Skip to content

Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paperElectrical TechnologyGrade 12202327 pages

Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA NOVEMBER 2023 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en 'n 8 bladsy-antwoordblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE: VRAAG 3.2.5, 3.4.3, 3.5.3 en 3.7 VRAAG 5.2.2, 5.4, 5.5.1 en 5.5.2 VRAAG 6.5, 6.7 en 6.11 4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie. 5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees. 6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke af. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Berekeninge moet die volgende insluit: 9.1 Formules en manipulasies waar nodig 9.2 Korrekte vervanging van waardes 9.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing. 10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 3 DBE/November 2023 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D. 1.1 Die volgende kan as gevaarlike praktyke beskou word: A Die gebruik (of misbruik) van kraggereedskap B Die verkeerde gebruik en hantering van handgereedskap C Die etsing van gedrukte stroomborde D Al die bogenoemde (1) 1.2 Die … is 'n skakelkring met twee insette wat in staat is om een bis data op 'n slag te stoor. A bistabiele multivibrator B monostabiele multivibrator C astabiele multivibrator D passiewe integreerder (1) 1.3 'n Op-versterkertoepassing wat positiewe terugvoer gebruik, is die … A vergelyker. B sommeerversterker. C Schmitt-sneller. D differensieerder. (1) 1.4 Die op-versterker as vergelyker is 'n uiters sensitiewe kring omdat … A dit die enigste op-versterkertoepassing is wat gesloteluswins gebruik. B daar geen terugvoerkoppeling tussen die uitset en inset is nie. C dit van die wesenlike-aard-konsep gebruik maak. D die toevoerspanning daaraan verbind is. (1) 1.5 EEN van die sleutelwerkbeginsels in 'n op-versterker-integreerkring: A Wanneer 'n konstante stroom na die kapasitor gevoer word, sal dit teen 'n konstante vaste tempo eerder as eksponensieel laai. B Die twee insetterminale van die op-versterker het te alle tye verskillende spannings. C Die insette van die op-versterker trek maksimum stroom sodat enige insetstroom deur die terugvoerkring geblokkeer word. D Die stroom wat na die kapasitor gevoer word, veroorsaak dat dit eksponensieel laai. (1) 1.6 'n …-kring word gebruik om skakelaarwip in skakelkringe uit te skakel. A Vergelyker B Bistabiele multivibrator C Monostabiele multivibrator D Differensieerder (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 4 DBE/November 2023 NSS 1.7 Wanneer negatiewe terugvoer in 'n op-versterker gebruik word, sal die bandwydte … A toeneem. B afneem. C gelyk aan nul wees. D dieselfde bly. (1) 1.8 Wanneer lig deur 'n filter gaan wat slegs 'n enkele ligvlak toelaat om deur te gaan en die ander ligvlakke blokkeer, staan dit as ... van lig bekend. A verbinding B eenwording C polarisasie D kombinasie (1) 1.9 'n Toestel wat 'n binêre kode in 'n herkenbare desimale vorm omskakel, óf as 'n syfer óf 'n karakter, word 'n … genoem. A enkodeerder B parallelle opteller C dekodeerder D binêre opteller (1) 1.10 'n Geklokte JK-wipkring is in 'n wisseltoestand wanneer ... A J = 1, K = 1 B J = 1, K = 0 C J = 0, K = 1 D J = 0, K = 0 (1) 1.11 Logikakringe wat op die wipkring as sy basiese bou-element staatmaak, staan as … logikakringe bekend. A kombinasie- B sekwensiële C onophoudelike D opeenvolgende (1) 1.12 'n Toestel wat vrylopend is, waar die werking daarvan nie staatmaak op 'n addisionele inset of 'n insetklokpuls nie, word 'n … toestel genoem. A grendel- B sinchrone C hek- D asinchrone (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 5 DBE/November 2023 NSS 1.13 Die bus wat hoofsaaklik vir die SVE gebruik word om instruksies aan beide geheue en inset-/uitsetpoorte uit te reik, staan bekend as die …-bus. A data B adres C stelsel D beheer (1) 1.14 Die term 'SKK' ('SCI') staan vir … A seriekommunikasie-koppelvlak. B standaardkommunikasie-koppelvlak. C serie-opdragkoppelvlak. D standaardopdragkoppelvlak. (1) 1.15 Datakommunikasie waar alle data en inligting slegs in een rigting vanaf die sender na die ontvanger vloei, staan as … kommunikasie bekend. A dupleks- B fundamentele C simpleks- D rudimentêre (1) [15] VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 2.1 Noem TWEE voorvalle wat uit die bedrywighede van persone by die werkplek voortspruit, wat aan die gesondheids- en veiligheidsinspekteur gerapporteer moet word. (2) 2.2 Definieer die term gevaar met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2) 2.3 Verduidelik waarom die posisie van die noodhoofskakelaar vir die veiligheid in en om die werkswinkel belangrik is. (2) 2.4 Noem TWEE gevolge wat 'n derdegraadse brandwond op 'n mens se liggaam het. (2) 2.5 Noem TWEE eerstehulpstappe wat gedoen moet word nadat 'n persoon deur 'n elektriese stroom geskok is. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 6 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3: SKAKELKRINGE 3.1 Onderskei tussen bistabiele multivibrators en astabiele multivibrators met verwysing na die uitsettoestande. (2) 3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon die kring van 'n op-versterker as 'n bistabiele multivibrator. Beantwoord die vrae wat volg. +9V S1 C1 = 10 µF 2 7 R3 6 741 1 kΩ 3 4 R2 1 kΩ R5 1 kΩ V R4 680 Ω S2 R1 470 Ω -9V FIGUUR 3.2: BISTABIELE MULTIVIBRATOR 3.2.1 Verduidelik die funksie van R1 en R2. (2) 3.2.2 Noem die polariteit van die uitset wanneer S2 gedruk word. (1) 3.2.3 Verduidelik die werking van die kring wanneer S1 gedruk word. (1) 3.2.4 Lei die waarde van die uitsetspanning af wanneer S1 gedruk word. (3) 3.2.5 Verwys na die inset in FIGUUR 3.2.5 hieronder en teken die uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.2.5. Inset 0V t FIGUUR 3.2.5: INSETPULSE (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 7 DBE/November 2023 NSS 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +6V R2 R1 100 kΩ 33 kΩ 8 4 7 Uitset 6 555 3 2 1 5 R3 Sneller 470 Ω C1 220 µF FIGUUR 3.3: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR 3.3.1 Noem of hierdie stroombaan 'n aktiewe hoë sneller of 'n aktiewe lae sneller gebruik om die uitset te stel. (1) 3.3.2 Bereken die drempelspanning van die kring. (1) 3.3.3 Verduidelik die werking van die kring wanneer die sneller gedruk word. (5) 3.3.4 Noem hoe jy enige ongewenste geraas van die toevoer sou uitskakel wat dalk die tydreëling van die kring kan beïnvloed. (2) 3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +9V R1 10 kΩ 8 4 7 R3 R2 1 kΩ 555 1 kΩ 3 2 6 1 5 LUD C1 C2 10 µF 10 nF FIGUUR 3.4: ASTABIELE MULTIVIBRATOR Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 8 DBE/November 2023 NSS 3.4.1 Verduidelik die term dienssiklus met verwysing na multivibrator- uitsette. (2) 3.4.2 Noem of die laaityd van die kapasitor of die ontlaaityd van die kapasitor langer is. Motiveer jou antwoord. (3) 3.4.3 Teken die spanningsgolfvorm wat oor kapasitor C1 verskyn vir EEN volle siklus op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.4.3. (4) 3.5 FIGUUR 3.5 hieronder toon die kring van 'n omkeer-Schmitt-sneller. +9 V VUIT 5V R1 -9 V 6,8 kΩ R2 5 kΩ FIGUUR 3.5: OMKEER-SCHMITT-SNELLER 3.5.1 Noem die voordeel daarvan om R2 verstelbaar te maak. (1) 3.5.2 Bereken die waarde van die snellerspanning indien R2 op 2,2 kΩ gestel word. (3) 3.5.3 Teken EEN siklus van die inset- en uitsetgolfvorms vir die kring op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.5.3 wanneer R2 op 2,2 kΩ gestel is en die insetgolfvorm sinusvormig is. (6) 3.5.4 Noem hoe die waarde van die snellerspanning verlaag kan word. (1) 3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 0,5 V V1 C1 R1 5 kΩ RF 10 kΩ t C2 R2 5 kΩ +12 V 0,2 V V2 - t C3 R3 5 kΩ VUIT + 0,3 V V3 -12 V t FIGUUR 3.6: OMKEERSOMMEERVERSTERKER Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 9 DBE/November 2023 NSS 3.6.1 Noem die doel van die kapasitors in serie met die insetweerstande. (1) 3.6.2 Verduidelik die voordeel van die gebruik van verstelbare weerstande in plaas van vastewaarde-weerstande op die inset van die versterker. (2) 3.6.3 Bereken die uitset van die versterker indien alle insetweerstande op 2 kΩ gestel is. (3) 3.7 FIGUUR 3.7 hieronder toon die op-versterker as differensieerder met sy insetsein. Teken die uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.7. RF CIN +V +V VIN - VUIT 0 + t -V -V 0V FIGUUR 3.7: OP-VERSTERKER AS DIFFERENSIEERDER (3) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 10 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE 4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder van 'n omkeer- operasionele versterker en beantwoord die vrae wat volg. R F = 1,2 kΩ RIN = 1 k Ω +15 V _ VUIT VIN = 60 mV + -15 V 0V FIGUUR 4.1: OMKEER- OPERASIONELE VERSTERKER 4.1.1 Noem die doel van die terugvoerweerstand (RF). (1) 4.1.2 Verduidelik waarom op-versterkers selde in ooplusmodus gebruik word. (2) 4.1.3 Bereken die spanningswins van die kring. (3) 4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. C1 10 µF C2 +9 V 22 µF VIN VUIT RF RB -9 V 120 kΩ 10 kΩ R1 10 kΩ FIGUUR 4.2: NIE-OMKEER-OP-VERSTERKER 4.2.1 Noem TWEE funksies van weerstand RB in FIGUUR 4.2. (2) 4.2.2 Bereken die spanningswins van die kring in FIGUUR 4.2. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 11 DBE/November 2023 NSS 4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +Vcc Aard 1 8 Toevoer 5k Ω 5k Ω 5k Ω T Sneller 2 7 Ontlaai + _ + _ 2 1 R S Uitset 3 6 Drempel Wip- kring Uitset- Q drywer Beheer- Terugstel 4 5 spanning FIGUUR 4.3: 555-GS-PENUITLEG 4.3.1 Noem TWEE toepassings van die 555-GS. (2) 4.3.2 Noem TWEE nadele van die 555-GS. (2) 4.3.3 Beskryf die funksie van pen 4. (3) 4.3.4 Noem die funksies van die volgende komponente in FIGUUR 4.3 hierbo: (a) NPN-transistor (1) (b) Vergelyker 2 (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 12 DBE/November 2023 NSS VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE 5.1 Verwys na die LED-sewesegmentvertoonpaneel en beantwoord die vrae wat volg. 5.1.1 Verduidelik die verskil tussen 'n gemeenskaplike anode en 'n gemeenskaplike katode. (2) 5.1.2 Noem TWEE metodes wat transistors gebruik om die kragbron aan die sewesegmentvertoonpaneel te verbind. (2) 5.2 Verwys na FIGUUR 5.2 van 'n desimaal-na-binêr-enkodeerder hieronder en beantwoord die vrae wat volg. X & A & B Uitsette & C & D 9 8 7 6 5 4 3 2 1 0 Y FIGUUR 5.2: DESIMAAL-NA-BINÊR-ENKODEERDER 5.2.1 Noem die tipiese spanningsvlakke by X en Y. (2) 5.2.2 Bepaal die binêre kode by die uitset wanneer skakelaar 9 gedruk word. Skryf die antwoorde op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.2.2. (4) 5.3 Verduidelik hoe 'n duidelike beeld op 'n VKV-skerm geskep word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 13 DBE/November 2023 NSS 5.4 Bepaal die som wat die drie-bis- parallelle opteller in FIGUUR 5.4 hieronder produseer wanneer die binêre getalle 1112 en 1012 bymekaar getel word, deur bokse A tot F op ANTWOORDBLAD 5.4 in te vul. (WENK: A2 A1 A0 = 1112 en B2 B1 B0 = 1012 ) B2 A2 B1 A 1 B 0 A0 Ci Ci VO VO HO C0 C0 C0 Σ3 Σ2 Σ1 Σ0 FIGUUR 5.4: DRIE-BIS-PARALLELLE OPTELLER (6) 5.5 Verwys na FIGUUR 5.5 van die geklokte RS-tipe wipkring hieronder en beantwoord die vrae wat volg. S Q KLK R Q FIGUUR 5.5: RS-TIPE WIPKRING 5.5.1 Voltooi die logikakringdiagram van hierdie wipkring op ANTWOORDBLAD 5.5.1. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 14 DBE/November 2023 NSS 5.5.2 Bereken die uitset by Q deur die tydreëldiagramme op ANTWOORDBLAD 5.5.2 te voltooi. Aanvaar dat Q LAAG begin. 1 2 3 4 Klok S R Q FIGUUR 5.5.2 (4) 5.6 Noem die funksie van 'n dekodeerder. (2) 5.7 Noem EEN voorbeeld van ELK van die volgende wipkringkategorieë: 5.7.1 Asinchrone (1) 5.7.2 Sinchrone (1) 5.8 Verduidelik die volgende terme met verwysing na geheue-elemente: 5.8.1 Negatiewe randsnellering (2) 5.8.2 Voortplantingsvertraging (2) 5.9 Beskryf die volgende tellers kortliks: 5.9.1 Volle reeks teller (1) 5.9.2 Afgesnyde teller (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 15 DBE/November 2023 NSS 5.10 Verwys na FIGUUR 5.10 van 'n teller hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 Q0 Q1 Q2 MIBB MBB Inset J Q J Q J Q K Q K Q K Q FF0 FF1 FF2 Klok FIGUUR 5.10 5.10.1 Identifiseer die kring in FIGUUR 5.10. (1) 5.10.2 Verduidelik hoe die teller in staat gestel sal word om op of af te tel wanneer die inset hoog is. (6) 5.11 Verwys na FIGUUR 5.11 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. C QA QB QC QD SET SET SET SET D Q D Q D Q D Q FFA FFB FFC FFD CLR Q CLR Q CLR Q CLR Q B A FIGUUR 5.11 5.11.1 Identifiseer die register in FIGUUR 5.11. (1) 5.11.2 Benoem A, B en C. (3) 5.11.3 Noem EEN gebruik van hierdie register. (1) 5.11.4 Beskryf hoe data deur die register vloei. (3) [55] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 16 DBE/November 2023 NSS VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS 6.1 Verduidelik die term ingeboude geheue in mikrobeheerders. (2) 6.2 Verwys na die blokdiagram in FIGUUR 6.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SVE ETG Adres Waarde A GAR Adresbus 0000 0101 0101 0001 0001 0110 DEKODEERDER-EENHEID 0010 0011 0111 AKK OP KODE OPERAND INS TRUKS IE 0000 0000 0011 1001 0010 EINDE 0001 ADRES OPTEL 0100 0000 0000 0010 ADRES AFTREK B 0101 0011 0000 0011 ADRES STOOR 0101 ADRES LAAI 0110 0000 0001 0110 ADRES VERTAK ALTYD 0111 0000 0000 0111 ADRES VERTAK AS AKK GDR =0 1000 0000 0000 1000 ADRES VERTAK AS AKK Databus >= 0 1001 0000 0000 1001 0001 INSET 1010 0000 0000 1001 0010 UITSET 1011 0000 0000 HIR 1100 0000 0000 1101 0000 0000 C BE 1110 0000 0000 Beheerbus 1111 0000 0000 FIGUUR 6.2: DATA-OORDRAG-BLOKDIAGRAM 6.2.1 Benoem A, B en C. (3) 6.2.2 Noem die funksie van die geheue-adresregister (GAR). (2) 6.2.3 Noem die funksie van die databus. (2) 6.2.4 Verduidelik die funksie van die ewetoeganklike geheue (ETG). (2) 6.2.5 Noem waarom die ETG na bewering 'n vlugtige geheue is. (2) 6.3 Verduidelik waarom 'n A/D-omsetter met mikrobeheerders gebruik word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 17 DBE/November 2023 NSS 6.4 Verwys na kommunikasieprotokol en beantwoord die vrae wat volg. 6.4.1 Definieer kommunikasieprotokol. (2) 6.4.2 Noem TWEE tipes kommunikasieprotokolle. (2) 6.5 Die tabel hieronder dui die verskille tussen SPI- en I2C-kommunikasie- randtoerusting aan. Voltooi TABEL 6.5 op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.5. SPI I2C Halfdupleks Vierlyn-protokol Enkelmeester TABEL 6.5 (3) 6.6 Verwys na FIGUUR 6.6 hieronder van 'n UART en beantwoord die vrae wat volg. D0 D1 D2 A D3 D4 D5 RX Parallelle D6 Serie TX D7 Parallelle data in Serie-data uit R/W B KLK INT FIGUUR 6.6 6.6.1 Benoem A en B. (2) 6.6.2 Noem hoe data in die UART-protokoldatavloei gerangskik word. (4) 6.6.3 Noem TWEE voordele van die UART. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 18 DBE/November 2023 NSS 6.7 Voltooi TABEL 6.7 op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.7 deur die kenmerke van 'n RS-232 met dié van 'n RS-485-kommunikasieprotokol te vergelyk. EIENSKAPPE RS-232 RS-485 Lynkonfigurasie Enkelvoudig Differensiaal Maksimum kabellengte 15 meter 1 200 meter Tipiese logikavlakke ±3 tot ± 25 V Werksmodus TABEL 6.7 (3) 6.8 Verduidelik die verskil tussen 'n algoritme en 'n vloeidiagram. (2) 6.9 Noem DRIE belangrike stappe wat gevolg kan word om 'n vloeidiagram saam te stel. (3) 6.10 Verduidelik kortliks waarom 'n I2C-stelsel die insluiting van optrekresistors benodig. (2) 6.11 FIGUUR 6.11 op die ANTWOORDBLAD toon 'n onvolledige vloeidiagram van 'n PICAXE-koper('shopper')toegangsbeheerstelsel wat aan Covid-19- protokolle moet voldoen as gevolg van 'n nuwe golf van infeksies.  Hierdie stelsel sal by die ingang en uitgang van 'n modewinkel opgestel word. Die ingang en uitgang is twee verskillende deure.  Hierdie stelsel sal toegangsbeheer weens die Covid-19-pandemie moontlik maak.  Dit sal uit 'n rooi lig en 'n groen lig bestaan.  Covid-19-protokolle laat slegs 'n maksimum van 25 kopers op 'n slag in hierdie winkel toe.  Die groen lig toon aan die koper wat die modewinkel binnegaan dat daar minder as 25 kopers binne is.  Die stelsel sal twee digitale sensors gebruik.  Sensor 1 sal die telling verhoog wanneer kopers die modewinkel binnegaan.  Sensor 2 sal die telling verminder wanneer kopers die modewinkel verlaat.  Sensor 1 sal die telling tot 25 kopers binne die modewinkel verhoog en die program sal na die rooi lig oorskakel.  Dit sal 'n vol modewinkel aandui.  Sensor 2 sal die telling verminder. Die groen lig skakel aan as die telling minder as 25 is, wat dus aandui dat 'n koper die modewinkel mag ingaan. Voltooi en benoem die vloeidiagram van hierdie toestel op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.11. (10) [50] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS FORMULEBLAD HALFGELEIERTOESTELLE VUIT  RF  RF Wins A V      OF AV  1 VIN  RIN  RIN  R  VUIT  VIN    F   RIN   R  VUIT  VIN  1  F   RIN  SKAKELKRINGE  R R R  VUIT    V1 F  V2 F  ....VN F   R1 R2 R3  VUIT VUIT Wins A V   VIN V1  V2  ...VN  VUIT   ( V1  V2  ... VN ) 2 2 2 2 VLOEIKAARTSIMBOLE Proses Besluit Afsluiter Data Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 3: SKAKELKRINGE 3.2.5 Inset 0V t +VVERS Uitset 0V Dra punte na t antwoordeboek oor - VVERS MOD FIGUUR 3.2.5 (3) 3.4.3 VC ⅔ VCC ⅓ VCC Dra punte na antwoordeboek oor T MOD FIGUUR 3.4.3 (4) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 3.5.3 (V) 9 VUIT 6 + VIN 3 Boonste sneller 0 (t) Onderste sneller -3 - VIN -6 Dra punte na antwoordeboek oor -9 MOD FIGUUR 3.5.3 (6) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 3.7 +V 0 -V +V 0 Dra punte na antwoordeboek oor MOD -V FIGUUR 3.7 (3) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE 5.2.2 X & A= & B= & C= & D= 9 8 7 6 5 4 3 2 1 0 Y Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.2 (4) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.4 B2 A2 B1 A1 B0 A 0 Ci Ci VO VO HO C0 C0 C0 Σ3 Σ2 Σ1 Σ0 D B F E C A Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.4 (6) 5.5.1 S Q KLK Q R Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.5.1 (6) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.5.2 1 2 3 4 Klok S R Q Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.5.2 (4) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS 6.5 SPI I2C Halfdupleks Vierlyn-protokol Enkelmeester Dra punte na antwoordeboek oor MOD TABEL 6.5 (3) 6.7 EIENSKAPPE RS-232 RS-485 Lynkonfigurasie Enkelvoudig Differensiaal Maksimum kabellengte 15 meter 1 200 meter Tipiese logikavlakke ±3 tot ± 25 V Werksmodus Dra punte na antwoordeboek oor MOD TABEL 6.7 (3) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2023 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 6.11 Begin Verlaat Nee winkel? Ja Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 6.11 (10) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Electrical Technology

View all