Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA
NOVEMBER 2023
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad
en 'n 6 bladsy-antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers %20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4/v1-4226f279f83adb44a40f/card.webp)



View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)


Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE:
VRAAG 5.2.5, 5.4.3, 5.5.3 en 5.7
VRAAG 6.4.3, 6.5.2 en 6.7.3
4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD
en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie.
5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
af.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Berekeninge moet die volgende insluit:
9.1 Formules en manipulasies waar nodig
9.2 Korrekte vervanging van waardes
9.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing
10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 3 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.
1.1 Die volgende kan as gevaarlike praktyke beskou word:
A Die gebruik (of misbruik) van kraggereedskap
B Die verkeerde gebruik en hantering van handgereedskap
C Die etsing van gedrukte stroomborde
D Al die bogenoemde (1)
1.2 … is die verwysingswaarde in 'n parallelle RLC-kring.
A Stroom
B Weerstand
C Reaktansie
D Spanning (1)
1.3 Die reaktansie van 'n … moet gelyk wees vir 'n kring om te resoneer.
A weerstand en 'n induktor
B weerstand en 'n kapasitor
C kapasitor en 'n induktor
D omsetter en 'n kapasitor (1)
1.4 Die volgende toestand is algemeen vir beide serie- en parallelresonansie:
A Die impedansie is minimum.
B Die stroom is maksimum.
C Die bandwydte word deur die kwaliteitsfaktor beïnvloed.
D Die Q-faktor hang van spanningsversterking af. (1)
1.5 EEN van die voordele van die veldeffektransistor is die uiters … daarvan.
A lae insetweerstand
B lae inset- en uitsetweerstand
C hoë uitsetweerstand
D hoë insetweerstand (1)
1.6 Die verhouding van die interne weerstande van 'n EVT word … genoem.
A negatiewe weerstandverhouding
B gemenemodus-verwerpingsverhouding
C intrinsieke wegstaanverhouding
D ekstrinsieke wegstaanverhouding (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 4 DBE/November 2023
NSS
1.7 'n …-kring word gebruik om skakelaarwip in skakelkringe uit te skakel.
A Vergelyker
B Bistabiele multivibrator
C Monostabiele multivibrator
D Differensieerder (1)
1.8 Wanneer negatiewe terugvoer in 'n op-versterker gebruik word, sal die
bandwydte …
A toeneem.
B afneem.
C aan nul gelyk wees.
D dieselfde bly. (1)
1.9 Die … is 'n skakelkring met twee insette wat in staat is om een bis data op 'n
slag te stoor.
A bistabiele multivibrator
B monostabiele multivibrator
C astabiele multivibrator
D passiewe integreerder (1)
1.10 'n Op-versterkertoepassing wat positiewe terugvoer gebruik, is die …
A vergelyker.
B sommeerversterker.
C Schmitt-sneller.
D differensieerder. (1)
1.11 Die op-versterker as vergelyker is 'n uiters sensitiewe kring omdat …
A dit die enigste op-versterkertoepassing is wat gesloteluswins gebruik.
B daar geen terugvoerkoppeling tussen die uitset en inset is nie.
C dit van die wesenlike-aard-konsep gebruik maak.
D die toevoerspanning daaraan verbind is. (1)
1.12 EEN van die sleutelwerkbeginsels in 'n op-versterker-integreerkring:
A Wanneer 'n konstante stroom na die kapasitor gevoer word, sal dit teen
'n konstante vaste tempo eerder as eksponensieel laai.
B Die twee insetterminale van die op-versterker het te alle tye
verskillende spannings.
C Die insette van die op-versterker trek maksimum stroom sodat enige
insetstroom deur die terugvoerkring geblokkeer word.
D Die stroom wat na die kapasitor gevoer word, veroorsaak dat dit
eksponensieel laai. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 5 DBE/November 2023
NSS
1.13 Die effektiwiteit van 'n klas C-versterker is …
A minder as die effektiwiteit van 'n klas A-versterker.
B minder as die effektiwiteit van 'n klas B-versterker.
C minder as die effektiwiteit van 'n klas AB-versterker.
D meer as die effektiwiteit van 'n klas A-, B- of AB-versterker. (1)
1.14 'n Bipolêre voegvlak- klas B- balansversterker met geen transformator-
koppeling nie gebruik ...
A twee NPN-transistors.
B twee PNP-transistors.
C komplementêre transistors.
D geeneen van die bogenoemde nie. (1)
1.15 'n … is 'n kring wat 'n uitsetgolfvorm sonder 'n interne seinbron produseer.
A Bistabiele multivibrator
B Versterker
C Schmitt-sneller
D Ossillator (1)
[15]
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Noem TWEE voorvalle wat uit die bedrywighede van persone by die werkplek
voortspruit, wat aan die gesondheids- en veiligheidsinspekteur gerapporteer
moet word. (2)
2.2 Definieer die term gevaar met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid
en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2)
2.3 Verduidelik waarom die posisie van die noodhoofskakelaar vir die veiligheid in
en om die werkswinkel belangrik is. (2)
2.4 Noem TWEE gevolge wat 'n derdegraadse brandwond op 'n mens se liggaam
het. (2)
2.5 Noem TWEE eerstehulpstappe wat gedoen moet word nadat 'n persoon deur
'n elektriese stroom geskok is. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 6 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: RLC-KRINGE
3.1 Noem die verwantskap tussen induktiewe reaktansie en frekwensie. (1)
3.2 Verwys na FIGUUR 3.2 hieronder en noem die faseverhouding tussen die
stroom- en spanningsgolfvorme.
+V V
I
0
90º 180º 270º 360º t
-V
FIGUUR 3.2: STROOM- EN SPANNINGSGOLFVORME (1)
3.3 FIGUUR 3.3 hieronder toon 'n RLC-seriekring wat uit 'n weerstand van 6 Ω, 'n
induktor met 'n induktansie van 0,02 H en 'n kapasitor met 'n kapasitansie van
80 µF bestaan, wat almal aan 'n wisselstroomtoevoer van 100 V/100 Hz
verbind is.
L = 0,02 H
C = 80 µF
R=6Ω
VR = 63,42 V VL = 132,86 V VC = 210,24 V
IT = 10,57 A
VT = 100 V/100 Hz
FIGUUR 3.3: RLC-SERIEKRING
Gegee:
R = 6Ω
L = 0,02 H
C = 80 µF
VR = 63,42 V
VC = 210,24 V
VL = 132,86 V
VT = 100 V
IT = 10,57 A
f = 100 Hz
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 7 DBE/November 2023
NSS
3.3.1 Noem of die toevoerstroom vir die toevoerspanning voorlopend of
nalopend is. Motiveer jou antwoord. (2)
3.3.2 Teken die fasordiagram van die kringdiagram in FIGUUR 3.3 in die
ANTWOORDEBOEK oor en voltooi hierdie fasordiagram.
VL = 132,86 V
IT = 10,57 A
VR = 63,42 V
VC = 210,24 V
FIGUUR 3.3.2: FASORDIAGRAM (4)
3.3.3 Bewys dat die resultaat van VR, VL en VC gelyk is aan die
toevoerspanning. (3)
3.3.4 Bereken die frekwensie waarteen die kring sal resoneer. (3)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3A R
C
5A
L
5A
IT
VT
FIGUUR 3.4: KRINGDIAGRAM
3.4.1 Bereken die totale stroom van die kring. (3)
3.4.2 Bereken die fasehoek. (3)
3.4.3 Teken 'n volledig benoemde fasordiagram vir die kring in
FIGUUR 3.4 hierbo in die ANTWOORDEBOEK. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 8 DBE/November 2023
NSS
3.5 'n Seriekring bestaan uit 'n weerstand van 30 ohm, 'n induktor met 'n
induktansie van 10 mH en 'n kapasitor met 'n kapasitiewe reaktansie van
300 ohm. Hierdie kombinasie is aan 'n wisselstroomtoevoer van 30 V verbind
en resoneer teen 'n frekwensie van 4,77 kHz.
L = 10 mH
R = 30 Ω XC = 300 Ω
VR VC VL
IT = 1 A
30 V/fr = 4,77 kHz
FIGUUR 3.5: RESONANTE RLC-SERIEKRING
Gegee:
R = 30 Ω
Xc = 300 Ω
L = 10 mH
VT = 30 V
fr = 4,77 kHz
IT = 1A
3.5.1 Bereken die Q-faktor van die kring. (3)
3.5.2 Bereken die bandwydte van die kring. (3)
3.5.3 Bereken die spanningsval oor die induktor. (3)
3.5.4 Verduidelik waarom die spanning oor die induktor groter as die
waarde van die toevoerspanning is. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 9 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder van die konstruksie van 'n VVET en
beantwoord die vrae wat volg.
A Hek B
C
D
FIGUUR 4.1: KONSTRUKSIE VAN 'N VVET
4.1.1 Benoem A en B. (2)
4.1.2 Beskryf die konstruksie van die voegvlak-veldeffektransistor
(VVET) kortliks. (2)
4.1.3 Beskryf hoe die stroomvloei in die VVET beperk word wanneer die
waarde van VHB toeneem. (3)
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 van 'n kenkromme hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
ID
(mA)
VHB = +1,5 V
16
VHB = +1 V
12 A
VHB = +0,5 V
8
VHB = 0 V
6
VHB = -1 V
4
VHB = -2 V B
2
VHB = -3 V
0 VDS
5V 10 V 15 V
FIGUUR 4.2: KENKROMME
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 10 DBE/November 2023
NSS
4.2.1 Identifiseer die kenkromme in FIGUUR 4.2. (1)
4.2.2 Benoem A en B. (2)
4.3 Verwys na MOSVET's en beantwoord die vrae wat volg.
4.3.1 Noem TWEE elektroniese toestelle wat metaaloksiedhalfgeleier-
veldeffektransistors (MOSVET's) gebruik. (2)
4.3.2 Beskryf kortliks, met verwysing na die hek, hoe die MOSVET van
die VVET verskil. (2)
4.4 FIGUUR 4.4 hieronder toon 'n EVT-spoedbeheerkringdiagram. Beantwoord
die vrae wat volg.
SBG
A K
H
R1 R2
E B2
D1 M
B1
C
R3
FIGUUR 4.4: EVT-SPOEDBEHEERKRINGDIAGRAM
4.4.1 Verduidelik hoe die waarde van R1 die laaitempo van die kapasitor
beïnvloed. (2)
4.4.2 Bespreek hoe die EVT, saam met die SBG, die spoed van die
motor in FIGUUR 4.4 beheer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 11 DBE/November 2023
NSS
4.5 Verwys na FIGUUR 4.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VCC = 9 V
R1 RC VRC = 8 V
C
IB
B
Q1
Q2
C1
E
Uitset
Inset
R2 RE VRE = 0,1 V
CE
0V
FIGUUR 4.5: DARLINGTON-KRING
4.5.1 Noem TWEE voordele van 'n Darlington-transistorpaar. (2)
4.5.2 Verwys na die kring en bepaal die kollektor-emittorspanning in die
kring. (1)
4.5.3 Verduidelik hoe die insetbasisstroom dubbele versterking in 'n
Darlington-transistor ontvang. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 12 DBE/November 2023
NSS
4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 hieronder van 'n omkeer- operasionele versterker en
beantwoord die vrae wat volg.
RF = 1,2 kΩ
RIN = 1 k Ω +15 V
_
VOUT
V IN = 60 mV +
-15 V
0V
FIGUUR 4.6: OMKEER- OPERASIONELE VERSTERKER
4.6.1 Noem die doel van die terugvoerweerstand (RF). (1)
4.6.2 Verduidelik waarom op-versterkers selde in ooplusmodus gebruik
word. (2)
4.6.3 Bereken die spanningswins van die kring. (3)
4.7 Verwys na FIGUUR 4.7 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
C1
10 µF C2
+9 V
22 µF
V IN
V UIT
RF
RB -9 V 120 kΩ
10 kΩ
R1
10 kΩ
FIGUUR 4.7: NIE-OMKEER-OP-VERSTERKER
4.7.1 Noem TWEE funksies van weerstand RB in FIGUUR 4.7. (2)
4.7.2 Bereken die spanningswins van die kring in FIGUUR 4.7. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 13 DBE/November 2023
NSS
4.8 Verwys na FIGUUR 4.8 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+Vcc
Aard 1 8
Toevoer
5k Ω 5k Ω 5k Ω
T
Sneller 2 7 Ontlaai
+ _ + _
2 1
R S
Uitset 3 6 Drempel
Wip-
kring
Uitset- Q
drywer
Beheer-
Terugstel 4 5
spanning
FIGUUR 4.8: 555-GS-PENUITLEG
4.8.1 Noem TWEE toepassings van die 555-GS. (2)
4.8.2 Noem TWEE nadele van die 555-GS. (2)
4.8.3 Beskryf die funksie van pen 4. (3)
4.8.4 Noem die funksies van die volgende komponente in FIGUUR 4.8
hierbo:
(a) NPN-transistor (1)
(b) Vergelyker 2 (1)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 14 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 5: SKAKELKRINGE
5.1 Onderskei tussen bistabiele multivibrators en astabiele multivibrators met
verwysing na die uitsettoestande. (2)
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon die kring van 'n op-versterker as 'n bistabiele
multivibrator. Beantwoord die vrae wat volg.
+ 9V
S1
C1 = 10 µF 2
7
R3 6
741
1 kΩ
4 R2
3
1 kΩ
R5
1 kΩ V
R4
680 Ω
S2 R1
470 Ω
- 9V
FIGUUR 5.2: BISTABIELE MULTIVIBRATOR
5.2.1 Verduidelik die funksie van R1 en R2. (2)
5.2.2 Noem die polariteit van die uitset wanneer S2 gedruk word. (1)
5.2.3 Verduidelik die werking van die kring wanneer S1 gedruk word. (1)
5.2.4 Lei die waarde van die uitsetspanning af wanneer S1 gedruk word. (3)
5.2.5 Verwys na die inset in FIGUUR 5.2.5 hieronder en teken die
uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.2.5.
Inset
0V
t
FIGUUR 5.2.5: INSETPULSE (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 15 DBE/November 2023
NSS
5.3 Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+6V
R2 R1
100 kΩ 33 kΩ
8 4
7 Uitset
6 555 3
2
1 5 R3
Sneller 470 Ω
C1
220 µF
FIGUUR 5.3: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR
5.3.1 Noem of hierdie stroombaan 'n aktiewe hoë sneller of 'n aktiewe
lae sneller gebruik om die uitset te stel. (1)
5.3.2 Bereken die drempelspanning van die kring. (1)
5.3.3 Verduidelik die werking van die kring wanneer die sneller gedruk
word. (5)
5.3.4 Noem hoe jy enige ongewenste geraas van die toevoer sou
uitskakel wat dalk die tydreëling van die kring kan beïnvloed. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 16 DBE/November 2023
NSS
5.4 Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+9V
R1
10 kΩ
8 4
7 R3
R2 1 kΩ
555
1 kΩ 3
2
6 1 5 LED
C1 C2
10 µF 10 nF
FIGUUR 5.4: ASTABIELE MULTIVIBRATOR
5.4.1 Verduidelik die term dienssiklus met verwysing na multivibrator-
uitsette. (2)
5.4.2 Noem of die laaityd van die kapasitor of die ontlaaityd van die
kapasitor langer is. Motiveer jou antwoord. (3)
5.4.3 Teken die spanningsgolfvorm wat oor kapasitor C1 verskyn vir EEN
volle siklus op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.3. (4)
5.5 FIGUUR 5.5 hieronder toon die kring van 'n omkeer-Schmitt-sneller.
+9 V
VUIT
5V R1
-9 V
6,8 kΩ
R2
5 kΩ
FIGUUR 5.5: OMKEER-SCHMITT-SNELLER
5.5.1 Noem die voordeel daarvan om R2 verstelbaar te maak. (1)
5.5.2 Bereken die waarde van die snellerspanning indien R2 op 2,2 kΩ
gestel word. (3)
5.5.3 Teken EEN siklus van die inset- en uitsetgolfvorms vir die kring op
die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.5.3 wanneer R2 op 2,2 kΩ
gestel is en die insetgolfvorm sinusvormig is. (6)
5.5.4 Noem hoe die waarde van die snellerspanning verlaag kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 17 DBE/November 2023
NSS
5.6 Verwys na FIGUUR 5.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
0,5 V V1 C1 R1 5 kΩ RF 10 kΩ
t
C2 R2 5 kΩ +12 V
0,2 V V2
-
t
C3 R3 5 kΩ VUIT
+
0,3 V V3
-12 V
t
FIGUUR 5.6: OMKEERSOMEERVERSTERKER
5.6.1 Noem die doel van die kapasitors in serie met die insetweerstande. (1)
5.6.2 Verduidelik die voordeel van die gebruik van verstelbare
weerstande in plaas van vastewaarde-weerstande op die inset van
die versterker. (2)
5.6.3 Bereken die uitset van die versterker indien alle insetweerstande
op 2 kΩ gestel is. (3)
5.7 FIGUUR 5.7 hieronder toon die op-versterker as differensieerder met sy
insetsein. Teken die uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.7.
RF
CIN +V
+V
VIN -
VUIT
0 +
t
-V
-V 0V
FIGUUR 5.7: OP-VERSTERKER AS DIFFERENSIEERDER (3)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 18 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.1 Beskryf die term positiewe terugvoer met verwysing na ossillators. (2)
6.2 Vergelyk 'n basiese klas A-versterker met 'n klas B-balansversterker met
verwysing na hulle klankreproduksie. (2)
6.3 Verwys na FIGUUR 6.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
IC (mA)
+Vcc
A 12 V
6
5
R L =2 kΩ
RB
4
C
3
Q1
2 β=100
1 VBE
D B
VCE 0V
2 4 6 8 10 12
X Y
FIGUUR 6.3: GS-LAS EN TRANSISTORVOORSPANNING
6.3.1 Bepaal die waarde van VRL in FIGUUR 6.3 Y hierbo wanneer die
transistor AAN is. (1)
6.3.2 Indien die laslyn in FIGUUR 6.3 X hierbo na CD verander word,
beskryf watter veranderinge aan die kring gemaak is om dit in
werking te stel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 19 DBE/November 2023
NSS
6.4 Verwys na FIGUUR 6.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
IC (mA)
12
Insetsein
10 K
IB5
Versadiging
8
6 IB4
L
IB3
4
IB2
2 M
I B1
Uitsetgolfvorm Afsnygebied
0 2 4 6 8 10 12
N VCE
FIGUUR 6.4: TRANSISTOR-UITSETKENKROMME
6.4.1 Identifiseer die gedeelte tussen K en M op die kenkromme. (1)
6.4.2 Noem EEN faktor wat die voorspanningstabiliteit in 'n
transistorversterker beïnvloed. (1)
6.4.3 Teken die uitsetgolfvorm en insetsein op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 6.4.3 (NIE volgens skaal NIE) wanneer die kring in
FIGUUR 6.4 hierbo in klas B voorgespan is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 20 DBE/November 2023
NSS
6.5 Verwys na FIGUUR 6.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+VCC = 12 V
R1 RC
C 2 = 10 µF
I C = 10 mA
C1 = 10 µF
VBE = 0,7 V VCE = 6 V
β = 250
V UIT
+
_
R2 RE CE
Insetsein
FIGUUR 6.5: RC-GEKOPPELDE VERSTERKER
6.5.1 Bespreek die werking van die kring tydens die negatiewe halfsiklus
van die insetsein. (3)
6.5.2 Teken, op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.5.2, 'n volledige
siklus van die uitsetgolfvorm wanneer die transistor tot versadiging
gedryf word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 21 DBE/November 2023
NSS
6.6 Verwys na FIGUUR 6.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
T1 T2
R1 Transformator R3
Transformator
Q1 Q2
C2 C3
R2 RE1 C1 R4 R E2
FIGUUR 6.6: TWEE-STADIUM TRANSFORMATORGEKOPPELDE
VERSTERKER
6.6.1 Noem die funksie van transformator (T2) in FIGUUR 6.6 hierbo. (1)
6.6.2 Verduidelik waarom transformatorgekoppelde versterkers meer
doeltreffend as RC-gekoppelde versterkers is. (2)
6.6.3 Beskryf hoe die uitsetimpedansie van die eerste stadium by die
insetimpedansie van die tweede stadium aangepas kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 22 DBE/November 2023
NSS
6.7 Verwys na FIGUUR 6.7 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
R1
T1
R2
C
R3
T2
R4
Luid-
Inset- spreker
golfvorm
FIGUUR 6.7: KOMPLEMENTÊRE BALANSVERSTERKERKRING
6.7.1 Noem die klas van versterking wat in FIGUUR 6.7 hierbo gebruik
word. (1)
6.7.2 Verduidelik hoe die kring in FIGUUR 6.7 hierbo die probleem van
kruisvervorming oorkom. (2)
6.7.3 Teken die uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 6.7.3. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 23 DBE/November 2023
NSS
6.8 Verwys na FIGUUR 6.8 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+V CC
L
C1
T1
RE CE
FIGUUR 6.8: LC-RESONANSIEKRING
6.8.1 Identifiseer die funksie van CE in FIGUUR 6.8 hierbo. (1)
6.8.2 Beskryf die basiese funksie van die LC-tenkkring in FIGUUR 6.8
hierbo. (3)
6.8.3 Verduidelik die doel van die radiofrekwensieversterker wanneer dit
in radiokringe gebruik word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 24 DBE/November 2023
NSS
6.9 Verwys na FIGUUR 6.9 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+ V CC
RF-smoorspoel
C2 C4
R1
Uitset
C3
Q1
L1
R2
R3
C5
C1
0V
L2
FIGUUR 6.9: HARTLEY-OSSILLATOR
6.9.1 Identifiseer die funksie van C2 en C3. (1)
6.9.2 Noem TWEE faktore wat die stabiliteit van die ossillasie-
frekwensies kan beïnvloed. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 25 DBE/November 2023
NSS
6.10 Verwys na FIGUUR 6.10 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+VCC
RB RC
C5
V UIT
C1 C2 C3
Q1
R1 R2 R3 R4 C4
0V
FIGUUR 6.10: RC-FASEVERSKUIWINGSOSSILLATOR
6.10.1 Verduidelik wat die faseverskil tussen die stroom en die toegepaste
spanning in die kringdiagram bepaal. (2)
6.10.2 Verduidelik hoe die kring genoeg stroomwins bereik om sy
ossillasie te begin. (2)
6.10.3 Noem die toepassing van die RC-faseverskuiwingsossillator. (1)
[45]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2023
NSS
FORMULEBLAD
RLC-KRINGE HALFGELEIERTOESTELLE
1 V RF
XC Wins A V UIT
2 fC VIN RIN
R
XL 2 fL VUIT VIN F
RIN
1 R
fr VUIT VIN 1 F
2 LC RIN
SERIE SKAKELKRINGE
V
IT T V T (V V V )
Z
VL I XL VUIT (V1 V2 V3 ....VN )
VC I X C 2
VF VVE
VT I Z 2
XL X V V 1 L
Q C L C
Z Z VT VT R C T ,
Z R2 XL XC
2
T
VT VL VC 2
2 2
VR V V
E T
2
R
Cos θ
Z VERSTERKERS
VR V
Cos θ Ic C EN VCC VCE ICRC
VT R C
I
PARALLEL A 20log o
i I
i
I Vo
Cos θ R A V 20log
IT V
i
IT IR IL IC
2 2
PO I2 Z o
VR P
IR A P 10log o
R P
i
VC A v dB 20logA
IC V
XC
V VUIT RF
IL L Wins A V
XL VIN RIN
R R
Q
XL X C √ √
f
BW r
Q √
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2023
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 5: SKAKELKRINGE
5.2.5
Inset 0V
t
+VVERS
Uitset 0V Dra punte na
t antwoordeboek oor
- VVERS
MOD
FIGUUR 5.2.5 (3)
5.4.3 VC
⅔ VCC
⅓ VCC
Dra punte na
antwoordeboek oor
T
MOD
FIGUUR 5.4.3 (4)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2023
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
5.5.3
(V)
9 VUIT
6
+ VIN
3
Boonste sneller
0
(t)
Onderste sneller
-3
- VIN
-6 Dra punte na
antwoordeboek oor
-9
MOD
FIGUUR 5.5.3 (6)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2023
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
5.7 +V
0
-V
+V
0
Dra punte na
antwoordeboek oor
-V MOD
FIGUUR 5.7 (3)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2023
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.4.3
IC (mA)
12
Insetsein
10 K
IB5
Versadiging
8
6 IB4
L
IB3
4
IB2
2 M
IB1
Uitsetgolfvorm Afsnygebied
0 2 4 6 8 10 12
N VCE
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 6.4.3 (4)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2023
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
6.5.2
+V
Inset 0
t
-V
+V
Uitset 0
t Dra punte na
antwoordeboek oor
-V
MOD
FIGUUR 6.5.2 (3)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2023
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
6.7.3
+V
0 Inset
-V
+V
0 Uitset
Dra punte na
antwoordeboek oor
-V
MOD
FIGUUR 6.7.3 (3)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4/v1-4226f279f83adb44a40f/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum