Downloaded from hlayiso.com
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE
ELEKTRONIKA
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentExam guideline %202021%20Afr_hlayiso.com_--58f5b52f-558e-41b3-bc3e-4cdfecda8b67/v1-191869472cfc3dad1ed3/card.webp)
%202021%20Afr_hlayiso.com_--2141f408-0c7e-4fc8-b5ba-91bcdac9b4db/v1-367e0f64fb8915622d24/card.webp)

%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Question%20Paper--5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537/v1-bc4ab06b657031de8079/card.webp)

%20MG%20Eng_hlayiso.com_--f18ec199-142b-4e06-99d0-4622fb070b9f/v1-e27a44a2fab1041f2a7d/card.webp)
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--8a8f1c7e-856a-424b-a98c-cd41dda0d11d/v1-15f5d758ee8c37d4ea4d/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--580b58ae-825d-4217-9a98-23e34a23a4d8/v1-afa56bb8a0560df71530/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--c3a468e5-d3ba-4a27-b30b-3dc5074ce0fc/v1-0dd0f556b31dbe765661/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--f9d127bc-4db0-4b30-875a-c9b86afeacdd/v1-beb50235a0a90d3bd083/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--47e1ac45-6a35-4a5c-bf7f-f8833ac903f5/v1-c7c9a07f51389ea35465/card.webp)
View all



%20Eng--870e3d22-85e9-42bd-890f-3ef1fd3333cf/v1-34f597b30020a0074782/card.webp)
%20Afr--98972424-ba56-4bbc-a319-fdfc1fec40f8/v1-90de7f1850adc8e5ce8c/card.webp)
Electrical Technology GR 12 Exam Guidelines (Electronics) 2021 Afr hlayiso.com
Electrical Technology · Grade 12 · Electronics · 2021. Exam guideline, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Electronics
- Pages
- 18
- File size
- 902.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 18
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. ASSESSERING IN GRAAD 12 4
3. UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV) 6
4. VOORBEREIDING VAN LEERDERS VIR DIE NSS: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 12
5. FORMULEBLAD: ELEKTRONIKA 17
6. SLOT 18
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Elektriese Tegnologie: Elektronika
beskryf die aard en doel van die vak Elektriese Tegnologie. Dit gee leiding aan die filosofie wat
die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die
graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Elektriese Tegnologie geassesseer
gaan word.
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op
geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale
eksterne praktiese eksamens nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument is, wat jaarliks
bygewerk word.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleids-verklaring
(KABV): Elektriese Tegnologie
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. ASSESSERING IN GRAAD 12
2.1 Struktuur/Formaat van die Vraestel
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD
GENERIES – ALMAL
1 Meervoudigekeuse-vrae 15 14 min.
2 Beroepsgesondheid en Veiligheid 10 9 min.
GENERIES – ELEKTRONIES EN KRAGSTELSELS
3 RLC-kringe 35 32 min.
GENERIES – ELEKTRONIES EN DIGITALE ELEKTRONIKA
4 Halfgeleiertoestelle 45 40 min.
5 Skakelkringe 50 45 min.
SPESIFIEK
6 Versterkers 45 40 min.
TOTAAL 200 180 min.
2.2 Kognitiewe Vlakke
Bloom se Taksonomie bestaan uit ses vlakke, soos hieronder getoon.
Kombineer dele om 'n
nuwe geheel te maak
Skepping
Die waarde van inligting of
idees te beoordeel Evaluering
Verdeling van inligting in
komponente Analise
Pas die feite, reëls,
konsepte en idees toe
Om te verstaan wat
Toepassing
die feite beteken
Feite erken en Verstaan
onthou
Kennis
BESKRYWING VAN
VAARDIGHEDE
KOGNITIEWE VLAK VERDUIDELIKING AKSIEWERKWOORDE
GETOON
VLAK
Die leerder skep nuwe Skepping uitdink, beraam, uitvind,
idees en inligting met Beplanning voorstel, konstrueer, skep,
behulp van die kennis Produsering maak, ontwikkel,
wat voorheen geleer is, Ontwerp formuleer, verbeter,
of bekend is. Op die Uitvinding beplan, ontwerp,
uitgebreide abstrakte Uitdink (beraam) produseer, voorspel,
vlak maak die leerder Maak opstel, ontstaan, verbeel
skakelings nie net binne
SKEPPING 4 die gegewe vakgebied
nie, maar ook verder as
die vak en veralgemeen
en dra die beginsels en
idees onderliggend aan
die spesifieke
onderwerp oor. Die
leerder werk met
verwantskappe en
abstrakte idees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
BESKRYWING VAN
VAARDIGHEDE
KOGNITIEWE VLAK VERDUIDELIKING AKSIEWERKWOORDE
GETOON
VLAK
Die leerder neem Kontrolering kombineer, integreer,
besluite wat op 'n in- Vorming van 'n verander, herrangskik,
diepte-besinning, kritiek hipotese vervang, vergelyk,
en evaluering gebaseer Kritieklewering voorberei, veralgemeen,
is. Die leerder werk op Eksperimentering herskryf, kategoriseer,
die uitgebreide Beoordeling saamstel, rekonstrueer,
EVALUERING 4 abstrakte vlak. organiseer, regverdig,
Toetsing
Opsporing argumenteer, prioritiseer,
(ontdekking) beoordeel, gradeer,
valideer, verwerp,
Monitering
waardeer, assesseer,
waarde, orden, besluit,
kritiseer
Die leerder toon Organisering ontleed, skei, orden,
waardering vir die Vergelyking verduidelik, verbind,
belangrikheid van die Dekonstruering klassifiseer, rangskik,
dele in verhouding met (ontbinding) verdeel, vergelyk, kies,
die geheel. Verskeie Toewysing sien verband, afbreek,
aspekte van die kennis Breë beskrywing kontrasteer, onderskei,
word geïntegreer, die Bevinding teken, illustreer,
3 leerder toon 'n dieper Strukturering identifiseer, oorsig gee,
ONTLEDING begrip en die vermoë uitwys, verhouding
Integrering
om 'n geheel in sy aandui, bevraagteken,
samestellende dele af beoordeel, argumenteer,
te breek. Elemente wat verdedig, debatteer,
deel is van 'n geheel, kritiseer, toets,
word geïdentifiseer en eksamineer, ondersoek,
die verhoudings tussen eksperimenteer
die elemente word
herken.
Die leerder het die Implementering toepas, demonstreer,
vermoë om kennis en Doen bereken, voltooi, illustreer,
vaardighede in ander Gebruik toon, oplos, ondersoek,
bekende situasies en Uitvoering aanpas, sien die verband,
TOEPASSING nuwe situasies te verander, klassifiseer,
gebruik (of toe te pas). eksperimenteer, ontdek,
konstrueer, manipuleer,
voorberei, produseer,
teken, maak, opstel,
2 bepaal, orden, interpreteer
Die leerder verstaan die Verklaring opsom, beskryf,
betekenis van inligting Vergelyking interpreteer, bereken,
deur die interpretasie Verduideliking teenstel, assosieer,
BEGRIP EN en oordrag van wat Verbandsiening onderskei, skat,
ROETINE- geleer is. differensieer, bespreek,
Klassifisering
TOEPASSINGS uitbrei, verstaan, omskakel,
verduidelik, gee voorbeeld,
herskryf, aflei (sien
verband), hersien,
waarneem, gee hoofidee
Die leerder is in staat Herkenning lys, definieer, vertel,
om feite en ander 'n Lys maak van beskryf, identifiseer, wys,
ONTHOU 1
aangeleerde inligting te Beskrywing weet, gee byskrifte,
herroep, te onthou en te Identifisering versamel, kies,
herhaal. Onttrekking reproduseer, pas, herken,
Herroeping ondersoek, aanhaal,
Benaming benoem
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
BASIESE VAARDIGHEDE VERBONDE AAN DIE VAK
Die volgende vaardighede word in die vraestel gemeet. Die teenwoordigheid van hierdie
vaardighede is 'n aanduiding van die algemene vaardighede in die vak:
Die vermoë om instruksies te volg
Identifisering van byskrifte/etikettering/die maak van tekeninge/diagramme/skematiese
voorstellings
Grafieke en interpretasie van grafieke/data
Berekeninge uitwerk en interpreteer
Organisering/Opname en kategorisering van data
Onttrekking en/of manipulasie en/of evaluering van data
Verduideliking van die funksionele werking van kringe en/of komponente
LET WEL:
BEREKENINGE GOLFVORME/VLOEIKAARTE/KRINGE
Oor die algemeen is die kriteria wat vir Golfvorme sal volgens die volgende kriteria
berekeninge gebruik word, soos volg: beoordeel word:
Korrekte formule Tipe golfvorm (invoer/afvoer)
Vervanging van waardes Korrekte byskrifte
Vereenvoudiging van waardes Korrekte stip van waardes (korrekte waardes,
Antwoorde en korrekte eenhede proporsionele stip)
Byskrifte en eenhede op Y-as
Byskrifte en eenhede op X-as
Faseverhouding
3. UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD PUNTE
Meervoudige- Dek al die inhoud 15
keuse-vrae
Beroeps- Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993)
gesondheid Definisies
en veiligheid Doel van die Wet
Algemene pligte van werkgewers en werknemers
Algemene pligte van werkgewers en selfwerksame persone, asook
persone anders as hul werknemers
Algemene pligte van vervaardigers en andere t.o.v. artikels en die
gebruik van sekere stowwe by die werk
Verantwoordelikheid om in te lig
Algemene pligte van werknemers by die werksplek
Verantwoordelikheid om nie met toestelle/items by die werk in te
meng, dit te vandaliseer of buite werking te stel nie
Funksies van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers
Rapportering van sekere insidente aan die inspekteur
Viktimisasie is verbode
Oortredings, strawwe en spesiale opdragte van die hof
Veiligheidhersiening
Onveilige optrede
Onveilige omstandighede
Gevaarlike praktyke
Risiko-ontleding
Menseregte in die werksplek
Werksetiek
Hersiening van noodgevalleprosedures (graad 10) 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
RLC-kringe Die effek van wisselstroom op R-, L- en C-komponente in serie en
(generies) parallelle kringe.
Definieer/Beskryf/Verduidelik die volgende konsepte en
terminologieë van RLC-serie en parallelle kringe in woorde (nie
formules nie):
Impedansie
Induktiewe reaktansie
Kapasitiewe reaktansie
Kragfaktor
Fasehoek
Ware krag
Resonante frekwensie
Q-faktor
Bandwydte
Berekening van die volgende in RLC-serie en parallelle kringe met
EEN weerstand, EEN kapasitor en EEN induktor:
Frekwensie
Induktansie
Induktiewe reaktansie
Kapasitansie
Kapasitiewe reaktansie
Impedansie
Ware drywing
Kragfaktor
Fasehoek
Spanningsval
Totale stroom
Kapasitiewe stroom
Induktiewe stroom
Q-faktor
Bandwydte
Resonante frekwensie
Teken van die fasor- en golfvoorstelling van RLC-kringe
Toepassings van RLC-kringe
Toestande van serie en parallelle resonante kringe
Teken van fasordiagramme van serie-, parallelle- en resonante
kringe
Teken van die karakteristieke kurwe van resonante kringe
Illustreer die effek van die verandering van frekwensie in 'n RLC-
kring na resonansie
Berekeninge
Serie RLC-kringe wat EEN weerstand, EEN kapasitor en EEN
induktor bevat
Parallelle RLC-kringe wat EEN weerstand, EEN kondensator en
EEN induktor bevat (35)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
Halfgeleier- Die veldeffektransistor
toestelle Basiese konstruksie, teken simbole, verduidelik die funksionele
werking en eienskappe van alle voorgeskrewe VOO's
Tipes FET (NFET, JFET, MOSFET)
Kenmerke kurwes en tipiese werkspannings
Toepassing as skakelaar
Toepassing as versterker
Eenvoeg- en Darlington-transistor
Basiese konstruksie, teken simbole en verduidelik die funksionele
werking en eienskappe van die EVT- en Darlington-transistors
Kenmerke kurwes en tipiese werkspannings
Toepassing as skakelaar
Toepassing as 'n saagtandopwekker
Toepassing as versterker
Bekendstelling van geïntegreerde kringe
Die 741-op-versterker
Basiese konstruksie, teken simbole en verduidelik die
funksionele werking van die 741-op-versterker
Tipiese werkspannings
Kenmerke van 'n ideale op-versterker en toepassing as
versterker
Wins: identifiseer, verduidelik en onderskei tussen ooplus- en
geslotelus-wins
Toepassing as 'n omgekeerde versterker
Toepassing as 'n nie-omkerende versterker
Berekeninge
Omkeerversterker
Uitsetspanning ( )
Wins ( )
Nie-omkeerversterker
Uitsetspanning ( )
( )
Geïntegreerde kringe – die 555-tydreëlaar
Basiese konstruksie, simbole en die funksionele werking van
die 555-tydreëlaar.
Kenmerkende krommes en tipiese werkspannings
Toepassing as tydreëlaar
(45)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
Skakelkringe Werksbeginsel van skakelkringe met gebruik van operasionele
versterkers en 555-tydreëlaars
LET WEL:
By multivibrators gebruik die 741-op-versterker en 555-tydreëlaar
By Schmitt-sneller, vergelyker, sommeerversterker,
differensieerder en integreerder, gebruik slegs die 741-op-
versterker.
Multivibrators
Bistabiele multivibrator
Kringdiagram funksie van komponente en werking.
(identifiseer, teken en verduidelik)
Metings en tekening van inset- en uitsetgolfvorms
Monostabiele multivibrator
Kringdiagram, funksie van komponente en werking.
(identifiseer, teken en verduidelik)
Metings en tekening van inset- en uitsetgolfvorms
Astabiele multivibrator
Kringdiagram, funksie van komponente en werking.
(identifiseer, teken en verduidelik)
Metings en tekening van inset- en uitsetgolfvorms
Schmittsneller
Kringdiagram, funksie van komponente en werking.
(identifiseer, teken en verduidelik)
Uitsetgolfvorm in verhouding tot die insetgolfvorm soos vertoon
op 'n ossilloskoop (identifiseer, teken en verduidelik)
Vergelyker en sommeerversterker
Kringdiagram, funksie van komponente en werking.
(identifiseer, teken en verduidelik)
Uitsetgolfvorm in verhouding tot die insetgolfvorm soos
vertoon op 'n ossilloskoop (identifiseer, teken en verduidelik)
Berekeninge:
( ) ( )
Metings van inset- en uitsetgolfvorms
Differensieerder en integreerder
Kringdiagram, funksie van komponente en werking.
(identifiseer, teken en verduidelik)
Uitsetgolfvorm in verhouding tot die insetgolfvorm soos vertoon
op 'n ossilloskoop (identifiseer, teken en verduidelik)
Invloed van tydkonstante op die uitsetgolfvorm (identifiseer,
teken en verduidelik) (50)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
Versterkers Versterkerteorie
Bepaling van 'n tipiese laslyn met behulp van Ohm se wet (trek die
laslyn, verduidelik Q-punt, gevolge van die verandering van die
toevoerspanning en die lasweerstand van die kring)
Basiese konsepte van klas A-, B-, C- en AB-versterkers
(verduidelik, onderskei, beskryf en teken golfvorms)
Beginsels van negatiewe terugvoer/die desibel en log (verduidelik,
noem/noem die gevolge van negatiewe terugvoer)
Resistor-kapasitor gekoppelde versterker (NPN-transistor)
Basiese werking
Kringdiagram (funksie/doel van die komponente)
Frekwensieresponsiekromme (verduidelik, teken, benoem)
Wins en verlies in desibelberekeninge (spanning, stroom en
drywing)
Verskillende tipes voorspanning
Inset- en uitsetkenkromme
Inset- en uitsetgolfvorme (Teken die uitsetgolfvorme volgens die
IGO-benadering)
Transformator gekoppelde versterker (NPN-transistor)
Basiese werking
Kringdiagram (funksie/doel van die komponente)
Frekwensie-responsiekromme (verduidelik, bespreek, teken en
benoem)
Inset- en uitsetkenkromme
Inset- en uitsetgolfvorme (teken die uitsetgolfvorms volgens die
IGO-benadering)
Balansversterker (NPN/PNP-transistor)
Basiese werking
Kringdiagram (funksie en doel van die komponente)
Inset- en uitsetkenkrommes van klas A, klas B, klas AB en klas C
(definieer, verduidelik, onderskei, vergelyk, teken)
Inset- en uitsetgolfvorme (teken die uitsetgolfvorme volgens die
IGO-benadering)
Wins en verlies in desibelberekeninge (spanning-, stroom- en
drywingsaanwins- en verliesverswakking)
Tipiese voorspanning
Radiofrekwensie(RF)-versterker
Basiese werking
Kringdiagram (funksie/doel van komponente, versterker en
terugvoerskring)
Inset- en uitsetkenkromme
Inset- en uitsetgolfvorme (Teken die uitsetgolfvorme volgens die
IGO-benadering)
Frekwensie-responsiekromme (ontleed, teken, identifiseer,
benoem)
Wins en verlies in desibelberekeninge
Voorspanning
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
Hartley- en Colpitts-ossillator (NPN van FET-transistor)
Basiese werking
Kringdiagram (funksie/doel van komponente, versterker en
terugvoerkring)
Uitsetgolfvorm (teken die uitsetgolfvorms met behulp van IGO-
benadering)
Tenkbaan (Teken, verduidelik, onderskei en gebruik)
RC-faseskuifossillator (NPN van FET-transistor)
Basiese werking
Kringdiagram (funksie/doel van die komponente, versterker en
terugvoerskring)
Uitsetgolfvorm (teken die uitsetgolfvorm met behulp van IGO-
benadering)
Terugvoerkring (vergelyk, onderskei, doel / funksie, verduidelik,
bespreek) (45)
TOTAAL 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
4. VOORBEREIDING VAN LEERDERS VIR DIE NSS: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE
Leerders weet nie intuïtief hoe om 'n vraestel suksesvol te beantwoord nie. Onderwysers moet
leerders voorberei om die vaardighede te hê wat nodig is om 'n vraestel suksesvol te voltooi.
Hierdie voorbereidingsproses begin in graad 10 en eindig in graad 12. Leerders moet in die
volgende vaardighede opgelei word, wat hulle sal help om die vraestel effektief te beantwoord:
Manipulering van formules: Die leerders moet leer hoe om die standaardformule te gebruik,
die formule korrek te manipuleer, waardes korrek te vervang en te onthou om altyd 'n waarde/
eenheid by 'n antwoord by te voeg.
Voorvoegsels en eenhede: Leerders moet 'n duidelike begrip van die omskakeling en gebruike
van eenhede en afkortings hê, soos kilo-, milli-, mikro-, nano-, ens. Onderwysers moet hierdie
vaardigheid by leerders indril.
Leerders moet geleer word hoe om 'n vraestel en ANTWOORDEBOEK te benader.
Beplanning van die antwoorde: Leerders moet weet hoe om in 'n chronologiese volgorde te
beantwoord en moet weet hoeveel ruimte deur 'n tipiese antwoord in beslag geneem moet word.
Moenie vrae opbreek nie en dit lukraak beantwoord en nie volgens die volgorde van die vrae
nie. Maak seker dat die nommeringskonvensie in die vraestel in die ANTWOORDEBOEK gevolg
word.
Oop ruimtes in die ANTWOORDEBOEK: Onderwysers moet leerders aanmoedig om ALLE
vrae, insluitend subvrae, te beantwoord en nie oop ruimtes te laat nie. Selfs wanneer leerders
onseker is oor die verwagte reaksie, word hulle aangemoedig tot die beste van hul vermoë te
beantwoord. Dit kan daartoe lei dat hul gedagtes in die regte rigting gestuur word, wat die
leerder tot 'n korrekte of gedeeltelik korrekte antwoord lei. Waar leerders 'n oop ruimte gelaat het
om met die vraestel voort te gaan, moet hulle geleer word om na daardie ruimte terug te keer
wanneer die res van die vraestel voltooi is.
Onderwysers word aangemoedig om aandag te gee aan Bloom se Taksonomie en hulle moet
leerders voorberei om basiese onthou-vrae te beantwoord, asook meer ingewikkelde sin-tipe
vrae, bv. die paragraaftipe antwoorde soos die werking van 'n transformator.
Leerders moet geleer word om gereeld vrae en antwoorde vir huiswerk en toetse hardop in die
klas te lees.
Onderwysers moet leerders aanmoedig om deel te neem aan intelligente debatvoering en
besprekings oor vakinhoud en oor hoe 'n antwoord gekonstrueer moet word. Leerders moet
weet hoe om hul sinne te vorm om oor te dra wat hulle probeer sê.
Leerders moet leer hoe om 'n lys van feite te maak. Antwoorde word geassesseer op die
beginsel van een punt vir een feit.
Onderwysers moet aan die leerders die verskil toon tussen 'n skets, 'n simbool en wat 'n
blokdiagram voorstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
Hieronder is 'n voorbeeld van 'n skets. Dit is vryhand geteken en lyk soos 'n werklike toestel.
Punte word vir tekeninge MET BYSKRIFTE toegeken. Sonder byskrifte kan 'n tekening nie
geassesseer word nie.
skakel
Koper
tandwiel rat
Plastiek
spoor
Gs motor
elektronies
kring battery
bord
WS
laaispoel
FIGUUR 1: SKETS
Simbole: Simbole is eenvoudige voorstellings van elektroniese toestelle en hou verband met
die teorie oor hoe die toestel werk en nie noodwendig die voorkoms van die toestel nie. Sonder
byskrifte en 'n titel kan dit nie doeltreffend nagesien word nie.
Die NPN-transistor
LET WEL:
Die simbool moet korrek geteken word en dan word 1 punt vir elke korrekte byskrif toegeken.
FIGUUR 2: SIMBOOL EN HOE DIT NAGESIEN WORD
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
Blokdiagramme: Blokdiagramme word op groot skaal in Elektriese Tegnologie gebruik. Dit hou
gewoonlik verband met prosesse en hoe toestelle werk. Dit verteenwoordig die werking van 'n
stelsel/toestel en mag geen fisiese ooreenkoms met die toestel hê nie. Let daarop dat
blokdiagramme halfvoltooid gegee mag word, wat vereis dat die leerder die ander dele moet
invul/voltooi.
FIGUUR 3: BLOKDIAGRAM
Alle sketse, simbole, diagramme en golfvorme moet altyd byskrifte en 'n opskrif hê.
Leerders moet gewys word hoe hulle golfvorme kan interpreteer en gebruik om hul antwoorde te
ondersteun.
Leerlogika: Leerlogikadiagramme moet benoem word en elk van die operande moet
geïdentifiseer word.
FIGUUR 4: LEERLOGIKA
Sketse, diagramme en golfvorme moet duidelik, nie te klein nie en maklik interpreteerbaar wees.
Waak teen klein en onleesbare tekeninge.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 15 DBE/2021
Eksamenriglyne
Kringdiagramme: Kringdiagramme word volgens die volgende uitgangspunt nagesien:
Die kring of gedeelte van die kring moet korrek wees.
Alle komponente moet byskrifte hê.
Let daarop dat die hele kring of gedeeltes van 'n kring gegee en getoets kan word.
FIGUUR 5: KRINGDIAGRAM
Berekeninge:
Berekeninge moet met ALLE stappe gedoen word.
Waardes moet korrek geplaas word.
Eenhede wat aan die berekening toegeken is, moet getoon word.
Verkeerde eenhede sal daartoe lei dat die antwoord as verkeerd nagesien sal word.
Geen eenhede nie, sal daartoe lei dat die antwoord as verkeerd nagesien sal word.
Dit is goeie praktyk om 'n streep onder die finale antwoord te trek, en met 'n klein pyltjie te
eindig. Dit dui aan dat die berekening klaar gedoen word.
1
Fr
2 LC
1
2 0.15 x 47 x10 6
59.94 Hz
FIGUUR 6: 'N BEREKENING EN HOE OM DIT NA TE SIEN
Daar moet strepe tussen vrae getrek word.
Rofwerk moet as rofwerk aangedui word en 'n streep moet hierdeur getrek word.
Kragfaktor (Cosθ): Wanneer die drywingsfaktor gebruik word, moet leerders daarop let of die
drywingsfaktor of die fasehoek gegee word. Leerders gebruik die drywingsfaktor as 'n hoek, wat
daartoe lei dat hulle antwoorde verkeerd is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 16 DBE/2021
Eksamenriglyne
Fasordiagramme moet altyd 'n pyltjie hê wat die draairigting wys. Aangesien 'n fasor 'n
roterende vektor is en altyd antikloksgewys roteer, word dit van die leerders vereis om dit aan te
toon wanneer hulle grafiese voorstellings van fasors doen.
Draairigting
FIGUUR 7: FASORDIAGRAM
Inset- en uitsetgolfvorme: Dit is algemeen in Elektriese Tegnologie om die leerder te vra wat
die resultaat van 'n insetgolfvorm in 'n stroombaan op die uitset van die stroombaan kan wees.
Dit is omdat die beginsel van insette, prosesse, afvoer die hoeksteen vorm van hoe elektriese
en elektroniese kringe werk.
Deur inset- en uitsetgolfvorme direk onder mekaar te plaas, op 'n gesinchroniseerde manier,
word die manier waarop 'n baan 'n golfvorm beïnvloed, maklik geïllustreer. Dieselfde geld vir
digitale kringe.
WS-
inset-
spanni
GS-
uitset-
spannin
FIGUUR 8: INSET- EN UITSETGOLFVORME
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 17 DBE/2021
Eksamenriglyne
5. FORMULEBLAD: ELEKTRONIKA
LET WEL: Hierdie formuleblad is slegs 'n riglyn en bevat dalk nie AL die formules bevat soos
in die voorgeskrewe handboek en/of KABV-beleidsdokument nie.
RLC-KRINGE
I
1 Cos θ R
XC IT
2 fC
XL 2 fL XL X C IL IC 1 L
Q
1 Z Z IS IS R C
fr
2 LC
HALFGELEIERTOESTELLE
VOUT R
P V I cos θ Gain A V F Omkeerversterker
VIN RIN
f R
BW r VOUT VIN F Omkeerversterker
Q R IN
Serie V RF
Gain A V OUT 1
VT Nie-omkeerversterker
IT
VIN RIN
Z
VL I XL R
VOUT VIN 1 F Nie-omkeerversterker
VC I XC R IN
VT VR VL VC
2 2
SKAKELKRINGE
Z R X L X C VOUT (V1 V2 V3 )
2 2
Sommeerversterker
X L X C VL VC 1 L R R R
Q VOUT VIN1 F VIN 2 F VIN 3 F
Z Z VS VS R C R1 R2 R3
R VERSTERKERS
Cos θ
Z V
Ic C
VR R C
Cos θ
VT VCC VCE ICRC
Parallel A β1 β 2
IT IR IL IC PO I2 Z O
2 2
VR I
IR A i 20log O
R Ii
VL V A v dB 20logA V
IL A V 20log O OF
XL Vi
VC P
IC A P 10log O
XC Pi
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 18 DBE/2021
Eksamenriglyne
6. SLOT
Daar word voorsien dat hierdie Eksamenriglyne as 'n instrument sal dien om onderwysers te
versterk en te bemagtig om geldige en betroubare assesseringsitems in al hul
klaskameraktiwiteite op te stel.
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.
Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos in die KABV uiteengesit, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%202021%20Afr_hlayiso.com_--58f5b52f-558e-41b3-bc3e-4cdfecda8b67/v1-191869472cfc3dad1ed3/card.webp)
Exam guideline
Electrical Technology GR 12 Exam Guidelines (Digital) 2021 Afr hlayiso.com
%202021%20Afr_hlayiso.com_--2141f408-0c7e-4fc8-b5ba-91bcdac9b4db/v1-367e0f64fb8915622d24/card.webp)
Exam guideline
Electrical Technology GR 12 Exam Guidelines (Power Systems) 2021 Afr hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers
%20(English)%20June%202025%20Question%20Paper--5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537/v1-bc4ab06b657031de8079/card.webp)
Question paper
Electrical Technology (Power Systems) (English) June 2025 Question Paper

Memorandum
ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--f18ec199-142b-4e06-99d0-4622fb070b9f/v1-e27a44a2fab1041f2a7d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Digital) MG Eng hlayiso.com
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--8a8f1c7e-856a-424b-a98c-cd41dda0d11d/v1-15f5d758ee8c37d4ea4d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Power Systems) MG Eng hlayiso.com
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--580b58ae-825d-4217-9a98-23e34a23a4d8/v1-afa56bb8a0560df71530/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Electronics) MG Afr hlayiso.com
%20Eng_hlayiso.com_--c3a468e5-d3ba-4a27-b30b-3dc5074ce0fc/v1-0dd0f556b31dbe765661/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Digital) Eng hlayiso.com
%20Eng_hlayiso.com_--f9d127bc-4db0-4b30-875a-c9b86afeacdd/v1-beb50235a0a90d3bd083/card.webp)
Question paper
Electrical Technology May June 2021 (Power Systems) Eng hlayiso.com
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--47e1ac45-6a35-4a5c-bf7f-f8833ac903f5/v1-c7c9a07f51389ea35465/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Nov 2021 (Digital) MG Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Electrical Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English hlayiso.com

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Electronics Afrikaans hlayiso.com

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Power Systems Afrikaans hlayiso.com

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Digital English hlayiso.com
%20Eng--870e3d22-85e9-42bd-890f-3ef1fd3333cf/v1-34f597b30020a0074782/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Nov 2024 (Electronics) Eng
%20Afr--98972424-ba56-4bbc-a319-fdfc1fec40f8/v1-90de7f1850adc8e5ce8c/card.webp)
Question paper