Skip to content

Electrical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paperElectrical TechnologyGrade 12202125 pages

Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITAAL NOVEMBER 2021 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en 'n 7 bladsy-antwoordblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE: VRAAG 3.1.6, 3.5.2 en 3.6.2 VRAAG 4.1.2 VRAAG 5.3.2, 5.4 en 5.5.2 VRAAG 6.8 4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie. 5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees. 6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke af. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Berekeninge moet die volgende insluit: 9.1 Formules en manipulasies waar nodig 9.2 Korrekte vervanging van waardes 9.3 Korrekte antwoorde en relevante eenhede waar van toepassing 10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 3 DBE/November 2021 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 E. 1.1 Kies die korrekte voorbeeld van 'n onveilige toestand wat waarskynlik skade aan eiendom of 'n besering kan veroorsaak: A Hardloop in die werkswinkel B Mors vloeistof of olie sonder om dit skoon te maak C Foutiewe gereedskap of toerusting D Oorbelasting van elektriese sokke wanneer baie toestelle verbind word (1) 1.2 'n Astabiele multivibrator ontwikkel ... A een pulssiklus van hoog en laag wanneer 'n snellerpuls aangewend word. B 'n ononderbroke reeks pulse sonder dat 'n snellerpuls aangewend hoef te word. C een stabiele toestand sonder dat die snellerpuls op die inset aangewend word. D 'n reeks driehoekgolfvorme by die uitset. (1) 1.3 Wanneer 'n driehoekgolfvorm op die inset van 'n differensieerder aangewend word, sal die uitset … wees. A 'n GS-golfvorm B 'n omgekeerde driehoekgolfvorm C 'n vierkantsgolfvorm D die eerste bo-frekwensie-golf van die driehoekgolfvorm (1) 1.4 Wanneer die insetspanning op 'n nie-omkeer-Schmittsneller kleiner as die verwysingspanning is, word die uitset na … gedryf. A positiewe versadiging B negatiewe versadiging C beide negatiewe en positiewe versadiging D nulversadiging (1) 1.5 Wanneer 'n vierkantsgolf op die inset van 'n op-versterker-integreer-kringbaan toegepas word, sal die uitset 'n … wees. A sinusgolfvorm B konstante GS-spanning C driehoekgolfvorm D vierkantsgolfvorm (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 4 DBE/November 2021 NSS 1.6 Pen 1 van 'n geïntegreerde stroombaan (GS) word deur … aangedui. A 'n wit '1' op die GS B twee blou lyne op die GS C 'n inham met 'n punt links van die inham D die pen wat rooi van kleur is, (1) 1.7 Die maksimum stroom wat 'n 555-GS kan absorbeer of voed: A 2A B 200 A C 2 mA D 200 mA (1) 1.8 Die ligveranderingsbeginsel waarop 'n vloeikristalvertooneenheid staatmaak, staan as … bekend. A polarisering B pixels C 'n matriks D agterverligting (1) 1.9 'n BKD-dekodeerder is 'n toestel wat 'n binêre kode na 'n herkenbare … vorm omskakel. A oktaal- B heksadesimaal- C desimaal- D binêre (1) 1.10 Tellerkringe waarvan die wipkringe nie op dieselfde tyd gesneller word nie, word ... genoem. A asinchroon B sinchroon C pulsgesneller D randgesneller (1) 1.11 'n Register wat die inligting een bis op 'n slag laai en dan die inligting op dieselfde manier vir elke klokpuls wat toegepas word, uit die register neem, staan as die ...-register bekend. A Parallel-In: Parallel-Uit B Parallel-In: Serie-Uit C Serie-In: Parallel-Uit D Serie-In: Serie-Uit (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 5 DBE/November 2021 NSS 1.12 Die aansitinstruksies van die mikrobeheerder word in die … gestoor. A LAG ('ROM') B LSG ('RAM') C SVE ('CPU') D I/U-eenheid (1) 1.13 'n Register wat data stoor wat as 'n deel van enige rekenkundige bewerking benodig word, staan as die … bekend. A programteller B geheue-adresregister C akkumulator D huidige instruksieregister (1) 1.14 Die identifisering en verwydering van foute in 'n program staan as … bekend. A 'n lus B foutopsporing C ongeldige datavloei D 'n algoritme (1) 1.15 Een nadeel van die intergeïntegreerde bus (I2C) is dat dit ... A net twee drade benodig. B goedkoper is om te implementeer. C veelvuldige meestertoestelle steun. D 'n stadiger spoed het. (1) [15] VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 2.1 Noem TWEE funksies van 'n gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger. (2) 2.2 Gee TWEE voorbeelde van menseregte in die werkplek. (2) 2.3 Onderskei tussen 'n onveilige handeling en 'n onveilige toestand. (2) 2.4 Risiko-analise kan in verskillende kategorieë verdeel word. Noem EEN kategorie. (1) 2.5 Definieer gevaar met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2) 2.6 Noem EEN persoonlikebeskerming-item wat jy sal gebruik wanneer jy 'n stroombord (PCB) ets. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 6 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: SKAKELKRINGE 3.1 Verwys na FIGUUR 3.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +9 V R1 R2 8 4 R3 7 555 3 Wip 6 2 Inset 1 5 S LUD t C2 C1 VC1 10 nF Y t FIGUUR 3.1: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR 3.1.1 Noem die funksie van weerstand R1. (2) 3.1.2 Skryf die waarde van die spanning oor Pen 2 neer wanneer skakelaar S gedruk word. (1) 3.1.3 Verklaar of die LUD AAN of AF sal wees wanneer skakelaar S gedruk word. (1) 3.1.4 Bepaal die tipiese drempelspanning van die kringbaan. (1) 3.1.5 Verduidelik waarom skakelaarwip nie die uitset van die kringbaan beïnvloed nie. (2) 3.1.6 Teken die uitset op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.1.6. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 7 DBE/November 2021 NSS 3.2 Verwys na FIGUUR 3.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. C1 +V Inset Uitset R2 -V R1 R3 t1 t2 t3 t4 +V Inset t -V +VVERS Uitset t -VVERS FIGUUR 3.2: MULTIVIBRATOR 3.2.1 Identifiseer die multivibrator-kringbaan in FIGUUR 3.2. (1) 3.2.2 Noem die funksie van weerstand R2. (1) 3.2.3 Bepaal die polariteit van die spanning op die nie-omkeer-inset tydens t1. (1) 3.2.4 Verduidelik die werking van die kringbaan wanneer 'n positiewe puls op die inset aangewend word. (4) 3.2.5 Verduidelik waarom die uitset positief bly selfs nadat die pulse by t 4 aangewend word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 8 DBE/November 2021 NSS 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +12 V VIN VUIT +1V VIN RF -12 V -1 V + 12 V V UIT R1 - 12 V FIGUUR 3.3: OMKEER-SCHMITT-SNELLER 3.3.1 Identifiseer die waarde van die snellerspanningsvlakke. (2) 3.3.2 Noem hoe die snellerspanningsvlak bepaal word. (1) 3.3.3 Verduidelik of die kringbaan ooplus- of gesloteluswins gebruik. (2) 3.3.4 Noem TWEE funksies van die kringbaan. (2) 3.4 'n Sommeerversterker bestaan uit die volgende komponente: KOMPONENT BESKRYWING Dubbelspoortoevoer +12 V, 0 V, -12 V 741 IC Pakket (DIP 8) R1 10 kΩ R2 10 kΩ R3 10 kΩ RF 100 kΩ LET WEL: R1, R2 en R3 is insetweerstande. RF is 'n terugvoerweerstand. 3.4.1 Teken die kringdiagram. (7) 3.4.2 Bereken die uitsetspanning indien die volgende GS-spannings op die insetweerstande toegepas word: V1 = +0,5 V V2 = -0,8 V V3 = +0,2 V (3) 3.4.3 Verduidelik hoe die polariteit van die uitset beïnvloed sal word as die uitsetspanning V3 na V3 = +0,4 V verhoog word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 9 DBE/November 2021 NSS 3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +V R1 +9 V VIN 741 VUIT +V Inset VVERW -9 V R2 0 t 0V FIGUUR 3.5: VERGELYKER 3.5.1 Noem die komponente wat die verwysingspanning bepaal. (2) 3.5.2 Teken die uitsetspanning op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.5.2. (3) 3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. IF RF +V C IN +V Inset 0 t VIN - -V IIN X VUIT +V + -V 0 R1 Uitset t 0V -V FIGUUR 3.6: OP-VERSTERKER-DIFFERENSIEERDER 3.6.1 Noem TWEE voordele om 'n passiewe differensieerder om te skakel na 'n aktiewe differensieerder. (2) 3.6.2 Teken die uitsetspanning op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.6.2. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 10 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE 4.1 FIGUUR 4.1 hieronder toon 'n operasionele versterker. Beantwoord die vrae wat volg. + Vcc 3 +V + 6 Inset 2 - -V Rf - Vcc Vuit R in FIGUUR 4.1: OPERASIONELE VERSTERKER 4.1.1 Identifiseer die tipe operasionele versterker in FIGUUR 4.1. (1) 4.1.2 Teken die uitsetspanningsgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.1.2. (3) 4.1.3 Verduidelik waarom operasionele versterkers as differensiële spanningsversterkers bekend staan. (1) 4.1.4 Gee TWEE redes waarom negatiewe terugvoer belangrik is wanneer die op-versterker as 'n lineêre versterker gebruik word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 11 DBE/November 2021 NSS 4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +Vcc Aard 1 8 Toevoer 5 kΩ 5 kΩ 5 kΩ Sneller 2 7 Ontlaai + _ + _ H S Uitset 3 6 Drempel Wip- kring Uitset- Q Q drywer Terugstel Spanning- 4 5 beheer FIGUUR 4.2: INTERNE UITLEG VAN 555-TYDREËLAAR-GS 4.2.1 Verduidelik die funksie van die RS-wipkring. (2) 4.2.2 Noem die tipiese werkspanningsreeks van die 555-GS. (2) 4.2.3 Verduidelik die funksie van die drie 5 kΩ-weerstande binne die 555-GS. (2) 4.2.4 Noem TWEE werksmodusse vir die 555-GS. (2) 4.2.5 Verduidelik die funksie van die drempelinset op Pen 6 van 'n 555-GS. (2) 4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder en verduidelik waarom die uitset nul volt is. +V +V +V 0V -V uitset 0 V +V 0V -V -V V FIGUUR 4.3: 741-OP-VERSTERKER (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 12 DBE/November 2021 NSS VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE 5.1 Verduidelik die term gemeenskaplike katode met verwysing na die sewesegment-LUD-vertoonpaneel. (2) 5.2 Teken 'n volledig benoemde kringdiagram van 'n absorberings- digitale uitset. Dui die rigting van die stroomvloei by die uitset aan. (5) 5.3 Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +5 V R1 R2 R3 S1 X A0 S2 Y A1 S3 FIGUUR 5.3: ENKODEERDER 5.3.1 Verduidelik die funksie van die enkodeerder in FIGUUR 5.3. (3) 5.3.2 Voltooi die logiese toestand van insette en uitsette in blokkies A tot E op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3.2 wanneer S 1 gedruk word. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 13 DBE/November 2021 NSS 5.4 FIGUUR 5.4 hieronder verteenwoordig die logikasimbool van 'n wipkring. STEL J Q KLK K H/STEL Q FIGUUR 5.4: LOGIKASIMBOOL VAN 'N WIPKRING Teken die benoemde logikadiagram vir die logikakringbaan in FIGUUR 5.4 deur slegs EN-hekke en NOF-hekke te gebruik op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4. (9) 5.5 FIGUUR 5.5 hieronder verteenwoordig die logikasimbool van 'n halfopteller. Beantwoord die vrae wat volg. A Ʃ H/O B CO FIGUUR 5.5: LOGIKASIMBOOL VAN 'N HALFOPTELLER 5.5.1 Teken die logikakringbaan van 'n halfopteller deur 'n EN-hek en 'n Eksklusiewe-OF-hek te gebruik. (6) 5.5.2 Voltooi die waarheidstabel van die halfopteller in die tabel (X, Y en Z) op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.5.2. INSETTE UITSETTE A B Σ Co 0 0 0 0 0 1 X 0 1 0 1 Y 1 1 Z 1 (3) 5.6 Noem TWEE toepassings van tellers. (2) 5.7 Verduidelik die verskil tussen die volreeks-teller en die afgekapte teller. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 14 DBE/November 2021 NSS 5.8 Verduidelik die term positiewe randsnellering. (2) 5.9 Verwys na FIGUUR 5.9 hieronder en verduidelik die sekwensiële werking van hierdie teller sonder die hulp van 'n waarheidstabel. A B C MIBB MBB J Q0 J Q1 J Q2 K Q K Q K Q FF0 FF1 FF2 KLK FIGUUR 5.9: DRIE-BIS SINCHRONE SELFSTOP-OPTELLER WAT BY 510 (1012) STOP (8) 5.10 Teken 'n netjiese benoemde skets van 'n vier-bis serie-in: parallel-uit- skuifregister deur D-tipe wipkringe te gebruik. Toon AL die insette en uitsette. (8) [55] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 15 DBE/November 2021 NSS VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS 6.1 Definieer 'n mikrobeheerder. (3) 6.2 Verduidelik die werkbeginsel van 'n mikrobeheerder. (4) 6.3 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die RS-232- kommunikasieprotokol: 6.3.1 Noem die werkspannings vir logika 1 en logika 0. (2) 6.3.2 Gee TWEE voorbeelde waar die RS-232 gebruik kan word. (2) 6.4 Verwys na FIGUUR 6.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Inset en A B Uitset Beheerbus Y Z FIGUUR 6.4: BLOKDIAGRAM VAN KOMMUNIKASIE IN 'N MIKROBEHEERDER 6.4.1 Benoem die volgende blokke in FIGUUR 6.4: (a) A (1) (b) B (1) 6.4.2 Identifiseer die volgende koppelbusse: (a) Y (1) (b) Z (1) 6.4.3 Noem die doel van die beheerbus. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 16 DBE/November 2021 NSS 6.5 Verwys na FIGUUR 6.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Klok 10010010|10010101|00110011 Data Data greep greep greep A B Rigting van datavloei FIGUUR 6.5: BLOKDIAGRAM VAN SERIE-DATA SINCHRONE KOMMUNIKASIE IN 'N MIKROBEHEERDER 6.5.1 Benoem die volgende blokke in FIGUUR 6.5: (a) A (1) (b) B (1) 6.5.2 Verduidelik hoe data van blok A na blok B in FIGUUR 6.5 versend word. (6) 6.6 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na kommunikasie in mikrobeheerders: 6.6.1 Definieer kommunikasieprotokol in 'n mikrobeheerder. (2) 6.6.2 Verwys na FIGUUR 6.6.2 van simplekskommunikasie hieronder en toon die verskil tussen simplekskommunikasie en duplekskommunikasie deur middel van 'n netjies benoemde blokdiagram. SENDER ONTVANGER (4) FIGUUR 6.6.2: SIMPLEKSKOMMUNIKASIE 6.6.3 Verduidelik die verskil tussen halfduplekskommunikasie en volduplekskommunikasie. (2) 6.7 Definieer die volgende terme met verwysing na die sagteware van mikrobeheerders: 6.7.1 Program (2) 6.7.2 Vloeidiagram (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal 17 DBE/November 2021 NSS 6.8 Ontwerp 'n vloeidiagram van 'n huis se sekuriteitstelsel met TWEE sensors. Die eerste sensor is by die voordeur en die tweede sensor is by die venster. As enige van die sensors geaktiveer word, sal die alarm geaktiveer word. Sodra die alarm herstel is, sal die sensors steeds die voordeur en die venster monitor. Die alarm moet 'n herstelfunksie insluit. GEEN tydreëlfunksie word benodig NIE. Voltooi en benoem die vloeidiagram van hierdie toestel op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.8. (12) [50] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal DBE/November 2021 NSS FORMULEBLAD HALFGELEIERTOESTELLE VUIT  RF  RF Wins A V      OF AV  1 VIN  RIN  RIN  R  VUIT  VIN    F   RIN   R  VUIT  VIN  1  F   RIN  SKAKELKRINGE  R R R  VUIT    V1 F  V2 F  .... VN F   R1 R2 RN  V VUIT Wins A V  UIT  VIN V1  V2  ... VN  VUIT   ( V1  V2  ... VN ) VLOEIDIAGRAMSIMBOLE Proses Besluit Afsluiter Data Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal DBE/November 2021 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 3: SKAKELKRINGE 3.1.6 Wip Inset t VC1 t Uitset Dra punt na antwoordeboek oor t MOD FIGUUR 3.1.6 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal DBE/November 2021 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 3.5.2 +V Inset 0 t + VVERS Uitset 0 t Dra punt na antwoordeboek oor - VVERS MOD FIGUUR 3.5.2 (3) 3.6.2 +V Inset 0 t -V +V Dra punt na antwoordeboek oor Uitset 0 t MOD -V FIGUUR 3.6.2 (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal DBE/November 2021 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE 4.1.2 +V Inset 0 t -V +V Uitset 0 t Dra punt na antwoordeboek oor -V MOD FIGUUR 4.1.2 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal DBE/November 2021 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE 5.3.2 +5 V R1 R2 R3 A D X S1 A0 S2 B E Y A1 S3 C Dra punt na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.3.2 (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal DBE/November 2021 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.4 Dra punt na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.4 (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal DBE/November 2021 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.5.2 INSETTE UITSETTE A B Σ Co 0 0 0 0 0 1 0 1 0 1 1 1 1 Dra punt na antwoordeboek oor MOD TABEL 5.5.2 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitaal DBE/November 2021 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS 6.8 Begin Dra punt na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 6.8 (12) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Electrical Technology

View all