Downloaded from hlayiso.com
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE:
DIGITALE ELEKTRONIKA
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentExam guideline %202021%20Afr_hlayiso.com_--2141f408-0c7e-4fc8-b5ba-91bcdac9b4db/v1-367e0f64fb8915622d24/card.webp)

%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Question%20Paper--5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537/v1-bc4ab06b657031de8079/card.webp)

%20MG%20Eng_hlayiso.com_--f18ec199-142b-4e06-99d0-4622fb070b9f/v1-e27a44a2fab1041f2a7d/card.webp)
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--8a8f1c7e-856a-424b-a98c-cd41dda0d11d/v1-15f5d758ee8c37d4ea4d/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--580b58ae-825d-4217-9a98-23e34a23a4d8/v1-afa56bb8a0560df71530/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--c3a468e5-d3ba-4a27-b30b-3dc5074ce0fc/v1-0dd0f556b31dbe765661/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--f9d127bc-4db0-4b30-875a-c9b86afeacdd/v1-beb50235a0a90d3bd083/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--47e1ac45-6a35-4a5c-bf7f-f8833ac903f5/v1-c7c9a07f51389ea35465/card.webp)
View all



%20Eng--870e3d22-85e9-42bd-890f-3ef1fd3333cf/v1-34f597b30020a0074782/card.webp)
%20Afr--98972424-ba56-4bbc-a319-fdfc1fec40f8/v1-90de7f1850adc8e5ce8c/card.webp)
Electrical Technology GR 12 Exam Guidelines (Digital) 2021 Afr hlayiso.com
Electrical Technology · Grade 12 · Digital · 2021. Exam guideline, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Digital
- Pages
- 17
- File size
- 776.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. ASSESSERING IN GRAAD 12 4
3. UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV) 6
4. VOORBEREIDING VAN LEERDERS VIR DIE NSS: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 12
5. FORMULEBLAD: DIGITALE ELEKTRONIKA 17
6. SLOT 17
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Elektriese Tegnologie: Digitale
Elektronika beskryf die aard en doel van die vak Elektriese Tegnologie. Dit gee leiding aan die
filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die
graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Elektriese Tegnologie geassesseer
gaan word.
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op
geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of
finale eksterne praktiese eksamens nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument is, wat jaarliks
bygewerk word.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV): Elektriese Tegnologie
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. ASSESSERING IN GRAAD 12
2.1 Struktuur/Formaat van die Vraestel
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD
GENERIES – ALMAL
1 Meervoudigekeuse-vrae 15 14 min.
2 Beroepsgesondheid en Veiligheid 10 9 min.
GENERIES – DIGITALE ELEKTRONIKA EN ELEKTRONIKA
3 Skakelkringe 50 45 min.
4 Halfgeleiertoestelle 20 17 min.
SPESIFIEK
5 Digitale en Sekwensiële Toestelle 55 50 min.
6 Mikrobeheerders 50 45 min.
TOTAAL 200 180 min.
2.2 Kognitiewe Vlakke
Bloom se Taksonomie bestaan uit ses vlakke, soos hieronder getoon.
Kombineer dele om 'n
nuwe geheel te maak
Skepping
Die waarde van inligting of
idees te beoordeel Evaluering
Verdeling van inligting in
komponente Analise
Pas die feite, reëls,
konsepte en idees toe
Om te verstaan wat
Toepassing
die feite beteken
Feite erken en Verstaan
onthou
Kennis
BESKRYWING VAN
VAARDIGHEDE
KOGNITIEWE VLAK VERDUIDELIKING AKSIEWERKWOORDE
GETOON
VLAK
Die leerder skep nuwe Skepping uitdink, beraam, uitvind,
idees en inligting met Beplanning voorstel, konstrueer, skep,
behulp van die kennis Produsering maak, ontwikkel,
wat voorheen geleer is, Ontwerp formuleer, verbeter,
of bekend is. Op die Uitvinding beplan, ontwerp,
uitgebreide abstrakte Uitdink (beraam) produseer, voorspel,
vlak maak die leerder Maak opstel, ontstaan, verbeel
skakelings nie net binne
SKEPPING 4 die gegewe vakgebied
nie, maar ook verder as
die vak en veralgemeen
en dra die beginsels en
idees onderliggend aan
die spesifieke
onderwerp oor. Die
leerder werk met
verwantskappe en
abstrakte idees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
BESKRYWING VAN
VAARDIGHEDE
KOGNITIEWE VLAK VERDUIDELIKING AKSIEWERKWOORDE
GETOON
VLAK
Die leerder neem Kontrolering kombineer, integreer,
besluite wat op 'n in- Vorming van 'n verander, herrangskik,
diepte-besinning, kritiek hipotese vervang, vergelyk,
en evaluering gebaseer Kritieklewering voorberei, veralgemeen,
is. Die leerder werk op Eksperimentering herskryf, kategoriseer,
die uitgebreide Beoordeling saamstel, rekonstrueer,
EVALUERING 4 abstrakte vlak. organiseer, regverdig,
Toetsing
Opsporing argumenteer, prioritiseer,
(ontdekking) beoordeel, gradeer,
valideer, verwerp,
Monitering
waardeer, assesseer,
waarde, orden, besluit,
kritiseer
Die leerder toon Organisering ontleed, skei, orden,
waardering vir die Vergelyking verduidelik, verbind,
belangrikheid van die Dekonstruering klassifiseer, rangskik,
dele in verhouding met (ontbinding) verdeel, vergelyk, kies,
die geheel. Verskeie Toewysing sien verband, afbreek,
aspekte van die kennis Breë beskrywing kontrasteer, onderskei,
word geïntegreer, die Bevinding teken, illustreer,
3 leerder toon 'n dieper Strukturering identifiseer, oorsig gee,
ONTLEDING begrip en die vermoë uitwys, verhouding
Integrering
om 'n geheel in sy aandui, bevraagteken,
samestellende dele af beoordeel, argumenteer,
te breek. Elemente wat verdedig, debatteer,
deel is van 'n geheel, kritiseer, toets,
word geïdentifiseer en eksamineer, ondersoek,
die verhoudings tussen eksperimenteer
die elemente word
herken.
Die leerder het die Implementering toepas, demonstreer,
vermoë om kennis en Doen bereken, voltooi, illustreer,
vaardighede in ander Gebruik toon, oplos, ondersoek,
bekende situasies en Uitvoering aanpas, sien die verband,
TOEPASSING nuwe situasies te verander, klassifiseer,
gebruik (of toe te pas). eksperimenteer, ontdek,
konstrueer, manipuleer,
voorberei, produseer,
teken, maak, opstel,
2 bepaal, orden, interpreteer
Die leerder verstaan die Verklaring opsom, beskryf,
betekenis van inligting Vergelyking interpreteer, bereken,
deur die interpretasie Verduideliking teenstel, assosieer,
BEGRIP EN en oordrag van wat Verbandsiening onderskei, skat,
ROETINE- geleer is. differensieer, bespreek,
Klassifisering
TOEPASSINGS uitbrei, verstaan, omskakel,
verduidelik, gee voorbeeld,
herskryf, aflei (sien
verband), hersien,
waarneem, gee hoofidee
Die leerder is in staat Herkenning lys, definieer, vertel,
om feite en ander 'n Lys maak van beskryf, identifiseer, wys,
ONTHOU 1
aangeleerde inligting te Beskrywing weet, gee byskrifte,
herroep, te onthou en te Identifisering versamel, kies,
herhaal. Onttrekking reproduseer, pas, herken,
Herroeping ondersoek, aanhaal,
Benaming benoem
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
BASIESE VAARDIGHEDE VERBONDE AAN DIE VAK
Die volgende vaardighede sal in die vraestel gemeet word. Die teenwoordigheid van hierdie
vaardighede is 'n aanduiding van die algemene vaardighede in die vak:
Die vermoë om instruksies te volg
Identifisering van byskrifte/etikettering/die maak van tekeninge/diagramme/skematiese
voorstellings
Grafieke en interpretasie van grafieke/data
Berekeninge uitwerk en interpreteer
Organisering/Opname en kategorisering van data
Onttrekking en/of manipulasie en/of evaluering van data
Verduideliking van die funksionele werking van stroombane en/of komponente
LET WEL:
BEREKENINGE GOLFVORME/VLOEIKAARTE/KRINGE
Oor die algemeen is die kriteria wat vir Golfvorme sal volgens die volgende kriteria
berekeninge gebruik word, soos volg: beoordeel word:
Korrekte formule Tipe golfvorm (invoer/afvoer)
Vervanging van waardes Korrekte byskrifte
Vereenvoudiging van waardes Korrekte stip van waardes (korrekte waardes,
Antwoorde en korrekte eenhede proporsionele stip)
Byskrifte en eenhede op Y-as
Byskrifte en eenhede op X-as
Faseverhouding
3. UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD PUNTE
Meervoudige- Dek al die inhoud 15
keuse-vrae
Beroeps- Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993)
gesondheid Definisies
en veiligheid Doel van die Wet
Algemene pligte van werkgewers en werknemers
Algemene pligte van werkgewers en selfwerksame persone, asook
persone anders as hul werknemers
Algemene pligte van vervaardigers en andere t.o.v. artikels en die
gebruik van sekere stowwe by die werk
Verantwoordelikheid om in te lig
Algemene pligte van werknemers by die werksplek
Verantwoordelikheid om nie met toestelle/items by die werk in te
meng, dit te vandaliseer of buite werking te stel nie
Funksies van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers
Rapportering van sekere insidente aan die inspekteur
Viktimisasie is verbode
Oortredings, strawwe en spesiale opdragte van die hof
Veiligheidhersiening
Onveilige optrede
Onveilige omstandighede
Gevaarlike praktyke
Risiko-ontleding
Menseregte in die werksplek
Werksetiek
Hersiening van noodgevalleprosedures (graad 10) 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
Skakelkringe Werksbeginsel van skakelkringe met gebruik van operasionele
en versterkers en tydreëlaars
beheerkringe
LET WEL:
By multivibrators gebruik die 741-op-versterker en 555-tydreëlaar
By Schmitt-sneller, vergelyker, sommeerversterker,
differensieerder en integreerder gebruik slegs die
741-op-versterker
Multivibrators
Bistabiele multivibrator
Kringdiagram, werking en funksie van komponente
(identifiseer, teken en verduidelik)
Meting en teken van inset- en uitsetgolfvorme
Monostabiele multivibrator
Kringdiagram, werking en funksie van komponente
(identifiseer, teken en verduidelik)
Meting en teken van inset- en uitsetgolfvorme
Astabiele multivibrator
Kringdiagram, werking en funksie van komponente
(identifiseer, teken en verduidelik)
Meting en teken van inset- en uitsetgolfvorme
Schmitt-sneller
Kringdiagram, werking en funksie van komponente
(identifiseer, teken en verduidelik)
Uitsetgolfvorm in verhouding met die insetgolfvorm soos
vertoon op 'n ossilloskoop (identifiseer, teken en verduidelik)
Vergelyker en sommeerversterker
Kringdiagram, werking en funksie van komponente (identifiseer,
teken en verduidelik)
Uitsetgolfvorm in verhouding met die insetgolfvorm soos vertoon
op 'n ossilloskoop (identifiseer, teken en verduidelik)
Berekeninge:
-
- ( ) ( )
Meting van inset- en uitsetgolfvorme
Differensieerder en integreerder
Kringdiagram, werking en funksie van komponente (identifiseer,
teken en verduidelik)
Uitsetgolfvorm in verhouding met die insetgolfvorm soos vertoon
op 'n ossilloskoop (identifiseer, teken en verduidelik)
Invloed van die tydkonstante op die uitsetgolfvorm (identifiseer,
teken en verduidelik) 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
Halfgeleier- Bekendstelling van geïntegreerde kringe (IK)
toestelle
Geïntegreerde kringe – die 741-op-versterker
Basiese samestelling, simbool, funksionele werking
Tipiese aanslagspannings
Eienskappe van 'n ideale op-versterker en toepassing as
'n versterker
Wins: ooplus- en gesloteluswins
Toepassing as 'n omkeerversterker
Toepassing as 'n nie-omkeerversterker
Berekeninge
Omkeerversterker
Uitsetspanning
( )
Wins
( )
Nie-omkeerversterker
Uitsetspanning
Wins
( )
Geïntegreerde Kringe – die 555-tydreëlaar
Basiese konstruksie, simbole en die funksionele werking van die
555-tydreëlaar.
Kenmerkende krommes en tipiese werkspannings
Toepassing as 'n tydreëlaar 20
Digitale en Dekodeerders en enkodeerders
sekwensiële Sewesegmentvertoon-eenhede en dekodeerder/drywer
toestelle Blokdiagramme van enkodeerders en dekodeerders insluitend
BKD tot 7-segmentvertoondekodeerder
VKV-/LED-vertooneenhede en -drywers
LED-verbindingsmetodes
VKV-werksbeginsel
7-segmentvertoondrywer – basiese konstruksie, bedradings-
diagram en blokdiagram
Elementêre beginsels van kombinasiekringe sonder geheue-
elemente
Werksbeginsels, kringdiagram (logikakring) en gebruik van:
Halfopteller
Volopteller
3- en 4-bis parallelle binêre opteller
Elementêre beginsels van geheue-elemente
Toepassing van logikahekke as die boublokke vir geheue-
elemente:
RS- en die geklokte RS-grendel
Logikahek-uiteensetting
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
Waarheidstabel
Blokdiagramsimbool
Werking
J-K-wipkring en geklokte J-K-grendel
Logikahek-uiteensetting
Waarheidstabel
Blokdiagramsimbool
Werking
D-wipkring en geklokte D-grendel
Logikahek-uiteensetting
Waarheidstabel
Blokdiagramsimbool
Werking
Die werking van RS-, J-K- en D-tipe-wipkringe moet deeglik behandel
word deur middel van 'n verduideliking en die waarheidstabel.
Leerders moet daagliks oor wipkringe geassesseer word.
Elementêre beginsels van tellers
Logikaheksamestelling, waarheidstabel, blokdiagramsimbool, werking
en tydsdiagramme van die volgende 3- en 4-stadium tellers:
Rimpeltellers
Sinchrone tellers
Asinchrone tellers
Op/Af-tellers
Selfstoptellers
Toepassing van tellers:
Tellers as frekwensieverdelers
Dekadeteller
Binêr-gekodeerde desimale teller
Die werking van tellers moet deeglik behandel word deur middel van
verduidelikings en demonstrasies. Leerders moet daagliks oor tellers
geassesseer word.
Basiese beginsels van registers
Kringdiagramme van die volgende skuifregisters:
Skuifregisters – serielas-skuifregister (serie-inset, serie-uitset);
SISU
Serie-inset, parallel-uitset; SIPU
Skuifregisters – parallel-las-skuifregister
Parallel-inset, serie-uitset; PISU
Parallel-inset, parallel-uitset; PIPU
Die werking van registers moet deeglik behandel word deur middel
van verduideliking en demonstrasies. Leerders moet daagliks oor
registers geassesseer word. 55
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
Mikro- Inleiding tot mikrobeheerders
beheerders Geskiedenis van mikrobeheerders
Gebruike van mikrobeheerders
Voordele van mikrobeheerders
Hardeware van mikrobeheerders
Blokdiagram van 'n mikrobeheerder
Werking van 'n mikrobeheerder
Basiese funksie en konsepte van mikrobeheerders
Wat is 'n mikrobeheerder?
Verskil tussen 'n mikrobeheerder en 'n mikroprosesseerder
'n Digitale IK wat geprogrammeer kan word om 'n proses te
beheer
Diskrete logika- vs. geïntegreerde logikatoestelle
Dele van 'n mikrobeheerder – slegs konsepte
SVE ('CPU') met registers
Definisies en werking van die verskillende tipes registers
Geheue
Definisies en werking van die verskillende tipes geheue (LSG
en LAG) ('RAM' en 'ROM')
Inset-/uitset-penne
Tydreëlaars
Definisies en werking
Analoog na digitale omsetters
Definisies en werking
Kommunikasie in 'n mikrobeheerder
Wat word met kommunikasie in 'n mikrobeheerder bedoel?
Definisies van die verskillende busse
Blokdiagram van die busstelsel
Definisies van die protokolle
Blokdiagram en definisies van die tipes protokolle (simpleks en
dupleks)
Serie- vs. parallel-kommunikasie
Blokdiagramme, verskille en definisies van die twee soorte
kommunikasie (serie en parallel)
Blokdiagramme, verskille en definisies van die twee tipes
kommunikasie (asinchrone en sinchrone)
Kommunikasietoestelle
Blokdiagramme, verskille, werking en definisies van die
verskillende soorte:
Serie-kommunikasiekoppelvlak ('SCI') of universele
asinchrone ontvanger-sender ('UART')
Serie-rand-koppelvlak ('SPI')
Intergeïntegreerde bus (I2C)
Kommunikasieprotokolle
Blokdiagramme, verskille, werking, beskrywing van pin-kodes
en definisies van die verskillende soorte:
RS-232
RS-485
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
Sagteware van mikrobeheerders
Definisie van 'n algoritme
Definisie van 'n program
Verhouding tussen algoritmes en vloeidiagramme
Instruksievel/Vloeidiagram
Definisie van 'n vloeidiagram
Datavloeidiagram-simbole in PICAXE
Instruksies en konvensies
Datavloeilyne
Wettige vs. onwettige datavloei
Voorwaardelike stelling ('IF statement')
Lusse ('repetition')
Definisie van foutsporing ('debugging')
PICAXE
Gebruik van PICAXE-programmeringsagteware
Gebruik van Logicator of soortgelyke vloeikaartsagteware om
PICAXE met die volgende funksies te programmeer:
Inset/uitset
Analoog na digitale omskakeling
Tydreëlaars
Tellers
Selflesse ('tutorials')
Simulasie voor programmering
Foutsporing van 'n program
Koppelvlakkabel (USB of RS232)
Programmering van die PICAXE
Op- en aflaai van programme na en van die PICAXE-
mikrobeheerder
Werkblaaie met verskillende scenario's moet gegee word om
die teken van vloeidiagramme te oefen 50
Alle beslissingselemente moet JA/NEE op die regte plek hê
200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
4. VOORBEREIDING VAN LEERDERS VIR DIE NSS: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE
Leerders weet nie intuïtief hoe om 'n vraestel suksesvol te beantwoord nie. Onderwysers moet
leerders voorberei om die vaardighede te hê wat nodig is om 'n vraestel suksesvol te voltooi.
Hierdie voorbereidingsproses begin in graad 10 en eindig in graad 12. Leerders moet in die
volgende vaardighede opgelei word, wat hulle sal help om die vraestel effektief te beantwoord:
Manipulering van formules: Die leerders moet leer hoe om die standaardformule te gebruik,
die formule korrek te manipuleer, waardes korrek te vervang en te onthou om altyd 'n waarde/
eenheid by 'n antwoord by te voeg.
Voorvoegsels en eenhede: Leerders moet 'n duidelike begrip van die omskakeling en gebruike
van eenhede en afkortings hê, soos kilo-, milli-, mikro-, nano-, ens. Onderwysers moet hierdie
vaardigheid by leerders indril.
Leerders moet geleer word hoe om 'n vraestel en ANTWOORDEBOEK te benader.
Beplanning van die antwoorde: Leerders moet weet hoe om in 'n chronologiese volgorde te
beantwoord en moet weet hoeveel ruimte deur 'n tipiese antwoord in beslag geneem moet word.
Moenie vrae opbreek nie en dit lukraak beantwoord en nie volgens die volgorde van die vrae
nie. Maak seker dat die nommeringskonvensie in die vraestel in die ANTWOORDEBOEK gevolg
word.
Oop ruimtes in die ANTWOORDEBOEK: Onderwysers moet leerders aanmoedig om ALLE
vrae, insluitend subvrae, te beantwoord en nie oop ruimtes te laat nie. Selfs wanneer leerders
onseker is oor die verwagte reaksie, word hulle aangemoedig tot die beste van hul vermoë te
beantwoord. Dit kan daartoe lei dat hul gedagtes in die regte rigting gestuur word, wat die
leerder tot 'n korrekte of gedeeltelik korrekte antwoord lei. Waar leerders 'n oop ruimte gelaat het
om met die vraestel voort te gaan, moet hulle geleer word om na daardie ruimte terug te keer
wanneer die res van die vraestel voltooi is.
Onderwysers word aangemoedig om aandag te gee aan Bloom se Taksonomie en hulle moet
leerders voorberei om basiese onthou-vrae te beantwoord, asook meer ingewikkelde sin-tipe
vrae, bv. die paragraaftipe antwoorde soos die werking van 'n transformator.
Leerders moet geleer word om gereeld vrae en antwoorde vir huiswerk en toetse hardop in die
klas te lees.
Onderwysers moet leerders aanmoedig om deel te neem aan intelligente debatvoering en
besprekings oor vakinhoud en oor hoe 'n antwoord gekonstrueer moet word. Leerders moet
weet hoe om hul sinne te vorm om oor te dra wat hulle probeer sê.
Leerders moet leer hoe om 'n lys van feite te maak. Antwoorde word geassesseer op die
beginsel van een punt vir een feit.
Onderwysers moet aan die leerders die verskil toon tussen 'n skets, 'n simbool en wat 'n
blokdiagram voorstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
Hieronder is 'n voorbeeld van 'n skets. Dit is vryhand geteken en lyk soos 'n werklike toestel.
Punte word vir tekeninge MET BYSKRIFTE toegeken. Sonder byskrifte kan 'n tekening nie
geassesseer word nie.
skakel
Koper
tandwiel rat
Plastiek
spoor
Gs motor
elektronies
kring battery
bord
WS
laaispoel
FIGUUR 1: SKETS
Simbole: Simbole is eenvoudige voorstellings van elektroniese toestelle en hou verband met
die teorie oor hoe die toestel werk en nie noodwendig die voorkoms van die toestel nie. Sonder
byskrifte en 'n titel kan dit nie doeltreffend nagesien word nie.
Die NPN-transistor
LET WEL:
Die simbool moet korrek geteken word en dan word 1 punt vir elke korrekte byskrif toegeken.
FIGUUR 2: SIMBOOL EN HOE DIT NAGESIEN WORD
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
Blokdiagramme: Blokdiagramme word op groot skaal in Elektriese Tegnologie gebruik. Dit hou
gewoonlik verband met prosesse en hoe toestelle werk. Dit verteenwoordig die werking van 'n
stelsel/toestel en mag geen fisiese ooreenkoms met die toestel hê nie. Let daarop dat
blokdiagramme halfvoltooid gegee mag word, wat vereis dat die leerder die ander dele moet
invul/voltooi.
FIGUUR 3: BLOKDIAGRAM
Alle sketse, simbole, diagramme en golfvorme moet altyd byskrifte en 'n opskrif hê.
Leerders moet gewys word hoe hulle golfvorme kan interpreteer en gebruik om hul antwoorde te
ondersteun.
Leerlogika: Leerlogikadiagramme moet benoem word en elk van die operande moet
geïdentifiseer word.
FIGUUR 4: LEERLOGIKA
Sketse, diagramme en golfvorme moet duidelik, nie te klein nie en maklik interpreteerbaar wees.
Waak teen klein en onleesbare tekeninge.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 15 DBE/2021
Eksamenriglyne
Kringdiagramme: Kringdiagramme word volgens die volgende uitgangspunt nagesien:
Die kring of gedeelte van die kring moet korrek wees.
Alle komponente moet byskrifte hê.
Let daarop dat die hele kring of gedeeltes van 'n kring gegee en getoets kan word.
FIGUUR 5: KRINGDIAGRAM
Berekeninge:
Berekeninge moet met ALLE stappe gedoen word.
Waardes moet korrek geplaas word.
Eenhede wat aan die berekening toegeken is, moet getoon word.
Verkeerde eenhede sal daartoe lei dat die antwoord as verkeerd nagesien sal word.
Geen eenhede nie, sal daartoe lei dat die antwoord as verkeerd nagesien sal word.
Dit is goeie praktyk om 'n streep onder die finale antwoord te trek, en met 'n klein pyltjie te
eindig. Dit dui aan dat die berekening klaar gedoen word.
1
Fr
2 LC
1
2 0.15 x 47 x10 6
59.94 Hz
FIGUUR 6: 'N BEREKENING EN HOE OM DIT NA TE SIEN
Daar moet strepe tussen vrae getrek word.
Rofwerk moet as rofwerk aangedui word en 'n streep moet hierdeur getrek word.
Kragfaktor (Cosθ): Wanneer die drywingsfaktor gebruik word, moet leerders daarop let of die
drywingsfaktor of die fasehoek gegee word. Leerders gebruik die drywingsfaktor as 'n hoek, wat
daartoe lei dat hulle antwoorde verkeerd is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 16 DBE/2021
Eksamenriglyne
Fasordiagramme moet altyd 'n pyltjie hê wat die draairigting wys. Aangesien 'n fasor 'n
roterende vektor is en altyd antikloksgewys roteer, word dit van die leerders vereis om dit aan te
toon wanneer hulle grafiese voorstellings van fasors doen.
Draairigting
FIGUUR 7: FASORDIAGRAM
Inset- en uitsetgolfvorme: Dit is algemeen in Elektriese Tegnologie om die leerder te vra wat
die resultaat van 'n insetgolfvorm in 'n stroombaan op die uitset van die stroombaan kan wees.
Dit is omdat die beginsel van insette, prosesse, afvoer die hoeksteen vorm van hoe elektriese
en elektroniese kringe werk.
Deur inset- en uitsetgolfvorme direk onder mekaar te plaas, op 'n gesinchroniseerde manier,
word die manier waarop 'n baan 'n golfvorm beïnvloed, maklik geïllustreer. Dieselfde geld vir
digitale kringe.
WS-
inset-
spanni
GS-
uitset-
spannin
FIGUUR 8: INSET- EN UITSETGOLFVORME
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 17 DBE/2021
Eksamenriglyne
5. FORMULEBLAD: DIGITALE ELEKTRONIKA
LET WEL: Hierdie formuleblad is slegs 'n riglyn en bevat dalk nie AL die formules bevat soos
in die voorgeskrewe handboek en/of KABV-beleidsdokument nie.
HALFGELEIERTOESTELLE SKAKELKRINGE
VOUT R VOUT (V1 V2 V3 ....VN )
Gain A V F
VIN RIN
R R R R
VOUT VIN F VOUT VIN 1 F VIN 2 F ... .VINN F
R IN R1 R2 RN
V RF
Gain A V OUT 1
VIN R IN
R
VOUT VIN 1 F
R IN
6. SLOT
Daar word voorsien dat hierdie Eksamenriglyne as 'n instrument sal dien om onderwysers te
versterk en te bemagtig om geldige en betroubare assesseringsitems in al hul
klaskameraktiwiteite op te stel.
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.
Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos in die KABV uiteengesit, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%202021%20Afr_hlayiso.com_--2141f408-0c7e-4fc8-b5ba-91bcdac9b4db/v1-367e0f64fb8915622d24/card.webp)
Exam guideline
Electrical Technology GR 12 Exam Guidelines (Power Systems) 2021 Afr hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers
%20(English)%20June%202025%20Question%20Paper--5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537/v1-bc4ab06b657031de8079/card.webp)
Question paper
Electrical Technology (Power Systems) (English) June 2025 Question Paper

Memorandum
ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--f18ec199-142b-4e06-99d0-4622fb070b9f/v1-e27a44a2fab1041f2a7d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Digital) MG Eng hlayiso.com
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--8a8f1c7e-856a-424b-a98c-cd41dda0d11d/v1-15f5d758ee8c37d4ea4d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Power Systems) MG Eng hlayiso.com
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--580b58ae-825d-4217-9a98-23e34a23a4d8/v1-afa56bb8a0560df71530/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Electronics) MG Afr hlayiso.com
%20Eng_hlayiso.com_--c3a468e5-d3ba-4a27-b30b-3dc5074ce0fc/v1-0dd0f556b31dbe765661/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Digital) Eng hlayiso.com
%20Eng_hlayiso.com_--f9d127bc-4db0-4b30-875a-c9b86afeacdd/v1-beb50235a0a90d3bd083/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Power Systems) Eng hlayiso.com
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--47e1ac45-6a35-4a5c-bf7f-f8833ac903f5/v1-c7c9a07f51389ea35465/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Nov 2021 (Digital) MG Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Electrical Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English hlayiso.com

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Electronics Afrikaans hlayiso.com

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Power Systems Afrikaans hlayiso.com

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Digital English hlayiso.com
%20Eng--870e3d22-85e9-42bd-890f-3ef1fd3333cf/v1-34f597b30020a0074782/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Nov 2024 (Electronics) Eng
%20Afr--98972424-ba56-4bbc-a319-fdfc1fec40f8/v1-90de7f1850adc8e5ce8c/card.webp)
Question paper