• (1 x 4) vir vier basiese, korrekte antwoorde, of
• (2 x 2) vir twee goed gemotiveerde punte (4)
4.3 Kandidate kan na die bron verwys of die teks as geheel.
Die realisme van die produksie word weergegee deur:
Kostuum:
• Die kostuums van die karakters is realisties in verhouding tot hulle
persoonlikhede
• Jakes dra 'n denimbroek en 'n T-hemp met afgesnyde mou en lyk soos 'n
motorfietsryer wat almal om hom intimideer en boelie
• Tiemie dra 'n eenvoudige, dog elegante rokkie en 'n serp
• Tiemie probeer haar omstandighede verbeter deur modieus en op 'n meer
gesofistikeerde manier aan te trek
• Tiemie wil respek by haar werksplek verdien
Stel:
• Die produksie gebruik ook 'n realistiese stel
• Venster en deure skep die agtergrond van 'n realistiese huis in die
suburbs
• 'n Stoel wat op die stoep staan, rek die illusie selfs verder
Kandidate kan verwys na enige ander aspek van realisme.
Sien as 'n geheel na. Gee punte vir goed gemotiveerde antwoorde wat beide
kostuum en stel insluit. (6)
4.4 Kandidate kan na die bron verwys of die teks as geheel.
Kandidate kan enige goed gemotiveerde klankeffekte voorstel, maar dit moet
realisties wees en by beide die omgewing en die intrige pas:
• Jakes se motorfiets dra by tot die realistiese effek van 'n tipiese
voorstedelike omgewing. Dit dra ook by tot die idee dat Jakes kras,
intimiderend en 'n boelie is
• 'n Radio wat in die agtergrond speel skep die gevoel van 'n tipiese
huishouding in die subsurbs met musiek en kommentaar wat 'n
aanduiding is van die omgewing en van die tyd, plek en luim van die
wêreld daarbuite op hierdie klimakspunt in die toneelstuk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Rasende enjins en ander meganiese klanke terwyl Tjokkie aan sy motor
werk ondersteun die opbou van dramatiese spanning in die toneel
• Deure en hekke wat oop- en toemaak dui die kom en gaan van die mense,
beide in die huis en die res van die 'suburb', aan en skep 'n groter wêreld
• 'n Verskeidenheid ander tipies voorstedelike klanke: honde wat blaf,
kinders wat speel, mense wat skree, ens. dra by tot die realistiese aard
van die toneelstuk
Aanvaar drie goed gemotiveerde punte. (6)
4.5.1 • Tjokkie voel dat Tiemie haar geleentheid om uit die kloue van 'n lewe in
die suburbs vermors het deur met Jakes se kind swanger te raak
• Sy sal nou met Jakes moet trou en geforseer word om soos Ma te word en
in die suburbs vasgevang te wees (2)
4.5.2 • Tjokkie dink Tiemie is beide mooi en intelligent
• Sy het al die nodige eienskappe om uit die suburbs te ontsnap waarin die
res van hulle vasgevang is (2)
4.6 Hierdie antwoord is gegrond op die regisseur se benadering en standpunt:
• Veranderinge in denke en emosies word effektief en eerlik deur die
akteurs se aksies en reaksies op mekaar weerspieël, beide:
• fisies (gesigsuitdrukking, gebare en beweging)
• vokale (toon, tempo, volume ens.) verskeidenheid.
• Die toneel is realisties en moet die illusie van 'n werklike gesprek
weerspieël
• Die regisseur moet die akteur se begrip van die denke en emosies
fasiliteer wat in die akteurs se outentieke vokale en fisiese reaksies
weerspieël word
• Die akteur moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan dus
van een opvoering tot die volgende verskil, maar dit moet altyd realisties
en waar wees
• Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word.
o Magiese 'as'
o Sirkels van aandag
o Emosionele geheue, ens.
Sien as 'n geheel na. Aanvaar enige ander geldige antwoord wat die vokale
en fisiese opvoering verbind met realisme en die regisseursprosesse waarop
die opvoering gegrond is. Kandidate moet beide vokale en fisiese reaksies
bespreek om volpunte te kan verdien. (6)
4.7 • Die herhaling beklemtoon Tiemie se begeerte om raakgesien te word en vir
haar identiteit om erken te word
• Dit ondersteun haar siening dat mense in die suburbs nie erkenning vir
hulle bestaan ontvang nie (2)
4.8 Gebruik die volgende voorgestelde punte en rubriek om met die nasienwerk
te help.
• Tiemie
• Het by Jakes geslaap voordat sy met hom getroud was
• Is in 'n romantiese verhouding, selfs al is sy nie lief vir hom nie
• se Calvinistiese en Christelike geloofstelsel vereis dat 'n paartjie slegs
gemeenskap mag hê nadat hulle getroud is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Ma
• se Calvinistiese en Christelike geloofstelsel stipuleer dat 'n ma nie 'n
ongebore kind mag aborteer nie
• Ma het probeer om 'n swangerskap met 'n aborsie te beëindig.
• Leef 'in sonde' saam met Giel
• Het 'n fisiese verhouding met hom, sonder dat sy van haar vorige man
geskei is en sonder om met Giel getroud te wees
• Trek 'n 'weduweepensioen', maar sy is nie seker dat haar vorige man
werklik dood is nie
• Jakes
• Slaap by Tiemie, en probeer haar selfs swanger maak voordat hy
bereid is om met haar te trou
• Mishandel Tiemie mondelings, fisies en emosioneel terwyl hy
veronderstel is om haar te eer en te respekteer
• Hy mishandel haar so erg dat hy vir haar dood verantwoordelik is.
• Tjokkie
• Pleeg selfmoord aan die einde van die toneelstuk
• Dit kan beskou word as morele agteruitgang in 'n Calvinistiese
samelewing, wat streng Christelike reëls toepas. Niemand mag
selfmoord pleeg nie; dit word as sonde beskou
• Giel
• Dobbel op perde
• Hy het nie self vaste werk nie en leef van Ma se weduweepensioen
• Verlaat Ma eerder as om haar te ondersteun wanneer Tiemie deur
Jakes vermoor word en Tjokkie selfmoord pleeg
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Uitstekend 9–10 • Toon uitstekende begrip van die toneelstuk en die sosio-
ekonomiese omgewing en konteks van Siener in die
Suburbs
• Gee uitstekende motivering vir die antwoord en verbind die
sosio-ekonomiese omgewing van die toneelstuk met die
karakters en die morele agteruitgang van die gesin as
eenheid
• Gebruik toepaslike voorbeelde uit die toneelteks
• Verwys na die aanhaling, toneelteks en die temas
Goed 7–8 • Toon goeie begrip van die toneelstuk en die sosio-
ekonomiese omgewing en konteks van Siener in die
Suburbs
• Gee doeltreffende motivering vir die antwoord en verbind
die sosio-ekonomiese omgewing van die toneelstuk met
die karakters en die morele agteruitgang van die gesin as
eenheid
• Gebruik sommige voorbeelde uit die toneelteks
• Verwys na die aanhaling, toneelteks en die temas
Gemiddeld 5–6 • Toon gemiddelde begrip van die toneelstuk en die sosio-
ekonomiese omgewing en konteks van Siener in die
Suburbs
• Verduidelik die omgewing van die toneelstuk en verwys na
die karakters maar verbind nie altyd die aanhaling,
toneelteks en tema nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Elementêr 3–4 • Toon beperkte begrip van die toneelstuk
• Noem die karakters maar maak breë stellings oor die
toneelteks
Nie behaal nie 0–2 • Toon min begrip van die toneelstuk
• Noem slegs een of twee karakters, maar dikwels niks meer
nie
• Verbind nie die antwoord met die aanhaling of tema nie
(10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR
Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
5.1.1 • Die toneelstuk speel in die jaar 2000 af
• Die plek is Madalastraat 46/New Brighton/Port Elizabeth (2)
5.1.2 Opsomming:
• Die Makhaya-familie (Sipho Makhaya, Thando (Sipho se dogter) en
Mandisa (die dogter van die oorlede Themba)) kom in New Brighton, Port
Elizabeth, bymekaar vir die begrafnis van Sipho se broer, Themba, 'n
politieke banneling wat in Londen oorlede is
• Mandisa kon vir die eerste keer in haar lewe by haar familietuiste aan.
• Soos die storie ontwikkel, leer ons dat Sipho van 'n jong ouderdom af
verbitter en seergemaak voel dat soveel van hom af weggeneem is (bv. sy
draadbussie, sy baadjie, sy opvoeding, sy werksgeleenthede, sy vrou)
• Die finale verloëning was toe Themba 'n affair met sy vrou gehad het
• Die intrige onwikkel soos wat Sipho geheime en waarhede oor die verlede
aan Thando en Mandisa onthul
• Hy maak uiteindelik vrede met Themba en die onregte uit sy verlede en
kan aanbeweeg
Aanvaar ander inligting wat 'n duidelike begrip van die intrige van die
toneelstuk toon. (4)
5.1.3 'n Voorbeeld van 'n regisseursnota:
Die titel Nothing But the Truth is betekenisvol omdat dit die sentrale tema van
waarheid omvat en die gehoor verwys na die konnotasie van 'n hof, waar
mens belowe om die waarheid te praat ('the truth, the whole truth and nothing
but the truth') wanneer Sipho gekonfronteer word deur vrae wat beantwoord
moet word. Die titel lei die gehoor ook na die belangrikheid van die Waarheid-
en Versoeningskommissie binne die sosiopolitieke agtergrond van die
toneelstuk.
Aanvaar enige goed deurdagte, gepaste antwoorde. (4)
5.2 Die volgende is voorbeelde:
• Aanhaling van John Kani
• 'n Advertensie van 'n borg
• Foto's van die akteurs
• 'n Kort beskrywing van akteurs se loopbane
• Inligting oor die tegniese span
• Erkennings
• Advertensies van toekomstige produksies
• Foto's van die produksie
• 'n Interessante voorblad
Kandidate hoef net een item te noem. (2)
Aanvaar ander geldige antwoorde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
5.3 'n Subjektiewe antwoord word vereis. Aanvaar ander geldige, toepaslike en
goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die foto beeld die klimaks van die toneelstuk uit waar Sipho die waarheid
verklap oor al die geheime wat hy gehou het. Dit is 'n belangrike oomblik in
die toneelstuk. Die foto self is baie dramaties/emosiebelaai en sal die aandag
van gehoorlede wat na hierdie opvoering kom kyk, aangryp. Dit sal hulle eie
emosies aanvuur en spanningsvolle afwagting skep van die onthullings wat
gaan volg.
Sien as 'n geheel na. Volpunte moet gegee word vir enige ander geldige,
gepaste en goed gemotiveerde antwoorde. (4)
5.4 Hierdie antwoord is gegrond op die regisseur se benadering en standpunt:
• Veranderinge in denke en emosies word eerlik weerspieël deur die
akteurs se aksies en reaksies op mekaar
• Die toneel is realisties en moet die illusie van die konflik in hierdie toneel
weerspieël
• Die regisseur moet die akteurs se begrip van die karakters se denke en
emosies fasiliteer. Sipho is baie kwaad en emosioneel op hierdie tydstip
en dit moet in sy volume, toon en gesigsuitdrukking weergegee word.
• Fisies – Sipho is in 'n posisie van mag en dominering terwyl hy praat
• Die akteur se vokale en fisiese reaksies kan van een opvoering tot die
volgende verskil, maar dit moet altyd realisties en waar wees
• Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word.
• Aanvaar kandidate se antwoord wat veranderinge in tempo, volume,
infleksie, gesigsuitdrukking en gebare bespreek
Sien as 'n geheel na. Aanvaar ander geldige antwoorde wat die vokale en
fisiese opvoering verbind met realisme en die regisseursprosesse waarop die
opvoering gegrond is. Kandidate moet beide vokale en fisiese aspekte
bespreek om volpunte te verdien. (6)
5.5 Kostuums:
• Die karakter se kostuums is gemaklik en gepas om by die huis te dra.
• Sipho se das is losgemaak en sy deurmekaar voorkoms dra by tot die
illusie dat hy by Sky se sjebeen gedrink het, omdat hy gewoonlik 'n
netjiese, konserwatiewe man is
• Mandisa dra gemaklike klere met kaal arms, wat 'n gebrek aan respek vir
die oorlede Themba toon
Aanvaar ander antwoorde indien die kandidaat die vroulike karakter as
Thando OF Mandisa identifiseer en die antwoord goed gemotiveer is.
Stel:
• Die foto stel die leefarea en tuiste van Sipho en Thando voor
• Die kralegordyn is duidelik sigbaar en stel 'n ingang na 'n slaapkamer
voor, wat 'n illusie van die werklikheid skep en 'n Afrika-gevoel aan die
kamer gee
• Dit is 'n gemaklike, versorgde ruimte, aangedui deur die beblomde
kussings op die stoel, die tafel, die prente op die muur en enige ander
spesifieke besonderhede
• Die besonderhede van die stel dra by tot die illusie van die werklikheid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Liggaamsposisies:
• Sipho en Mandisa druk woede, ontsteltenis en seer uit deur hul
liggaamsposisies
• Sipho is in 'n posisie van mag en dominering terwyl hy praat
• Mandisa klou aan die urn vas met 'n verdedigende gebaar
• Gesigsuitdrukkings weerspieël eerlike en outentieke emosies
Al hierdie faktore dra tot die realistiese effek by.
Kandidate moet spesifiek na die beeld in Bron A verwys.
Sien as 'n geheel na. Aanvaar ander geldige, goed gemotiveerde antwoorde. (6)
5.6 Gebruik die volgende voorgestelde punte en rubriek om die nasienwerk te lei.
Die gedig weerspieël die temas van waarheid, vergifnis en versoening.
Die kandidaat moet die aspekte van waarheid ontleed wat in die gedig
genoem word, soos dat die waarheid:
• Nooit maklik is nie (bv. WVK is 'n moeilike proses)
• Seer is (bv. Sipho en Mandisa se pyn)
• Nooit eenvoudig is nie (bv. vrae oor vaderskap)
• Nie altyd geregverdig kan word nie (WVK-sake, Sipho se woede)
• Nie al die antwoorde gee nie (bv. al die geheime)
• Nie altyd die skuld wegvat nie (Themba se skuld aan die affair)
Verbind die aspekte hierbo met:
• Sipho, die familie, die WVK en enige ander aspekte van die toneelstuk.
• Die ingewikkeldheid van vryheid as 'n tema in die toneelstuk kan verbind
word met die tema van waarheid as 'n gevolg van die onthulling van die
waarheid.
• Die vryheid van die Nuwe Suid-Afrikaanse konteks kan bespreek word.
• Die idees van vergifnis en versoening (persoonlik, sosiaal, polities) kan
ook genoem word as 'n integrale deel van die prosesse van vergifnis as 'n
manier om vryheid te vind:
• Persoonlik: (bv. Sipho), binne die familie (enige verhoudings kan hier
genoem word)
• Binne die gemeenskap: Die WVK, SA-politiek, die skade wat apartheid
aangerig het en universele konsepte van amnestie kan genoem word.
• Die vryheid wat persoonlik, sosiopolities, in die nuwe demokratiese
Suid-Afrika en universeel in die menslike toestand gevind word.
• Die gedig kan ook verwys na die karakters en situasies in Nothing But the
Truth, byvoorbeeld:
• 'can't erase the past' (bv. Themba se aksies, apartheid)
• 'or bring a loved one back' (bv. Luvuyo/Themba/Sindiswa)
• 'doesn't make all that is wrong right' (bv. WVK)
• 'presents the opportunity to ...' (bv. Sipho se keuses aan die einde van
die toneelstuk)
• 'a chance to make a reality known', 'to no longer possess a dark secret'
(bv. Sipho se onthulling van die geheime)
• 'To put one's heart to rest, for one alone', ' to set you free' (bv. Sipho se
katarsis wanneer hy die waarheid konfronteer en die vergifnis).
Daar kan verwys word na Sipho, die familie, Suid-Afrika en enige toepaslike
universele kwessies.
Sien as 'n geheel na. Gee erkenning aan ander toepaslike en geldige idees,
inligting en opinies oor die gedig, die temas en die toneelstuk as 'n geheel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Uitstekend 11-12 Toon uitstekende begrip van die temas van waarheid, versoening en
vergifnis in die toneelstuk en in die gedig
Skryf 'n goed geïntegreerde bespreking oor die betekenis van beide
die temas in die toneelstuk en Kani se keuse om die gedig as 'n
emotiewe fokuspunt by die program in te sluit
Raak betrokke by die kompleksiteit van die vraag
Toon insig in sy/haar antwoord
Verwys na die temas van waarheid, versoening en vergifnis in
besonderhede
Gee gepaste voorbeelde uit die toneelstuk en verwys na die gedig,
waar moontlik
Baie goed 9-10 Toon baie goeie begrip van die toneelstuk en die temas van
waarheid, versoening en vergifnis en kan ook die gedig in sy/haar
antwoord noem
Druk duidelike, gedetailleerde kennis van die toneelstuk uit
Verwys na die temas van waarheid, versoening en vergifnis in
besonderhede
Gee gepaste voorbeelde uit die toneelstuk en verwys na die gedig
Goed 7-8 Toon begrip van die temas van waarheid, versoening en vergifnis
Verwys na die temas in die toneelstuk, maar doen nie veel meer nie
en sal waarskynlik nie in sy/haar antwoord na die gedig verwys nie
Gemiddeld 5-6 Noem slegs een tema op 'n eenvoudige manier
Verwys kortliks na die toneelteks of gedig, maar slegs oppervlakkig
Elementêr 3-4 Toon swak kennis van die toneelstuk
Verwys nie na die gedig nie
Toon geen werklike insig in die vraag nie
Skryf baie min
Nie behaal 0-2 Toon min of geen kennis van die toneelstuk nie
nie Skryf min of niks nie
(12)
[40]
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
6.1 Hierdie antwoord is gegrond op die regisseur se benadering en standpunt:
• Veranderinge in denke en emosies word eerlik weerspieël deur die akteurs se
aksies en reaksies teenoor mekaar
• Die toneel is realisties en moet die illusie van 'n werklike gesprek weerspieël.
• Die regisseur moet die akteurs se begrip van die gedagtes en emosies
fasiliteer wat die karakters se verhouding op hierdie tydstip in die toneelstuk
weerspieël en outentieke reaksies van die akteurs ontlok deur gebruik van
vokale verskeidenheid, gesigsuitdrukkings, gebare en beweging
• Fisies – Die akteur moet begryp dat Johan baie aggressief is. Sy
liggaamstaal, beweging en gebare moet aggressie en intimidasie voorstel
• Vokale veranderinge moet veranderinge in gedagtes en emosies weerspieël.
• Die akteur moet kennis neem dat Johan gepaste volume, tempo, toon gebruik
om sy woede en aggressie uit te beeld
• Die akteurs moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan dus
van een opvoering tot 'n volgende verskil, maar sal altyd realisties en waar
wees
• Stanislavski se metode kan ook by die antwoord ingesluit word
Sien as 'n geheel na. Aanvaar ander geldige antwoorde wat die vokale en fisiese
opvoering verbind met realisme en die regisseursprosesse waarop die opvoering
gegrond is. Kandidate moet beide vokaal en fisies bespreek om volpunte te
behaal. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
6.2 • Johan en Thami bevind hulleself in hierdie gemeenskaplike post-
apartheidsruimte na hul vroeëre lewens in Suid-Afrika onder apartheid.
Thami:
• Kom uit 'n voorheen benadeelde gemeenskap
• Thami se vrou by die huis wag op sy finansiële ondersteuning
Johan:
• Was 'n polisieman in Apartheid Suid-Afrika
• Het 'n onduidelike en misterieuse verlede
• Kom uit 'n meer bevoorregte agtergrond as Thami
• Is 'n buitestaander in sy eie gemeenskap
Die kandidaat moet 'n eenvoudige beskrywing van elkeen se agtergrond gee,
bv. Thami as 'n tuinier en Johan as 'n oud-polisieman is aanvaarbaar. Die
kandidaat moet egter ook verduidelik hoe hierdie agtergronde onversoenbaar
is om volpunte te kan behaal.
Aanvaar ander geldige beskrywings van hulle agtergronde. Sien as 'n geheel
na. (4)
6.3 Johan:
• Hy is 'n kwaai, aggressiewe en ietwat dreigende man in sy middel 30's
• Hy is haastig om geld te maak en sy lewe in die toekoms te verander
• Hy het geen verlede om na terug te keer nie
• Hy het groot planne vir sy toekoms met diamantkonsessies
• Sy doelwit is om 'n nuwe lewe te begin
• Hy wil Smith oortuig om in sy diamantmynskema te belê
Thami:
• Het 'n gesin wat vir hom by die huis wag
• Is desperaat om sy gesin finansieel te kan ondersteun
• Spanning veroorsaak dat hy inligting van sy gesin weerhou wanneer
die konsessie misluk
• Is 'n verantwoordelike karakter wat sy kommer oor Johan se
ondeurdagte gedrag uitspreek.
• Mik vir 'n beter lewe deur 'n diamantkonsessie te koop
• Vorm 'n band met Johan omdat hulle 'n gemeenskaplike droom het om
'n diamantkonsessie saam te koop
• Skep die 'perfekte vennootskap' omdat hy saam met Johan planne
beraam
• Hy het egter geen plan om Johan by sy toekoms in te sluit nadat hy
geld uit die konsessie gemaak het nie. (Thami hoop om 'n plaas te
besit en 'n toekoms saam met sy vrou te bou.)
• Skep dramatiese spanning omdat hy sy droom privaat en geheim hou.
• Brief aan sy vrou, waarin hy sy planne deel, onthul die geheim aan die
gehoor
Aanvaar ander geldige ontleding van karakter. Gee punte vir verwysings na
die toneelteks. Sien as 'n geheel na en gee erkenning aan enige geldige
idees. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
6.4 Die toneelstuk is 'n sielkundige riller:
• Karakter en aksie is geïntegreer
• Die realistiese genre ondersteun die aksie. Die geluid van die
mishoring en klankeffekte van die storm buite skep 'n onheilspellende
en dreigende agtergrond vir die aksie
• Omgewing: nag, mis, wind – onheilspellend
• Inligting wat weerhou word, dra by tot die misterie van intrige/karakter.
• Waar kom Johan vandaan wanneer hy in die verhoogruimte en die
aksie van die toneelstuk verskyn? Onbeantwoorde vraag
• Wat wil Johan bereik deur Smith met 'n mes te dreig? Hom
doodmaak? Onbeantwoorde vraag
• Menslike interaksie, veral die onverklaarde of skynbaar
ongemotiveerde aksies (byvoorbeeld Johan wat vir Smith met 'n mes
dreig) dra by tot die toneelstuk as sielkundige riller
• Die sielkunde van die dreigemente is opwindend vir die gehoor en
skep die spanningsvolle dramatiese spanning wat benodig word vir 'n
sielkundige riller
• Karakter en situasie dra by tot die spanning
• Karakters is sielkundig realisties
• Voorbeelde uit die toneelstuk en opvoering sal 'n deeglike antwoord en
ontleding van die spanning ondersteun
Daar moet erkenning gegee word aan enige poging om 'n sielkundige riller te
definieer. Die bogenoemde dien slegs as 'n riglyn. Sien as 'n geheel na en
gee punte vir ander geldige, kreatiewe en goed gemotiveerde idees. (8)
6.5 Daar moet vir enige twee, geldige, goed gemotiveerde redes punte gegee
word, bv.:
• Die toneelstuk handel oor gewone mense
• Temas is universeel
• Realisme maak karakters en situasies geloofwaardig
• Belangstelling in die geskiedenis van ons land (4)
6.6 Gebruik die voorgestelde punte en rubriek om nasienwerk te lei.
• Die kandidaat moet die stelling dat Groundswell 'n toneelstuk oor
'smagting en hoop en die blink beloftes van 'n veranderende samelewing'
is, bespreek
• Daar moet erkenning gegee word aan verwysings na die aanhaling
wanneer hierdie antwoord nagesien word
• Die kandidaat moet spesifiek na TWEE temas in die toneelstuk verwys om
sy/haar antwoord te ondersteun
Smagting
Smith:
• Het deur die gruweldade van Apartheid geleef
• Hy is 'n wit man en sal daarvan hou om as 'n persoon, eerder as 'n
lid van 'n sekere rassegroep, te leef
• Hy is afgelê by die werk omdat hy wit is
• Dit het hom diep seergemaak, omdat hy gedurende apartheid skerp
teen die Apartheidstelsel gekant was en swart mense wat
onderdruk is, aktief ondersteun en beskerm het
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Hy smag sederdien daarna om iewers te behoort
Johan:
• Was 'n instrument vir die apartheidstelsel se brutale wette
• As 'n jong man van skaars 20 jaar is hy geforseer om die townships
te patrolleer en op die uitkyk te wees vir enige moeilikheid
• Hy het per ongeluk vir Julius Twalo in die donker nag doodgeskiet
• Hy het van toe af gesmag na bevryding
Thami:
• Is gemartel en het as swart man geen regte onder die
Apartheidstelsel gehad nie
• Hy smag na 'n stukkie grond van sy eie, waarop hy en sy vrou en
kinders in vrede kan leef
Hoop:
Smith:
• Hoop om betekenis in die laaste 'seisoen' van sy lewe te vind
Johan:
• Hoop dat sy vriendskap met Thami hom die bevryding sal gee
waarna hy smag
Thami:
• Hoop dat hy 'n diamantkonsessie kan koop om geld te maak om 'n
plaas te koop
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
• Bespreek die stelling op 'n deeglike, samehangende wyse
• Verwys breedvoerig na die aanhaling en die temas van
'smagting' en hoop en die blink beloftes van 'n veranderende
samelewing' in die Nuwe Suid-Afrikaanse konteks van die
toneelstuk
• Verwys na die vorige lewe van Johan, Smith en Thami en
Uitstekend 11-12
die Suid-Afrikaanse samelewing
• Herken die metafoor van blink hoop en diamante
• Gee voorbeelde uit die toneelstuk
• Toon insig
• Lewer kommentaar uit 'n persoonlike oogpunt oor die
veranderende samelewing waarin ons woon
• Skryf 'n duidelike en deeglike antwoord op die vraag
• Verwys na die aanhaling en die temas van 'smagting en
Baie goed hoop en die blink geloftes van 'n veranderende samelewing'
9-10
• Verwys na die verlede van Johan en Thami en Smith en die
Suid-Afrikaanse samelewing
• Gee voorbeelde uit die toneelstuk
• Beskryf en bespreek die temas van die toneelstuk
7-8
Goed • Gee sommige verwysings na die stelling
• Skryf samehangend in 'n diskursiewe styl
• Toon begrip van die temas van die toneelstuk
Matig 5-6 • Sal moontlik nie verwys in sy/haar antwoord direk na die
vraag nie
• Toon swak kennis van die toneelstuk
Elementêr 3-4 • Skryf nie oor temas nie
• Gee slegs sommige inligting, wat deurmekaar kan wees
• Identifiseer nie die temas nie
Nie behaal nie 0-2 • Maak foute in die vertolking van die vraag
• Skryf min of niks nie
(12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 7: MIS BY REZA DE WET
7.1 Realisme/Magiese realisme (1)
7.2 A is 'n teater-in-die-rondte/arena teater
B is 'n prosceniumboog (afgeskorte stel)
C is 'n tongverhoog (3)
7.3 Kandidate kan enige van die verhoogtipes kies wat in BRON A aangedui
word, maar moet gedetailleerde motiverings met verwysing na die toneelteks
in hulle antwoorde gee.
Die volgende is 'n voorbeeld:
• Die meeste kandidate sal die prosceniumboog kies, omdat die toneelteks
tot 'n sekere mate realisties is
• Die binnewêreld van die huis, as 'n plek, sal die beste weerspieël word
deur die afgeskorte stel met sy vier mure
• Die aard van die afgeskorte stel is ook die geskikste vir die aanvanklike
realistiese toneelspel wat van die akteurs vereis word
• Die akteurs breek nie deur die vierde muur nie
• Die afgeskorte stel maak variasie in die blokkering van die akteurs
moontlik, asook realistiese verskynings en afgaan
• Die afgeskorte stel bied die geleentheid om beligting op te stel
• Die magiese kwaliteit word vasgevang
• Die afgeskorte stel is makliker om te gebruik
• Die afgeskorte stel maak voorsiening vir die tegniese vereistes
• Die afgeskorte stel maak die ophys en laat sak van die slopemmer
moontlik
• Die afgeskorte stel fasiliteer die teatrale en verrassing is moontlik op die
verhoog
• Die solder sal deur die proscenium weggesteek word (6)
Aanvaar enige drie goed gemotiveerde redes.
Aanvaar enige ander keuse van verhoogtipe indien dit goed gemotiveer word.
7.4 • Meisie kan 'n rok en deurgetrapte skoene dra wat die armoede in die
Depressie uitbeeld
• Die rok moet oud, verbleik en amper verweer wees om armoede voor te
stel
• Die rok kan eenvoudig wees en dit sal ook die feit weerspieël dat sy die
meeste van die skoonmaakwerk in die huis doen
• Dit weerspieël die gesin se moeilike ekonomiese situasies
• Aan die einde van die toneelstuk verskyn Meisie in haar wit
aannemingsrok wanneer sy saam met Konstabel vertrek
• Dit is 'n simbool van die eng Calvinistiese aard van hulle bestaan
• Die rok simboliseer reinheid en onskuld
Sien as 'n geheel na. Aanvaar enige goed gemotiveerde antwoorde (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 30 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
7.5 Hierdie antwoord is gegrond op die regisseur se benadering en standpunt
byvoorbeeld:
• Veranderinge in denke en emosies word eerlik deur die akteur se aksies
weerspieël
• Die toneel is realisties en moet die illusie van realiteit weerspieël
• Pouses, klem en veranderinge in toon of volume moet outentiek wees en
uit 'n eerlike interpretasie deur die akteurs gemotiveer word. Dit kan van
een opvoering tot die volgende verskil
• Die regisseur moet die akteurs se begrip van die denke en emosies
fasiliteer
• Die akteur moet 'in die oomblik' leef en altyd realisties en eerlik wees
• Stanislavski se metode kan by die antwoord ingesluit word
In hierdie reëls druk Meisie haar frustrasie met haar daaglikse lewe uit; hoe
sy 'n nimmereindigende stryd voer om die huis skoon te hou, maar dat die
mure so dun en gekraak is dat die stof net aanhou inkom. Sy is gewalg deur
die konstante reuk van mis, asook die konstante teenwoordigheid van vlieë
oral. Sy word dan skaam en hartseer as sy vertel dat haar hande eelte het
van al die werk. Dit moet in haar fisiese en vokale uitdrukking weerspieël
word.
Sien as 'n geheel na. Aanvaar ander geldige antwoorde wat die vokale en
fisiese opvoering verbind met realisme en regisseursprosesse waarop die
opvoering gegrond is. (8)
7.6 Die konstabel is fisies blind. Hy is 'n misterieuse figuur. Die feit dat hy 'n
blinde polisieman is, bring 'n vreemde, magiese element na die drama. Hy is
deel van die onverstaanbare magiese/geheimsinnige en irrasionele donker
wêreld. Wanneer hy in 'n harlekyn verander, kan hy sien, omdat hy innerlike
verandering meebring. Hy stel verligting voor tussen somber mense in hulle
eng vrese en gelowe. Hy dring in die karakters se donker wêreld in en bring
vir Meisie lig.
Aanvaar drie goed gemotiveerde punte of ses punte wat kortliks verduidelik. (6)
7.7 Die volgende is slegs 'n riglyn. Nasieners moet punte gee vir ses punte wat
goed gemotiveer is of twaalf punte wat kortliks verduidelik is. Gebruik die
voorgestelde punte en rubriek om die nasienwerk te lei.
Realisme:
• Mis is eklekties van aard, met ander woorde dit is nie suiwer realisties nie,
maar bevat 'n mengelmoes van style
• Die realistiese benadering van die teks in 'n gerusstellende vertrekpunt vir
die gehoor
• Die herkenning van die dramatiese vorm (genre) skep 'n bekende
vertrekpunt vir die gehoor
• Die gehoor word dan op 'n reis na 'n wêreld van spekulasie en verbeelding
geneem (waar elke persoon 'n nar of towenaar binne homself/haarself het
en transformasie natuurlik en aanvaarbaar is)
• Die realistiese benadering vertoon dus bloot 'n realistiese oppervlak as 'n
struktuurbasis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 31 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Hierdie oppervlakkige realisme moet nie noodwendig aanvaar word as die
riglyn waarvolgens die toneelstuk opgevoer moet word nie
• Die toneelstuk lei uiteindelik na die wêreld van magiese realisme (vanaf
die realiteit wat werklike situasies uitbeeld) na fantasie, die misterieuse en
die magiese. Realisme word magies gemaak deur die onderwerp en die
luim
Fantasie:
Die vreemde, magiese klanke skep die gevoel van 'n feëverhaal.
• Sirkusmusiek is effens onrealisties, meganies en het die vreemde
magiese klank van 'n draaiorreltjie
• Sagte, klaende en stormwinde skep 'n onheilspellende atmosfeer
• Die blaffende hond herinner die karakters en die gehoor aan dreigende
gevaar
• Konstabel se klop aan die deur skep 'n onheilspellende atmosfeer
• Boomtak wat teen die venster krap, skep 'n gevoel van gevaar
• Gabriël se gekreun uit die solder skep ook 'n gevoel van donker,
dreigende gevaar
Daar is ook elemente van ikoniese feëverhale soos deur die karakters
uitgebeeld:
• Meisie:
• Verander in die stereotipiese 'mooi maagd met die wit rok'
• Is 'n Aspoestertjie wat al die werk doen en uiteindelik in 'n pragtige
prinses verander
• Is 'n Slapende Skone wat op 'n prins wag om haar uit haar
omstandighede te red – Meisie is lief vir rose en prik gereeld haar
vinger met 'n naald, net soos in die feëverhaal – amper soos 'n
voorafskaduwing van haar dood
• Konstabel
• Word beskou as die prins wat Meisie sal red; hy tree ook so op
• Is soortgelyk aan die wolf in Rooikappie; hy sien en ruik beter as ander
• Stel die Fluitspeler van Hamlin voor – hy lei jong meisies uit die dorp
uit
• Haal aan die einde van die toneelstuk sy bril af, draai sy baadjie
binnekant buite en verander in 'n Pierrot/harlekyn
• Gabriël:
• Bly al die afgelope sewe jaar in die solder – 'n karakter sal net in 'n
feëverhaal in 'n 'toring' bly en onaangeraak wees deur realiteit
• Maak geluide soos iemand wat in 'n toring vasgevang is of geluide
wat net 'n karakter in 'n feëverhaal sal maak
• Ander aardse feëverhaalkarakters:
• Klein Mannetjie, Meermin, Lang Man, Bebaarde Vrou, Aapmens,
Vetste Vrou, Karbonkelman
Ritualistiese elemente:
• Daar is elemente in die teks wat nie suiwer realisties is nie, byvoorbeeld
beelde soos die:
• Slopemmer wat deur die dak uit die solder laat sak en teruggehys word
• Sirkusmusiek, -opvoerings en –karakters
• Die verdwyning van jong meisies op dieselfde tyd elke jaar, die nag
voor die eerste dag van die lente
• Seremoniële aspekte van die Katolieke Kerk (die mis, die wit rok)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 32 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Die magiese:
• Konstabel is nie wat hy voorgee nie, net soos 'n towenaar
• Hy verander sy voorkoms asof deur towerkuns
• Meisie sien 'n towenaar in die sirkustent en dit kan Konstabel wees
• Op 'n amper magiese wyse bring Konstabel verandering in die lewens van
die vroue in die toneelstuk – soos 'n magiese transformasie. Konstabel
veroorsaak die hele verandering in Meisie
• 'n Towenaar gebruik leuens, illusie en foppery of sy effekte te skep –
Konstabel doen dieselfde wanneer hy oor sy blindheid, sy werk ens. jok
• Soos die towenaar, kom Konstabel uit die skynbaar gevaarlike buitewêreld
• 'n Towenaar hou sy gehoor in vervoering. Konstabel doen dieselfde met
die vroue in die toneelstuk met sy storie en sy 'kragte'
• 'n Towenaar skep die illusie van mag, net soos Konstabel met sy 'mag'
van skerper sintuie
• Die towenaar ('n simboliese Konstabel) en die meisie (sy assistent)
fassineer vir Meisie, sy ervaar dit as 'n magiese skouspel waarin speel en
realiteit, deur vaardige optiese illusie, in 'n droomwêreld saamsmelt waar
die onmoontlike moontlik word
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
11–12 • Toon uitstekende begrip van die toneelstuk
• Ondersteun die antwoord uitstekend
• Verbind die ritualistiese elemente in die toneelstuk met die
Uitstekend
konteks, karakters en aksie
• Verwys breedvoerig na voorbeelde uit die toneelteks
• Verbind met alle aspekte van die vraag
9–10 • Toon goeie begrip van die toneelstuk
Baie Goed • Ondersteun die antwoord goed, en verbind die ritualistiese
elemente in die toneelstuk met die konteks, karakters en aksie
• Verwys na voorbeelde uit die toneelteks
7–8 • Toon 'n deeglike begrip van die toneelstuk
• Ondersteun die antwoorde, verbind die ritualistiese elemente
Goed
in die toneelstuk met die konteks, karakters en aksie
• Gee sommige voorbeelde uit die teks
5–6 • Toon 'n baie beperkte begrip van die toneelstuk
• Noem die karakters
Matig
• Maak breë stellings oor die toneelteks
• Verbind die antwoord gedeeltelik met die aanhaling
3–4 • Toon min of geen begrip van die toneelteks nie
Elementêr • Skryf baie min
• Antwoord op 'n deurmekaar manier
Nie behaal 0–2 • Toon geen begrip van die toneelstuk of die vraag nie
nie • Skryf min of niks nie
(12)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 33 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE KONSEPTE,
INHOUD EN VAARDIGHEDE
VRAAG 8
8.1 Hierdie vraag vereis van die kandidaat om sy/haar persoonlike standpunt uit
te druk, solank dit goed deur vakinhoud gemotiveer word. Aanvaar ander
redelike antwoorde wat dit weerspieël.
Dramatiese opvoerings en rituele seremonies of opvoerings is op die
volgende maniere dieselfde:
• Kostuum is 'n belangrike deel van beide
• Daar is spesifieke rolle wat aan akteurs/deelnemers toegeken word
• Hulle volg 'n teks of voorgeskrewe formule
• Gehoorlede is betrokke by die aksie
• Die gebruik van grimering en maskers
• 'n Geselekteerde, spesifieke en kultureel betekenisvolle ruimte word
gebruik
• Dit bevat elemente van musiek, sang en dans
• Die toeskouers en hoofakteur voer gechoreografeerde bewegings uit, bv.
om in die paadjie af te loop
• Dit is 'n gemeenskaplike ervaring
Aanvaar enige twee gemotiveerde ooreenkomste (4)
8.2 Werkswinkelteater is 'n samewerkende en demokratiese proses deur twee of
meer mense om 'n opvoering te skep wat kwessies ondersoek relevant tot
hulle lewens.
Byvoorbeeld:
• een punt indien kandidate na die samewerkende en demokratiese
proses verwys
• Gee twee punte as die kandidate hulle kennis van werkswinkelteater
demonstreer
Aanvaar ander geldige, redelike definisies van werkswinkelteater. (2)
8.3 Die volgende is slegs 'n voorbeeld van die aspekte van 'n werkswinkelproses:
• Idee
• Waarneming/Navorsing
• Dinkskrum
• Improvisasie
• Seleksie
• Opname/Neerskryf
• Opvoering
• Bespreking
• Rolverdeling
In provinsies waar slegs 5 stappe geleer word as deel van
werkswinkelproses, moet 6 punte gegee word. NB: Slegs KZN en WC.
Aanvaar ses ander geldige stappe wat die werkswinkelproses beskryf. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 34 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
8.4 Die kandidaat kan enige van die volgende bespreek:
• Gebrek aan opvoerruimte
• Gebrek aan repetisieruimte
• Gebrek aan tegniese toerusting – beligting en klank
• Geen begroting vir kostuums, stel en rekwisiete nie
• Gebrek aan ondersteuning
• Beperkte tyd
• Repetisie-apatie
• Gebrek aan toegewydheid deur akteurs
• Onderbrekings as gevolg van ander verpligtinge
• Botsings met akademiese/buitemuurse skedules
• Vervoerprobleme
Die bogenoemde is bloot voorbeelde. Kandidate kan enige spesifieke
beperkinge wat uniek aan sy/haar situasie is, noem. Gee punte vir 3 punte
wat goed gemotiveer is of ses punte wat kortliks verduidelik is. (6)
8.5 • Dit is 'n proses van samewerking – almal is betrokke by die kreatiewe
proses
• Almal is by die werkswinkelproses betrokke en kan 'n bydrae lewer deur
hulle standpunte en opinies te gee
• Almal is deel van dit wat gekies of verwerp word
• 'n Werkswinkeltoneelstuk kan enige plek opgevoer word
• Dit het nie komplekse stel, kostuums, beligting en klankeffekte, grimering
nodig nie
• Goedkoop om op te voer
Die punte hierbo is bloot voorbeelde. Aanvaar ander geldige idees wat
kandidate se begrip van die voordele van werkswinkeldramaskepping toon.
Die kandidaat kan enige spesifieke idees noem wat uniek aan sy/haar
situasie is. (4)
8.6 8.6.1 Ensemble: werk saam as 'n groep
8.6.2 Teater vir Identiteit: 'n tipe teater waarin die identiteit van kultuur,
geslag, ras ens. verken word
8.6.3 Vierde muur: die denkbeeldige muur wat die akteurs van die gehoor
skei byvoorbeeld prosceniumboogteater
8.6.4 Postmodernisme: 'n teaterbeweging in reaksie op die idees van
moderniste wat teater- en lewenselemente dekonstrueer om
individuele, subjektiewe waarhede te weerspieël. Pastiche en
verskillended idees.
8.6.5 Eksistensialisme: die filosofie wat mens se bestaan bevraagteken.
8.6.6 Veeldoelige rekwisiete: een rekwisiet wat op baie maniere gebruik
kan word.
8.6.7 Blok: om die bewegings van die akteurs te beplan.
8.6.8 Projeksie: die manier waarop die stem op 'n afstand gehoor word.
Gee een punt per korrekte antwoord
Aanvaar ander geldige definisies van die terminologie hierbo. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 35 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
8.7 Kandidate:
• Moet die stelling in die vraag bespreek
• Mag na teaterpraktisyns, opvoerruimtes, toneelstukke of opvoerings
verwys
• Moet na ten minste twee van die gegewe opsies verwys, maar kan ook
enige ander aspekte van Suid-Afrikaanse teater byvoeg
Gee punte vir 'n goedgestruktureerde, volledige en goed gemotiveerde
antwoord wat kennis van Suid-Afrikaanse teater in 'n veranderende
sosiopolitieke landskap weerspieël.
Antwoorde sal uniek wees en die kandidaat se opinie en standpunt
weerspieël.
Die volgende is slegs 'n riglyn:
• Die apartheidstelsel het mense verneder en verdeel deur hul
menseregte weg te neem. Hierdie wette het wittes bevoordeel en was
nadelig vir die ander rassegroepe
• Dit was in amper alle aspekte van die lewe sigbaar, onder andere ook
in vermaak
Teaterruimtes en opvoerruimtes
• Tydens die apartheidsera is die amptelike uitvoerendekunste-rade deur
die staat befonds. Die teaters was goed toegerus en kon toneelstukke
opvoer met al die klank- en beligtingstoerusting wat nodig was. Dit het
tot die produksie van baie toneelstukke gelei, en akteurs is goed betaal
• Die onafhanklike teaters en vryskutakteurs is nie deur die staat befonds
nie, maar het goeie gehore en borge gehad wat die produksies
ondersteun het, en hulle het ook die voordele van ten volle toegeruste
teaters geniet
• Teaters is ook volgens ras geskei en akteurs het voor óf 'n wit óf 'n
swart gehoor opgetree, afhangend van wie die toneelstuk aangebied
het en waar dit opgevoer is
• Nie-wit teaters het nie bestaan nie en baie nie-wit teaterpraktisyns het
in skool-/kerk- of gemeenskapsale opgetree
• Omdat dit nie teaters was nie, was daar ook 'n tekort aan tegnologie
soos klank en beligting. Dit het 'n impak gehad op die gehalte van die
produksies, maar kon nie die boodskap verflou nie. Die Market Theatre
het egter 'n redelike mate van borgskap geniet
• Baie van die toneelstukke wat in die wit teaters opgevoer is, was geneig
om op populêre teater (musiekblyspele ens.) of sosiale realisme te
fokus en het politiek nie direk hanteer nie
Toneelstukke
• 'n Paar eksperimentele toneelstukke is deur die uitvoerendekunste-rade
geproduseer, maar die meer kontroversiële werke is by innoverende
plekke soos by die Universiteit van die Witwatersrand en The Stable
Theatre geproduseer
• In die 1950's en 1960's was die meeste ernstig swart toneelstukke op
swart intellektuele gemik en het nie kwessies wat die massas geraak
het, aangeraak nie. Die township-musiekblyspel het sommige werklike
kwessies aangeraak, maar die musiekblyspelformaat en -styl het nie
verandering in die gemeenskappe aangemoedig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 36 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• In die 1970's het die stryd teen apartheid verdiep met die ontwikkeling
van die Swartbewussynsbeweging en die Soweto-opstande van 1976.
Die inhoud van hierdie toneelstukke was daarop gemik om
sosiopolitieke bewussyn by die massas te skep, veral deur
musiekblyspele en werkswinkelproduksies soos Woza Albert!,
Sophiatown, ens.
Teaterpraktisyns
• Athol Fugard, Barney Simon, Percy Mtwa, Mbongeni Ngema, Zakes
Mda, Pamela Sue Grant, Lara Foot-Newton, Nicola Hanekom
• Aanvaar ander goed gemotiveerde antwoorde
Gebruik die rubriek op die volgende bladsy om nasienwerk te lei.
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
• Het uitstekende begrip van die manier waarop teater as 'n
middel vir sosiopolitieke verandering in Suid-Afrika gebruik
is. Hy/Sy kan sy/haar antwoord ondersteun met
besonderhede uit die toneelstukke wat hy/sy bestudeer of
gesien het
• Kan temas bespreek en verduidelik en ook hoe hulle in
Uitstekend 9–10 opvoerings aangebied word
• Toon 'n uitstekende begrip van hoe teater oor die jare op die
veranderende sosiopolitieke landskap gereageer en daaroor
besin het
• Ondersoek die stelling deeglik
• Toon uitgebreide kennis en insig in Suid-Afrikaanse teater vir
verskillende doele
• Toon goeie begrip van hoe teater oor die jare op die
veranderende sosiopolitieke landskap in Suid-Afrika
gereageer en dit weerspieël het
• Ondersoek die stelling deeglik
Goed
7–8 • Ondersteun die antwoord met 'n aantal verwysings na
toneeltekste wat bestudeer is en opvoerings wat bygewoon
is
• Toon kennis en insig in Suid-Afrikaanse teater vir
verskillende doele
• Toon deeglike begrip van hoe teater oor die jare op die
veranderende sosiopolitieke landskap in Suid-Afrika
gereageer en dit weerspieël het
Bevredigend 5–6
• Ondersoek die stellings oppervlakkig
• Ondersteun die antwoord gedeeltelik met verwysings na
toneeltekste wat bestudeer is of opvoerings wat bygewoon is
• Toon baie beperkte begrip van hoe teater oor die jare op die
veranderende sosiopolitieke landskap in Suid-Afrika
gereageer en dit weerspieël het
Elementêr 3–4 • Maak breë stellings met min of geen verwysings na
toneeltekste wat bestudeer is/opvoerings wat bygewoon is
nie
• Toon baie beperkte kennis van Suid-Afrikaanse Teater
• Kan nie toepaslike kennis van Suid-Afrikaanse Teater
Nie behaal nie 0–2 verskaf nie
• Skryf min of niks nie
(10)
[40]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 Memo (English)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2015 Memo (English)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper