Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 300 punte
Hierdie nasienriglyne is opgestel vir gebruik deur eksaminators en hulp-
eksaminatore van wie verwag word om almal 'n standaardiseringsvergadering by
te woon om te verseker dat die riglyne konsekwent vertolk en toegepas word by
die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen bespreking of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie.
Ons erken dat daar verskillende standpunte oor sommige aangeleenthede van
beklemtoning of detail in die riglyne kan wees. Ons erken ook dat daar sonder
die voordeel van die bywoning van 'n standaardiseringsvergadering verskillende
vertolkings van die toepassing van die nasienriglyne kan wees.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 





Economics Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)
IEB Grade 12 Economics memorandum from the 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Economics · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 16
- File size
- 310.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 16
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 D
1.2 D
1.3 B
1.4 B
1.5 C
1.6 D
1.7 B
1.8 C
1.9 C
1.10 B
1.11 B
1.12 D
1.13 B
1.14 D
1.15 C
1.16 C
1.17 C
1.18 D
1.19 D
1.20 A
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 16
AFDELING B
VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 A – Produksiefaktore
B – Belegging
C – Besparing
D – Buitelandse handel/Buitelandse sektor/Internasionale sektor
2.1.2 Monetêre of geldbeweging vind tussen die verskillende markte en
deelnemers plaas en bestaan uit inkomste, besteding en belasting.
Reële vloei bestaan uit goedere en dienste en produksiefaktore
tussen markte en deelnemers.
2.1.3 Huishoudings en besighede betaal belasting aan die regering en die
regerings spandeer dit aan infrastruktuur, dienste, ens.
Verhouding deur nasionale begroting, bv. begrotingstekort word
veroorsaak deur regeringsbesteding wat die belastinginkomste
oorskry.
2.1.4 Toepaslike voorbeeld; Rondes van besteding/inkomste
'n Aanvanklike styging in besteding, byvoorbeeld staatsbesteding aan
'n padprojek, lei tot verhoogde inkomste vir almal wat aan die projek
werk. Hierdie werkers vat dan hul inkomste en spandeer dit by hul
plaaslike winkels, wat die inkomste van die winkeleienaars verhoog
wat dit nou aan iemand/iets anders kan spandeer.
Enige ander redelike antwoord, insluitend berekeninge/numeriese
voorbeelde
2.2 2.2.1 Trog
2.2.2 Bruto binnelandse produk is die totale waarde van eindprodukte en
dienste wat binne die grense van 'n land geproduseer word in 'n
spesifieke tydperk, gewoonlik een jaar.
2.2.3 Beskrywing; Toepaslike voorbeeld
Leidende ekonomiese aanwysers is aanwysers wat verander voordat
die ekonomie verander, d.i. veranderings voor die veranderings in
die sakesiklus.
OF
Leidende ekonomiese aanwysers help om toekomstige veranderings in
die sakesiklus te verwag en daarvoor voor te berei. (maks. 2 punte)
Voorbeeld:
Aantal nuwe motors wat verkoop is, aantal nuwe maatskappye wat
geregistreer is, bouplanne wat goedgekeur is, aandeelprys, opbrengs
op aandelemark, produkuitvoere, sakevertroue-indeks, werk-
advertensieruimte.
2.2.4 Korrekte beleidsoptrede geïdentifiseer; Verduideliking
Ekspansionistiese monetêre beleid.
Rentekoerse kan verlaag word. Dit sal tot 'n toename in verbruik lei,
aangesien verbruikers meer besteebare inkomste sal hê wat
algehele vraag/ekonomiese aktiwiteit sal verhoog.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 16
Laer rentekoerse kan die aansporing om te spaar verminder en
besteding aanmoedig.
Laer rentekoerse kan die aantal firmas wat belê, verhoog aangesien die
koste om te leen daal en dit sal ekonomiese aktiwiteit stimuleer.
Vryemarktransaksies. Wanneer die Reserwebank effekte koop, word
geld in sirkulasie geplaas wat ekonomiese groei stimuleer.
Reserwevereistes. Die minimum bedrag kan verlaag word om
ekonomiese groei aan te moedig.
Enige ander redelike antwoord
2.3 2.3.1 Vryswewende wisselkoers
Die waarde van die geldeenheid word uitsluitlik deur vraag na en
aanbod van die geldeenheid bepaal. Daar is geen
regeringsinmenging nie.
Swewende/beheerde swewing
Die waarde van 'n geldeenheid van dag tot dag word deur markvraag
na en aanbod van die geldeenheid bepaal Daar kan 'n mate van
staatsinmenging wees. 'n Mate van valutamarkinmenging kan as
deel van die vraagbestuur beskou word.
Vaste rentekoers
'n Vaste rentekoers vind plaas wanneer 'n land die waarde van sy
geldeenheid op 'n sekere vlak teen 'n ander geldeenheid hou.
2.3.2
Diagram
• Vraag wat na regs skuif
• Benoeming (R/$ en hoeveelheid $)
Verduideliking
• Styging in invoere sal tot verhoogde vraag na buitelandse valuta
lei, dus sal die vraagkromme na regs skuif.
• Daar sal 'n nuwe ewewigspunt wees, dus styg prys van dollars,
dus depresiasie van waarde van die rand/ die dollar neem toe in
waarde.
OF
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 16
Diagram
• Aanbod skuif na regs
• Benoeming ($/R/Prys van rand en Hoeveelheid rand)
Verduideliking
• Suid-Afrikaners voer meer in en moet dus rande verkoop om
dollars te koop, wat beteken daar sal 'n styging in die aanbod van
rande wees
• Dit sal tot 'n depresiasie van die rand lei/ die dollar neem toe in
waarde
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 16
VRAAG 3 MIKRO-EKONOMIE
3.1 3.1.1 Die bevrediging of verwagte bevrediging wat uit die verbruik van
goedere of dienste spruit.
3.1.2 A – 10
B – 18
C–3
D – 31
3.2 3.2.1 500 × 20 = R10 000
425 × 25 = R10 625
TI het met R625 toegeneem
3.2.2 Kredietformule of toepassing van kredietformule
–0,15/0,25 = (–) 0,6 of –15%/25% = (–) 0,6
3.2.3 Verduideliking: Onelasties; Elasties
Verduideliking
Indien 'n produk 'n elastiese vraag het, beteken dit die hoeveelheid
wat gevra word, sal verander soos wat die prys van die produk
verander. Besighede sal noukeurig moet monitor hoe die vraag na
hul produk verander wanneer die prys verander.
Indien 'n produk 'n onelastiese vraag het, hoef besighede nie so
sensitief vir veranderings in prys te wees nie, hoofsaaklik omdat
mense daardie produk of diens moet hê, ongeag die prys.
As die vraag onelasties is, het 'n prysstyging verhoogde inkomste tot
gevolg.
As die prysstyging verminderde inkomste tot gevolg het, is die vraag
elasties.
Enige ander redelike antwoord
3.3 3.3.1 Inkomste-elastisiteit van vraag meet die verhouding tussen 'n
verandering in hoeveelheid van 'n produk wat gevra is en 'n
verandering in reële inkomste.
Of
Inkomste-elastisiteit van vraag meet die responsiwiteit van vraag op
'n verandering in verbruikersinkomste
3.3.2 Identifisering; Verduideliking
Produk X is 'n normale of noodsaaklike produk. Dit is 'n produk
waar 'n styging in inkomste tot 'n styging in die vraag na die produk
lei
OF
Hierdie produkte sal 'n positiewe inkomste-elastisiteit van vraag hê,
bv. sjokolade. (maks. 3 punte)
Produk Y is 'n minderwaardige produk. Dit is 'n produk waar 'n
styging in inkomste 'n daling in die vraag na die produk het
OF
Hierdie produkte sal 'n negatiewe inkomste-elastisiteit van vraag hê,
bv. brood, mieliemeel.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 16
3.3.3
Prys
Hoeveelheid
Punte-toekenning
Skuif in vraagkromme op en na regs.
Prysstyging en styging in hoeveelheid aangedui.
Korrekte benoeming van asse en krommes.
3.4 Verduideliking; Regeringsoptrede
3.4.1 Onvolmaakte/Asimmetriese inligting
Die vrylike beskikbaarheid van inligting is belangrik vir die vry
funksionering van markte. Indien sommige handelaars in 'n mark (of
dit nou kopers of verkopers is) meer of beter inligting as ander het,
kan hulle voordeel hieruit trek en dus markkrag gebruik om uitkomste
te beïnvloed.
In die werklike wêreld is daar asimmetriese inligting, bv. 'n verkoper
van 'n gebruikte motor het meer inligting oor die motor as die koper
(suurlemoen of perske? ens.)
In sommige markte het die produsent inligting oor hul produkte wat
hulle nie aan kopers beskikbaar maak nie, bv. in sigaretbedryf.
Onder hierdie omstandighede word sigarette oorproduseer en
oorverbruik en word doeltreffendheid van toedeling oor die algemeen
nie bereik nie.
Regering kan firmas dwing om inligting oor hul produkte bekend te
maak, bv. waarskuwing op sigaretverpakking.
Enige ander redelike antwoord
3.4.2 Onvolmaakte mededinging
Wanneer 'n firma in 'n mark markkrag het, kan dit dalk uitset beperk
en/of die prys verhoog ten einde beduidende wins te maak.
Monopolieë en oligopolies kan aanbod beperk ten einde wins te
maksimaliseer.
Hulpbronne is dus ondertoebedeel aan die produksie van produkte
en dienste, vergeleke met produksie onder toestande van volmaakte
mededinging.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 16
Een opsie is vir die regering om niks hieroor te doen nie en vertrou
dat groot winste mededingers na die mark sal lok.
Kan deur mededingingsbeleid reguleer.
Kan prysbeheermaatreëls oplê.
Enige ander redelike antwoord
3.4.3 Merietegoedere
Merietegoedere is produkte en dienste wat die samelewing dink
deur sy burgers verbruik moet word, bv. gesondheidsorg en
onderwys.
Merietegoedere word in 'n vrye mark onderverbruik. Wanneer mense
onbewus is van die voordeel om 'n merieteproduk te verbruik, of dit
onderskat, kom markmislukking voor.
Die regering kan merietegoedere verskaf of die produksie van
merietegoedere subsidieer, bv. staatsubsidie vir onderwys.
Enige ander redelike antwoord
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 16
VRAAG 4 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 Ekonomiese groei vind plaas wanneer 'n land se produksie van goedere en
dienste styg/styging in reële BBP.
Ekonomiese ontwikkeling is 'n breër begrip as ekonomiese groei. Dit gaan
oor menslike ontwikkeling en hanteer kwessies soos onderwys en
gesondheid of die styging in die algemene lewenstandaard van die
meerderheid van die bevolking in 'n land
4.2 4.2.1 BBP per capita dui lewenstandaard van mense aan/gemiddelde
inkomste per persoon.
Die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) is 'n vergelykende meting
van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, lewenstandaard en
lewensgehalte vir lande wêreldwyd.
4.2.2 Dit kan die feit weerspieël dat Sri Lanka groter klem plaas op
menslike ontwikkeling as op ekonomiese groei.
Dit kan ook die invloed wat MIV/VIGS op menslike ontwikkeling in
Suid-Afrika gehad het, weerspieël.
Sri Lanka het 'n hoër lewensverwagting.
Sri Lanka het 'n hoër geletterdheidskoers.
Enige redelike antwoord.
4.3 4.3.1 Dit word deur die verandering in reële BBP van een tydperk na 'n
volgende gemeet.
OF
Formule:
(Huidige reële BBP – Vorige reële BBP ) × 100
Vorige reële BBP
4.3.2 Dit word deur die werkloosheidskoers as 'n persentasie van
arbeidsmag gemeet.
OF
Formule: Aantal werkloos / Arbeidsmag × 100
OF
Streng definisie: Iemand wat werkloos is en daadwerklik werk soek.
4.3.3 Positiewe ekonomiese groei
Betalingsbalansewewig/Surplus/Wisselkoersstabiliteit
Lae werkloosheid of volle indiensneming
Gelyke/billike inkomsteverdeling
Lae inflasie 3%–6% of prysstabiliteit
4.3.4 Ja, die regering behoort bekommerd te wees.
Werkloosheid is hoog en besig om te styg
Ekonomiese groeikoers bly laag.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 16
4.3.5
AS
Prysvlak AS1
P
P1
AD
Y Y1 Nasionale inkomste/Uitset
Punte-toekenning vir totale vraag-en-aanbod-diagram:
Skuif in totale aanbodkromme na onder en na regs.
Die daling in prys en toename in uitset aangedui.
Korrekte benoeming van asse en krommes.
Verduideliking
Beter onderwys en opleiding kan arbeidproduktiwiteit verbeter en
totale aanbod verhoog en sodoende BBP verhoog.
Opgeleide persone het die vaardighede om hul eie besighede te
skep en vir hulself of ander buite die formele arbeidsmark werk te
genereer en sodoende werkloosheid te verminder en ekonomiese
groei te verhoog.
Beter onderwys en opleiding verbeter vaardighede, buigsaamheid en
beweeglikheid en verminder sodoende werkloosheid en verhoog
ekonomiese groei
Enige ander redelike antwoord
4.4 4.4.1 'n Begrotingstekort kom voor wanneer staatsbesteding meer as
belastinginkomste is.
4.4.2 Verduideliking; Toepaslike voorbeelde
Direkte belasting wat op 'n persoon of instelling opgelê word /Direkte belasting is belasti
Voorbeelde: inkomstebelasting, kapitaalwinsbelasting, maatskappy-
belasting
Indirekte belasting word op 'n transaksie of goedere en dienste gehef
of Indirekte belasting is belasting op besteding
Voorbeelde: BTW, doeanereg, aksynsreg
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 16
4.4.3 Direkte belasting
Verduideliking; Evaluasie
Hoër inkomstebelasting
Belastingbetalers moet meer van hul inkomste betaal. Gevolglik
behoort die regering se belastinginkomste te styg, wat tekort
verminder.
Maar
Kan ontmoediging om te werk, belastingvermyding/emigrasie
veroorsaak
Dit kan totale vraag verder verminder, wat begrotingstekort sal
verhoog.
Indien totale vraag afneem, kan dit tot verhoogde werkloosheid lei,
dus voordeelbetaling verhoog, wat belastinginkomste verder verlaag.
Aanvaar bespreking van Laffer-kromme om die uitwerking van
verhoogde belasting te ontleed.
Hoër maatskappybelasting
In beginsel sal maatskappye 'n groter deel van hul wins aan die
regering moet betaal, wat dus belastinginkomste verhoog en die
tekort verminder.
Maar
Kan buitelandse direkte belegging afskrik, wat laer inkomste-
ontvangste op die langer duur tot gevolg het.
Indirekte belasting
Verduideliking; Evaluasie
'n Styging in BTW sal meer inkomste vir die regering genereer.
'n Styging in inkomste sal die regering help om sy begrotingstekort te
verminder.
Maar
BTW sal waarskynlik hoër inflasie, verminderde BBP-groei en 'n paar
werkverliese veroorsaak, wat begrotingstekort verhoog.
(maks. 4 punte vir indirekte belasting)
Enige ander redelike antwoord
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 16
VRAAG 5 GEMENGDE VRAE
5.1 5.1.1 Die bedrag van arbeid wat werkgewers nodig het.
5.1.2 Toepaslike rede geïdentifiseer en verduidelik
Ligging/provinsie/streek – bv. uit die bron is dit duidelik dat die
salarisse in Gauteng hoër as die in die Wes-Kaap is.
Vaardigheidsvlakke – hoe hoër die vaardigheidsvlakke, hoe hoër die
salarisse en omgekeerd.
Vraag na arbeid – waar die vraag na arbeid groter is as die aanbod,
sal die salaris hoër wees.
Invloed van vakbonde – werkers in vakbonde kan moontlik hoër
betaling kry, want die vakbond kan druk op die werkgewer sit om
salarisse te verhoog.
Enige ander redelike antwoord
5.2 5.2.1 Verbruikersprysindeks.
5.2.2 Koste-inflasie
Dit is wanneer produksiekoste styg, wat tot hoër pryse lei.
Vraaginflasie
Dit gebeur wanneer die vraag in die ekonomie vinniger styg as
aanbod, wat tot prysstygings lei.
5.2.3 'n Afname in koopkrag van die geldeenheid – die verbruiker kan
minder met sy/haar geld koop.
Negatiewe invloed op besparing en beleggings – moet inflasiekoers
met die opbrengs op belegging vergelyk.
Mense wat van 'n vaste inkomste afhanklik is, word negatief
beïnvloed, bv. pensioenarisse.
Dit bevoordeel debiteure ten koste van krediteure. Debiteure betaal
mettertyd minder terug.
Indien die inflasie van 'n land hoër is as dié van ander lande, sal dit
sy mededingende voordeel verloor.
Kan verskuiwing van belastingkerwe en fiskale rem veroorsaak –
regering ontvang meer belastinggeld (hoër salarisse, hoër belasting).
Kan maatskaplike en nywerheidsonrus veroorsaak, byvoorbeeld, as
gevolg van voedselinflasie.
Enige ander redelike antwoord
5.3 5.3.1 Invoertarief/-tariewe. Daar word belasting op ingevoerde produkte
deur die regering gehef.
Invoerkwotas. Die regering beperk die hoeveelheid goedere of
dienste wat na die land ingevoer kan word.
Subsidies. Om plaaslike nywerhede te subsidieer ten einde met
ingevoerde produkte mee te ding deur produksiekoste te verlaag.
Enige ander redelike antwoord
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 16
5.3.2 Toepaslike rede geïdentifiseer; Verduideliking
Beskerming van spesifieke nywerhede:
Nuut gevestigde nywerhede vind dit baie moeilik om met goedkoper
produksiekoste van lank gevestigde firmas mee te ding.
Hulle word ook soms aan dumping blootgestel wanneer ander lande
goedere onder kosprys verkoop.
Ouer nywerhede wat sukkel om mee te ding kan ook beskerm word.
Werkverskaffing:
Die beskerming van plaaslike nywerhede is 'n belangrike meganisme
om poste in 'n land te beskerm. Hou plaaslike produsente se
besighede aan die gang deur mededinging uit te skakel en dus poste
te behou.
Daar word geredeneer dat indien plaaslike nywerhede nie beskerm
word nie, hulle nie sal kan meeding nie, met die gevolglike verlies
van noodsaaklike werk.
Voorkoming van dumping:
Dumping vind plaas wanneer goedere op buitelandse markte onder
die kosprys van die oorspronklike land verkoop word.
Ingevoerde goedkoop goedere kan rampspoedig vir plaaslike
mededingers en plaaslike poste wees.
Soms is hierdie ingevoerde goedkoop goedere van minderwaardige
gehalte.
Moedig ekonomiese groei aan:
Hoe meer plaaslike produksie daar is, hoe meer werk word geskep.
Dit lei tot hoër vraag en besteding.
Enige ander redelike antwoord
5.3.3 Noem; Verduideliking
Natuurlike hulpbronne is nie gelyk versprei nie:
Bv. SA se minerale rykdom stel ons in staat om goedkoper te
produseer om uit te voer en terselfdertyd moet ons ander hulpbronne
invoer, bv. olie
Arbeidshulpbronne:
Gehalte, hoeveelheid en koste verskil tussen land, bv.
arbeidsaanbod in China is hoog en koste is laag. Ander lande het
hoë vlakke van sofistikasie van arbeid – produktiewer.
Tegnologie en spesialisasie:
Sommige lande het toegang tot tegnologiese hulpbronne om teen
lae koste te produseer. Japan spesialiseer in elektroniese toerusting,
produseer in massa en verkoop teen laer pryse.
Inkomstevlakke verskil van land tot land:
Hoër inkomste lei tot 'n verandering in behoeftes, veral vir luukse
goedere.
Verbruikersvoorkeure en -smake verander:
Mense word elke dag aan al hoe meer produkte blootgestel.
Ontwikkeling van kommunikasie en vervoer:
Rol van televisie, die internet, ens. stel mense aan nuwe produkte en
dienste bloot. Lande en produkte is naby aan mekaar.
Enige ander redelike antwoord
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 16
AFDELING C
VRAAG 6 DATARESPONS
6.1 6.1.1 'n Maksimum prys kom voor wanneer 'n regering 'n regsperk op die
prys van 'n produk of diens plaas – met die doel om pryse onder die
markewewigsprys te verlaag.
6.1.2 Verduideliking
Rand-dollar-wisselkoers – hoe swakker die rand, hoe duurder die
prys van olie.
Prys van olie – hoe hoër die prys van olie, hoe hoër die prys van petrol.
6.1.3 Toepaslike rede geïdentifiseer; Verduideliking
Produksiekoste styg
Die meeste besighede/nywerhede maak op brandstof staat en dus
sal hul produksiekoste styg, wat tot hoër pryse op goedere en
dienste sal lei.
Laer vraag/ekonomiese groei
Afname in vraag na goedere en dienste as gevolg van minder
besteebare inkomste sal tot 'n daling in BBP lei.
Hoër inflasie/laer lewenstandaard
Hoër VPI en/of PPI lei tot 'n laer lewenstandaard.
Verhoogde vervoerkoste
Styging in brandstofpryse sal druk op die vervoersektor plaas,
naamlik private motors, taxi's, openbare busvervoer en selfs Uber
vervoer en sal dit moeiliker vir baie pendelaars maak om na en van
werk te reis.
Enige ander redelike antwoord.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 16
6.1.4
Prys
Maks.
prys
K1 K2 Hoeveelheid
Diagram
Maks. prys duidelik aangedui. (een punt vir net toon van maks.
pryslyn)
Korrekte benoeming van asse en kromme.
Verduideliking
Indien die maksimum prys onder die ewewigsprys gestel word, sal
dit 'n tekort veroorsaak – vraag sal groter as aanbod wees.
Weens die tekort, skep dit die aansporing om 'n 'swart mark' te
ontwikkel waar mense onwettig met die produk handel dryf.
Nog 'n gevolg van 'n maksimum prys is dat mense gedwing sal word
om in toue te staan om te probeer om die produk te kry voordat dit
uitverkoop is.
Aanvaar enige redelike antwoord.
6.1.5 Kenmerke; Verduideliking
In 'n oligopolie domineer 'n paar groot firmas die mark.
Daar is net 'n paar nuwe firmas in die Suid-Afrikaanse petrolmark en
die mark/markaandeel word deur net 'n paar oorheers.
Die produk kan homogeen wees, bekend as 'n volledige
oligopolie, maar dit is meesal heterogeen, ook bekend as 'n
gedifferensieerde oligopolie.
Petrol, as 'n produk, kan as homogeen beskou word.
Die gehalte van diens, verskillende tipes brandstof en verskillende
toevoegings, bv. lojaliteitskemas, supermarkte, toegang tot OTM's
maak dit waarskynliker heterogeen
Toetrede tot die mark is moontlik maar dit raak moeiliker omdat
hindernisse tot toetrede bestaan.
Daar is aansienlike hindernisse om brandstofstasie/petrolmaatskappy
te begin, bv. aansienlike hoeveelhede kapitaal.
Volledige inligting is nie beskikbaar nie weens mededinging.
Hoewel daar baie inligting beskikbaar is vir die verskillende
petrolmaatskappy, bly dit onvolledig.
Oligopoliste span dikwels saam deur 'n ooreenkoms, reëling of
verstandhouding aan te gaan om mededinging in die nywerheid te
beperk en hoë vlakke van winsgewendheid op die lang duur te
handhaaf. In die praktyk is dit egter moeilik om dit met die petrolprys
te doen, aangesien dit gereguleer word, maar kan in die dieselmark
plaasvind.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 16
6.2 6.2.1 China
6.2.2 Inspuiting
6.2.3 Ontleding en verduideliking
Argument vir:
Wanneer die rand verswak, word ingevoerde goedere duurder en
uitgevoerde goedere goedkoper. Dit sal die handelsbalans verbeter.
'n Swakker rand beteken dat myne wat kommoditeite uitvoer 'n
styging in hul winste ervaar. Groter uitvoere sal die handelsbalans
verbeter.
Die swakker rand kan ook korttermynvoordele vir lande suid van die
Sahara inhou wat aansienlike volumes van Suid-Afrika invoer.
Enige ander redelike antwoord
Argument teen:
Die bron dui aan dat sommige van ons invoere onelasties is; dit
beteken dat 'n verswakking in die wisselkoers nie noodwendig tot 'n
daling in invoere sal lei nie, wat ons handelsbalans sal verswak.
Die swak rand sal ook die koste van ingevoerde goedere vir
verbruikers laat styg.
'n Swakker geldeenheid kan daartoe lei dat die ekonomie hoër
brandstofpryse in die gesig staar met moontlike negatiewe uitwerking
op die handelsbalans.
Enige ander redelike antwoord
Totaal: 300 Punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Economics notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Economics questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Economics quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Economics past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Economics and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Economics Grade 12 IEB 2019 Memo

MemorandumIEB
Economics Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Economics Grade 12 IEB 2018 Memo

MemorandumIEB
Economics Grade 12 IEB 2017 Memo

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB



