Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA
NOVEMBER 2021
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en
'n 5 bladsy-antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers %20Eng_hlayiso.com_--fc61477e-f472-4e85-9460-13014dacc912/v1-9c9553fad829feb9164a/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--1f6d698d-cd31-4e9d-8b14-1f0cf8809640/v1-bcbc620dca2d61f28a85/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--c3a468e5-d3ba-4a27-b30b-3dc5074ce0fc/v1-0dd0f556b31dbe765661/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--f9d127bc-4db0-4b30-875a-c9b86afeacdd/v1-beb50235a0a90d3bd083/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)


Electrical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)
Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 795.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE:
VRAAG 4.3.4 en 4.5.2
VRAAG 5.1.6, 5.5.2 en 5.6.2
VRAAG 6.3.3
4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD
en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie.
5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
plekke af.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Berekeninge moet die volgende insluit:
9.1 Formules en manipulasies waar nodig
9.2 Korrekte vervanging van waardes
9.3 Korrekte antwoorde en relevante eenhede waar van toepassing.
10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 3 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 E.
1.1 Kies die korrekte voorbeeld van 'n onveilige toestand wat waarskynlik skade
aan eiendom of 'n besering kan veroorsaak:
A Hardloop in die werkswinkel
B Mors vloeistof of olie sonder om dit skoon te maak
C Foutiewe gereedskap of toerusting
D Oorbelasting van elektriese sokke wanneer baie toestelle verbind word (1)
1.2 'n RLC-seriekring is oorwegend induktief wanneer ...
A XC > XL
B XL > XC
C XL = XC
D VC > V L (1)
1.3 Die fasehoek van 'n oorwegend kapasitiewe RLC-seriekring is ...
A voorlopend.
B nalopend.
C in fase.
D nul. (1)
1.4 Die ... van 'n resonante kringbaan is die mate van hoe goed dit op 'n reeks
frekwensies reageer.
A geleiding
B verplasingsfaktor
C resonansiefrekwensie
D selektiwiteit (1)
1.5 'n Bipolêre voegvlaktransistor (BVT) word as 'n ... toestel beskou.
A spanningsbeheerde
B dreineerstroom (ID)
C geïsoleerde hek-tipe (IGBT)
D stroombeheerde (1)
1.6 Die voordeel van 'n veldeffektransistor bo 'n bipolêre voegvlaktransistor is dat
dit 'n ... het.
A uitermate hoë insetweerstand
B hoë insetstroom
C uitermate lae insetweerstand
D lae versterkingsfaktor (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 4 DBE/November 2021
NSS
1.7 Die N-kanaal-JVET sal korrek werk wanneer die ...
A hek-na-bron-pn-voegvlak meevoorgespan is.
B hek-na-bron-pn-voegvlak teenvoorgespan is.
C drein aan grond gekoppel is.
D hek aan die bron gekoppel is. (1)
1.8 'n Astabiele multivibrator ontwikkel ...
A een pulssiklus van hoog en laag wanneer 'n snellerpuls aangewend
word.
B 'n ononderbroke reeks pulse sonder dat 'n snellerpuls aangewend hoef
te word.
C een stabiele toestand sonder dat die snellerpuls op die inset aangewend
word.
D 'n reeks driehoekgolfvorme by die uitset. (1)
1.9 Wanneer 'n driehoekgolfvorm op die inset van 'n differensieerder aangewend
word, sal die uitset … wees.
A 'n GS-golfvorm
B 'n omgekeerde driehoekgolfvorm
C 'n vierkantsgolfvorm
D die eerste bofrekwensie-golf van die driehoekgolfvorm (1)
1.10 Wanneer die insetspanning op 'n nie-omkeer-Schmittsneller kleiner as die
verwysingspanning is, word die uitset na … gedryf.
A positiewe versadiging
B negatiewe versadiging
C beide negatiewe en positiewe versadiging
D nulversadiging (1)
1.11 Wanneer 'n vierkantsgolf op die inset van 'n op-versterker-integreerkringbaan
toegepas word, sal die uitset 'n … wees.
A sinusgolfvorm
B konstante GS-spanning
C driehoekgolfvorm
D vierkantsgolfvorm (1)
1.12 Kies die korrekte voorspanningsmetode vir 'n transistorversterker:
Die basis-emittor-voegvlak is ...
A teenvoorgespan en die kollektor-basis-voegvlak is meevoorgespan.
B meevoorgespan en die kollektor-basis-voegvlak is teenvoorgespan.
C meevoorgespan en die kollektor-basis-voegvlak is meevoorgespan.
D teenvoorgespan en die kollektor-basis-voegvlak is teenvoorgespan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 5 DBE/November 2021
NSS
1.13 Die frekwensiestrekking tussen die onderste en boonste frekwensies in die
frekwensieweergawe-grafiek van versterkers word die ... genoem.
A kritieke frekwensie
B middelfrekwensie
C distorsie frekwensie
D desibel (1)
1.14 In 'n klas B-versterker vloei die kollektorstroom vir ...
A die hele insetsiklus.
B 180° van die insetsiklus.
C meer as 180°, maar minder as 360°.
D minder as een helfte van die insetsiklus. (1)
1.15 'n Ossillator verskil van 'n versterker omdat die ossillator ...
A verminderde wins het.
B 'n wins van 1 het (eenheid).
C geen GS-toevoer nodig het nie.
D altyd 'n wisselende uitsetamplitude het. (1)
[15]
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Noem TWEE funksies van 'n gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger. (2)
2.2 Gee TWEE voorbeelde van menseregte in die werkplek. (2)
2.3 Onderskei tussen 'n onveilige handeling en 'n onveilige toestand. (2)
2.4 Risiko-analise kan in verskillende kategorieë verdeel word. Noem EEN
kategorie. (1)
2.5 Definieer gevaar met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en
Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2)
2.6 Noem EEN persoonlikebeskerming-item wat jy sal gebruik wanneer jy 'n
stroombord (PCB) ets. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 6 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: RLC-KRINGE
3.1 Definieer kapasitiewe reaktansie met verwysing na RLC-kringe. (2)
3.2 Noem die faseverwantskap tussen die stroom en spanning in 'n suiwer
induktiewe WS-kring. (1)
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
XL = 150 Ω XC = 120 Ω
R = 60 Ω
110 V/60 Hz
FIGUUR 3.3: RLC-SERIEKRING
Gegee:
R = 60 Ω
XC = 120 Ω
XL = 150 Ω
VT = 110 V
f = 60 Hz
3.3.1 Bereken die induktansie van die induktor. (3)
3.3.2 Bereken die impedansie van die kring. (3)
3.3.3 Bereken die drywingsfaktor. (3)
3.3.4 Noem DRIE toestande wat sal ontstaan indien die drywingsfaktor in 'n
RLC-seriekring eenheidswaarde bereik. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 7 DBE/November 2021
NSS
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 A en FIGUUR 3.4 B hieronder om die vrae wat volg, te
beantwoord.
WS C L R
FIGUUR 3.4 A: PARALLELRESONANSIEKRING
f XL XC IXL IXC
(kHz) (Ω) (Ω) µA µA
200 250 4 000 2,0 0,125
400 500 2 000 1,0 0,25
600 750 1 333 0,66 0,33
800 1 000 1 000 0,5 0,5
1 000 1 250 800 0,4 0,625
1 200 1 500 666 0,33 0,75
1 600 2 000 500 0,25 1,00
FIGUUR 3.4 B: DATA VAN DIE RLC-PARALLELKRING
3.4.1 Bepaal die resonansiefrekwensie in FIGUUR 3.4 B. (1)
3.4.2 Vergelyk die waardes van die induktiewe reaktansie en kapasitiewe
reaktansie wanneer die frekwensie van 200 Hz na 1 600 Hz toeneem. (2)
3.4.3 Bereken die spanningsval oor die induktor as die frekwensie
600 Hz is. (3)
3.4.4 Bereken die waarde van die kapasitor deur die reaktansiewaarde by
600 Hz te gebruik. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 8 DBE/November 2021
NSS
3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
XL= 50 Ω
R = 20 Ω XC = 50 Ω
220 V WS
FIGUUR 3.5: RLC-SERIEKRING
3.5.1 Bereken die totale stroomvloei deur die kringbaan. (3)
3.5.2 Bereken die spanningsval oor die induktor. (3)
3.5.3 Bereken die Q-faktor van die kringbaan. (3)
3.5.4 Verduidelik waarom die fasehoek van die kringbaan in FIGUUR 3.5 nul
sal wees. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 9 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.1 Noem EEN werkingsmodus van die metaaloksiedhalfgeleier-
veldeffektransistor (MOSVET). (1)
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Drein
Hek
Bron
FIGUUR 4.2: HALFGELEIERSIMBOOL
4.2.1 Identifiseer die halfgeleiersimbool in FIGUUR 4.2. (1)
4.2.2 Verduidelik hoe die metaaloksiedhalfgeleier-veldeffektransistor
(MOSVET) van die voegvlak-veldeffektransistor (JVET) verskil met
verwysing na die konstruksie daarvan. (2)
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+V
B2
0V
R R1
E B2
EVT
B1
Kapasitor-
spanning
VC
C
R2
0
0V
FIGUUR 4.3: EVT-PULSGENERATOR
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 10 DBE/November 2021
NSS
4.3.1 Identifiseer pulse B2. (1)
4.3.2 Verduidelik die term versadigingsgebied met verwysing na die
werking van die EVT. (2)
4.3.3 Beskryf hoe die EVT na die AFSNY-modus gedryf word. (3)
4.3.4 Teken die uitsetspanningsgolfvorm oor R2 op die ANTWOORDBLAD
vir VRAAG 4.3.4. (3)
4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+Vcc
R1 RC
C1 T1 C
+ B
Inset T2
E
Uitset
R2 CE +
RE
0V
0V
FIGUUR 4.4: KRINGDIAGRAM
4.4.1 Identifiseer die kringdiagram in FIGUUR 4.4. (1)
4.4.2 Beskryf hoe die transistors voorgespan en volledig AAN-geskakel
word deur na die nodige spannings te verwys. (2)
4.4.3 Noem TWEE voordele van die kringbaan in FIGUUR 4.4. (2)
4.4.4 Verduidelik waarom die transistor in FIGUUR 4.4 bo 'n
enkeltransistor verkies word wanneer dit as 'n skakelaar gebruik
word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 11 DBE/November 2021
NSS
4.5 FIGUUR 4.5 hieronder toon 'n operasionele versterker. Beantwoord die vrae
wat volg.
+ Vcc
3
+V +
6
Inset 2
-
-V Rf
- Vcc
V uit
R in
FIGUUR 4.5: OPERASIONELE VERSTERKER
4.5.1 Identifiseer die tipe operasionele versterker in FIGUUR 4.5. (1)
4.5.2 Teken die uitsetspanningsgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 4.5.2. (3)
4.5.3 Verduidelik waarom operasionele versterkers as differensiële
spanningsversterkers bekend staan. (1)
4.5.4 Gee TWEE redes waarom negatiewe terugvoer belangrik is
wanneer die op-versterker as 'n lineêre versterker gebruik word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 12 DBE/November 2021
NSS
4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+Vcc
Aard 1 8 Toevoer
5 kΩ 5 kΩ 5 kΩ
Sneller 2 7 Ontlaai
+ _ + _
H S
Uitset 3 6 Drempel
Wip-
kring
Uitset- Q Q
drywer
Terugstel Spanning-
4 5
beheer
FIGUUR 4.6: INTERNE UITLEG VAN DIE 555-TYDREËLAAR-GS
4.6.1 Verduidelik die funksie van die RS-wipkring. (2)
4.6.2 Noem die tipiese werkspanningsreeks van die 555-GS. (2)
4.6.3 Verduidelik die funksie van die drie 5 kΩ-weerstande binne die
555-GS. (2)
4.6.4 Noem TWEE werksmodusse vir die 555-GS. (2)
4.6.5 Verduidelik die funksie van die drempelinset op Pen 6 van 'n
555-GS. (2)
4.7 Verwys na FIGUUR 4.7 hieronder en verduidelik waarom die uitset nul volt is.
+V
+V +V
0V
-V uitset 0 V
+V
0V
-V -V
V
FIGUUR 4.7: 741-OP-VERSTERKER (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 13 DBE/November 2021
NSS
4.8 Verwys na FIGUUR 4.8 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+V
VIN = 2,5 mV
VUIT
RF
-V 110 kΩ
RIN
2,2 kΩ
0V
FIGUUR 4.8: OP-VERSTERKER
Gegee:
VIN = 2,5 mV
RIN = 2,2 kΩ
RF = 110 kΩ
4.8.1 Bereken die uitsetspanning. (3)
4.8.2 Verduidelik die effek op die uitset wanneer die waarde van die
terugvoerweerstand aan die insetweerstand gelyk is. (2)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 14 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 5: SKAKELKRINGE
5.1 Verwys na FIGUUR 5.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+9 V
R1 R2
8 4 R3
7 555 3
Wip 6
2
Inset 1 5
S LUD
t
C2
C1
VC1 10 nF
Y t
FIGUUR 5.1: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR
5.1.1 Noem die funksie van weerstand R1. (2)
5.1.2 Skryf die waarde van die spanning oor Pen 2 neer wanneer
skakelaar S gedruk word. (1)
5.1.3 Verklaar of die LED AAN of AF sal wees wanneer skakelaar S
gedruk word. (1)
5.1.4 Bepaal die tipiese drempelspanning van die kringbaan. (1)
5.1.5 Verduidelik waarom skakelaarwip nie die uitset van die kringbaan
beïnvloed nie. (2)
5.1.6 Teken die uitset op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.1.6. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 15 DBE/November 2021
NSS
5.2 Verwys na FIGUUR 5.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
C1 +V
Inset
Uitset
R2
-V
R1
R3
t1 t2 t3 t4
+V
Inset
t
-V
+VVERS
Uitset
t
-VVERS
FIGUUR 5.2: MULTIVIBRATOR
5.2.1 Identifiseer die multivibrator-kringbaan in FIGUUR 5.2. (1)
5.2.2 Noem die funksie van weerstand R2. (1)
5.2.3 Bepaal die polariteit van die spanning op die nie-omkeer-inset tydens
t1. (1)
5.2.4 Verduidelik die werking van die kringbaan wanneer 'n positiewe puls
op die inset aangewend word. (4)
5.2.5 Verduidelik waarom die uitset positief bly selfs nadat die pulse by t4
aangewend word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 16 DBE/November 2021
NSS
5.3 Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+12 V
VIN
VUIT
+1V
VIN
RF
-12 V
-1V
+ 12 V
V UIT R1
- 12 V
FIGUUR 5.3: OMKEER-SCHMITT-SNELLER
5.3.1 Identifiseer die waarde van die snellerspanningsvlakke. (2)
5.3.2 Noem hoe die snellerspanningsvlak bepaal word. (1)
5.3.3 Verduidelik of die kringbaan ooplus- of gesloteluswins gebruik. (2)
5.3.4 Noem TWEE funksies van die kringbaan. (2)
5.4 'n Sommeerversterker bestaan uit die volgende komponente:
KOMPONENT BESKRYWING
Dubbelspoortoevoer +12 V, 0 V, -12 V
741 IC Pakket (DIP 8)
R1 10 kΩ
R2 10 kΩ
R3 10 kΩ
RF 100 kΩ
LET WEL: R1, R2 en R3 is insetweerstande. RF is 'n terugvoerweerstand.
5.4.1 Teken die kringdiagram. (7)
5.4.2 Bereken die uitsetspanning indien die volgende GS-spannings op die
insetweerstande toegepas word:
V1 = +0,5 V
V2 = -0,8 V
V3 = +0,2 V (3)
5.4.3 Verduidelik hoe die polariteit van die uitset beïnvloed sal word as die
uitsetspanning V3 na V3 = +0,4 V verhoog word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 17 DBE/November 2021
NSS
5.5 Verwys na FIGUUR 5.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+V
R1 +9V
VIN
741 VUIT
+V
Inset VVERW - 9V
R2
0
t
0V
FIGUUR 5.5: VERGELYKER
5.5.1 Noem die komponente wat die verwysingspanning bepaal. (2)
5.5.2 Teken die uitsetspanning op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 5.5.2. (3)
5.6 Verwys na FIGUUR 5.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
IF RF
+V
C IN +V
Inset 0
t VIN -
-V IIN X VUIT
+V +
-V
0 R1
Uitset t
0V
-V
FIGUUR 5.6: OP-VERSTERKER-DIFFERENSIEERDER
5.6.1 Noem TWEE voordele om 'n passiewe differensieerder om te skakel
na 'n aktiewe differensieerder. (2)
5.6.2 Teken die uitsetspanning op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 5.6.2. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 18 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.1 Verduidelik die volgende klasse van versterkers:
6.1.1 AB (2)
6.1.2 C (2)
6.2 Definieer die term negatiewe terugvoer met verwysing na
versterkerkringbane. (2)
6.3 Verwys na FIGUUR 6.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+ vcc
C
RB RC
B
C 2 = 10 µf
Q1
C 1 = 10 µf +V
WS-
t
sein R B2 RE CE
-V
0V
FIGUUR 6.3: RC-GEKOPPELDE VERSTERKER
6.3.1 Noem EEN funksie van die kollektorweerstand (Rc). (1)
6.3.2 Verduidelik waarom die koppelingskapasitors in FIGUUR 6.3
doelbewus rondom die 10 µf-waardes gekies word. (2)
6.3.3 Teken die golfvorms wat by punt B en punt C gelewer sal word op
die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.3.3. (4)
6.3.4 Beskryf die verwantskap tussen die kollektorstroom en die kollektor-
emittor-spanning wanneer die insetsein positief word. (1)
6.3.5 Bereken die drywingswins in desibel vir FIGUUR 6.3 indien 'n
3 watt-sein die versterker binnegaan en 18 watt by die luidspreker
lewer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 19 DBE/November 2021
NSS
6.4 Verwys na FIGUUR 6.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+ VCC
R B1 RF-
smoorspoel
C1
CC
C2 uitset
Q1
L2
R B2 RE CE
C3
L1
0V
FIGUUR 6.4: OSSILLATOR-KRINGDIAGRAM
Gegee:
LT = 300 mH
C1 = 250 µF
6.4.1 Identifiseer die kringdiagram in FIGUUR 6.4. (1)
6.4.2 Identifiseer die komponente wat die ossillasiefrekwensie in die
kringbaan bepaal. (2)
6.4.3 Verduidelik die werking van die kringdiagram. (6)
6.4.4 Bereken die ossillasiefrekwensie van die kringbaan in
FIGUUR 6.4 indien die tenkkring 'n totale induktansie van
300 mH en kapasitor C3 'n kapasitansie van 250 µF het. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 20 DBE/November 2021
NSS
6.5 Verwys na FIGUUR 6.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+VCC
T1 T2
R1 R3
luidspreker
Q1 Q2
WS-
inset
R2 R E1 C1 R4 C2 RE 2 C3
0V
FIGUUR 6.5: KRINGDIAGRAM
6.5.1 Identifiseer die kringdiagram in FIGUUR 6.5. (1)
6.5.2 Noem die funksie van transformator T1. (1)
6.5.3 Verduidelik waarom transformator T1 IN FIGUUR 6.5 doeltreffender
is as om 'n RC-stadium vir hierdie versterker te gebruik. (2)
6.5.4 Noem die effek wanneer die uitset-impedansie van
transformator T2 NIE by die impedansie van die luispreker
aangepas is NIE. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 21 DBE/November 2021
NSS
6.6 Verwys na FIGUUR 6.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+Vcc
RB RC
CC
C1 C2 C3
V UIT
R1 R2 R3 RE CE
FIGUUR 6.6: OSSILLATORKRINGBAAN
6.6.1 Identifiseer die tipe ossillator in FIGUUR 6.6. (1)
6.6.2 Noem TWEE vereistes vir ossillasie om plaas te vind. (2)
6.6.3 Verduidelik waarom die ossillatorkringbaan in FIGUUR 6.6 positiewe
terugkoppeling benodig om te werk. (3)
6.6.4 Noem TWEE funksies van die RC-netwerk. (2)
6.6.5 Verduidelik die term verswakking. (2)
[45]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2021
NSS
FORMULEBLAD
RLC-KRINGE HALFGELEIERTOESTELLE
P V I cos θ V R RF
Wins A V UIT F AV 1
XL 2 fL VIN RIN RIN
1 R
XC VUIT VIN F
2 fC RIN
OF fr f2 f1
1
fr R
2 LC 2 VUIT VIN 1 F
f RIN
BW r OF BW f2 f1
Q SKAKELKRINGE
Serie R R R
VUIT V1 F V2 F ...VN F
VR I R R1 R2 RN
VL I XL VUIT VUIT
Wins A V
VC I XC VIN V1 V2 ...VN
VT VUIT = (V1 + V2 + ...VN )
IT OF IT IR IC IL
Z VERSTERKERS
V
Z R 2 X L X C
2
IC C VCC VCE ICRC
RC
VT VR VL VC VT I Z VB VBE VRE
2 2
OF
R VR V
Cos θ OF Cos θ A V UIT
Z VT VIN
XL XC VL VC 1 L I
Q= = = = = A I UIT
R R VT VT R C IIN
Parallel P
A P UIT AP A V A I
VT VR VL VC PIN OF
VT
IR A = β1 x β 2 OF A V A V1 A V2 A V3
R
VT
IC PIN I2 ZIN PUIT I2 Z UIT
XC EN
Ossillasiefrekwensie
V
IL T fo
1 1
XL OF fo
2 π LC 2 π 6 RC
IT IR IL IC
2 2
WINS IN DESIBEL
VT I
Z A I 20log10 UIT
IT IIN
I VUIT
Cos θ R A V 20log10
IT VIN
R R I I 1 L PUIT
Q L C A P 10log10
X L X C IT IT R C PIN
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.3.4
Dra punt na
antwoordeboek oor
FIGUUR 4.3.4
MOD (3)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
4.5.2
+V
Inset 0
t
-V
+V
Uitset 0
t Dra punt na
antwoordeboek oor
-V MOD
FIGUUR 4.5.2 (2)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 5: SKAKELKRINGE
5.1.6 Wip
Inset
t
VC1
t
Uitset Dra punt na
antwoordeboek oor
t
MOD
FIGUUR 5.1.6 (3)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
5.5.2 +V
Inset
0
t
+ VVERS
Uitset 0
t Dra punt na
antwoordeboek oor
- VVERS
MOD
FIGUUR 5.5.2 (3)
5.6.2 +V
Inset 0
t
-V
+V
Dra punt na
antwoordeboek oor
Uitset 0
t
MOD
-V
FIGUUR 5.6.2 (4)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2021
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.3.3
+V
Inset 0
t
-V
+V
Golfvorm by 0
punt B t
-V
+V
Golfvorm by
punt C
0
t
Dra punt na
antwoordeboek oor
-V
MOD
FIGUUR 6.3.3 (4)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Eng_hlayiso.com_--fc61477e-f472-4e85-9460-13014dacc912/v1-9c9553fad829feb9164a/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--1f6d698d-cd31-4e9d-8b14-1f0cf8809640/v1-bcbc620dca2d61f28a85/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--c3a468e5-d3ba-4a27-b30b-3dc5074ce0fc/v1-0dd0f556b31dbe765661/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--f9d127bc-4db0-4b30-875a-c9b86afeacdd/v1-beb50235a0a90d3bd083/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum