Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
DANSSTUDIES
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
*DANCDM*
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 




View all
DSTD GR12 QP AFR SEPT 2015_hlayiso.com_.pdf
Dance Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Pages
- 9
- File size
- 351.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord slegs NEGE vrae.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Bestaan uit VYF vrae.
Let daarop dat jy ʼn keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3 in
hierdie afdeling het. Indien jy beide vrae beantwoord, sal
slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word.
AFDELING B: Bestaan uit SES vrae.
Let daarop dat jy ʼn keuse tussen VRAAG 7 en VRAAG 8 in
hierdie afdeling het. Indien jy beide vrae beantwoord, sal
slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word.
5. Jy mag rowwe beplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek ʼn streep
deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
Goeie Afrikaans te gebruik (Skryf slegs in een taal.)
Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word
Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir puntetoekenning en tydindeling
wanneer elke vraag beantwoord word.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Veilige Danspraktyk en 1 12
Gesondheidsorg 2 8
(Keuse tussen VRAE 2 en 3) 3 8 60
4 10
5 10
B: Dansgeskiedenis en - 6 10
Geletterdheid 7 15
(Keuse tussen VRAE 7 en 8) 8 15
120
9 10
10 15
11 10
TOTAAL 100 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) DANSSTUDIES 3
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: OPWARM EN AFKOEL/BESERINGS
1.1 Verduidelik waarom dit belangrik is om die liggaam voor ʼn dansklas op te
warm. (3)
1.2 Om aan die einde van ʼn klas af te koel is baie belangrik. Bespreek wat
gedurende die afkoelperiode gedoen moet word. (3)
1.3 Verduidelik die basiese behandeling wat vir die meeste dansbeserings
gebruik kan word. (3)
1.4 Gee sommige van die vernaamste komplikasies waarmee ʼn danser na ʼn
besering gekonfronteer sal word. (3)
[12]
JY HET ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.
BEANTWOORD NET EEN VRAAG.
VRAAG 2: (KEUSEVRAAG)
DOELWITTE/KONSENTRASIE/GEESTELIKE GESONDHEID
2.1 Beantwoord die volgende vrae oor DOELWITTE/TOEWYDING in dans:
2.1.1 Hoe kan jy jou toewyding tot daaglikse dansoefening verbeter? (1)
2.1.2 Hoe kan jy jou verpligting teenoor ander in die dansklas beter
nakom? (1)
2.1.3 Hoe kan jy jou toewyding teenoor jou dansbewegings verbeter? (1)
2.2 Verduidelik sommige van die gevolge wat swak konsentrasie in die
dansklas kan beïnvloed. (3)
2.3 Gee idees aan ʼn leerling hoe om dinge te hanteer as hy/sy depressief en
negatief oor hul dansery geword het. (2)
[8]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: (KEUSEVRAAG)
SPIERE/ANATOMIESE AKSIES
3.1 Watter spier/spiergroep is verantwoordelik vir die volgende:
3.1.1 VIER spiere wat die kniegewrig oorkruis en as knieverlengers dien (1)
3.1.2 Buiging van die knie en fleksie van die voet (1)
3.1.3 Verlenging van die heup teen swaartekrag; laterale rotasie
gedurende die verlenging en abduksie van die femur (1)
3.1.4 ʼn Groep spiere wat die heup verleng en die knie buig (1)
3.2 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.
[Bron: www.dance4america.com/id26 − foto deur Rachel Howard]
Benoem die volgende:
3.2.1 Die anatomiese aksie van die man se linkerskouer (1)
3.2.2 Die anatomiese aksie van die man se regterheup (1)
3.2.3 Die anatomiese aksie van die meisie se nek (1)
3.2.4 Die anatomiese aksie van die meisie se regterheup (1)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) DANSSTUDIES 5
VRAAG 4: BEGINSELS VAN LIGGAAMSKONDISIONERING
Kies EEN van die beginsels van liggaamskondisionering hieronder en
beantwoord die daaropvolgende vrae:
Krag
Soepelheid
Uithouvermoë
Kernstabiliteit
4.1 Gee ʼn definisie van die beginsel wat jy gekies het. (2)
4.2 Verduidelik die voordele van die gekose beginsel vir ʼn danser. (3)
4.3 Gee DRIE voorbeelde hoe om hierdie beginsel in die dansklas te
ontwikkel. (3)
4.4 Gee TWEE oefeninge wat jy kan doen om hierdie beginsel te ontwikkel. (2)
[10]
VRAAG 5: POSTUUR/DIEET/HIDRASIE/EETVERSTEURINGS
5.1 Verduidelik aan ʼn nuwe dansleerling hoe om ʼn goeie danspostuur in die
dansklas te handhaaf. (3)
5.2 Noem die verskillende kossoorte wat in jou dieet ingesluit moet word om
ontsteking te verminder en jou sal help om gesond te bly. (2)
5.3 Verduidelik die belangrikheid van ekstra hidrasie vir dansers en die
gevolge van dehidrasie. (2)
5.4 In jou opinie, waarom kan dansers tot eetversteurings geneig wees?
Gee DRIE duidelike redes. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6: DANSVORMS
Noem die TWEE dansvorms wat jy in Dansstudies gedoen het en beantwoord
die vrae hieronder.
6.1 Verduidelik waarom die een ʼn kulturele dansvorm en die ander ʼn teater-
dansvorm is. (2)
6.2 Hoe sal jy elkeen van die dansvorms herken? (6)
6.3 Hoe dink jy het inheemse Afrika-dans die Suid-Afrikaanse industrie
beïnvloed? (2)
[10]
JY HET ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 7 EN VRAAG 8.
BEANTWOORD NET EEN VRAAG.
HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE
CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE.
INTERNASIONALE
DANSWERKE
CHOREOGRAAF
George Balanchine Appollo/Jewels
Alvin Ailey Revelations
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Christopher Bruce Ghost Dancers
Mathew Bourne Swan Lake/Cinderella
Pina Bausch Rites of spring
William Forsythe In the middle, somewhat elevated
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Rudi van Dantzig Four Last Songs
Jiri Killian Wings of wax
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) DANSSTUDIES 7
VRAAG 7: (KEUSEVRAAG) INTERNASIONALE DANSWERKE
Jy het Internasionale danswerke van die voorgeskrewe lys hierbo bestudeer;
graad 10−12. Kies EEN van die danswerke en voorsien die volgende inligting:
7.1 Die choreograaf se naam en danswerk
7.2 ʼn Beskrywing van die sinopsis/tema van die danswerk (4)
7.3 Brei uit oor die volgende produksie-elemente:
7.3.1 Kostuum (2)
7.3.2 Musiek (2)
7.3.3 Stelle en beligting (2)
7.4 ʼn Verduideliking van die simboliek wat in die danswerk gebruik word (3)
7.5 As ʼn Suid-Afrikaanse student, waarom dink jy is dit belangrik om oor
internasionale dansgeskiedenis te leer? (2)
[15]
OF
VRAAG 8: (KEUSEVRAAG) INTERNASIONALE DANSWERKE
Beantwoord die volgende vrae oor die aanbevole Internasionale choreograaf,
Alvin Ailey en sy danswerk, Revelations.
8.1 Waar kom die titel van hierdie danswerk vandaan? (1)
8.2 Revelations is in DRIE afdelings verdeel. Noem en verduidelik elke
afdeling daarvan. (6)
8.3 Gee ʼn verduideliking van die kostuums wat in elke afdeling gebruik was. (3)
8.4 Verduidelik die musiek wat vir die danswerk gebruik is. (3)
8.5 Wat was die betekenis van die stelle en rekwisiete gebruik? (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 9: LOOPBANE
ʼn Choreograaf, dansonderwyser, professionele danser is sommige van die
loopbane in dans. Kies EEN van hierdie loopbane en beantwoord die volgende
vrae:
9.1 Gee ʼn beskrywing van die werk/loopbaan. (2)
9.2 Wat is die bekwaamheid en ondervinding wat hierdie werk benodig? (3)
9.3 Gee die tersiêre opleiding wat die werk benodig. (2)
9.4 Volgens jou mening, watter vaardighede, ingesteldheid en waardes het
die vak Dansstudies jou geleer? (3)
[10]
HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN SUID-AFRIKAANSE
CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE
SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE
CHOREOGRAWE
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe Gula Matari
Alfred Hinkel Last Dance (Bolero)/Rain in a dead man’s
footprints/Cargo
Sylvia Glasser Tranceformations
Gary Gordon Bessie’s Head
Mavis Becker Flamenco de Africa
Hazel Acosta Blood Wedding
Caroline Holden Imagenes
Gregory Maqoma Four Seasons
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) DANSSTUDIES 9
VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF
Skryf ʼn BIOGRAFIE vir ʼn tydskrif oor die voorgeskrewe Suid-Afrikaanse
choreograaf wat jy bestudeer het. Moet nie nommer nie, maar opskrifte mag
gebruik word. Sluit die volgende in:
10.1 Noem die choreograaf in jou titel waaroor jy skryf
10.2 Waar was die choreograaf gebore (1)
10.3 Die choreograaf se dansopleiding (4)
10.4 Wie en wat die choreograaf se dansstyl beïnvloed het (3)
10.5 Die dansstyl van die choreograaf (4)
10.6 Wat is die choreograaf se bydrae tot dans in Suid-Afrika? (3)
[15]
VRAAG 11: CHOREOGRAFIE/PRODUKSIE
11.1 Stel ʼn rol voor wat jy wil speel in die skool se opkomende produksie en
gee ʼn definisie van hierdie rol. (2)
11.2 Gee EEN bemarkingsstrategie wat gebruik kan word om die gehoor te
oortuig om na die produksie te kom. (2)
11.3 Verduidelik vir jou vriend in die dansklas wat alles ingesluit moet word
in die komposisionele struktuur van die dans waaraan jy werk. (4)
11.4 Hoe help inskrywings in jou joernaal jou choreografie-proses? (2)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
DSTD GR12 QP SEPT2015 ENG_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
DSTD MEMO GR12 AFR SEPT 2015_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
DSTD GR12 MEMO ENG SEPT 2015_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Dance Studies Nov 2016 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Dance Studies Nov 2016 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Dance Studies Feb March 2015 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Dance Studies
Explore more published documents in this catalogue.








